Tag Archive | miljoenerskoek

Miljoenerskoek


 

Miljoenerskoek - Foto Huisgenoot

Miljoenerskoek – Foto Huisgenoot

MILJOENERSKOEK (Stroperige sjokolade koek)

Komplimente: Huisgenoot

 

Genoeg vir 1 koek

Bereiding: sowat 20 minute

Baktyd: 40-45 minute

STROOP

265 ml suiker

275 ml water

KOEKBESLAG

250 ml (1 k) koekmeel

30 ml (2 e) bakpoeier

’n knippie sout

250 g (1 k) botter

125 ml (½ k) strooisuiker

200 g donkersjokolade soos Albany

5 ekstra groot eiers

30 ml (2 e) brandewyn of Frangelicalikeur

VERSIERSEL

200 g sjokolade met haselneute

30 ml (2 e) melk

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer en voer ’n diep koekpan

(24 cm in deursnee) uit met bakpapier.

 

STROOP

Verhit die suiker en water in ’n kastrol, bring tot kookpunt en laat prut sowat 10 minute.

BESLAG

Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak.Smelt die botter, suiker en donkersjokolade in ’n dubbelkoker of in ’n glasbak oor kookwater of in die mikrogolfoond.Verwyder van die hitte en klits een eier op ’n slag by. Klits goed ná elke byvoeging. Giet die brandewyn of likeur by en roer tot gemeng.Vou die gesifte meelmengsel

by die eiermengsel in en meng alles goed. Giet die beslag in die voorbereide pan en bak 40-45 minute of tot gaar. Verwyder die koek uit die oond, prik dit ’n paar keer met ’n toetspen en giet die stroop oor. Maak die kante los sodra die koek afgekoel is en keer dit op ’n koekbord uit.

VERSIERSEL

Smelt die sjokolade oor ’n lae hitte of gebruik ’n dubbelkoker. Roer die melk by en roer tot ’n gladde sous vorm.

Giet die sjokoladesous bo-oor die koek en versier met gekleurde eetbare koekversiersels.

 

MILJOENER SE SJOKOLADEKOEK (Mikrogolf)

Annette Human

375 ml bruinsuiker
250 ml water
50 ml brandewyn
250 ml koekmeel
30 ml bakpoeier
knippie sout
1 x 200g donker sjokolade
250g botter of margarien
5 eiers
1 x 200g Heelneutsjokolade
50 ml melk

Bespuit n 2,5l tuitpan van 23 cm deursnee met Spray & Cook.
Bedek die boom met n sirkel handdoekpapier met n gat in die middel sodat dit plat onder in die pan kan lê.
Mikrogolf 250ml vna die bruinsuiker & water vir 4 minute in n diep 1l bak vir 4 minute op hoog/100% en roer 1 of 2 keer. Laat die stroop afkoel en voeg 25ml van die brandewyn by. Hou eenkant
Sif die meel, bakpoeier & sout saam. Hou eenkant.
Breek die sjokolade in donker blokkies. Voeg orige bruinsuiker, en die botter by. Mikrogolf by 50%/med vir 4 minute in n diep bak tot gesmelt en roer dit gereeld.
Klop die eiers een-een by die sjokolade mengsel en klop goed na elke byvoeging.
Roer die orige 25 ml brandewyn by en dan die meelmengsel.
Giet die beslag in die mikrogolfpan (ringpan) (die ronde een met gat in die middel)
Plaas die pan op n omgekeerde piering in die mikrogolfoond en mikrogolf vir 15 minute by 50%/Medium.
Skep die stroop oor die warm koek.
Laat dit n rukkie afkoel in die pan en keer versigtig uit op n opdienbord.
Verwyder die papier en laat heeltemal koud word.
Breek die pak neutsjokolade in blokkies en mikrogolf dit saam met die melk vir 2 minute op 50%/ medium. Roer goed en skep dit oor die koek. Verkoel die koek in die yskas voor

Advertisement