Ons is so gewoond aan KLAPPERYS wat pienk en wit is. Hoekom nie met jou volgende baksel ‘n klomp verskillende kleure maak nie, of selfs lae – maak een beslag aan, kies miskien 4 kleure, pak dit in lae en sny in blokkies.
Heerlike klapperys:
Bestandele:
1 blik kondensmelk
750ml fyn klapper
500g versiersuiker
Kleursel.
Metode:
Meng eers klapper en versiersuiker en meng daarna die kondensmelk en kleursel by. Gooi mengsel in gesmeerde bak en druk vas. Laat staan vir n ruk en sny in blokkies. Sit blokkies oop in yskas om te droog
You must be logged in to post a comment.