My vinnige LASAGNE resep !!
Hierdie is groot genoeg vir ‘n 30 x 20 cm pyrex glasbak
Ek gaan seker nou baie teenkanting kry met die resep omdat ek my maalvleis en uie sommer saam kook ipv om die uie te braai, maar jy kan dit of kook of braai – die is maar net my vinnige resep wat ek deel
750 gr maalvleis
2 uie grof gekap
Halwe pakkie sampioene (gekap)
Gooi b.g in ‘n pot met bietjie water en kook vinnig tot alles sag is. Jou maalvleis kan maar nog effe pienkerig wees.
Gooi by:
1 blikkie Chakalaka met butternut
1 Blikkie room mielies (sweetcorn)
2 tamaties gekap en in blokkies gesny
3 opgehoopte eetlepels bladjang
Sout,peper en knoffel vlokkies na smaak
Laat die prut vir ‘n rukkie tot alles deurgaar/warm is.
Maak intussen sommer in jou mikrogolf ‘n lekker DIK witsous. Jou sous moenie te loperig wees nie anders is jou lasagne pap
Pak nou jou lae met die maalvleis, lasagne velle en witsous – ek pak gewoonlik so 3 lae
Rasper tussen elke laag bietjie kaas oor
Eindig af met jou witsous en kaas.
Sit nou die lasagne eenkant neer vir ongeveer 1 uur sodat die velle sag kan raak. Die ander opsie is om jou velle in water te kook vir so 4 minute tot amper sag – jy kan dan jou lasagne dadelik oond toe vat.
In die oond vir so 40 minute by 180 C (kyk wanneer jou velle gaar en sag is)
NB: Gee jou lasagne so half uur staantyd as jy dit uit die oond gehaal het – dit help dat die lasagne bietjie stol en dit lekker maklik skepbaar in blokke is.
Indien jy nie chakalaka wil gebruik nie – gebruik enige tamatie en uie smoor of tamatie en uie mengsel met ‘n geur wat jy verkies
Geniet met lekker mengselslaai en broodrolletjies
You must be logged in to post a comment.