Smeer ‘n bietjie van die kapokaartappels op die bodem en kante van die oondbak en hou die res eenkant. Verhit intussen die oond tot 180 C
(Ek sou nie eers die gedoen het nie. Sal die hele mengsel net so in die bak gooi)
Verwyder van die hitte en roer die eiergele, kaas, sout, mosterd, rissiepeper en die oorblywende kapokaartappels by en meng.
Klits die eierwitte tot styf en vou dit by die aartappelmengsel in.
Skep die mengsel op die aartappelbasis en strooi ’n bietjie gerasperde kaas oor.
Variasie. Jy kan ook spek snipper, dit bros gaarmaak en invou in die mengsel.
Gerasperde biltongskaafsels kan oor bo-op oorgestrooi word.
Ek dink ‘n koppie ertjies sal ook baie lekker by die resep wer
110g botter
110 ml melk
sout en vasgemaalde peper
1 tl bakpoeierkook aartappels tot sag. Gooi orige water af. Maak fyn. Voeg botter melk sout en peper by en meng tot gladde mengsel. Voeg bakpoeir by en meng deur.Tip: Moet nooit dat jou aartappels koud raak VOOR jy die fyn maak nie. Dit veroorsaak dat jy taai kapokaartappels kry. Maak eerder jou hele resep klaar en laat koud word en warm dan weer op
Variasies:
1. Voeg handvol gerasperde kaas by kapokaartappels en roer deur.
2. Room of suurroom kan gebruik word ipv melk (Selfs bietjie idealmelk is heerlik)
3. Sny gekapte spruituie in jou kapokaartappels net voor opdiening
4. Gebraaide stukkies spek kan ook ingemeng word by jou kapokaartappels

Gebakte blomkool met spek, ertjies en kapokaartappel
1 kop blomkool. Breek in blommetjies en kook vlugtig tot sag maar nie pap nie. Dreineer water af en sit eenkant
Braai 250gr spek (gesnipper) tot gaar en hou eenkant
Kook 1 koppie ertjies net op vir paar minute
Maak 1 koppie (loperige) witsous volgens jou basiese resep
Maak kapokaartappels soos basiese resep:
1 kg aartappels (geskil en in skywe gesny)
110g botter
110 ml melk
sout en vasgemaalde peper
1 tl bakpoeier
Kook aartappels tot sag. Gooi orige water af. Maak fyn. Voeg botter melk sout en peper by en meng tot gladde mengsel. Voeg bakpoeier by en meng deur.
Meng nou die spek en ertjies in by jou kapokaartappels
Skep kapokaartappelmengsel in gesmeerde bak. Pak kool bo-op. Gooi koppie witsous bo-oor en rasper kaas bo-op
Bak in oond by 180 C tot kaas gesmelt is en goudbruin bo-op.

Gebakte kapokaartappel pastei met gemengde groente en hoender
1 uie (gekap)
2 koppies gaar gevlokte hoender
1 koppie veggie mix
3 koppies kapokaartappels
1/2 pakkie wit uiesop of sampioensop of knorr se chicken a la king
1 kop melk
Sout en peper na smaak
1 skilferkorsdeeg (puff pastry)
Braai ui tot sag, voeg veggie mix by en jou 1/2 pakkie soppoeier aangemaak met 1 kop melk.
Kook tot dik
Gooi die gevlokte hoender in en meng deur
Plaas die kapokaartappels onder in gesmeerde bak.
Gooi hoender en groente mengsel bo-oor
Vou skilferkorsdeeg oop en plaas bo-oor die pastei
Bak in oond vir ongeveer 20 + minute tot dit goudbruin en opgepof is
Wenk.
Jy kan hier ‘n blikkie bully beef ook gebruik

Kapokaartappels met spek, kaas en eiers
Basically, make some mashed potato and add to it gently softened onions, fried bacon and cheddar cheese. Place this into a dish and use the back of a small woodenspoon to make depressions in the potato big enough to hold an egg. Fill each hole with an egg and then sprinkle some additional cheese across the top. You can either choose to leave the eggs showing so you can find them again at serving time, or cover the whole thing with cheese.
I would recommend baking this dish at 200C for about 20 minutes, but you’re going to have to adjust to suit your oven and the size of your eggs. As a cook, you can understand a lot about the progress of things by poking them with your finger, which I would suggest here. The eggs need to have a very slight wobble when pressed if you want a runny yolk.
Deur: thingswemake

Gebakte kapokaartappels en kaas tert
Verhit oond tot 180 C
1kg aartappels (sowat 6) geskil, in kwarte gesny
2 eetl botter
1/ kop Suurroom
1/2 tl bakpoeier
1 koppie gerasperde chedder kaas
6/8 stukkies spek, gesnipper
Ekstra kaas vir bo-op
Kook aartappels in kokende water in groot kastrol tot sag , dreineer. Gooi terug in pot en maak fyn
Voeg botter en suurroom by aartappels. Meng tot glad. Skep die helfte v/d aartappels in 20cm gesmeerde bak. Strooi die kaas oor. Gooi paar stukkies spek oor. Plaas oorblywende kapokaartappels bo-op, nog ‘n bietjie gerasperde kaas en spek
Bak 30 tot 35 min of tot deurwarm.
Deur: kraftrecipes

Herderspastei met spek en maalvleis
1 ui gekap
500gr maalvleis
150gr spek gesnipper
1 koppie veggie mix
3 wortels geskil en gerasper
1 pakkie tamatie puree (tomato paste)
2 eetl wostersous
1 na 2 eetl bladjang
Sout peper en knoffelvlokkies na smaak
1/2 pakkie bruin uiesop en ongeveer 1 kop water
Braai die uie en spek en voeg dan die maalvleis by. Braai tot maalvleis nog pienkerig is.
Voeg al die ander bestandele by en prut tot gaar en jou maalvleisbeslag dik is. (Voeg nog water by as jou beslag te dik is) Gooi in gesmeerde bak
Maak kapokaartappels volgens basiese resep
Smeer kapokaartappels bo-oor, rasper bietjie kaas oor en bak by 180 C tot goudbruin.
Aartappelkoekies met hoender
500gr aartappels, geskil en in kwarte gesny
2 teelepels sout – verdeel in 2
1 ½ koppies gaar gevlokte hoender
½ koppie gerasperde chedder kaas
1 groot eier , liggies geklits
¼ koppie suurroom
½ teelepel gedroogde tiemie of pietersielie
½ teelepel knoffel poeier (opsioneel)
½ teelepel peper
2/3 koppie fyn droe brood krummels
Olie, vir braai
Kook aartappels en 1 tl sout tot gaar. Dreineer en maak aartappels fyn
Meng al die ander bestandele in behalwe die broodkrummels
Maak (rol) koekies en plaas vir 1 uur in die yskas
Gooi droë broodkrummels in ‘n vlak bak . Rol balle in broodkrummels
Verhit olie en braai die aartappelkoekies tot goudbruin
Dreineer op kombuis papier en bedien dadelik
You must be logged in to post a comment.