
Mars Bar Trifle (Essentials tydskrif)
Mars Bar Trifle (Essentials tydskrif)
Photo by gastrogirl.tumblr.com
Bestandele:
1 Standaard Sjokolade Koek (jy kan die klaar gebakte koeke in die winkel koop)
360g Blikkie Nestlé Caramel Treat
500g Klaargemaakte Sjokolade Vla
400ml Geklopte Room
2 Mars bars – gesny vir garnering (of bar ones)
2 Eetleppels sjokolade sous om bo-oor te gooi.
Metode:
Sny die koek en pak ‘n laag in die onderkant van Triffle bak (of as jy dit in aparte bakkies bedien dan in die onderkant van bakkies). Skep die caramel bo-op die koek en maak dit glad met die agterkant van ‘n warm leppel. Gooi nou die sjokolade vla oor die laag Caramel. Bedek met room en rangskik die Mars bar stukkies bo-op en gooi dan ‘n bietjie sjokolade sous heel laaste bo-oor.
Jy kan die nagerg die aand of dag voor die tyd maak tot die stadium voor jy die room opsit en dan net die room, mars bar en sjokolade opsit voor jy dit bedien. Jy kan ook Frangelico of Amarula likeur oor die koek gooi voor jy die res van die lae doen.

Bar One Nagereg – bron onbekend
Bar One Nagereg
Bestandele: Per persoon
½ Piesang (in die lengte gesny)
½ Klein Bar one (in die lengte gesny) – nie die “bite size” nie.
1 Klein wrap/tortilla (wat jy in die mikrogolf kan warm maak.)
Sjokolade sous (optioneel)
Sit die piesang en die bar one langs mekaar op die wrap. Rol die wrap om die piesang en bar one(soos jy ‘n pannekoek sal rol). Plaas die wrap op die opdien bordjie en verhit dit in die mikrogolfoond totdat die barone en peisang gesmelt is. (dit moet nie lopperig wees nie) As jy nog ouliker wil wees kan jy sjokolade sous (dié wat ‘n mens in buise koop) liggies bo-oor die wrap gooi of dit in ‘n “patroon” om die kant van die bordjie gooi. Sny twee stukkies peisang en plaas op die sjokolade sous. Jy kan ook aarbeie, bessies, room of roomys by sit.

Peppermint Toebroodjie – bron onbekend
Peppermint toebroodjie
Jy benodig
12 tennisbeskuitjies
60ml Karamel kondensmelk (Caramel Treat)
125 PnP room, geklits
1 peppermint crisp sjokolade – gekap
So maak jy
Plaas 4 beksuitjies op ‘n werksarea
Smeer elke bskuitjie met ‘n teeleppel vol kondensmelk
Voeg twee teeleppels room bo-op
Strooi ‘n bietjie peppermint crisp en herhaal om ‘n drie laag “broodjie te maak.
Voeg die orige peppermint crisp bo-op en bedien dadelik

Nagereg in ‘n cone
Nagereg in ‘n cone
(selfs die kinders kan dit maak)
Bestandele:
Pak klein marshmallows (indien jy nie kan kry nie – koop die groottes en sny kleiner met ‘n skêr)
Buis Sjokolade sous
Vanilla roomys
Sprinkles van jou keuse
Roomys cone (een per pesoon)
Gooi die marshmallows onder in die cone. Gooi dan sjokolade sous bo-op die marshmallows en vul dan op met roomys. Gooi dan sprinkles van jou keuse bo-op roomys)
Like this:
Like Loading...
You must be logged in to post a comment.