Tag Archive | tuisgemaakte mayonnasie

Tuisgemaakte mayonnaise


MAYO 34

 

TUISGEMAAKTE MAYONNAISE

2 eiergele (NB: eiers moet by KAMERTEMPERATUUR WEES)

2ml mosterdpoeier

5ml suiker

2ml sout

knippie witpeper

10ml suurlemoensap of asyn

250ml olyfolie of kookolie of ‘n mengsel van ½ van elk daarvan

Klits die eiergele, mosterd, suiker, sout, witpeper en suurlemoensap of asyn saam in ‘n mengbak.

Hou aan met klits en voeg die olie druppel vir druppel by. Sodra die mengsel begin verdik, kan meer olie op ‘n slag bygevoeg word. (Gewoonlik na 60-75ml) Hou aan met klits totdat al die olie bygewerk is.

Jy kan ook gegeurde mayonnaise maak deur mosterd met saadjies te gebruik of  voeg by so halwe teelepel vars knoffel en 1 klein ui in klein stukkies gekap. Stukkies agurkies werk ook baie lekker Jy kan ook fyngekapte spruituie byvoeg, selfs bietjie paprika. Kyk wat jou behoefte is en wat jy die mayonasie voor wil gebruik. Ek sien van die resepte se ook vir ‘n effe soeter mayonasie kan 1 eetl heuning  bygevoeg word. Al die variasies bo word bo by die beslag ingemeng terwyl jy dit klits met jou menger tot dik.

Advertisement