Lasagne


lasagne

 
Lasagne

Deur:http://www.bbc.co.uk/food/recipes/simons_mums_lasagne_62589
Bestanddele

Olie om in te braai
500gr maer beesmaalvleis
1 ui, fyn gekap
1 rooi soetrissie, pitte verwyder, fyn gekap
1 groen soetrissie, pitte verwyder, fyn gekap
150g sampioene, in skywe gesny
200g tamatiepuree
2 lourierblare
2 x 400g blik heel tamaties (kap stukkend)
1 teelepel gedroogde tiemie, pietersielie en origanum
sout en varsgemaalde swartpeper
300g gedroogde pasta velle
300g maaskaas
150g gerasperde cheddarkaas

Metode
Voorverhit die oond tot 180C/350F/Gas 4 en smeer ‘n 25cm/10in-x 20cm/8in bak.
Verhit ‘n bietjie olie in ‘n pan oor ‘n hoë hitte. Braai die maalvleis tot bruin. Verwyder die vleis uit die pan.
Voeg nog ‘n bietjie olie in die pan. Liggies braai die uie, soetrissies en sampioene tot sag.
Voeg die maalvleis terug in die pan saam met die tamatiepuree en lourierblare. Kook vir ‘n verdere vyf minute.
Voeg die tamaties en kruie by, en bring die mengsel tot kookpunt. Prut vir ten minste 30 minute en geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper. Verwyder lourierblare
Voer die basis van die bak met pasta en bedek met ongeveer een-derde van die maalvleismengsel. Stip hier en daar stukkies maaskaas.
Herhaal bg stap twee keer en eindig laastens af met lasagne velle met die gerasperde Cheddar bo-op. Bak in die oond vir 45 minute tot een uur, of tot goudbruin en borrelende bo-op.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s