Tag Archive | jelly

Gekleurde Jelliering met kondensmelk


Jelly Ring - Photobcasas.org.pe

Jelly Ring – Photobcasas.org.pe

Gekleurde Jelliering met kondesnmelk

Ilandra En Willem Kuhn

200ml kookwater,  Meng met die jellie tot opgelos.

Skep 1/3kop uit en meng met 2eetl kondensmelk. Die wat op gelos is gooi in die ring en sit in die vrieskas vir 10min.

As jy aan die jellie raak en dit los n vingermerkie dan kan jy die kondensmengsel op gooi met n lepel, anders meng die kleure.

Die kondenslagie stol baie vinnig, dan doen jy dit ook met die res. Laag vir laag.   WEES GEDULDIG EN MOENIE DAT DIE JELLIE VRIES NIE!!

Gebruik soveel kleure en geure waarvoor jy lus voel.

jellie

Foto: Onbekend

Charlene Lundie

1 blik kondensmelk.

3 of 4 pakke jellie.

1 kondensmelk blik vol kookwater.

1 hoogvol eetlepel gelatien.

Maak jellie aan, laat dit stol en sny in blokkies.

Gooi kookwater in ‘n bak.

Voeg gelatien by en roer tot opgelos.

Gooi by kondensmelk.

Laat goed afkoel.

Sit jellieblokkies in ‘n bak en gooi die kondensmelk mengsel bo-oor en verkoel. Bedien met vla.

Mint Jellie


Jeanette Lotter

Mint Jellie

2 koppies Wit asyn. 1 koppie water. 1 koppie suiker. Maak 4 gelyke teelepels gelatine sag in koue water. Kook eerste 3 bestandele saam. Gooi oor die gelatien en los dit op. Voeg plus minus 1 koppie fyn gekapte mint blare by en sit in yskas om te stol. Blare sal afsak so gee dit af en toe n roer bottel dit en stoor in yskas. Heerlik soet suur saam met skaapvleis.