KERRIE MAALVLEIS VETKOEK
Suurdeeg vetkoek (of koop sommer klaar voorafbereide brooddeeg by die winkel)
Bestanddele:
250 g (445 ml) witbroodmeel
250 g (445 ml) koekmeel
10 ml sout
1 x 10 g kitssuurdeeg
15 ml suiker
315 ml warm water
sowat 600 ml sonneblomolie
Meng witbroodmeel, koekmeel, sout en suurdeeg. Kombineer suiker en warm water en voeg by die meel. Meng goed.
Knie deeg vir minstens 10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak tot lekker elasties. Plaas deeg in ’n bak (taamlik groter as die deeg).
Smeer ’n klein bietjie olie daaroor sodat dit nie uitdroog nie.
Maak bak toe met kleefplastiek en laat deeg op ’n louwarm plek rys tot byna dubbel die grootte. In koue weer kan jy die vetkoek laat rys in jou lou-oond, op laag.
Knie die deeg af. Rol dit in ’n lang ovaalvorm en verdeel in 6 – 8 vetkoeke.
Plaas vetkoeke op ’n bakplaat en laat weer vir sowat 30 minute rys. Verhit olie in ’n kastrol. Breek ’n klein stukkie deeg af om te toets of olie reg is: As dit dadelik begin braai, is die olie
gereed. Braai 3 vetkoeke op ’n slag. Draai hulle om wanneer die een kant begin verbruin. Verlaag die olie se temperatuur en draai die vetkoeke nou en dan om.
Hulle braai vir minstens 10 minute. Dreineer op kombuispapier.
Kerrie maalvleis
(vulsel vir sowat 8 vetkoeke)
30 ml sonneblomolie
500 g maalvleis
2 uie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 blik gekapte tamaties
20 – 30 ml kerriepoeier
15 ml borrie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
sowat 250 ml water
Verhit olie in ’n kastrol. Voeg maalvleis by en braai vir so 6 minute. Die vleisstukkies moet net loskom van mekaar. Voeg gekapte uie en knoffel by en braai verder vir so 10 minute. Voeg tamaties, kerriepoeier en borrie by. Geur met sout en swartpeper. Voeg water by en bedek. Laat vir minstens 2 uur prut. As vleis lyk of dit wil droog kook, kan jy nog water byvoeg. Maak die vetkoeke en sny oop. Skep van die kerriemaalvleis in en sit dadelik voor met lekker blatjang daarby.
Deur: Radio Eendrag
*
VLEISPASTEI MET DEEG WIELE – Rina Shorty
30 ml olyf olie
1 ui fyngekap
1 tl knoffelvlokkies
500 g maalvleis
250 g sampioene in skyies
80 ml koekmeel
300 ml vleisaftreksel
1 blik heel tamaties gekap (of so 3 tamaties geskil en gekap)
5 ml tamatiepasta
5 ml gemengde kruie
5 ml suiker
10 ml mosterdpoeier
sout en vars gemaalde peper
30 ml botter
80 ml melk
250 ml kaas gerasper
60 ml vars pietersielie
1 eier geklits in bietjie melkVerhit olie en braai ui sag, voeg fyn knoffel by en braai min. Voeg vleis by en braai bruin.
Voeg die sampioene by en braai 2 minute. Roer die meel en res van die bestandele by.
Bring tot kookpunt , plaas deksel op en prut 1/2 uur. Skep in pasteibak.WIELE
Sif die meel en sout. Vryf die botter in droe bestandel.
Voeg melk by en knie tot deeg. Rol deeg uit 20×300 cm.
Strooi kaas en pietersielie oor en rol op. Sny in 1.5 cm skywe.
Rangskik op wiele op vleis maar laat ruimte toe vir rys.
Verf met eier en bak 30 minute tot goudbruinDeur: http://kuierkookklets.weebly.com/maalvleis.html
*
KERRIEFRIKKADELLE – Vrouekeur
1 Kg maalvleis
1 Knoffelhuisie, gekneus of 1 tl vlokkies
½ Koppie room of melk
1 Pakkie Bruinuiesoppoeier
1 Koppie Vars broodkrummels
1 Granny Smith-appel, gerasper
1 Eier
Sout en gemaalde swartpeper
Genoeg olieSOUS
2 Uie Gekap
1 Knoffelhuisie, gekneus
Bietjie olie
1 Teel Droë pietersielie
2 Teel Kerriepoeier
3 Eetl Blatjang
2 Eetl Asyn
1 Teel Bruinsuiker of witsuiker
½ Koppie room of melk
2 Eetl Koekmeel
2 Koppies Vleisaftreksel
Sout en gemaalde swartpeper na smaakStel oond op 180C.FRIKKADELLE
Meng bestanddele vir frikkadelle, behalwe olie, en
vorm in balletjies. Braai frikkadelle in olie tot amper gaar en plaas in groot oondbak.SOUS
Soteer uie en knoffel in olie tot deurskynend en sag. Roer kerrie by en braai bietjie saam met die uie.
Meng res van die bestanddele, roer by uiemengsel in en laat vir 5
minute prut. Giet sous versigtig oor frikkadelle en bak vir 30 minute.
Bestanddele:
5 groot uie
2 E kookolie vir braai.
1 E kerriepoeier
1 E borrie
1 E mielieblom
¾ k blatjang
½ k appelkooskonfyt
4 tot 5 piesangs (sien eers wenk onder)
Metode:
Sny die uie in groterige ringe.
Braai dit in kookolie tot dit glaserig is.
Meng die kerrie, borrie, mielieblom, blatjang en appelkooskonfyt¬ en voeg dit by die uie.
Laat dit goed deurkook, sny piesangs in – roer deur. Skep ‘n bietjie daarvan onder in ‘n oondskottel.
Pak frikkadelle daarop en gooi die res van die kerrie-uiesmoor¬ bo-oor. Bedek
Bak vir een uur teen 180 C of vir 1 en halwe to 3/4 uur by so 140/150 C
WENK, Indien jy lus voel vir kerrie piesang frikadelle, sny so 4 na 5 piesangs in skywe en voeg by jou sous.
Ek is lief om my frikadelle bietjie langer te bak teen laer hitte dan bak dit nie so vinnig droog nie. Dit het dan ook lekker sousie By 180 C is dit geneig om droog te bak – slegs my opinie (Rens)
Bedien met rys of kapokaartappels en soetpampoen/patats of lekker tamatie en uie salsa.
*
12.5 ml olie
10 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
25 ml blatjang
25 ml asyn
5 ml suiker
3 ml sout
500 gram maalvleis
2 wortels grof gerasper
125 ml water
2 groot aartappels in blokkies gesny
½ pakkie bruinuiesoppoeier
1 blikkie pitmielies (gedreineer)
2 tamaties geskil en in blokkies gesny (die is opsioneel maar ek glo mens sit tamatie by kerrie vir daardie ekstra spesiale smaak – Rens)Braai die ui 5 minute stadig in die kookolie.
Voeg die kerrie en borrie by en roer om te meng.
Voeg die tamatie, blatjang, asyn, suiker en sout by en laat 10 minute stadig prut.
Voeg die maalvleis en gerasperde wortels en by. Roer totdat die vleis lekker los is.
Voeg nou die water en pitmielies by en laat 20 minute prut. Roer af en toe sodat dit nie brand nie.
Kook intussen die aartappels sag in water met 3 ml borrie daarin. (Jy kan ook sommer die aartappels in die mikrogolf oond sit in jou plastiese sak vir so ongeveer 6 min)
Gooi die water af en voeg die aartappels by die vleis. Maak die sop met 75 ml water aan en voeg dit by die vleis en laat kook vir 10 minute.Bedien KERRIE resep as kerrie en rys met lekker bladjang, klapper en piesangs oor
5ml droe mosterd poeier
Sout en peper na smaak
10ml pietersielie
60ml botter
1x 420gr blikkie sweetcorn (roommielies)
60ml melk
1 eier
Meng die droe bestandele en pietersielie
Vryf met jou vingers die botter in die droe bestandele in
Meng die blikkie sweetcorn in, eier en melk. Meng goed
Gooi oor maalvleis en bak vir ongeveer 25 na 30 min by 180 C of tot goudbruinBedien saam met rys of kapokaartappels, soet pampoen/ patats, skorsie met suiker kaneel en botter, tamatie salsa of mengelslaai
*
1 groot ui gekerf
1 sny brood
200ml melk –
750gr maalvleis
2 eiers
15 ml appelkooskonfyt
50 ml suurlemoensap
60gr rosyne
4 teel kerrie
5ml borrie
sout en peper
30 ml Bladjang
Mikrogolf die olie en ui vir 1 min – roer – mikrogolf verder vir 3 min. Week brood in helfte van die melk – Voeg al die bestandele bymekaar BEHALWE die oorblywende melk, eier en suurlemoensap – Bedek en mikrogolf op 100 persent vir 10 minute – roer deur – maak weer gelyk en druk plat in bak. Meng nou die melk, eier en suurlemoensap gooi bo-oor en mikrogolf vir 10/12 min op medium (onbedek)
Gee staantyd van so 10 minute en bedien met geelrys en slaai.
1 dik sny witbrood
50ml koue melk
500g maalvleis
1 ui (fyn gekap)
5ml sout
1ml vars gemaalde swartpeper
2ml knoffelvlokkies
10ml matige kerriepoeier
1ml borrie
12,5ml blatjang
12,5ml asyn
3 eiers
1lourierblaar
12,5ml mielieblom (maizina)
12,5ml koue water
350ml kookmelk
Voorverhit die oond tot 160C. Week die brood in die melk en druk dan die oortollige melk uit. Hou die sagte brood eenkant. Meng die maalvleis, ui, sout, peper, knoffelvlokkies, die helfte van die kerriepoeier, die borrie, blatjang, asyn, 1 eier en die sagte brood. Skep die vleismengsel uit in ‘n goed gesmeerde oondskottel , steek die lourierblaar daarin en bak dit 15 minute lank op die middelste oondrak sodat die bobotie ‘n kors bo-op kan vorm. Hou dit eenkant warm. Klits die oorblywende 2 eiers saam en hou dit eenkant. Meng die mielieblom, die res van die kerriepoeier en die koue water tot ‘n gladde pasta en roer dit by die geklitse eiers. Voeg die kookmelk geleidelik by en laat dit prut totdat dit effens verdik. Roer dit voortdurend. Haal die mengsel van die plaat af en gooi dit oor die bobotie. Bak die bobotie nog 25-30 minute lank op die middelste rak van die oond totdat dit ferm en ligbruin is.
Bedien warm met blatjang.
Bedien bobotie met geelrys/witrys, soet pampoen of patats, tamatie en uie salsa
TORTILLA MAALVLEIS PASTEI
Bestanddele:
2 uie,
greenpeppers gekap
5 mushrooms (gekap) (opsioneel)
1kg maalvleis
Peper
2 sakkies tamatie pasta
1 e Worcestersous
1 t peri peri speserye (opsioneel)
1 k water
1 pakkie oxtail soppoeier.
1 pak tortilla wraps (so ongeveer 6-8)
1 blikkie sweetcorn mielies
½ k chutney
½ k Mayonaise
Redelik baie gerasperde cheddar kaas
Ringkoekpan wat kan losknip of groot genoeg plat pan sodat hele “koek”uitgelig kan word
Braai uie oor matige hitte in olie tot lekker bruin
Gooi maalvleis by en braai tot bruin.
Gooi sout, peper, tamatiepasta, worcestershiresous,mielies en peri peri by en braai goed deur. Gooi water en soppoeier by tot dit ‘n lekker baie dik sous maak.
Meng Chutney en Mayonnaise. Smeer of spuit die pan goed. Sit 1 tortilla onder in. Smeer met so 1-2 eetlepels chutney mengsel. Skep so 1,5 cm laag maalvleismengsel oor. Sprinkel kaas oor. Herhaal tot jy eindig met ‘n tortilla. Smeer laaste tortilla met orige chutney mengsel en strooi kaas oor.
Bak in oond vir 45 min op 160C
Bedien 6-8 mense.
*
MAALVLEIS POFFERS
250 ml melk
2 eiers
125 ml olie
250 ml koekmeel
2 ml sout
10 ml bakpoeier
2 ml aromat / fondor
maalvleis
Klits vloeistof. Meng droe bestandele by (baie slap).
Skep deeg, dan maalvleis, dan weer deeg in kolwyntjiepannetjies.
Bak by 232ºC tot goudbruin.
(*Jy kan vienas, hoender, kase, tuna enigiets insit)
heerlik vir padkos ook
*
MAALVLEIS SONDER MOEITE
1 Ui
500 g maalvleis
100 ml blatjang
1 koppie rou rys
Knypie sout
1 blikkie Minestronesop
1 blikkie geroomde sampioene
500 ml kookwater
Braai die ui in ‘n bietjie olie en voeg maalvleis by. Braai tot bruin. Sit in ‘n oondvaste bak met ‘n deksel en voeg blatjang bo-oor.
Strooi die koppie rou rys eweredig bo-oor, asook sout.
Gooi minestronesop bo-oor en ook die sampioene. Voeg laastens die kookwater by. Sit deksel op en bak in oond vir 1 tot 1 ½ uur in ‘n voorverhitte oond teen 180°C
*
MAALVLEIS-EN-RYSGEBAK
2KoppiesGaar rys
1KoppieKaas, gerasper
Spek
1PakkieSpek, gekap
1PakkieSampioene, in skyfies gesny
½ElkRooi en groen soetrissie, in blokkies gesny
Maalvleis
1UiGekap
1Knoffelhuisie, gekneus
Bietjie olie
600GBeesmaalvleis
½TeelGedroogde gemengde kruie
½TeelGedroogde soet basiliekruid
Sout en swartpeper na smaak
Sous
1PakkiePotato bake of witsuiesoppoeier
¾KoppieWarm melk
1KoppieDikroom
½KoppieWater
Stel oond op 180C. Spek : Soteer spek en voeg bietjie olie by indien nodig. Voeg sampioene by en soteer nog 5 minute. Voeg soetrissie vir laaste 2 minute by en verwyder van hitte. Maalvleis : Soteer ui en knoffel in olie tot ui sag is. Voeg maalvleis, kruie, basiliekruid en sout en peper by. Braai tot vleis gaar is en verwyder van hitte. Sous : Maak potato bak met warm melk aan. Roer dikroom en water by. Hou eenkant. Skap gaar rys onder in diep gesmeerde oondbak, gevolg deur spekmengsel, maalvleismengsel en sous.
*
MAALVLEISPASTEI
1 kg maalvleis
2 k koue water
1 k sagte broodkrummels
25 ml asyn
10 ml sout
knippie peper
Kors:
1 eier
125 ml olie
125 ml melk
1 k meel
2 t bakpoeier
2 ml sout
Plaas bestanddele vir die vulsel in pot. Meng met vurk. Verhit tot kookpunt, roer gereeld en laat kook vir 5 minute. Voorverhit oond tot 180ºC en skep vleismengsel in skottel. Klits eier, olie en melk saam. Roer meelmengsel by en skep beslag bo op vleis. Bak vir 30 min tot goudbruin. Hierdie tert vries baie goed
*
HEERLIKE MAALVLEIS GEBAK
Oond 180 gr C.
Braai 1 groot gekapte ui en 500 gr maalvleis in bietjie olie tot vleis gaar is. Skep in oondvaste, diep bak, ek vat sommer my casserol. Skep paar lepels blatjang van jou keuse oor, en smeer gelyk. Gooi 1 k rou rys oor en sprinkel half t sout oor.Gooi 1 blikkie groentesop bo-oor en volg met 1 blikkie geroomde sampioene. Gooi nou 2 k kookwater bo-oor en bak vir 1-1 en half uur. Sit voor met groente of slaai
*
MAALVLEIS IN MUFFINPANNETJIES
Hier is ietsie vinnig en lekker, maak net ‘n slaaitjie by: Maak maalvleis gaar soos jy daarvan hou(dit moenie souserig wees nie). Sny brood met sirkel koekiedrukker & smeer met botter. Plaas dit in muffinpannetjies en skep maalvleis in. Gooi kaas oor en bak tot brood bros.
*
MAALVLEIS EN BLADJANG GEREG
Neem n koppie rys en kook net tot amper sag. Dreineer en hou eenkant. Braai uie bruin en gooi die maalvleis by. Sout en peper na smaak. Braai tot bruin. Neem n gesmeerder oondbak en gooi rys in en maak gelyk. Smeer n laag blatjan oor die rys. Gooi 1 koppie kookwater stadig oor. Moennie roer nie. Gooi nou die maalvleis oor. Neem n blik sampioensop en gooi dit boop maalvleis. Sit deksel op en bak vir 1 uur op 150 grade.
*
MAALVLEISGEREG MET CHAKALAKA EN BUTTERNUT
Braai 2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot. Gooi by : 1 blikkie Chakalaka met butternut en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)
Gooi droe spaghetti/noedels bo-oor. Gooi nou water bo-oor die mengsel sodat die water bokant die mengsel le.
Sit die deksel op en stoom tot gaar. Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.
Maak intussen ‘n lekker dik witsous en as spaghetti gaar is, gooi die witsous bo-oor.
Rasper nou 2 kase bo-oor. ‘n wit kaas bv Tussers en ‘n geel kaas bv Chedder
Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is.
Bedien met vars mengelslaai
*
CHILLI CON CARNE
Bestanddele
1 Pakkie Maalvleis
1 Ui
1 Rooi Soet Rissie
Chilies na smaak
Tabasco Sous na smaak
Sout, Peper en Origanum na smaak
1 Blikkie Tamatie Puree
1 Blikkie Tamatie en uie smoor
1 Blik Rooi “Kidney” boontjies
½ Blikkie Sweet corn
Metode
Sny ui, chilies en soet rissie fyn en braai in olie tot ligbruin. Voeg maalvleis by en braai. Voeg ander bestanddele by en braai. Stel hitte af en prut stadig vir 15 minute.
*
MAALVLEIS PASTEI MET RYSKORS
1 dik sny brood, korsies verwyder
Bietjie melk
sout en peper na smaak
5ml koljander
37,5ml asyn
500g maalvleis
1 tamatie
3 repies spekvleis
50ml gerasperde kaas
Week brood, in ‘n bietjie melk, druk uit en krummel. Voeg geurmiddels by maalvleis. Voeg brood by en meng. Skil tamatie, kap in blokkies en voeg by. Druk helfte van mengsel liggies in gesmeerde oondskottel. Rangskik spekvleis en kaas bo-op. Plaas res van vleismengsel bo-oor. Skep volgende kors oor vleismengsel.
KORS:
2 eiers 125ml melk
12,5ml gesmelte botter 125ml gaar rys
125ml meelblom 5ml bakpoeier
125ml gerasperde kaas
Klits die eiers goed en voeg die melk by. Voeg botter en rys by. Sif meelblom en bak poeier by en skep bo-oor vleismengel in oondskottel. Strooi kaas oor en bak vir 1 uur by 180C.
*
RYSVERRASSING
500 g maalvleis
olie
2 uie, gekap
3 knoffelhuisies, gekap
2 ryp tamaties, geskil en gekap
helfte van `n 65 g blikkie tamatiepasta
worcestersous na smaak
sout en peper na smaak
5 ml basiliekruid
500 – 750 ml gaar rys
Braai die ui en knoffel in die olie tot sag, voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Voeg die tamaties, tamatie pasta en geurmiddels by. Prut `n paar minute tot tamatie gaar is. Voeg die rys by, meng goed en verhit tot deurwarm. Dien op met slaai en vars broodrolletjies indien verkies.
*
KRUMMEL MAALVLEISPASTEI
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
olie
500 g maalvleis
1 blik boontjies in tamatiesous
15 ml worcestersous
sout en peper na smaak
Bolaag:
60 ml botter
200 ml koekmeel
2 ml basieliekruid
200 ml gerasperde kaas
Braai die ui en knoffel in `n bietjie olie tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar. Voeg die boontjies en worcestersous by en geur na smaak met sout en peper. Skep in `n gesmeerde oondvaste bak.
Vryf die botter met jou vingerpunte in die meel in. Voeg die basieliekruid en kaas by en meng goed. Sprinkel oor die maalvleismengsel. Bak by 180 grade C vir 20 – 30 minute tot goudbruin en gaar. Dien op met slaai of groente van jou keuse
*
MAALVLEIS-EN-HOENDERLEWERLEKKERTE
6 preie, in ringe gesny
bietjie botter of margarien
500g hoenderlewers, in stukkies gesny
250g maalvleis
250ml room
2 tamaties, in blokkies gesny
5ml droë pietersielie
5ml knoffelsout
sout en peper na smaak
3 druppels Tobasco, indien verkies
Braai die preie in ‘n swaarboomkastrol tot sag en deurskynend. Voeg die hoenderlewer en maalvleis by en roerbraai liggies tot amper gaar. Voeg die res van die bestanddele by, sit deksel op en prut ‘n halfuur.
*
EENBAK MAALVLEIS GEREG:
Kook saam tot gaar : 500gr maalvleis, 250ml water 5ml sout 2ml peper
Skep maalvleis in platbak
Smeer 100ml chutney oor
Strooi 250ml rou rys bo-oor
Gooi 1 blik (410gr) ministrone sop oor
Gooi 1 blik geroomde sampioene oor
Gooi 500ml gekookte water bo-oor
Bak vir 1 en half uur opmiddelste rak op so 140/160 grade
*
SPAGHETTI BOLOGNAISE
375 g spaghetti (gaar)
1 ui, fyn gekap
12,5 ml olie
500 g maalvleis
5 ml sout
3 ml gemengde speserye
3 ml tiemie
3 ml kaneel
12,5 ml appelkooskonfyt
25 ml blatjang
1 x 410 g blik tamatiepuree
Braai ui tot sag in olie. Voeg maalvleis by en braai tot los. Voeg res van bestanddele behalwe kaas by en meng goed. Ek gooi `n halwe blik water (spoel die puree blik daarmee uit) ook by. Prut sowat 20 minute lank. Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak, dreineer goed en meng met die vleissous.
*
MAALVLEIS BOLLE BOLOGNAISE
Spaghetti (gaar)
1 ui gekap
1 pakkiek tamatieroomsoppoeier
15ml margarine
37.5ml tamatiesous
25ml blatjang
12,5ml worcestersous
250ml koue water
3ml tiemie
1 klein blikkie ingedampte melk (ideal melk)
Garnering:
Vars gekapte pietersielie en spruituie (na smaak en ook opsioneel)
Braai die ui in die margarine tot bruin, Meng die res van die bestandele by. Roer goed deur en kook vir ongeveer 15min. stadig. Plaas maalvleisbolletjies in die mengsel en kook vir so 10 minute. Bedien op spaghetti.
*
MAALVLEIS PANNEKOEKE
PANNEKOEK
4k koekmeel
4t bakpoeier
4 eiers
4k water
1t sout
Meng alles goed tot gladde mengsel.
MAALVLEIS PANNEKOEK VULSEL
Braai uie tot sag. Gooi maalvleis by en roerbraai so ‘n rukkie tot maalvleis los is . Voeg aartappelblokkies by en bietjie water en kook tot gaar – as aartappels sag en is, gooi orige water af en maak die aartappels fyn teen die kant van jou pot – Dit maak dat die maalvleis so ‘n lekker dik stywe beslag is. Gooi by sout, peper bladjang na smaak en roer deur.
Jy kan nou die pannekoeke net so opdien
OF
Maak lekker dik witsous, rol jou pannekoeke op met die maalvleis, sit in ‘n bak, gooi die witsous bo-oor, rasper kaas bo-oor en bak in die oond by 180 C tot lekker deurwarm en kaas gesmelt is.
*
MAALVLEIS MET SPINASIE EN FETA
Deur Huisgenoot Digitaal
Genoeg vir 4-6 mense
15 ml (1 e) olyfolie
2 uie, gekap
500 g maalvleis
sout en peper
400 g baba-spinasie
250 g feta
250 ml (1 k) room
Verhit die olie en soteer die uie tot goudbruin.
Voeg die maalvleis, sout en peper by. Roerbraai tot die maalvleis gaar en bruin is.
Verminder die hitte en voeg die spinasie, feta en room by. Laat prut 2 tot 3 minute.
Sit voor saam met pap.
*
LALALA (LAGIE) MAALVLEISGEREG
Braai mince en uie tot gaar, spice soos wil.
Pak dan lae (dis waar die naam vandaan kom) met groente.
Heel onder sommer in pot waarin jy mince gebraai het, gesnyde aartappel,
2de laag is wortels gesny,
3de laag is 1/2kop rou rys,
4de laag is blik room mielies,
5de laag is groenboontjies,of ertjies,nes jy wil,
6de laag is blik tamatie en uie smoor,
7de laag is die gebraaide mince.
Maak pakkie tamatie sop aan met 1kop water, gooi bo-oor, maak deksel toe. Sit in oond op 180 tot gaar, so 45min. Al die groentes en rys is rou!
*
ALLES IN EEN MAALVLEISPASTA
250 g macaroni
Witsous:
45 ml botter
45 ml koekmeel
sout en peper
375 ml melk
Maalvleis :
2 uie, gekap
bietjie olie
800 g beesmaalvleis
250 g sampioene in skyfies gesny
2 geelwortels, in skyfies gesny
6 murgpampoentjies, skyfies gesny
knippie gemaalde kaneel
5 ml paprika
sout en peper
15 ml vars pietersielie, gekap
1 x 410 g blik pitmielies, gedreineer
250 ml cheddarkaas, gerasper
125 ml melk
2 eiers
Stel oond op 180°C.
Kook pasta tot gaar, nie pap nie.
Maak witsous met botter, meel en melk en geur met sout en peper na smaak Hou eenkant
Braai uie
Voeg vleis by en braai tot los en bruin
Voeg groente by en roerbraai nog 10 min.
Voeg res behalwe eiers en melk by.
Meng pasta, maalvleis en witsous en skep in `n gesmeerde oondbak. Klits eiers en melk saam, giet oor gereg en bak vir 30 min tot gaar.
*
MIELIEPAP EN VLEIS GEREG
250ml mieliemeel
500ml water
Knypie peper
½ tl braai speserye
5ml sout
¼ t tamatiesous
1 ui fyngekap
250ml kaas gerasper
1 soetrissie fyn
1 tamatie
1 E olie
2 eiers
250ml gemaalde vleis
125ml melk
Meng mieliemeel, water en sout en kook vir 20 min.
Braai ui en soetrissie in olie.
Voeg vleis, peper, speserye en tamatiesous by en laat stadig stowe tot vleis gaar is.
Meng vleis en pap en gooi in gesmeerde oondskottel.
Sprinkel kaas bo-oor.
Sny tamatie in skywe en pak bo-op.
Klits eiers en melk saam en gooi bo-oor.
Bak vir sowat 30min by 200°C.
*
MAALVLEIS-EN-PASTAGEBAK
125 g spekvleis, gesnipper
500 g maer beesmaalvleis
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 groen soetrissie, gekap
‘n halwe pakkie bruin uiesop
1 blik (410 g) gekapte tamaties
500 ml beesvleisaftreksel
125 ml blatjang
Sout, peper en suiker na smaak
500 g pasta (macaroni of penne)
375 ml gerasperde kaas
375 ml vars broodkrummels
60 ml gesmelte botter
45 ml vars pietersielie, gekap
Braai die spekvleis in ‘n swaarboompot tot gaar. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Braai die uie, knoffel en soetrissie in ‘n pan tot sag. Voeg by die maalvleismengsel en sprinkel die uiesop oor. Roer deur, voeg die tamaties, aftreksel en blatjang by en laat deurkook. Geur met sout, peper en suiker en laat prut tot geurig (die vleis moet nog lekker souserig wees). Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak tot gaar, maar steeds ferm.Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die pasta liggies met die vleismengsel en skep in ‘n groot oondbak. Meng die kaas en broodkrummels met die pietersielie sprinkel bo-oor. Bak vir 30 — 40 minute tot goudbruin. Sit warm voor met slaai.
*
SPEK- BOONTJIE EN MAALVLEISETE
250g maer spek stukkies (bacon bits)
300g maer maalvleis
beesaftrekselpoeier
10g blik tamatie- en uiemengsel
500g McCain Green Beans, Potato & Onion
45ml grofgekapte pietersielie
geurmiddels: brandrissiesous, fyngekapte knoffel en gemaalde swart peper
Plaas spek en maalvleis in ‘n kastrol en roer oor matige hitte tot lekker bruin. Geur liggies met aftrekselpoeier. Voeg McCain boontjiemengsel en tamatiemengsel by. Geur na smaak en prut ongeveer 15 minute, of tot gaar genoeg na jou sin. Vurk pietersielie deur en bedien met pasta en ‘n slaai.
*
FRIKKADELSLAAI
Frikadelle:
500 g maer maalvleis
1 sny brood, geweek in 100 ml melk
1 klein ui, fyn gekap
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
1 ml fyn naeltjies
30 ml asyn
50 ml gekapte pietersielie.
Krummel brood. Voeg res van bestanddele by. Meng liggies met ‘n vurk. Vorm klein frikkadelle. Plaas op ‘n bakplaat. Bak by 160 C vir 20 minute en laat afkoel.
Slaai:
1 krop botterslaai
½ Engelse komkommer, in skywe gesny
425 g-blikkie klein mielies, gedreineer
150 g swart druiwe
10 kersietamaties
30 ml gekapte pietersielie.
Pak blaarslaai op ‘n groot plat bord. Rangskik frikkadelle, komkommer, mielies, druiwe en tamatie bo-op slaai. Sprinkel met pietersielie.
8
PAAR LEDE SE HUISKOK RESEPTE
Helene Smit Neem maalvleis gooi 1pakkie bruin uiesoppoeier by en halwe kop chutney. Maak balletjies en bak in oond vir halfuur op 180C
Helen Smit Boere-bryani::::::braai 1 kop rys in biki olie tot gepof,sny uie en greenpepper in braai so 5min,voeg maalvleis by,maak los met n vurk,braai tot droog gooi nou enige groente bo-op met jou souit,peper,neutmuskaat,mespunt gemaalde naeltjies en eetlepel asyn by.Roer lekker deurmekaar.maak toe met water tot bokant van mengsel.laat prut stadig tot vloeistof weg is.moenie verdik,skep net so op.Dis HEERLIK!
Natasha Ludwig Bezuidenhout Lekker ek maak kerrie maalvleis en rys Braai gesnyde ui in pan met botter kan rajah meduim curry powder so 1 tlp by uie gooi en braai gooi maalvleis by en braai tot bruin en gaar ek gooi Dan curry mixed vegetables wat in die blikkie is by en kook nog so paar min gooi peper en sout na smaak en sit voor met gaar gemaakte reis. Dis vinning en maklik. As jy dit nie te sterk wok he nie hoef jy nie die rajah by te gooi nie. Hoop julle geniet dit
Chrissie van Zyl Pasta en maalvleis. Alfredo pasta. Ek gebruik macaroni en alfredo pasta sous in pakkie.
Maalvleis gaan ek klein frikkadellietjies. Maak en roerbraai groente braai en dan saam rangskik bo op macaroni en groenslaai saam bedien.
Magrietha Bronkhorst Ek gaan vanaand net my weergawe van macaroni en kaas maak. Ek maak my maalvleis gaar en macaroni apart dan meng ek kaas en macaroni en sit 1ste in bak, dan my maalvleis met kaas oor en dan mash bo oor en bak dan in oond.
Alida Potgieter Le Roux Hier is my maalvleis bydra. Maalvleis en blatjan kasserol. Neem n koppie rys en kook net tot amper sag. Dreineer en hou eenkant. Braai uie bruin en gooi die maalvleis by. Sout en peper na smaak. Braai tot bruin. Neem n gesmeerder oondbak en gooi rys in en maak gelyk. Smeer n laag blatjan oor die rys. Gooi 1 koppie kookwater stadig oor. Moennie roer nie. Gooi nou die maalvleis oor. Neem n blik sampioensop en gooi dit boop maalvleis. Sit deksel op en bak vir 1 uur op 150 grade. Dis heerlik!
*
MAALVLEIS BROODJIE
(Amanda Gerber)
Ek meng my maalvleis met eiers, broodkrummels, gemengde groente as jy wil en speserye. Dan gooi ek klein bietjie water in n broodpannetjie, sit die maalvleis daarin en bak ini oond tot gaar. O ja onthou om die pannetjie te spuit met spray en cook dat hy nie vassit nie.
MEATLOAF
500g maalvleis, 1 pak mushroom sop, 125ml water, 1 ui gerasper, Knoffel, 1k vars broodkrummels, 2 eiers, 15ml meel, 5ml sout, 1k mayonaise: meng saam en bak in broodpan by 180C vir 1 uur
ONDERSTEBO MAALVLEISTERT
(die 1 kom uit my ma se plakboek)
600g maalvleis
1 ui, fyngekap
15ml (1e) vars origanum blaartjies
3 eiergele
sout & peper
125g spekvleis
125g sampioene, in skyfies gesny
125g bloukaas, gekrummel
400g skilferkorsdeeg, ontdooi en ligweg uitgerol
Voorverhit die oond tot 200’C. Meng die vleis, ui, origanum, eiergele, sout en peper in ‘n mengbak. Smeer ‘n 20cm koekpan, voer die boom uit met bakpapier en smeer weer.
Rangskik die spek op die bakpapier, gevolg deur die sampioene. Sprinkel die bloukaas oor. Skep die maalvleismengsel bo-op. Sny die deeg effens groter as die koekpan, bedek die vleis daarmee, druk die deeg effens langs die kante in. Bak die tert sowat 30 na 40 min of tot gaar.
Laat rus die tert ‘n paar minute en keer uit op ‘n groot opdienbord. Sny in skywe en sit voor saam met slaaie.
*
MAALVLEIS EN AARTAPPEL GEBAK
Vleissous
1 ui, gekap 2 knoffelhuisies, fyn gekap 10 ml olyfolie 10 ml koljander 5 ml komyn 500 g beesmaalvleis 60 ml tamatiepasta 1 x 410 g blik gekapte tamaties Water Sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak 45 ml gekapte, vars oreganum 6 middelslag-aartappels, gaar gekook en skille afgetrek 125 ml room 3 ml neutmuskaat 125 ml gerasperde cheddarkaas
Braai die ui en knoffel in die olie tot sag. Voeg die speserye by en braai tot geurig. Voeg die vleis by en braai bruin. Voeg die tamatiepasta en gekapte tamaties by. Maak die tamatieblik vol water en voeg by die vleis. Geur goed met sout, peper en ’n bietjie suiker en roer die oreganum deur. Laat prut vir sowat 20 minute tot geurig en effens verdik. Voorverhit oond tot 180 °C en sny aartappels in skywe. Begin met ’n dun lagie vleissous onder in ’n oondbak. Pak ’n laag aartappelskywe bo-op en skep nóg ’n lagie vleissous op. Herhaal die lae en eindig met ’n laag aartappels. Giet room oor en sprinkel neutmuskaat en kaas oor. Bak vir 30 minute. Sit voor met ’n mengelslaai. Lewer ses porsies.
Vir nog ‘n paar resepte :
https://kreatiewekosidees.com/?s=LASAGNE
https://kreatiewekosidees.com/?s=MAALVLEIS
https://kreatiewekosidees.com/?s=PASTA
https://kreatiewekosidees.com/?s=FRIKADELLE
https://kreatiewekosidees.com/?s=BOBOTIE
https://kreatiewekosidees.com/?s=KERRIE+EN+RYS
https://kreatiewekosidees.com/?s=HERDERSPASTEI
*
KERRIEMAALVLEIS – TORTILLAS/QUESADILLAS
Deur Huisgenoot Digitaal
MAALVLEIS
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies,
fyngedruk
15 ml (1 e) olie
500 g maalvleis
30 ml (2 e) kerriepoeier
45 ml (3 e) blatjang
QUESADILLAS
4 tortillas
200 g spinasie,
gekap
200 g mozzarella, gerasper
Verhit die oond tot 200 °C.
Maalvleis Braai uie en knoffel in olie. Voeg res van bestanddele by; roerbraai tot gaar.
Quesadillas Pak ’n tortilla op ’n plaat, sit ’n derde van die vleis, spinasie en kaas bo-op, herhaal. Eindig met ’n tortilla.
Bedek met foelie, bak 15 minute, verwyder foelie, sprinkel nog kaas en rooster tot gesmelt.
Sny in skywe; sit voor.
*
MAALVLEISROL
Elizma se Swellendam Maalvleisrol ~ RSG
BESTANDDELE
1 groot ui, gekap
4 eetlepels olie
1 groot knoffelhuisie, opgekap (of 1 eetlepel fyn rou winkelknoffel)
1kg maer beesmaalvleis
2 eetlepels vars pietersielie
2 eiers, lig geklits
2 snye bruinbrood, korsies afgesny en die res in klein blokkies gesny
sout na smaak
kruie
150g Cheddarkaas, gerasper
METODE
Verhit die oond tot 180 grade Celsius.
Braai die uie tot net gaar in ‘n bietjie olie.
Gooi die knoffel by en braai verder vir 1 minuut.
Hou eenkant
Meng al die droë bestandele saam.
Meng dit met die maalvleis en die eiers.
Druk die maalvleis uit op ‘n stuk kleefplastiek tot 1cm dikte.
Smeer ‘n lagie van die uie en knoffel oor die uitgerolde maalvleis.
Sprinkel die kaas oor.
Rol die maalvleis versigtig op en verwyder die kleefplastiek.
Plaas die vleisrol in ‘n oondskottel.
Bak vir 45 minute tot die kaas begin uitloop aan die kante.
Bedien met ‘n sous van jou keuse, pasta en groente.
*
MAALVLEIS BOLLETJIES/FRIKADELLE
500 na 750 gr maalvleis
2 groot aartappels (gerasper)
1 groot ui (gerasper)
1 groot wortel ( gerasper )
2 eiers
Groot handvol oats
1tl kerrie
2eetl asyn
Sout en peper
1tl teel bakpoeier
1 eetl bruin uiesoppoeier
Meng al bo-genoemde bestandele
Maak bolle en sit in kasserol
Vat enige soppoeier van jou keuse – maak aan met 500ml water
Gooi bo-oor en bak (bedek) by 130/140 grade vir 1 ¼ na 1 ½ uur
PASOP DAT JY NIE DIE OOND TE HOOG STEL NIE, ANDERS BAK JOU MAALVLEISBOLLE KURKDROOG. Dit moet nog ‘n lekker sousie he.
KOOL FRIKADELLE:
Vat jou kool. Laat le in kookwater of sit in mikrogolf in water vir rukkie sodat die kool lekker sag en elasties raak. Vou om frikadelle. Sit in casserol, giet soppoeiermengsel bo-oor en bak met deksel op.
*
HERDERSPASTEI
4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 eetlepel botter
1 eetlepel fyngekapte ui
¼ koppie gerasperde cheddarkaas
sout en peper na smaak
5 wortels, gekap
½ kop bevrore ertjies
1 eetlepel olie
1 ui, gekap
500gr maalvleis
2 eetlepels meel
1 eetlepel tamatiesous
¾ koppie vleis aftreksel (beesblokkie aangemaak in ¾ kop water)
Jy ka nook sommer ‘n bietjie veggie mix ook ingooi in die plek van die ertjies en wortels
¼ koppie gekerfde cheddarkaas
Verhit die oond tot 180 C. Kook die aartappels vir sowat 15 minute of tot die aartappels gaar. Dreineer en mash die aartappels. Meng die botter, 1 eetlepel fyngekapte ui, en ¼ koppie gerasperde kaas by. Voeg sout en peper by na smaak. Hou eenkant
Kook wortels vir ongeveer 15 minute of tot sag en maak fyn. In ‘n groot pan, braai uie tot sag Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Gooi die oortollige vet af , en voeg dan meel by en braai vir ‘n verdere minuut of so . Voeg die tamatiesous, ertjies en vleisaftreksel by Bring die mengsel tot kookpunt, verminder dan die hitte en prut vir 10 minute. Die mengsel moet ‘n lekker dikkerige mengsel wees. Indien nie, verdik ‘n bietjie.
Gooi die maalvleismengsel in ‘n plat bak. Smeer die fyn wortels bo-oor en dan die lag fyn aartappels. Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak vir 20 minute of tot goudbruin.
*
PASTA EN MAALVLEIS
500 g maalvleis.
1 blikkie tamatie en uiesmoor.
1 pakkie soppoeier (bruin uie).
Half pak rou pasta (macaroni, skulpies, wieletjies, .
2 tot 3 koppies kookwater
Metode:
Braai die maalvleis tot gaar, gooi die soppoeier bo-oor en roer. Gooi die blikkie tamatie en uiesmoor bo-oor en roer. Gooi die pasta bo-op en dan die kookwater, eers net 2 koppies. Sit die deksel op en wag so 15 min. Die mengsel moet prut en nie te vinnig kook nie anders brand die vleis aan die onderkant. Haal deksel af en roer die pasta tussen die vleis in. Nou behoort mens te sien of nog kookwater nodig is om die pasta sag gekook te kry. Indien nodig gooi dan nog kookwater by en moenie die deksel terugsit nie. Na so 5 min behoort alles gaar te wees. As mens van baie sout in kos hou sal dit nodig wees om nog sout by te gooi, maar ek het gevind dat die soppoeier dit genoeg geur vir ons smaak. ‘n Bietjie chutney bo-oor is heerlik
*
BOLOGNAISE BASISRESEP – voeg hierby jou maalvleis bolletjies of jou maalvleis wat gebraai is
Gebruik hierdie resep en maak sommer ‘n lekker groot klomp, vries dit in porsies en maak verskillende geregte daarvan.
45ml olyfolie
250g spek grof gekap
1 ui fyn gekap
2 knoffelhuisies gekap
500g maalvleis
1 x 400g blik tamaties
250g tamatiepasta
hand vol tiemie
350ml rooiwyn
100g parmesaankaas gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper
Metode:
Verhit olyfolie tot warm in middelslag pot. Voeg spek, ui en knoffel by. Roerbraai vir 5-8min of tot spek mooi bruin is. Voeg maalvleis by en braai verder vir nog 5-8min of tot die vleis bruin is. Maak seker jy roer al die klonte in die maalvleis goed sodat jy ‘n lekker los mengsel het. Voeg blik tamaties, -pasta, helfte van tiemie en al die rooiwyn by. Meng goed en sit hitte op laag. Laat stadig prut vir minstens 90min terwyl jy elke 10min roer. (Hoe langer dit kook, hoe lekkerder is die sous). Voeg parmesaankaas en res van tiemie by. Roer weer. Geur goed met sout en peper. Sit voor saam met gekookte spagetti
MAALVLEIS EN HOENDERLEWERTJIES MET ‘n PAP-TWIST
500gr maalvleis
500gr hoenderlewetjies
2 medim uie – gekap
5 Sampioene gekap
1 klein groen rissie gekap
2 Tamaties – geskil en gekap
1 blikkie chakalaka – hot and spicy – gebruik tamatie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie
Ongeveer ‘n ½ na ¾ kop room
Sout peper en knoffelvlokkies na smaak
1 pot slappap – maak soos slap ontbytpap
Braai die uie, sampioene en rissies tot gaar
Skep uit en hou eenkant
Braai die maalvleis, hoenderlewertjies, knoffelvlokkies , sout en peper tot gaar
Voeg die tamaties by en roerbraai vir ‘n rukkie
Voeg die chakalaka/tamatie en uiesmoor en uiemengsel by en roerbraai tot deurwarm
Gooi ‘n lagie pap onder in gesmeerde bak
Gooi ‘n lagie van die vleismengsel en gooi die helfte van die room oor
Weer ‘n lagie pap en die orige vleismengsel
Eindig af met die laaste bietjie room
Strooi bietjie gerasperde kaas oor en bak by 180C vir so 20 na 30 min
ILSE SE MINCE MATE
1kg maalvleis
3 groot uie
1 k rooi wyn
2 e fyn knoffel
1 vars roosmaryn takkie, trek blaartjies af en kap fyn
1 e pietersielie
1 e mixed herbs van Robertsons
1 t Oregano
1 blik tamatie en uie smoor
2 klein blikkies tamatie pasta
2 blikkies sampioene
2/3 pak rou spaghetti
800ml kookwater
Braai die uie tot ligbruin. Gooi maalvleis by en gooi 1/2 k water by en braai tot maalvleis bruin is en water heel verdamp het. Gooi wyn, knoffel, roosmaryn, pietersielie, mixed herbs en oregano by. Hou aanhoudend roer tot wyn meestal weggekook het. Gooi sampioene en tamatie pasta en smoor by. Roer goed deur. Breek spaghetti in helfte en roer by maalvleis. Voeg kookwater by. Prut ongeveer 30 min tot pasta gaar en sag is. Roer a fen toe sodat dit nie aanbrand nie.
Bedien met ‘n warm broodrolletjie en botter
You must be logged in to post a comment.