Varktjops in Bier
Maak 8 porsies
bestanddele:
2 koppies tamatiesous
1 blik of bottel bier
3/4 koppie verpak bruin suiker
8 varktjops
Instruksies:
Verhit die oond tot 175 grade C
In ‘n medium bak, meng die tamatiesous, bruin suiker en bier. Meng goed en gooi in ‘n 9×13 duim bak. Plaas die varktjops oor hierdie mengsel in die bak.
Bak, ontbloot, by 350 grade F (175 grade C) vir 1 uur (Let wel: Plaas foelie oor varktjops as hulle te vinnig begin bruin raak. (Let wel- blinkkant van die foelie BUITE)
Deur: meehancooks
Bedien met lekker kapokaartappels of rys, ertjies of soetpampoen of mengelslaai
You must be logged in to post a comment.