Hoender lasagne


hoender lasagne

HOENDER LASAGNE
2 gaar hoenders – ontbeen en in stukke gesny
Pak lasagna velle
2 gekapte uie
350 g knopies sampioene gekerf
2 gekapte groenrissies (geel rooi en groen)
2 geskilde gekapte tamaties
250 g gerasperde kaas
250 g streepspek – gesnipper
2 pakkies room van hoendersop aangemaak met 3 – 4 kop hoenderaftreksel
2 huisies knoffel gekap
Sout, peper, kruie en mostert na smaak
Braai spek, uie, groenrissie, sampioene en tamaties liggies. Roer aangemaakte sop by en kook goed deur, geur na smaak. Meng die vloeistof met die vleis. Laat deurkook. Begin deur bietjie hoender mengsel onder in ‘n oondvaste bak te sit, dan die velle, dan weer die hoender en weer die velle. Strooi kaas bo-oor en bietjie gakapte pietersielie of spruituie. Laat staan vir ongeveer 1 uur voor jy bak sodat die velle sag kan raak en die vog kan absorber. Bak by 180°C vir 45 minute.

Jy kan opsioneel bietjie ertjies byvoeg of gemengde veggie mix – dit rek die gereg en almal kry sommer hulle groente ook in.
Bedien met lekker broodrolletjies en mengelslaai

lasagne hoender

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s