Fudge koek


fudge cake 4

 

FUDGE KOEK
1 ½ koppies suiker
½ koppie kakao
1 ½ teelepels koeksoda
2 koppies meel
¾ teelepel sout 
1 ½ teelepels vanielje
¾ koppie olie
1 ½ koppies water
1 ½ teelepels wit asyn
Oond 180 C
Pan grootte 9×3 (ongeveer 23cm) (Pan moet ongespuit wees))
Meng die nat bestandele. Meng die droe bestandele. Meng alles tot gladde mengsel
Bak vir 25 minute
Versier met jou keuse van versiersel bv karamel kondensmelk en klapper, geklopte room, ganache ens. Wees versigtig, die koek is baie klam so moenie te stywe versiersel probeer oorsmeer nie.

5 thoughts on “Fudge koek

  1. Hallo julle, kan julle my ASB sÊ, sou ek dit wou wit koek maak….? Wat verander ek? Los natuurlik Cocoa uit, maar kom daar dalk Maziena of iets anders by? EN dan ook, kan ek dit dalk in Mikrogolfoond doen? Tyd? Dankie vir julle oulike blad en heerlike resepte! Groete Liezel
    Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!

    • Hi Liezel, moenie ‘n sjokoladekoek wat mikrogolf is net verander nie. Dit flop, vra my ek weet. Het al probeer. Daardie resepte is spesifiek uitgewerk vir mikrogolf, nou haal mens goed uit en vervang en dit rys nie ens. Maak eerder ‘n koek wat vir mikrogolf gemaak is.
      Ek gee vir jou so ‘n paar;

      ROOIBOSTEE KOEK
      ‎1 rooibosteesakkie sterk aangemaak in 1k kookwater.
      Voeg by 1tl vanilla, 60ml olie+2 eiers.
      Voeg by 1k meel, 1k strooisuiker, 2tl bakpoeier en knippie sout en meng goed.
      Sit vir 7min op high en laat 2min in die mikro afkoel. Dis heerlik saam met suurlemoen versiersuiker (gewone versiersuiker met 1tl suurlemoen geursel by).

      Veelsydige mikrogolfkoek
      KOEK
      2 ekstragroot eiers
      250 ml (1 k) suiker
      15 ml (1 e) mayonnaise
      500 ml (2 k) koekmeel
      10 ml (2 t) bakpoeier
      knippie sout
      5 ml (1 t) vanieljegeursel
      250 ml (1 k) kookwater
      1 blikkie (115 g) grenadellamoes

      VERSIERSEL
      100 g (1 plak) wit sjokolade, in blokkies gebreek
      25 ml (5 t) grenadellamoes
      Voer die boom van ’n mikrogolfringpan uit met kombuispapier.

      Mooi bly en lekker dag vir jou

      Rens

      KOEK
      Klits die eiers, suiker en mayonnaise goed saam. Sif die droë bestanddele saam en roer dit en die vanieljegeursel by die eiermengsel in. Voeg die kookwater en grenadellamoes by en meng goed. Giet die mengsel in die voorbereide pan en mikrogolf 6-7 minute by hoog of tot die koek net-net begin wegtrek van die kante en terugwip as jy liggies met jou vinger daarop druk. Laat die koek in die pan afkoel en keer uit op ’n koekbord.

      VERSIERSEL
      Smelt die sjokolade in die mikrogolfoond en roer die grenadellamoes by. Skep oor die koek. Huisgenoot

  2. ASB. RAAD ASB? GROOT ASB? Hallo julle, kan julle my ASB sÊ, sou ek dit wou wit koek maak….? Wat verander ek? Los natuurlik Cocoa uit, maar kom daar dalk Maziena of iets anders by? EN dan ook, kan ek dit dalk in Mikrogolfoond doen? Tyd? Dankie vir julle oulike blad en heerlike resepte! Groete Liezel
    Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!

Comment here!