Tag Archive | vergatbles

Skaapboud met groenbone gereg en pampoenpoffertjies


Skaapboud (sonder fieterjasies)

Skaapboud (sonder fieterjasies)

Rencia Odendaal Pretorius

Bestandele:

1 Skaapboud

3 groot uie (in kwarte gesny)

2 koppies water

Bietjieknoffel

Halwe koppie rooiwyn/witwyn

Bay leaves (3)

Klein bietjie suurlemoensap en worsestersous of balsamic vinegar

Metode:

Deel 1:

Stel oond op 110C. Sit gevriesde skaapboud, vetkant na bo in groot oondbak wat kan toemaak.Gooi lekker dik met Steak ‘n Chop spice of enige speserye vir vleis wat jy verkies. Pak uie om die skaapboud.Meng water, knoffel, wyn, suurlemoensap ens en gooi bo-oor. Sit bayleaves bo-opBedek en sit in oond.Gaan werk toe of gaan slaap en laat skaapboud op sy eie. (ongeveer vir 8-10ure)

Deel 2 (Ongeveer 8 – 10 ure later):

Met ‘n baie skerp mes sny oor die vet kant sodat daar ‘n diamant motief oor die vetkant strek. Rooster die vetjies tot dit lekker bruin is.Haal boud uit en sit op opdien bord en sny altyd teen die grein van die vleis. M.a.w loodreg met die been, nie parrallel met die been nie.Gebruik vleissous en uie om ‘n sous te maak deur bietjie Bisto in te meng of ‘n pakkie soppoeier wat ‘n vleis geur het.

Bedien saam met bykosse van keuse, maar ek stel voor groenboontjies, pampoenkoekies, gebakte aartappels of potatowedges met aromat  en rys.

Wenk:  As die boud vir Sondagmiddagete bedoel is moet jy deel 1 reeds die vorrige aand doen voor jy gaan slap. Vir aandete kan jy dit die oggend voor werk doen.

Pampoenpoffertjies:

Pampoenpoffertjies

Pampoenpoffertjies

(Almarie Burger)

Sous Bestandele:

2 kop suiker

2 kop melk

1 kop water

2 eetl botter

5tl maizina angemaak met bietjie van die melk

sout

Koekie bestandele:

2 kop gaar pampoen

2 kop meel

4tl bakpoeier

2 eiers

Meng die sous bestandele en bring tot kookpunt. Meng die koekie bestandele alles saam.Skep nou lepels vol in pan met olie en bak tot gaar. Pak lae poffertjies, NB jou poffertjies moet warm wees –  gooi WARM sous oor en kaneel en hou so aan tot beslag klaar is.

Groenbone Gereg met Nicknaks

Groenbone Gereg met Nicknaks

Groenbone Gereg met Nicknaks

(Retha Liebenberg)

Bestanddele

1,2 kg Groenbone

2 Groot Uie

250 g Bacon

1 Groot Pak NikNacks

1 l Witsous (nie te dik nie)

Kaas

Sout en Swart peper

Metode

Kook bone in soutwater tot sag, maar nie pap nie. Dreineer goed. Sny bacon in stukkies en braai saam met die uie. Meng die bacon mengsel met die bone. Druk die NikNacks ‘n bietjie fyn en meng met die bone. Gooi nou die witsous oor en meng.Gooi sout en peper oor na smaak en meng weer. Strooi die kaas oor. Bak ‘n paar minute in ‘n matige oond totdat die kaas gesmelt het.

Potato Wedges met meel en Aromat:

Potatowedges with aromat

Potatowedges with aromat

Rencia Odendaal Pretorius

Bestandele:

Aartappels

Meel

Aromat

Olie

Metode:

Kook jou aartappels tot gaar, trek die skil af, sny is lekker groot wedges – gooi die aartappels in ‘n groot plastiej sak.  Gooi dan ‘n lekker klomp koekmeel en baaaaiiieee aromat in die sak (die kaas aromat gee ‘n lekker kaas smaak).  Maak ‘n pot olie lekker warm en braai die wedges so stuk stuk gewys – moenie te veel ingooi nie anders raak die olie te gou koud en trek jou aartappels olie en die degie om die wedges val af. Sit op kombuisrol om die ergste olie te dreineer.