Gestolde Beetslaai
Bestandele:
3 bete
80g braamjelliepoeier
25ml asyn
sout en peper na smaak
slaaiblare en mayonnaise vir
garnering
Metode:
Kook die beet 2-3 uur lank totdat dit
sag is. Dreineer dit, maar behou 375
ml van die water waarin die beet
gekook is. Los die jelliepoeier in
die warm beetwater op en hou dit
eenkant. Voeg die asyn, sout en peper
by en verkoel dit totdat dit begin
stol. Vryf intussen die beetskille af
en rasper die beet. Roer die beet by
die jellie wanneer dit begin stol en
gooi die mengsel in ‘n nat vorm.
Verkoel dit totdat dit gestol het.
Ontvorm dit op slaaiblare en garneer
dit mayonnaise.
Beetslaai Gestolde Ring
3 middelsalg bete
30ml gelatien geweek in 30ml koue water OF 1 pakkie rooi jellie
375ml beetaftreksel (die water waarin die beet gekook het)
60-125ml asyn (indien jelliepoeier gebruik word)
sout en peper na smaak
Suiker na smaak (net as jelliepoeier nie gebruik word nie)
Kook beet tot sag. en behou die water. Trek skille af en rasper of sny in blokkies.
Los gelatien in die beetwater op. (Indien jelliepoeier gebruik word, los jelliepoeier in die beetwater op.)
Voeg asyn, sout, peper en suiker (indien nodig) by. Roer en laat afkoel, maar moenie laat stol nie.
Voeg ebet by, gooi in ‘n vorm en laat stol in die yskas.
Keer uit op ‘n bord en garneer met gaar groenertjies.
Mayonaise Beetvorm slaai
80g braamjelliepoeier 5ml jelliepoeier
250ml kookwater 400g ingemaakte beet
200ml mayonnaise 200ml ingedampte melk
pietersielie vir garnering
Meng die jelliepoeier en gelatien en los dit op in die kookwater. Laat dit afkoel totdat dit begin stol. Kap die beet en die inmaakvloeistof in ‘n voedselverwerker op. Roer die mayonnaise by die beet en roer dit dan by die jellie. Klits die ingedampte melk totdat dit in volume verdubbel het. Vou dit in by die beet. Gooi die beetmengsel in ‘n slaaivorm wat met koue water uitgespoel is. Verkoel dit totdat dit gestol het, keer dit uit op ‘n bord en garneer dit met pietersielie.
Ouma se beetring (aangepas)
Meng 1 blik kondensmelk en 1 houer gladde maaskaas , voeg 1/4k suurlemoensap by! En 1 1/2t gelatien (reg aangemaak ;-)) gooi in ring en laat goed stol!
Meng 1 bottelbeet (sorg dat dit lekker beet is) meng 1 pakkie rooi jelly net so droog by (ek het hier nog 1 1/2t gelatien (aangemaak) by gesit
Komkommer stol slaai
2 komkommers – gerasper met skil en gedreineer
1 klein ui gerasper
1 pakkie groen jellie
1 tl gelatien
125ml kookwater
250ml gladde maaskaas
250ml mayonaise
2tl suurlemoensap
sout en peper
Maak jellie en gelatien aan met kookwater
Voeg mayonasie, maaskaas suurlemoensap by
Voeg komkommer ui sout en peper by
Meng
Gooi in ring wat uitgespoel is met yskaswater
Plaas in yskas.
Wortel en Pynapple ring slaai
1 blik crushed pynappel (440gr)
1 pakkie suurelemoenjellie
125ml suiker
500ml gerasperde wortels
1ml sout
125ml room
Dreineer die pynappel en gebruik die sap om 2 kop water en sap op te maak.
Verhit tot kookpunt en los jellie op daarin. Laat afkoel tot dik, maar nie gestol.
Klits die jellie tot romerig klits nou die suiker bietjiesgewys by en dan die sout. Meng pynappel en wortels in. Klits die room tot styf en vou in by wortelmengsel.
Spoel ring uit met yskaswater. Gooi in vorm en verkoel in yskas
Mosterdring
4 eiers
250ml water
125ml asyn
175ml suiker
15ml gelatien
15ml mosterdpoeier
2ml borrie
1ml sout
250ml room
Klits die eiers in die boonste deel van ‘n dubbele kastrol. Klits die water en asyn by die eiers. Meng die suiker, gelatien, mosterd, borrie en sout en meng dit baie goed met die eiermengsel. Plaas dit oor kokende water en roer aanhoudend totdat die mengsel effens dik is. Laat dit afkoel tot lou, maar roer kort-kort sodat daar nie ‘n vel vorm nie. Klits die room tot styf en vou dit in die mosterdmengsel in. Giet dit in ‘n ringvorm wat met kleefwerende kossproei bespuit of met koue water uitgespoel is. Plaas dit in die koelkas om te stol.
Avokadopeer ring
1 pakkie groen of geel jellie, 250ml kookwater, 2 groot, ryp avokado’s, 15ml suurlemoensap, sout en peper, 10ml mosterdpoeier, 160ml asyn, 1blik kondensmelk, 1/2 ui, fyngekap. Los jelliepoeier in kookwater op en laat afkoel. Druk avo’s fyn en gooi suurlemoensap oor. Geur met sout, peper en mosterd en voeg kondensmelk en asyn by. Voeg ui en afgekoelde jellie by en giet in ‘n ringvorm. Verkoel tot gestol.
Gestolde Biltongring
Emiel Carika Kahl
15 ml Kookolie
1 klein ui fyn gekap
1 hoenderaftrekselblokkie
100ml kookwater
10 ml gelatien
Knippie fyn koljande
380g (1 blik) ingedampte melk, verkil oornag in yskas
100g fyn gerasperde biltong
45 ml goeie mayonnaise
Pakkie slaai van jou keuse (bronkors of rocket as jy dit wil op-“zoesj”)
10 ml wit asyn\\Bespuit ‘n ring met kleefwerende kossproei.
Verhit die olie in ‘n swaarboompan en soteer die uie liggies tot sag. Laat afkoel.
Los die aftrekselblokkie op in die kookwater. Roer die gelatien en koljander by. Laat afkoel, tot dit dik word maar nie heeltemal gestol nie.
Klits ingedampte melk styf. Voeg die gelatienmengsel, biltong, mayonaise en wit asyn by.
Meng alles goed saam. Moenie al die lug uitklop nie.
Skep in vorm en laat stol in die yskas.
Keer uit op opdienbord, versier met slaai. Dien op saam met rooserbrood/melbabrood.
Tuna Ring in JelringVorm
Amelia Röder
Mengsel 1:
2 x 200 blikke tuna in water (gedreineer), 100ml mayonnaise
Mengsel 2:
1 x 250g gladde maaskaas (savoury), 50g geraskperde cheddarkaas, 3 gekookte eiers fyngedruk
Mengsel 3: 150g gerasperde Tusser kaas, 100ml mayonnaise
Mengsel 4: 200g Bacon Kips beskuitjies fyngemaak, 60ml margarine of botter gesmelt
Meng die 4 mengsels apart. Begin met mengsel 1 onder in die tupper of soortgelyke jelring. Volg met lae 2, 3 en eindig met 4. Maak seker jy sit die lagies mooi egalig op mekaar. Laat oornag in die yskas. Voor bediening, maak die ring versigtig los op ‘n bord en sny in skyfies soos ‘n koek.
Gestolde klappervormslaai
Sophie Higgs
1k klapper
1 houer gladde maaskaas
1 blikkie fyn pynappel
1 blikkie Ideal melk (verkoel)
1/2k suiker
1 eetl hoogvol gelatien
Meng maaskaas met bietjie pynappelsap.Kook pynappel en suiker vir 5 min.Voeg gelatien en orige pynappelsap by warm mengsel.Laat afkoel.Klits Ideal melk tot dik.Gooi by mengsel en dan heel laaste klapper.Gooi in ringvorm en verkoel.
HEERLIKE NAGEREG VIR DIE WARM FEESDAE!
500g aarbeie
200ml strooisuiker
20ml gelatien
50ml water
2 eierwitte
400ml room (geklits)
geklitste room en aarbeie vir versiering
SO MAAK JY:
Sny aarbeie skoon, was en sny in skywe. Strooi strooisuiker oor en laat 30 minute staan sodat sappe kan trek. Puree in vermenger tot glad en giet in bak. Maak gelatien in water sag, los oor lae hitte op en roer oor aarbei puree in. Hou eenkant totdat dit begin verdik. Klits eierwitte styf met ‘n knippie sout en vou in saam met room.
Giet in vorm en verkoel tot gestol. Keer uit vorm en versier met ekstra geklitste room en aarbeie.
You must be logged in to post a comment.