Tag Archive | Lasagne

Lasagne a la Rens


LASAGNE3

My vinnige LASAGNE resep !!

Hierdie is groot genoeg vir ‘n 30 x 20 cm pyrex glasbak

Ek gaan seker nou baie teenkanting kry met die resep omdat ek my maalvleis en uie sommer saam kook ipv om die uie te braai, maar jy kan dit of kook of braai – die is maar net my vinnige resep wat ek deel

750 gr maalvleis
2 uie grof gekap
Halwe pakkie sampioene (gekap)
Gooi b.g in ‘n pot met bietjie water en kook vinnig tot alles sag is. Jou maalvleis kan maar nog effe pienkerig wees.
Gooi by:
1 blikkie Chakalaka met butternut
1 Blikkie room mielies (sweetcorn)
2 tamaties gekap en in blokkies gesny
3 opgehoopte eetlepels bladjang
Sout,peper en knoffel vlokkies na smaak
Laat die prut vir ‘n rukkie tot alles deurgaar/warm is.

Maak intussen sommer in jou mikrogolf ‘n lekker DIK witsous. Jou sous moenie te loperig wees nie anders is jou lasagne pap

Pak nou jou lae met die maalvleis, lasagne velle en witsous – ek pak gewoonlik so 3 lae
Rasper tussen elke laag bietjie kaas oor

Eindig af met jou witsous en kaas.

Sit nou die lasagne eenkant neer vir ongeveer 1 uur sodat die velle sag kan raak. Die ander opsie is om jou velle in water te kook vir so 4 minute tot amper sag – jy kan dan jou lasagne dadelik oond toe vat.

In die oond vir so 40 minute by 180 C (kyk wanneer jou velle gaar en sag is)

NB: Gee jou lasagne so half uur staantyd as jy dit uit die oond gehaal het – dit help dat die lasagne bietjie stol en dit lekker maklik skepbaar in blokke is.

Indien jy nie chakalaka wil gebruik nie – gebruik enige tamatie en uie smoor of tamatie en uie mengsel met ‘n geur wat jy verkies

Geniet met lekker mengselslaai en broodrolletjies

Advertisement

Lasagne


lasagne tuna

Tuna lasagne :Deur: Aprileatsguilty

TUNA LASAGNE
2 cans of SOLID tuna in oil/water
1 can of condensed cream of Mushroom soup
½ cup milk
¼ cup spring onions (chopped)
¼ cup of fresh or 2 tablespoons of dried parsley
1 tbsp. dried oregano (optional)
1 onion, minced
4 cloves of garlic, minced
2 cups of grated or shredded mozzarella or easy melt cheddar cheese
1 cup of cottage cheese
12 pieces of lasagna noodles

Cook the lasagna noodles first according to package instructions.

Preheat the oven to 180 C

In a mixing bowl, mix first 8 ingredients together and add 1 cup of the grated mozzarella or easy melt cheddar cheese.

In a greased baking dish or pan, arrange 3 lasagna noodles to line the bottom. Pour a third of the tuna mixture over it and then spread a moderate layer of cottage cheese on top. Repeat the steps twice. To finish, add the last three lasagna noodles and top it with the remaining 1 cup of grated mozzarella or easy melt cheddar. Add some chopped fresh parsley on top.
Let it rest for about 30 to 40 minutes

Bake it in the oven for 25-30 minutes, usually when the cheese has completely melted and slightly browned.
Deur: Aprileatsguilty

lasagne 46

Spinasie witsous lasagne met maalvleis
Deur: Eatermagazine

Heerlike maalvleis lasagna met spinasie witsous
Bestanddele:
Witsous:
50 g botter
50 g meel
500 ml melk
Vulsel:
500 g maalvleis
Parmesaan of gerasperde chedder kaas of mozarella
1 koppie geblikte tamatie puree
2 wortels in blokkies gesny
1 seldery in blokkies gesny
1 ui gekap
1 koppie hoender aftreksel
1 koppie droë wit wyn
450gr spinasie gekap en sag gekook
olyfolie
sout
peper
Tamatiesous
Metode:
Witsous lasagne:
Smelt botter en meng dit met meel en melk tot gladde witsous. Voeg spinasie by en roer deur
Vulsel vir lasagne:
In ‘n pan, braai ui, wortel en seldery in olyfolie
Voeg maalvleis, wyn, hoender aftreksel, tamatie puree, sout en peper by.
Laat kook vir sowat 10-15 minute tot dikkerige mengsel raak
In ‘n bak, begin met die lasagna velle , dan is die vleismengsel, dan die wit sous en dan ‘n bietjie tamatiesous. Gooi ‘n
klein bietjie kaas oor.
Herhaal lae en eindig af met die witsous, tamatiesous en kaas. Laat staan vir tenminste 1 uur sodat velle vog kan trek

Bak by 200 grade C vir sowat 30/40 minute of tot gaar en goudbruin

Deur: Eatermagazine

Source : UNKNOWN

Source : UNKNOWN

Groentelasagne
BESTANDDELE
• 3 eetl olyfolie
• 1 groot ui gekap
• 250 g wortels in klein blokkies
• 250 g sampioene, in skywe
• 1 pak spinasie( 450g) (Vars of gevries)
• 1 blikkie pitmielies (gedreineer)
• 200 g kaas, gerasper
• 50 g botter
• 50 g meel
• 500 ml melk
• 1 pak lasagnevelle
• OPSIONEEL: 1 pak spek gesnipper (Braai saam met die ui en wortel)

Metode:
Braai in ‘n pan ui en wortels vir paar minute in olyfolie. Voeg die sampioene by en braai tot bruin. Voeg die spinasie by en roerbraai tot sag. Roer die pitmielies by. Voeg by 75 g kaas, sout en peper na smaak.
Verhit die oond op 200 ° C.
Smelt die botter in ‘n pan met ‘n dik bodem. Roer die meel in tot dik pasta. Voeg bietjies gewys die melk by en roer op lae hitte tot ‘n dik witsous. Bly roer tot ‘n gladde sous . Smelt daar al roerend in 75 g kaas en geur met sout en peper. Pak nou die groentemengsel, lasagnevelle en witsous in lae. Herhaal twee keer. Eindig af met witsous. Strooi die res van die kaas bo-oor en nog ekstra kaas indien verkies. Sny skyfies tamatie bo-op . Bak die lasagne in die middel van die oond in 35-40 minute tot goudbruin en gaar.

Hoender lasagne


hoender lasagne

HOENDER LASAGNE
2 gaar hoenders – ontbeen en in stukke gesny
Pak lasagna velle
2 gekapte uie
350 g knopies sampioene gekerf
2 gekapte groenrissies (geel rooi en groen)
2 geskilde gekapte tamaties
250 g gerasperde kaas
250 g streepspek – gesnipper
2 pakkies room van hoendersop aangemaak met 3 – 4 kop hoenderaftreksel
2 huisies knoffel gekap
Sout, peper, kruie en mostert na smaak
Braai spek, uie, groenrissie, sampioene en tamaties liggies. Roer aangemaakte sop by en kook goed deur, geur na smaak. Meng die vloeistof met die vleis. Laat deurkook. Begin deur bietjie hoender mengsel onder in ‘n oondvaste bak te sit, dan die velle, dan weer die hoender en weer die velle. Strooi kaas bo-oor en bietjie gakapte pietersielie of spruituie. Laat staan vir ongeveer 1 uur voor jy bak sodat die velle sag kan raak en die vog kan absorber. Bak by 180°C vir 45 minute.

Jy kan opsioneel bietjie ertjies byvoeg of gemengde veggie mix – dit rek die gereg en almal kry sommer hulle groente ook in.
Bedien met lekker broodrolletjies en mengelslaai

lasagne hoender

Lasagne


Meat Lasagna - Smile with salt

Meat Lasagna – Smile with salt

This Meat Lasagna with Fresh Tomato recipe could be the king of comfort foods


Ingredients
1 x 200 g packet riffled lasagna sheets (we used 14 sheets for our dish)
1 onion, chopped
2 T (30 ml) oil
500 g lean beef mince
2 t (10 ml) Ina Paarman’s Garlic Pepper Seasoning
1 t (5 ml) Ina Paarman’s Beef Stock Powder
1/2 cup (125 ml) cream (fat reduced is fine)
2 T (30 ml) water
3 large ripe tomatoes, peeled and thinly sliced
Ina Paarman’s Green Onion Seasoning
1 1/2t (7,5 ml) sugar
1 x 400 g Ina Paarnan’s Creamy Cheese Pasta Sauce
1/2 cup (125 ml) fresh milk
1 x 250 g smooth cottage cheese
1 egg

TOPPING
1/2 cup (125 ml) grated pecorino or parmesan cheese
1 T (15 ml) olive oil or melted butter
1/2 cup (125 ml) soft white breadcrumbs
Directions
Soak the lasagna sheets for 10-15 minutes in hot tap water. This dramatically improves the tenderness of the pasta and reduces the baking time of the lasagna to only 35 minutes. Spread sheets out on a clean dishcloth.

Brown the onion in the oil. Add the mince and stir-fry with a fork, pressing down to break any big lumps. Add Garlic Pepper seasoning and Stock Powder. Add cream and water. Simmer slowly for 10 minutes.

Slice the tomatoes and season with Green Onion seasoning and sugar. Pour the cheese pasta sauce into a medium bowl. Pour the milk into the empty pasta jar and shake well to get every bit out. Pour into the bowl, add cottage cheese and egg and mix to thin the sauce down.

Using a 30 cm x 24 cm ovenproof dish, spread � of the cheese sauce mixture into the dish. Layer with a 1/3 of the pasta sheets, then a 1/3 of the mince mixture, one sliced tomato and another � of the cheese sauce. Repeat layering twice more and end with a layer of cheese sauce mixture.

Mix the grated cheese, olive oil or melted butter and fresh breadcrumbs and sprinkle over the top. Bake for 35 minutes until nicely browned. Serve with a well-dressed Italian salad with Ina Paarman’s Classic Balsamic Vinaigrette Dressing or Caesar Salad Dressing and country style bread.
By: Ina Paarman

Lasagne

(My eie konkoksie)
Rencia Odendaal Pretorius
Braai saam:
500 gr maalvleis
1 uie opgekap
½ greenpepper en ½ red/yellow pepper (opgekap)
Sampioene – ek het 1 blikkie gebruik of so 150gr vars (gesnipper)
Gooi die volgende by en laat lekker deurkook
1 Koppie veggie mix
1 Blikkie Rhodes – Mexican style (jy kan enige geur gebruik)of blikkie tamatie en uie smoor
2 tamaties – geskil en in blokkies gesny
2 eetl chutney
2 eetl tamatiesous
Sout, peper en bietjie garlic
Maak lekker dik witsous.
Spuit jou bak met spray en cook. – Begin met die maalvleis, dan die witsous en dan die lasagne velle.
Herhaal tot mengselvleis op is – eindig af bo met lasagne velle, laaste witsous en lekker baie kaas.
Versier mooi bo-op met tamatieskywe, paprika en pietersielie.
NB: laat staan eenkant vir tenminste 1 uur +
Stel oond op 180grade en bak vir ongeveer ½ uur na 45 min tot goudbruin.

Blitsvinnige Lasagne

Soria van Dyk
200 g rou maalvleis
20 ml tamatiesous
10 ml blatjang
10 ml bruin uiesoppoeier
1 pakkie witsous
1 lasagnevel
gerasperde cheddarkaas

Meng vleis, soppoeier, tamatiesous en blatjang.
Maak witsouspoeier aan volgens pakkie se aanwysings
Verdeel witsous en maalvleis in twee en pak in lae soos volg in lasagnebakkie:
Maalvleis, witsous, lasagnevel, maalvleis, witsous en laaste kaas.
Mikrogolf vir 7 minute op medium-hoog en laat staan vir 5 minute

Lasagne
Bestanddele:
1 pak lasagne velle
250ml gerasperde kaas
‘N dun witsous, ongeveer 4 koppies

Maalvleis mengsel:
500g maalvleis
1 pakkie minestrone soppoeier
1 blik tamaties, gekap(400g)
Halwe koppie water om soppoeier aan te maak

Metode:
Braai maalvleis in bietjie olie tot gaar. Voeg aangemaakte sop en bliktamaties by.
Gooi dun lagie witsous onder in oondbak, pak laag lasagne velle en gooi dan van die maalvleis mengels oor. Herhaal met witsous, lasagne velle, maalvleis en laaste witsous.
Gooi gerasperde kaas oor en bak vir 45min teen 180 grade 😉

Lasagne
125 g noedels
Sout na smaak
25 ml botter
1 ui, fyn gesny
1 wortel, fyn gesny
1 selderystingel, fyn gesny
375 g gemaalde beesvleis
125 g varkvleis, grof gemaal
125 ml witasyn ( 1/ 2 k )12.5 ml tamatiesous ( 1 E )
250 ml vleisekstrak ( 1 k )
250 g sampioene ( 1 k )
25 ml botter ( 2 E )
Neut
2 eiergele

WITSOUS
25 ml botter ( 2 E )
25 ml meelblom ( 2 E )
500 ml melk ( 2 k )
Sout en peper na smaak
Kaas, gerasper

METODE
Kook noedels in soutwater tot gaar en dreineer.
Soteer ui, wortel en se;derystingel in botter. Voeg vleis by en braai.
Voeg asyn, tamatiesous en vleisaftreksel by en kook vir 20 minute.
Braai sampioene in botter en geur met neut.
Voeg eiergele by, roer goed en plaas eenkent.

WITSOUS
Maak witsous van al die bestanddele.
Skep lae noedels, vleis, sampioene en witsous in `n gesmeerde vuurvaste bakskottel.
Sprinkel gerasperde kaas oor en bak vir 30 minute by 180 C ( 350 F )
LASAGNE
1 1/2 kg maalvleis
2 uie gekap
125 gram spek, gesnipper
Braai bruin in 15 ml margarien of olie
VOEG NOU BY:
10 ml Origanum
10 ml knoffelvlokkies
1 vol teelepel sout
1 Blik tamatiepuree
250 ml water met 1 blokkie ekstrak opgelos.
Kook alles saam tot lekker dik en souserig. As die sous vir jou te waterig lyk meng 1 eetlepel Maizena met bietjie koue water en kook dit saam vleis. Kook intussen 1 pak skulpienoedels sag en dreineer. As jy lasagnevelle gebruik moet dit nie kook nie. Jou vleis kan dan meer souserig wees want die velle sal vog absorbeer.
KAASSOUS:
Maak kaassous van:
100 gram margarien
100 ml meel
sout na smaak
850 ml melk
Voeg 1 1/2 koppie gerasperde kaas by.
Die hoeveelheid is genoeg vir n oondpan. gebruik 2 kleiner bakke vir jou gaste.
Pak nou n laag noedels, dan vleis dan kaassous oor. Herhaal nog n keer en strooi ekstra gerasperde kaas oor. Laat staan vir tenminste 30 minute. Bak 30 minute by 180 C tot regdeur warm.
Bedien met slaai en lekker vars rolletjies.
As jy dit gaan vries moenie die laag kaas oor strooi nie. doen dit net voor jy dit bak.

Sjokolade lasagne


sjokolade lasagne

SJOKOLADE LASAGNE

Deur:
My Honeys Place: https://www.facebook.com/photo.php?fbid=533100406741811&set=a.252467151471806.73155.222105337841321&type=1&theater

1 pak gewone enkel Oreo koekies (Nie Double Stuff) – ongeveer 36 koekies
6 eetlepel botter, gesmelt
1 houetjie roomkaas, versag
1/4 koppie suiker
2 eetlepels koue melk
1 en ½ koppies room
2 pakkies sjokolade kitspoeding.
3 en ¼ koppies koue melk
1 en ½ koppies mini sjokolade of selfs ‘n blok sjokolade in stukkies gebreek sal werk. Vermicilli of selfs gerasperde sjokolade sal ook werk

AANWYSINGS
Begin deur die oreo koekies fyn te maak. Gebruik jou voedselverwerker of sommer in ‘n sakkie en slaan stukkend met koekroller.
Smelt die botter en meng in die krummels in. Druk in tertbak plat.
Plaas die in die yskas.
Meng die volgende:
Meng die roomkaas met ‘n menger tot lig en donsig. Voeg 2 eetlepels melk en suiker by en meng goed. Klits room tot styf. Roer helfte van die room of orley whip by. Smeer die mengsel oor die kors.
In ‘n bak, meng sjokolade kitspoeding met die koue melk. Klits vir ‘n paar minute totdat die poeding begin verdik. Gebruik ‘n spatel om die mengsel te versprei oor die roomkaas en koekie laag. Laat die nagereg rus vir ongeveer 5 minute sodat die poeding kan stol en ferm raak.
Smeer die oorblywende room bo-oor. Sprinkel mini sjokolade eweredig oor die koek . Plaas in die vrieskas vir 1 uur of in die yskas vir 4 ure voor opdiening.

CHOCOLATE LASAGNE

INGREDIENTS:

1 package regular Oreo cookies (Not Double Stuff) – about 36 cookies
6 Tablespoon butter, melted
1- 8 ounce package cream cheese, softened
1/4 cup granulated sugar
2 Tablespoons cold milk
1- 12 ounce tub Cool Whip, divided
2 – 3.9 ounce packages Chocolate Instant Pudding.
3 1/4 cups cold milk
1 and 1/2 cups mini chocolate chips

DIRECTIONS:

1. Begin by crushing 36 Oreo cookies. I used my food processor for this, but you could also place them in a large ziplock bag and crush them with a rolling pin. When the Oreos have turned into fine crumbs, you are done.
2. Transfer the Oreo crumbs to a large bowl. Stir in 6 tablespoons melted butter and use a fork to incorporate the butter into the cookie crumbs. When the butter is distributed, transfer the mixture to a 9 x 13 inch baking dish. Press the crumbs into the bottom of the pan. Place the pan in the refrigerator while you work on the additional layers.
3. Mix the cream cheese with a mixer until light and fluffy. Add in 2 Tablespoons of milk, and sugar, and mix well. Stir in 1 and 1/4 cups Cool Whip. Spread this mixture over the crust.
4. In a bowl, combine chocolate instant pudding with 3 and 1/4 cups cold milk. Whisk for several minutes until the pudding starts to thicken. Use a spatula to spread the mixture over the previous cream cheese layer. Allow the dessert to rest for about 5 minutes so that the pudding can firm up further.
5. Spread the remaining Cool Whip over the top. Sprinkle mini chocolate chips evenly over the top. Place in the freezer for 1 hour, or the refrigerator for 4 hours before serving. ENJOY!!!*

Lasagne


lasagne

 
Lasagne

Deur:http://www.bbc.co.uk/food/recipes/simons_mums_lasagne_62589
Bestanddele

Olie om in te braai
500gr maer beesmaalvleis
1 ui, fyn gekap
1 rooi soetrissie, pitte verwyder, fyn gekap
1 groen soetrissie, pitte verwyder, fyn gekap
150g sampioene, in skywe gesny
200g tamatiepuree
2 lourierblare
2 x 400g blik heel tamaties (kap stukkend)
1 teelepel gedroogde tiemie, pietersielie en origanum
sout en varsgemaalde swartpeper
300g gedroogde pasta velle
300g maaskaas
150g gerasperde cheddarkaas

Metode
Voorverhit die oond tot 180C/350F/Gas 4 en smeer ‘n 25cm/10in-x 20cm/8in bak.
Verhit ‘n bietjie olie in ‘n pan oor ‘n hoë hitte. Braai die maalvleis tot bruin. Verwyder die vleis uit die pan.
Voeg nog ‘n bietjie olie in die pan. Liggies braai die uie, soetrissies en sampioene tot sag.
Voeg die maalvleis terug in die pan saam met die tamatiepuree en lourierblare. Kook vir ‘n verdere vyf minute.
Voeg die tamaties en kruie by, en bring die mengsel tot kookpunt. Prut vir ten minste 30 minute en geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper. Verwyder lourierblare
Voer die basis van die bak met pasta en bedek met ongeveer een-derde van die maalvleismengsel. Stip hier en daar stukkies maaskaas.
Herhaal bg stap twee keer en eindig laastens af met lasagne velle met die gerasperde Cheddar bo-op. Bak in die oond vir 45 minute tot een uur, of tot goudbruin en borrelende bo-op.

Lasagne (My eie konkoksie)


Lasagne (My eie konkoksie)

Lasagne (My eie konkoksie)

Rencia Odendaal Pretorius

Bestandele:

500 gr maalvleis

1 uie opgekap

½ greenpepper en ½ red/yellow pepper (opgekap)

Sampioene – ek het 1 blikkie gebruik of so 150gram vars (gesnipper)

1 koppie veggie mix

1 Blikkie Rhodes tamaties– Mexican style (jy kan enige geur gebruik)

2 tamaties – geskil en in blokkies gesny

30ml chutney

30ml tamatiesous

Sout, peper en bietjie garlic

Metode:

Braai die maalvleis, uie, peppers en sampioene saam.  Voeg dan die blikkie tamaties, die tamaties, chutney, tamatiesous, sout, peper en knoffel by en laat dit lekker deurkook. Maak lekker dik witsous.Spuit jou bak met spray en cook. Begin met die maalvleis, dan die witsous en dan die lasagne velle.Herhaal tot mengselvleis op is – eindig af bo met lasagne velle, laaste witsous en lekker baie kaas.Versier mooi bo-op met tamatieskywe, paprika en pietersielie.

NB:  laat staan eenkant vir tenminste 1 uur +.Stel oond op 180°C en bak vir ongeveer ½ uur na 45 min tot goudbruin.