Tag Archive | mayo mash

Chicken Cordon Bleu


Chicken Cordon bleu

Chicken Cordon bleu

Chicken Cordon Bleu
Rencia Odendaal Pretorius
Hoender filette – kap plat met piering of vleis hammertjie
Neem vars spinasie blaar en sit bo-op filette
Sit gekrummelde feta kaas bo-op
Geur met sout en gemaalde peper
Rol toe en neem nou “streaky bacon” en rol om die hoender – so 2 stukkies is genoeg. Steek vas met tandestokkies
Sit in bakplaat
Maak sousie van jimmy sous, suurlemoensap en smeer bo-oor die hoender. Gooi so ‘n paar stukkies roosmaryn op as jy het.
Bak in oond by 180grade C tot gaar. Smeer elke nou en dan van die sousie oor
Dit neem so 30 minute om deurgaar te wees.

Bedien met kaassous en mengelslaai.

Mayo Mash:

Rencia Odendaal Pretorius

Kook aartappels saam met 1 ui fyngekap tot gaar – maak fyn – Voeg by – gemaalde (crushed)  swart peper en sout , droe pietersielie, so 1 teelepel bakpoeier en ‘n lekker homp botter – roer deur – gooi nou so 2 eetl mayonaise by – Voeg nou bietjie melk by om dit lekker romerig en fluffy te maak. (indien nodig)  Hierdie resep is genoeg vir so 5 tot 6 groot aartappels.

Pas jou mayonaise aan by as jy minder of meer aartappels vat. Wees versigtig met te veel melk – onthou jou mayonaise maak reeds die aartappels klam en nat, dit wat jou melk sou doen, en as jy te veel melk ingooi is die mash te pap. Gooi eerste jou mayonaise in en kyk hoeveel melk nodig is.

 

IMG_7248

 

Chicken Cordon Bleu
Bedien met groente en skyfies of lekker gebakte aartappels en groente.

Wat my hier opgeval het by die gereg was dat die ham gerasper was en nie blokkies nie, en die kaas was gouda en mozarella, ook gerasper Daar was ook paar stukkies gesnipperde spek in gewees. Die kan net so rou in die mengsel ingesit word. Meng die 3 met mekaar – sout en peper en sit genoeg van die mengsel op die oopgevlekte hoender borsie. Rol op en maak toe met tandestokkies. Plaas in oond tot gaar. Ek het my verbeel ek proe bietjie mosterd in die kaas en ham mengsel.
Maak ‘n dik dik witsous (moet soos dik deeg mengsel wees, druk die hele cordon bleu in die dik witsous in, plaas op bord en rasper net kaas bo-oor – in die oond vir paar minute net tot die kaas gesmelt is en bedien.

CHICKEN CORDON BLEU
Rencia Odendaal Pretorius
Hoender filette – kap plat met piering of vleis hammertjie
Rasper ham, kaas en gekapte stukkies spek en meng.
Sit mengsel bo-op oopgevlekte hoenderborsie
Geur met sout en gemaalde peper
Rol toe en steek vas met tandestokkies
Sit op bakplaat. Strooi olyfolie oor.
Bak in oond by 180grade C tot gaar. (dit is so ongeveer 20 na 30 minute – dit hang af hoe dik jou hoender is.

Maak intussen dik witsous.
As hoender uit oond kom, gee rus kansie tot net effe afgekoel en druk dan in die dik witsousmengsel sodat dit die hele porsie basies (coat) met die witsous.
Plaas op bord, rasper lekker baie kaas oor en plaas in oond tot kaas gesmelt is.

Advertisement

5 DAG – 4 WEKE SPYSKAART


5 DAG – 4 WEKE SPYSKAART
Rencia Odendaal Pretorius

WEEK 1
Maandag:
EENPOT MAALVLEISGEREG MET CHAKALAKA EN BUTTERNUT
Braai 2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot. Gooi by : 1 blikkie Chakalaka met butternut en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)
Gooi droe spaghetti/noedels bo-oor. Gooi nou water bo-oor die mengsel sodat die water bokant die mengsel le.
Sit die deksel op en stoom tot gaar. Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.
Maak intussen ‘n lekker dik witsous en as spaghetti gaar is, gooi die witsous bo-oor.
Rasper nou 2 kase bo-oor. ‘n wit kaas bv Tussers en ‘n geel kaas bv Chedder
Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is.
Bedien met vars mengelslaai.

Dinsdag:
KRUMMEL LAM/SKAAP/VARK TJOPS MET KELLOG’S:
20 gr kellogs en 6 provitas, tuc, salticrax, cream crackers , enige soutkoekie wat jy besikbaar het in jou kas sal doen (fyngemaak)
2.5ml paprika
5ml gemengde speserye
sout en gemaalde swartpeper
Meng alles
koekmeel
eier
4/5 vark/lam/skaap tjops
Sny swoerd/vet met sker kepe in of verwyder
Druk die tjop in meek, dan in eier en dan in die kellogs mengsel.
Sit in yskas vir tenminste 30 min sodat die degie lekker vas kan sit
Sit in bakpan met bietjie olyfolie onder in en sprinkel olie ook so bietjie bo-oor
Oondbraai vir 30 min by 190/200 grade, draai om en bak vir verdere 15-20 min .
Net voor opdiening – grill net se offe om dit lekker crispy temaak.
Bedien met lekker mayo mash ertjies, mengelslaai, jacket potato, aromat potato wedges soet pampoen of patats.

Woensdag:
Rencia Odendaal Pretorius
TUNAROL MET CHAKALAKA EN MIELIES
As jy nie van die chakalaka hou nie, vervang dit met 1 ekstra blikkie tuna
1 Rol blaardeeg, 1 x Tuna, 1 x Chakalaka met Mielies, 1 kop gerasoerde kaas,1 x gekapte ui, 1 x eetlepel mayonaise,1x teelepel mosterd. Meng alles in een bak, smeer oor dun uitgerolde deeg, rol op soos jamroll, smeer met melk of eier, sny 3 gleuwe vertikaal bo-op rol. druk goed vas langs kante. Bak op groot gesmeerde bakplaat
vir 45 min by 180C.
Bedien saam met mayo-mash, ertjies en mengelslaai/vars broodrolletjies

Donderdag;
CHICKEN GORDON BLEU
Rencia Odendaal Pretorius

Hoender filette – kap plat met piering of vleis hammertjie
Neem vars spinasie blaar en sit bo-op filette
Sit feta kaas bo-op
Geur met sout en gemaalde peper
Rol toe en neem nou “streaky bacon”en rol om die hoender
So 2 of drie stukke – steek vas met tandestokkies
Sit in bakplaat
Maak ‘n sous van chutney, garlic, suurlemoensap n bietjie wostersous en smeer bo-oor die hoender. Gooi so ‘n paar stukkies roosmaryn in as jy het. Dit is baie lekker.
Bak in oond by 180grade C tot gaar. Smeer elke nou en dan van die sousie oor
Bedien met mayo-mash, ertjies mengelslaai of potato wedges.
** Jy kan basies jou fillet vul met enige iets – ek het al gevul met spek en spinasie en kaas en ook spruit uie en peppadews. Die keuse is joune – kyk wat jy in die yskas het.
Bedien met mengelslaai/ertjies en mayo-mash of aromat potato wedges.

Rencia Odendaal Pretorius
MAYO MASH:
Kook aartappels saam met 1 ui fyngekap tot gaar – maak fyn – Voeg by – gemaalde swart peper en sout , droe pietersielie, so 1 teelepel bakpoeier en ‘n lekker homp botter – roer deur – gooi nou so 2 eetl mayonaise by – Voeg nou bietjie melk by om dit lekker creamy te maak. Roer deur en bedien Jy kan jou melk halfveer met room en melk – dit maak dit nog net meer creamy. Hierdie resep is genoeg vir so 5 tot 6 groot aartappels.Pas jou mayonaise aan by as jy minder of meer aartappels vat. Wees versigtig met te veel melk – onthou jou mayonaise maak reeds die aartappels klam en nat, dit wat jou melk sou doen, en as jy te veel melk ingooi is die mash te pap. Gooi eerste jou mayonaise in en kyk hoeveel melk nodig is.

Rencia Odendaal Pretorius
POTATO WEDGES MET MEEL EN AROMAT: – kook jou aartappels tot gaar, trek die skil af, sny is lekker groot wedges – gooi nou jou aartappels in ‘n chekkers sak so ‘n lekke klomp koekmeel en baaaaiiieee aromat – ek het nou die dag van daardie nuwe Cheese aromat ook so ‘n biejie bygegooi, dit gee ‘n lekker kaas smaak – dan maak jy ‘n pot olie lekker warm en braai die wedges so stuk stuk gewys – moenie te veel ingooi nie anders raak die olie te gou koud en dan le en trek jou aartappels olie en die degie om die wedges val af – Sit op kombuisrol om die ergste olie te dreineer.

Vrydag:

SKAAP TJOPS IN ROOISOUS
Pak jou skaap tjops onder in casserole. Sny lekker dik stukke uie ringe bo-op
Maak die volgende sous en gooi bo-oor die tjops en bak in die oond. Hierdie resep werk net so lekker met hoender.

ROOI HOENDER/TJOPS: (sous-marinade in oond)
Sit hoender of tjops onder in casserol
Sny dik skywe uie bo-oor
Maak sous van:
1/2 kop tamatiesous
1/2 kop chutney
1/4 kop wostersous
2 kop water
3 eetl suiker
Bak in oond vir 1 uur by 180gr
Verdik sous met nog meel indien nodig.
Bedien saam met lekker soetpampoen, rys en mengelslaai

WEEK 2
Maandag:
Rencia Odendaal Pretorius
BOBOTIE (MIKROGOLF)
1 groot ui gekerf -1 sny brood – 200ml melk – 750gr maalvleis – 2 eiers – 15 ml appelkooskonfyt – 50 ml suurlemoensap 60gr rosyne – 4 teel kerrie – 5ml borrie – sout en peper – 30 ml chutney – Mikrogolf die olie en ui …vir 1 min – roer – mikro vir 3 min weer – Week brood in helfte van die melk – Voeg al die bestandele bymekaar BEHALWE die oorblywende melk, eier en suurlemoensap – Bedek en mikrogolf op 100 vir 10 minute – roer deur – maak weer gelyk en plat in bak. Meng nou die melk, eier en suurlemoensap gooi bo-oor en mikrogolf vir 10/12 min op medium onbedek.Gee staantyd met deur toe vir so 5 minute.

Bedien met geelrys en soetpampoen en mengelslaai

Dinsdag;

TENDERISED STEAK MET KOMBERSIE
Maak ‘n mengsel van meel en speserye – jou keuse, sout peper,bbq spices, Texan spices ens en meng deur
Klits so 2 eiers en sit in plat bak
Druk nou die steak eers in die meel, dan in die eier en bak vinnig in vlak olie in warm pan.
Ons hou van ons steak medium, so ek gee so ongeveer 3 minute aan die een kant – draai om en 3 minute aan die ander kant.
Bedien dadelik op met mash, of chips, mengelslaai en ertjies

Woensdag:
EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG:
1 hoender – gaar gekook in 2 blokkies hoender ekstrak en geflok
1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)
100 ml mayonaise
1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak
400ml witsous
50ml gekapte vars pietersielie
2 eiers geklits
Meng hoender, noedels mayonaise en helfde van die chips. Skep in oondskottel.
Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor
Gooi nou die ander helfde van die chips bo-oor
Bak 20/25 min by 190grade tot gaar en goudbruin.
OF

ALI SE ALFREDO PASTA
Kook spagetti of pasta tot sag – nie pap en dreineer
1 groot ui (gekap)
250gr spek
1 pakkie mushrooms
Braai bogenoemde tot sag
Voeg by pasta en gooi 1 blikkie room oor.
Gooi baie gemaalde swartpeper en aromat oor en laat prut oor lae hitte tot warm
Bedien beide saam met lekker vars broodrolletjies of tuisgemaakte brood en slaaie

Donderdag:
OUVROU-ONDER-DIE-KOMBERS –WORS GEREG – whatsfordinner.co.za (SPAR)

125ml melk
175ml water
2 eiers
4ml sout
250ml meel
1 pakkie Potato Bake Cheese & Bacon
500gr bief sausageworsiess
1 pakkie Roast Meat Gravy, aan gemaak

1) Meng die melk, water, eiers en sout
2) Voeg die meel en Potato Bake by en meng tot ‘n gladde deeg
3) Laat die deeg rus terwyl die worsies gaar gemaak word
4) Bak die worsies in die oond teen 180°C tot gaar (omtrent 30 min)
5) Vermeerder die oond se temperatuur tot 200°C en smeer ‘n oond bak goed
6) Gooi die deeg in die bak en druk die worsies in die deeg
7) Bak vir 35 min tot gaar.
8) Bedien saam met Roast Meat Gravy.
Bedien saam met ‘n lekker slaai

Vrydag;
Rencia Odendaal Pretorius
HOE OM VETKOEK TE BAK MET SPAR DEEG: Vat jou deeg, knie net effens deur. Rol nou die deeg in ‘n worsrol en sny 8 stukke uit die deeg. Vat ‘n skinkbord en strooi meel oor. Sit nou die stukke deeg op die skinkbord en los vir ‘n rukkie om te rys. Maak jou olie warm en gooi so 3 op ‘n slag in die warm olie – Skep met lepel die heeltyd warm olie bo-oor die vetkoeke. As jy sien die vetkoek begin bruin word aan die onderkant, draai vetkoek om en hou aan om olie oor die vetkoek te gooi. Vetkoek is gaar as jy die vetkoek KLOP en dit klink hol, en dit het ‘n mooi goudbruin kleur. As jy bang is dit is nog rou, doen die toetspen toet. Onthou net, jou olie moet warm wees. Om te toets, gooi klein stukkie degie in die olie. As dit begin borrel en boontoe kom is jou olie reg, as dit onder in die olie le is jou olie nog te koud en suig jou deeg te veel olie.
MAALVLEIS VULSEL
Rencia Odendaal Pretorius
Kook uie, maalvleis , aartappelblokkies ‘n koppie veggie catering mix en kook tot sag. Ek kook eers my uie,maalvleis en aartappels vir ‘n rukkie voor ek die groente bygooi anders kook dit pap. Die groente is mos reeds so te se gaar. As aartappels sag en gaar is, gooi orige ekstra water af en maak die aartappels fyn teen die kant van jou pot – dit maak dat die maalvleis so ‘n lekker dik stywe beslag is. Dan gooi ek sout, peper chutney, kerrie, borrie asyn en suiker by in en kook lekker deur.

WEEK 3
Maandag:
Rencia Odendaal Pretorius
VARKWORSIE (PORK BANGERS) GEREG:
1 kg varkworsies
1 groot ui gekap
1 green pepper gekap
50ml tamatiesous
50ml wostersous
50ml chutney
410gr perske skywe
Braai uie, greenpepper en varkworsies (ek sny my varkworsies so in 2 of 3 stukkies)
Voeg by die 3 souse en laaste die perskes met die stroop en laat prut vir so 10/15 min
Bedien saam met mayo mash, ertjies en mengelslaai

DINSDAG:
LASAGNE
1 1/2 kg maalvleis
2 uie gekap
125 gram spek, gesnipper
Braai bruin in 15 ml margarien of olie
VOEG NOU BY:
10 ml Origanum
10 ml knoffelvlokkies
1 vol teelepel sout
1 Blik tamatiepuree
250 ml water met 1 blokkie ekstrak opgelos.
Kook alles saam tot lekker dik en souserig. As die sous vir jou te waterig lyk meng 1 eetlepel Maizena met bietjie koue water en kook dit saam vleis. Kook intussen 1 pak skulpienoedels sag en dreineer. As jy lasagnevelle gebruik moet dit nie kook nie. Jou vleis kan dan meer souserig wees want die velle sal vog absorbeer.
KAASSOUS:
Maak kaassous van:
100 gram margarien
100 ml meel
sout na smaak
850 ml melk
Voeg 1 1/2 koppie gerasperde kaas by.
Die hoeveelheid is genoeg vir n oondpan. gebruik 2 kleiner bakke vir jou gaste.
Pak nou n laag noedels, dan vleis dan kaassous oor. Herhaal nog n keer en strooi ekstra gerasperde kaas oor. Bak 30 minute by 180 C tot regdeur warm.
Bedien met slaai en lekker vars rolletjies.

Woensdag:
HOENDERPASTEI
1kg hoender
250ml mayonnaise
250ml gaar rys
2 hardgekoote eiers
1 pakkie roomsampioensop
1 pakkie hoenderroomsop
1 pak tamatie chips of beacon kips of skilferkorsdeeg
Kook die hoender sag in baie water, moenie sout opgooi nie. Maak fyn en haal al die beentjies uit. Maak die soppoeier aan met die sous van die hoender en voeg water by totdat dit 850ml is. Meng alles saam en gooi in oond bak. Bak vir 30min by 180°C. Maak chips of beacon kips fyn, gooi bo-oor en bak weer vir 30min- of sit skilferkors bo-op en bak tot gaar en goudbruin.
Bedien saam met lekker vars slaai

Donderdag:
Rencia Odendaal Pretorius
BOEREWORS MET MOSTERD AARTAPPELS
500 g boerewors
MOSTERDAARTAPPELS:
4 groot aartappels
4 repies spekvleis
1 ui (gekap)
1 knoffelhuisie (gekneus)
2 agurkies (gekap)

MOSTERDSOUS:
1 eiergeel
125 ml mayonnaise
15 ml aangemaakte mosterd
30 ml gekapte pietersielie of vars kruie
Berei die mosterd soos volg:
Klits eiergeel tot skuimerig. Voeg mayonnaise lepel vir lepel by en klits
tot bestanddele deeglik gemeng is. Voeg mosterdpoeier en pietersielie
laaste by. Plaas in yskas in toe houer tot nodig.

Panrooster wors tot gaar. Hou eenkant warm. Kook intussen aartappels met skil
aan tot sag. Trek skil af en sny in blokkies terwyl nog warm. Braai
spekvleis tot bros in braaipan. Voeg ui en knoffel by en sorteer.
Voeg spekvleis, ui, knoffel by aartappels terwyl nog warm. Voeg
agurkies en mosterdsous by en meng liggies saam. Stapel mosterd
aartappels in die middel van ‘n ronde bord en rangskik wors rondom.
Lewer 6 porsies.
Bedien met mengelslaai

Vrydag:
Rencia Odendaal Pretorius
TUNA KOEKIES:
2 Blikkies (175gr) elk tuna (gedreineer) Koop die tuna chunks – 6 spruit uie of 1 ui gekap – 100gr pitmielies (gedreineer) gemaalde swart peper, 150 ml koekmeel , 10ml suurlemoensap, 3 eiers geklits, 3 ml sout, half tl bakpo…eier, 1 desert lepel chutney (opsioneel wat ek bysit, bietjie green, yellow en red pepper gee mooi kleur en so ‘n bietjie gerasperde kaas) Meng alles en braai in olie in vlak pan.
Bedien met mayonaise wat jy bo-oor sit, mayo mash , mengelslaai en /of ertjies.

WEEK 4
Maandag:
Rencia Odendaal Pretorius
SUURLEMOEN/UIE TJOPS
5 dik vark of beestjops
5 dik uie skywe
5 dun suurlemoen skywe
75ml bruinsuiker
75 ml wostersous
10ml lemoensap – ek gebruik so 5 ml suurlemoensap as nie lemoensap het
5ml sout
Lemoen of gemaalde swart peper
Pak tjops onder in casserol.
Sit ‘n skyfie suurlemoen op en ui bo-op
Maak sousie en gooi bo-oor
Bak in oond vir ongeveer 1 uur by 180 grade
tot gaar en sousie lekker taai is.
OF:
4/6 varktjops
Braai in pan gaar met baie suurlemoensap en lemoenpeper
Maak sousie en gooi bo-oor:
50ml bruinsuiker
50ml tamatiesous
50ml water
Laat prut tot sousie lekker taai en caramel begin raak
Bedien met lekker potato wedges / chips of mash en slaai

Dinsdag;
EENBAK HOENDERGEREG
Gebruik casserole met deksel
Gooi 1 kop rou rys onder in die casserole
Gooi so 2 kop gemengde groente – die veggie catering mix bo-oor
Pak jou hoender stukke bo-op
Sny dik skywe uie bo-op
Maak pakkie mushroom of wit uie sop aan met 500ml water en gooi oor alles
Sout en peper na smaak Ek sit parykeer halwe aartappels saam bo op by die hoender.
Bak vir 1 en half uur by 150 grade C
Sit net onder grill om velletjie lekker crispy te maak en goudbruin
Bedien saam met mengslaai

Woensdag:
OUMA DINIE SE HERDERS PASTEI:
Lillyne Grunewald
1 ui, fyngekap olie
500g maalvleis 1 tamatie, ontvel en fyn gekap
sout en varsgemaalde swartpeper 10ml Worcestersous
30ml tamatiepasta 1 ekstra groot eier, geklits
1 sny brood, korsies verwyder en gekrummel. 60ml gladde maaskaas
4 aartappels, geskil en in stukke gesny 50ml suurroom
50ml Cheddarkaas, gerasper paprika

Voorverhit die oond tot 180C. Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei. Soteer die ui in olie tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar. Voeg die tamatie by en geur met sout en peper. Voeg die Worcestersous en tamatiepasta by en meng deur. Verwyder van die hitte en voeg die broodkrummels en eier by en meng goed.
Kook die aartappels in genoeg soutwater tot sag. Dreineer en druk goed fyn. Voeg die maaskaas en suurroom by en meng deur. Skep lae van die maalvleis en aartappel in die voorbereide oondbak en eindig met aartappel. Strooi kaas en paprika oor en bak 25 minute lank of tot goudbruin bo-op.
Bedien met slaai

Donderdag;
Rencia Odendaal Pretorius
HAWAISE LAMTJOPS:
Marinade:
1 blik (440gr) pynappelstukke gedreineer
40ml sojasous
40ml appelasyn
2ml mosterdpoeier
12.5ml olyfolie
Meng alles en gooi bo-oor tjops vir ongeveer 3 ure. Haal tjops uit en sit marinade eenkant.
Braai nou die tjops tot bruin in vlakpan. Rangskik tjops op bodum van casserol strooi sout,peper en 50ml bruinsuiker bo-oor en giet marinade weer bo-oor tjops.
Bedek en bak vir ongeveer 1 uur tot gaar. Indien sous bietjie dun is verdik met maizina.
Bedien met lekker gebakte aartappels, potato wedges, slaai

Vrydag:
Rencia Odendaal Pretorius
ANDERSTE BOBOTIE (BULLY BEEF) MET PIESANG:
1 uie – gekap
1 green pepper – fyn gekap
Braai bogenoemde tot sag
Voeg by: 15/20ml matige kerrie
30ml appelkooskonfyt
35ml asyn
1 blik bully beef (fyn blokkies gesny)
sout en swart gemaalde pepper
Skep in gesmeerde bak
Meng 1 eier en 60ml melk en gooi bo-oor mengsel
Sny piesang skyfies en rangskik bo-op – gooi bietjie pietersielie en paprika oor en bak in oond vir 30 min tot gaar en goudbruin
BEDIEN SAAM MET MASH, SOETPAMPOEN, MENGELSLAAI EN VARS BROODROLLETJIES

Mash/kapokaartappels


Mayo Mash

Mayo Mash

Mayo Mash:

Kook aartappels saam met 1 ui fyngekap tot gaar – maak fyn – Voeg by – gemaalde (crushed)  swart peper en sout , droe pietersielie, so 1 teelepel bakpoeier en ‘n lekker homp botter – roer deur – gooi nou so 2 eetl mayonaise by – Voeg nou bietjie melk by om dit lekker creamy te maak.   Hierdie resep is genoeg vir so 5 tot 6 groot aartappels.Pas jou mayonaise aan by as jy minder of meer aartappels vat. Wees versigtig met te veel melk – onthou jou mayonaise maak reeds die aartappels klam en nat, dit wat jou melk sou doen, en as jy te veel melk ingooi is die mash te pap. Gooi eerste jou mayonaise in en kyk hoeveel melk nodig is.

Duchess Potatoes (Photo by Cynthia Nelson)

Duchess Potatoes (Photo by Cynthia Nelson)

Duchess Potatoes (Photo by Cynthia Nelson)
‘n Variasie op die gewone kapokaartappels – Gee vir elke ou sy eie bakkie gebakte “mash”

Ingredients
1 kg potatoes
Water
Salt to taste
2 tablespoons butter
¾ cup grated cheddar cheese
½ teaspoon ground white pepper
1 egg, lightly beaten
1 teaspoon paprika
½ teaspoon water
1 tablespoon chopped parsley

Method
1. Peel potatoes, add to pot, cover and bring to a boil. When the pot comes to a boil, add salt to taste. Cook until fork tender.
2. Preheat oven to 180 C
3. Mash potatoes while hot and ensure that there are no lumps. Add butter, white pepper and cheese to potatoes while it is still hot. Mix thoroughly and taste for seasoning (salt and pepper).
4. Mix in beaten egg ensuring that it is fully incorporated into the mixture.
5. Snip one bottom-end of the plastic zip bag about ¾-inch across.
6. Add the potato mixture to the bag and squeeze the top in order to force the mixture through the hole in the bag.
7. Pipe the potatoes into the ramekins going in a circular motion until the ramekin is filled about 1 above the rim. Repeat until all the bowls are filled. Transfer the bowls onto baking sheet/tray.
8. In the small bowl, add the paprika and ½ teaspoon water and make into a paste. Using the pastry brush, lightly brush the edges of the potatoes.
9. Sprinkle the top with chopped parsley.
Bake in preheated oven for 30 minutes or until the edges are lightly brown.
10. Serve hot

Wat dink julle van as mens so halwe blikkie sweetcorn by die aartappels inmeng – dit kan gaan mos bitter lekker wees !! –

‘n Paar lede noem dat gerasperde kaas, stukkies spek, stukkies ham, gerasperde uie, gesnipperde biltong en mozarella kaas ook lekker variasies op die dis sal wees.

Sally’s Spinach Mashed Potato DishIngredients
1 (300g) package frozen chopped spinach (vars spinasie is ook reg)
6 potatoes, peeled and chopped
½ cup butter
1 cup sour cream
1 tablespoon chopped onion
1 teaspoon salt
1 cup shredded Cheddar cheeseDirections

Preheat oven to 180 degrees C. Lightly grease a medium casserole dish.
Cook spinach according to package directions. Place potatoes in a pot with enough water to cover, and bring to a boil. Cook 15 minutes, or until tender but firm. Drain, cool slightly, and mash.
In a bowl, mix the spinach, mashed potatoes, butter, sour cream, onion, salt. Transfer to the prepared casserole dish. Top with Cheddar cheese.
Bake 20 minutes in the preheated oven, until bubbly and lightly brown.
Source:allrecipes.com
Variasie: Spek gesnipper en gebraai kan bygevoeg word.

Photo: VANDAG HAAL ONS 'N PAKKIE AARTAPPELS UIT DIE KAS EN MAAK 'N PAAR "MASH POTATO DISHES" met dit. Deel asb julle resepte ook hier met wat julle alles met 'n bak kapokaartappels kan maak<3 Rens Sally's Spinach Mashed Potato DishIngredients1 (300g) package frozen chopped spinach (vars spinasie is ook reg)6 potatoes, peeled and chopped½ cup butter1 cup sour cream1 tablespoon chopped onion1 teaspoon salt1 cup shredded Cheddar cheeseDirectionsPreheat oven to 180 degrees C. Lightly grease a medium casserole dish.Cook spinach according to package directions. Place potatoes in a pot with enough water to cover, and bring to a boil. Cook 15 minutes, or until tender but firm. Drain, cool slightly, and mash.In a bowl, mix the spinach, mashed potatoes, butter, sour cream, onion, salt. Transfer to the prepared casserole dish. Top with Cheddar cheese.Bake 20 minutes in the preheated oven, until bubbly and lightly brown.Source:allrecipes.comVariasie: Spek gesnipper en gebraai kan bygevoeg word.

Kapokaartappel tert

1 kg aartappels
30 g botter
2 ml (½ t) bakpoeier
75 ml (1/3 k) melk
VULSEL
30 ml (2 e) botter
50 ml mieliemeel
500 ml (2 k) melk
2 eiers, geskei
500 ml (2 k) cheddarkaas, gerasper
5 ml (1 t) sout
knippie mosterdpoeier
knippie rissiepeper (opsioneel)
Ekstra gerasperde kaas vir oorstrooi
Smeer ’n oondpan van 30 cm.

KORS:
Kook die aartappels tot sag.
Maak die aartappels fyn. Voeg die botter, bakpoeier en melk by en meng goed. Geur na smaak.

Smeer ‘n bietjie van die kapokaartappels op die bodem en kante van die oondbak en hou die res eenkant. Verhit intussen die oond tot 180 C
(Ek sou nie eers die gedoen het nie. Sal die hele mengsel net so in die bak gooi)

VULSEL:
Smelt die botter in ’n kastrolletjie, roer die mieliemeel by en maak ’n pasta. Voeg die melk by terwyl jy roer en laat kook.

Verwyder van die hitte en roer die eiergele, kaas, sout, mosterd, rissiepeper en die oorblywende kapokaartappels by en meng.

Klits die eierwitte tot styf en vou dit by die aartappelmengsel in.

Skep die mengsel op die aartappelbasis en strooi ’n bietjie gerasperde kaas oor.

Variasie. Jy kan ook spek snipper, dit bros gaarmaak en invou in die mengsel.
Gerasperde biltongskaafsels kan oor bo-op oorgestrooi word.
Ek dink ‘n koppie ertjies sal ook baie lekker by die resep wer

Kapokaartappel tert 1 kg aartappels30 g botter2 ml (½ t) bakpoeier75 ml (1/3 k) melkVULSEL30 ml (2 e) botter50 ml mieliemeel500 ml (2 k) melk2 eiers, geskei500 ml (2 k) cheddarkaas, gerasper5 ml (1 t) soutknippie mosterdpoeierknippie rissiepeper (opsioneel)Ekstra gerasperde kaas vir oorstrooiSmeer ’n oondpan van 30 cm.KORS:Kook die aartappels tot sag.Maak die aartappels fyn. Voeg die botter, bakpoeier en melk by en meng goed. Geur na smaak.Smeer 'n bietjie van die kapokaartappels op die bodem en kante van die oondbak en hou die res eenkant. Verhit intussen die oond tot 180 C(Ek sou nie eers die gedoen het nie. Sal die hele mengsel net so in die bak gooi)VULSEL:Smelt die botter in ’n kastrolletjie, roer die mieliemeel by en maak ’n pasta. Voeg die melk by terwyl jy roer en laat kook.Verwyder van die hitte en roer die eiergele, kaas, sout, mosterd, rissiepeper en die oorblywende kapokaartappels by en meng.Klits die eierwitte tot styf en vou dit by die aartappelmengsel in.Skep die mengsel op die aartappelbasis en strooi ’n bietjie gerasperde kaas oor.Variasie. Jy kan ook spek snipper, dit bros gaarmaak en invou in die mengsel. Gerasperde biltongskaafsels kan oor bo-op oorgestrooi word. Ek dink 'n koppie ertjies sal ook baie lekker by die resep werk.  <3 Rens

 Basiese resep vir kapokaarappels

1 kg aartappels (geskil en in skywe gesny)

110g botter
110 ml melk
sout en vasgemaalde peper
1 tl bakpoeierkook aartappels tot sag. Gooi orige water af. Maak fyn. Voeg botter melk sout en peper by en meng tot gladde mengsel. Voeg bakpoeir by en meng deur.Tip: Moet nooit dat jou aartappels koud raak VOOR jy die fyn maak nie. Dit veroorsaak dat jy taai kapokaartappels kry. Maak eerder jou hele resep klaar en laat koud word en warm dan weer op

Variasies:

1. Voeg handvol gerasperde kaas by kapokaartappels en roer deur.
2. Room of suurroom kan gebruik word ipv melk (Selfs bietjie idealmelk is heerlik)
3. Sny gekapte spruituie in jou kapokaartappels net voor opdiening
4. Gebraaide stukkies spek kan ook ingemeng word by jou kapokaartappels

BASIESE RESEP VIR KAPOKAARTAPPELS1 kg aartappels (geskil en in skywe gesny)110g botter110 ml melksout en vasgemaalde peper1 tl bakpoeierkook aartappels tot sag. Gooi orige water af. Maak fyn. Voeg botter melk sout en peper by en meng tot gladde mengsel. Voeg bakpoeir by en meng deur.Tip: Moet nooit dat jou aartappels koud raak VOOR jy die fyn maak nie. Dit veroorsaak dat jy taai kapokaartappels kry. Maak eerder jou hele resep klaar en laat koud word en warm dan weer opRESEP VIR MAYO MASH:Kook aartappels saam met 1 ui fyngekap tot gaar - maak fyn - Voeg by – gemaalde  swart peper en sout, 1/2 tl droe pietersielie, 1 teelepel bakpoeier en 'n lekker homp botter - roer deur - Voeg by 1 opgehoopte eetl mayonaise. Indien aartappels nog te droog is, voeg bietjie melk by.   Hierdie resep is genoeg vir so 5 tot 6 groot aartappels. Wees versigtig vir te veel melk - onthou jou mayonaise maak reeds die aartappels klam . Gooi eerste jou mayonaise in en kyk hoeveel melk nodig is.Variasies: 1. Voeg handvol gerasperde kaas by kapokaartappels en roer deur. 2. Room of suurroom kan gebruik word ipv melk (Selfs bietjie idealmelk is heerlik)3. Sny gekapte spruituie in jou kapokaartappels net voor opdiening4. Gebraaide stukkies spek kan ook ingemeng word by jou kapokaartappelsWAT MENG JULLE NOG IN BY JULLE KAPOKAARTAPPLES ??<3 Rens

Gebakte blomkool met spek, ertjies en kapokaartappel

1 kop blomkool. Breek in blommetjies en kook vlugtig tot sag maar nie pap nie. Dreineer water af en sit eenkant

Braai 250gr spek (gesnipper) tot gaar en hou eenkant

Kook 1 koppie ertjies net op vir paar minute

Maak 1 koppie (loperige) witsous volgens jou basiese resep

Maak kapokaartappels soos basiese resep:

1 kg aartappels (geskil en in skywe gesny)

110g botter

110 ml melk

sout en vasgemaalde peper

1 tl bakpoeier

Kook aartappels tot sag. Gooi orige water af. Maak fyn. Voeg botter melk sout en peper by en meng tot gladde mengsel. Voeg bakpoeier by en meng deur.

Meng nou die spek en ertjies in by jou kapokaartappels

Skep kapokaartappelmengsel in gesmeerde bak. Pak kool bo-op. Gooi koppie witsous bo-oor en rasper kaas bo-op

Bak in oond by 180 C tot kaas gesmelt is en goudbruin bo-op.

Gebakte blomkool met spek, ertjies en  kapokaartappel1 kop blomkool. Breek in blommetjies en kook vlugtig tot sag maar nie pap nie. Dreineer water af en sit eenkantBraai 250gr spek (gesnipper) tot gaar en hou eenkantKook 1 koppie ertjies net op vir paar minuteMaak 1 koppie (loperige) witsous volgens jou basiese resep Maak kapokaartappels soos basiese resep:1 kg aartappels (geskil en in skywe gesny)110g botter110 ml melksout en vasgemaalde peper1 tl bakpoeierKook aartappels tot sag. Gooi orige water af. Maak fyn. Voeg botter melk sout en peper by en meng tot gladde mengsel. Voeg bakpoeier by en meng deur.Meng nou die spek en ertjies  in by jou kapokaartappelsSkep kapokaartappelmengsel  in gesmeerde bak. Pak kool bo-op. Gooi koppie witsous bo-oor en rasper kaas bo-opBak in oond by 180 C tot kaas gesmelt is en goudbruin bo-op.<3 Rens

Gebakte kapokaartappel pastei met gemengde groente en hoender

1 uie (gekap)
2 koppies gaar gevlokte hoender
1 koppie veggie mix
3 koppies kapokaartappels
1/2 pakkie wit uiesop of sampioensop of knorr se chicken a la king
1 kop melk
Sout en peper na smaak
1 skilferkorsdeeg (puff pastry)

Braai ui tot sag, voeg veggie mix by en jou 1/2 pakkie soppoeier aangemaak met 1 kop melk.
Kook tot dik
Gooi die gevlokte hoender in en meng deur

Plaas die kapokaartappels onder in gesmeerde bak.
Gooi hoender en groente mengsel bo-oor

Vou skilferkorsdeeg oop en plaas bo-oor die pastei

Bak in oond vir ongeveer 20 + minute tot dit goudbruin en opgepof is

Wenk.
Jy kan hier ‘n blikkie bully beef ook gebruik

mash groente hoender en puff

Kapokaartappels  met spek, kaas en eiers

Basically, make some mashed potato and add to it gently softened onions, fried bacon and cheddar cheese. Place this into a dish and use the back of a small woodenspoon to make depressions in the potato big enough to hold an egg. Fill each hole with an egg and then sprinkle some additional cheese across the top. You can either choose to leave the eggs showing so you can find them again at serving time, or cover the whole thing with cheese.

I would recommend baking this dish at 200C for about 20 minutes, but you’re going to have to adjust to suit your oven and the size of your eggs. As a cook, you can understand a lot about the progress of things by poking them with your finger, which I would suggest here. The eggs need to have a very slight wobble when pressed if you want a runny yolk.

Deur: thingswemake

mash 67

Gebakte kapokaartappels en kaas tert

Verhit oond tot 180 C

1kg aartappels (sowat 6) geskil, in kwarte gesny
2 eetl botter
1/ kop Suurroom
1/2 tl bakpoeier
1 koppie gerasperde chedder kaas
6/8 stukkies spek, gesnipper
Ekstra kaas vir bo-op

Kook aartappels in kokende water in groot kastrol tot sag , dreineer. Gooi terug in pot en maak fyn

Voeg botter en suurroom by aartappels. Meng tot glad. Skep die helfte v/d aartappels in 20cm gesmeerde bak. Strooi die kaas oor. Gooi paar stukkies spek oor. Plaas oorblywende kapokaartappels bo-op, nog ‘n bietjie gerasperde kaas en spek

Bak 30 tot 35 min of tot deurwarm.

Deur: kraftrecipes

GEBAKTE KAPOKAARTAPPELS EN KAASVerhit oond tot 180 C1kg  aartappels (sowat 6) geskil, in kwarte gesny2 eetl  botter1/ kop Suurroom1/2 tl bakpoeier1 koppie gerasperde chedder kaas6/8 stukkies spek, gesnipperEkstra kaas vir bo-opKook  aartappels in kokende water in groot kastrol tot sag , dreineer. Gooi terug in pot en maak fynVoeg botter en suurroom by aartappels. Meng tot glad. Skep die helfte v/d aartappels in 20cm gesmeerde bak.  Strooi die kaas oor. Gooi paar stukkies spek oor. Plaas oorblywende kapokaartappels bo-op, nog 'n bietjie gerasperde kaas en spekBak 30 tot 35 min of tot deurwarm.Deur: kraftrecipes<3 Rens
Herderspastei met spek en maalvleis

1 ui gekap
500gr maalvleis
150gr spek gesnipper
1 koppie veggie mix
3 wortels geskil en gerasper
1 pakkie tamatie puree (tomato paste)
2 eetl wostersous
1 na 2 eetl bladjang
Sout peper en knoffelvlokkies na smaak
1/2 pakkie bruin uiesop en ongeveer 1 kop water
Braai die uie en spek en voeg dan die maalvleis by. Braai tot maalvleis nog pienkerig is.
Voeg al die ander bestandele by en prut tot gaar en jou maalvleisbeslag dik is. (Voeg nog water by as jou beslag te dik is) Gooi in gesmeerde bak

Maak kapokaartappels volgens basiese resep

Smeer kapokaartappels bo-oor, rasper bietjie kaas oor en bak by 180 C tot goudbruin.

Vir nog herderspastei resepte: https://kreatiewekosidees.com/?s=herderspastei
Laaste idee vir die dag .. Hoop julle het 'n lekker aandete idee gekry vandag !!!HERDERSPASTEI MET MAALVLEIS EN SPEK1 ui gekap500gr maalvleis150gr spek gesnipper1 koppie veggie mix3 wortels geskil en gerasper1 pakkie tamatie puree (tomato paste)2 eetl wostersous1 na 2 eetl bladjangSout peper en knoffelvlokkies na smaak1/2  pakkie bruin uiesop en ongeveer 1 kop waterBraai die uie en spek en voeg dan die maalvleis by. Braai tot maalvleis nog pienkerig is. Voeg al die ander bestandele by en prut tot gaar en jou maalvleisbeslag dik is. (Voeg nog water by as jou beslag te dik is)  Gooi in gesmeerde bakMaak kapokaartappels volgens basiese resepSmeer kapokaartappels bo-oor, rasper bietjie kaas oor en bak by 180 C tot goudbruin.Vir nog herderspastei resepte: https://kreatiewekosidees.com/?s=herderspastei

Aartappelkoekies met hoender

500gr aartappels, geskil en in kwarte gesny
2 teelepels sout – verdeel in 2
1 ½ koppies gaar gevlokte hoender
½ koppie gerasperde chedder kaas
1 groot eier , liggies geklits
¼ koppie suurroom
½ teelepel gedroogde tiemie of pietersielie
½ teelepel knoffel poeier (opsioneel)
½ teelepel peper

2/3 koppie fyn droe brood krummels
Olie, vir braai

Kook aartappels en 1 tl sout tot gaar. Dreineer en maak aartappels fyn
Meng al die ander bestandele in behalwe die broodkrummels
Maak (rol) koekies en plaas vir 1 uur in die yskas
Gooi droë broodkrummels in ‘n vlak bak . Rol balle in broodkrummels
Verhit olie en braai die aartappelkoekies tot goudbruin
Dreineer op kombuis papier en bedien dadelik

aartappelkoekies 4