Tag Archive | sweet

Pasteie – Hamburger Vetkoekies


Hamburger vetkoekies

Pasteie-Hamburger vetkoekies

(Onbekend)
2 Klaarvoorafbereide brooddeeg – albei dun uigerol

(EK SIEN DIE LEDE SUKKEL MET DIE BROODDEEG UITROL.

Ek het gevind dit werk bietjie makliker as jy koekmeel onder op jou oppervlak strooi, bietjie met jou hande platdruk, en meel dan bo-op te strooi en dan te begin rol. Gooi paar keer meel liggies oor. Dit voel vir my of die deeg bietjie droer raak en dit makliker uitrol. Maar net my ondervinding. Ek sukkel ook baie met die deeg rollery)
Skep jou vulsel op, sit ander deeg bo-op, vorm effe vorm oor die vulsel en druk met of bierglas, glas of plastiekbakkie die pasteitjie uit. Druk net effens die kante nog toe met jou vingers. Los om rukkie te rys en bak in warm olie.

Ek sit die idee van Unique sweets op wat basies op dieselfde idee gebaseer is. Het dit so in verlede jaar op tv gesien en het na iets ander gelyk.

SOMMER NET ‘N ANDERSTE NAGEREG IDEE

(UNIQUE SWEETS BBCL)

Gewone brood deeg – Rol dit dun uit, dan sny jy dit blokkies so groot soos omtrent 10 x 10

Kry roomkaas en aarbei konfyt – heuning en vars aarbeie – 1 geblikte aarbeie (water afgegooi)

Meng die roomkaas met die geblikte aarbeie – gooi net die stroop af , dan sit jy op die een helfte v/d deeg ‘n skep van die mengsel en dan vou jy die anderkant toe en druk die kante toe met jou vingers

Maak jou olie warm soos vir vetkoek – Bak soos vetkoek waar jy die olie die heeltyd oor die deeg gooi. Draai om en herhaal tot deeg gaar is – Bedien op ‘n bord en gooi van die aarbei konfyt oor, stroop , dan vars gekapte aarbeie en dan sif jy versiersuiker of strooisuiker so bietjie oor – sit mint takkie by en bedien – Jy kan ook ipv die tertappels fyn sny – meng met bruinsuiker en stroop en kaneel en dit insit, en bo-op die vetkoek paar appels en room en versiersuiker.

Advertisements

Cremoratert


fb

CREMORA TERT met sjokolade

Basiese resep:
1 pakkie tennisbeskuitjies – fyngedruk met 100gr gesmelte botter
Meng, druk vas in tertbak en sit in die yskas vir so 20 min

Meng:
2 koppies cremora met 1/4 kop warm water tot glad
Meng in 1 blikkie kondensmelk
Voeg 1/2 kop suurlemoensap by en meng tot dik en glad
Gooi oor koekiekors en versier met sjokolade sous (Ek het die sous gebruik wat hard word), kakoa poeier, skaafsels sjokolade en kersies. Trek sommer met jou teelepel se agterkant patroontjies deur die sjokolade
Sit in die yskas vir tenminste 2 ure voor opdiening
Bewaar in die yskas

CREMORATERT

CREMORATERT

CREMORATERT:

2 kop hoogvol cremora

1/2 kop kookwater

Meng die 2 tot gladde mengsel

Voeg by:

1 blik kondensmelk (volroom) en meng tot glad

Voeg by 1/2 kop suurlemoensap en meng tot dik

Pak tennisbeskuitjies onder in bak en aan die kante

Giet beslag bo-oor

Vat blikkie gemengde vrugte, gooi die sous in ‘n koppie en verdik dit met vla (sommer so ‘n teelepel vla ingeroer in die mikrogolf.)

Gooi die vrugte oor die koek en dan die verdikte stroop bo-oor

Jy kan enige blikkie vrugte gebruik bv fruit cocktail,  geblikte  aarbeie  ens. Jou keuse.

Ek vat sommer shortcut en gooi blikkie granadilla mouse oor

Bewaar  in yskas

fb2

CREMORA TERT met pynappel

Basiese resep:
1 pakkie tennisbeskuitjies – fyngedruk met 100gr gesmelte botter
Meng, druk vas in tertbak en sit in die yskas vir so 20 min

Dreineer solank 1 blikkie “crushed pynappel” Druk die sap goed uit en hou 1/4 koppie sap eenkant

Meng:
2 koppies cremora met 1/4 kop warm water tot glad
Meng in 1 blikkie kondensmelk
Meng nou die pynappel by (hou 1 eetl pynappel eenkant vir garnering)
Voeg 1/2 na 3/4 kop suurlemoensap by en meng tot dik
Gooi oor koekiekors
Neem nou die 1 eetl pynappel, 1/4 koppie van die pynappel sap en 1 opgehoopte tl vla en verdik in die mikrogolf
Smeer oor die tert
Ek gebruik ook soms die blikkies “fruit coctail” om in die tert te gooi Hou ook ‘n bietjie vrugte uit om bo-op te sit met die vla en sous soos bo by die pynappel

Sit in die yskas vir tenminste 2 ure voor opdiening
Bewaar in die yskas

Cremora Marshmallow Tert

Lorraine Swart 1 blik kondensmelk
1k suurlemoensap
1 sakkie Kremora poeier
1k yswater
gesnipperde marshmallows na gedagte 1 blik crush pynappel

Meng kondensmelk en suurlemoensap tot dik word. Dreineer pynappel klits Kremora en yswater tot soos stywe room. Meng alles saam en gooi in bak wat uitgevoer is met tennis beskuities. Strooi fyn tennisbeskuitjies bo oor. Sit in yskas tot styf

Shortbread


BAIE BELANGRIK

SHORTBREAD WORD GEBAK MET … TO BAKE BOTTER… EN NOOIT MET MARGARIEN NIE

shortbread rens

Rens se Shortbread in beskuitpanne

Rencia Odendaal Pretorius

Ek het besluit om die resep met my beskuitpanne te probeer – en dit werk soos ‘n bom – JY GAAN DIE BESLAG 4X MOET AANMAAK om 1 beskuitpan vol te maak –

Ingredients

500 ml (2 cups) Cake Flour

100ml  Huletts White Sugar

45 ml (3 tbsp) Cornflour

Pinch of Salt

5ml vanilje

250 g Butter (soft, but not melted)

Huletts White Sugar, for sprinkling

Method

Place all the ingredients in a food processor and process until combined into a ball. Do not over-process. If you don’t have a food processor, work the mixture with your hands until combined.

Press the mixture into an oblong tray (or two 20 cm round pie dishes). With the prongs of a fork, prick the mixture well. Bake at 160ºC until it just starts to turn golden (35–40 minutes).

Remove from the oven and immediately slice into serving portions. Sprinkle with extra sugar while hot.

Hint: It is important that the butter is soft, though not melted. For best results use butter, not margarine.

 

BESLAG  4Xvirstandaardbeskuitpan

8 Kop meel

400ml suiker

180ml maizina

2 x 500gr stork to bake botter

1 tl sout

20ml vanilje geursel

shortbread44

Hesma Van Tonder SHORTBREAD KOEKIES.

Dankie Hesma Van Tonder vir jou bydrae van die maklike SHORTBREAD

SHORTBREAD
1 koppie Maiziena
3 koppies koekmeel
3/4 koppie strooisuiker
300 g botter
Meng die meel maiziena en strooisuiker en vryf die botter daarby in.
Druk vas in ‘n bakplaat en steek gate in die deeg met ‘n vurk.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 140 grade C vir so 45 minute.
Besprinkel met ekstra strooisuiker nes dit uit die oond kom.
Sny in blokkies terwyl dit nog warm is.

 

BROWN SUGAR SHORTBREAD
500g butter, softened
1 cup packed brown sugar
3 and ¾ cups all-purpose flour
¼ to ¾ cup extra flour for kneading dough

Preheat oven to 175°C.

In a mixing bowl, cream the butter and brown sugar. Add 3 3/4 cups flour; mix well.

Sprinkle counter with some of the extra flour and knead dough for five minutes, adding enough of the remaining flour to make a soft, non-sticky dough.

Roll to 1/2-inch thickness. Cut into 3 inch-by-1 inch strips. Place 1 inch apart on ungreased baking sheets. Prick with fork.

Bake for 20-25 minutes or until lightly browned. Remove to wire racks to cool.

Makes about 4 dozen.
Deur: Granny Mouses house/Ouma Muis se huis

 

MELT IN YOUR MOUTH SHORTBREAD
500g unsalted butter not margarine
250ml icing sugar
4x250ml cake flour
65ml cornflour (maizena)
1ml salt
(Ek gebruik gewoonlik salted butter en dan los ek d 1ml sout uit, onthou net jy MOET BOTTER (TO BAKE)  en NIE margarien gebruik nie)

Beat butter and icing sugar together
Add sifted dry ingredients and mix well
Knead dough very well until smooth then press flat into a greased 20cm x 24cm rectangular tin.
Prick surface with fork.
Place into preheated oven at 140C for 30 min and reduce heat to 120C for another 1and a half to 2 Hours.
Cut into fingers while still warm.
Coat with castor sugar and ENJOY

 

LOVERS SHORTBREAD WITH NUTS AND CHERRIES
Ingredients
375g salted butter
1 cup icing sugar
3 cups cake flour
2 heaped teaspoons baking powder
Walnuts, cherries or whatever you are going to top them off with.
Lots of icing sugar to sprinkle on top
Directions
In a large mixing bowl, add the butter and then pop it into the microwave for about 30 seconds or so. You want it to be soft enough to beat with an electric beater.
Add the icing sugar and beat it very well on high for about 5 minutes until it becomes very pale and creamy, almost white.
No toss in the flour and baking powder in 3 portions mixing after each addition.
Thats it, now all you need to do is form little balls of the mixture, roll them gently in your hand (yes round balls), place them on your baking sheet, press a little hole in the top with your finger and fill the hole with a nut, a lttle jam or even a piece of chocolate.
Pop them in the oven for about 7-10 minutes and then turn off the oven and leave them inside for another 15-20 minutes.
If you notice some of them browning on top you can open the oven to let out some of the heat and close it up again. We made batches that were very pale that melt in your mouth and also had some browned ones that were more like biscuits with a bit of a crunch that I must confess I enjoyed even more

Remove them from the oven and allow to cool before covering with a generous amount of icing sugar.

lovers-shortbread

Lovers shortbread Photo: Cookbook

Botterkoek


Botterkoek

Botterkoek

Rencia Odendaal Pretorius

Meng saam:

2 ½ kop meel

1tl sout

½ kop sagte botter

2/3 kop melk

1 en kwart  kop suiker

3 tl bakpoeier

Meng goed

Voeg by:

1 tl vanilje

3 eiers

Bak vir ongeveer 25min by 375grade F

 

4 KOPPIE  KOEK

(Vir sjokolade koek, voeg 4 eetl kakoa by)

4 koppies meel

4 eiers

4tl bakpoeier

250gr botter

2 kop suiker

2 kop melk

½ tl  sout

1 tl vanilje

Room botter en suiker en voeg eiers by

Voeg droe bestandele en melk by

Voeg vanilje by

Bak vir 1 uur by 180grade C

Amarula Koek/Poeding


Amarula Koek of Poeding

Amarula Koek of Poeding

60 ml Kakao

125 ml kookwater

3 eiers

220 ml suiker

60 ml olie

250 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

2 ml sout

STROOP

200 ml suiker

250 ml water

60 ml Amarula-likeur

1 blik karamelkondensmelk

styf geklopte room vir versiering Flake-sjokolade

Stel oond op 180 grade Celsius.

Beslag: 1. Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel.

2. Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng deeglik.

3. Sif res van droë bestanddele by en meng goed.

4. Skep in 22 cm x 30 cm-pan en bak ongeveer 20 min. of tot toetspen skoon uitkom.

Stroop:1. Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof en voeg Amarula by. Roer goed. .2. Prik koek met ‘n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.Versier:1. Laat goed koud word, verwyder uit pan, smeer karamelkondensmelk en styf geklopte room oor. 2. Versier met Flake indien verkies (nie Pepperment Crisp nie, want dit belemmer die smaak). Dis ‘n heerlike klam koek wat lekker klam bly.

Peppermint Crisp Tert


 

Peppermint crisp tert - foto www.adelebasson.co.za

Peppermint crisp tert – foto http://www.adelebasson.co.za

Rencia Odendaal Pretorius

Outydse Peppermint Crisp Tert

Bestandele:

1 Pakkie tennisbeskuitjies

1 blikkie karamel kondensmelk

1 peppermint crisp sjokolade (gerasper)

1 pakkie orley whip/room  (styf geklop)

Metode:

Pak lagie tennisbeskuitjies, dan lagie kondensmelk, dan lagie sjokolade – herhaal tot bestandele op is.

Sit orley whip heel bo-op en strooi bietjie sjokolade bo-op.

Rencia Odendaal Pretorius

Orley-Whip Peppermint Crisp Tert

Bestandele:

1 blikkie karamel kondensmelk

2 sakkies orley-whip (styf geklop)

1 peppermintcrisp sjokolade (gerasper)

1 pakkie tennisbeskuitjies

Metode:

Meng karamel in by orley-whip

Pak beskuitjies in bak, gooi karamel mengsel oor dan sjokolade, pak weer beskuitjies ens tot beslag klaar is. Eindig af met die karamel en sjokolade.

Bere in yskas

Peppermint Crisp Tert

Bestandele:
1-2 Pakkies Tennisbeskuitjies
1 Blik karamelkondensmelk
1 Pakkie karamel kitspoeding
Ongeveer 400 ml melk
1 houertjie room
1-2 Peppermint Crisps

Metode:

Klits die room styf. Rasper die Peppermint Crisps. Maak die poeding aan volgens die aanwysings op die pakkie, en klits dit dan by die karamelkondensmelk in. Pak in lae soos volg: Tennisbeskuitjies, karamel, Peppermint Crisp, room. Eindig met room en gerasperde Peppermint Crisp.

Sjokolade Peppermint Crisp tert

Kors

200 g Romany Creamskoekies – oorspronklike sjokolade geur

50 g (45 ml) ligte margarien, gesmelt

Vulsel

10 ml droë gelatien

30 ml water

360 g-blik karamel (gekookte kondensmelk)

250 g gladde laevetmaaskaas

200 g Cadbury Peppermint Crispsjokolade, grofgerasper

250 ml room

Kap 3 van die Romany Creams in growwe stukkies en hou eenkant. Kap res fyn in voedselverwerker en meng met gesmelte margarien. Druk mengsel vas in ‘n tertbord van sowat 20 x 20 x 6 cm. Verkoel tot benodig. Week gelatien in water en hou eenkant. Plaas karamel en maaskaas in ‘n mengbak en roer tot glad. Verhelder geweekte gelatien oor kookwater (of in mikrogolfoond vir 20 sekondes op hoë stelling) en roer saam met gerasperde sjokolade by karamelmengsel. Klop room styf en vou by karamelmengsel in. Skep mengsel in bak met beskuitjiekors en vee gelyk. Strooi growwe koekiekrummels bo-oor en laat oornag in yskas stol. Versier net voordat jy dit voorsit met vars kruisementblaartjies en rooi glanskersies indien

verkies.

Laevet-maaskaas

Die vetinhoud is verlaag deur mascarpone-kaas met gladde laevet-maaskaas te vervang.

Bo-op knars

Hilda se gesonder tert word versier met van die kors se koekies. Daar kom nie nog room of sjokolade bo-op nie.

Versiering

Sit ‘n kruisementblaartjie of twee bo-op vir die mooi, stel Hilda voor. Jy sal nie eens agterkom daar’s nie room nie!

Ligter margarien

Botter vir die kors is met ligte (laervet-) margarien vervang.