Tag Archive | mieliepap

Paptert


IMG_8111

WILLIE SE PAPTERT

1 Kg mieliemeel

Sout na smaak

1 blikkie sweetcorn mielies

500ml room

500gr  gerasperde chedder kaas (verdeel in 2)

500gr spek (gesnipper)

1 Pakkie vars sampioene (gekap)

2 uie (gekap)

1 Blikkie tamatie en uie smoor (gebruik die Mexican geur – dit gee ‘n lekker byt)

1 pakkie Knorr Sausage gravy poeier

 

Metode:

Kook die mieliepap soos ontbyt pap (medium slap)

Braai intussen die uie, sampioene en spek tot mooi bruin en voeg dan die tamatie en uie smoor by

Laat rustig prut tot deurgaar en gooi dan die sausage gravy poeier, sout peper en speserye na smaak by.

Wanneer die pap gaar is voeg die blikkie mielies by en die helfte van die kaas. Meng goed. Voeg nou die room by en roer die papmengsel deur.

Smeer ‘n terbak met bietjie botter

Skep nou ‘n dun lagie pap in die bak – ongeveer 1cm dik.

Skep die spek en uie/tamatie  mengsel oor – pasop dat dit nie met die pap meng nie

Herhaal nou in lae tot alles klaar is en eindig af met die spek en uie/tamatie mengsel.

Strooi die ander helfte van die kaas oor en laat staan vir ‘n rukkie.

Bak paptert in oond vir 20 minute by 180 C  (jy wil basies net alles weer stadig warm maak en die kaas smelt – alles is mos klaar gaar)

Die voordeel van die paptert  is, dit kan hele ruk voor die tyd gemaak word en net voor julle eet kan dit in die oond gedruk word om net weer warm te word)

Advertisement

Mieliepap balle


MIELIEPAP BALLE
vir Braaivleis
Maak lekker stywe mieliepap, laat effens afkoel, rol bolle so groot soos frikkadelle, pak in oond skottel.
Braai ui, tamatie, sampioen en spek saam.
Maak lekker groot gat in elke al met jou duim en skep die mengsel daarin.
Gooi een houertjie room bo-oor en sommer genoeg gerasperde kaas, en bak in die oond, 180C  vir so ongeveer ‘n uur.
Maak seker die room gaan tussen die balle in.
Bedien warm.

VARIASIE
Kan ook suikermielies in die mieliepap gooi vir variasie
*ek het n pakkie potato bake by die room gegooi (maak aan met room en melk)

PAP

1 liter water

12.5ml sout

750ml mieliemeel

12.5ml botter

10ml olyfolie

Kook water en voeg dan sout by. Roer met ‘n vurk of agterkant van houtlepep genoeg mieliemeel in om mengsel taamlik dik te maak. Voeg botter en olyfolie by. Vou goed in. Sit deksel op en laat stoom ongeveer ½ uur oor lae hitte tot gaar.(Ek stel my stoof af na no 1)  Moenie die deksel te dikwels oplig nie, aangesien dit sal maak dat die pap nie rys nie. Roer so 2/3x deur met agterkant van houtlepel of vurk.

mieliepap balle2

mieliepap balle