Tag Archive | Potato wedges

Chicken Cordon Bleu


chicken-gordon-bleu-fb1


HOENDERROL (Chicken Cordon Bleu)
Sny filet effe deur. Kap plat met piering
Vul met bietjie fetakaas, rou spinasie velle, peppadews, ham, olywe (jou keuse)
Rol op
Rol 2 repies spek om dit en steek vas met tandestokkies
Sit op bakplaat. Sprinkel bietjie olie, roosmaryn en olyf speserye van Ina Paarman oor – jy kan enige speserye hier gebruik
Oond 180C vir ongeveer 35 na 45 minute

POTATO WEDGES
Skil aartappels en sny aartappel in langkant in 4 stukkie
Spoel aartappels af en gooi net so nat in ‘n plastieksak (bv S)
Ek het hier 3 aartappels gehad wat lekker groot was – dit gemikrogolf vir 6 na 7 min) Kyk dat jou aartappels gaar is
Los die aartappels net so in die sak, gooi Ina Paarman se Potato Spice oor of enige BBQ sperserye – skud die sak goed. Gooi nou so 2 hande vol koekmeel in – skud tot die aartappels mooi oral meel op het.
Gooi in warm olie en ” deepfry ” tot goudbruin
Jy kan dit ook op ‘n bakplaat sit, olie oorstrooi en bak tot goudbruin

chicken-cordon-bleu-1111

Potato wedges/gebakte aartappels


Potato wedges met meel en aromat

Potato wedges met meel en aromat

Ek wil julle ‘n paar maklike maniere wys om lekker ‘CRISPY POTATO WEDGES”  TE MAAK

OLIE:

Skil jou aartappels en sny aartappel in 4 stukke/skywe

Gooi in plastieksak en pre-cook in mikrogolf tot gaar

Gooi klomp meel en aromat  in die sak saam met die aartappels (die kaas of gewone geur is reg)

Skud die sak tot die aartappels oral om bedek is met die mengsel

Gooi in pot met warm olie, of sommer jou deep fryer en braai tot goudbruin en bros

potato wedges3

2de MANIER:

Meng ipv aromat, ‘n pakkie KNORR CHEESE AND MUSTARD POEIER IN BY JOU MEEL

Wedges met cheese and mustard poeier en meel

Wedges met cheese and mustard poeier en meel

3de Manier;

Maak enige geur SIMBA SKYFIES fyn – meng met meel en bietjie bbq speserye of sout en peper

IMG_9839

Wedges met simba tjips, meel en speserye

OOND:

Skil jou aartappels en sny aartappel in 4 stukke/skywe

Gooi in plastieksak en pre-cook in mikrogolf tot so  70/80% gaar

Plaas die aartappels op bakplaat, sprinkel oor so bietjie olyfolie, dan gooi jy 1/2 pakkie KNORR CHEESE AND MUSTARD droe poeier en bietjie growwe peper oor, skud tot alles met die mengsel bedek is

In die oond by 190 C vir so 15 minute – Draai aartappels om na 15 min, gooi ander helfte van die pakkie cheese and mustard oor en indien nodig nog bietjie olyfolie, terug oond toe vir verdere 15 minute – of tot goudbruin.

Hier kan jy ook die meel en aromat doen. Skud weereens jou aartappels in die sak sodat alles bedek is en sit dit dan op die bakplaat, sprinkel met olyfolie en bak tot goudbruin.

IMG_9782

Wedges in oond met Knorr cheese and mustard poeier

Rump Steak met Potato Wedges en Gestoomde Uie


Rump steak met potatowedges en gestoomde uie

Rump steak met potatowedges en gestoomde uie

Marineer jou steak met bietjie suurlemoensap, balsamic vinegar en bakpoeier – Ongeveer vir half uur na uur – draai 1 maal om

Ek hou van my steak ÇHARCO GRILLED. As jou steak gaar is soos verkies doen die volgende :

As jou steak gaar is doen die vlg: Rol 2 stukkies koerantpapier in worsies – gebruik olyfolie saam met dit.

Gooi bietjie olyfolie oor die steak. Sit die koerantpaier op kole en gee ‘n blaas dat dit vlamvat – 5 sekondes – draai om – weer so 5 sekondes en haal af

Charco grilled steak – medium

Charco grilled steak – medium

Charco grilled steak – medium

Sny aartappels in skywe en pre-cook in mikrogolf vir so paar minute in sak – gooi handvol meel en baie aromat oor

Deepfry tot mooi gaar en goudbruin

Uie in foil – sny 1 of 2 uie in kwarte – neem 1 kwart en kap fyn en gooi bo-oor die kwarte – sout en peper en enige spices wat jy het bv texan steak spices of BBQ -Sit so paar klonjies botter op  Maak toe en sit eenkant op die rooster

Gestoomde uie saam met braaivleis – baie baie lekker

 

 

 

5 DAG – 4 WEKE SPYSKAART


5 DAG – 4 WEKE SPYSKAART
Rencia Odendaal Pretorius

WEEK 1
Maandag:
EENPOT MAALVLEISGEREG MET CHAKALAKA EN BUTTERNUT
Braai 2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot. Gooi by : 1 blikkie Chakalaka met butternut en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)
Gooi droe spaghetti/noedels bo-oor. Gooi nou water bo-oor die mengsel sodat die water bokant die mengsel le.
Sit die deksel op en stoom tot gaar. Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.
Maak intussen ‘n lekker dik witsous en as spaghetti gaar is, gooi die witsous bo-oor.
Rasper nou 2 kase bo-oor. ‘n wit kaas bv Tussers en ‘n geel kaas bv Chedder
Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is.
Bedien met vars mengelslaai.

Dinsdag:
KRUMMEL LAM/SKAAP/VARK TJOPS MET KELLOG’S:
20 gr kellogs en 6 provitas, tuc, salticrax, cream crackers , enige soutkoekie wat jy besikbaar het in jou kas sal doen (fyngemaak)
2.5ml paprika
5ml gemengde speserye
sout en gemaalde swartpeper
Meng alles
koekmeel
eier
4/5 vark/lam/skaap tjops
Sny swoerd/vet met sker kepe in of verwyder
Druk die tjop in meek, dan in eier en dan in die kellogs mengsel.
Sit in yskas vir tenminste 30 min sodat die degie lekker vas kan sit
Sit in bakpan met bietjie olyfolie onder in en sprinkel olie ook so bietjie bo-oor
Oondbraai vir 30 min by 190/200 grade, draai om en bak vir verdere 15-20 min .
Net voor opdiening – grill net se offe om dit lekker crispy temaak.
Bedien met lekker mayo mash ertjies, mengelslaai, jacket potato, aromat potato wedges soet pampoen of patats.

Woensdag:
Rencia Odendaal Pretorius
TUNAROL MET CHAKALAKA EN MIELIES
As jy nie van die chakalaka hou nie, vervang dit met 1 ekstra blikkie tuna
1 Rol blaardeeg, 1 x Tuna, 1 x Chakalaka met Mielies, 1 kop gerasoerde kaas,1 x gekapte ui, 1 x eetlepel mayonaise,1x teelepel mosterd. Meng alles in een bak, smeer oor dun uitgerolde deeg, rol op soos jamroll, smeer met melk of eier, sny 3 gleuwe vertikaal bo-op rol. druk goed vas langs kante. Bak op groot gesmeerde bakplaat
vir 45 min by 180C.
Bedien saam met mayo-mash, ertjies en mengelslaai/vars broodrolletjies

Donderdag;
CHICKEN GORDON BLEU
Rencia Odendaal Pretorius

Hoender filette – kap plat met piering of vleis hammertjie
Neem vars spinasie blaar en sit bo-op filette
Sit feta kaas bo-op
Geur met sout en gemaalde peper
Rol toe en neem nou “streaky bacon”en rol om die hoender
So 2 of drie stukke – steek vas met tandestokkies
Sit in bakplaat
Maak ‘n sous van chutney, garlic, suurlemoensap n bietjie wostersous en smeer bo-oor die hoender. Gooi so ‘n paar stukkies roosmaryn in as jy het. Dit is baie lekker.
Bak in oond by 180grade C tot gaar. Smeer elke nou en dan van die sousie oor
Bedien met mayo-mash, ertjies mengelslaai of potato wedges.
** Jy kan basies jou fillet vul met enige iets – ek het al gevul met spek en spinasie en kaas en ook spruit uie en peppadews. Die keuse is joune – kyk wat jy in die yskas het.
Bedien met mengelslaai/ertjies en mayo-mash of aromat potato wedges.

Rencia Odendaal Pretorius
MAYO MASH:
Kook aartappels saam met 1 ui fyngekap tot gaar – maak fyn – Voeg by – gemaalde swart peper en sout , droe pietersielie, so 1 teelepel bakpoeier en ‘n lekker homp botter – roer deur – gooi nou so 2 eetl mayonaise by – Voeg nou bietjie melk by om dit lekker creamy te maak. Roer deur en bedien Jy kan jou melk halfveer met room en melk – dit maak dit nog net meer creamy. Hierdie resep is genoeg vir so 5 tot 6 groot aartappels.Pas jou mayonaise aan by as jy minder of meer aartappels vat. Wees versigtig met te veel melk – onthou jou mayonaise maak reeds die aartappels klam en nat, dit wat jou melk sou doen, en as jy te veel melk ingooi is die mash te pap. Gooi eerste jou mayonaise in en kyk hoeveel melk nodig is.

Rencia Odendaal Pretorius
POTATO WEDGES MET MEEL EN AROMAT: – kook jou aartappels tot gaar, trek die skil af, sny is lekker groot wedges – gooi nou jou aartappels in ‘n chekkers sak so ‘n lekke klomp koekmeel en baaaaiiieee aromat – ek het nou die dag van daardie nuwe Cheese aromat ook so ‘n biejie bygegooi, dit gee ‘n lekker kaas smaak – dan maak jy ‘n pot olie lekker warm en braai die wedges so stuk stuk gewys – moenie te veel ingooi nie anders raak die olie te gou koud en dan le en trek jou aartappels olie en die degie om die wedges val af – Sit op kombuisrol om die ergste olie te dreineer.

Vrydag:

SKAAP TJOPS IN ROOISOUS
Pak jou skaap tjops onder in casserole. Sny lekker dik stukke uie ringe bo-op
Maak die volgende sous en gooi bo-oor die tjops en bak in die oond. Hierdie resep werk net so lekker met hoender.

ROOI HOENDER/TJOPS: (sous-marinade in oond)
Sit hoender of tjops onder in casserol
Sny dik skywe uie bo-oor
Maak sous van:
1/2 kop tamatiesous
1/2 kop chutney
1/4 kop wostersous
2 kop water
3 eetl suiker
Bak in oond vir 1 uur by 180gr
Verdik sous met nog meel indien nodig.
Bedien saam met lekker soetpampoen, rys en mengelslaai

WEEK 2
Maandag:
Rencia Odendaal Pretorius
BOBOTIE (MIKROGOLF)
1 groot ui gekerf -1 sny brood – 200ml melk – 750gr maalvleis – 2 eiers – 15 ml appelkooskonfyt – 50 ml suurlemoensap 60gr rosyne – 4 teel kerrie – 5ml borrie – sout en peper – 30 ml chutney – Mikrogolf die olie en ui …vir 1 min – roer – mikro vir 3 min weer – Week brood in helfte van die melk – Voeg al die bestandele bymekaar BEHALWE die oorblywende melk, eier en suurlemoensap – Bedek en mikrogolf op 100 vir 10 minute – roer deur – maak weer gelyk en plat in bak. Meng nou die melk, eier en suurlemoensap gooi bo-oor en mikrogolf vir 10/12 min op medium onbedek.Gee staantyd met deur toe vir so 5 minute.

Bedien met geelrys en soetpampoen en mengelslaai

Dinsdag;

TENDERISED STEAK MET KOMBERSIE
Maak ‘n mengsel van meel en speserye – jou keuse, sout peper,bbq spices, Texan spices ens en meng deur
Klits so 2 eiers en sit in plat bak
Druk nou die steak eers in die meel, dan in die eier en bak vinnig in vlak olie in warm pan.
Ons hou van ons steak medium, so ek gee so ongeveer 3 minute aan die een kant – draai om en 3 minute aan die ander kant.
Bedien dadelik op met mash, of chips, mengelslaai en ertjies

Woensdag:
EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG:
1 hoender – gaar gekook in 2 blokkies hoender ekstrak en geflok
1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)
100 ml mayonaise
1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak
400ml witsous
50ml gekapte vars pietersielie
2 eiers geklits
Meng hoender, noedels mayonaise en helfde van die chips. Skep in oondskottel.
Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor
Gooi nou die ander helfde van die chips bo-oor
Bak 20/25 min by 190grade tot gaar en goudbruin.
OF

ALI SE ALFREDO PASTA
Kook spagetti of pasta tot sag – nie pap en dreineer
1 groot ui (gekap)
250gr spek
1 pakkie mushrooms
Braai bogenoemde tot sag
Voeg by pasta en gooi 1 blikkie room oor.
Gooi baie gemaalde swartpeper en aromat oor en laat prut oor lae hitte tot warm
Bedien beide saam met lekker vars broodrolletjies of tuisgemaakte brood en slaaie

Donderdag:
OUVROU-ONDER-DIE-KOMBERS –WORS GEREG – whatsfordinner.co.za (SPAR)

125ml melk
175ml water
2 eiers
4ml sout
250ml meel
1 pakkie Potato Bake Cheese & Bacon
500gr bief sausageworsiess
1 pakkie Roast Meat Gravy, aan gemaak

1) Meng die melk, water, eiers en sout
2) Voeg die meel en Potato Bake by en meng tot ‘n gladde deeg
3) Laat die deeg rus terwyl die worsies gaar gemaak word
4) Bak die worsies in die oond teen 180°C tot gaar (omtrent 30 min)
5) Vermeerder die oond se temperatuur tot 200°C en smeer ‘n oond bak goed
6) Gooi die deeg in die bak en druk die worsies in die deeg
7) Bak vir 35 min tot gaar.
8) Bedien saam met Roast Meat Gravy.
Bedien saam met ‘n lekker slaai

Vrydag;
Rencia Odendaal Pretorius
HOE OM VETKOEK TE BAK MET SPAR DEEG: Vat jou deeg, knie net effens deur. Rol nou die deeg in ‘n worsrol en sny 8 stukke uit die deeg. Vat ‘n skinkbord en strooi meel oor. Sit nou die stukke deeg op die skinkbord en los vir ‘n rukkie om te rys. Maak jou olie warm en gooi so 3 op ‘n slag in die warm olie – Skep met lepel die heeltyd warm olie bo-oor die vetkoeke. As jy sien die vetkoek begin bruin word aan die onderkant, draai vetkoek om en hou aan om olie oor die vetkoek te gooi. Vetkoek is gaar as jy die vetkoek KLOP en dit klink hol, en dit het ‘n mooi goudbruin kleur. As jy bang is dit is nog rou, doen die toetspen toet. Onthou net, jou olie moet warm wees. Om te toets, gooi klein stukkie degie in die olie. As dit begin borrel en boontoe kom is jou olie reg, as dit onder in die olie le is jou olie nog te koud en suig jou deeg te veel olie.
MAALVLEIS VULSEL
Rencia Odendaal Pretorius
Kook uie, maalvleis , aartappelblokkies ‘n koppie veggie catering mix en kook tot sag. Ek kook eers my uie,maalvleis en aartappels vir ‘n rukkie voor ek die groente bygooi anders kook dit pap. Die groente is mos reeds so te se gaar. As aartappels sag en gaar is, gooi orige ekstra water af en maak die aartappels fyn teen die kant van jou pot – dit maak dat die maalvleis so ‘n lekker dik stywe beslag is. Dan gooi ek sout, peper chutney, kerrie, borrie asyn en suiker by in en kook lekker deur.

WEEK 3
Maandag:
Rencia Odendaal Pretorius
VARKWORSIE (PORK BANGERS) GEREG:
1 kg varkworsies
1 groot ui gekap
1 green pepper gekap
50ml tamatiesous
50ml wostersous
50ml chutney
410gr perske skywe
Braai uie, greenpepper en varkworsies (ek sny my varkworsies so in 2 of 3 stukkies)
Voeg by die 3 souse en laaste die perskes met die stroop en laat prut vir so 10/15 min
Bedien saam met mayo mash, ertjies en mengelslaai

DINSDAG:
LASAGNE
1 1/2 kg maalvleis
2 uie gekap
125 gram spek, gesnipper
Braai bruin in 15 ml margarien of olie
VOEG NOU BY:
10 ml Origanum
10 ml knoffelvlokkies
1 vol teelepel sout
1 Blik tamatiepuree
250 ml water met 1 blokkie ekstrak opgelos.
Kook alles saam tot lekker dik en souserig. As die sous vir jou te waterig lyk meng 1 eetlepel Maizena met bietjie koue water en kook dit saam vleis. Kook intussen 1 pak skulpienoedels sag en dreineer. As jy lasagnevelle gebruik moet dit nie kook nie. Jou vleis kan dan meer souserig wees want die velle sal vog absorbeer.
KAASSOUS:
Maak kaassous van:
100 gram margarien
100 ml meel
sout na smaak
850 ml melk
Voeg 1 1/2 koppie gerasperde kaas by.
Die hoeveelheid is genoeg vir n oondpan. gebruik 2 kleiner bakke vir jou gaste.
Pak nou n laag noedels, dan vleis dan kaassous oor. Herhaal nog n keer en strooi ekstra gerasperde kaas oor. Bak 30 minute by 180 C tot regdeur warm.
Bedien met slaai en lekker vars rolletjies.

Woensdag:
HOENDERPASTEI
1kg hoender
250ml mayonnaise
250ml gaar rys
2 hardgekoote eiers
1 pakkie roomsampioensop
1 pakkie hoenderroomsop
1 pak tamatie chips of beacon kips of skilferkorsdeeg
Kook die hoender sag in baie water, moenie sout opgooi nie. Maak fyn en haal al die beentjies uit. Maak die soppoeier aan met die sous van die hoender en voeg water by totdat dit 850ml is. Meng alles saam en gooi in oond bak. Bak vir 30min by 180°C. Maak chips of beacon kips fyn, gooi bo-oor en bak weer vir 30min- of sit skilferkors bo-op en bak tot gaar en goudbruin.
Bedien saam met lekker vars slaai

Donderdag:
Rencia Odendaal Pretorius
BOEREWORS MET MOSTERD AARTAPPELS
500 g boerewors
MOSTERDAARTAPPELS:
4 groot aartappels
4 repies spekvleis
1 ui (gekap)
1 knoffelhuisie (gekneus)
2 agurkies (gekap)

MOSTERDSOUS:
1 eiergeel
125 ml mayonnaise
15 ml aangemaakte mosterd
30 ml gekapte pietersielie of vars kruie
Berei die mosterd soos volg:
Klits eiergeel tot skuimerig. Voeg mayonnaise lepel vir lepel by en klits
tot bestanddele deeglik gemeng is. Voeg mosterdpoeier en pietersielie
laaste by. Plaas in yskas in toe houer tot nodig.

Panrooster wors tot gaar. Hou eenkant warm. Kook intussen aartappels met skil
aan tot sag. Trek skil af en sny in blokkies terwyl nog warm. Braai
spekvleis tot bros in braaipan. Voeg ui en knoffel by en sorteer.
Voeg spekvleis, ui, knoffel by aartappels terwyl nog warm. Voeg
agurkies en mosterdsous by en meng liggies saam. Stapel mosterd
aartappels in die middel van ‘n ronde bord en rangskik wors rondom.
Lewer 6 porsies.
Bedien met mengelslaai

Vrydag:
Rencia Odendaal Pretorius
TUNA KOEKIES:
2 Blikkies (175gr) elk tuna (gedreineer) Koop die tuna chunks – 6 spruit uie of 1 ui gekap – 100gr pitmielies (gedreineer) gemaalde swart peper, 150 ml koekmeel , 10ml suurlemoensap, 3 eiers geklits, 3 ml sout, half tl bakpo…eier, 1 desert lepel chutney (opsioneel wat ek bysit, bietjie green, yellow en red pepper gee mooi kleur en so ‘n bietjie gerasperde kaas) Meng alles en braai in olie in vlak pan.
Bedien met mayonaise wat jy bo-oor sit, mayo mash , mengelslaai en /of ertjies.

WEEK 4
Maandag:
Rencia Odendaal Pretorius
SUURLEMOEN/UIE TJOPS
5 dik vark of beestjops
5 dik uie skywe
5 dun suurlemoen skywe
75ml bruinsuiker
75 ml wostersous
10ml lemoensap – ek gebruik so 5 ml suurlemoensap as nie lemoensap het
5ml sout
Lemoen of gemaalde swart peper
Pak tjops onder in casserol.
Sit ‘n skyfie suurlemoen op en ui bo-op
Maak sousie en gooi bo-oor
Bak in oond vir ongeveer 1 uur by 180 grade
tot gaar en sousie lekker taai is.
OF:
4/6 varktjops
Braai in pan gaar met baie suurlemoensap en lemoenpeper
Maak sousie en gooi bo-oor:
50ml bruinsuiker
50ml tamatiesous
50ml water
Laat prut tot sousie lekker taai en caramel begin raak
Bedien met lekker potato wedges / chips of mash en slaai

Dinsdag;
EENBAK HOENDERGEREG
Gebruik casserole met deksel
Gooi 1 kop rou rys onder in die casserole
Gooi so 2 kop gemengde groente – die veggie catering mix bo-oor
Pak jou hoender stukke bo-op
Sny dik skywe uie bo-op
Maak pakkie mushroom of wit uie sop aan met 500ml water en gooi oor alles
Sout en peper na smaak Ek sit parykeer halwe aartappels saam bo op by die hoender.
Bak vir 1 en half uur by 150 grade C
Sit net onder grill om velletjie lekker crispy te maak en goudbruin
Bedien saam met mengslaai

Woensdag:
OUMA DINIE SE HERDERS PASTEI:
Lillyne Grunewald
1 ui, fyngekap olie
500g maalvleis 1 tamatie, ontvel en fyn gekap
sout en varsgemaalde swartpeper 10ml Worcestersous
30ml tamatiepasta 1 ekstra groot eier, geklits
1 sny brood, korsies verwyder en gekrummel. 60ml gladde maaskaas
4 aartappels, geskil en in stukke gesny 50ml suurroom
50ml Cheddarkaas, gerasper paprika

Voorverhit die oond tot 180C. Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Soteer die ui in olie tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar. Voeg die tamatie by en geur met sout en peper. Voeg die Worcestersous en tamatiepasta by en meng deur. Verwyder van die hitte en voeg die broodkrummels en eier by en meng goed.
Kook die aartappels in genoeg soutwater tot sag. Dreineer en druk goed fyn. Voeg die maaskaas en suurroom by en meng deur. Skep lae van die maalvleis en aartappel in die voorbereide oondbak en eindig met aartappel. Strooi kaas en paprika oor en bak 25 minute lank of tot goudbruin bo-op.
Bedien met slaai

Donderdag;
Rencia Odendaal Pretorius
HAWAISE LAMTJOPS:
Marinade:
1 blik (440gr) pynappelstukke gedreineer
40ml sojasous
40ml appelasyn
2ml mosterdpoeier
12.5ml olyfolie
Meng alles en gooi bo-oor tjops vir ongeveer 3 ure. Haal tjops uit en sit marinade eenkant.
Braai nou die tjops tot bruin in vlakpan. Rangskik tjops op bodum van casserol strooi sout,peper en 50ml bruinsuiker bo-oor en giet marinade weer bo-oor tjops.
Bedek en bak vir ongeveer 1 uur tot gaar. Indien sous bietjie dun is verdik met maizina.
Bedien met lekker gebakte aartappels, potato wedges, slaai

Vrydag:
Rencia Odendaal Pretorius
ANDERSTE BOBOTIE (BULLY BEEF) MET PIESANG:
1 uie – gekap
1 green pepper – fyn gekap
Braai bogenoemde tot sag
Voeg by: 15/20ml matige kerrie
30ml appelkooskonfyt
35ml asyn
1 blik bully beef (fyn blokkies gesny)
sout en swart gemaalde pepper
Skep in gesmeerde bak
Meng 1 eier en 60ml melk en gooi bo-oor mengsel
Sny piesang skyfies en rangskik bo-op – gooi bietjie pietersielie en paprika oor en bak in oond vir 30 min tot gaar en goudbruin
BEDIEN SAAM MET MASH, SOETPAMPOEN, MENGELSLAAI EN VARS BROODROLLETJIES

Skaapboud met groenbone gereg en pampoenpoffertjies


Skaapboud (sonder fieterjasies)

Skaapboud (sonder fieterjasies)

Rencia Odendaal Pretorius

Bestandele:

1 Skaapboud

3 groot uie (in kwarte gesny)

2 koppies water

Bietjieknoffel

Halwe koppie rooiwyn/witwyn

Bay leaves (3)

Klein bietjie suurlemoensap en worsestersous of balsamic vinegar

Metode:

Deel 1:

Stel oond op 110C. Sit gevriesde skaapboud, vetkant na bo in groot oondbak wat kan toemaak.Gooi lekker dik met Steak ‘n Chop spice of enige speserye vir vleis wat jy verkies. Pak uie om die skaapboud.Meng water, knoffel, wyn, suurlemoensap ens en gooi bo-oor. Sit bayleaves bo-opBedek en sit in oond.Gaan werk toe of gaan slaap en laat skaapboud op sy eie. (ongeveer vir 8-10ure)

Deel 2 (Ongeveer 8 – 10 ure later):

Met ‘n baie skerp mes sny oor die vet kant sodat daar ‘n diamant motief oor die vetkant strek. Rooster die vetjies tot dit lekker bruin is.Haal boud uit en sit op opdien bord en sny altyd teen die grein van die vleis. M.a.w loodreg met die been, nie parrallel met die been nie.Gebruik vleissous en uie om ‘n sous te maak deur bietjie Bisto in te meng of ‘n pakkie soppoeier wat ‘n vleis geur het.

Bedien saam met bykosse van keuse, maar ek stel voor groenboontjies, pampoenkoekies, gebakte aartappels of potatowedges met aromat  en rys.

Wenk:  As die boud vir Sondagmiddagete bedoel is moet jy deel 1 reeds die vorrige aand doen voor jy gaan slap. Vir aandete kan jy dit die oggend voor werk doen.

Pampoenpoffertjies:

Pampoenpoffertjies

Pampoenpoffertjies

(Almarie Burger)

Sous Bestandele:

2 kop suiker

2 kop melk

1 kop water

2 eetl botter

5tl maizina angemaak met bietjie van die melk

sout

Koekie bestandele:

2 kop gaar pampoen

2 kop meel

4tl bakpoeier

2 eiers

Meng die sous bestandele en bring tot kookpunt. Meng die koekie bestandele alles saam.Skep nou lepels vol in pan met olie en bak tot gaar. Pak lae poffertjies, NB jou poffertjies moet warm wees –  gooi WARM sous oor en kaneel en hou so aan tot beslag klaar is.

Groenbone Gereg met Nicknaks

Groenbone Gereg met Nicknaks

Groenbone Gereg met Nicknaks

(Retha Liebenberg)

Bestanddele

1,2 kg Groenbone

2 Groot Uie

250 g Bacon

1 Groot Pak NikNacks

1 l Witsous (nie te dik nie)

Kaas

Sout en Swart peper

Metode

Kook bone in soutwater tot sag, maar nie pap nie. Dreineer goed. Sny bacon in stukkies en braai saam met die uie. Meng die bacon mengsel met die bone. Druk die NikNacks ‘n bietjie fyn en meng met die bone. Gooi nou die witsous oor en meng.Gooi sout en peper oor na smaak en meng weer. Strooi die kaas oor. Bak ‘n paar minute in ‘n matige oond totdat die kaas gesmelt het.

Potato Wedges met meel en Aromat:

Potatowedges with aromat

Potatowedges with aromat

Rencia Odendaal Pretorius

Bestandele:

Aartappels

Meel

Aromat

Olie

Metode:

Kook jou aartappels tot gaar, trek die skil af, sny is lekker groot wedges – gooi die aartappels in ‘n groot plastiej sak.  Gooi dan ‘n lekker klomp koekmeel en baaaaiiieee aromat in die sak (die kaas aromat gee ‘n lekker kaas smaak).  Maak ‘n pot olie lekker warm en braai die wedges so stuk stuk gewys – moenie te veel ingooi nie anders raak die olie te gou koud en trek jou aartappels olie en die degie om die wedges val af. Sit op kombuisrol om die ergste olie te dreineer.