Bestandele:
1 pak brooddeeg
Gesnipperde spek (bietjie)
Gekapte uie (bietjie)
Gerasperde kaas
Metode:
Neem brooddeeg en knie effens deur.Neem jou swartboompotjie, smeer lekker dik met botter – die deksel ook.Druk jou deeg in balvorm. Sit die deeg in gesmeerde pot. Gooi die stukkies spek en uie bo-oor. Druk dit effens op die brood. Gooi die kaas bo-oor.Versier met bietjie pietersielie en rooipeper. Laat rys vir so ‘n halfuur.Bak met die deksel op die broodjie by 180 grade vir ongeveer 45 min.