KONDENSMELK
1.25 liter melk
2 ml koeksoda
500 g suiker
3 ml sout
Voeg al die bestanddele bymekaar en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos is. Kook stadig totdat die melk soos room begin lyk. Moenie roer nie, tensy die melk wil oorkook. Gooi in flesse wat gesteriliseer is en plaas vir 15 minute in ‘n voorverhitte oond van 120•C. Skroef dadelik toe.
KONDENSMELK
1kop suiker
250g cremora
50ml botter
120ml melk
METODE. Smelt suiker en botter en ½ melk. Maak ander melk warm saam cremora tot glad. Meng bietjie vir bietjie by suiker mengsel . Roer die heeltyd. Prit stadig vir 5min . Sit in yskas. Sy se hoe langer jy dit in di yskas hou hoe donkerder word dit (karamel) di lekkerste!!
KONDENSMELK
Bestandele
2 kop melk
1/4 t koeksoda
2 kop suiker
1/2 t sout
Metode:
Los alle bestandele op in die melk. Kook vinnig vir so 1/2 uur tot romerig. Roer aanhoudend maar moenie laat melk oorkook nie. Laat afkoel en bottel dit. Plaas in yskas. Dit kan in enige resep gebruik word. Dit proe soos gekoopte kondensmelk en is lekker soet !!!! Geniet dit.
TERUGVOER: Daar was baie lede wat SUKSES gehad het met die resep, en ander lede wat se dit was donker taai toffie. Kobus Pieterse se: LAE HITTE, VOLROOM MELK en begin kyk na 15/20 min – as dik is, haal af en koel af. Hoe se hy : PRACTICE MAKES PERFECT !!
DIABETIESE KONDENSMELK
1/2 cup cold water
1 1/3 cups powdered milk
3/4 cup Splenda granular
1 teaspoon vanilla
Directions:
Stir milk powder into cold water until dissolved.
Microwave 1 minute or until steaming. Stir in sugar and vanilla.
Cover and chill in the refrigerator
Sweetened Condensed Milk IN YOUR BLENDER
1 cup sugar
1 cup dry powdered milk
1/2 cup water
1 Tbsp butter
Put sugar & powdered milk in a blender . Put water & butter in a microwaveable dish & let it come to a boil in your microwave; about 45-60 seconds. Keep an eye on it.Add water/butter mixture to mixer & blend until combined. Scrape sides if you need to & blend again until thick. This makes aprox 1 and half cup condensed milk.
Gekookte Kondensmelk
Vir al die mense wat die vrees het om jou eie gekookte kondensmelk te kook (ek inkluis). Ek het op hierdie wonderlike manier afgekom. Sit jou blik kondensmelk in ‘n slow cooker. Vul heeltemal op met water. Maak toe en sit hom op LOW vir 8 ure. Laat afkoel en siedaar!!! Caramel Treat met geen vrees dat dit sal ontplof nie!!!
KONDENSMELK
Hoe om KARAMEL (gekookte kondensmelk) te maak
Die groot geheim by die proses is dat jou blikkie kondensmelk DIE HEELTYD TENMINSTE DRIEKWART ONDER WATER MOET WEES. Indien jou kondensmelk droogkook, sit jy met ‘n blikkie wat ontplof het en kondensmelk teen jou plafon hang.
OP DIE STOOF:
Verwyder die papier om die blikkie
Kook vir ongeveer 2 en ½ uur na 3 ure – laat heeltemal afkoel voor oopsny anders spuit al die kondensmelk teen jou gesig vas
IN JOU STOOMPOT
Verwyder die papier om die blikkie
Gooi water in tot net bokant die blikkie
Bring tot stoom en stoom vir half uur
Weereens, laat kondensmelk heeltemal afkoel voor jy dit oopsny
IN JOU SLOW COOKER:
Verwyder die papier om die blikkie
Gooi water in sodat blikkie so driekwart onder water staan
8 ure op LOW
Die ande opsie:
Ry winkel toe en gaan koop ‘n blikkie Caramel treat
IN DIE MIKROGOLF:
Kook kondensmelk in die mikrogolf
Die dae van kondensmelk lank kook is verby….
Vat jou blikkie kondensmelk, gooi dit uit in ‘n groterige mikrogolf vaste bak en kook op medium hitte vir 2 minute, roer en sit terug vir nog 2 minute op medium. Stel dan die mikrogolf oond op medium-low (so 30% krag) vir 8 tot 10 minute. Roer maar kort kort tot jy die kleur en dikte kry waarna jy soek. Dis hemels en maklik en spaar krag.
****TIP moenie dit op vol krag doen nie, dit brand********
You must be logged in to post a comment.