CREMORA TERT met sjokolade
Basiese resep:
1 pakkie tennisbeskuitjies – fyngedruk met 100gr gesmelte botter
Meng, druk vas in tertbak en sit in die yskas vir so 20 min
Meng:
2 koppies cremora met 1/4 kop warm water tot glad
Meng in 1 blikkie kondensmelk
Voeg 1/2 kop suurlemoensap by en meng tot dik en glad
Gooi oor koekiekors en versier met sjokolade sous (Ek het die sous gebruik wat hard word), kakoa poeier, skaafsels sjokolade en kersies. Trek sommer met jou teelepel se agterkant patroontjies deur die sjokolade
Sit in die yskas vir tenminste 2 ure voor opdiening
Bewaar in die yskas
CREMORATERT:
2 kop hoogvol cremora
1/2 kop kookwater
Meng die 2 tot gladde mengsel
Voeg by:
1 blik kondensmelk (volroom) en meng tot glad
Voeg by 1/2 kop suurlemoensap en meng tot dik
Pak tennisbeskuitjies onder in bak en aan die kante
Giet beslag bo-oor
Vat blikkie gemengde vrugte, gooi die sous in ‘n koppie en verdik dit met vla (sommer so ‘n teelepel vla ingeroer in die mikrogolf.)
Gooi die vrugte oor die koek en dan die verdikte stroop bo-oor
Jy kan enige blikkie vrugte gebruik bv fruit cocktail, geblikte aarbeie ens. Jou keuse.
Ek vat sommer shortcut en gooi blikkie granadilla mouse oor
Bewaar in yskas
CREMORA TERT met pynappel
Basiese resep:
1 pakkie tennisbeskuitjies – fyngedruk met 100gr gesmelte botter
Meng, druk vas in tertbak en sit in die yskas vir so 20 min
Dreineer solank 1 blikkie “crushed pynappel” Druk die sap goed uit en hou 1/4 koppie sap eenkant
Meng:
2 koppies cremora met 1/4 kop warm water tot glad
Meng in 1 blikkie kondensmelk
Meng nou die pynappel by (hou 1 eetl pynappel eenkant vir garnering)
Voeg 1/2 na 3/4 kop suurlemoensap by en meng tot dik
Gooi oor koekiekors
Neem nou die 1 eetl pynappel, 1/4 koppie van die pynappel sap en 1 opgehoopte tl vla en verdik in die mikrogolf
Smeer oor die tert
Ek gebruik ook soms die blikkies “fruit coctail” om in die tert te gooi Hou ook ‘n bietjie vrugte uit om bo-op te sit met die vla en sous soos bo by die pynappel
Sit in die yskas vir tenminste 2 ure voor opdiening
Bewaar in die yskas
Cremora Marshmallow Tert
Lorraine Swart 1 blik kondensmelk
1k suurlemoensap
1 sakkie Kremora poeier
1k yswater
gesnipperde marshmallows na gedagte 1 blik crush pynappel
Meng kondensmelk en suurlemoensap tot dik word. Dreineer pynappel klits Kremora en yswater tot soos stywe room. Meng alles saam en gooi in bak wat uitgevoer is met tennis beskuities. Strooi fyn tennisbeskuitjies bo oor. Sit in yskas tot styf
You must be logged in to post a comment.