Botterkoek/koeke


Botterkoek - Foto hongskitchen.blogspot.com

Botterkoek – Foto hongskitchen.blogspot.com

Botterkoek

Rencia Odendaal Pretorius

Meng saam:

2 ½ kop meel

1tl sout

½ kop sagte botter

2/3 kop melk

1 en kwart  kop suiker

3 tl bakpoeier

Meng goed

Voeg by:

1 tl vanilje

3 eiers

Bak vir ongeveer 25min by 375grade F

 

4 Koppie Koek

(kan met gemak 2x aangemaak word vir plat pankoek)

Bestandele:

4 koppies meel

4 eiers

4tl bakpoeier

250gr botter

2 kop suiker

2 kop melk

½ tl  sout

1 tl vanilje

Room botter en suiker en voeg eiers by

Voeg droe bestandele en melk by

Voeg vanilje by

Bak vir 1 uur by 180grade C

Botterkoek resep vir  cup cakes :

Bestandele:

200 g meel

10 ml bakpoeier

150 g strooisuiker

2.5 ml sout

125 g botter / margarien

125 ml melk

2 eiers

 

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer 24 kolwyntjiehouers in kleure en patrone van jou keuse.

Meng al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en verwerk tot glad. Of meng dit in die elektriese menger – klits dit vir 3 minute aaneen. Skep 30 ml van die deeg in elke houertjie. Bak vir 20 minute. Haal die kolwyntjies uit die oond en plaas op ‘n afkoelrakkie om af te koel voordat jy hulle begin versier.

 

Sjokolade of Wit koek

(Estelle Bosman)

Bestanddele Koek

1 k Meelblom

1 k Suiker

1 t Bakpoeier

3 e Kakao

4 Eiers

½ k Kookwater

½ k Olie

1 t Vanielje

Knippie Sout

 

Klits eierwitte styf en voeg bakpoeier by en hou eenkant. Sif die droë bestanddele saam en voeg suiker by. Verhit die olie en water en voeg by meelmengsel. Roer dit goed. Klop eiergele en vanielje saam en voeg by mengsel. Vou eierwitte in mengsel en gebruik metaallepel. Plaas mengsel in panne en bak vir 25 minute teen 180º C.

Vir ‘n wit koek laat die kakao uit.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s