Yskasterte


Deur: David N Bonnie Luper

Deur: David N Bonnie Luper

NO BAKE ITALIAN TART
Bestanddele:
1 boks vanilla wafer koekies
1 blikkie fyn pynappel met sous (crushed pineapple)
¼ koppie suurlemoensap
1 blikkie kondensmelk
1 pakkie klapper
1 houertjie room (styfgeklits)
Kersies
1 koppie pekanneute (opsioneel)

Pak die wafer koekies in onderkant van tertbak.
Meng in ‘n bak die suurlemoensap en kondensmelk. Voeg dan die pynappels met sous by en meng alles saam. Giet dit oor die vanilla wafer koekies. Plaas nog ‘n laag van die wafer koekies bo-op. Versier met styfgeklopte room, klapper en kersies of pekanneute. Oornag in die yskas
Deur: David N Bonnie Luper

Maaskaas Yskastert

Rencia Odendaal Pretorius

Kors: 1 pakkie tennisbeskuitjies – fyngerol – 125gr
botter (gesmelt) – Meng en druk in tertbak

Vulsel:

2 pakkies jellie – enige geur

320ml kookwater – los jellie op en laat afkoel, maar
nie stol nie

Meng die volgende en voeg by jellie mengsel:

1 blik kondensmelk

500ml room maaskaas

500ml jogurt (verkieslik die geur van jou jellie)

Klop nou 250ml room tot styf – en vou in die mengsel
in.

Gooi in tertbak met kors en laat staan verkieslik
oornag in die yskas voor opdiening

Maklike Yskastert

Jade Walker

1 pakkies tennis biscuits 1 lancewood maaskaas plain
1 250ml plain yogurt
1 250ml vars room
1 blik kondensmelk
1 pakkie kitspoeding
(Ek gebruik die melktert of peppermint crisp instant pudding, maar enige geur kan gebruik word!)

Meng al die bestandele saam en gooi oor tennis beskuitjies, bedien!
Dit is nie eers nodig om die tert in die yskas te sit om te stol nie. Klits dit net met elektriese mengel tot styf en gooi in tertbak.

Suurlemoen vlatert

Ryna Fourie

750 ml melk
125 ml vlapoeier
30 ml suiker
45 ml suurlemoensap
1 blik kondensmelk
200 g Tennisbeskuitjies
1. Maak ‘n dik vlasous, laat afkoel tot louwarm.
2. Meng die suurlemoensap met die kondensmelk.
3. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n bak.
4. Gooi die vlamengsel oor.
5. Pak weer ‘n laag beskuitjies.
6. Smeer kondensmelk oor en krummel beskuitjies oor.

Suurlemoen Tert-bron onbekend

Suurlemoen Tert-bron onbekend

Maklike Suurlemoen Yskastert

Belinda Tokkie Pressly Jonker

1 boks orley whip, 1 blik kondensmelk, 125ml suurlemoensap en 5ml vanilla en 1-2 pakkies tenniskoekies. Klits room styf. Voeg kondensmelk,suurlemoensap en vanilla by, meng goed. Pak laag tenniskoekies onder in tyertbak gooi van die mengsel oor weer laag koekies en dan van die mengsel. Rond af met fyn gedrukte koekies bo-oor. Sit in yskas om te stol. Geniet!

Grenadella Yskastert

Belinda Tokkie Pressly Jonker

1 blik ideal milk, halwe koppie(125ml) strooisuiker, 1 blik grenadellamoes, 1 pakkie lemoen/suurlemoen jellie, 1 pakkie tenniskoekies en 1 koppie kookwater. Maak jellie met kookwater aan, laat afkoel. Klop verkoelde ideal melk styf. Vou s/suiker geleidelik by. Klop goed vou moes en jellie by. Klop tot romerig. Gooi in bak waarin tenniskoekies onder in is. Gooi mengsel bo-oor; kan lae maak van koekies en weer mengsel of slegs koekies onder en al die mengsel bo-oor. Breek koekies bo-op fyn sit in yskas om te stol!

Grenadella Tert
Charlene Livingstone

1 pakie marie fyn gemaak en kors gemaak meer 1 pakkie suurlemoen jellie 1 blikkie kondensmelk en 1 blikkie grenadilla pulp. Meng jelly met 1 koppie warm water tot goed opgelos. Roer kondensmelk by en roer goed deur voeg grinadela pulp in en roer goed. Gooi in tert kors en laat in yskas stol so 3ure. Kan met styf geklopte room bedien as wil maar leke net so Kan suurlemoen jelly vervang met pynappel ook.

Jogurt Grenadella Tert

500ml Joghurt

1 Pakkie jellie
1 blikkie kondensmelk
1 houer vars room [250 ml]
Vars of ingemaakte vrugte.
Grenadillamoes saam met Grenadilla
Joghurt [opsioneel]
Gebruik enige geur joghurt van jou keuse en gebruik dieselfde geur jellie.
Suurlemoenjellie is veilig om saam met alle joghurts te gebruik aangesien daar nie alle geure jellies beskikbaar is nie.
Meng jellie met 1 koppie kookwater en laat afkoel.
Klits alle bestanddele goed saam tot romerig.
Vir poeding:
Gooi in bak en laat stol in yskas
Vir tert:
Pak beskuitjies of konfytrol (“jamroll”) in tertbak en gooi mengsel bo-oor en laat stol in yskas

Karamel Sjokolade Yskastert - Photo Serious Eats Sweets

Karamel Sjokolade Yskastert – Photo Serious Eats Sweets

Karamel Sjokolade Tert

Belinda Ann Botes Oosthuizen

Maak 1 pakkie Choc crust of Romany koekies fyn en meng met 2 E gesmelte botter en 1 t karamel geursel en druk vas in tertbak. Vulsel: Roer 1 blik karamel kondensmelk tot glad en skep bo-op tertkors. Smelt saam: 200 gr sjokolade, gekap, 180 ml room en 40 gr botter in glasbak bo-oor warm water tot gesmelt. Roer tot glad. Skep bo-oor karamel kondensmelk. Sit in yskas vir 4 ure voor bedien. Jy kan room rosies bo-op spuit of flake krummel en bo-oor gooi.

Koejawel Yskastert

Belinda Ann Botes Oosthuizen

1 blik kondens melk geklits met 1/2 k suurlemoensap, meng 1 houer smooth cottage cheese in tot glad. Vir di kors gebruik ek n swissrol, sny dun skywe en pak onder in bak, sit cheese mengsel bo op, 1 grt blik koejawels, sit koejawels stukke bo di mengsel, vat di koejawel stroop en verhit en roer by 3-4 t vlapoeie aangemaak met 1/2 k water by sous om te verdik, laat afkoel en gooi egalig oor koejawels. Sit in yskas om te stol, lekk eet!

Aarbei yskastert - blissfully-vegan

Aarbei yskastert – blissfully-vegan

Aarbei Yskastert

Esmarie Kotze Atkinson

2 pk aarbei jellie maak aan met een kop kookwater en 1 kop kouewater. Meng nou n 1 liter aarbei yogurt in en n blikkie kondensmelk. Maak n kors van tennisbeskuitjies gooi vulsel op d kors en sit in yskas tot gestol

Yskastert

Sonet Strydom

Nuticrust koekies -pak in laag. Meng orley whip met bietjie suiker tot styf. Gooi 1 blik caramel kondensmelk by room en klop saam . Gooi lagie oor koekies en herhaal met nog ‘n laag koekies. Die tert is ‘n wenner onder my vriende! Maklik, vinnig en die nuticrust koekie gee die ongelooflikste smaak.

Yskastert

Hentie Hawley

Hier is myne: 2 kondensmelk (blik), 2 Nesle room (blik), 2 plain Maaskaas, 250ml suurlemoensap! Meng en pak op tennisbeskuitjies…so 2 lae!

Jogurt Tert-bron onbekend

Jogurt Tert-bron onbekend

Yoghurt Tert

Jo-Anne Kemp

Tertbak grootte: 33cm x 23cm x 5cm
Sorg dat geur van jellie en yoghurt dieselfde is.

Kors: Pak 1 pakkie tennis biscuits onder in bak.

Vulsel: 1 pak jelliepoeier (appelkoos/perske/pynappel of aarbei)

125ml kook water
1 blik kondensmelk
2 telepels gelatine (opgelos in warmwater)
750ml gegeurde yoghurt
250ml room (styf geklits met bietjie suurlemoen)

Metode:

Los jellie in kookwater op. Roer kondensmelk en yoghurt by. (Jelly hoef nie af te koel nie) Voeg nou opgeloste gelatine by.
Voy laaste die room in. Giet vulsel in die kors en laat in yskas stol.

Yoghurt Tert

Tertbak grootte: 33cm x 23cm x 5cm
Sorg dat geur van jellie en yoghurt dieselfde is.

Kors: Pak 1 pakkie tennis biscuits onder in bak.

Vulsel: 1 pak jelliepoeier (appelkoos/perske/pynappel of aarbei)

125ml kook water
1 blik kondensmelk
2 telepels gelatine (opgelos in warmwater)
750ml gegeurde yoghurt
250ml room (styf geklits met bietjie suurlemoen)

Metode:

Los jellie in kookwater op. Roer kondensmelk en yoghurt by. (Jelly hoef nie af te koel nie) Voeg nou opgeloste gelatine by.
Voy laaste die room in. Giet vulsel in die kors en laat in yskas stol.

Peer Tert

1 rolkoek (skywe)
1 blik kondensmelk
125ml suurlemoensap
415g blik pere (dreineer en fyn gedruk)
Orley whip of 250ml vars room (styf geklop)
1 milky bar wit choc gerasper

Pak rolkoek onder in bak,klop kondensmelk en suurlemoensap tot dik. Smeer oor skywe,dan pere en dan room. Rasper milky bar bo oor en sit in yskas

 

COFFEE AND AMARULA TART

Crust:
2 packets Moir’s Coffee Dreams biscuits or marie biscuits
75ml butter or margarine, melted
Crumble biscuits and add melted butter, mix and press into round pie dish.

Filling:
250ml cream
500g creamed cottage cheese
397g condensed milk
10ml gelatine
45ml water
5ml coffee powder, dissolved in 15ml boiled water
30ml Amarula
200g baking chocolate
1 Flake chocolate, crumbled
Extra whipped cream, to decorate

Method:
Whip cream until stiff and fold in cottage cheese. Stir in condensed milk.
Sprinkle gelatine over water and melt over a container with boiling water until dissolved.
Mix coffee and Amarula. Stir gelatine mixture into cream mixture.
Mix well. Melt chocolate until smooth. Quickly mix into cream mixture. Spoon filling into prepared pie dish and allow to set in fridge overnight.

Decorate with Flake and extra whipped cream.

Adapted from: food24

 

Peanut Butter Pie

Ingredients:

1 cup confectioner’s sugar (versiersuiker)
1 cup peanut butter (divided use)
3 cups milk
1 cup sugar
dash salt
1 1/2 teaspoons vanilla
4 eggs, separated
6 tablespoons corn starch (maizina)
1/3 cup sugar (for meringue)

Any Pie Crust

Directions:

In a small bowl, add the confectioner’s sugar and 1/2 cup of the peanut butter. Cut sugar into peanut butter with a fork until mixture is crumbly. Place half of mixture in bottom of baked pie shell, reserve remainder for top.
In large sauce pan, add the egg yolks, milk, 2/3 cup sugar, remaining peanut butter, vanilla, salt, and cornstarch. Cook over medium low heat until thick, stirring constantly (I used a whisk). Pour over peanut butter crumbles in the pie crust.
Beat egg whites until foamy, add sugar. Continue beating until soft peaks form. Spread over top of pie, being careful to seal at edges. Sprinkle remainder of peanut butter crumbles over top of pie.
Bake at 325 for thirty minutes.
Refrigerate for several hours before serving.

Adapted from: thatsmyhome

 

KONDENSMELKTERT

2 blikkies kondensmelk
500 ml Room
1/2 kop Lemmetjie sap
1 eetlepel lemmetjieskil gerasper (fyn)
1 pakkie cream crakers of tennis beskuitjies

METODE:
Meng die kondensmelk en room in ‘ n mengbak
Gooi die lemmetjie sap by en klits totdat die dik word ongeveer 1 minuut
Gooi van die vulsel onder in ‘n diep bak ongeveer 20cm deursnee
Pak een lagie koekies
Gooi weer van die vulsel oor en pak weer koekies – eindig met die vulsel
Sprinkel die lemmetjie skil oor
Sit in die yskas vir ongeveer 4 ure of oornag voor opdiening

 

 

RUM EN ROSYNE YSKASTERT

250ml kookwater
420ml pitlose rosyne
250ml room
380g Caramel Treat (kondensmelk)
3ml vaniele geursel
8ml rumgeursel
200g Tennis beskuitjies (1 pakkie)

Giet die kookwater oor die rosyne en laat dit 15 minute
lank week. Klits die room styf. Voeg die Caramel Treat,
vanielje en rumgeursel by en klits weer goed. Dreineer die
rosyne, voeg dit by die kondensmelkmengsel en meng dit goed
deur met ‘n houtlepel. Rangskik ‘n laag Tennisbeskuitjies
op die boom van ‘n vierkantige tertbord van 220mm x 220mm,
wat liggies met botter gesmeer is. Skep ‘n laag
rosynemengsel bo-op die beskuitjies. Herhaal die lae en
eindig met ‘n laag rosyntjiemengsel. Verkrummel ‘n paar
beskuitjies en strooi dit bo-oor. Verkoel die tert 2-3 ure
lank in die yskas of totdat die vulsel gestol het.

BATIK YSKASKOEK

200gr droe Milo
1 blikkie kondensmelk
4 eiers
1 tl vanilla
150gr margarine
Klits eiers goed. Meng kondensmelk, milo by en meng. Smelt botter en gooi die mengsel by. Kook by medium hitte tot dik
Neem cream cracker en breek die crackers in 4 stukke
Lyn ‘n bakplaat met waxpapier (dit moet oor die kante hang) en spuit met bietjie spray en cook. Begin deur die gebreekte creamcrackers los te pak op die bodum. Daar moet spasies tussen in wees.
Gooi bietjie van die kondensmelk mengsel oor
Pak weer gebreekte cream crackers en kondensmelk mengsel. Herhaal tot alles klaar is.
Vou die boonste gedeelte van die waspapier oor die koek, druk mooi in blok en bewaar in die yskas tot gestol.
Sny in stukke en bedien.
Wenk: Marie beskuitjies kan ook gebruik word. Jy kan neute en kersies ook tussen in die lae plaas indien verkies
Gooi weer kondensmelkmengsel

 

AARBEI YSKASKOEK
1kg vars aarbeie, gewas
3 ¼ koppies room, Hou ¼ koppie eenkant
1/3 koppie versiersuiker
1 teelepel vanilla
1 pakkie cream crakers of marie beskuitjies
60gr donker sjokolade, fyn gekap
Neem n paar aarbeie en sny slegs in die helfte
Die ander aarbeie, sny dit in dun skyfies
Klits 3 koppies room tot styf. Voeg gelydelik die versiersuiker en vanilje by
Smeer bietjie van die room in ‘n tertbak. Le ‘n paarcream crackers op die bodum van die bak. Smeer nou ‘n gedeelte van die roommengsel op, en pak enkellaag aarbeie op.
Herhaal nou die tot jy 4 lae gepak het. Eindig af met die room en aarbeie
Bring die ¼ koppie room tot kookpunt.Verwyder van hitte. Gooi die sjokolade in en meng tot gesmelt
Laat staan vir ‘n rukkie om af te koel en klits tot die mengsel mooi deurgemeng is en blink
Met ‘n lepel, drissel die sjokolade oor die koek.
Plaas in die yskas vir ten minste vier ure, of totdat die beskuitjies heeltemal sag is en die room gestol het. Versier met ekstra aarbeie
Wenk: Jy kan gekapte neute ook bysit in die beslag of gekapte kersies.

 

CRUNCHIE BAR TERT
Bestanddele:
1 pakkie Tennis-beskuitjies
3 x 80g Crunchie bars (gevries)
1 blik kondensmelk
600ml room
Metode:
Voer ‘n 3 cm diep, 26cm x 16cm (basis) pan met kleefwerende bakpapier. Pak lagie Tennis beskuitjies onder in jou bak en voer die hele bak uit met die koekies
Neem jou crunchie bars, nog in die sakkies, sit in ‘n vadoek en met behulp van ‘n vleishammertjie of koekroller kap die crunchie is fyn stukkies
Met jou menger, klits die kondensmelk en room tot dik mengsel
Roer nou die crunchies in die mengsel in
Gooi nou die crunchie kondensmelkmengsel oor die koekies, en pak weer ‘n lagie koekies.
Vries oornag
Verwyder uit vrieskas en sny in bloke

3 thoughts on “Yskasterte

  1. Hi Jade (Walker), I would like to try your recipe and would like to know whether I should make the instant pudding according to instructions on carton before adding to the rest of the ingredients? Thanks

      • is dit die resep ? – Indien, nee jy maak nie die poeding aan met melk nie – jy gebruik dit net so – die room en kondensmelk ens vervang die melk Rens

        Maklike Yskastert

        Jade Walker

        1 pakkies tennis biscuits 1 lancewood maaskaas plain
        1 250ml plain yogurt
        1 250ml vars room
        1 blik kondensmelk
        1 pakkie kitspoeding
        (Ek gebruik die melktert of peppermint crisp instant pudding, maar enige geur kan gebruik word!)

        Meng al die bestandele saam en gooi oor tennis beskuitjies, bedien!
        Dit is nie eers nodig om die tert in die yskas te sit om te stol nie. Klits dit net met elektriese mengel tot styf en gooi in tertbak.

Comment here!