Tag Archive | lekkergoed

Truffles


 

Truffels - Photo Guy Awford

Truffels – Photo Guy Awford

Truffels

Alma Coetzer

( ‘n Mens kan ook die mengsel om ‘n glanskersie fatsoeneer. Dis oulik vir kersfees)

125g botter / margarien

250ml versiersuiker

100ml kakaopoeier

1pak (200g) mariebeskuitjies fyngemaak

125ml fyn appelkooskonfyt

1 t vanieljegeursel of likeur v keuse

klapper om in te rol

Metode:

Room die smeer. Sif die versiersuiker en kakaopoeier saam bo-oor en meng.

Voeg die beskuitjies, konfyt en geursel by en meng deeglik. Rol die mengsel in okkerneutgroot balletjies en rol elkeen in klapper.

Bewaar in ‘n toe houer in die yskas. Maak +/- 35 truffels.

Truffels

Mia Du Preez

1 sjokoladekoek

125g botter

60ml cape velvet of amarula

30ml sterk koffie afgekoel

300g bruin sjokolade (gesmelt)

Neem die eerste 4 bestandele en gooi dit in ‘n mengbak en klits dit met ‘n elektriese klitser. Dit word kluitjierig. As dit te droog lyk voeg nog bietjie vog by (sommer melk as jy nie nog cape velvet wil bysit nie) net nie te veel nie. Rol balletjies en dip dit in die sjokolade.

 

Truffels

Alma Coetzer

( ‘n Mens kan ook die mengsel om ‘n glanskersie fatsoeneer. Dis oulik vir kersfees)

125g botter / margarien

250ml versiersuiker

100ml kakaopoeier

1pak (200g) mariebeskuitjies fyngemaak

125ml fyn appelkooskonfyt

1 t vanieljegeursel of likeur v keuse

klapper om in te rol

Metode:

Room die smeer. Sif die versiersuiker en kakaopoeier saam bo-oor en meng.

Voeg die beskuitjies, konfyt en geursel by en meng deeglik. Rol die mengsel in okkerneutgroot balletjies en rol elkeen in klapper.

Bewaar in ‘n toe houer in die yskas. Maak +/- 35 truffels.

Truffels

Mia Du Preez

1 sjokoladekoek

125g botter

60ml cape velvet of amarula

30ml sterk koffie afgekoel

300g bruin sjokolade (gesmelt)

Neem die eerste 4 bestandele en gooi dit in ‘n mengbak en klits dit met ‘n elektriese klitser. Dit word kluitjierig. As dit te droog lyk voeg nog bietjie vog by (sommer melk as jy nie nog cape velvet wil bysit nie) net nie te veel nie. Rol balletjies en dip dit in die sjokolade.

TRUFFEL-PLESIER

Mari Shaw
Le weg aan die heerlike witsjokolade-lekkernye met ‘n klappervulsel
Sif 280g versiersuiker en 1ml kremetart saam
Voeg 1 blik kondensmelk en 135g droë klapper by en roer goed.
Voeg dan nog 135g klapper by. Roer weer en sit vir 30min. in die yskas.
Rol die mengsel in klein bolletjies.
Smelt die wit sjokolade en kleur dit met poeier-koskleursel van jou keuse. (Pienk, geel, groen)
Doop elke klapperbolletjie in die sjokolade. Laat stol op waspapier.
Sif versiersuiker oor en pak in truffelpapiertjies.
WENK: Pragtig vir kinderpartytjies met ‘n kleurskema en selfs as geskenk mooi verpak.

MARIE EN KLAPPER BALLETJIES
Neem ‘n pakkie marie beskuitjies en maak dit fyn dit moet baie pap wees neem dan 1 blik cornation treat (gekookte kondensmelk)en meng alles saam en rol in balletjies rol dan in klapper.

Advertisement

Stroop Poffertjies


stroop poffertjies

Foto: Unknown

Stroop Poffertjies

STROOP:

1 liter water

1125ml witsuiker

sap van 1 suurlemoen

BESLAG:

60ml witsuiker

30ml margarien, by kamertemperatuur

2 eiers

500g bruismeel

15ml bakpoeier

1ml sout

fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen

500ml kookwater

sonneblomolie vir diep braai

Verhit die water en die witsuiker tot kookpunt en roer net totdat die suiker gesmelt het. Kook dit sowat 10-12 minute lank oop. Laat afkoel. Roer die suurlemoensap by en verkoel tot yskoud.  Gooi dit in ‘n diep houer soos ‘n liter-maatbeker. Klits die witsuiker, margarien en eiers goed saam. Sif die bruismeel, bakpoeier en sout bo-oor. Voeg die suurlemoenskil en kookwater by en roer tot gemeng.(Dit is ‘n slap beslag) Verhit olie tot matig warm. Skep dessertlepelsvol van die beslag in die olie en bak dit eers aan die een kant en dan aan die ander kant tot goudbruin. Skep die gaar poffers vinnig met ‘n dreineerspaan uit en dompel dit dadelik in die koue stroop. Skep dit uit en laat die oortollige stroop afdrup.  Bewaar dit in die koelkas.

Crunchies


Crunchies - Foto Huletts Sugar

Crunchies – Foto Huletts Sugar

Crunshies

250g botter

50ml gouestroop

10ml koeksoda

250ml koekmeelblom

250ml witsuiker

500ml hawermout

250ml klapper

knypie sout

Smelt die botter en gouestroop. Voeg die koeksoda by en meng. Meng die droë bestanddele en roer dit in by botttermengsel. Druk dit met ‘n spaan in rolkoekpan van ongeveer 40x27cm. Bak dit ongeveer 20 minute tot goudbruin by 160C. Laat dit effens afkoel. Sny in vierkante van 5×5 cm.  Lewer ongeveer 40 koekies.

Suurklontjies Lekkergoed


Suurklontjies - Photo .thesweetspot.ie

Suurklontjies – Photo .thesweetspot.ie

Suurklontjies

Bestandele:

625 ml Suiker

125 ml Water

1 ml Kremetart

12,5ml Wynsteensuur

Suurlemoen Sap

Metode

Meng suiker water en krtemetart in kastrol

Los op en kook totdat dit hardekraak stadium bereik

Voeg wynsteensuur by asook paar druppels suurlemoensap

Drup klontjies op ‘n gesmeerde bakplaat of marmerblad en laat hard word.

Sneeuballetjies


SNEEUBALLETJIES LEKKERS

Sneeuballetjie

http://www.bakers.co.za/marshmallow-snow-drops/?lang=AF

Bestandele

  • 2 x 200 g pakkies Bakers Blue Label Marie beskuitjies
  • 45 ml drinksjokoladepoeier bv hot chocolate of milo
  • 120 g botter
  • 1 x 397 g blikkie kondensmelk
  • 175 g mini malvalekkers
  • 100 g droë klapper

Lewer ongeveer 25 – 30.
Instruksies

Verkrummel die Bakers Blue Label Marie beskuitjies saam met die drinksjokoladepoeier in ’n voedselverwerker.

Smelt die botter saam met die kondensmelk en meng dit deeglik met die beskuitjiemengsel.

Maak jou hande effens nat en sit ’n eetlepel van die mengsel in die palm van jou hand en druk dit plat.

Sit ’n malvalekker in die middel en vorm ’n ‘kombersie’ van die mengsel rondom die malvalekker. Rol die balletjie nou in die klapper.

Koekverkoping/markdag/basaar


Photo - tahoefishingreports.com

Photo – tahoefishingreports.com

MARKDAG IDEES:

Karamel horinkies,; roomyshorinkies met marshmallow in en dan smeer jy die boonste gedeelte lekker karamel en jy kan dan flake of 100 & 1000 oorstrooi, dit bly n treffer en jy hoef nie te bak nie, as jy begeester voel kan jy ogies opsit met smarties, sit dit vas met royal icing ens!

Kinders is nie meer erg lief vir net koek alleen nie, maak interressante lekkernye soos roomys “cones”….doop die boonste randjie in gesmelte sjokolade en sprinkles, laat droog word. Vul die cone met allerhande klein lekkertjies soos suurwurms toffies ens. Laastens sit ‘n suigstokkie in. Plaas ‘n sellofaan sakkie oor en bind met ‘n strikkie

Beskuitjie fudge:  mikrogolf 250g margarien 1 en half min. Roer 500g versiersuiker en 100ml kakao by. Klits 2 eiers en roer by. Mikrogolf 2 min. Breek 2 pakkies marie koekies stukkend en voeg by. Skep in bak 20 x 20cm. Plaas in koelkas. Sny in blokkies!

Coke floats

Ek het altyd rice crispies met gekookte kondensmelk gemeng en dit dan in klein roomys cones geskep, altyd ‘n  wenner en daar het niks oorgebly nie.

Maak R5 pakkies biltong en droëwors, mens kan net soveel soetgoed eet voordat jy lus is vir regte kos!

Rice krispie balle

Klein dounuts, verskillende geure ysies, piesang stukkies of marshmallows gedip in gesmelte sjokolade op n stokkie?

Ek het altyd lee inspuitings by die apteek gekoop, vol gekleurde jellie gemaak met ‘n jellietot vooraan en dan in die yskas geplaas. Dit verkoop soos soetkoek. Kinders mal hieroor want agterna kan hulle dit vol water trek en mekaar daarmee spuit. ‘n Treffer!

Mini doughnuts

Cup cakes is ook n wenner en muffins

Vat die cupcones sit onder 1 sny piesang dan 1 teelepel caramal en dan spuit jy room tot bo baie lekker maar moet nie lank voor die tyd gemaak word nie want dit raak pap na ‘n tyd my ma het dit altyd vir ons verjaarsdae gemaak Vrek lekker

Maak marshmallows en turkishdelight, dis maklik, goedkoop en altyd n goeie verkoper, sit dit in sellofaan sakkies met n vrolike gekleurde lintjie!

Popcorn, gekleurde popcorn en popcorn balle is altyd ‘n wenner

Maak ook die inspuitings vol met kondensmelk gooi net klein bietjie kleursel by kondensmelk.

Klapperys

En vat marie beskuitjies sit n marshmallow op en sit vir so 5sec in mikrogolf en nog n mariebeskuitjie bo op.

Marshmallows (3) op sosatie stokkies – elke marshmellow word of in bruin of melk sjokelade gedoop en dan in vermicillie of gekleurde balletjies – Ryg dan op die stokkie – plaas in yskas om die sjokelade hard te maak – sit in sakkie met lintjie aan.

Ook ‘n wenner is die liquorice all sorts mannetjie wat jy maak met gare …. En as dit nie eetgoed hoef te wees – waterballonne met disposenal nappy en gesiggie – dis ‘n wenner !!!

PILLE!!!

Julle sal nie verstaan hoe mal die kleintjies daaroor is nie !!  Vat doodeenvoudig bakkies en sit KLEIN lekkertjie  daarin. Sit dan n papiertjie by wat se wat die pil doen, bv  soos n sterk maak pil of n pil wat jou slim maak! Die kleintjies was  veral mal oor die pil wat die juffrou laat slaap!

Maak pitzadeeg. (Brooddeeg…. Dun uitgerol, kan ook werk) Plaas in rolkoekpan. Sit eie pitzavulsel op. Hou dit goedkoop… Tamatiesous, kouevleis ‘offcutts’ en kaas. Bak. Sny in vierkante. Kinders mal daaroor. R5 per stuk.

Maak jellie aan en gooi dit in koeldrank strooitjies. As jy een van daai sealer masjiene het kan jy dit daarmee seel – anders maak dit warm op jou stoofplaat (sit foelie op die plaat om te keer dat die plastiek op die plaat vassmelt) en druk toe. Jy kan dieselfde doen deur foelie in ‘n snackwich te sit en die strooitjies vas te druk om te seel. Jy seel eers die een kant vooraf. Wanneer die jellie in is seel jy die anderkant. Bere die jelie strooitjies in die yskas om te stol. Dis redelik goedkoop om te maak – en nie veel moeite nie maar die kinders is mal daaroor – hoe meer kleure, hoe meer vreugde.

Suigstokkies…..koop ‘n pak gemengde suigstokkies. Maak die stokkie nat (nie te veel) en rol die stokkie in 100’s & 1000’s. Kids mal daaroor.

Vat marie biscuits en sit icing op en maak gesiggies op met smarties of enige klein lekkertjies.

Toffie appels

 

Rina Kleinhans

MALVA LEKKERS IN EETBARE COOKIE CUPS

2 koppies strooisuiker (castor sugar)
2 koevertjies gelatien (30ml)
3/4 kop kookwater
2 eierwitte
geursel en kleursel – 1 teelepel elk
los gelatien op in 3/4 kop kookwater
gooi suiker en gelatien in menger en klits
gooi eierwit, geursel en kleursel by en klits tot baie styf
gooi in eetbare cookie cups
strooi 100 and thousands oor!

Wat die beste werk vir kinders is: jy vat karamel kondensmelk,gooi rice krispies in en meng goed. Dan sit jy dit op n roomys cone. Kinders is mal daar oor.

ROLO KOEKIES
Originally created by Something Swanky

By: http://www.couponingncooking.com/2013/01/chocolate-covered-rolo-ritz-cracker.html

• Ritz Crackers – salticrax of bacon kips
• Rolo lekkers
• Sjokolade wat kan smelt
• Sprinkles
1) Op ‘n gevoerde bakplaat met wax papier of gespuit met spray en cook , plaas koekies soutkant na onder met ‘n Rolo bo-op
2.) Bak by 275 grade F of 140gr C vir drie minute.
3) Wanneer hulle uit die oond kom, druk ‘n ander koekie bo-op die Rolo. Soutkant na bo. Druk genoeg om ‘n toebroodjie te vorm, maar nie te hard dat die Rolo uitspuit nie.
4) Laat koel tot heeltemal ferm
5) Doop in gesmelte sjokolade en bedek in sprinkel.
6) Laat dit goed afkoel en geniet.

slush puppies

slush puppies

SLUSH PUPPIES

Snow-Cone Syrup.

2 cups sugar

,3/4 cups water heat till sugar dissolves,

add your favorite unsweetened kool-aid.

Store in fridge.

Pour over finely crushed ice.

Mariekoekies emt malvalekkers

Koekies met malvalekkers en sprinkles

Sit op elke koekie ‘n malvalekker – sit in mikrogolf vir so ‘n minuut of
tot die malvalekker sag en warm is. Druk 2de koekie bo-op vas. Druk kante
dadelik in klapper en 100 & 1000’s

Modder Koekies
500g Melk Sjokolade
150g Mini Marshmallows
1 pakkie waffer beskuitjies
Smelt die melk sjokolade in ‘n bak oor ‘n pot warm water.
Waneer alles gesmelt het, voeg rof gesnyde beskuitjies en marshmallows by en roer goed.
Skep die mengsel in ‘n 20cm smeerde pan.
Laat in die yskas staan tot hard
Sny in blokkies en geniet!

 

GAAN KYK BY DIE VOLGENDE AFDELINGS VIR NOG IDEES:

https://kreatiewekosidees.com/?s=VINGERHAPPIES+SOET

https://kreatiewekosidees.com/?s=FUDGE

https://kreatiewekosidees.com/?s=CUPCAKES

https://kreatiewekosidees.com/?s=KLAPPERYS

https://kreatiewekosidees.com/?s=TOFFIE+APPELS

https://kreatiewekosidees.com/?s=RICE+KRISPIES

https://kreatiewekosidees.com/?s=KERSFEES+KOEKIES

https://kreatiewekosidees.com/?s=CAKE+POPS

https://kreatiewekosidees.com/?s=TRUFFELS

https://kreatiewekosidees.com/?s=SJOKOLADE+KOEKIE