Mikrogolf Vrugtekoek


Photo by Home Maker By Choice

Fruitcake

Rencia Odendaal Pretorius (Ma Charlet)

Bestandele:

500 gram vrugtemengsel

1 pak dadels (fyngekap)

1 koppie karamel bruinsuiker (donker kleur)

180 ml botter

1 ½ koppie water

125 ml rooi kersies gesnipper (opsioneel)

15 ml opogehoopte appelkooskonfyt

10 ml droë koeksoda

500 ml meel

5 ml gemengde speserye

5 ml gemmer

5ml kaneel

5 ml sout

2 eiers

125ml brandewyn

60 ml brandewyn.

 

Metode

Kook die vrugtemengsel, dadels, suiker, botter, water en kersies vir 10 minute in die mikrogolf oond op 100% krag.  Laat die mengsel afkoel.  Voeg dan appelkooskonfyt by en laat staan vir nog ‘n rukkie.  Strooi koeksoda by, meng en laat staan vir verdere 20 minute.

Meng die meel, speserye, gemmer, kaneel, sout saam.  Meng die meel mengsel by die vrugtemengsel.  Klits die eiers en meng in by die mengsel.  Gooi nou die brandewyn by en meng goed.  Neem ‘n plastiek bak van ongevere 20cm in deursnit en spuit met “spray en cook” en voer die bodum uit met waspapier.  Gooi die mengsel in die bak en sit in die mikrogolf oond vir 20 minute by medium (60-70% krag).

Haal die bak uit en gooi 60 ml brandewyn oor die koek en laat HEELTEMAL afkoel.  Haal uit as die koek afgekoel is en bedek met foelie tot wanneer benodig vir bediening.

 

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s