Tag Archive | sweetcorn

Lasagne a la Rens


LASAGNE3

My vinnige LASAGNE resep !!

Hierdie is groot genoeg vir ‘n 30 x 20 cm pyrex glasbak

Ek gaan seker nou baie teenkanting kry met die resep omdat ek my maalvleis en uie sommer saam kook ipv om die uie te braai, maar jy kan dit of kook of braai – die is maar net my vinnige resep wat ek deel

750 gr maalvleis
2 uie grof gekap
Halwe pakkie sampioene (gekap)
Gooi b.g in ‘n pot met bietjie water en kook vinnig tot alles sag is. Jou maalvleis kan maar nog effe pienkerig wees.
Gooi by:
1 blikkie Chakalaka met butternut
1 Blikkie room mielies (sweetcorn)
2 tamaties gekap en in blokkies gesny
3 opgehoopte eetlepels bladjang
Sout,peper en knoffel vlokkies na smaak
Laat die prut vir ‘n rukkie tot alles deurgaar/warm is.

Maak intussen sommer in jou mikrogolf ‘n lekker DIK witsous. Jou sous moenie te loperig wees nie anders is jou lasagne pap

Pak nou jou lae met die maalvleis, lasagne velle en witsous – ek pak gewoonlik so 3 lae
Rasper tussen elke laag bietjie kaas oor

Eindig af met jou witsous en kaas.

Sit nou die lasagne eenkant neer vir ongeveer 1 uur sodat die velle sag kan raak. Die ander opsie is om jou velle in water te kook vir so 4 minute tot amper sag – jy kan dan jou lasagne dadelik oond toe vat.

In die oond vir so 40 minute by 180 C (kyk wanneer jou velle gaar en sag is)

NB: Gee jou lasagne so half uur staantyd as jy dit uit die oond gehaal het – dit help dat die lasagne bietjie stol en dit lekker maklik skepbaar in blokke is.

Indien jy nie chakalaka wil gebruik nie – gebruik enige tamatie en uie smoor of tamatie en uie mengsel met ‘n geur wat jy verkies

Geniet met lekker mengselslaai en broodrolletjies

Advertisement

Paptert


IMG_8111

WILLIE SE PAPTERT

1 Kg mieliemeel

Sout na smaak

1 blikkie sweetcorn mielies

500ml room

500gr  gerasperde chedder kaas (verdeel in 2)

500gr spek (gesnipper)

1 Pakkie vars sampioene (gekap)

2 uie (gekap)

1 Blikkie tamatie en uie smoor (gebruik die Mexican geur – dit gee ‘n lekker byt)

1 pakkie Knorr Sausage gravy poeier

 

Metode:

Kook die mieliepap soos ontbyt pap (medium slap)

Braai intussen die uie, sampioene en spek tot mooi bruin en voeg dan die tamatie en uie smoor by

Laat rustig prut tot deurgaar en gooi dan die sausage gravy poeier, sout peper en speserye na smaak by.

Wanneer die pap gaar is voeg die blikkie mielies by en die helfte van die kaas. Meng goed. Voeg nou die room by en roer die papmengsel deur.

Smeer ‘n terbak met bietjie botter

Skep nou ‘n dun lagie pap in die bak – ongeveer 1cm dik.

Skep die spek en uie/tamatie  mengsel oor – pasop dat dit nie met die pap meng nie

Herhaal nou in lae tot alles klaar is en eindig af met die spek en uie/tamatie mengsel.

Strooi die ander helfte van die kaas oor en laat staan vir ‘n rukkie.

Bak paptert in oond vir 20 minute by 180 C  (jy wil basies net alles weer stadig warm maak en die kaas smelt – alles is mos klaar gaar)

Die voordeel van die paptert  is, dit kan hele ruk voor die tyd gemaak word en net voor julle eet kan dit in die oond gedruk word om net weer warm te word)

Maalvleis geregte


Maalvleis resepte

Maalvleis resepte

KERRIE MAALVLEIS VETKOEK
Suurdeeg vetkoek (of koop sommer klaar voorafbereide brooddeeg by die winkel)

Bestanddele:
250 g (445 ml) witbroodmeel
250 g (445 ml) koekmeel
10 ml sout
1 x 10 g kitssuurdeeg
15 ml suiker
315 ml warm water
sowat 600 ml sonneblomolie
Meng witbroodmeel, koekmeel, sout en suurdeeg. Kombineer suiker en warm water en voeg by die meel. Meng goed.
Knie deeg vir minstens 10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak tot lekker elasties. Plaas deeg in ’n bak (taamlik groter as die deeg).
Smeer ’n klein bietjie olie daaroor sodat dit nie uitdroog nie.

Maak bak toe met kleefplastiek en laat deeg op ’n louwarm plek rys tot byna dubbel die grootte. In koue weer kan jy die vetkoek laat rys in jou lou-oond, op laag.
Knie die deeg af. Rol dit in ’n lang ovaalvorm en verdeel in 6 – 8 vetkoeke.

Plaas vetkoeke op ’n bakplaat en laat weer vir sowat 30 minute rys. Verhit olie in ’n kastrol. Breek ’n klein stukkie deeg af om te toets of olie reg is: As dit dadelik begin braai, is die olie
gereed. Braai 3 vetkoeke op ’n slag. Draai hulle om wanneer die een kant begin verbruin. Verlaag die olie se temperatuur en draai die vetkoeke nou en dan om.

Hulle braai vir minstens 10 minute. Dreineer op kombuispapier.

20150324_202258-001

Kerrie maalvleis

(vulsel vir sowat 8 vetkoeke)

30 ml sonneblomolie
500 g maalvleis
2 uie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 blik gekapte tamaties
20 – 30 ml kerriepoeier
15 ml borrie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
sowat 250 ml water

Verhit olie in ’n kastrol. Voeg maalvleis by en braai vir so 6 minute. Die vleisstukkies moet net loskom van mekaar. Voeg gekapte uie en knoffel by en braai verder vir so 10 minute. Voeg tamaties, kerriepoeier en borrie by. Geur met sout en swartpeper. Voeg water by en bedek. Laat vir minstens 2 uur prut. As vleis lyk of dit wil droog kook, kan jy nog water byvoeg. Maak die vetkoeke en sny oop. Skep van die kerriemaalvleis in en sit dadelik voor met lekker blatjang daarby.

Deur: Radio Eendrag

*

VLEISPASTEI MET DEEG WIELE – Rina Shorty

(beproef)VULSEL
30 ml olyf olie
1 ui fyngekap
1 tl knoffelvlokkies
500 g maalvleis
250 g sampioene in skyies
80 ml koekmeel
300 ml vleisaftreksel
1 blik heel tamaties gekap (of so 3 tamaties geskil en gekap)
5 ml tamatiepasta
5 ml gemengde kruie
5 ml suiker
10 ml mosterdpoeier
sout en vars gemaalde peper
*
 DEEGWIELE
(KORTPAD OPSIE: GEBRUIK PAK PUFF PASTRY/BLAARDEEG IN RINGE/SKYWE GESNY )
250 ml bruismeel
sout
30 ml botter
80 ml melk
250 ml kaas gerasper
60 ml vars pietersielie
1 eier geklits in bietjie melkVerhit olie en braai ui sag, voeg fyn knoffel by en braai min. Voeg vleis by en braai bruin.
Voeg die sampioene by en braai 2 minute. Roer die meel en res van die bestandele by.
Bring tot kookpunt , plaas deksel op en prut 1/2 uur. Skep in pasteibak.WIELE
Sif die meel en sout. Vryf die botter in droe bestandel.
Voeg melk by en knie tot deeg. Rol deeg uit 20×300 cm.
Strooi kaas en pietersielie oor en rol op. Sny in 1.5 cm skywe.
Rangskik op wiele op vleis maar laat ruimte toe vir rys.
Verf met eier en bak 30 minute tot goudbruinDeur: http://kuierkookklets.weebly.com/maalvleis.html

*

KERRIEFRIKKADELLE – Vrouekeur

FRIKKADELLE
1 Kg maalvleis
1 Knoffelhuisie, gekneus of 1 tl vlokkies
½ Koppie room of melk
1 Pakkie Bruinuiesoppoeier
1 Koppie Vars broodkrummels
1 Granny Smith-appel, gerasper
1 Eier
Sout en gemaalde swartpeper
Genoeg olieSOUS
2 Uie Gekap
1 Knoffelhuisie, gekneus
Bietjie olie
1 Teel Droë pietersielie
2 Teel Kerriepoeier
3 Eetl Blatjang
2 Eetl Asyn
1 Teel Bruinsuiker of witsuiker
½ Koppie room of melk
2 Eetl Koekmeel
2 Koppies Vleisaftreksel
Sout en gemaalde swartpeper na smaakStel oond op 180C.FRIKKADELLE
Meng bestanddele vir frikkadelle, behalwe olie, en
vorm in balletjies. Braai frikkadelle in olie tot amper gaar en plaas in groot oondbak.SOUS
Soteer uie en knoffel in olie tot deurskynend en sag. Roer kerrie by en braai bietjie saam met die uie.
Meng res van die bestanddele, roer by uiemengsel in en laat vir 5
minute prut. Giet sous versigtig oor frikkadelle en bak vir 30 minute.
OF LOS JOU FRIKADELLE ROU,
maak die volgende sous en bak alles op 1 slag
….
Kerrie-uiesmoor frikadelle

Bestanddele:
5 groot uie
2 E kookolie vir braai.
1 E kerriepoeier
1 E borrie
1 E mielieblom
¾ k blatjang
½ k appelkooskonfyt
4 tot 5 piesangs (sien eers wenk onder)

Metode:
Sny die uie in groterige ringe.
Braai dit in kookolie tot dit glaserig is.
Meng die kerrie, borrie, mielieblom, blatjang en appelkooskonfyt¬ en voeg dit by die uie.
Laat dit goed deurkook, sny piesangs in – roer deur. Skep ‘n bietjie daarvan onder in ‘n oondskottel.
Pak frikkadelle daarop en gooi die res van die kerrie-uiesmoor¬ bo-oor. Bedek
Bak vir een uur teen 180 C of vir 1 en halwe to 3/4 uur by so 140/150 C

WENK, Indien jy lus voel vir kerrie piesang frikadelle, sny so 4 na 5 piesangs in skywe en voeg by jou sous.

Ek is lief om my frikadelle bietjie langer te bak teen laer hitte dan bak dit nie so vinnig droog nie. Dit het dan ook lekker sousie By 180 C is dit geneig om droog te bak – slegs my opinie (Rens)

Bedien met rys of kapokaartappels en soetpampoen/patats of lekker tamatie en uie salsa.

*

KERRIEMAALVLEIS MET SWEETCORN SLAP PASTEI DEEG
1 groot ui gekap
12.5 ml olie
10 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
25 ml blatjang
25 ml asyn
5 ml suiker
3 ml sout
500 gram maalvleis
2 wortels grof gerasper
125 ml water
2 groot aartappels in blokkies gesny
½ pakkie bruinuiesoppoeier
1 blikkie pitmielies (gedreineer)
2 tamaties geskil en in blokkies gesny (die is opsioneel maar ek glo mens sit tamatie by kerrie vir daardie ekstra spesiale smaak – Rens)Braai die ui 5 minute stadig in die kookolie.
Voeg die kerrie en borrie by en roer om te meng.
Voeg die tamatie, blatjang, asyn, suiker en sout by en laat 10 minute stadig prut.
Voeg die maalvleis en gerasperde wortels en by. Roer totdat die vleis lekker los is.
Voeg nou die water en pitmielies by en laat 20 minute prut. Roer af en toe sodat dit nie brand nie.
Kook intussen die aartappels sag in water met 3 ml borrie daarin. (Jy kan ook sommer die aartappels in die mikrogolf oond sit in jou plastiese sak vir so ongeveer 6 min)
Gooi die water af en voeg die aartappels by die vleis. Maak die sop met 75 ml water aan en voeg dit by die vleis en laat kook vir 10 minute.Bedien KERRIE resep as kerrie en rys met lekker bladjang, klapper en piesangs oor
OF
MAAK ‘N SWEETCORN SLAP PASTEI DEEG
1 koppie bruismeel (of 1 kop meel en 7.5ml bakpoeir)
5ml droe mosterd poeier
Sout en peper na smaak
10ml pietersielie
60ml botter
1x 420gr blikkie sweetcorn (roommielies)
60ml melk
1 eier
Meng die droe bestandele en pietersielie
Vryf met jou vingers die botter in die droe bestandele in
Meng die blikkie sweetcorn in, eier en melk. Meng goed
Gooi oor maalvleis en bak vir ongeveer 25 na 30 min by 180 C of tot goudbruinBedien saam met rys of kapokaartappels, soet pampoen/ patats, skorsie met suiker kaneel en botter, tamatie salsa of mengelslaai

*

BOBOTIE – (OOND EN MIKROGOLF)
.
BOBOTIE (MIKROGOLF)
1 groot ui gekerf
1 sny brood
200ml melk –
750gr maalvleis
2 eiers
15 ml appelkooskonfyt
50 ml suurlemoensap
60gr rosyne
4 teel kerrie
5ml borrie
sout en peper
30 ml Bladjang
Mikrogolf die olie en ui vir 1 min – roer – mikrogolf verder vir 3 min. Week brood in helfte van die melk – Voeg al die bestandele bymekaar BEHALWE die oorblywende melk, eier en suurlemoensap – Bedek en mikrogolf op 100 persent vir 10 minute – roer deur – maak weer gelyk en druk plat in bak. Meng nou die melk, eier en suurlemoensap gooi bo-oor en mikrogolf vir 10/12 min op medium (onbedek)
Gee staantyd van so 10 minute en bedien met geelrys en slaai.
 .
 BOBOTIE: (OOND)

1 dik sny witbrood
50ml koue melk
500g maalvleis
1 ui (fyn gekap)
5ml sout
1ml vars gemaalde swartpeper
2ml knoffelvlokkies
10ml matige kerriepoeier
1ml borrie
12,5ml blatjang
12,5ml asyn
3 eiers
1lourierblaar
12,5ml mielieblom (maizina)
12,5ml koue water
350ml kookmelk

Voorverhit die oond tot 160C. Week die brood in die melk en druk dan die oortollige melk uit. Hou die sagte brood eenkant. Meng die maalvleis, ui, sout, peper, knoffelvlokkies, die helfte van die kerriepoeier, die borrie, blatjang, asyn, 1 eier en die sagte brood. Skep die vleismengsel uit in ‘n goed gesmeerde oondskottel , steek die lourierblaar daarin en bak dit 15 minute lank op die middelste oondrak sodat die bobotie ‘n kors bo-op kan vorm. Hou dit eenkant warm. Klits die oorblywende 2 eiers saam en hou dit eenkant. Meng die mielieblom, die res van die kerriepoeier en die koue water tot ‘n gladde pasta en roer dit by die geklitse eiers. Voeg die kookmelk geleidelik by en laat dit prut totdat dit effens verdik. Roer dit voortdurend. Haal die mengsel van die plaat af en gooi dit oor die bobotie. Bak die bobotie nog 25-30 minute lank op die middelste rak van die oond totdat dit ferm en ligbruin is.
Bedien warm met blatjang.

Bedien bobotie met geelrys/witrys, soet pampoen of patats, tamatie en uie salsa

 *

TORTILLA MAALVLEIS PASTEI

Bestanddele:

2 uie,

greenpeppers gekap

5 mushrooms (gekap) (opsioneel)

1kg maalvleis

Peper

2 sakkies tamatie pasta

1 e Worcestersous

1 t peri peri speserye (opsioneel)

1 k water

1 pakkie oxtail soppoeier.

1 pak tortilla wraps (so ongeveer 6-8)

1 blikkie sweetcorn mielies

½ k chutney

½ k Mayonaise

Redelik baie gerasperde cheddar kaas

Ringkoekpan wat kan losknip of groot genoeg plat pan sodat hele “koek”uitgelig kan word

Braai uie oor matige hitte in olie tot lekker bruin

Gooi maalvleis by en braai tot bruin.

Gooi sout, peper, tamatiepasta, worcestershiresous,mielies en peri peri by en braai goed deur. Gooi water en soppoeier by tot dit ‘n lekker baie dik sous maak.

Meng Chutney en Mayonnaise. Smeer of spuit die pan goed. Sit 1 tortilla onder in. Smeer met so 1-2 eetlepels chutney mengsel. Skep so 1,5 cm laag maalvleismengsel oor. Sprinkel kaas oor. Herhaal tot jy eindig met ‘n tortilla. Smeer laaste tortilla met orige chutney mengsel en strooi kaas oor.

Bak in oond vir 45 min op 160C

Bedien 6-8 mense.

*

MAALVLEIS POFFERS

250 ml melk

2 eiers
125 ml olie
250 ml koekmeel
2 ml sout
10 ml bakpoeier
2 ml aromat / fondor
maalvleis

Klits vloeistof. Meng droe bestandele by (baie slap).
Skep deeg, dan maalvleis, dan weer deeg in kolwyntjiepannetjies.
Bak by 232ºC tot goudbruin.
(*Jy kan vienas, hoender, kase, tuna enigiets insit)
heerlik vir padkos ook

*

MAALVLEIS SONDER MOEITE

1 Ui

500 g maalvleis

100 ml blatjang

1 koppie rou rys

Knypie sout

1 blikkie Minestronesop

1 blikkie geroomde sampioene

500 ml kookwater

Braai die ui in ‘n bietjie olie en voeg maalvleis by. Braai tot bruin. Sit in ‘n oondvaste bak met ‘n deksel en voeg blatjang bo-oor.

Strooi die koppie rou rys eweredig bo-oor, asook sout.

Gooi minestronesop bo-oor en ook die sampioene. Voeg laastens die kookwater by. Sit deksel op en bak in oond vir 1 tot 1 ½ uur in ‘n voorverhitte oond teen 180°C

*

 MAALVLEIS-EN-RYSGEBAK

2KoppiesGaar rys
1KoppieKaas, gerasper

Spek
1PakkieSpek, gekap
1PakkieSampioene, in skyfies gesny
½ElkRooi en groen soetrissie, in blokkies gesny

Maalvleis
1UiGekap
1Knoffelhuisie, gekneus
Bietjie olie
600GBeesmaalvleis
½TeelGedroogde gemengde kruie
½TeelGedroogde soet basiliekruid
Sout en swartpeper na smaak

Sous
1PakkiePotato bake of witsuiesoppoeier
¾KoppieWarm melk
1KoppieDikroom
½KoppieWater

Stel oond op 180C. Spek : Soteer spek en voeg bietjie olie by indien nodig. Voeg sampioene by en soteer nog 5 minute. Voeg soetrissie vir laaste 2 minute by en verwyder van hitte. Maalvleis : Soteer ui en knoffel in olie tot ui sag is. Voeg maalvleis, kruie, basiliekruid en sout en peper by. Braai tot vleis gaar is en verwyder van hitte. Sous : Maak potato bak met warm melk aan. Roer dikroom en water by. Hou eenkant. Skap gaar rys onder in diep gesmeerde oondbak, gevolg deur spekmengsel, maalvleismengsel en sous.

 *

MAALVLEISPASTEI

1 kg maalvleis
2 k koue water
1 k sagte broodkrummels
25 ml asyn
10 ml sout
knippie peper
Kors:
1 eier
125 ml olie
125 ml melk
1 k meel
2 t bakpoeier
2 ml sout

Plaas bestanddele vir die vulsel in pot. Meng met vurk. Verhit tot kookpunt, roer gereeld en laat kook vir 5 minute. Voorverhit oond tot 180ºC en skep vleismengsel in skottel. Klits eier, olie en melk saam. Roer meelmengsel by en skep beslag bo op vleis. Bak vir 30 min tot goudbruin. Hierdie tert vries baie goed

*

HEERLIKE MAALVLEIS GEBAK

Oond 180 gr C.

Braai 1 groot gekapte ui en 500 gr maalvleis in bietjie olie tot vleis gaar is. Skep in oondvaste, diep bak, ek vat sommer my casserol. Skep paar lepels blatjang van jou keuse oor, en smeer gelyk. Gooi 1 k rou rys oor en sprinkel half t sout oor.Gooi 1 blikkie groentesop bo-oor en volg met 1 blikkie geroomde sampioene. Gooi nou 2 k kookwater bo-oor en bak vir 1-1 en half uur. Sit voor met groente of slaai

 *

MAALVLEIS IN MUFFINPANNETJIES

Hier is ietsie vinnig en lekker, maak net ‘n slaaitjie by: Maak maalvleis gaar soos jy daarvan hou(dit moenie souserig wees nie). Sny brood met sirkel koekiedrukker & smeer met botter. Plaas dit in muffinpannetjies en skep maalvleis in. Gooi kaas oor en bak tot brood bros.

*

 MAALVLEIS EN BLADJANG GEREG

Neem n koppie rys en kook net tot amper sag. Dreineer en hou eenkant. Braai uie bruin en gooi die maalvleis by. Sout en peper na smaak. Braai tot bruin. Neem n gesmeerder oondbak en gooi rys in en maak gelyk. Smeer n laag blatjan oor die rys. Gooi 1 koppie kookwater stadig oor. Moennie roer nie. Gooi nou die maalvleis oor. Neem n blik sampioensop en gooi dit boop maalvleis. Sit deksel op en bak vir 1 uur op 150 grade.

*

MAALVLEISGEREG MET CHAKALAKA EN BUTTERNUT

Braai 2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot. Gooi by : 1 blikkie Chakalaka met butternut en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)
Gooi droe spaghetti/noedels bo-oor. Gooi nou water bo-oor die mengsel sodat die water bokant die mengsel le.
Sit die deksel op en stoom tot gaar. Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.
Maak intussen ‘n lekker dik witsous en as spaghetti gaar is, gooi die witsous bo-oor.
Rasper nou 2 kase bo-oor. ‘n wit kaas bv Tussers en ‘n geel kaas bv Chedder
Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is.
Bedien met vars mengelslaai

*

CHILLI CON CARNE

Bestanddele
1 Pakkie Maalvleis
1 Ui
1 Rooi Soet Rissie
Chilies na smaak
Tabasco Sous na smaak
Sout, Peper en Origanum na smaak
1 Blikkie Tamatie Puree
1 Blikkie Tamatie en uie smoor
1 Blik Rooi “Kidney” boontjies
½ Blikkie Sweet corn

Metode
Sny ui, chilies en soet rissie fyn en braai in olie tot ligbruin. Voeg maalvleis by en braai. Voeg ander bestanddele by en braai. Stel hitte af en prut stadig vir 15 minute.

*

MAALVLEIS PASTEI MET RYSKORS

1 dik sny brood, korsies verwyder
Bietjie melk
sout en peper na smaak
5ml koljander
37,5ml asyn
500g maalvleis
1 tamatie
3 repies spekvleis
50ml gerasperde kaas
Week brood, in ‘n bietjie melk, druk uit en krummel. Voeg geurmiddels by maalvleis. Voeg brood by en meng. Skil tamatie, kap in blokkies en voeg by. Druk helfte van mengsel liggies in gesmeerde oondskottel. Rangskik spekvleis en kaas bo-op. Plaas res van vleismengsel bo-oor. Skep volgende kors oor vleismengsel.
KORS:
2 eiers 125ml melk
12,5ml gesmelte botter 125ml gaar rys
125ml meelblom 5ml bakpoeier
125ml gerasperde kaas
Klits die eiers goed en voeg die melk by. Voeg botter en rys by. Sif meelblom en bak poeier by en skep bo-oor vleismengel in oondskottel. Strooi kaas oor en bak vir 1 uur by 180C.

*

RYSVERRASSING

500 g maalvleis
olie
2 uie, gekap
3 knoffelhuisies, gekap
2 ryp tamaties, geskil en gekap
helfte van `n 65 g blikkie tamatiepasta
worcestersous na smaak
sout en peper na smaak
5 ml basiliekruid
500 – 750 ml gaar rys

Braai die ui en knoffel in die olie tot sag, voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Voeg die tamaties, tamatie pasta en geurmiddels by. Prut `n paar minute tot tamatie gaar is. Voeg die rys by, meng goed en verhit tot deurwarm. Dien op met slaai en vars broodrolletjies indien verkies.

*

KRUMMEL MAALVLEISPASTEI
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
olie
500 g maalvleis
1 blik boontjies in tamatiesous
15 ml worcestersous
sout en peper na smaak
Bolaag:
60 ml botter
200 ml koekmeel
2 ml basieliekruid
200 ml gerasperde kaas

Braai die ui en knoffel in `n bietjie olie tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar. Voeg die boontjies en worcestersous by en geur na smaak met sout en peper. Skep in `n gesmeerde oondvaste bak.
Vryf die botter met jou vingerpunte in die meel in. Voeg die basieliekruid en kaas by en meng goed. Sprinkel oor die maalvleismengsel. Bak by 180 grade C vir 20 – 30 minute tot goudbruin en gaar. Dien op met slaai of groente van jou keuse

*

MAALVLEIS-EN-HOENDERLEWERLEKKERTE
6 preie, in ringe gesny
bietjie botter of margarien
500g hoenderlewers, in stukkies gesny
250g maalvleis
250ml room
2 tamaties, in blokkies gesny
5ml droë pietersielie
5ml knoffelsout
sout en peper na smaak
3 druppels Tobasco, indien verkies
Braai die preie in ‘n swaarboomkastrol tot sag en deurskynend. Voeg die hoenderlewer en maalvleis by en roerbraai liggies tot amper gaar. Voeg die res van die bestanddele by, sit deksel op en prut ‘n halfuur.

*

EENBAK MAALVLEIS GEREG:

Kook saam tot gaar : 500gr maalvleis, 250ml water 5ml sout 2ml peper
Skep maalvleis in platbak
Smeer 100ml chutney oor
Strooi 250ml rou rys bo-oor
Gooi 1 blik (410gr) ministrone sop oor
Gooi 1 blik geroomde sampioene oor
Gooi 500ml gekookte water bo-oor
Bak vir 1 en half uur opmiddelste rak op so 140/160 grade

*

SPAGHETTI BOLOGNAISE
375 g spaghetti (gaar)
1 ui, fyn gekap
12,5 ml olie
500 g maalvleis
5 ml sout
3 ml gemengde speserye
3 ml tiemie
3 ml kaneel
12,5 ml appelkooskonfyt
25 ml blatjang
1 x 410 g blik tamatiepuree

Braai ui tot sag in olie. Voeg maalvleis by en braai tot los. Voeg res van bestanddele behalwe kaas by en meng goed. Ek gooi `n halwe blik water (spoel die puree blik daarmee uit) ook by. Prut sowat 20 minute lank. Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak, dreineer goed en meng met die vleissous.

*

MAALVLEIS BOLLE BOLOGNAISE
Spaghetti (gaar)
1 ui gekap
1 pakkiek tamatieroomsoppoeier
15ml margarine
37.5ml tamatiesous
25ml blatjang
12,5ml worcestersous
250ml koue water
3ml tiemie
1 klein blikkie ingedampte melk (ideal melk)
Garnering:
Vars gekapte pietersielie en spruituie (na smaak en ook opsioneel)
Braai die ui in die margarine tot bruin, Meng die res van die bestandele by. Roer goed deur en kook vir ongeveer 15min. stadig. Plaas maalvleisbolletjies in die mengsel en kook vir so 10 minute. Bedien op spaghetti.

*

MAALVLEIS PANNEKOEKE

PANNEKOEK

4k koekmeel

4t bakpoeier

4 eiers

4k water

1t sout

Meng alles goed tot gladde mengsel.

MAALVLEIS PANNEKOEK VULSEL

 Braai uie tot sag.   Gooi  maalvleis by en roerbraai so ‘n rukkie tot maalvleis los is . Voeg aartappelblokkies by en bietjie  water en kook tot  gaar – as aartappels sag en is, gooi orige water af en maak die aartappels fyn teen die kant van jou pot – Dit maak dat die maalvleis so ‘n lekker dik stywe beslag is. Gooi by sout, peper bladjang na smaak en roer deur.

Jy kan nou die pannekoeke net so opdien

OF

Maak lekker dik witsous, rol jou pannekoeke op met die maalvleis, sit in ‘n bak, gooi die witsous bo-oor, rasper kaas bo-oor en bak in die oond by 180 C tot lekker deurwarm en kaas gesmelt is.

*

MAALVLEIS MET SPINASIE EN FETA

Deur Huisgenoot Digitaal

Genoeg vir 4-6 mense

15 ml (1 e) olyfolie
2 uie, gekap
500 g maalvleis
sout en peper
400 g baba-spinasie
250 g feta
250 ml (1 k) room

Verhit die olie en soteer die uie tot goudbruin.
Voeg die maalvleis, sout en peper by. Roerbraai tot die maalvleis gaar en bruin is.
Verminder die hitte en voeg die spinasie, feta en room by. Laat prut 2 tot 3 minute.
Sit voor saam met pap.

*

LALALA (LAGIE) MAALVLEISGEREG
Braai mince en uie tot gaar, spice soos wil.
Pak dan lae (dis waar die naam vandaan kom) met groente.
Heel onder sommer in pot waarin jy mince gebraai het, gesnyde aartappel,
2de laag is wortels gesny,
3de laag is 1/2kop rou rys,
4de laag is blik room mielies,
5de laag is groenboontjies,of ertjies,nes jy wil,
6de laag is blik tamatie en uie smoor,
7de laag is die gebraaide mince.
Maak pakkie tamatie sop aan met 1kop water, gooi bo-oor, maak deksel toe. Sit in oond op 180 tot gaar, so 45min. Al die groentes en rys is rou!

*

ALLES IN EEN MAALVLEISPASTA

250 g macaroni
Witsous:
45 ml botter
45 ml koekmeel
sout en peper
375 ml melk
Maalvleis :
2 uie, gekap
bietjie olie
800 g beesmaalvleis
250 g sampioene in skyfies gesny
2 geelwortels, in skyfies gesny
6 murgpampoentjies, skyfies gesny
knippie gemaalde kaneel
5 ml paprika
sout en peper
15 ml vars pietersielie, gekap
1 x 410 g blik pitmielies, gedreineer
250 ml cheddarkaas, gerasper
125 ml melk
2 eiers
Stel oond op 180°C.
Kook pasta tot gaar, nie pap nie.
Maak witsous met botter, meel en melk en geur met sout en peper na smaak Hou eenkant
Braai uie
Voeg vleis by en braai tot los en bruin
Voeg groente by en roerbraai nog 10 min.
Voeg res behalwe eiers en melk by.
Meng pasta, maalvleis en witsous en skep in `n gesmeerde oondbak. Klits eiers en melk saam, giet oor gereg en bak vir 30 min tot gaar.

*

MIELIEPAP EN VLEIS GEREG

250ml mieliemeel
500ml water
Knypie peper
½ tl braai speserye
5ml sout
¼ t tamatiesous
1 ui fyngekap
250ml kaas gerasper
1 soetrissie fyn
1 tamatie
1 E olie
2 eiers
250ml gemaalde vleis
125ml melk

Meng mieliemeel, water en sout en kook vir 20 min.
Braai ui en soetrissie in olie.
Voeg vleis, peper, speserye en tamatiesous by en laat stadig stowe tot vleis gaar is.
Meng vleis en pap en gooi in gesmeerde oondskottel.
Sprinkel kaas bo-oor.
Sny tamatie in skywe en pak bo-op.
Klits eiers en melk saam en gooi bo-oor.
Bak vir sowat 30min by 200°C.

*

MAALVLEIS-EN-PASTAGEBAK
125 g spekvleis, gesnipper
500 g maer beesmaalvleis
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 groen soetrissie, gekap
‘n halwe pakkie bruin uiesop
1 blik (410 g) gekapte tamaties
500 ml beesvleisaftreksel
125 ml blatjang
Sout, peper en suiker na smaak
500 g pasta (macaroni of penne)
375 ml gerasperde kaas
375 ml vars broodkrummels
60 ml gesmelte botter
45 ml vars pietersielie, gekap

Braai die spekvleis in ‘n swaarboompot tot gaar. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Braai die uie, knoffel en soetrissie in ‘n pan tot sag. Voeg by die maalvleismengsel en sprinkel die uiesop oor. Roer deur, voeg die tamaties, aftreksel en blatjang by en laat deurkook. Geur met sout, peper en suiker en laat prut tot geurig (die vleis moet nog lekker souserig wees). Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak tot gaar, maar steeds ferm.Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die pasta liggies met die vleismengsel en skep in ‘n groot oondbak. Meng die kaas en broodkrummels met die pietersielie sprinkel bo-oor. Bak vir 30 — 40 minute tot goudbruin. Sit warm voor met slaai.

*

SPEK- BOONTJIE EN MAALVLEISETE
250g maer spek stukkies (bacon bits)
300g maer maalvleis
beesaftrekselpoeier
10g blik tamatie- en uiemengsel
500g McCain Green Beans, Potato & Onion
45ml grofgekapte pietersielie
geurmiddels: brandrissiesous, fyngekapte knoffel en gemaalde swart peper
Plaas spek en maalvleis in ‘n kastrol en roer oor matige hitte tot lekker bruin. Geur liggies met aftrekselpoeier. Voeg McCain boontjiemengsel en tamatiemengsel by. Geur na smaak en prut ongeveer 15 minute, of tot gaar genoeg na jou sin. Vurk pietersielie deur en bedien met pasta en ‘n slaai.

*

FRIKKADELSLAAI
Frikadelle:
500 g maer maalvleis
1 sny brood, geweek in 100 ml melk
1 klein ui, fyn gekap
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
1 ml fyn naeltjies
30 ml asyn
50 ml gekapte pietersielie.
Krummel brood. Voeg res van bestanddele by. Meng liggies met ‘n vurk. Vorm klein frikkadelle. Plaas op ‘n bakplaat. Bak by 160 C vir 20 minute en laat afkoel.
Slaai:
1 krop botterslaai
½ Engelse komkommer, in skywe gesny
425 g-blikkie klein mielies, gedreineer
150 g swart druiwe
10 kersietamaties
30 ml gekapte pietersielie.
Pak blaarslaai op ‘n groot plat bord. Rangskik frikkadelle, komkommer, mielies, druiwe en tamatie bo-op slaai. Sprinkel met pietersielie.

8

PAAR LEDE SE HUISKOK RESEPTE

Helene Smit Neem maalvleis gooi 1pakkie bruin uiesoppoeier by en halwe kop chutney. Maak balletjies en bak in oond vir halfuur op 180C

Helen Smit Boere-bryani::::::braai 1 kop rys in biki olie tot gepof,sny uie en greenpepper in braai so 5min,voeg maalvleis by,maak los met n vurk,braai tot droog gooi nou enige groente bo-op met jou souit,peper,neutmuskaat,mespunt gemaalde naeltjies en eetlepel asyn by.Roer lekker deurmekaar.maak toe met water tot bokant van mengsel.laat prut stadig tot vloeistof weg is.moenie verdik,skep net so op.Dis HEERLIK!

Natasha Ludwig Bezuidenhout Lekker ek maak kerrie maalvleis en rys Braai gesnyde ui in pan met botter kan rajah meduim curry powder so 1 tlp by uie gooi en braai gooi maalvleis by en braai tot bruin en gaar ek gooi Dan curry mixed vegetables wat in die blikkie is by en kook nog so paar min gooi peper en sout na smaak en sit voor met gaar gemaakte reis. Dis vinning en maklik. As jy dit nie te sterk wok he nie hoef jy nie die rajah by te gooi nie. Hoop julle geniet dit

Chrissie van Zyl Pasta en maalvleis. Alfredo pasta. Ek gebruik macaroni en alfredo pasta sous in pakkie.
Maalvleis gaan ek klein frikkadellietjies. Maak en roerbraai groente braai en dan saam rangskik bo op macaroni en groenslaai saam bedien.

Magrietha Bronkhorst Ek gaan vanaand net my weergawe van macaroni en kaas maak. Ek maak my maalvleis gaar en macaroni apart dan meng ek kaas en macaroni en sit 1ste in bak, dan my maalvleis met kaas oor en dan mash bo oor en bak dan in oond.

Alida Potgieter Le Roux Hier is my maalvleis bydra. Maalvleis en blatjan kasserol. Neem n koppie rys en kook net tot amper sag. Dreineer en hou eenkant. Braai uie bruin en gooi die maalvleis by. Sout en peper na smaak. Braai tot bruin. Neem n gesmeerder oondbak en gooi rys in en maak gelyk. Smeer n laag blatjan oor die rys. Gooi 1 koppie kookwater stadig oor. Moennie roer nie. Gooi nou die maalvleis oor. Neem n blik sampioensop en gooi dit boop maalvleis. Sit deksel op en bak vir 1 uur op 150 grade. Dis heerlik!

*

MAALVLEIS BROODJIE

(Amanda Gerber)

Ek meng my maalvleis met eiers, broodkrummels, gemengde groente as jy wil en speserye. Dan gooi ek klein bietjie water in n broodpannetjie, sit die maalvleis daarin en bak ini oond tot gaar. O ja onthou om die pannetjie te spuit met spray en cook dat hy nie vassit nie.

MEATLOAF 

Renata Niemand ‎

500g maalvleis, 1 pak mushroom sop, 125ml water, 1 ui gerasper, Knoffel, 1k vars broodkrummels, 2 eiers, 15ml meel, 5ml sout, 1k mayonaise: meng saam en bak in broodpan by 180C vir 1 uur

 Michell Brundyn-Vorster

ONDERSTEBO MAALVLEISTERT

(die 1 kom uit my ma se plakboek)

600g maalvleis
1 ui, fyngekap
15ml (1e) vars origanum blaartjies
3 eiergele
sout & peper
125g spekvleis
125g sampioene, in skyfies gesny
125g bloukaas, gekrummel
400g skilferkorsdeeg, ontdooi en ligweg uitgerol

Voorverhit die oond tot 200’C. Meng die vleis, ui, origanum, eiergele, sout en peper in ‘n mengbak. Smeer ‘n 20cm koekpan, voer die boom uit met bakpapier en smeer weer.
Rangskik die spek op die bakpapier, gevolg deur die sampioene. Sprinkel die bloukaas oor. Skep die maalvleismengsel bo-op. Sny die deeg effens groter as die koekpan, bedek die vleis daarmee, druk die deeg effens langs die kante in. Bak die tert sowat 30 na 40 min of tot gaar.
Laat rus die tert ‘n paar minute en keer uit op ‘n groot opdienbord. Sny in skywe en sit voor saam met slaaie.

*

MAALVLEIS EN AARTAPPEL GEBAK

Vleissous

1 ui, gekap 2 knoffelhuisies, fyn gekap 10 ml olyfolie 10 ml koljander 5 ml komyn 500 g beesmaalvleis 60 ml tamatiepasta 1 x 410 g blik gekapte tamaties Water Sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak 45 ml gekapte, vars oreganum 6 middelslag-aartappels, gaar gekook en skille afgetrek 125 ml room 3 ml neutmuskaat 125 ml gerasperde cheddarkaas

Braai die ui en knoffel in die olie tot sag. Voeg die speserye by en braai tot geurig. Voeg die vleis by en braai bruin. Voeg die tamatiepasta en gekapte tamaties by. Maak die tamatieblik vol water en voeg by die vleis. Geur goed met sout, peper en ’n bietjie suiker en roer die oreganum deur. Laat prut vir sowat 20 minute tot geurig en effens verdik. Voorverhit oond tot 180 °C en sny aartappels in skywe. Begin met ’n dun lagie vleissous onder in ’n oondbak. Pak ’n laag aartappelskywe bo-op en skep nóg ’n lagie vleissous op. Herhaal die lae en eindig met ’n laag aartappels. Giet room oor en sprinkel neutmuskaat en kaas oor. Bak vir 30 minute. Sit voor met ’n mengelslaai. Lewer ses porsies.

Vir nog ‘n paar resepte :

https://kreatiewekosidees.com/?s=LASAGNE

https://kreatiewekosidees.com/?s=MAALVLEIS

https://kreatiewekosidees.com/?s=PASTA

https://kreatiewekosidees.com/?s=FRIKADELLE

https://kreatiewekosidees.com/?s=BOBOTIE

https://kreatiewekosidees.com/?s=KERRIE+EN+RYS

https://kreatiewekosidees.com/?s=HERDERSPASTEI

*

KERRIEMAALVLEIS – TORTILLAS/QUESADILLAS

Deur Huisgenoot Digitaal

MAALVLEIS
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies,
fyngedruk
15 ml (1 e) olie
500 g maalvleis
30 ml (2 e) kerriepoeier
45 ml (3 e) blatjang

QUESADILLAS
4 tortillas
200 g spinasie,
gekap
200 g mozzarella, gerasper

Verhit die oond tot 200 °C.

Maalvleis Braai uie en knoffel in olie. Voeg res van bestanddele by; roerbraai tot gaar.
Quesadillas Pak ’n tortilla op ’n plaat, sit ’n derde van die vleis, spinasie en kaas bo-op, herhaal. Eindig met ’n tortilla.
Bedek met foelie, bak 15 minute, verwyder foelie, sprinkel nog kaas en rooster tot gesmelt.
Sny in skywe; sit voor.

*

MAALVLEISROL
Elizma se Swellendam Maalvleisrol ~ RSG

BESTANDDELE

1 groot ui, gekap
4 eetlepels olie
1 groot knoffelhuisie, opgekap (of 1 eetlepel fyn rou winkelknoffel)
1kg maer beesmaalvleis
2 eetlepels vars pietersielie
2 eiers, lig geklits
2 snye bruinbrood, korsies afgesny en die res in klein blokkies gesny
sout na smaak
kruie
150g Cheddarkaas, gerasper

METODE

Verhit die oond tot 180 grade Celsius.
Braai die uie tot net gaar in ‘n bietjie olie.
Gooi die knoffel by en braai verder vir 1 minuut.
Hou eenkant
Meng al die droë bestandele saam.
Meng dit met die maalvleis en die eiers.
Druk die maalvleis uit op ‘n stuk kleefplastiek tot 1cm dikte.
Smeer ‘n lagie van die uie en knoffel oor die uitgerolde maalvleis.
Sprinkel die kaas oor.
Rol die maalvleis versigtig op en verwyder die kleefplastiek.
Plaas die vleisrol in ‘n oondskottel.
Bak vir 45 minute tot die kaas begin uitloop aan die kante.
Bedien met ‘n sous van jou keuse, pasta en groente.

*

MAALVLEIS BOLLETJIES/FRIKADELLE
500 na 750 gr maalvleis
2 groot aartappels (gerasper)
1 groot ui (gerasper)
1 groot wortel ( gerasper )
2 eiers
Groot handvol oats
1tl kerrie
2eetl asyn
Sout en peper
1tl teel bakpoeier
1 eetl bruin uiesoppoeier
Meng al bo-genoemde bestandele
Maak bolle en sit in kasserol
Vat enige soppoeier van jou keuse – maak aan met 500ml water
Gooi bo-oor en bak (bedek) by 130/140 grade vir 1 ¼ na 1 ½ uur
PASOP DAT JY NIE DIE OOND TE HOOG STEL NIE, ANDERS BAK JOU MAALVLEISBOLLE KURKDROOG. Dit moet nog ‘n lekker sousie he.
KOOL FRIKADELLE:
Vat jou kool. Laat le in kookwater of sit in mikrogolf in water vir rukkie sodat die kool lekker sag en elasties raak. Vou om frikadelle. Sit in casserol, giet soppoeiermengsel bo-oor en bak met deksel op.

*

HERDERSPASTEI
4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 eetlepel botter
1 eetlepel fyngekapte ui
¼ koppie gerasperde cheddarkaas
sout en peper na smaak
5 wortels, gekap
½ kop bevrore ertjies
1 eetlepel olie
1 ui, gekap
500gr maalvleis
2 eetlepels meel
1 eetlepel tamatiesous
¾ koppie vleis aftreksel (beesblokkie aangemaak in ¾ kop water)
Jy ka nook sommer ‘n bietjie veggie mix ook ingooi in die plek van die ertjies en wortels
¼ koppie gekerfde cheddarkaas
Verhit die oond tot 180 C. Kook die aartappels vir sowat 15 minute of tot die aartappels gaar. Dreineer en mash die aartappels. Meng die botter, 1 eetlepel fyngekapte ui, en ¼ koppie gerasperde kaas by. Voeg sout en peper by na smaak. Hou eenkant
Kook wortels vir ongeveer 15 minute of tot sag en maak fyn. In ‘n groot pan, braai uie tot sag Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Gooi die oortollige vet af , en voeg dan meel by en braai vir ‘n verdere minuut of so . Voeg die tamatiesous, ertjies en vleisaftreksel by Bring die mengsel tot kookpunt, verminder dan die hitte en prut vir 10 minute. Die mengsel moet ‘n lekker dikkerige mengsel wees. Indien nie, verdik ‘n bietjie.
Gooi die maalvleismengsel in ‘n plat bak. Smeer die fyn wortels bo-oor en dan die lag fyn aartappels. Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak vir 20 minute of tot goudbruin.

*

PASTA EN MAALVLEIS
500 g maalvleis.
1 blikkie tamatie en uiesmoor.
1 pakkie soppoeier (bruin uie).
Half pak rou pasta (macaroni, skulpies, wieletjies, .
2 tot 3 koppies kookwater

Metode:
Braai die maalvleis tot gaar, gooi die soppoeier bo-oor en roer. Gooi die blikkie tamatie en uiesmoor bo-oor en roer. Gooi die pasta bo-op en dan die kookwater, eers net 2 koppies. Sit die deksel op en wag so 15 min. Die mengsel moet prut en nie te vinnig kook nie anders brand die vleis aan die onderkant. Haal deksel af en roer die pasta tussen die vleis in. Nou behoort mens te sien of nog kookwater nodig is om die pasta sag gekook te kry. Indien nodig gooi dan nog kookwater by en moenie die deksel terugsit nie. Na so 5 min behoort alles gaar te wees. As mens van baie sout in kos hou sal dit nodig wees om nog sout by te gooi, maar ek het gevind dat die soppoeier dit genoeg geur vir ons smaak. ‘n Bietjie chutney bo-oor is heerlik

*

BOLOGNAISE BASISRESEP – voeg hierby jou maalvleis bolletjies of jou maalvleis wat gebraai is
Gebruik hierdie resep en maak sommer ‘n lekker groot klomp, vries dit in porsies en maak verskillende geregte daarvan.
45ml olyfolie
250g spek grof gekap
1 ui fyn gekap
2 knoffelhuisies gekap
500g maalvleis
1 x 400g blik tamaties
250g tamatiepasta
hand vol tiemie
350ml rooiwyn
100g parmesaankaas gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:
Verhit olyfolie tot warm in middelslag pot. Voeg spek, ui en knoffel by. Roerbraai vir 5-8min of tot spek mooi bruin is. Voeg maalvleis by en braai verder vir nog 5-8min of tot die vleis bruin is. Maak seker jy roer al die klonte in die maalvleis goed sodat jy ‘n lekker los mengsel het. Voeg blik tamaties, -pasta, helfte van tiemie en al die rooiwyn by. Meng goed en sit hitte op laag. Laat stadig prut vir minstens 90min terwyl jy elke 10min roer. (Hoe langer dit kook, hoe lekkerder is die sous). Voeg parmesaankaas en res van tiemie by. Roer weer. Geur goed met sout en peper. Sit voor saam met gekookte spagetti

maalvleis en lewertjies gereg

Maalvleis en hoenderlewertjie gereg met die pap-twist

MAALVLEIS EN HOENDERLEWERTJIES MET ‘n PAP-TWIST

500gr maalvleis

500gr hoenderlewetjies

2 medim uie – gekap

5 Sampioene gekap

1 klein groen rissie gekap

2 Tamaties – geskil en gekap

1 blikkie chakalaka – hot and spicy – gebruik tamatie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie

Ongeveer ‘n ½  na ¾ kop room

Sout peper en knoffelvlokkies na smaak

1 pot slappap – maak soos slap ontbytpap

Braai die uie, sampioene en rissies tot gaar

Skep uit en hou eenkant

Braai die maalvleis, hoenderlewertjies, knoffelvlokkies , sout en peper tot gaar

Voeg die tamaties by en roerbraai vir ‘n rukkie

Voeg die chakalaka/tamatie en uiesmoor en uiemengsel  by en roerbraai tot deurwarm

Gooi ‘n lagie pap onder in gesmeerde bak

Gooi  ‘n lagie van die vleismengsel en gooi die helfte van die room oor

Weer ‘n lagie pap en die orige vleismengsel

Eindig af met die laaste bietjie room

Strooi bietjie gerasperde kaas oor en bak by 180C vir so 20 na 30 min

ilse maalvleis

Ilse se Mince Mate

ILSE SE MINCE MATE

1kg maalvleis
3 groot uie
1 k rooi wyn
2 e fyn knoffel
1 vars roosmaryn takkie, trek blaartjies af en kap fyn
1 e pietersielie
1 e mixed herbs van Robertsons
1 t Oregano
1 blik tamatie en uie smoor
2 klein blikkies tamatie pasta
2 blikkies sampioene
2/3 pak rou spaghetti
800ml kookwater

Braai die uie tot ligbruin. Gooi maalvleis by en gooi 1/2 k water by en braai tot maalvleis bruin is en water heel verdamp het. Gooi wyn, knoffel, roosmaryn, pietersielie, mixed herbs en oregano by. Hou aanhoudend roer tot wyn meestal weggekook het. Gooi sampioene en tamatie pasta en smoor by. Roer goed deur. Breek spaghetti in helfte en roer by maalvleis. Voeg kookwater by. Prut ongeveer 30 min tot pasta gaar en sag is. Roer a fen toe sodat dit nie aanbrand nie.
Bedien met ‘n warm broodrolletjie en botter

Braai, Braai bygeregte, braaivleis – KOM ONS BRAAI


bbq

K O M   O N S    B R A A I    !!!!!!

POTATOBAKE BUNS

Vat 3 tot 4 hamburger buns, sny in helfte oop – le plat in bak sodat gesnyde kante na bo le – maak aan: 1 blikkie room een pakkie potato of pasta bake (enige geur) meng goed – gooi bo-oor die buns, Rasper klomp kaas bo-oor en bak in die oond tot gaar en goudbruin – Jy kan sout en gemaalde swartpeper ook byvoeg en bietjie pietersielie en paprika

*

KERRIEPERSKES

1 groot blik perske skywe of halwes

2 uie in dun skywe gesny
30 ml olie
2 teelepels matige kerrie
125 ml asyn
125 ml suiker
2 eetlepels blatjangstroop van die perskes

Metode:
Braai die uie in die olie tot sag en deurskynend.
Voeg die ander bestandele behalwe die perskes by en laat die stroop effens dik kook.
Koel af en gooi oor perskes.!!!!!!!!

*

KAASGEREG MET BROOD

8 dik snye witbrood (smeer met botter)
3 eiers
sout, peper en mosterdpoeier
2 kop gerasperde kaas
3kop melk
(opsioneel – pakkie bacon en 1ui gebraai)
Pak 1 laag brood – gooi helfde van eier mengsel en spek en 1 kop kaas oor
pak weer laag en gooi laaste melk en laaste die kaas bo-oor
Bak in oond by 180 grade tot gaar en goudbruin.

*

KAAS PANBROOD

Skep 2 eetl botter in bak voeg by 1 tl knoffelsout – sit in oond dat dit smelt – sprinkel bietjie rooi peper bo-oor
Meng nou saam:
2 en half kop meel
4tl bakpoeier
half tl sout
2 kop gerasperde kaas
1 en driekwart kop melk
Meng alles goed
Skep nou lepelsvol bo-op die botter en rooipeper mengsel
Bak vir 1/20 min by 180grade
Gebruik verkieslik ‘n plat bak vir die gereg

 

IMG_5200

MIELIETERT – MIELIETERT MET GROENTE
60 ml meel
60ml suiker
60ml botter gesmelt
15ml bakpoeier
4 eiers
2 blikkies room mielies
sout en gemaalde swart peper
Gemengde groente (gevriesde pakke country crop) – jou keuse hoeveel jy wil ingooi
1 Koppie kaas
1 Tamatie
Meng al die bestandele behalwe die groente, kaas en tamatie
Gooi gemengde groente (net so gevries) onder in bak (jy kan minder gebruik as jy wil, hang af hoe groot is jou bak
Gooi mieliemengsel bo-oor
Gooi gerasperde kaas bo-oor
Sny tamatie in skywe en rangskik bo-op
Gooi bietjie pietersielie en paprika oor, sny skyfies tamatie op, en bak in oond vir ongeveer 1 uur by 180 C
Jy kan die groente uitlaat – dan is dit net ‘n gewone mielietert

035

AARTAPPEL SOSATIES OP DIE KOLE . Jy kan basies enige iets inryg, van sampioene tot kersie tamaties , stukkies uie en baby marrows

AARTAPPEL SOSATIES OOR DIE KOLE

Kook baba aartappels tot 95% gaar. Draai om elke aartappeltjie ‘n repie spek. Ryg nou die aartappels saam met ‘n groen of rooi kersie en sampioene op ‘n sosatie stokkie. Ek het ‘n sousie gemaak van ‘n teelepel appelkooskonfyt, botter, garlic, droe pietersielie, sout en gemaalde swartpeper en die oorgesmeer terwyl dit op die kole gele het – Ons gebruik parykeer sommer bbq sous (Jimmy sous)  ook wat ons oorsmeer en dit is baie lekker.

*

AARTAPPEL SOSATIES

Baie lekker bykos vir ‘n braai
24 klein baba aartappeltjies (kook tot gaar)
Draai nou om elke aartappeltjie is repie spek
Ryg in op sosatiestokkie –
Pak in platbak
Maak sous van:
250ml suurroom
grasuie gekap
140 gr agurkies – fyngekap
swart gemaalde peper
Gooi bo-oor en bak in oond tot spek gaar en lekker crispy is.

Botterskorsie, uie en knoffelbotter

Botterskorsie, uie en knoffelbotter

BUTTERNUTSKYWE

Sny jou butternut in dik skywe – met skil aan. Smeer lekker homp botter op en garlic flakes, sout en gemaalde swartpeper – sny ‘n ui in skywe en sit die skyf ui bo-op die butternut. Maak toe met foelie en maak gaar op die kole of in die oond. As opdien, rasper bietjie knoffelbotter oor,stukkies krummel maaskaas, gekapte pietersielie of spruituie

marrow tert lid

MARROWTERT

Rencia Odendaal Pretorius
6 kop gerasperde marrow (rou)
6 eiers,geklits
1 kop meel
2 tl bakpoeier
1 kop suiker
2 tl vanielje
4 eetl botter
sout na smaak
Meng botter en suiker, voeg eiers by. Meng droe bestandele by en pampoen.
Meng alles en bak tot gaar vir plus minus 45 min na 1 uur op 180 grade.
Ek halveer die resep altyd en dit is genoeg vir 4 mense.

*IMG_4651

Hier het ek die Potato bake en aartappel broodjie in klein vierkantige muffin pannetjies gebak. Elke persoon het sy eie broodjie gehad

AARTAPPEL EN KAAS (POTATOBAKE) BROODJIE
Rencia Odendaal Pretorius
(Baie lekker by ‘n braai)
1 pakkie cheese en bacon potatobake (ek gebruik sommer enige ander geur wat kaas in het bv 3 cheeses ens)
Jy kan vir afwisseling ook so ‘n bietjie gebraaide spek byvoeg by die resep
300ml gerasperde kaas
75ml melk
300 gr aartappels – geskil en gerasper
450gr bruismeel
1 eier
Meng meel en potato bake
Voeg aartappels en kaas by en meng deur
Meng eier en melk en meng by bg mengsel
Knie net effe deur
Maak in bol vorm en sit in pannetjie
Smeer bietjie melk bo-oor
Strooi bietjie droe pietersielie en paprika oor (opsioneel – dit gee die broodjie net mooi kleur)
Bak vir 45/50 min by 180 grade C

*

Moenie dat die slaai julle afskrik nie – DIT IS VREESLIK LEKKER !!!!!

 PICALILLI’S SLAAI

Rencia Odendaal Pretorius
1 Bottel Picalilli’s (die liggeel een)
1 blik kondensmelk
1 blikkie fruit cocktail (stroop goed af gedreineer)
Meng goed
Sny 2 piesangs in ringetjies en sprinkle suurlemoensap oor. Meng deur
Bewaar in yskas
Jy kan nog as jy wil ‘n ekstra blikkie perskes gesnipper byvoeg om die slaai meer te maak.

IMG_5623

Kerrie noedelslaai en aartappelslaai

KERRIE NOEDELSLAAI

500 gr klein skulpie noedels (gaar maar nie pap gekook)

1 green/yellow/red pepper gekap

1 ui gekap

Meng:

1 kop tamatiesous

1/2 kop asyn

1 blikkie pynappel in stukkies gesny

1/2 kop olie

200ml suiker

25ml kerrie

1 wortel grof gerasper

sout en gemaalde swartpeper na smaak

Meng alles deur en hou in yskas.

*

AARTAPPELSLAAI

8 medium aartappels in die vel

5 ml sout

knippie mosterdpoeier

suurlemoensap en swart peper na smaak

½ koppie (125 ml) mayonnaise

½ koppie (125 ml) gewone lae-vet jogurt

1 eetlepel (15 ml) gekapte vars pietersielie

½ groen of rooi soetrissie, sade verwyder en gekap

½ ui, fyn gekap

1 tot 2 hardgekookte eiers, geskil en gekap (opsioneel)

Plaas aartappels en ½ teelepel sout in ‘n pot met water. Bring tot kookpunt en kook tot sag. Laat afkoel, skil en sny in blokkies.

Meng  die mosterd, die res van die sout, suurlemoensap, peper, mayonnaise, jogurt en pietersielie.

Meng die sous in die aartappels in met soetrissie en ui.

Sprinkel met eier en bedien.

Ek sit altyd by my aartappelslaai ook ‘n paar stukke geblikte pynappel by en ook blokkies kaas.

*

RENCIA SE RYSSLAAI

Gaar rys (ongeveer 2/3 kop)

1 uie gekap

1 Blikkie gemengde groente (gedreineer)

1 Klein blikkie perskeskywe (gesny in blokkies)

Maak ‘n sousie van:

Mayonaise,bietjie melk, sout, peper, kerriepoeier, borrie en pietersielie en ‘n paar teelepels suiker – Ek kyk maar hoeveel en proe tot lekker smaak het. Mense se smaak verskil met die Kerrie, maar ek vat gewoonlik so 2/3 tl Kerrie – 1 tl borrie en die ander na smaak en hoeveelheid rys wat jy gebruik.

Meng alles saam – bewaar in yskas. Die resep is eers op sy lekkerste as dit oornag gestaan het.

IMG_5528

IMG_5535

 

SKILFEEKORS “PIZZA” OP DIE KOLE: (Kwaai braapaai)

2 rolle skilferdeeg – ontdooi en uitgerol

1 pak spinasie of vars bossie

Gaar hoender (geflok of in blokkies)

250gr spek – 1 ui, 1 rooi en 1 geel rissie gekap en gebraai tot gaar

1 pak sampioene in skywe gesny

Fetakaas

Cheddar kaas

Mozzarella kaas

Gouda kaas

Kies so 2 verskillende kase of 3 of al 4 jou keuse

Kies jou eie speserye soos lemonpepper, rosmary and olive of sout en peper ens.

Vat nou jou toeknyp roorster. Spuit spray en cook op of smeer met botter

Sit op onderste deel van die rooster die 1ste stuk skilferkors

Sit helfte van die rou spinasie op

Sit hoender op

Sit uie en spek mengsel op

Pak rou sampiene op

gooi speserye op

Sit nou verskillende kase op

Eindig af met ander helfte van pak spinasie

Plaas ander skilferkos bo-op – knyp toe aan die kante

Verf eier of melk bo-oor en onderkant van skilferkors

Knyp rooster toe.

Braai hoog op vuur tot gaar en goudbruin.

Draai gedurig om.

*

BRAAIVLEIS BROODJIE
1 pakkie (500g) bruismeel
500 ml karringmelk
1 koppie gerasperde kaas
1 t sout
1 pakkie dik wit of bruin bietjie sesamesaad (opsioneel)
uiesoppoeier
Meng meel, karringmelk, kaas, sout en soppoeier goed saam. Plaas beslag in broodpannetjie. Strooi sesamesaad oor. Bak vir ongeveer 1 uur tot gaar. Indien verkies kan ekstra gerasperde kaas 15 minute voor die brood uit die oond kom, bo oor gestrooi word. (Oond 180ºC.)

blikkie brood

BIERBROOD IN ‘N BLIKKIE:

500 gr bruismeel

5 ml sout

10ml suiker

125ml gekapte pietersielie, kruie na jou smaak

1 bier (kamer temp)

geklitste eierwit

BLIKKIES – 4 X 300 ml elk, of ‘n paar klein tuna blikkies. Kondensmelk blikkies groot konftyt blikke , jou keuse

Meng droe bestandele, pietersielie of enige ander kruie wat jy wil ingooi

Gooi bier in en meng tot taai deeg –

Verdeel jou deeg in die hoeeelheid blikkies wat jy het

Smeer blikkies goed met botter of spray and cook

Smeer die eierwitte bo-op en bak in oond vir 30 min tot gaar, goudbruin en uitgerys

Vervang kruie en pietersielie met 125 ml kaas of 125ml gekerfde fyn biltong.

Jy kan regrig hier enige iets saam met die deeg inwerk.

Spar deeg werk net so lekker met die blikkies. Dit is ietsie anders by ‘n braai.

 

Concertina aartappels

KORSENTINA AARTAPPELS

10 Medium Sized Potatoes
1 Packet Brown Onion Soup
800ml Water
50g Butter

Preheat oven to 180°C.

Slice potatoes, without slicing all the way through.
Place potatoes in an oven dish.
Mix water and brown onion soup, and pour over sliced potatoes.
Add a dollop of butter to each potato and bake 90 minutes.
Turn and spoon soup mixture over potatoes about every 30 minutes.

potbroodBROODDEEG RESEPTE:

Neem 1 brooddeeg. Knie effe deur

Neem jou swartboompotjie, smeer lekker dik met botter – die deksel ook.

Druk jou deeg in balvorm.  Sit in gesmeerde pot

Snipper  rou stukkies spek en bietjie uie bo-oor . Druk dit  effe vas teen die brood . Gooi kaas bo-oor

Versier met bietjie pietersielie en rooipeper

Laat rys vir so ‘n halfuur

Bak met die deksel op die broodjie by 180 grade vir ongeveer 45 min

Gooi bietjie bruinsuiker onder in jou pot, so halwe koppie melk.room, sit bolletjies bo-op

Gooi nog halwe koppie suiker oor en melk/room. Bak en haal dadelik uit die pot en skep die karamel sous bo-oor die brood.

*

POTATOBAKE BROODJIE

Smeer jou swaarboompot goed met botter

Neem deeg en maak bolletjies. Rangskik in pot

Maak pakkie potatobake aan met 1 houertjie room en gooi oor brood bolletjies.

Sit kaas, spek ham, uie, ens op indien verkies

Laat rys die brood vir ongeveer ‘n halfuur

Bak by 180 C vir so 40/45 minute

potatobake broodjie

Potato bake broodjie

 

Potatoe bake broodjie rens 1

Potato bake broodjie in jou BUNT pan gebak – rol die deeg net in ‘n worsvorm en sit in jou pan

potatoe bake rens 44

Potato bake broodjie in broodpannetjie, olywe, peppadews en Ina Paarman se Olive and Rosmary speserye

 

ROOM BRAAI ROLWIELE

1 Pak deeg (sommer die klaargemaakte soort) wat jy in die winkel koop

Tamatiesous & Chutney
Gebraaide gesnipperde uie
Gebraaide speksnippers/ham
Gebraaide gesnipperde robot peppers (ons gooi sommer so bietjie van groen, geel & rooi in vir die kleur) selfs brokkoli
So bietjie pitmielies (nie die roomsoort nie)
Peppadews stukkies (vir so bietjie byt) – Optioneel
Gerasperde Chedder Kaas
Gesnipperde mushrooms
Ongeveer 500ml Vars room

Metode:
Rol die deeg ‘n bietjie uit
Smeer die area met Tamatiesous en Chutney
Strooi nou van die ander bestandele bo-oor (soos op ‘n pizza)
Rol die deeg op soos ‘n Swiss-rol en sny in sulke 1cm skywe en pak in ‘n dieperige vierkantige gesmeerde oondpan
Gooi nou van die room bo-oor die deeg mengsel – so ¾ van die 500 ml.
Bak in in voorverhitte oond van 180°C vir 45min – 1 uur of tot dit lekker deurgeprut en gaar is

braai rolle

Room braai rolwiele

 

braai rens 33333

Braai baba aartappels en uie tot sag, braai sampioene (net so heel) tot sag in bietjie botter. Gooi in bak, Gooi bietjie,  botter knoffel, sout,  peper  en pietersielie in n beker, bring tot kookpunt in mikrogolf, gooi oor aartappels, sprinkel vars pietersielie en feta asook “mixed sprouts” oor

AARTAPPEL SKYWE

Kook jou aartappels met skil aan- gaar maar nie pap.

Sny in skywe, smeer bietjie botter op

Braai spek, uie en sampioene met bietjie knoffel, sout en peper. Sit bo-op die aartappel

Sit gerasperde kaas op en sit onder die grill van jou oond tot kaas gesmelt is.

potato slices

*

MAKLIKE GOEDKOOP AARTAPPEL DIS

Ek wil ook graag die maklike en goedkoop aartappel bygereg met julle deel. ‘N mens raak moeg vir die gewone aartapelgebak en die is net iets anders. Kook net jou aartappels tot gaar. Trek die skil af. Sny aartappels in blokkies. Gooi in ‘n beker ‘n lekker klont botter, so 2 tl knoffel, pietersielie, sout en peper. Sit die mengsel in die mikrogolf en maak goed warm. Dit moet kook. Gooi bo-oor die aartappels, roer deur en bedien.

*

GEEN BAK PAPTERT
1x Blik tamatie-en-uie mengsel
1x Groot ui
2x 250g sampioene
500g spek in stukkies gesny
3x koppies gerasperde kaas
10ml kook olie
Mieliemeel
Blatjang
Metode
Sit water vir die pap op die stoof en laat dit kook. Maak meng pap maar moet nie te veel mieliemeel ingooi nie want ons wil die pap nie te styf hê nie. Terwyl die pap prut gooi olie in ‘n pan en sny uie in klein blokkies en sit in olie. Braai uie tot amper deurskynend. Voeg spek by en braai tot gaar. Voeg blatjang by en braai vir nog so 5 minute. Voeg dan sampioene en tamatie-en- uie mengsel by. Roer aanhouded totdat sampioene lekker sag is. Wanner pap gaar is voeg by pap en meng deur. Voeg kaas by en meng goed deur. Prut op ‘n lae temparatuur totdat die kaas gesmelt het.

*

CHAKALAKAMIELIEPAP 
4 koppies mieliemeel
1 pakkie chakalaka papmengsel
1 bossie spinasie, gewas en versnipper
1 ui in blokkies gesny
2 wortels in blokkies gesny
1 rooi soerissie in blokkies gesny
Opsioneel :- rissie, sampioene of waarvan jy ookal hou.

Vul kastrol met 2 liter water en voeg by papmengsel en 30 ml botter. Bring tot by kookpunt. Voeg meel by 1 liter koue water. Voeg mieliemeel-mengsel by kookwater-papmengsel. Sit plaat op lae hitte. Terwyl dit kook die res van die botter in pan en verbruin uie. Voeg wortels, soetrissie en spinasie by en braai tot spinasie verwelk. Voeg by pap en op LAE hitte en kook dit vir nog 15 minute of tot die groente sag is. Roer af en toe.
Geniet saam met boerewors en braaivleis

*

WILLIE SE PAPTERT

1 Kg mieliemeel
Sout na smaak
1 blikkie sweetcorn mielies
500ml room
500gr  gerasperde chedder kaas (verdeel in 2)
500gr spek (gesnipper)
1 Pakkie vars sampioene (gekap)
2 uie (gekap)
1 Blikkie tamatie en uie smoor (gebruik die Mexican geur – dit gee ‘n lekker byt)
1 pakkie Knorr Sausage gravy poeier

Metode:
Kook die mieliepap soos ontbyt pap (medium slap)
Braai intussen die uie, sampioene en spek tot mooi bruin en voeg dan die tamatie en uie smoor by
Laat rustig prut tot deurgaar en gooi dan die sausage gravy poeier, sout peper en speserye na smaak by.
Wanneer die pap gaar is voeg die blikkie mielies by en die helfte van die kaas. Meng goed. Voeg nou die room by en roer die papmengsel deur.
Smeer ‘n terbak met bietjie botter
Skep nou ‘n dun lagie pap in die bak – ongeveer 1cm dik.
Skep die spek en uie/tamatie  mengsel oor – pasop dat dit nie met die pap meng nie
Herhaal nou in lae tot alles klaar is en eindig af met die spek en uie/tamatie mengsel.
Strooi die ander helfte van die kaas oor en laat staan vir ‘n rukkie.
Bak paptert in oond vir 20 minute by 180 C  (jy wil basies net alles weer stadig warm maak en die kaas smelt – alles is mos klaar gaar)

Die voordeel van die paptert  is, dit kan hele ruk voor die tyd gemaak word en net voor julle eet kan dit in die oond gedruk word om net weer warm te word)

*

PAP FRIKKADELLE

Bestanddele Pap
Stywe Pap
‘n Blikkie Heelpit Mielies
30 g Margarien
Bestanddele Sous
2 Uie
500 g Tamaties
1 Pakkie Groentesop
Sout en Peper
Metode Pap
Voeg mielies en botter by pap en meng goed.
Vorm Frikkadelle en plaas in gesmeerde oondpan.
Metode Sous
Sny uie in skywe en kap tamaties grof. Braai uie in olie. Voeg tamaties by en kook vir 7 minute. Maak pakkie sop aan soos voorgeskryf. Voeg sop by en kook vir nog 7 minute. Gooi sous oor frikkadelle. Bak in matige oond vir 20 minute.
Jy kan ook ‘n blikkie chakalaka by die pap inroer.

*

 KORINGSLAAI (Bedien warm of lou)

Kook jou koring tot sag en gaar

Braai so 1 groot ui, 250gram spek en 250g mushrooms tot sag

Meng by gaar koring in

Gooi by 1 blikkie tot 2 blikkies room – dit is afhangende van hoeveel koring jy gekook het. Dit is geneig om droog te wees as jy nie genoeg room byvoeg nie,

Sout en gemaalde swart peper

Kook deur en bedien

*

KORINGSLAAI MET KONDENSMELK

250ml koring (ongekook)
1 Groot soetrissie (rooi of geel) in klein blokkies gekap
410g geblikte perskeskywe, gedreineer en in blokkies gesny
62ml rosyne
sout na smaak met kookproses
Sous
50ml sonneblomolie
3ml borrie
6ml matige kerriepoeier
25ml blatjang
25ml suiker
25ml asyn
1 blik kondensmelk

1. Week die koring in genoeg water vir ten minste 2 ure
2.Gooi water af en kook in genoeg nuwe water met sout na smaak vir 10 minute in die mikrogolf
3.Om af te koel, spoel af onder koue lopende water (wees versigtig om dit nie in die drein te mors)
4. Sit in ‘n slaaibak (verkieslik met deksel) en gooi die soetrissie, perskes en rosyne by en meng goed deur.
5.Meng die sous bestanddele saam tot die suiker opgelos is
6.Gooi die slaaisous oor en meng deur
7. Laat dit ‘n rukkie staan vir die geure om in die koring in te trek

*

GROENTEGEREG BY ‘N BRAAIVLEIS
8 baby marrows grof gerasper,
1 groot ui fyn gesny,
250 gr spek gesnipper,
250 kaas gerasper,
1 koppie bruismeel,
halwe koppie olie,
5 eiers liggies geklits,
1 blikkie sweetcorn (creamstyle)
Sout en peper na smaak,
Meng als saam skep in gesmeerde vuurvaste bak
Rasper nog kaas oor en bak ± 45 tot n 1uur,
Die gereg vries ook goed

*

BILTONG PAP BOLLE
Gebruik styf gekookte gaar Mieliemeelpap, maak bolle en druk ‘n blokkie kaas in die midde in. Maak weer mooi toe en rol in fyn gekapte biltong.
Gooi 1 bakkie room oor en bak vir so 30 min in matige oond. (180 grade)
Baie lekker saam braaivleis.

noedelslaai rens 33fb

 

PASTASLAAI
2 Koppies pasta gekook tot sag – gedreineer en afgekoel (ek het hier 1 koppie klein skulpie noedels en 1 kop macaroni gebruik)
Blokkies gouda kaas
Blokkies tamatie
Blokkies seldery
Blokkies komkommer
Handvol ertjies – sommer in die mikrogolf gegooi vir ‘n paar minute
Halwe blikkie “salad cut” aspersies
Stukkies rooi, roen en geel rissie
Halwe ui – fyn gekap
Halwe koppie cross en blackwell mayonnaise
Kwart koppie cross en blackwell hamburger mayonnaise
50ml bladjang
Growwe peper , sout, en pietersielie
Meng alles en bewaar in die yskas

Jy kan ook byvoeg, pynappel, gekookte eier, viennas in ringe, spek, gevlokte hoender, rosyne, baby marrows, pitmielies, stukkies perske

noedelslaai rensfb

Kerrie noedelslaai

KERRIE NOEDELSLAAI

500 gr klein skulpie noedels (gaar maar nie pap gekook
1 groen, rooi en geel rissie gekap (vat so stukkie van elk)
1 ui gekap
1 blikkie pynappel stukke of klein blikkie perskes gesnipper (opsioneel)
2 grof gerasperde wortels (opsioneel)

Meng:
1 kop tamatiesous
1/2 kop asyn
1/2 kop olie
200ml suiker
25ml kerrie
Sout en gemaalde swartpeper na smaak
Meng alles deur en hou in yskas.
Laat staan verkieslik oornag in yskas – die geure ontwikkel baie lekker

*

MIELIE-SOUFFLE EN FETA
1 blik roommielies
1 blik pitmielies
250ml room
2 eiers
5ml bakpoeier
62,5ml (kwart koppie) mieliemeel
125ml (halwe koppie) cheddar kaas, gerasper
knypie sout
1 wiel Feta-kaas
Gooi alles behalwe die Feta-kaas bymekaar in ‘n mengbak en roer deur. Krummel die Feta-kaas bo-oor. Bak vir 45min op 180 grade.

*

MIELIEBROODJIE
1 blik kondensmelk
500g bruismeel
1 blik sweet corn
Meng als saam bak in oond 140 C vir 40 min of toets pen skoon uitkom.

 

*

MIELIE EN KAAS GEREG
250ml melk
250ml gerasperde kaas
25ml botter
sout en peper na smaak
250ml droë broodkrummels
1 Blikkie pitmielies
2 eiers geskei
Meng alles saam behalwe die eiers. Klop eierwitte en gele apart.
Voeg eers geel van eiers by, vou wit liggies in. Bak in gesmeerde
bak in matige oond vir ongeveer 30 minute

*

GEBAKTE SUIKERMIELIES

1 ekstra-groot eier
5ml mielieblom
250ml louwarm melk
5ml sout
5ml suiker
15ml botter
410g (1 blik ) roomsoort suikermielies

Voorverhit die oond tot 180C en bespuit ‘n mediumgrootte oondvaste bak met kleefwerende kossproei of smeer goed met margarien.
Klits die eier en voeg die mielieblom, melk, sout en suiker by.
Klits goed en meng die botter en suikermielies by.
Skep in die bak en bak sowat 40-50 minute lank of tot goudbruin.
Lewer 4 porsies.

*

SKAKELS NA AL DIE ANDER BRAAI BYGEREGTE

https://kreatiewekosidees.com/?s=mieliemeel

https://kreatiewekosidees.com/?s=brode

https://kreatiewekosidees.com/?s=braai+broodjies

https://kreatiewekosidees.com/?s=braai+geregte

https://kreatiewekosidees.com/?s=kersfees+slaaie

https://kreatiewekosidees.com/?s=braai+braaivleis+geregte

 

SIEN PAP EN PAPTERT RESEPTE BY:

https://kreatiewekosidees.wordpress.com/?s=PAPTERT

https://kreatiewekosidees.wordpress.com/?s=PAP

IMG_5449MOENIE VERGEET VAN LEKKER MIELIES OP DIE KOLE NIE. Kook mielies tot gaar, gooi op die braaier en smeer botter die heeltyd oor.

roosterkoekeROOSTERKOEKE – Brooddeeg, rol bolletjies, laat rys vir so half uur, op die kole tot gaar.

Nie jou “alledaagse” slaai nie


Waatlemoen en Feta slaai-meatsrootsandleaves

Waatlemoen en Feta slaai-meatsrootsandleaves

Waatlemoen en feta slaai

Sny waatlemoen in blokkies

blokkies feta (ek gebruik die met swart peper)

1 klein rooi ui fyngesny

slaaisous met 20ml olyfolie en 10ml suurlemoensap, bietjie sout en peper

vars mentblare geskeur

1. Pak waatlemoen, fetakaas, gooi slaaisous oor en strooi mentblare oor

Lekker saam met braaivleis, vark en hoender

Mango Slaai

Judie du Plooy

Sny mango in stukke. Pak in bak. Klop room styf, smeer leke dik oor mangos. Strooi bruinsuiker oor. Verkoel. Heerlik saam kersvleise.

Suikermielie slaai - bron onbekend

Suikermielie slaai – bron onbekend

Suikermielie slaai

 410g (1 blik) geroomde suikermielies 1/2 pynappel, in blokkies gesny

4 piesangs, in skywe gesny 1 ui, gekap

25ml mayonnaise

Meng alles goed saam.

Picalilli Slaai
Rencia Odendaal Pretorius

1 Bottel Picalilli’s (die liggeel een)
1 blik kondensmelk
1 blikkie fruit cocktail (stroop goed af gedreineer)
Meng goed
Sny 2 piesangs in ringetjies en sprinkle suurlemoensap oor. Meng deur
Bewaar in yskas
Jy kan nog as jy wil ‘n ekstra blikkie perskes gesnipper byvoeg om die slaai meer te maak.

Droe Vrugte Slaai - capepointpress

Droe Vrugte Slaai – capepointpress

Droë Vrugte Slaai

Bron:Kook En Klets wrote:

Bestanddele

Slaai 250g gemengde droe vrugte (saggekook) 6 piesangs in skywe gesny

Bestanddele Sous 1 blik kondensmelk kwart koppie olie halwe koppie asyn halwe teelepel sout 2 teelepels mosterdpoeier

Marlene se “brag-slaai”

1 blikkie litchi’s (sap afgegooi)

1 blikkie appelkooshelftes (sap afgegooi)

1 klein bakkie appelkoos jogurt

Piesangs – sny soveel piesangs in soos wat jy benodig

* meng alles saam.

* baie lekker koel slaai saam met braaivleis, geroosterde vleis en koue vleis

Kopper Pennie Slaai

Kopper Pennie Slaai

Koper Pennie Wortel Slaai

Linda Van Heerden
(Ouma Ies Lombard )

Bestanddele Slaai
1 kg Wortels
3 Uie
3 Groen Rissies

Bestanddele Sous
250 ml Water
1 Pakkie tamatie roomsop
200 ml Asyn
250 ml Suiker
125 ml Olie
10 ml Worcestor Sous
7 ml Mosterd

Metode Slaai
Sny Wortels in ringe.
Kook wortels 15 minute (Nie te sag nie).
Sny uie in ringe en kook.
Sny groen rissies in blokkies.
Pak wortels, uie en groen rissies in lae in bak.

Metode Sous
Meng al die bestanddele vir die sous saam.
Kook 3 minute saam.
Gooi warm sous oor die wortels.
Laat staan in yskas vir ten minste een dag.

Turskvy

Turskvy

Turksvyslaai

Rina Kleinhans

Carin Ras Wilson

* Hierdie resep het n prys gekry vir bykos op n potjiekos kompetisie.

10 turksvye

250 ml jogurt

100 ml room

5 eetlepels soet blatjang

2 ml sout

2 ml wit peper

2 t gekapte kappertjiesaad (Chives), vars indien moontlik

1 t vars dill òf droe, maar gebruik dan minder

gekapte pietersielie vir garnering

Skil turksvye en kap rofweg.

Vermeng jogurt, blatjang, room met kruie en geursel.

Gooi oor die turksvye.

Strooi bietjie pietersielie oor.

Bedien yskoud.

Metode

Eerste laag: 250g gemengde droe vrugte (saggekook). Tweede laag: 6 piesangs in skywe gesny

Klits baie goed en gooi oor vrugte. Bedien koud. Heerlik!

Marshmallow Slaai - Onbekend

Marshmallow Slaai – Onbekend

Marshmallow Slaai

200 g Marshmallows.in4 gesny.( ek koop kleintjies)

250 ml room.

1 groen appel.spoel af. Sny in blokies.met skil.

1 blik fyn pynappel.

1 lt fruit yoghurt.

Meng als . maar net 1/2 van die room.maak toe.sit in yskas . Net voor op skep meng die res van room in

Want dit word baie styf

Marshmallow Slaai

1 kop suurroom

1 blikkie perskes – gesnipper en gedreineer

1 blikkie pynappel – gesny en gedreineer

1 kop mini marshmallows

1 kop klapper

1 kop cherries (gehalveer) opsioneel

Meng alles en sit in yskas vir tenminste 3 ure

Gebakte Komkommer slaai - Bron Onbekend

Gebakte Komkommer slaai – Bron Onbekend

Gebakte Komkommer slaai

Linda Julyan

Sny komkommer en sit in melk en eier en dan in meel met spice. braai altwee kante bruin in olie skep uit dan braai jy uie bruin en bacon bruin meng met komkommer. gooi klein tamaties by en rou mashrooms maak n sousie van maionaise en bietjie kondensmelk en aromat en peper.Gooi oor slaai en meng deur (liggies) sit in yskas om af te koel. Bedien koud!

Arguikie Slaai

Rina Nel

Hoeveelheid jou keuse. Agurkies in stukkies gesny weenseworsies opgesny en kaas in blokkies gesny. Gooi mayonaise oor en meng deeglik deur en verkoel in yskas

Visvinger Geregte


Visvingers- bron onbekend

Visvingers- bron onbekend

Visvinger gereg

Visvingers, nog net so gevries
Witsous
Gerasperde kaas
Gaar rys

Strooi ‘n laag rys
Pak ‘n laag visvingers
Smeer ‘n dik laag witsous oor
Sprinkel bietjie kaas oor
Herhaal en eindig met ekstra kaas

Bak teen 180C vir 45 mins

Visvinger en rys gereg

Elna Kluyts

Smeer n bak, plaas jou oorskiet (gaar) rys daarin,
Pak nou jou bevrore visvingers bo-op die rys.
Sprinkel bietjie suurlemoensap oor die vis.
Braai nou uie in n bietjie kerriepoeier tot sag, gooi uie oor vis.
Dan maak jy n lekker witsous, gooi 125 ml kaas by.
Gooi sous oor alles, rond af met kaas.
Bak op 180 C vir 25 minute.
Vir variasie kan jy tamatie skywe ook opsit.

Geurige Visvingers op rys

12 visvingers
125ml melk
60ml mayonnaise
250ml fyn gerasperde, kaas
1ml rooipeper
25ml blatjang
12.5ml gerasperde ui
12.5ml fyn gekapte soetrissie
2.5ml sout
750ml gaar, warm rys

Berei die visvingers voor volgens die aanwysings op die pakkie.
Gooi die melk in die kastrol.
Voeg die mayonnaise, kaas en rooipeper by en verhit.
Roer 2 minute lank en aanhoudend.
Roer die blatjang, ui en soetrissie by die sous.
Verhit tot alles warm is.
Plaas die rys op ‘n opdienbord en rangskik die visvingers bo-op die rys.
Gooi die sous oor die visvingers.
Bedien warm. Lewer 4 porsies.

Visvinger gereg

Visvingergereg
Bestanddele
16 visvingers (1 pakkie)
1 pakkie uie-of sampioensop, aangemaak met 2 koppies water
Metode
Gooi sopmengsel oor visvingers en bak in oond tot gaar op 180 C.
Sit voor met kapokaartappels en slaai

Visvingers met piesandgkerrie

12 visvingers
PIESANGKERRIE:
15ml sonneblomolie
1 ui, in ringe gesny
15ml matige kerriepoeier
30ml vrugteblatjang
150ml appelkoossap
2 piesangs, in repe gesny
Verhit olie in swaarboompan en soteer ui tot sag en deurskynend.
Voeg kerriepoeier by en braai ‘n paar minute.
Voeg blatjang en appelkoossap by en prut vir ongeveer 15 minute oor lae hitte.
Verdik sous met ‘n bietjie koekmeelblom indien nodig.
Voeg piesangs by en geur sous met sout en peper na smaak.
Pak visvingers in ‘n enkellaag in ‘n oondbak wat met ‘n bietjie olie gesmeer is.
Rooster 5 minute per kant 100 mm van voorverhitte oondrooster of tot bros.
Haal uit oond en giet warm piesangkerriesous oor.
Garneer met vars lourier- of suurlemoenblare en sit voor met gebraaide rys.

Visvinger pastei

Visvinger pastei

Visvinger pastei

visvingers
vars room
sampioensoppoeier
410g tamatie en uie mengsel
gerasperde kaas
Pak visvingers in gesmeerde oondvaste bak.
Versprei blik tamatie en uie eweredig oor visvingers.
Meng room en soppoeier saam en giet oor visvingers.
Strooi kaas oor en bak vir ongeveer 15 minute teen 180 grade C

Visvinger gereg

Sandra Deyzel

Strooi fyn gemaakte simba chips onder bak.
pak visvingers op ,
meng 1 k room en pak sampioen sop poeier ,
gooi oor visvingers met bietjie speserye dan kaas oor en bak tot vis vingers gaar is,
maak groot bak vol as jy 2 pakke visvingers vat

Visvinger gereg

Mash
1 blik heelpit mielies,
1 blik sweetcorn,
visvingers en
kaas.
PAK LAE. 1) mash 2) pak i laag visvinger 3)meng heelpit en sweetcorn en bedek visvingers
4)sit in oond vi so 20min(visvingers moet net gaar word)
5)haal uit,gooi kaas bo op ek sit terug vir so 10min

Visvinger "Hotdog"

Visvinger “Hotdog”

 

VISVINGER PASTEI

Visvingers
1 houertjie vars room
1 Pakkie sampioensoppoeier
410g tamatie en uie mengsel
Gerasperde kaas
Pak visvingers in gesmeerde oondvaste bak.
Versprei blik tamatie en uie eweredig oor visvingers.
Meng room en soppoeier saam en giet oor visvingers.
Strooi kaas oor en bak vir ongeveer 15 minute teen 180 grade C