MARKDAG IDEES:
Karamel horinkies,; roomyshorinkies met marshmallow in en dan smeer jy die boonste gedeelte lekker karamel en jy kan dan flake of 100 & 1000 oorstrooi, dit bly n treffer en jy hoef nie te bak nie, as jy begeester voel kan jy ogies opsit met smarties, sit dit vas met royal icing ens!
Kinders is nie meer erg lief vir net koek alleen nie, maak interressante lekkernye soos roomys “cones”….doop die boonste randjie in gesmelte sjokolade en sprinkles, laat droog word. Vul die cone met allerhande klein lekkertjies soos suurwurms toffies ens. Laastens sit ‘n suigstokkie in. Plaas ‘n sellofaan sakkie oor en bind met ‘n strikkie
Beskuitjie fudge: mikrogolf 250g margarien 1 en half min. Roer 500g versiersuiker en 100ml kakao by. Klits 2 eiers en roer by. Mikrogolf 2 min. Breek 2 pakkies marie koekies stukkend en voeg by. Skep in bak 20 x 20cm. Plaas in koelkas. Sny in blokkies!
Coke floats
Ek het altyd rice crispies met gekookte kondensmelk gemeng en dit dan in klein roomys cones geskep, altyd ‘n wenner en daar het niks oorgebly nie.
Maak R5 pakkies biltong en droëwors, mens kan net soveel soetgoed eet voordat jy lus is vir regte kos!
Rice krispie balle
Klein dounuts, verskillende geure ysies, piesang stukkies of marshmallows gedip in gesmelte sjokolade op n stokkie?
Ek het altyd lee inspuitings by die apteek gekoop, vol gekleurde jellie gemaak met ‘n jellietot vooraan en dan in die yskas geplaas. Dit verkoop soos soetkoek. Kinders mal hieroor want agterna kan hulle dit vol water trek en mekaar daarmee spuit. ‘n Treffer!
Mini doughnuts
Cup cakes is ook n wenner en muffins
Vat die cupcones sit onder 1 sny piesang dan 1 teelepel caramal en dan spuit jy room tot bo baie lekker maar moet nie lank voor die tyd gemaak word nie want dit raak pap na ‘n tyd my ma het dit altyd vir ons verjaarsdae gemaak Vrek lekker
Maak marshmallows en turkishdelight, dis maklik, goedkoop en altyd n goeie verkoper, sit dit in sellofaan sakkies met n vrolike gekleurde lintjie!
Popcorn, gekleurde popcorn en popcorn balle is altyd ‘n wenner
Maak ook die inspuitings vol met kondensmelk gooi net klein bietjie kleursel by kondensmelk.
Klapperys
En vat marie beskuitjies sit n marshmallow op en sit vir so 5sec in mikrogolf en nog n mariebeskuitjie bo op.
Marshmallows (3) op sosatie stokkies – elke marshmellow word of in bruin of melk sjokelade gedoop en dan in vermicillie of gekleurde balletjies – Ryg dan op die stokkie – plaas in yskas om die sjokelade hard te maak – sit in sakkie met lintjie aan.
Ook ‘n wenner is die liquorice all sorts mannetjie wat jy maak met gare …. En as dit nie eetgoed hoef te wees – waterballonne met disposenal nappy en gesiggie – dis ‘n wenner !!!
PILLE!!!
Julle sal nie verstaan hoe mal die kleintjies daaroor is nie !! Vat doodeenvoudig bakkies en sit KLEIN lekkertjie daarin. Sit dan n papiertjie by wat se wat die pil doen, bv soos n sterk maak pil of n pil wat jou slim maak! Die kleintjies was veral mal oor die pil wat die juffrou laat slaap!
Maak pitzadeeg. (Brooddeeg…. Dun uitgerol, kan ook werk) Plaas in rolkoekpan. Sit eie pitzavulsel op. Hou dit goedkoop… Tamatiesous, kouevleis ‘offcutts’ en kaas. Bak. Sny in vierkante. Kinders mal daaroor. R5 per stuk.
Maak jellie aan en gooi dit in koeldrank strooitjies. As jy een van daai sealer masjiene het kan jy dit daarmee seel – anders maak dit warm op jou stoofplaat (sit foelie op die plaat om te keer dat die plastiek op die plaat vassmelt) en druk toe. Jy kan dieselfde doen deur foelie in ‘n snackwich te sit en die strooitjies vas te druk om te seel. Jy seel eers die een kant vooraf. Wanneer die jellie in is seel jy die anderkant. Bere die jelie strooitjies in die yskas om te stol. Dis redelik goedkoop om te maak – en nie veel moeite nie maar die kinders is mal daaroor – hoe meer kleure, hoe meer vreugde.
Suigstokkies…..koop ‘n pak gemengde suigstokkies. Maak die stokkie nat (nie te veel) en rol die stokkie in 100’s & 1000’s. Kids mal daaroor.
Vat marie biscuits en sit icing op en maak gesiggies op met smarties of enige klein lekkertjies.
Toffie appels
Rina Kleinhans
MALVA LEKKERS IN EETBARE COOKIE CUPS
2 koppies strooisuiker (castor sugar)
2 koevertjies gelatien (30ml)
3/4 kop kookwater
2 eierwitte
geursel en kleursel – 1 teelepel elk
los gelatien op in 3/4 kop kookwater
gooi suiker en gelatien in menger en klits
gooi eierwit, geursel en kleursel by en klits tot baie styf
gooi in eetbare cookie cups
strooi 100 and thousands oor!
Wat die beste werk vir kinders is: jy vat karamel kondensmelk,gooi rice krispies in en meng goed. Dan sit jy dit op n roomys cone. Kinders is mal daar oor.
Originally created by Something Swanky
By: http://www.couponingncooking.com/2013/01/chocolate-covered-rolo-ritz-cracker.html
• Ritz Crackers – salticrax of bacon kips
• Rolo lekkers
• Sjokolade wat kan smelt
• Sprinkles
1) Op ‘n gevoerde bakplaat met wax papier of gespuit met spray en cook , plaas koekies soutkant na onder met ‘n Rolo bo-op
2.) Bak by 275 grade F of 140gr C vir drie minute.
3) Wanneer hulle uit die oond kom, druk ‘n ander koekie bo-op die Rolo. Soutkant na bo. Druk genoeg om ‘n toebroodjie te vorm, maar nie te hard dat die Rolo uitspuit nie.
4) Laat koel tot heeltemal ferm
5) Doop in gesmelte sjokolade en bedek in sprinkel.
6) Laat dit goed afkoel en geniet.
SLUSH PUPPIES
Snow-Cone Syrup.
2 cups sugar
,3/4 cups water heat till sugar dissolves,
add your favorite unsweetened kool-aid.
Store in fridge.
Pour over finely crushed ice.
Sit op elke koekie ‘n malvalekker – sit in mikrogolf vir so ‘n minuut of
tot die malvalekker sag en warm is. Druk 2de koekie bo-op vas. Druk kante
dadelik in klapper en 100 & 1000’s
Modder Koekies
500g Melk Sjokolade
150g Mini Marshmallows
1 pakkie waffer beskuitjies
Smelt die melk sjokolade in ‘n bak oor ‘n pot warm water.
Waneer alles gesmelt het, voeg rof gesnyde beskuitjies en marshmallows by en roer goed.
Skep die mengsel in ‘n 20cm smeerde pan.
Laat in die yskas staan tot hard
Sny in blokkies en geniet!
GAAN KYK BY DIE VOLGENDE AFDELINGS VIR NOG IDEES:
https://kreatiewekosidees.com/?s=VINGERHAPPIES+SOET
https://kreatiewekosidees.com/?s=FUDGE
https://kreatiewekosidees.com/?s=CUPCAKES
https://kreatiewekosidees.com/?s=KLAPPERYS
https://kreatiewekosidees.com/?s=TOFFIE+APPELS
https://kreatiewekosidees.com/?s=RICE+KRISPIES
https://kreatiewekosidees.com/?s=KERSFEES+KOEKIES
https://kreatiewekosidees.com/?s=CAKE+POPS
https://kreatiewekosidees.com/?s=TRUFFELS
https://kreatiewekosidees.com/?s=SJOKOLADE+KOEKIE
You must be logged in to post a comment.