Rencia Odendaal Pretorius
Bestandele:
500 gr maalvleis
1 uie opgekap
½ greenpepper en ½ red/yellow pepper (opgekap)
Sampioene – ek het 1 blikkie gebruik of so 150gram vars (gesnipper)
1 koppie veggie mix
1 Blikkie Rhodes tamaties– Mexican style (jy kan enige geur gebruik)
2 tamaties – geskil en in blokkies gesny
30ml chutney
30ml tamatiesous
Sout, peper en bietjie garlic
Metode:
Braai die maalvleis, uie, peppers en sampioene saam. Voeg dan die blikkie tamaties, die tamaties, chutney, tamatiesous, sout, peper en knoffel by en laat dit lekker deurkook. Maak lekker dik witsous.Spuit jou bak met spray en cook. Begin met die maalvleis, dan die witsous en dan die lasagne velle.Herhaal tot mengselvleis op is – eindig af bo met lasagne velle, laaste witsous en lekker baie kaas.Versier mooi bo-op met tamatieskywe, paprika en pietersielie.
NB: laat staan eenkant vir tenminste 1 uur +.Stel oond op 180°C en bak vir ongeveer ½ uur na 45 min tot goudbruin.
You must be logged in to post a comment.