Rencia Odendaal Pretorius
Bestandele:
12 Baba aartappels (so twee per sosatie stokkie)
Spek (repie per aartappel
3 rooi of groen kersies per stokkie
Sosatiestokkies
Sous:
1 tlp appelkooskonfyt
1 tlp botter
1 tlp knoffel
1 tlp balsamiese asyn
½ tlp droë pietersielie
sout en gemaalde swartpeper na smaak
Metode:
Kook die aartappels tot 95% gaar. Draai ‘n repie spek om elke aartappeltjie. Ryg die aartappels en groen of rooi kersie op ‘n sosatie stokkie. Plaas die stokkies op die kole en bedruip dit met die sous terwyl dit oor die kole braai.
Wenk: Jy kan ook sampioene en baba tamaties saam inryg of die sous vervang met gekoopte BBQ sous van jou keuse.
You must be logged in to post a comment.