(Onbekend)
2 Klaarvoorafbereide brooddeeg – albei dun uigerol
(EK SIEN DIE LEDE SUKKEL MET DIE BROODDEEG UITROL.
Ek het gevind dit werk bietjie makliker as jy koekmeel onder op jou oppervlak strooi, bietjie met jou hande platdruk, en meel dan bo-op te strooi en dan te begin rol. Gooi paar keer meel liggies oor. Dit voel vir my of die deeg bietjie droer raak en dit makliker uitrol. Maar net my ondervinding. Ek sukkel ook baie met die deeg rollery)
Skep jou vulsel op, sit ander deeg bo-op, vorm effe vorm oor die vulsel en druk met of bierglas, glas of plastiekbakkie die pasteitjie uit. Druk net effens die kante nog toe met jou vingers. Los om rukkie te rys en bak in warm olie.
Ek sit die idee van Unique sweets op wat basies op dieselfde idee gebaseer is. Het dit so in verlede jaar op tv gesien en het na iets ander gelyk.
SOMMER NET ‘N ANDERSTE NAGEREG IDEE
(UNIQUE SWEETS BBCL)
Gewone brood deeg – Rol dit dun uit, dan sny jy dit blokkies so groot soos omtrent 10 x 10
Kry roomkaas en aarbei konfyt – heuning en vars aarbeie – 1 geblikte aarbeie (water afgegooi)
Meng die roomkaas met die geblikte aarbeie – gooi net die stroop af , dan sit jy op die een helfte v/d deeg ‘n skep van die mengsel en dan vou jy die anderkant toe en druk die kante toe met jou vingers
Maak jou olie warm soos vir vetkoek – Bak soos vetkoek waar jy die olie die heeltyd oor die deeg gooi. Draai om en herhaal tot deeg gaar is – Bedien op ‘n bord en gooi van die aarbei konfyt oor, stroop , dan vars gekapte aarbeie en dan sif jy versiersuiker of strooisuiker so bietjie oor – sit mint takkie by en bedien – Jy kan ook ipv die tertappels fyn sny – meng met bruinsuiker en stroop en kaneel en dit insit, en bo-op die vetkoek paar appels en room en versiersuiker.
You must be logged in to post a comment.