SNEEUBALLE – SNOWBALLS
125 g botter
125 ml room
125 ml strooisuiker
625 ml bruismeel, gesif
1 teelepel aarbei geursel – of geursel wat jy verkies wat by die kleur van jou sneeubal pas
200 g aarbeikonfyt/ of appelkoos of enige berrie konfyt
375 ml kookwater
1 teelepel voedselkleursel (pienk of rooi of geel of groen)
Klapper
Metode:
Room botter en suiker tot fluffly. Klits room. Voeg die meel by en knie tot sagte deeg.
Maak in 24 balle.
Druk die balletjies effe plat
Plaas op gespuite bakplaat
Bak in voorverhitte oond by 180 grade Celsius vir 15 minute of tot gaar.
Meng die konfyt tot gladde mengsel. Maak toebroodjies met 2 koekies deur die konfyt tussen in te smeer.
Voeg kookwater en kleursel bymekaar
Druk die koekie in die stroop water – en rol dan in die klapper
Laat droog word.
Variasies: Kleur jou klapper om verskillende kleure sneeuballe te maak.
Ek sien dat van die ander sneeuballe se resepte se jy kan pakkie jellie van jou keuse gebruik en die aanmaak met jou 375ml kook en kouewater (1/2 van elk) en dan jou koekies daarin druk. Laat die jellie net so effe stol, maar dit moet nog loperig wees.
Ek sien die foto wys mens kan cupcakes ook bak, die boonste gedeelte in die jellie druk en dan die klapper bo-op druk
Ek dink karamel kondensmelk, nutella, gesmelte sjokolade, versiersuiker, marshmallow fluff ens sal net so lekker werk as vulsel by die sneeuballe.
Ricky Summers se:
Snowballs.
Jy maak rooijellie aan soos gewoon en laat effens stol maar nog loperig. Rol jou sponskoek daarin en dan in klapper. Jy kan gewone spons koek vat en dit op sny of bak rondes en smeer apelkooskonfyt in middel en plak toe.
You must be logged in to post a comment.