Tag Archive | carnation milk

Sjokolade koffiekoek


sjokolade koffie koek

 

KLAMSTE SJOKOLADE KOFFIEKOEK OOIT !!!

Bestanddele:

1 ¾ kop meel
2 koppies wit suiker
¾ koppie kakaopoeier
1 ½ teelepel koeksoda
¾ teelepel sout
2 groot eiers
1 koppie karringmelk (of plaasvervanger deur om 1 eetlepel wit asyn in ‘n koppie te gooi en dan te vul met melk, laat staan 5 minute tot verdik)
½ koppie botter, gesmelt
1 eetlepel vanieljegeursel
1 koppie vars gebroude warm koffie (of 2 teelepel kitskoffie in 1 koppie kookwater)

Metode:

Verhit die oond tot 180 grade. Smeer en meel of spray en cook twee 9-duim bak panne (of lyn met bakpapier sirkels)

In die groot bak, meng meel, suiker, kakao, koeksoda en sout. Voeg die eiers, karringmelk, botter en vanieljegeursel by en klits tot glad (ongeveer 3 minute). (gebruik ‘n klitser vir beste resultate) Roer in warm koffie met ‘n rubber spatel. Beslag sal baie loperig lees.

Gooi die beslag eweredig tussen die twee panne en bak op middelste rak van die oond vir sowat 35 minute of totdat tandestokkie in die middel skoon uitkom met net ‘n paar koekkrummels wat vassit.

Laat 15 minute staan om af te koel in panne, Plaas ‘n draadrakkie bo-oor elke pan. Gooi koeke uit. Laat koek heeltemal afkoel voor versier

Let wel:
Om hierdie resep te gebruik vir kolwyntjies, (12) Verhit die oond tot 200 C i.p.v 180 C Verdeel beslag eweredig onder koppies en bak 20-25 minute

Versiersel
80 ml kakao
125-180 ml yskoue ingedampte melk óf room
250 ml gesifte versiersuiker
5 ml vanieljegeursel
3 ml kitskoffiepoeier, opgelos in 15 ml kookwater Laat koek afkoel. Klits al die bestanddele vir die versiersel goed saam. Laat staan vir ‘n paar minute en skep oor die koek

Advertisement