Tag Archive | marshmallows

Nie jou “alledaagse” slaai nie


Waatlemoen en Feta slaai-meatsrootsandleaves

Waatlemoen en Feta slaai-meatsrootsandleaves

Waatlemoen en feta slaai

Sny waatlemoen in blokkies

blokkies feta (ek gebruik die met swart peper)

1 klein rooi ui fyngesny

slaaisous met 20ml olyfolie en 10ml suurlemoensap, bietjie sout en peper

vars mentblare geskeur

1. Pak waatlemoen, fetakaas, gooi slaaisous oor en strooi mentblare oor

Lekker saam met braaivleis, vark en hoender

Mango Slaai

Judie du Plooy

Sny mango in stukke. Pak in bak. Klop room styf, smeer leke dik oor mangos. Strooi bruinsuiker oor. Verkoel. Heerlik saam kersvleise.

Suikermielie slaai - bron onbekend

Suikermielie slaai – bron onbekend

Suikermielie slaai

 410g (1 blik) geroomde suikermielies 1/2 pynappel, in blokkies gesny

4 piesangs, in skywe gesny 1 ui, gekap

25ml mayonnaise

Meng alles goed saam.

Picalilli Slaai
Rencia Odendaal Pretorius

1 Bottel Picalilli’s (die liggeel een)
1 blik kondensmelk
1 blikkie fruit cocktail (stroop goed af gedreineer)
Meng goed
Sny 2 piesangs in ringetjies en sprinkle suurlemoensap oor. Meng deur
Bewaar in yskas
Jy kan nog as jy wil ‘n ekstra blikkie perskes gesnipper byvoeg om die slaai meer te maak.

Droe Vrugte Slaai - capepointpress

Droe Vrugte Slaai – capepointpress

Droë Vrugte Slaai

Bron:Kook En Klets wrote:

Bestanddele

Slaai 250g gemengde droe vrugte (saggekook) 6 piesangs in skywe gesny

Bestanddele Sous 1 blik kondensmelk kwart koppie olie halwe koppie asyn halwe teelepel sout 2 teelepels mosterdpoeier

Marlene se “brag-slaai”

1 blikkie litchi’s (sap afgegooi)

1 blikkie appelkooshelftes (sap afgegooi)

1 klein bakkie appelkoos jogurt

Piesangs – sny soveel piesangs in soos wat jy benodig

* meng alles saam.

* baie lekker koel slaai saam met braaivleis, geroosterde vleis en koue vleis

Kopper Pennie Slaai

Kopper Pennie Slaai

Koper Pennie Wortel Slaai

Linda Van Heerden
(Ouma Ies Lombard )

Bestanddele Slaai
1 kg Wortels
3 Uie
3 Groen Rissies

Bestanddele Sous
250 ml Water
1 Pakkie tamatie roomsop
200 ml Asyn
250 ml Suiker
125 ml Olie
10 ml Worcestor Sous
7 ml Mosterd

Metode Slaai
Sny Wortels in ringe.
Kook wortels 15 minute (Nie te sag nie).
Sny uie in ringe en kook.
Sny groen rissies in blokkies.
Pak wortels, uie en groen rissies in lae in bak.

Metode Sous
Meng al die bestanddele vir die sous saam.
Kook 3 minute saam.
Gooi warm sous oor die wortels.
Laat staan in yskas vir ten minste een dag.

Turskvy

Turskvy

Turksvyslaai

Rina Kleinhans

Carin Ras Wilson

* Hierdie resep het n prys gekry vir bykos op n potjiekos kompetisie.

10 turksvye

250 ml jogurt

100 ml room

5 eetlepels soet blatjang

2 ml sout

2 ml wit peper

2 t gekapte kappertjiesaad (Chives), vars indien moontlik

1 t vars dill òf droe, maar gebruik dan minder

gekapte pietersielie vir garnering

Skil turksvye en kap rofweg.

Vermeng jogurt, blatjang, room met kruie en geursel.

Gooi oor die turksvye.

Strooi bietjie pietersielie oor.

Bedien yskoud.

Metode

Eerste laag: 250g gemengde droe vrugte (saggekook). Tweede laag: 6 piesangs in skywe gesny

Klits baie goed en gooi oor vrugte. Bedien koud. Heerlik!

Marshmallow Slaai - Onbekend

Marshmallow Slaai – Onbekend

Marshmallow Slaai

200 g Marshmallows.in4 gesny.( ek koop kleintjies)

250 ml room.

1 groen appel.spoel af. Sny in blokies.met skil.

1 blik fyn pynappel.

1 lt fruit yoghurt.

Meng als . maar net 1/2 van die room.maak toe.sit in yskas . Net voor op skep meng die res van room in

Want dit word baie styf

Marshmallow Slaai

1 kop suurroom

1 blikkie perskes – gesnipper en gedreineer

1 blikkie pynappel – gesny en gedreineer

1 kop mini marshmallows

1 kop klapper

1 kop cherries (gehalveer) opsioneel

Meng alles en sit in yskas vir tenminste 3 ure

Gebakte Komkommer slaai - Bron Onbekend

Gebakte Komkommer slaai – Bron Onbekend

Gebakte Komkommer slaai

Linda Julyan

Sny komkommer en sit in melk en eier en dan in meel met spice. braai altwee kante bruin in olie skep uit dan braai jy uie bruin en bacon bruin meng met komkommer. gooi klein tamaties by en rou mashrooms maak n sousie van maionaise en bietjie kondensmelk en aromat en peper.Gooi oor slaai en meng deur (liggies) sit in yskas om af te koel. Bedien koud!

Arguikie Slaai

Rina Nel

Hoeveelheid jou keuse. Agurkies in stukkies gesny weenseworsies opgesny en kaas in blokkies gesny. Gooi mayonaise oor en meng deeglik deur en verkoel in yskas

Advertisement

Nagreg vir Moedersdag wat Pa kan maak


Mars Bar Trifle (Essentials tydskrif)

Mars Bar Trifle (Essentials tydskrif)

Mars Bar Trifle (Essentials tydskrif)

Photo by gastrogirl.tumblr.com
Bestandele:

1 Standaard Sjokolade Koek (jy kan die klaar gebakte koeke in die winkel koop)
360g Blikkie Nestlé Caramel Treat
500g Klaargemaakte Sjokolade Vla
400ml Geklopte Room
2 Mars bars – gesny vir garnering (of bar ones)
2 Eetleppels sjokolade sous om bo-oor te gooi.

Metode:

Sny die koek en pak ‘n laag in die onderkant van Triffle bak (of as jy dit in aparte bakkies bedien dan in die onderkant van bakkies).  Skep die caramel bo-op die koek en maak dit glad met die agterkant van ‘n warm leppel.  Gooi nou die sjokolade vla oor die laag Caramel.  Bedek met room en rangskik die Mars bar stukkies bo-op en gooi dan ‘n bietjie sjokolade sous heel laaste bo-oor.

Jy kan die nagerg die aand of dag voor die tyd maak tot die stadium voor jy die room opsit en dan net die room, mars bar en sjokolade opsit voor jy dit bedien.  Jy kan ook Frangelico of Amarula likeur oor die koek gooi voor jy die res van die lae doen.

Bar One Nagereg - bron onbekend

Bar One Nagereg – bron onbekend

Bar One Nagereg

Bestandele: Per persoon

½ Piesang (in die lengte gesny)

½ Klein Bar one (in die lengte gesny) – nie die “bite size” nie.

1 Klein wrap/tortilla (wat jy in die mikrogolf kan warm maak.)

Sjokolade sous (optioneel)

Sit die piesang en die bar one langs mekaar op die wrap.  Rol die wrap om die piesang en bar one(soos jy ‘n pannekoek sal rol).  Plaas die wrap op die opdien bordjie en verhit  dit in die mikrogolfoond totdat die barone en peisang gesmelt is. (dit moet nie lopperig wees nie)  As jy nog ouliker wil wees kan jy sjokolade sous (dié wat ‘n mens in buise koop) liggies bo-oor die wrap gooi of dit in ‘n “patroon” om die kant van die bordjie gooi. Sny twee stukkies peisang en plaas op die sjokolade sous.  Jy kan ook aarbeie, bessies, room of roomys by sit.

Peppermint Toebroodjie - bron onbekend

Peppermint Toebroodjie – bron onbekend

Peppermint toebroodjie

Jy benodig

12 tennisbeskuitjies

60ml Karamel kondensmelk (Caramel Treat)

125 PnP room, geklits

1  peppermint crisp sjokolade – gekap

So maak jy

Plaas 4 beksuitjies op ‘n werksarea

Smeer elke bskuitjie met ‘n teeleppel vol kondensmelk

Voeg twee teeleppels room bo-op

Strooi ‘n bietjie peppermint crisp en herhaal om ‘n drie laag “broodjie te maak.

Voeg die orige peppermint crisp bo-op en bedien dadelik

Nagereg in 'n cone

Nagereg in ‘n cone

Nagereg in ‘n cone

(selfs die kinders kan dit maak)

Bestandele:

Pak klein marshmallows (indien jy nie kan kry nie – koop die groottes en sny kleiner met ‘n skêr)

Buis Sjokolade sous

Vanilla roomys

Sprinkles van jou keuse

Roomys cone (een per pesoon)

Gooi die marshmallows onder in die cone.  Gooi dan sjokolade sous bo-op die marshmallows en vul dan op met roomys.  Gooi dan sprinkles van jou keuse bo-op  roomys)

Malvalekker Pienk koekies


Malvallekker Pienk koekies

Malvalekker Pienk koekies

 

Malvalekkers Pienk Koekies
Tannie Rina se pienk koekies.
Rencia Odendaal Pretorius

Bestandele:

1 pakkie choc wheat koekies (fyn gerol) of enige digistiewe koekies
1 kop klapper
20 malvalekkers in stukkies gesnipper
20 rooi/groen kersies gesnipper (10 van elk)
1 blik kondensmelk

Metode:

Meng alles saam. Rol dit in ‘n worsvorm, Gooi bietjie klapper op werksoppervlak en rol die wors net so bietjie in die klapper. Net genoeg om die wors bietjie te versier. Draai toe met foelie en plaas in yskas vir tenminste 4 ure . Sny ringe soos jy dit benodig. Hou dit egter in die foelie om te keer dat dit uitdroog.
Bewaar in die yskas.