Jellie Lemonskywe
Lekker idee vir die kinders langs die swembad, Kersdag NAGEREG VIR DIE KIDDIES, vinnige koue dingetjie as jul van die strand of die dam af kom !!!
Sny lemoen in halwes, verwyder die vleis. Maak jellie aan en gooi in die halwes. Sit in yskas. As opdien, sny in skyfies en Voilla, JELLIE LEMOENSKYWE !!!
Gekleurde Jellie Ring
KLEURVOLLE JELLIE RING: – MAAK OOK SOMMER IN GLAS PRYREX BAK EN SNY BLOKKE VOOR OPDIENING:
6 Boksies gekleurde jellie – of 3 pakkies – 2 van elk
Maak 1 pakkie jellie op ‘n slag aan want jy pak lae basies bo-op mekaar soos die lae stol
Maak elke pakkie jellie aan met 2 koppies kookwater en 2 teelepels gelatien
Gooi halwe koppie ysblokkies in en roer toe dik mengsel
Haal orige ysblokkies uit as mensel klaar dik is
Gooi nou jou eerste laag, sit in yskas en stol.
Maak nou jou volgende kleur aan soos bo en volg die stappe weer -herhaal 6 x om verskillende lae te kry.
JY KAN SOVEEL KLEURE GEBRUIK SOOS WAT JY WIL – DIT IS NET ‘N REDELIKE LANG PROSES OMDAT JY SAL MOET SORG DAT ELKE LAAG REDELIK GESTOL IS VOOR JY DIT OORGOOI.
TIP. Sit in vrieskas om stolproses tussen lae te verkort
You must be logged in to post a comment.