Peppermint Crisp Tert


 

Peppermint crisp tert - foto www.adelebasson.co.za

Peppermint crisp tert – foto http://www.adelebasson.co.za

Rencia Odendaal Pretorius

Outydse Peppermint Crisp Tert

Bestandele:

1 Pakkie tennisbeskuitjies

1 blikkie karamel kondensmelk

1 peppermint crisp sjokolade (gerasper)

1 pakkie orley whip/room  (styf geklop)

Metode:

Pak lagie tennisbeskuitjies, dan lagie kondensmelk, dan lagie sjokolade – herhaal tot bestandele op is.

Sit orley whip heel bo-op en strooi bietjie sjokolade bo-op.

Rencia Odendaal Pretorius

Orley-Whip Peppermint Crisp Tert

Bestandele:

1 blikkie karamel kondensmelk

2 sakkies orley-whip (styf geklop)

1 peppermintcrisp sjokolade (gerasper)

1 pakkie tennisbeskuitjies

Metode:

Meng karamel in by orley-whip

Pak beskuitjies in bak, gooi karamel mengsel oor dan sjokolade, pak weer beskuitjies ens tot beslag klaar is. Eindig af met die karamel en sjokolade.

Bere in yskas

Peppermint Crisp Tert

Bestandele:
1-2 Pakkies Tennisbeskuitjies
1 Blik karamelkondensmelk
1 Pakkie karamel kitspoeding
Ongeveer 400 ml melk
1 houertjie room
1-2 Peppermint Crisps

Metode:

Klits die room styf. Rasper die Peppermint Crisps. Maak die poeding aan volgens die aanwysings op die pakkie, en klits dit dan by die karamelkondensmelk in. Pak in lae soos volg: Tennisbeskuitjies, karamel, Peppermint Crisp, room. Eindig met room en gerasperde Peppermint Crisp.

Sjokolade Peppermint Crisp tert

Kors

200 g Romany Creamskoekies – oorspronklike sjokolade geur

50 g (45 ml) ligte margarien, gesmelt

Vulsel

10 ml droë gelatien

30 ml water

360 g-blik karamel (gekookte kondensmelk)

250 g gladde laevetmaaskaas

200 g Cadbury Peppermint Crispsjokolade, grofgerasper

250 ml room

Kap 3 van die Romany Creams in growwe stukkies en hou eenkant. Kap res fyn in voedselverwerker en meng met gesmelte margarien. Druk mengsel vas in ‘n tertbord van sowat 20 x 20 x 6 cm. Verkoel tot benodig. Week gelatien in water en hou eenkant. Plaas karamel en maaskaas in ‘n mengbak en roer tot glad. Verhelder geweekte gelatien oor kookwater (of in mikrogolfoond vir 20 sekondes op hoë stelling) en roer saam met gerasperde sjokolade by karamelmengsel. Klop room styf en vou by karamelmengsel in. Skep mengsel in bak met beskuitjiekors en vee gelyk. Strooi growwe koekiekrummels bo-oor en laat oornag in yskas stol. Versier net voordat jy dit voorsit met vars kruisementblaartjies en rooi glanskersies indien

verkies.

Laevet-maaskaas

Die vetinhoud is verlaag deur mascarpone-kaas met gladde laevet-maaskaas te vervang.

Bo-op knars

Hilda se gesonder tert word versier met van die kors se koekies. Daar kom nie nog room of sjokolade bo-op nie.

Versiering

Sit ‘n kruisementblaartjie of twee bo-op vir die mooi, stel Hilda voor. Jy sal nie eens agterkom daar’s nie room nie!

Ligter margarien

Botter vir die kors is met ligte (laervet-) margarien vervang.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s