
Chicken Cordon bleu

Chicken Cordon Bleu
Rencia Odendaal Pretorius
Hoender filette – kap plat met piering of vleis hammertjie
Neem vars spinasie blaar en sit bo-op filette
Sit gekrummelde feta kaas bo-op
Geur met sout en gemaalde peper
Rol toe en neem nou “streaky bacon” en rol om die hoender – so 2 stukkies is genoeg. Steek vas met tandestokkies
Sit in bakplaat
Maak sousie van jimmy sous, suurlemoensap en smeer bo-oor die hoender. Gooi so ‘n paar stukkies roosmaryn op as jy het.
Bak in oond by 180grade C tot gaar. Smeer elke nou en dan van die sousie oor
Dit neem so 30 minute om deurgaar te wees.
Bedien met kaassous en mengelslaai.
Mayo Mash:
Rencia Odendaal Pretorius
Kook aartappels saam met 1 ui fyngekap tot gaar – maak fyn – Voeg by – gemaalde (crushed) swart peper en sout , droe pietersielie, so 1 teelepel bakpoeier en ‘n lekker homp botter – roer deur – gooi nou so 2 eetl mayonaise by – Voeg nou bietjie melk by om dit lekker romerig en fluffy te maak. (indien nodig) Hierdie resep is genoeg vir so 5 tot 6 groot aartappels.
Pas jou mayonaise aan by as jy minder of meer aartappels vat. Wees versigtig met te veel melk – onthou jou mayonaise maak reeds die aartappels klam en nat, dit wat jou melk sou doen, en as jy te veel melk ingooi is die mash te pap. Gooi eerste jou mayonaise in en kyk hoeveel melk nodig is.

Chicken Cordon Bleu
Bedien met groente en skyfies of lekker gebakte aartappels en groente.
Wat my hier opgeval het by die gereg was dat die ham gerasper was en nie blokkies nie, en die kaas was gouda en mozarella, ook gerasper Daar was ook paar stukkies gesnipperde spek in gewees. Die kan net so rou in die mengsel ingesit word. Meng die 3 met mekaar – sout en peper en sit genoeg van die mengsel op die oopgevlekte hoender borsie. Rol op en maak toe met tandestokkies. Plaas in oond tot gaar. Ek het my verbeel ek proe bietjie mosterd in die kaas en ham mengsel.
Maak ‘n dik dik witsous (moet soos dik deeg mengsel wees, druk die hele cordon bleu in die dik witsous in, plaas op bord en rasper net kaas bo-oor – in die oond vir paar minute net tot die kaas gesmelt is en bedien.
CHICKEN CORDON BLEU
Rencia Odendaal Pretorius
Hoender filette – kap plat met piering of vleis hammertjie
Rasper ham, kaas en gekapte stukkies spek en meng.
Sit mengsel bo-op oopgevlekte hoenderborsie
Geur met sout en gemaalde peper
Rol toe en steek vas met tandestokkies
Sit op bakplaat. Strooi olyfolie oor.
Bak in oond by 180grade C tot gaar. (dit is so ongeveer 20 na 30 minute – dit hang af hoe dik jou hoender is.
Maak intussen dik witsous.
As hoender uit oond kom, gee rus kansie tot net effe afgekoel en druk dan in die dik witsousmengsel sodat dit die hele porsie basies (coat) met die witsous.
Plaas op bord, rasper lekker baie kaas oor en plaas in oond tot kaas gesmelt is.
Like this:
Like Loading...
You must be logged in to post a comment.