Tag Archive | bygereg

Wortels


Soetwortels - Foto Micky Hoyle

Soetwortels – Foto Micky Hoyle

SOETWORTELS

500 g geelwortels

250 ml wit suiker

2,5 ml fyn kaneel

Skil die wortels en sny dit in dun wieletjies. Sit dit saam

met ‘n bietjie water in ‘n kastrolletjie en kook tot die wortels sag is. Gooi

die vloeistof af en sit die wortels terug op die hitte. Gooi die suiker oor en

roer tot die wortels goed bedek is. Roer en kook tot die suiker gesmelt is en

dit ‘n blink, karamelagtige laag bo-op die wortels gevorm het. Sprinkel die

kaneel oor en meng goed deur. Bedien warm.

 

 

SOET WORTELS MET VLA

Kook jou wortels sonder sout tot gaar maar nie pap nie.
Water af en kook die meeste water weg.
Gooi botter by saam met stoop en suiker na smaak.
Roer deur tot suiker gesmelt het oor lae hitte.
Gooi 30ml vlapoeier by en roer deur tot al die poeier op gelos is en gaar is.

 

GESTOOFDE WORTELS (SOUTWORTELS)

4 middelmatige geelwortels

1 middelmatige aatappel

1 middelmatige ui

12.5ml botter

2.5ml sout ‘n knippie peper

Was, skraap en sny die wortels en die aartappel in skyfies. Sny die ui in skyfies. Kook alles saam in kokende water vir ± 30-40 minute, en voeg die sout by as dit amper gaar is. Voeg die botter en peper by. ien in ‘n warm skottel op.

 

KLAPPER-WORTEL GEREG

6 groot wortels, gerasper

250 ml vars broodkrummels

250 ml melk

2 ekstra groot eiers

125 ml suiker

125 ml klapper

botter of margarien

Kook die wortels tot net gaar en dreineer goed. Meng met die res van die

bestanddele en skep in ‘n oondvaste gesmeerde bakkie. Stip met

botter en bak 25 minute by ‘n voorafverhitte oond van 180C tot ferm

en goudbruin. Lewer 4 porsies.

 

GEBAKTE LEMOENWORTELS

750 g baba worteltjies

45 ml bruin suiker

45 ml margarien

45 ml lemoensap

Voorverhit die oond tot 180 grade. Kook die wortels tot

gaar, maar nie papsag nie. Smelt die margarien in ‘n pan. Roer die suiker en

lemoensap in. Plaas die wortels in ‘n gesmeerde oondvaste bak. Gooi die

suikermengsel bo-oor die wortels. Bak in die oond tot die wortels

gekarameliseer het – roer gereeld om. Bedien warm.

 

KAROO WORTELS

100 ml water

10 ml suiker

sout na smaak

6 groot wortels, gerasper

30 ml pitlose rosyntjies

15 ml botter of margarien

Verhit water, suiker en sout tot kookpunt. Voeg wortels en rosyne by. Bedek en prut tot gaar.

Voeg botter by, roer deur en bedien warm.

 

KLAPPER-WORTEL GEREG

6 groot wortels, gerasper
250 ml vars broodkrummels
250 ml melk
2 ekstra groot eiers
125 ml suiker
125 ml klapper
botter of margarien
Kook die wortels tot net gaar en dreineer goed. Meng met die res van die
bestanddele en skep in ‘n oondvaste gesmeerde bakkie. Stip met
botter en bak 25 minute by ‘n voorafverhitte oond van 180C tot ferm
en goudbruin.

Lewer 4 porsies.

 

VERGLANSDE WORTELS

6-8 medium wortels
15 ml botter of margarien ( 3 t )
60 ml bruinsuiker ( 1/ 4 k )
15 ml koue water ( 3 t )
10 ml mielieblom ( 2 t )
60 ml okkerneute of pekanneute, gekap ( 1/ 4 k )

METODE
Was, skil en sny wortels in skyfies.
Plaas in glasbak met botter en bruinsuiker.
Bedek en kook op 100% krag vir 10 minute.
Roer na 5 minute.
Meng mielieblom en water en roer by wortels.
Voeg neute by en kook op 100% krag vir `n verdere 2 minute, roer en kook nog vir 2 minute.

 

wortels5
GLAZED CARROTS
500gr carrot (about 6 medium carrots)
2 tablespoons butter
1/3 cup packed brown sugar
Directions:
Cut carrots in half crosswise, then lengthwise into 2 or 3 sticks.
Simmer, covered, in a small amount of boiling salted water for about 10 minutes or until crisp-tender.
Drain.
Melt the butter.
Stir in brown sugar until dissolved.
Add carrots.
Cook over medium-low heat about 10 minutes, turning often

Deur: Cheap Recipes, Tips, Tricks, and other Stuff

 

KOPERPENNIE WORTEL SLAAI
(8-10 porsies)
1kg wortels gesny
2 uie in ringe gesyn
2 soetrissies ontpit en in repe gesny
1 pakkie tamatiesoppoeier
250ml water
200ml wit asyn
125ml kookolie
250ml suiker
10ml Worcestersous
7ml aangemaakte mostert
Sou en peper na smaak
METODE:
Kook die wortels tot half gaar, sag maar nie pap nie. Gooi in vergiettes en spoel af met koue water en dreineer. Rangskik wortels, soetrissies en uie in lae in ‘n groot bak met ‘n deksel en eindig met wortels. Meng res van die bestandele, verhit tot kookpunt, roer aanhoudend en kook vir 2 min. Gooi warm oor slaai en laat met behulp van ‘n mes in die middel en teen die kante inloop. Laat afkoel. Sit deksel op en marineer vir 2 dae in die koelkas voor gebruik.
*Wenresepte*

 

GEMMER – LEMOENWORTELS: INGELEG

80g suiker
5ml gemaalde gemmer
10ml mielieblom (maizina)
60ml asyn
750ml gaar wortels, in blokkies of ringetjies
15ml olie
10ml gerasperde lemoenskil ( opsioneel)
Meng suiker, gemmer en mielieblom in ‘n kastrol. Voeg asyn geleidelik by en kook by lae hitte tot dik. Voeg geelwortels en olie by en prut 10 minute stadig. Voeg lemoenskil laaste paar minute by. Skep dadelik in gesteriliseerde inmaakflesse en verseël. Bêre in koelkas na oopmaak.

 

Rina Kleinhans

WORTELBLATJANG
1kg wortels
1kg uir
1kg groenbone
1kg kopkool
1 brandrissie
1kg karamelsuiker
850ml bruinasyn
500ml water
75g gebleikte sultanas
30g kerriepoeier
12.5ml sout
METODE:
Skil die wortels en uie en rasper dit grof. Snipper die groenbone, kopkool en rissie. Verhit al die bestandele stadig tot kookpunt en roer dit aan die begin totdat die suiker opgelos is. Prut die mengsel tot sag en dik en roer dit af en toe. Bottel die blatjang warm in voorbereide bottels en verseël dit dadelik.

 

GEBAKTE WORTELGEREG

4 x 250 ml wortels, grof gerasper

4 geklitste eiers

500 ml melk

20 ml bakpoeier

500 ml witbroodkrummels (gemaak van dagoud brood)

250 ml suiker

60 ml botter, gesmelt en afgekoel

knippie sout

Voorverhit die oond tot 190 grade. Meng die melk, geklitste

eiers, suiker en sout in ‘n mengbak.

Roer wortels in en dan die broodkrummels. Voeg gesmelte botter stadig by terwyl die

mengsel geroer word.

Voeg die bakpoeier laaste by. Gooi mengsel in gesmeerde

oondskottel en bak vir 45 minute.

 

WORTELSOP

Deur Hope (Huisgenoot)

50g Botter
800 g (sowat 6) wortels, gekap
1 groot ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekap
2,5 ml (½ t) heel wonderpeper
1 lourierblaar
1 pypkaneel
1 L (4 k) groenteaftreksel
skil van 1 lemoen
sout en peper
160 ml (⅓ k) dikroom

Verhit botter in ’n groot kastrol oor medium hitte.
Voeg die wortels, ui, knoffel, wonderpeper, lourierblaar en pypkaneel by en soteer tot die ui deurskynend is, sowat 5 minute.
Voeg die aftreksel by. Bedek en laat prut tot die wortels baie sag is, en roer elke 15 minute.
Haal die wonderpeper en lourierblaar uit en gooi weg.
Verpulp die sop in ’n voedselverwerker.
Gooi die sop weer in dieselfde kastrol en meng die lemoenskil in.
Geur met sout en peper. Voeg nog aftreksel by om dit dunner te maak.
Klits die room tot dit verdik het.
Skep die sop in bakke en roer die room in.

 

STOMPIE SE LEKKER WORTELPOEDING

BESTANDDELE:
60 g margarine (75ml)
2 k wit suiker…
2 eiers
3 k grof gersasperde geelwortels
2 ml suurlemoen geursel
2 k koekmeelblom
10 ml bakpoeier
knypie sout
METODE:
Voorverhit die oond na 180°C
Meng margarine en suiker (moenie verroom nie)
Voeg eiers by en klits deeglik
Voeg wortels en suurlemoen geursel by
Roer tot goed gemeng, (moet nie skrik as
die mengsel skif lyk nie)
Sif koekmeelblom, sout en bakpoeier saam en
meng met wortelmengsel

STROOP
BESTANDDELE:
3 k water
1 k suiker
75 ml margarine
knypie sout
METODE:
Verhit water, suiker, botter en sout saam tot suiker gesmelt het
Giet stroop in bak
Skep lepelsvol deeg in bak
Bak vir ongeveer 1 uur sonder deksel tot goud bruin
Bron: Maggi Oliver

 

WORTELPOEDING

Rasper 4 groot wortels. Gooi 2 koppies suiker oor dit en laat staan tot stroop gevorm het. Voeg daarby 2 koppies meel 2 eiers 2 teelepels bakpoeier. Meng alles goed saam. Plaas in glas bak en bak /
@ 180* tot gaar. Dien op met vla. Kan ook in broodpannetjie gebak word.

Poplap se Lekkerbek resepte

 

WORTELKERRIE (MIKRO)

Onthou net dat die appelringe oornag in die rooibostee
geweek moet word (of vanaf die oggend as jy die gereg vir aandete maak.)
30 g droë appelringe
150 ml rooibostee
15 ml margarien
1 uitjie, gekap
5 ml matige kerriepoeier
5 medium geelwortels, geskil en in skyfies gesny
1 groot aartappel, geskil en in plat skywe gesny
75 ml korente
15 ml witsuiker
5 ml sout
5 ml mielieblom
Week appelringe oornag in rooibostee.
Mikrogolf margarien 30 sekondes lank in ‘n plat bak by 100%
krag. Voeg ui by, bedek met
kleefplastiek (onthou om te prik) en mikrogolf 3 minute by 100% krag. Dreineer appelringe en vul rooibostee met
water aan tot 150 ml. Hou appelringe eenkant
Voeg kerriepoeier, rooiboswater, wortel en aartappel en
korente by die ui. Bedek en mikrogolf vir 6 minute by 100% krag.
Roer goed, voeg appelringe by, bedek en mikrogolf 7 minute
by 100% krag.
Roer witsuiker, sout en mielieblom wat met bietjie koue
water aangemaak is by. Bedek en mikrogolf 1 minuut by 100% krag
Laat 5 minute staan en dien daarna onmiddellik op.

WORTELPATEE

Die oranje kleur van hierdie patee is iets besonders –
Volgende keer as jy patee saam met kraakbeskuitjies maak, maak seker dat
hierdie een ook op die spyskaart is!
6 groot wortels, geskil
1 ui, gekap
knypie gemaalde komyn
30 ml strooisuiker
125 ml geroomde maaskaas
2 grasuie, gekap
Sny die wortels in ringetjies en kook in water tot baie sag.
Dreineer. Smelt die botter en soteer die ui tot sag. Voeg die komyn en suiker
by en soteer nog twee minute. Verwyder van die hitte en voeg die wortels by.
Voeg ook die maaskaas en grasuie by. Verpulp (‘n “stick blender” werk
goed) tot glad. Sit dit koud voor saam met broodstokkies of kraakbeskuitjies.

 

KERRIE WORTELS (INGELEG)

Gebruik wortels ipv boontjies vir die resep:

INGELEGDE KERRIEBOONTJIES/WORTELS
2 kg gesnipperde groen boontjies
1 kg uie (2 lb)
1,25 liter asyn (5 k)
10 ml borrie (2 t)
15 ml sout (1 e)
500 ml suiker (2 k)
45 ml kerriepoeier (3 e)
15-20 ml mielieblom (3-4 t)
Kook die boontjies en uie sag, maar nie pap nie. Meng die
asyn, borrie, sout, suiker en kerrie saam. Plaas dit in ‘n groot kastrol en
bring tot kookpunt. Voeg die boontjies en uie hierby en kook deeglik deur. Maak
die mielieblom met bietjie water aan en voeg by. Roer terwyl dit verdik. Skep
in warm, gesteriliseerde flesse.

 

Advertisement

Mint Jellie


Jeanette Lotter

Mint Jellie

2 koppies Wit asyn. 1 koppie water. 1 koppie suiker. Maak 4 gelyke teelepels gelatine sag in koue water. Kook eerste 3 bestandele saam. Gooi oor die gelatien en los dit op. Voeg plus minus 1 koppie fyn gekapte mint blare by en sit in yskas om te stol. Blare sal afsak so gee dit af en toe n roer bottel dit en stoor in yskas. Heerlik soet suur saam met skaapvleis.

Skaapboud met groenbone gereg en pampoenpoffertjies


Skaapboud (sonder fieterjasies)

Skaapboud (sonder fieterjasies)

Rencia Odendaal Pretorius

Bestandele:

1 Skaapboud

3 groot uie (in kwarte gesny)

2 koppies water

Bietjieknoffel

Halwe koppie rooiwyn/witwyn

Bay leaves (3)

Klein bietjie suurlemoensap en worsestersous of balsamic vinegar

Metode:

Deel 1:

Stel oond op 110C. Sit gevriesde skaapboud, vetkant na bo in groot oondbak wat kan toemaak.Gooi lekker dik met Steak ‘n Chop spice of enige speserye vir vleis wat jy verkies. Pak uie om die skaapboud.Meng water, knoffel, wyn, suurlemoensap ens en gooi bo-oor. Sit bayleaves bo-opBedek en sit in oond.Gaan werk toe of gaan slaap en laat skaapboud op sy eie. (ongeveer vir 8-10ure)

Deel 2 (Ongeveer 8 – 10 ure later):

Met ‘n baie skerp mes sny oor die vet kant sodat daar ‘n diamant motief oor die vetkant strek. Rooster die vetjies tot dit lekker bruin is.Haal boud uit en sit op opdien bord en sny altyd teen die grein van die vleis. M.a.w loodreg met die been, nie parrallel met die been nie.Gebruik vleissous en uie om ‘n sous te maak deur bietjie Bisto in te meng of ‘n pakkie soppoeier wat ‘n vleis geur het.

Bedien saam met bykosse van keuse, maar ek stel voor groenboontjies, pampoenkoekies, gebakte aartappels of potatowedges met aromat  en rys.

Wenk:  As die boud vir Sondagmiddagete bedoel is moet jy deel 1 reeds die vorrige aand doen voor jy gaan slap. Vir aandete kan jy dit die oggend voor werk doen.

Pampoenpoffertjies:

Pampoenpoffertjies

Pampoenpoffertjies

(Almarie Burger)

Sous Bestandele:

2 kop suiker

2 kop melk

1 kop water

2 eetl botter

5tl maizina angemaak met bietjie van die melk

sout

Koekie bestandele:

2 kop gaar pampoen

2 kop meel

4tl bakpoeier

2 eiers

Meng die sous bestandele en bring tot kookpunt. Meng die koekie bestandele alles saam.Skep nou lepels vol in pan met olie en bak tot gaar. Pak lae poffertjies, NB jou poffertjies moet warm wees –  gooi WARM sous oor en kaneel en hou so aan tot beslag klaar is.

Groenbone Gereg met Nicknaks

Groenbone Gereg met Nicknaks

Groenbone Gereg met Nicknaks

(Retha Liebenberg)

Bestanddele

1,2 kg Groenbone

2 Groot Uie

250 g Bacon

1 Groot Pak NikNacks

1 l Witsous (nie te dik nie)

Kaas

Sout en Swart peper

Metode

Kook bone in soutwater tot sag, maar nie pap nie. Dreineer goed. Sny bacon in stukkies en braai saam met die uie. Meng die bacon mengsel met die bone. Druk die NikNacks ‘n bietjie fyn en meng met die bone. Gooi nou die witsous oor en meng.Gooi sout en peper oor na smaak en meng weer. Strooi die kaas oor. Bak ‘n paar minute in ‘n matige oond totdat die kaas gesmelt het.

Potato Wedges met meel en Aromat:

Potatowedges with aromat

Potatowedges with aromat

Rencia Odendaal Pretorius

Bestandele:

Aartappels

Meel

Aromat

Olie

Metode:

Kook jou aartappels tot gaar, trek die skil af, sny is lekker groot wedges – gooi die aartappels in ‘n groot plastiej sak.  Gooi dan ‘n lekker klomp koekmeel en baaaaiiieee aromat in die sak (die kaas aromat gee ‘n lekker kaas smaak).  Maak ‘n pot olie lekker warm en braai die wedges so stuk stuk gewys – moenie te veel ingooi nie anders raak die olie te gou koud en trek jou aartappels olie en die degie om die wedges val af. Sit op kombuisrol om die ergste olie te dreineer.

Krummel Varktjops met Kellog’s


IMG_4950

Rencia Odendaal Pretorius

Varktjops:

Bestandele:

2 koppies Kellogs (fyngemaak)

6 provitas/ tuc/ salticrax/cream crackers (enige soutkoekie wat jy besikbaar het in jou kas sal doen) (fyngemaak))

2.5ml paprika

10ml gemengde speserye  (bv. Crown se Texan steak spices )

Sout en gemaalde swartpeper

2 eiers

2 Groot varktjops

Meode:

Meng kellog’s, soutbeskuitjies, paprika, gemengde speserye en sout en peper..  Klits 2 eiers. Sny swoerd/vet  met sker kepe – so 5/6 kepe. Druk die tjop in kellogs mengsel, dan in eier en dan  weer in die kellogs mengsel. Sit in yskas vir tenminste 30 min sodat die degie lekker vas kan sit. Spuit jou bakplaat met spray en cook. Oondbraai vir 20/25 minute by 220ºC, dis nie nodig om dit om te draai tydens die bakproses nie.

Die is genoeg vir 2 groot varktjops