Tag Archive | children

Kinderverf


kinderverf creative ideas

 

VINGERVERF

1/4 kop mielieblom (maizina)

2 kop koue water

Kleursel

Meng mielieblom en water in ‘n pot. Kook tot mengsel dik word. Giet in verskillende houers, voeg kleursel by en skud goed.

*

VINGERVERF

Resep :
1 Koppie meel
1 Koppie suiker
1 Koppie kookwater
3 Koppies kouewater
Voedselkleursel
Meng – meel , suiker , kouewater.
Sit op stoof en gooi kookwater by. Kook dit tot dit dik word. So 1 – 2 min.
Gooi kleursel by.

*

STOEP VERF

Benodighede:
2 eetl  maizena
2 eetl  water
5 druppels voedselkleursel
Aanwysings:
Meng als saam en laat kiddies met dit op die stoep buite verf. As dit droog is is dit soos bordkruit. Vee dit sommer met die besem af! Dit hou hulle lekker besig! (Op “In en om die huis”)

Advertisement

Rolo koekies


ROLO KOEKIES

 

SKJOKOLADE ROLO TOEBROODJIES

Originally created by Something Swanky

By: http://www.couponingncooking.com/2013/01/chocolate-covered-rolo-ritz-cracker.html

• Ritz Crackers – salticrax of bacon kips
• Rolo lekkers
• Sjokolade wat kan smelt
• Sprinkles
1) Op ‘n gevoerde bakplaat met wax papier of gespuit met spray en cook , plaas koekies soutkant na onder met ‘n Rolo bo-op
2.) Bak by 275 grade F of 140gr C vir drie minute.
3) Wanneer hulle uit die oond kom, druk ‘n ander koekie bo-op die Rolo. Soutkant na bo. Druk genoeg om ‘n toebroodjie te vorm, maar nie te hard dat die Rolo uitspuit nie.
4) Laat koel tot heeltemal ferm
5) Doop in gesmelte sjokolade en bedek in sprinkel.
6) Laat dit goed afkoel en geniet.

Malvalekker Pienk koekies


Malvallekker Pienk koekies

Malvalekker Pienk koekies

 

Malvalekkers Pienk Koekies
Tannie Rina se pienk koekies.
Rencia Odendaal Pretorius

Bestandele:

1 pakkie choc wheat koekies (fyn gerol) of enige digistiewe koekies
1 kop klapper
20 malvalekkers in stukkies gesnipper
20 rooi/groen kersies gesnipper (10 van elk)
1 blik kondensmelk

Metode:

Meng alles saam. Rol dit in ‘n worsvorm, Gooi bietjie klapper op werksoppervlak en rol die wors net so bietjie in die klapper. Net genoeg om die wors bietjie te versier. Draai toe met foelie en plaas in yskas vir tenminste 4 ure . Sny ringe soos jy dit benodig. Hou dit egter in die foelie om te keer dat dit uitdroog.
Bewaar in die yskas.

Neute lekkers


Peanut Clusters/neute lekkers

Peanut Clusters/neute lekkers

Neute Lekkers

Bestandele:

150 g sjokolade blok
100 g neute – grof gekap (pekaneute of grondboontjies) Ek hou my grondboontjies heel (my keuse)
Smelt sjokolade en meng neute by.
Skep teelepels vol op ‘n gesmeerde bakplaat en laat stol.
Opsioneel: VERSIERING:
50 gr wit sjokolade
Smelt wit sjokolade en drup oor neute/sjokolade vir versiering.
Jy kan as jy wil, so bietjie klapper ook byvoeg of bo-oor strooi as nog warm is.

Bêre in lugdigte houer.

Springmielies/Popcorn


Gekleurde springmielies

Gekleurde Springmielies

Kleur van Springmielies

Bestandele:

500 ml suiker ( 2 k )
Geursel en kleursel
40 g margarien ( 2 E + 3 t )
75 ml water ( 6 E )

Metode:

Berei stroop van al die bestanddele deur dit in diep kastrol oor lae hitte te roer totdat dit begin kook.
Kook `n paar minute tot skuimerig.
Verwyder van hitte en voeg bereide springmielies by.
Roer vinnig deur om al die mielies met stroop te bedek. Laat afkoel en droog word. ( Genoeg vir 190 ml ) ( 3/ 4 k ) ( ongespringde mielies. )

popcorn

KARAMEL springmielies
Deur: gurutotheoutdoors

Bestandele
1 kop bruinsuiker
1/2 koppie botter
1 kop stroop
1 blikkie kondensmelk
Instruksies
Al wat jy doen is, smelt al die bestanddele in ‘n kastrol oor medium-lae hitte. Sodra karamel begin kook, kook vir ongeveer twee minute, roer aanhoudend.
As jy die springmielies in mikrogolfsakke gebruik – spring mielies dadelik en gooi oor warm springmielies – Dit is genoeg om 3 sakke springmielies deeglik te dek.

 

Karamel springmielies

Bestanddele
500 g Springmielie pitte
2 ml Sout
250 ml Goue stroop
20 ml Vanielje
500 ml Ligbruin suiker
2.5 ml Koeksoda
230 g Botter

Metode
Spring mielies en keer uit in skottel. Smelt botter en voeg stroop, suiker en sout by.
Verhit tot kookpunt oor matige hitte. Kook tot sagtebal, haal af en voeg koeksoda en vanielje by. Roer goed. Gooi oor mielies en roer tot koud. Droog vir ‘n paar minute op ‘n bakplaat in die oond teen 200°C. Plaas in skottel en laat afkoel. Vryf liggies los van mekaar wanneer koud.

Popcorn in die mikrogolf
1/2 kop popcorn
1 tl  kookolie
Groot bruinpapiersak
Paperclip wat nie silver is nie of ‘n plastiek wasgoed pennetjie.
Popcorn geursel wat jy verkies

Gooi die popcorn en die olie in die papiersak.
Vou die oopkant so 2cm om en dan weer om. Steek vas met wasgoed pennetjie of paperclip
Skud die sak lekker
Sit in mikrogolf vir 5 min. Onthou jy gaan heel moontlik die popcorn moet uithaal voor die 5 min om is. Hoe nader jy aan seevlak is hoe nader gaan jy aan die 5 minute kom, maar hier bo in die droe Kalahari kom ons maar net by 3 min uit.
Sodra die pop geluide langer as 2 s uitmekaar is behoort jou popcorn reg te wees.

Keer uit in ‘n bak en sprinkel jou geursels oor.

 

Botter popcorn

Een van 2 maniere:

Opsie 1:
Spring popcorn soos gewoon met masjien of op die stoof.
Smelt 5 e botter (dit is genoeg vir ‘n groot bak popcorn.
Sprinkel 1 e oor en “toss”
herhaal tot al die botter op is.

Opsie 2:

Smelt 5 e botter in baie groot pot met deksel
Sodra dit begin kook gooi 3/4 k popcorn in.
Maak deksel toe.
Sodra dit lekker vinnig begin skud, hou vas die deksel en gee ‘n goeie skud of 2
herhaal elke minuut tot daar minder as een pop elke 10 sekondes is.
Gooi in groot bak en geniet

 

Marshmallow popcorn balls

1 1/4 sticks butter (1 stick = 115gr)
1 bag small marshmallows
1 tsp. vanilla
Food coloring (your own judgment on amount)

Pop 3 large pans of popcorn. Use kitchen sink as your very large bowl (make sure clean and dry). Pour popcorn in sink.

Melt the above, stir while melting. When mixture is smooth, pour and mix into popcorn.

Put butter or small plastic bag over your hands to form the popcorn balls. Work as fast as you can. Reshape or squeeze each popcorn ball. Popcorn balls stay pretty soft.

 

Erika Henn

Popcorn balle

2 pakke (500g) wit malvalekkers

80ml bottter

verskillende kleure kos kleursels

10 x 250ml klaar bereide springmielies (10 koppies)

Metode:

Deel die malvalekkers, botter en springmielies in vier dele; Maak een deel op ‘n slag. Smelt die malvalekkers en botter tot glad. Kleur die mengsel met koskleursel en roer goed. Voeg die springmielies by en meng goed deur. Laat effens afkoel. Smeer jou hande met ‘n bietjie olie en rol balle so groot soos tennis balle. Laat afkoel en steek stokkies om. Herhaal met die ander drie dele.

 

Popcorn Balle

Stroop vir popcorn balle

190ml water

190ml goue stroop

1 kp suiker

¾ teel vanilla

¾ teel sout

60ml botter

Kook suiker, stroop, water, botter en sout tot kraak stadium. Voeg die vanilla by. Gooi stadig oor popcorn tot alles nat is. Smeer hande effens met botter en maak balle en steek sosatiestokkie deur voordat balle geset het.

Gebruik koekkleursel om verskillende kleure volgens jou tema te maak!

diddle daddle popcorn

Diddle Daddle popcornstroop
Amanda Denstroo

1 Eetlepel margarine
200 ml Bruinsuiker
3 Eetlepels water

Gooi als in klein potjie. Roer dit tot dit begin kook. Sit deksel op en kook vir 3 min sonder om te roer. Dis reg wanneer daar niks suiker teen die pot se rand sit nie. Gooi dit oor so 5 koppies klaar geskiete popcorn en roer dit vinnig deur. Laat dit so rukkie afkoel dan breek jy dit uit mekaar uit. Voila!!! Mens proe nie eers die verskil nie.

popcorn kaas33

Kaas popcorn
1 full-size bag microwave popcorn
1/4 cup grated cheddar cheese
6 Tbsp. butter, melted
Preparation:
Prepare popcorn in the microwave, according to package instructions.
Pour into a large bowl.
Sprinkle grated cheese over top. Drizzle melted butter on top of cheese. Toss to coat well.

2DE RESEP

1 cup popcorn kernels
1/2 cup cheddar cheese powder
6 to 8 tablespoons butter, melted
1 teaspoon sea salt, optional (or less, according to tastes)

Pop the corn. Stir in the powdered cheese, Stir in the butter and then the salt. You can adjust both the amount of cheese and the amount of salt to taste.

Ek sien hulle se dat as jy bietjie spray en cook op die popcorn spuit soos wat dit POP – dit maak dat die kaaspoeier makliker aan die popcorn vassit

Wenk wat ek ook lees: hulle se Pasta bake se three cheeses of enige van die kaas geure werk net so goed as jy dit gebruik in die plek van kaaspoeier

Gekleurde Klapperys


Gekleurde klapperys

Gekleurde klapperys

Ons is so gewoond aan KLAPPERYS wat pienk en wit is. Hoekom nie met jou volgende baksel ‘n klomp verskillende kleure maak nie, of selfs lae – maak een beslag aan, kies miskien 4 kleure, pak dit in lae en sny in blokkies.

Heerlike klapperys:

Bestandele:

1 blik kondensmelk
750ml fyn klapper
500g versiersuiker
Kleursel.

Metode:
Meng eers klapper en versiersuiker en meng daarna die kondensmelk en kleursel by. Gooi mengsel in gesmeerde bak en druk vas. Laat staan vir n ruk en sny in blokkies. Sit blokkies oop in yskas om te droog

Speelklei vir kinders (soet en sout)


Soutklei

Soutklei

Sagte Soutklei 

Bestandele:1/2 koppie water
1 eetlepel sonneblomolie
2 koppies koekmeel
1/2 koppie sout
koekkleursel

Metode:

Meng die water en sonneblomolie.
Roer die meel en sout in.
Knie tot brooddeeg.
Indien nodig, voeg nog water by.
Voeg die koekkleursel by.
Knie tot die kleur deeglik ingemeng is.
Bere in ‘n plastieksakkie of plastiekbakkie om die klei sag te hou

Soet Klei
(Eetbare klei)

Bestadele:

80ml margarien
80ml Stroop
1ml Vanielje geursel
4 k versiersuiker

Metode:

Smelt d margerien,stroop en Vanielje saam. Laat effens afkoel en voeg versiersuiker by.
Knie baie goed om tot klei te vorm.
Verdeel klei en kleur met verskillende kleure kleursel.