Search Results for: KERRIE EN RYS

Kerrie en Rys


kerrie5555

REGTE EGTE BASAAR KERRIE EN RYS
2 kg Maalvleis
2 na 3 groot aartappels in blokkies gesny (pre-cook vinnig in die mikrogolf tot amper sag)
2 groot uie (gekap)
500gr gevriesde gemengde groente (of 1 blikkie kerriegroente en 1 blik gemengde groente (410gr)
1 blokkie beesstert ekstrak (aangemaak soos aanwysings)
1 eetl sout
2 groot opgehoopte eetl bladjang
2 groot opgehoopte eetl appelkooskonfyt
2 eetl Kerrie
1 eetl borrie
1 blik tamatie en uie smoor
1 pakkie beesstert soppoeier
1 blokkie wheetbix om mengsel te verdik
Braai uie, kerrie en borrie in bietjie olie tot sag. Voeg appelkooskonfyt , bladjang en maalvleis by en roerbraai tot vleis net af is van pienk
Voeg jou sout, beesstert ekstrak, tamtiesmoor, aartappels en groente by. Laat prut tot alles sag en gaar is.
Maak pakkie beesstertsop aan met bietjie water en voeg by. Laat prut tot dik. Indien nodig, verdik met die blokkie weetbix wat jy inkrummel

Bedien met rys, bladjang en piesang

 

Rencia Odendaal Pretorius

KERRIE EN RYS

500 gr maalvleis

1 ui – grof gekap

Paar stukke green/yellow/red pepper – grof gekap

4 tot 5  sampioene – in 4 gesny

2 tamaties geskil en in blokkies gesny

2 wortels – grof gerasper

1 kop catering veggie mix (of 1 blikkie gemengde groente)

3 aartappels – afgeskil en in blokkies gesny (pre-cook die in mikrogolf vir so 4 min)

Kerrie, borrie, garlic, aniseed stars, cumin, masala, bay leaves  (dit wat jy gebruik in jou Kerrie)

(Ek het by Indiese spesery winkel so ‘n pakkie Mild Mixed curry gekoop – ek gebruik net so 1 eetlepel daarvan – dit het alles reeds in)

Braai jou uie en maalvleis in bietjie olie, voeg kerrie mengsel by en braai  – gooi die wortels, greenpeppers, sampioene by en braai . Gooi tamaties en veggie catering mix  in en roer deur

Gooi 1 koppie water by en die aartappelblokkies

Kook tot aartappelblokkies lekker sag is.

Maak paar aartappel blokkies fyn teen die kant van jou pot. Dit maak dat jou maalvleismengsel ‘n lekker dik tekstuur het.

Bedien met rys, chutney, klapper en piesangs

 

kerrie en rys7

KOPPIE KERRIE
Gooi saam in n lekker groot koffie beker:
2 eetlepels medium sterkte kerrie OF 1e kerrie en 1e Breyani mix,
1 teelepel borrie,
1 eetlepel tamatiesous,
2 eetlepels suiker,
2 eetlepels asyn,
1 eetlepel appelkooskonfyt (of enige konfyt wat jy het) 1 hoender aftreksel blokkie……gooi nou die koppie vol kookwater en meng als saam tot mooi opgelos…..gooi hoenderstukke en uie in n pot, gooi hierdie koppie sous bo-oor en maak dan nog n koppie kookwater vol en gooi in die pot…kook, met deksel op vir so haluur, dan gooi jy aartappels in en nog bietjie water as daar nie genoeg is om die hoender en aartappels te bedek nie….kook dan nog 20 min tot aartappels lekker sag is…..die sous kook effe weg en sal dan so n bietjie verdik, maar as dit nie dik genoeg is nie, maak n bietjie meel en water aan en gooi in die pot, roer deur en laat so n paar minute kook tot die meel uitgekook het en die sousie n bietjie dikker is. Bedien met basmati rys en poppadums of sommer net gewone wit rys.

 

 

KERRIE RESEP VIR KERRIE EN RYS (Ouma Elsa se resep)

Benodighede:
5 Uie
25 ml Kerriepoeier
4 tl. Gemmer
2 1/2kg Maelvleis
5 Eetlepels Appelkooskonfyt
1 tl Borrie
4 tl Sout
200 ml Asyn
2 1/2 Eetl Tamatiesous
2 1/2 Eetl Mielie blom (Mezina)
2 Ekstrak blokkies (OXO)
500 ml Kook water

Metode:
Braai uie, kerriepoeier, gemmer en maalvlais tot goudkleurig. Voeg dan die konfyt, borrie, sout, asyn , tamatiesou, Mielieblom, blokkies OXO en kookwater by. Prut op ‘n lae hitte vir 15 min en Geniet!!!!

Geskryf deur: LizeB

 

GROOTMAAT KERRIE EN RYS (100 Porsies)

24 medium uie, geskil en gekap 9 knoffelhuisies, geskil en gekap

190 ml sonneblomolie 20 wortels, geskil en in blokkies
25 aartappels, geskil en in blokkies 3 soetrissies, gekap
12,5 kg vleis, in blokkies 5 k sultanas
90 ml matige kerriepoeier 80 ml borrie
15 ml fyn koljander swartpeperkorrels
kruienaeltjies lourierblare
150 ml asyn 115 ml wit suiker
90 ml fyn appelkooskonfyt 100 ml sout
115 ml tamatiepuree 62,5 ml mielieblom
37,5 ml Worcestersous 125 ml blatjang
vleisaftreksel 30 k water om rys in te kook (sout) 13 k rou rys
Soteer uie en knoffel in olie in groot swaarboomkastrol. Voeg die wortel en aartappelblokkies asook die gekapte soetrissies by en braai liggies. Skep uit en hou eenkant. Braai die vleis vinnig in dieselfde kastrol.
Meng kerriepoeier, borrie, koljander, swartpeperkorrels, naeltjies en lourierblare, roer by die vleis en braai ‘n minuut lank.
Meng asyn, suiker en appelkooskonfyt, sout, tamatiepuree, mielieblom, Worcestersous en blatjang tot ‘n pasta. Voeg die pasta saam met die gebraaide groente- en vleismengsel en sultanas in die kastrol. Voeg vleisaftreksel by soos nodig en prut tot gaar. Roer nou en dan om te keer dat dit aanbrand.
Kook die rys in die water waarby sout na smaak bygevoeg is.
Wenk: Vergroot die resep deur ‘n groot, ryp boerpampoen sag te kook, deur ‘n sif te druk, en saam met ses gerasperde Granny Smith-appels en 10 fyngedrukte ryp piesangs by die mengsel te voeg.

 

 

KERRIE VIR MAALVLEIS
4 eetlkerrie
2 eetl borrie
1eetl knoffel
2 groot uie
2 eetl appeikooskonfyt
1eetl bruinsuiker
1 pakkie beesstertsop
500gr maalvleis
Metode:
Braai uie en knoffel tot lekker sag,gooi als by behalwe.sop.laat prut lekker tot gaar,gooi beesstertsop by,top op met melk terwyl jy roer,tot skepbaar
Bedien met rys of pasta

 

Advertisement

Eenbak geregte


EENPOT MAALVLEISGEREG MET CHAKALAKA EN BUTTERNUT
Braai 2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot. Gooi by : 1 blikkie Chakalaka met butternut/of chakalaka met mielies by, en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)
Gooi droe rou noedels bo-oor. Gooi nou water bo-oor die mengsel todat die water net effes bokant die mengsel is.
Sit die deksel op en stoom tot gaar. (stoof op nr 2) Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.
Maak intussen ‘n lekker dik witsous. Ek neem 1 en half koppie melk en 2 eetl meel, meng met jou whisk goed, in die mikrogolf vir so 5 min, whisk deur – terug in die mikrogolf, 3 miniute whisk weer deur en weer in die mikrogolf tot die mengsel begin opkook. Sout en peper.
As die noedels gaar is, gooi die witsous bo-oor.
Rasper nou chedderkaas oor, sommer baie.
Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is. (Dit is so 5 na 10 minute)

Om dit meer te maak, vermeerder net jou maalvleis.

Opsioneel kan jy ook sampioene byvoeg

*

CHEESE AND MINCE CASSEROL

1 kg ground beef
2 Small green peppers chopped
1 medium onion chopped
2 tsp minced garlic or flakes
1 Tbs Worcestershire sauce
1 can diced tomatoes
1 cup tomato sauce
1 tsp Italian seasoning
1/2 cup Chicken broth
1 box of elbow pasta
1 Tbs butter
2 cups Shredded Cheddar cheese
Salt and pepper to taste
Directions:
Pre heat oven to 180C
Lightly brown beef and drain any oil in pan
then add the peppers, onions, garlic, Worcestershire , canned tomatoes and tomato sauce, chicken broth and Italian seasoning
Bring to a boil and simmer for 20 minutes.
Cook pasta according to directions, drain, and add the butter to the hot pasta
Combine pasta and beef with one cup of the cheddar cheese and mix well
Place pasta in a 15×10 baking pan and top with remaining cheese
Bake for 25 minutes

*

Eenbak SPAGHETTI met BOELIEBIEF

1 pakkie spaghetti – in stukkies opgebreek
1 blik heelpit mielies (jy kan hier ook ertjies of veggie mix gebruik)
1 blik Boeliebief – in blokkies gesny
1 tamatie – geskil en opgekap
1 ui – opgekap
1 groenrissie – in blokkies gesny
1 pakkie wit uiesop
3 eiers
1 koppie melk
1 koppie kaas – gerasper

Metode:
Kook die spaghetti tot gaar en dreineer
Klits die eiers, melk en soppoeier saam.
Meng nou alles goed deurmekaar.
Spuit ‘n oondbak met spray and cook en skep die mengsel daarin.
Strooi die gerasperde kaas bo-oor.
Bak in voorverhitte oond teen 180° vir 1 uur.

Deur;Tienie Botes – Lekker resepte vir die jonger geslag

Variasie ; Gebruik gevlokte hoender, gaar maalvleis of tuna

*

Eenbak MAALVLEIS  met RYSKORS gebak

500g maalvleis
5ml sout
2 snye brood in melk geweek en gedreineer
¼ t peper.
5 ml droe pietersielie
1 ui gerasper
35ml asyn
20ml Sweet-Chilli sous
Meng al bogenoemde

1 kop Sampioene gebraai
1 kop spek gebraai
1 kop gerasperde kaas

Metode;
In n gespuite bak:
Pak lae met vleismengsel, spek, sampioene en kaas (asook variasies – sien onder)
Bak vir 35min by 180 C

Bolaag
Meng al onderstaande bestandele:
1 eier
125ml melk (1/2 kop)
125ml meel (1/2 kop)
250ml gaar rys (1 kop)
5ml bakpoeier.
Sout
Skep nou die mengsel bo-op jou vleismengsel en strooi ’n lekker klomp gerasperde kaas bo-oor
Bak nog ongeveer 10min tot opgepof en goudbruin

Vir n variasie sal ek ‘n koppie veggie mix ook ingooi of koppie ertjies

*

Eenskottel HOENDER EN RYS gereg 

Gebruik kasserole met deksel

Gooi 1 kop rou rys onder in die casserole
Gooi so 2 kop gemengde groente – die veggie catering mix bo-oor
Pak jou hoender (ontdooi) stukke bo-op
Sny dik skywe uie bo-op
Ek sit ook sommer my gehalveerde aartappels ook by (sien foto)
Maak pakkie sampioen- of wit uiesop aan met 500ml water en gooi oor alles
Sout en peper na smaak
Bak (bedek) vir 1 en half uur tot 2 ure by 140/150 grade C
Loer so nou en dan na uur en half of dit nie dalk al gaar is nie –

Sit net onder grill (indien nodig) om velletjie lekker krispy te maak en goudbruin

Jy kan hier die hoenderstukke vervang met skaaptjops ook.

Hier is nog ‘n variasie van een van ons lede:

Christine Mostert
Hierdie eenskottel geregte is super nice!! Ek maak gewoonlik een met wors. 2koppies rys onder, lekker groot pak wors opgesny in kleiner stukkies bo-op rys, bo-op dit ‘n pak hawaiin stirfry, dan meng ek 1pakkie sampioen en 1pk wit uie soppoeier met 500ml water gooi oor die groente gerasperde kaas bo oor en bak vir so uur en ‘n half op 180grade.

*

SIMBA TJIPS GEREG
4 eetlepels botter
3 eetlepels koekmeel
375ml warm melk
250ml ham of gebraaide spek
2 x 375ml gekrummelde skyfies (simba tjips – die kaas en uie en bbq werk baie lekker)
375ml gerasperde kaas
Voorverhit die oond tot 180C. Maak ‘n witsous van die botter, meel en melk. Gooi die ham, kaas en 1 pak skyfies by. Gooi die helfte van die ander pak skyfies onder in ‘n bak, skep die witsous bo-op, bedek met ekstra kaas en orige skyfies (gemeng) en bak 15–20 minute.

*

KOSHUIS/KINDERHUIS MAC & CHEESE
1 pakkie (500gr) macaroni (gaar)
Rasper 4 tamaties (ek kap dit sommer met my twista fyn) en voeg by: 4 eetl tamatiesous, 4 eetl chutney, ½ eetl Bbq spices, sout en peper na smaak
Meng macaroni en tamatie mengsel en voeg by – 2 kop gerasperde kaas – Gooi in platbak – Klits 6 eiers en 150ml melk. Gooi eier en melk mengsel bo-oor
Rasper nog 2 kop gerasperde kaas bo-op, sny tamatie skywe bo op en bak vir 30 min by 180 grade

Variasies: (ongeveer 1 koppie)
Voeg by gekapte spek en uie wat bros gebraai is, maalvleis, stukkies ham, kouevleis, salami, bully beef, tuna wat gedreineer, gevlokte hoender. Jy kan ook sampioene braai, ‘n handvol ertjies, groen, rooi en geel peppers byvoeg

*

MACARONI AND CHEESE
500gr elbow macaroni, cooked – al dente, drained well
2 overflowing cups of sharp cheddar cheese, shredded or cut into 1/4-in cubes
1 can evaporated milk (ideal milk)
1 Tbsp sugar
2 eggs, beaten
Season salt – to taste
black pepper – to taste
Dash or two or three or four of cayenne pepper

Directions
In a bowl, mix cooked and well drained macaroni and cheese together.
In another bowl whisk together eggs, milk, sugar and seasoning.
Pour egg/milk mixture over mac and cheese mixture, stir until well incorporated.
Pour into baking dish or tin, cover with foil.
Bake at 350 degrees for about an hour.
Remove foil, turn on broiler (grill) grill top of mac and cheese until golden brown and bubbly

*

EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG:
1 hoender – gaar gekook in 2 blokkies hoender ekstrak en geflok
1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)
100 ml mayonaise
1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak)
400ml witsous – maak jou standaard witsous soos met eie resep
50ml gekapte vars pietersielie
2 eiers geklits
Opsioneel:
Gekapte groen, rooi en geel peppers gebraai, ½ kop erjies of veggie mix
Meng hoender, noedels mayonaise (opsionele indien verkies) en helfde van die chips. Skep in oondskottel.
Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor
Gooi nou die ander helfde van die chips bo-oor
Bak 20/25 min by 190grade tot gaar en goudbruin.

*

PASTA-EN-TUNA EENBAK GEREG

2 groot tamaties in skywe gesny
2 groot uie opgekap
2 blikkies chunky tuna (in water)
500-750ml reeds gemaakte dik witsous
500ml gaar pasta, noedels of macaroni
500ml gerasperde Cheddarkaas
sout en peper na smaak
Metode:
Braai uie en tamatie en meng die tunavis by. Plaas die uie en tamatiemengsel in ‘n groot oondvaste glasbak. Meng nou die pasta en witsous by. Meng alles goed en geur met sout en peper. Strooi nou die gerasperde kaas egalig bo-oor die mengsel. Bak vir omtrent 30 minute in oond van 180C. Om meer volume te kry, kan jy twee tot vier geklitste eiers by mengsel inroer voordat u die kaas oorstrooi.Opsioneel: Voeg ertjies of veggie mix by – selfs van die pakke groente met kool wortels en broccoli in. Vervang die tuna met gevlokte hoender, bully beef of maalvleis
*
 3 EENBAK resepte met VISVINGERS
 –
VISVINGER GEREG
Maak kapokaartappels
1 blik heelpit mielies
1 blik sweetcorn,
Gevriese visvingers
Gerasperde kaas.
PAK LAE.
1) Kaopkaartappels
2) Pak ‘n laag visvingers
3) Meng heelpit en sweetcorn en bedek visvingers
4) Eindig af met ‘n laag kapokaartappels
5) Sit in oond vir so 20min by 180 C (visvingers moet net gaar word)
6) Haal uit, Gooi kaas bo op ek sit terug vir so 10min.
 –
 VISVINGER EN RYS GEREG
Smeer n bak, plaas jou oorskiet (gaar) rys daarin,
Pak nou jou bevrore visvingers bo-op die rys.
Sprinkel bietjie suurlemoensap oor die vis.
Braai nou uie in n bietjie kerriepoeier tot sag, gooi uiemengsel oor vis.
Maak ‘n witsous en gooi 125 ml kaas by.
Gooi sous oor alles, rond af met kaas bo-op
Bak op 180 C vir 25 minute.
Vir variasie kan jy tamatie skywe ook opsit.
 –
VISVINGER PASTEI

1 pak visvingers
1 houertjie room
1 Pakkie sampioensoppoeier
410g tamatie en uie mengsel (smoor)
Gerasperde kaas

Pak visvingers in gesmeerde oondvaste bak.
Versprei blik tamatie en uiesmoor eweredig oor visvingers.
Meng room en soppoeier saam en giet oor visvingers.
Strooi kaas oor en bak vir ongeveer 15 minute teen 180 grade C

*

HERDERSPASTEI MET ‘N TWIST: [BOEREKOS KOOKENGENIET]

Bietjie olie
700g maalvleis
1 Ui Gekap
5 Knoffelhuisie, gekneus
2 Selderystingels, fyn gekap
1 Groot wortel – in dun skyfies gesny
1 Tl tiemie
1 Tl Gemaalde koljander
1 Eetl Tamatiepuree
6 Groot aartappels
Sout en Peper na smaak
1 Blik Gekapte tamaties
Bietjie botter
Bietjie melk
Cheddar kaas – so koppie vol – gerasper
6 Groot aartappels, amper sag gekook – middel mooi uitgehol. Sit eenkant in bakkie, voeg blertsie botter in . Sprinkel sout en peper, bietjie melk, druk fyn.
Maalvleis : Verhit olie in kastrol en soteer ui, knoffel,seldery en wortel tot ui net sag is. Voeg maalvleis by en braai tot mooi bruin gebraai. Voeg oorblywende bestanddele by, kook oor lae hitte, sonder deksel, tot vloeistof amper verdamp het.
Skep nou genoeg gebraaide maalvleis in uitgehode aartappels, so 3/4 vol. Vul op met fyngedrukte aartappels. Sprinkel met kaas, maal vars peper bo-op. Bak in voorverhitte oond 180 C vir 20 min of tot goudbruin.
*
 BROCCOLI, BACON AND EGG CASSEROL
12 large eggs
250gr (1 container) sour cream
2 cups cheddar cheese, shredded
250gr bacon, chopped
1 cup broccoli, chopped
½ teaspoon salt
dash pepper
Preheat oven to 180C
Put eggs and sour cream in blender with salt and pepper. Blend well.
Put half the cheese into a 9X13 baking pan, followed by the bacon, the broccoli and then the rest of the cheese. Pour the egg mixture over the whole thing.
Bake 45-55 minutes, until top is golden brown and toothpick inserted into the center comes out clean.
Makes 8 servingsVoorstelle: Vervang die brokkoli met blomkool of ertjies of gemengde groente
*
BROCCOLI, SPINACH FRITTATA
Ingredients:
4 cups broccoli florets, chopped into bite-sized pieces
4 cups (packed) baby spinach, washed and roughly cut
1 small onion, chopped into thin half rings
4 cloves garlic, minced or 1 teaspoon garlic flakes
2 Tbs butter
1/4 tsp oregano, dried (optional)
1/2 tsp salt
6-8 eggs, beaten (6 serves 4 people well and 8 is if you want a thicker frittata)
Directions:
Preheat oven to 180C
Lightly steam broccoli until starts to turn bright green (about 5 minutes), remove from heat, rinse with cool water, and set aside
Saute onions in skillet until translucent and brown (stir occasionally to prevent sticking)
Add garlic and saute
Add spinach and a pinch of sea salt and stir. Let cook until spinach is wilted
Add rinsed and drained broccoli, oregano and rest of sea salt Stir until well combined and remove from heat
Pour eggs on top of veggies and shake pan slightly to get egg mixture to settle into the vegetables
Bake for 20-25 minutes until baked all the way through
 *
MACARONI EN MAALVLEIS GEREG

500gr beesmaalvleis
½ koppie ui, gekap
1 blik sampioenroomsop
½ koppie melk
½ teelepel knoffelvlokkies
½ teelepel sout
½ teelepel peper
1 blikkie sampioene (jy kan ook vars sampioene gebruik – ongeveer 200gr)
2 koppies macaroni, rou
2 kop cheddar kaas gerasper
Braai uie, vleis en knoffel (en vars sampioene indien gebruik) tot sag en vleis nog pienk is
Kook die macaroni eenkant tot sag en dreineer
Meng die maalvleis, melk, speserye en sampioensop en blikkie sampioene indien jy nie vars sampioene gebruik het nie
Pak nou lae met die macaroni, maalvleis mengsel en kaas
Eindig af met die maalvleis en kaas bo-op
Bak in oond vir 20 na 30 minute by 180 C
Genoeg vir 6 tot 7 porsies
*
Maggi Oliver
BOTTERSKORSIE EN AARTAPPELGEBAK
8 medium  aartappels
1 medium grote botterskorsie
2 groot uie, gebraai
1 pak sampioene, gebraai
1 pak spek, gebraai en gesnipper
2 huisies knoffel, fyngemaak
1 pakkie potato bake (spek en uie geur)
150 ml melk
250 ml room
swartpeper na smaak
1 koppie gerasperde kaas
METODE:
1.Skil en sny aartappels en botterskorsie in skywe
2.Kook aartappels en botterskorsie in soutwater in 2 aparte potte tot amper sag maar nog ferm
3.Dreineer die skywe versigtig
4.Braai intussen die uie, sampioene en spek afsonderlik tot gaar en meng dan alles saam
5.Voeg fyngemaakte knoffel en swartpeper by en roerbraai vir ’n verdere minuut
6.Meng potato bake met melk en room
7.Rangskik die helfte van die aartappelskywe op die boom van ’n gesmeerde oondskottel
8.Plaas die botterskorsie op die laag aartappels
9.Gooi helfte van die potato bake mengsel op die botterskorsielaag
10.Strooi helfte van die spek bo-oor die laag
11.Plaas res van die aartappels op die laag
12.Giet res van die potato bake mengsel oor die aartappels
13.Strooi kaas bo-oor en plaas res van die spek bo-op
14.Bak vir ongeveer 30 minute en sit warm voor
Maggi Oliver se tropiese hoender.
 –
 TROPIESE HOENDER8 hoender porsies
1 rooi soet rissie, opgesny in stukkies
ongeveer 10 piekeluie, gehalveer
Cajun speserye van Ina Paarman
sout en peper
1 koppie tropiese vrugtesap
1 koppie mayonaise
1 koppie blatjang
METODE:
1.Maak hoender mooi skoon en verwyder alle vette
2.Plaas in ’n groterige kasserol oondskottel
3.Strooi die soet rissie eweredig oor die hoender gevolg met piekeluie
4.Strooi Cajun speserye, sout en peper oor
5.Meng vrugtesap, mayonaise en blatjang goed saam
6.Gooi bo-oor hoender en plaas die deksel op
7.Bak in oond van 180°C vir ongeveer 1 uur
8.Verwyder die deksel en bak oop, totdat die sous dikker word en die hoender mooi van kleur is (ongeveer so 30 minute)
*
SPINASIE-EN-AARTAPPEL/PATAT GEBAK
5-7 groot aartappels of patats , in die skil gekook en afgekoel
Sout en vars gemaalde swartpeper
1 x 250 g pak spekvleis, fyn gesnipper
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
250 ml (1 k) room
250 ml (1 k) melk
2 eiergele
1 x 300 g spinasieblare (groot blare), gewas en are uitgesny
Gerasperde kaas (opsioneel)
Voorverhit oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag-oondbak met botter. Trek aartappels/patats se skille af en hou eenkant. Braai spek tot gaar, voeg ui en knoffel by en braai tot sag. Klits room, melk en eiergele saam en hou eenkant. Stoom spinasieblare in mikrogolf of blansjeer tot verlep. Druk droog. Sny aartappels/patats in dun skyfies. Pak ’n lagie dun aartappel/patatskyfies onder-in gesmeerde oondbak.
Geur goed met sout en peper. Skep ’n dun lagie uie-en-spekmengsel oor en smeer egalig. Skep ’n paar lepels roommengsel oor en lê een of twee spinasieblare plat oor uiemengsel. Herhaal lae en eindig met ’n lagie aartappels/patats, waaroor jy orige roommengsel giet. Gooi bietjie gerasperde kaas bo-oor indien verkies. Laat staan vir ’n paar minute en bak vir 1 uur tot goudbruin en borrelend. Laat sowat 10 minute afkoel voor dit voorgesit word.
Lewer agt porsies
SPINASIE TERT
500gr spinasie (ek gebruik gewoonlik so 2 bossies)
1 ui gekap
1 pakkie spek gekap
So 5 na 7 sampioene grof gekap (opsioneel)
Kook of roerbraai spek, sampioene, spinasie en ui vir so 10/15 min – dreineer water af
Meng 1 pakkie wit uiesop (droog) en 1 houertjie suurroom – Laat staan eenkant vir so 15 min om dik te word
Meng 1 houer “smooth cottagecheese”, 3 eiers, 1tl mosterd, sout en peper
Meng alles + 1 kop cheddar kaas
Vat nou 1 pak skilferkorsdeeg en voer tertpan uit – gooi mengsel in en bak vir 30/40 op 180 grade tot gaar en mooi bruin – As uit oond haal, gooi nog so ‘n lekker klomp kaas bo-oor en bedien.
Wenk: Ek los die skilferkorsdeeg uit vir ‘n braai bygereg. Gooi beslag net in ‘n glasbak en bak soos bo.
*
KORSLOSE SPINASIE SOUFFLE
Deur: Lucky Star
Neem 2 pakke bevrore of vars gekapte spinasie (1 bossie) en ontdooi. As rou is, kap fyn.
Klits 4 eiers
2 koppies lae vet Griekse jogurt,
1 teelepel sout,
1 teelepel knoffel poeier
½ teelepel swartpeper.
Roer in 1 ½ koppies gerasperde mozzarella of chedderkaas by, en die spinasie, dan gooi mengsel in muffinpan.
Oond 180 grade C en bak vir 30-35 minute tot gestol en effens opgepof. Toets met ‘n tandestokkie of gaar is.
Wenk: Gekapte brosgebraaide spek kan ook bygevoeg word
 *
EENVOUDIGE HOENDERPASTEI
Onder Kors
125 ml (1/2 k) botter
1 eier
125 ml (1/2 k) melk
500 ml koekmeel (2 k)
15 ml (1 e) bakpoeier
knippie soutKlits die eier en botter goed. Voeg die melk geleidelik by en meng goed. Sif al die droë bestanddele saam en meng met die bottermengsel. Smeer 2 pastei bakke uit met die deeg, ongeveer 5mm dik. Kante en bodem. Vul korse met die vleis mengsel. Hou eenkant vir ten minste 20min. Hierdie resep is genoeg vir 2 x 40cm glasbakke.Vulsel1 kg hoenderfillette, happie grote stukkies gesny.
1 prei (leek), fyn gesny
1 pakkie sampioene of 2 blikkies, in skyfies
1 groot ui fyn gekap
1 e knoffel
Bietjie botter
1 e tiemie
¾ k melk
1 k room
Sout en Peper na smaak1 pakkie mushroomsoppoeier aangemaak met 1 kop waterVerhit die oond tot op 200C
Braai die hoender stukkies in botter tot bruin.
Verwyder en hou eenkant.
Braai die uie, mushrooms, knoffel en prei tot gaar en ligbruin in dieselfde pan/pot
Voeg die melk, room en tiemie by en bring tot net onder kookpunt.
Voeg hoender by en prut verder tot sag.
Verdik na smaak met die sop en laat ten minste 10min prut.
Laat effe afkoel en skep in die bak met die deeg.Bedek met die bo-korsBo-Kors
125 ml olie (1/2 k)
125ml melk (1/2 k)
250ml bruismeel (1 k)
1 eier (geklits in bietjie water)
Bietjie sout
1 t Mixed Herbs

Meng als tot ‘n slapdeeg. Gooi bo-oor pastei en bak teen 180 grade vir ongeveer 20min tot gaar en goudbruin

*

BOONTJIESOP MET LAMSVLEIS

Genoeg vir: 4-630 ml olyfolie
250 g spek (gesnipper)
2 groot uie, gekap
2 groot wortels, geskil en in blokkies gesny
1 kg aartappels, geskil en in blokkies gesny
800 g lamskenkels
500 ml suikerboontjies, oornag geweek
METODE:
1. Verhit ’n bietjie van die olie en braai die spekvleis daarin. Skep die helfte uit sodra dit gaar is, en laat die res bros braai. Hou albei apart eenkant. Sny dit in kleiner stukkies.
2. Gooi nog ’n bietjie olie in die kastrol en soteer die ui, wortel en aartappel tot dit goudbruin is. Skep dit uit en hou dit eenkant.
3. Verhit die res van die olie en braai die vleis bruin. Voeg die boontjies en twee liter kookwater by. Verhit die mengsel tot kookpunt. Verlaag die hitte, sit die deksel op en laat dit kook vir twee uur of tot die vleis baie sag is.
4. Voeg die sagte spekvleis en uiemengsel by en laat dit vir nog 30-60 minute prut tot al die bestanddele saggekook het.
5. Skep ’n kwart van die mengsel uit en maak seker daar is niks bene oor nie. Maak dit fyn in ’n versapper en gooi dit terug in die kastrol. Geur dit na smaak.
6. Sit die sop voor met stukkies brosgebraaide spekvleis bo-op.
Bron: Idees
*
Lekker MELKKOS MET SAGO EN VLAPOEIER
Ingredients
200g sago (1 c)
2.5 liters milk (10 c)
2 eggs
60 ml water (¼ c)
30 g custard powder (4 T)
2 ml salt (½ t)
15 ml butter/margarine (1 T)
cinnanamon sugar
Instructions on how to make it
Soak the sago in the milk for about an hour. Gradually bring the mixture to the boil over moderate heat, using a heavy based saucepan. Stir it quite often in order to prevent burning and simmer until the sago is soft and transparent.
Separate the eggs. Beat together the egg yolks, water, custard powder and salt. Add the custard mixture to the milk mixture and simmer until thick, stirring often. Add the butter/margarine.
Beat the egg whites until stiff but not dry. Stir a little of the stiffly beaten egg white into the hot melkos until mixed. Then lightly fold the remaining egg white into the mixture, using a metal spoon.
Pour the custard melkkos into a heat proof serving dish, sprinkle lavishly with cinnamon sugar and serve immediately.
Makes 2,5 litres (10 cups) of melkkos
Deur: Granny Mouses House/Ouma Muis se Huis
*
SKAAPVLEIS EENBAK GEREG
Ek het ‘n klomp tjops en ‘n gedeelte van ‘n ribbetjie in die stoompot gegooi, 2 uie grof opgekerf en genoeg water ingegooi. Stoom vir ongeveer half uur na 40 minute
Sny die vleis op in stukkie en verwyder die meeste bene en pak in ‘n plat oondbak.
Ek het aartappels in die mikrogolf gaar gemaak en in wiggies gesny en die bo-op gepak.
Neem ‘n blikkie heel tamaties en sny in stukke en gooi bo-oor – jy kan hier ook tamatie en uiesmoor gebruik. Meng net so bietjie bladjang in by dit anders proe dit baie vlak.
Maak 1 pakkie Knorr beef strogonoff aan met 1 1/2 koppie water en gooi bo-oor alles. Sout en peper na smaak
Sprinkel Ina Paarman se garlic and herb speserye oor. As jy dit nie het nie, sommer sout, peper, bietjie gemengde kruie
Maak toe met foil of deksel en bak in die oond vir ongeveer half na 45 min by 180 C

Tenderised steak resepte


Tenderised steak

Tenderised steak

KERRIE EN RYS MET TENDERISED STEAK (2 resepte)

Resep 1

Helen Mulder

2 tot 4 uie, 15 ml Jeera Saadjies, 3 ster anys, 3 lourierblare, 1 kanneelstokkie, 4 naeltjies, 4 cardomonsade en olie. Braai uie en bogenoemde speserye todat die uie sag en effens kleur gekry het.

1 groot blik tamaties, 20ml fyn koljander, 5 ml fyn jeera, 2,5 borrie, 20ml masala (hierdie is volgens smaak), 5ml gemmer, 20ml knoffel, 5ml mixed spice, 2 aartappels (optioneel) 1 – 1,5 kg vleis.

Voeg al die poeier bestandele by die gebraaide uie en braai weer vir so minuut. Voeg tamaties, knoffel en gemmer by. Laat die sous dan prut sodat al die geur kan “infuse”, so 5 min. Sit die vleis by en as dit skaap of bees is laat ek dit so 2 uur stadig prut. Hoender is binne ‘n uur reg. Ek hou van sterk kerrie en sit dan gewoonlik so een of twee chillies by nadat ek die sous gemaak en geproe het.

Al die speserye is vrylik beskikbaar by meeste supermarkte. Hierdie resep is nie vir mense wat nie van sterk kos hou nie.

Resep 2

Elize Krog

Ek braai een ui tot bruin met my kerrie na smaak. Skep dit uit en hou eenkant. Braai dan stukkies gesnyde steak tot geseel.   Gooi water by tot bedek en kook n rukkie. Sit kwarte van aartappes by en ‘n blokkie stock cubes en tamatie gesny en laat stadig kook tot sag Jy kan laaste net voor dit droogkook ook gemengde groente wat klaar gaar is byvoeg of sommer rou gevriesde veggie mix.  Voeg nou jou kerrie uie mengsel by en laat lekker deurprut.

Kerrie en rys met tenderised steak

Kerrie en rys met tenderised steak

HEMELSE TENDERISED STEAK

1kg Tenderised steak (sny in stukke)
Meng meel met speserye van jou keuse en rol die steak in die mengsel
Sny 2 uie in dun skywe
Sny 1 bakkie mushrooms in skywe
Pak lae om die beurt van vleis, uie en sampioene in ‘n oondvaste bak.
Meng:
200ml melk,
250 ml room,
1 eetlepel worcestersous,
1 eetlepel chutney,
1 eetlepel tamatiesous,
1 pakkie wit uie sop.
Meng goed en gooi oor vleis in bak.
Strooi 1 koppie gerasperde kaas bo-oor en bedek met foelie of maak toe met deksel.
Bak vir 60 – 90 min by 160 °C
Bron: Argilla

blinde vinke

Blinde vinke

BLINDEVINKE
6 dun stukkie biefstuk (minute steaks/tenderised steak)
Sout, peper en braaivleisspeserye
½ pak spek
1 groot ui, fyngekap
Tandestokkies
12 heel peperkorrels of crushed black pepper na smaak
Bisto poeier (so 2 eetl)
250 gr sampioene (effe sag gebraai)
¼ kop rooiwyn
Suiker na smaak
1 klein blikkie pynappelringe (behou sous vir jou bisto sous)

Metode:
Braai jou vleis gegeur met sout, peper en speserye net effens bruin aan weerskante in braaipan. Smoor ui in dieselfde pan en dan ontbytspek ook net effens. Sit op elke stukkie vleis ‘n halwe pynappelring, strokie spek en gesmoorde uie. Rol op en steek vas met tandestokkie. Pak hulle nou in ‘n oondskottel. Maak die sous van die pynappelsous, rooiwyn, bisto en sampioene. Versoet na smaak met bietjie suiker, voeg peperkorrels by en gooi bo-oor blindevinkies in oondskottel. Sit deksel op en laat stadig gaar word in matige oond (170 C) vir ongeveer 1 uur

BLINDEVINKBREDIE: [vaal revue]

Bestanddele:
1 ui, fyn gekap
75ml vars broodkrummels
5ml sout
2ml peper
5ml gedroogde, gemengde kruie
1 ferm tamatie, geskil en gerasper
12.5ml botter of margarien
1 eiergeel
500g kruisskyf/minute steaks/tenderised steak
30ml braaivet
1 groot ui, in skywe gesny
1 vleisekstrakblokkie
450ml kookwater
12.5ml koekmeelblom
fyn gekapte pietersielie
SO MAAK JY:
Vermeng die gekapte ui, broodkrummels, sout, peper, gemengde kruie, tamatie, botter en eiergeel tot ‘n smeerbare mengsel. Skep van die krummelmengsel op elke vleisskyf, rol die vleisskyf op en bind dit met tou vas. Verhit die braaivet in ‘n swaarboomkastrol en verbruin die vleisrolletjies (blindevinkies) rondom. Skep dit uit en hou dit warm. Soteer die ui in dieselfde vet totdat dit ligbruin is. Voeg die blindevinkies by die ui. Los die vleisekstrakblokkie op in die kookwater, en gooi dit oor die blindevinkies. Plaas die deksel op en stowe dit 1½-2 uur lank totdat die vleis sag is. Voeg ‘n bietjie aftreksel of water by indien die gereg gedurende die gaarmaaktyd droogkook. Skep die blindevinkies uit in ‘n warm opskepskottel. Vermeng die koekmeelblom met ‘n bietjie van die aftreksel in die kastrol tot glad. Roer dit by die aftreksel totdat dit begin verdik.
Proe en voeg nog geurmiddels by na smaak. Gooi die sous oor die blindevinkies en strooi die gekapte pietersielie oor.

Emmerentia Coetzer Olivier 

HEERLIKE STEAK

Tenderised steak, 2e maizena; 1e worcestersous; 3e chutney; 3 uie; 1e bisto ; 2e tamatiesous ; 3k water ; Braai uie in botter. Skep uie uit en braai steak in dieselfde pan. Skep uie terug by vleis Gooi sousbestanddele by. Meng en gooi water by. Kook net op op stoof. Bak in oond vir 1-2 ure by 180 in vuurvaste toe bak.

SMELT IN DIE MOND BIEFSTUK

Annette Human – Tradisionele Treffers

Lewer 6 porsies.

750 g biefstuk tenderised steak
sout
peper
rooipeper
70 g koekmeel (125 ml)
2 groot uie – geskil en in ringe gesny
25 ml sonneblom olie
25 ml maizena
25 ml bruinsous poeier
750 ml kookwater
1 blokkie biefekstrak
50 ml tamatiesous
50 ml worcestersous

Geur die biefskywe met sout, peper en ‘n titseltjie rooipeper.
Strooi van die koekmeel op ‘n werkplank.
Plaas die biefskywe daarop en kap die res van die koekmeel met die kant van ‘n ou piering eers aan die een kant en daarna aan die ander kant van die vleisskywe in.
Pak in ‘n groot oondvaste bak met ‘n deksel.
Soteer die uie ringe in die olie en skep bo op vleisskywe.
Meng maizena en bruinsous poeier met ‘n bietjie koue water en voeg dit by die kookwater.
Verkrummel die biefekstrak blokkie en voeg dit saam met die tamatiesous en worcestersous by die water.
Gooi dit oor die vleisskywe en uieringe.
Sit die deksel op en bak vir ongeveer 3 ure by 150 * C.

Sonja Klopper
STEAK MET BRUIN UIESOP

My ma het dit altyd  gemaak !!!
Voor verhit jou oond op 100/120 C
1 steak per persoon
1 pakkie bruin uie sop
1ui
Water
Tenderise jou steak met ‘n piering of koop dit sommer as tenderised steak
Sny jou ui in dun ringe
Maak jou sop aan met 1kop water
Pak ‘n laag uie dan ‘n laag steak hou aan tot al die bestandele klaar is .
Gooi sop oor en nog water tot steak en uie bedek is.  Maak toe met deksel en sit in die oond vir n uur  en roer elke 20min die sous en steak so effe deurmekaar.

Bedien met lekker kapokaartappels en slaai of rys en pampoen

Steak in 'n jassie

Steak in ‘n jassie

TENDERISED STEAK IN ‘N JASSIE
Rencia Odendaal Pretorius
Steak – gooi bietjie wostersous oor en laat le so vir 10 minute. Gooi sout en peper oor na smaak
Meel – Meng jou  speserye bv bbq – texan steak spices ens  in by die meel en sit in ‘n bak
Eier – klits en sit apart in ‘n bak

Metode: 

Druk jou vleis in die meel, dan in die eier en dan weer in die meel
Plaas in die yskas. Laat rus vir so 20 min in die yskas sodat die eier kan stol (dit help dat die degie nie afval nie)
Panbraai dit in vlak olie – die steak moet net so effe in die olie le – vir net ‘n paar minute tot gaar. Dit moet nog pienk in die middel wees.  Jy gaan basies die steak braai aan die 1 ste kant vir so 3 minute – omdraai en weer vir so 2/3 minute.
Bedien met mayo mash, ertjies, mengelslaai en soetpampoen.

TANNIE DASSIE SE BIESTUK ROLLETJIE (RSG)

Bestanddele
Biefstuk skywe of minute steaks
Spek
Sout en peper
Speserye
Uie
Olie
1 blikkie sampioene in room
Knorrox

Metode
Geur biefstuk skywe met sout, peper en speserye. Rol biefstuk skywe in meel. Plaas spek op biefstuk en rol biefstuk op en steek vas met tandestokkie. Braai in olie en plaas in oondskottel wat ‘n deksel het. Braai uie in bietjie olie. Voeg sampioene by uie. Sit ‘n blokkie Knorrox en ‘n koppie water in ‘n ander pot en kook. Gooi dit by sampioene en uie. Gooi die mengsel oor die rolletjie en bak in oond teen 180 grade Celsius vir ‘n halfuur tot 45 minute.

OONDBIEFSTUK (Tenderised steak) MET SOPPOEIER

1 pakkie Bruin uie soppoeier
Sprinkel helfte van die soppoeier onder in ‘n kaserol met deksel
Plaas die steak bo-op
Sprinkel die res van die soppoeier bo-oor
Giet ½ koppie water in die bak, moenie oor die vleis gooi nie
Sit deksel op en bak in oond @ 180ºC
20 minute vir medium, 35 minute vir well done.

Ek vervang soms die bruin uie soppoeier met cream of mushroom soppoeier
Dan maak ek dit net 20 minute gaar, want dan sit ek gesnyde sampioene oor en ‘n vel cheddar kaas, sit dit terug in die oond met die oondrooster aan en grill tot die kaas smelt. Heerlik! Bedien dit saam met gebakte aartappels en ‘n lekker slaai.

STEAK ONDER DIE KOMBERS

Georgien Neethling Schoeman
500G Tenderised steak
2 groot uie in dun ringe gesny
6 groot aartappels in skywe gesny
3 geskilde tamaties in skywe gesny
Sout en peper na smaak
Knoffelvlokkies (opsioneel)

Pan braai steak tot lekker bruin in braaipan of diep pan, gooi net sout en peper oor.
Pak uie ringe dan dik laag aartappelskywe en dan laag tamaties heel bo, gooi liggies sout en peper tussen lae en knoffelvlokkies. Gooi so twee koppies water op, bring tot kookpunt draai hitte af en prut stadig tot aartappels pap gestowe het bo op steak. Aartappels sal self sous dik maak. Bedien bo op rys.

Natasha De Jager Viljoen
BIEFSTUK PASTEI
800g Tenderized Steak
900ml Water
Steak Spice (na smaak)
Meat Tenderizer (na smaak)
Pastei Deeg
200g Beef Biltong Kips
25g Bruin Uie sop (halwe pakkie)
1 Ui
1/4 Koppie Cross & Blackwell Mayonaise
5ml Olyf olie
20ml Melk

Kook Biefstuk in 500ml water saam met speserye in “Slow Cooker” vir 2 en ‘n half ure. Kan ook Druk-koker gekook word totdat vleis sag is. Kook totdat vleis uitmekaar val. Braai gekapte ui in olie tot goud-bruinas. Trek pot van die stoof af en voeg sop poeier en 400ml water by. Kook die mengsel totdat dit gaar is. Maak Biltong Kips fyn in ‘n mengbak. Maak biefstuk fyn met ‘n vurk. Voeg die fyngemaakte vleis by fyngemaakte Biltong Kips en voeg Mayonaise by. Meng die uie sop mengsel by totdat die bestandele ‘n ferm tekstuur het. Smeer 30cm oondpan met margarien. Skep mengsel in die oondpan en plaas die pastei deeg bo-oor. Verf die pastei laag met melk totdat die hele pastei laag bedek is. Druk gaatjies met ‘n vurk in pastei deeg laag. Bak in ‘n voor-verhitte oond teen 200 grade celcius vir 20min of totdat pastei laag goud-bruin is. Bedien met ‘n groen slaai Hierdie resep voed 4 mense.

Tenderised steak strips

Tenderised steak strips

Anjelika van den Berg

STEAKREPIES IN DEEG

1 kg tenderised steak

2 eiers
180 ml melk
5 ml knoffelsout of 1/2 tl vlokkies
5 ml hoenderspeserye of enige speserye na smaak
180 ml koekmeelblom
Olie

1. Sny vleis in repies en bedek met speserye.
2. Klits eiers en melk saam.
3. Plaas vleisrepies in bak en bedek met eier- en melkmengsel.
4. Plaas bak in yskas vir ‘n uur.
5. Doop die repies een vir een in die koekmeelblom.
6. Braai in pan met vlak olie op medium hitte.
7. Bedien met skyfies en slaai.

Beef strogonoff

Beef strogonoff

BEEF STROGONOFF

1 kg tenderized steak in repies

1 uie gekap

Knoffel vlokkies na smaak

1 pakkie sampioene

100ml meel

sout en peper

250ml beefaftreksel

15ml sherrie  (opsioneel)

250ml suurroom

5 ml wostersous

Braai jou uie, knoffel en sampioene in botter – Meng meel,sout en peper en rol jou repies vleis daarin – Braai nou die repies vleis vinnig in warm botter – moenie alles op een slag in die pot gooi nie – doen dit ‘n paar repies op ‘n slag – jou steak moet nog rooi in die middel wees as jy klaar is dws medium to rare Sit nou al jou vleis in jou pot en voeg by die vleisaftreksel en sjerrie – Laat dit opkook – sit deksel op en prut vir so 25min – Haal van plaat af en voeg by die suurroom, wostersous en uie en sampioen mengsel by. Meng deur – Plaas terug op stoof op baie lae hitte en laat rustig prut tot opdiening.

Bedien met pasta, kapokaartappels of rys

GEVULDE TENDERISED STEAK

Kap jou steak lekker plat met vleis hammertjie of piering. Gooi oor sout, peper , bietjie wostersous en bietjie knoffelvlokkies

Braai uie sampioene en spek tot sag.

Hier kan jy dan lekker jou verbeelding laat gaan – dink  aan spinasie en feta kaas,  mossels, kaas en ham, enige iets wat jy lus voel om as vulsel te gebruik.

Smeer oor die steak en rol op.

Steek vas met tandestokkies en bak in die oond tot gaar of jy kan dit ook in vlak panolie bak tot gaar.

Maak ‘n lekker kaassous, of bisto sous, sampioen sous ens. Kyk wat by jou vulsel sal pas.

Bedien met kapokaartappels of skyfies, mengelslaai of volledige bord gekookte groente.

tenderised steak 2

tenderised steak 3

WAT VAN ‘N LEKKER STEAK HAMBURGER 

tenderised steak hamburger

Hamburger

COUNTRY FRIED STEAK AND EGG: [MR FOOD] 

We first had country-fried steak years ago at a little southern diner. Boy, were we hooked! And once we decided to put fried eggs on top, we discovered our new favorite breakfast.
Serves: 4
Cooking Time: 20 min
YOU’LL NEED:
1 tablespoon salt, divided
1 cup cold water
1½kg beef cubed steaks (tenderised steak)
1 cup all-purpose flour
3/4 teaspoon black pepper, divided
1 cup vegetable oil
2 cups milk
8 eggs
WHAT TO DO:
1.In a medium-sized bowl, combine 1 teaspoon salt and water; stir until salt is dissolved. Add steaks and soak 10 minutes. In medium-sized bowl, combine flour, 1 teaspoon salt, and 1/2 teaspoon pepper; mix well. Reserve 2 tablespoons of mixture and set aside.
2.Remove steaks one at a time from water and coat completely with flour mixture. In a large deep skillet over medium-high heat, heat oil until very hot, but not smoking.
3.Carefully add steaks to skillet and brown 12 to 15 minutes or until juices run clear and coating is golden brown, turning occasionally. Remove steaks to a covered serving platter and keep warm.
4.Drain off all but 2 tablespoons of oil. Add reserved flour mixture to skillet and brown lightly over medium-low heat. Slowly whisk in remaining salt, pepper, and milk. Bring to a boil, stirring frequently. Reduce heat to low and simmer 3 to 5 minutes, or until thick and creamy. Serve steak topped with gravy.
5.Meanwhile, in a medium skillet, cook eggs sunny-side up in batches. Serve on plate next to steak topped with gravy.
COUNTRY FRIED STEAK AND EGG:  [MR FOOD] We first had country-fried steak years ago at a little southern diner. Boy, were we hooked! And once we decided to put fried eggs on top, we discovered our new favorite breakfast. Serves: 4 Cooking Time: 20 min YOU'LL NEED:•1 tablespoon salt, divided •1 cup cold water •1½kg beef cubed steaks •1 cup all-purpose flour •3/4 teaspoon black pepper, divided •1 cup vegetable oil •2 cups milk •8 eggs WHAT TO DO:1.In a medium-sized bowl, combine 1 teaspoon salt and water; stir until salt is dissolved. Add steaks and soak 10 minutes. In medium-sized bowl, combine flour, 1 teaspoon salt, and 1/2 teaspoon pepper; mix well. Reserve 2 tablespoons of mixture and set aside. 2.Remove steaks one at a time from water and coat completely with flour mixture. In a large deep skillet over medium-high heat, heat oil until very hot, but not smoking.  3.Carefully add steaks to skillet and brown 12 to 15 minutes or until juices run clear and coating is golden brown, turning occasionally. Remove steaks to a covered serving platter and keep warm.  4.Drain off all but 2 tablespoons of oil. Add reserved flour mixture to skillet and brown lightly over medium-low heat. Slowly whisk in remaining salt, pepper, and milk. Bring to a boil, stirring frequently. Reduce heat to low and simmer 3 to 5 minutes, or until thick and creamy. Serve steak topped with gravy. 5.Meanwhile, in a medium skillet, cook eggs sunny-side up in batches. Serve on plate next to steak topped with gravy.

Styselvrye resepte en idees / Low carb


LET ASB, HIERDIE AFDELING IS SLEGS ‘N AANDUIDING VAN LAE STYSEL OF  STYSEL VRYE  GEREGTE. Met die afdeling SKAKEL ONS NET …. STYSEL sover moontlik uit !!!

Ilse van Wyk gee elke dag haar STYSELVRYE aandete idees vir ons op FB – so hier is al haar daaglikse idees.

Low carb idees

Braai sosaties: kersie tamaties, uie, sampioene, pynappelskywe, 3 kleure peppers

PAAR IDEES VIR PLAASVERVANGERS VIR STYSEL IN JOU DIEET

Kom ons begin bietjie gesels oor plaasvervangers vir al daardie stysels wat ons so wil uitsny.

Ek gaan so paar idees gee wat ek gebruik maar voel vry om julle stysel-plaasvervangers met ons te deel. Zuchinni (groot baby marrow) – sny hom met ‘n groente skiller in dun repies en gebruik in plaas van spaghetti of tagliatelle. Ek lees baie van die groente met die naam Spaghetti Squash. Ek is oral opsoek na dit maar hier in die platteland kry ek dit nerens. As die squash gaar is, krap mens dit uit met ‘n vurk en dit lyk net soos spaghetti. Sal waardeer as iemand ons bietjie meer hiervan kan vertel. Daai groot bruin mushrooms kan jy gebruik in die plek van hamburger buns Raper ‘n rou blomkool en mikrogolf met ‘n titsel water vir 5 min op hoog vir “rys”. Kopkool in dun repies gesny kan ook werk in plaas van spaghetti. Ham snytjies of eiervrug skywe kan jy gebruik om lasagna mee te maak. Chinese Nori kan jy gebruik in plaas van gewone wraps. Dit is die groen velle waarmee daar sushi gemaak word. Peanut butter kan jy vervang met amandel botter, cashew butter, macadamia butter. Broodkrummels vervang ek met amandelmeel. Chips vervang ek met die pakkies pork crackling wat mens te koop kry. ‘n  Beter opsie as brood is 100% rye bread. Dit is nie die beste opsie nie maar as die brood craving jou aanval is dit beter om ‘n snytjie of 2 hiervan te eet as om ‘n witbrood aan te val en te verorber. Passop net om nie meer as 2 snytjies per weerk te eet nie. Ek maar vir my ‘n braaibroodjie met hierdie brood as ons braai. Dit help nogal baie.

*
OOPSIES
Do you have a hard time living without bread? Oopsies are a good option. It’s a “bread” without carbs and can be eaten in a variety of ways.6-8 depending on size.
3 eggs
100 grams  of cream cheese
a pinch of salt
1/2 teaspoon baking powder (can be excluded)
Separate the eggs, with the egg whites in one bowl and the egg yolks in another.
Whip the egg whites together with the salt until very stiff.
You should be able to turn the bowl over without the egg whites moving.
Mix the egg yolks and the cream cheese well. If you choose, add the psyllium seed husk and baking powder (this makes the Oopsie more bread-like).
Gently fold the egg whites into the egg yolk mix – try to keep the air in the egg whites.
Put 6 large or 8 smaller oopsies on a baking tray.
Bake in the middle of the oven at 150 degrees C (300 degrees F) for about 25 minutes – until they turn golden.
You can eat Oopsies as bread or use them as a bun for a hotdog or hamburger. You can also put different kinds of seeds on them before baking them, for instance poppy, sesame or sunflower seeds.
Gaan loer wat se Colyn oor Oopsies: Colyn Serfontein Die hele storie is hier. http://man-kos.blogspot.com/…/oopsies-wat-n-verrassing…
*

ILSE SE KAAS EN BOBOTIE LASAGNE GEREG

5 eiers

Sout en peper na smaak

1 ui gekap

1 blikkie sampioene (vars is ook reg)

2 t kerrie

2 t borrie

¼ k asyn

2-3 eetl versoeter

1 k fyn gesnipperde kool

¼ greenpepper

500g maalvleis

1 k gerasperde kaas

Klits eiers, sout en peper goed en hou eenkant Braai uie en greenpepper tot bruin. Gooi kerrie, borrie, asyn en versoeter by. Braai vir 5 minute Gooi kool en sampioene by en braai tot kool begin verlep. Gooi maalvleis by en braai tot bruin. Skep in ‘n oondvaste bak. Sprinkel kaas oor en 3/4 van die eiermengsel. Roer deurmekaar en gooi laaste eiermengsel oor. Bak op 180 tot eier gaar en goudbruin is. Laat 10 minute staan voor bedien.

*

Groenbone met sampioene, spek  en uie

½ pakkie spek stukkies

2 medium uie grof gekap

1 blikkie sampioene (vars is ook geod)

½ pak gevriesde groenbone ( vars kan ook werk)

Braai spek tot gaar en bros Gooi die uie by en braai tot uie sag is. Gooi sampioene en bone by en braai oor lae hitte tot bone gaar is maar nie pap nie.

*

Krakerige Koolslaai

Handvol vars boonspruite

1 rooi greenpepper in dun repies gesny

1 klein wortel met groenteskiller in dun repies gesny

4 spring onions fyn gekap

½ medium kopkool blokkies gesny

*

Tuisgemaakte slaaisous

1 k olyfolie

1 k water

1/3 k bruinasyn

3 t knoffel

3 t Dijon mosterd

3 t gerasperde ui

3 t versoeter

Sout en swart peper na smaak.

low carb 1

So is die Naweek hier en dit beteken BRAAI!! So wat maak mens tog nou by as ‘n braaibroodjie nie gaan werk nie?????

My slaai is soos volg: Fyn repies kool Rooi en groen peppers Appel Wortelrepies Mango Olywe Tamatie Komkommer Uie Gouda kaas blokkies Cheddar kaas blokkies Feta kaas blokkies Kersie tamaties Vars knoppie sampioene

TIP: Gebruik kopkool in plaas van blaarlaai. Mens kom nie maklik die verskil agter nie, maar dit hou baie langer in die yskas.

Portabella Sampioene 4-6 groot bruin sampioene Genoeg knoffelbotter om dik mee te smeer. Gerasperde Cheddarkaas om bo-op te gooi Braai laaste oor matige kole.

Braaivleis

Braaivleis

SAMPIOEN BURGERS Vandag is ek lus vir iets verbode!! Kaasbrugers klink vir my lekker! So ek het lekker groot sampioene wat gaan moet instaan vir die buns.

Maak jou eie burger patties.

1 kg maalvleis

1 pakkie gesnipperde spek

3 uie fyn gekap / gerasper

3 eiers

2 k gerasperde kaas

Meng als deeglik en vorm patties. Druk met jou duim ‘n holtetjie in die middel van die pattie. Dit help dat die pattie nie te dik in die middel braai nie. Braai in bietjie olyfolie tot gaar en mooi bruin. 1 groot pak bruin groot sampioene (portabello) Braai die sampioene in bietjie botter tot net net gaar, dit kan ook net so rou gebruik word. Ek verkies myne rou en my man verkies syne gaar. Braai 1 pakkie repies spek tot gaar en kripsy Sny gouda kaas in dun skyfies. Pak nou jou hamburgers. Ek gebruik bietjie tamatiesalsa op die burgers. Bedien met ‘n vars slaai en wortels wat gebraai is in bietjie botter.

low carb 4

Steakaand

STEAKAAND !!

Steek die vuurtjie aan – dra die gas braaier nader of selfs die stoofplaat en braaipan kan vannaand werk. Hier beleef ons die warmste dag wat ek in my lewensbestaan ervaar het so vannaand gaan ek vir geen geld voor die stoof staan nie. Gertjie se Perfekte Steak 1 steak per persoon – snit van jou keuse (ons verkies sirloin of rump met die vetjie) Kyk dat die steak so ongeveer 2cm dik is. Matige kole wat jou hand so 5 sekondes kan weerstaan as jy dit so 15cm bo die rooster hou. Moenie jou steaks sout en peper voor jy dit op die kole gooi nie. Gooi soos jy braai. Draai jou steak ELKE 2 minute. Riglyne vir die gaarheid van jou steak. 2 minute per kant – Blue Rare 4 minute per kant – Rare 6 minute per kant – Medium Rare 8 minute per kant – Medium 10 minute per kant – Well done

*

Mushroom sous ala Paleo

Bietjie botter

4 bakkies sampioene  (helfte groot bruin, helfte wit knoppies), fyn gesny of gerasper.

1 lt room

Sout en peper na smaak (jy kan maar laat loop met die peper)

1 pakkie mushroomsoppoeier aangemaak met 500ml water

Die stysel in die pakkie soppoeier verdun in die resep so min dat dit geen effek op jou dieet gaan he nie. Braai sampioene  in bietjie botter totdat dit begin krimp Gooi res van bestanddele by en verhit tot dit verdik. Die resep maak BAIE sous so vries die res. Dit hou maande in die vrieskas. Gooi na smaak oor jou steak. Kook brussel sprouts tot gaar en dreineer, roer genoeg botter deur om als te bedek en geur met sous en peper na smaak. Maak blomkool mash nes gewone mash maar vervang die aartappel met blomkool.

IMG_9387

Bedien slegs met mengelslaai

BASIESE RESEP VIR SOUTTERT

4 eiers

2 koppies gerasperde kaas

1 ui gekap

1 eetl pietersielie (vars) (of 2 tl gedroog)

2 eetl meel

1 tl mosterdpoeier (jy kan ook jou klaar aangemaakte mosterd gebruik)

Sout en peper

300ml melk

VOEG NOU BY: 2 koppies vleis

Hier kan jy dit opmaak met ENIGE VLEIS – bv boeliebeef, spek, ham blokkies, viennas gesnipper, enige koue vleis wat jy in blokkies gesny het, gevolkte hoender, polonie, gevlokte vis bv hake,

Jy kan ook gekapte 3 kleure rissies of sampioene byvoeg. Dit kan ongeveer so halwe koppie wees.

Meng melk en eiers Meng al die ander bestandele saam.

Gooi die melk en eier mengsel by die vleismengsel.

Roer liggies deur. Gooi in gespuite oondbak.

Sprinkel bietjie rooipeper of paprika bo-oor

Bak vir 30/40 min by 180 grade C of tot gestol en goudbruin.

*

LEKKER SLAAI

Hier is ‘n lekker slaai wat ons maak: 1 x blomkool 1 x broccoli 1 ring feta 1 wortel. Rasper Alles saam fyn, gooi suurlemoensap, peper en sout in, ek sit mayo ook in, en dit is soooo lekker! Die groente rou, het soveel extra vitamines en voordele.

*

KOUEVLEIS SLAAI Barbara Joubert (10 minute – 4 porsies)

300 g ham, in dun repies gesny

200 g salami, in dun repies gesny

4 agurkies, in klein blokkies gesny

250 ml mayonnaise

100 ml Bulgaarse jogurt sout en varsgemaalde swartpeper na smaak * (ek sit gekookte eier, blokkies komkommer, klein tamaties en blokkies kaas ook by)

Meng die ham, salami en agurkies. Ook die mayonnaise en jogurt. Geur met sout en swartpeper. Meng alles nou goed saam.

butternut en sampioene

BUTTERNUT SKYWE MET KNOFFEL/UIE EN GEVULDE SAMPIOENE

1. Neem butternut met skil aan en sny dik skwye. Smeer botter op, bietjie knoffel, sout en peper en sit dik sny ui bo-op. Ek het bo-op die ui bietjie lemoenpeper gestrooi. Draai toe in foelie en sit in die oond tot gaar. Ek het myne so +/- vir ‘n uur op 140 grade gehad

2. Gevulde sampioene Neem sampioen en haal die middelste stuk uit. Braai bietjie spek, gekapte ui en peppers. Skep in sampioene, frimmel bietjie feta kaas oor, sout en peper en gerasperde cheddar kaas. Ek het roosmaryn en olyf sprinkel van Ina paarman gebruik om bo-oor te sit ipv sout en peper. So 10 min voor julle wil eet, sit die sampioene in die oond en bedien dadelik.

IMG_8171

SPINASIE TERT

Gebruik so 20cm deursnit bak

1 of 2 bossies (pakke) spinasie – ligweg opgekap (of jy 1 of 2 gebruik, jy hoef nie die bestandele onder aan te pas nie)

5 stukkies repe spek (opgekap)

5 sampioene (opgekap)

1 groot ui (opgekap)

Gooi alle bogenoemde in pot en kook so 15 minute – dreineer en hou eenkant. (ja niks braai van uie ens nie , kook alles)

Meng 1 pakkie wit uie sop met 1 houertjie suurroom en laat staan vir 10 minute (suurroom as jy nie het nie – 1 houertjie room met 1 eetl suurlemoensap – laat staan vir 10 minute)

Voeg by 1 houertjie gladde maaskaas

3 eiers

1tl mosterdpoeier

peper

Meng goed deur en gooi spinasie mengsel by en 1 kop gerasperde cheddar kaas. Meng alles ligweg deur Gooi in ‘n bak gespuit met spray en cook en bak by 180 C vir 30 na 40 minute – kyk as gestol en bruin bo-op is. As uit die oond kom, gooi nog gerasperde kaas oor Ek het 2 swart olywe geneem en stukkies gesny en bo-oor gesit vir versiering met bietjie paprika.

Opsioneel – as jy wil, kan jy halwe blik aspersies in stukkies gesny ook byvoeg.

Bedien met  lekker mengelslaai.

Paar idees van groente vir jou groente gereg BEHALWE die mielie

Paar idees van groentes vir jou groente gereg…  BEHALWE die mielie

GROENTE GEREG

2 baba koolkoppies halveer Baba wortels Heel sampioene Uie grof gekap Aartappel (hierdie is opsioneel) Rooi rissie

Kersie tamaties
Baby marrows Balsamic vinegar Olyfolie Versoeter na smaak Mixed herbs Knoffel na smaak Feta kaas Gooi al die groente in n oondpan Moenie skaam wees met die balsamic en olie nie. Gooi kruie, versoeter en knoffel na smaak by. Bak op 180C vir 30 min Sprinkel genoeg Feta oor en bak verdere 10min.
low carb 9 - butternut spinasie uieSLAAI IDEES
Gebraaide butternutskywe, baba spinasie, uie ringe, feta kaas, vars pietersielie, gekapte pekaneute. Bedien met balsamic vinegar, olyfolie, sout en peper.
low carb 6
Kook boontjies tot sag. Gooi gekapte uie, fetakaas en  pekaneute by. Hier kan jy vars aspersies (of gebliktes) byvoeg, kersie tamaties, peppadews .  Bedien met balsamic vinegar, olyfolie, sout en peper.
 
STEW MET ‘RYS”
Kalahari Kerrieskaap in die stoompot
2 kg skaap kookvleis
2 uie grof gekap
3 e Kerrie
3 e borrie
1 t peper
2 t sout
1 t pimento
1 t paprika
2 t fyn koljander
1 blikkie tamatie smoor
1 blikkie chakalaka with butternut
500g wortels in wieletjies gesny
1 groot aartappel in blokkies gesny
Braai vleis bruin in bietjie olie en verwyder uit pot.
Braai uie en al die speserye tot goudbruin ek geuring. Gooi vleis terug in die pot en 3 k water. Bring tot kookpunt, maak toe en stoom vir 20 minute. (GAAN SIT POT MET DEKSEL IN WASBAK EN LAAT KOU WATER OOR HOM LOOP SODAT HY KAN AFSTOOM. MOENIE OOPMAAK VOOR DIE KNOPPIE BO HEELTEMAL GESAK HET NIE OF VOLG JOU EIE STOOMPOT SE INSTRUKSIES) Maak oop en toets die vleis. Dit moet al taamlik sag wees. Indien nie vul water aan indien nodig en stoom verdere 20 minute. Toets weer.
Voeg worstels en aartappel by. Kook tot aartappels gaar is. Dreineer aftreksel en behou 1 koppie. Voeg tamatiesmoor en chakalaka by. Roer goed deur. Laat deur prut. Voeg water by indien sous te dik is. Voeg versoeter en asyn na smaak by vir die lekker kerrie smaak.“Rys”
“RYS”
1 vars blomkool
½ k water
Sout
Rasper die blomkool op die growwe kant. Gooi in glasbak. Sprinkel water en sout oor Mikrogolf op hoog vir 5min. Toets. Dit moet gaar maar nie pap wees nie.
VEGI SANDWICHES

VEGGI SANDWICHES

VEGGI SANDWICHES

Another tasty vegetable side dish or starter cooked over hot coals.
Serves 4 Ingredients:
2 brinjals
3 tomatoes
300g ball of sliced Mozzarella cheese
3 baby marrows cut into ribbons with a vegetable peeler handful of basil leaves
Method:
Slice brinjals into 1cm thick pieces. Top half of the brinjal slices with thick slices of tomatoes, sliced Mozzarella cheese, baby marrows and basil leaves. Season and top with the other half of the brinjal pieces. Brush with oil and cook over medium coals. Thanks to : Your Family Magazine
*
EASY PEASY HOENDER EN SLAAI
8 stukke hoender
2 uie in ringe gesny
Hoender speserye na smaak
1 t knoffel
1 hoender blokkie
1 k kookwater
1 blikkie gekapte tamaties
1 t kerrie
1 t borrie
1 e versoter
½ k asyn
Los die hoender blokkie in die kookwater op Meng alles behalwe die hoender en uie Pak uie onder in oondpan Pak hoender stukke bo-op Giet mengsel bo-oor. Sprinkel goed met hoender speserye. Moenie skaam wees nie. Die spesery braai bros saam met die velletjie. Bedek en bak op 190C vir 2 ure of tot vloeistowwe helder uitkom wanner hoender geprik word. Maak oop en bak ‘n verdere 15 minute tot goudbruin. Skep van die sous weer bo-oor die hoender. Jy kan van die waterigheid uitskep sodat sous dikker is.Bedien met ‘n vars slaai van tamaties, feta, olywe en sommer alle slaai goete wat nog in die yskas le.
*
SKAAPSKENKELS EN BLOMKOOL MASH
Heel skaapskenkels
2 uie ringe gesny
4 skaapskenkels, heel
½ k olyfolie
2 t aromat
2 t paprika
2 t fyn koljander
½ t fyn swart peper
4 wortels in stukke gesny
1 k water

Pak ‘n laag uie onder in ‘n casserole Giet die water oor Meng die olie, aromat, paprika, koljander en peper. Smeer goed in die skenkels in. Pak bo-op die uie. Strooi wortels oor Maak toe en bak op 130C vir 5 ure. Stoom boontjies tot net gaar deur te mikrogolf vir 10 minute, bedek met plastiek wat gaatjies ingedruk is. Geur na smaak met sout en peper Blomkool mash: Kook genoeg blomkool tot sag. Dreineer baie goed. Los 20 minute in vergietes. Druk fyn saam met suurroom. Geur na smaak met sout en peper.

MyFridgeFood.com

MyFridgeFood.com

Komkommer toebroodjies: Skyfies komkommer met kaas, kouevleis – dink aan enige iets wat jy op  jou toebroodjie wil sit , blaarslaai, skyfies tamatie, low fat mayonaise ens.  

*
HOENDER.
Oongebakte hoender.
6 hoender quarter legs. (enige ander borsies van jou keuse sal werk)
2 groot uie in ringe gesny Steak en Chops speserye (snaaks ne? Probeer dit gerus)
Olyfolie
Vars roosmaryn takkie van so 15cm of gedroog.
Spuit ‘n oondpan met Spray n Cook. Pak die uie in.
Pak die hoender bo-op. Gooi baie goed met die speserye. Ek gooi hom dat die hele hoender bedek is, bo, onder, oral. Moenie skaam wees nie. Passop vir Robertsons se maak, hulle is nogal baiekeer sout. Proe maar eers. Ek koop die Steak n Chop wat in so groot vierkantige bottel by Spar te koop is. Dit lyk soos die bottel van die Jimmy-Spice. Sprinkel olyfolie oor. Trek die blaartjies van die roosmaryn van die takkies af en sprinkel oor. Jy kan die gedrooge roosmaryn gebruik as jy nie vars het nie. Maak toe met foelie (blink kant na binne) en bak op 200C vir 1h30min. Maak oop en grill tot velletjie bruin en krakerig is. Oondgebakte groente Hier kan jy jou verbeelding vrye teuls gee. Ek gebruik die bietjie van elke van die volgende, wat grof gekap is. Baby marrows, patty pans, wortels, rooi uie, mushrooms, blomkool, broccoli, groenboontjies, butternut/pampoen. Gooi dit in ‘n gespuite oondpan en gooi nog by: ‘n Paar Kersie tamaties, net so heel, olyfolie (moenie skaam wees nie), suurlemoensap, vegetable spice van Ina Paarman en heel laaste bietjie Mixed herbs. Bak op 160C vir 1 uur. Meng deurmekaar en gooi gekrummelde Feta kaas na smaak oor en bak weer 15 minute. Hierdie ete is genoeg vir 2 mense met kosblikke vir die volgende dag of vir 4 grootmense.
*
Kerrie Omelette 
Kerrie Mengsel
10ml Mild Kerrie
5ml Borrie
5ml Gemmer
15ml mixed herbs
Half koppie Asyn
2 Eetlepels suiker
Meng als goed
500g Maalvleis
1 Groot ui gekap
250g gemengde groente in blokkies
Olyfolie
1 E Margarien
Kwart koppie blatjang
Yougurt ongegeur
Braai ui in olyfolie en ‘n eetlepel margarien tot sag. Gooi kerrie mengsel by en braai ‘n bietjie. Gooi jou maalvleis by en vlok met ‘n vurk terwyl dit kook vir paar minute tot gaar en bruin. Gooi dan gemengde groente blokkies by. Roer die blatjang by. Gooi as als gaar is die yougurt by. Bedien in ‘n omelet.
*
Omelet
3 eiers
2 e water
Klits baie goed skuimerig.
Verhit ‘n pan met bietjie botter tot matig warm. Giet die eier in en roteer pan sodat dit eweredig in die pan versrpei is. Maak toe en los 5 minute. Wikkel los met ‘n eier spaan. Skep die vulsel op en strooi bietjie kaas oor Vou versigtig toe en maak heel los van pan. Los ‘n verdere 2-3 minute sodat hitte deur vulsel kan versprei en kaas smelt. Bedien met ‘n kraakvars slaai.
omlet 3
Vul jou omelet met enige iets na jou smaak.
Paar idees:
Room spinasie
Spek, kaas, ham, gekapte tamatie, uie, 3 kleure peppers
Gevlokte hoender met mayonaise
Tuna met mayonaise
Bully beef met gekapte uie en bietjie mayonasie
*
EIER PUFFS Deur: Women.Fit2Fat2Fit
Bestanddele:
6 eiers ½ koppie gekapte uie ½ koppie vars gekapte spinasie ½ koppie gekapte sampioene ½ koppie gekapte rooi en groen soetrissies (greenpeppers) ½ tl bakpoeier ½ koppie gevlokte hoender,of kaasworsies gekap, maalvleis, (enige vleis na keuse)(opsioneel) Oond: 180C Spuit muffinpannetjies Meng eiers n ‘n bak. Voeg al die ander bestandele by. Spuit pannetjie met spray en cook. Vul muffinpannetjies tot half. Bak vir 10/15minute of tot tandestokkie skoon uitkom.
*

BLOMKOOL EN MAALVLEIS GEREG

500 na 750gr maalvleis
1 blomkool (sny in blommetjies)
1 koppie chedder kaas
Paar sampioene (net gehalveer)
1 klein ui (gekap)

Stoom jou kool tot sag maar nie pap nie
Braai jou maalvleis, ui en sampioene na smaak, Gebruik sout, peper bietjie wostersous, knoffel of bbq speserye

Meng al die bestandele en roer tot die kaas effe gesmelt is
Gooi nog klein bietjie kaas bo-oor en sit in die oond of mikrogolf net tot die kaas gesmelt is

Variasie:

Meng 4 na 6 eiers en so 1/2 kop melk, gooi dit bo-oor die vleismengsel, strooi kaas oor en bak in die oond tot gestol

*

BLOMKOOL SLAAI

1 medium head of cauliflower, cut into florets
4 eggs, hard-boiled
1 clove garlic, minced
1/4 large, white onion, finely chopped
1 tbsp mayo
1 tbsp sour cream
1 tsp yellow mustard
1 tsp lemon juice
salt and pepper

Steam the cauliflower for 10mins until tender, but not mushy. Set aside to cool.
Cut the eggs into small pieces and combine with the cauliflower florets, onion and garlic in a large mixing bowl. Season generously.
In a separate bowl mix together the mayo, sour cream, lemon juice and mustard. Add this to the eggs, cauliflower and onions.
Mix well and refridgerate until needed.

Hoender geregte


IMG_8280

Chakalaka hoender

Die maklikste hoender ooit – 1 Bestandeel en speserye !!!

CHAKALAKA HOENDER

Pak hoender in casserol. Sny dik skywe uie oor. Gooi sout peper en knoffel vlokkies oor en 1 blikkie chakalaka met butternut. Ek het skywe butternut met skil aan ook bygesit – In die oond (bedek) vir 1 uur na 1 uur 15 minute @ 180 C – Net voor opdining – onder die grill indien verkies tot velletjie lekker bruin en bros is.
WENK: Pak jou aartappels saam in met die hoender – jou hoender, pampoen en aartappels is alles op een slag gaar.

Gewone Mild chakalaka kan ook gebruik word.

*

GESTOOFDE HOENDER MET PASTA
Aangepas vir KKI

Hoenderporsies na gelang van hoeveelheid mense
15 ml paprika
60 ml botter 
250 ml hoenderaftreksel
5 ml sout
1 ml peper
250 ml room of ½ pakkie sampioensop of wit uiesop met 1 kop melk
250gr sampioene in skyfies gesny
100 ml fyngekapte pietersielie
1 soetrissie repies gesny
200 gr pasta gekook en gedreineer.
Braai sampioene en uie liggies – verwyder en sit eenkant
Braai paprika effens in botter. Voeg hoender by en braai aan weerskante tot bruin.
Voeg aftreksel, sout en peper by. Sit deksel op en stowe tot vleis sag is. As sag is kan jy die stukke heel hou of in kleiner stukkies sny
Voeg room, sampioen en uie mengsel, pietersielie en rissie by en stowe vir nog 10 min. Voeg nog melk by as te dik is
Voeg pasta by, meng liggies deur en geur met sout indien nodig of jy kan die mengsel bo-op die pasta skep
Verhit tot goed warm en bedien met slaai.
Deur: Resepte wat mans ook verstaan

 

CHEDDERKAAS HOENDER

4 groot hoenderborsies

6 na 8 provitas (fyngedruk) Jy kan ook Tuc, cream crackers  of salticrax koekies gebruik)

½   teelepel sout

½  teelepel peper

½  koppie melk

3 koppies cheddarkaas, gerasper

1 teelepel droë pietersielie

Sous: (opsioneel)

1 blikkie  room  hoender sop

2 eetlepel suurroom

2 eetlepel botter

Gooi die melk, kaas en provita  krummels in 3 afsonderlike bakke  Meng die sout en peper in die krummels in.  Doop elke stukkie van die hoender in die melk en dan in die kaas. Druk die kaas vas met jou vingers. Druk dan die hoender in die  provita krummels en druk styf vas.

Spuit ‘n pan met cook en spray  en plaas die  hoender in die pan. Strooi die droë pietersielie oor die hoender. Sit hoender in die yskas vir tenminste 20 minute .  Bedek die pan met foelie en bak by 200 grade vir 35 minute. Verwyder die foelie, bak vir ‘n verdere 10-15 minute, of totdat die kante van die hoender goudbruin en bros is.

In ‘n medium pan meng die room  hoender sop, suurroom en botter.  Roer dit oor medium  hitte tot die sous lekker warm is. Dien op oor die hoender

*

GEBAKTE MAYO MET BRUIN UIESOP HOENDER

Bestanddele:
1 pak (8-10) hoenderstukke
1 pk bruin uiesop poeier
250 ml warm water (nie kook)
1/2 k mayonaise
1/4 k chutney
1/4 k soet chilli sous
1/4 k tamatie sous
Sout
Metode:
Oond 180 gr C.
Pak die hoender stukke in ‘n oondbak en geur liggies met sout. Meng die uiesop-poeier met die warm water. Roer die mayonaise, chutney, soet chillie sous en tamatie sous daarby. Gooi oor hoender en bedek met tinfoelie. Bak vir 50-60 minute. Haal foelie af en bak oop tot goudbruin.

Deur: Radio Namakwaland

ham en spinasie pastei2HOENDER/HAM MET SPINASIE GEREG

2 koppies pasta (gaar gekook)
2 eetlepels botter
½ koppie gekapte ui
1 teelepel knoffel
2 koppies gekapte vars spinasie ( kan bevrore ook wees)
2 eetlepels meel
1 ½ koppies melk
½ teelepel swartpeper
1 teelepel sout
½ koppie suurroom (of ½ kop room met ½ eetl asyn)
2 koppies gaar gekapte ham
1 ½ koppies gerasperde kaas
1 koppie broodkrummels, of salticrax koekiekrummels, fyngemaakte kellogs of enige simba skyfiekrummels
Braai ui in botter (en sampioene) voeg knoffel en spinasie by en kook sowat vyf minute of tot spinasie sag is. Verwyder spinasie en uie uit pan en hou eenkant. Smelt die botter en voeg by die meel. Maak soos wat jy ’n witsous sou maak, roer in die melk , swart peper, sout en suur room . Roer tot glad. Verwyder van die hitte en roer dan al die bestandele bymekaar behalwe die koekies of broodkrummels Giet in ‘n gespuit oondbak.
Sprinkel oor die krummels . Bak in voorverhitte oond by 180 C vir 30 tot 35 minute tot bruin bo-op.
Maak sowat 8 porsies

Wenk:
Kan gevlokte hoender ook gebruik
Indien jy nie suurroom het nie, neem ekstra ½ kop melk en so 1 eetl wit uie- of sampioensoppoeier.
Ek dink so lekker groot handvol gekapte sampioene kan ook bygevoeg word

*

CHICKEN CORDON BLEU

Rencia Odendaal Pretorius

Hoender filette – kap plat met piering of vleis hammertjie

Neem vars spinasie blaar en sit bo-op filette

Sit feta kaas  bo-op

Geur met sout en gemaalde peper

Rol toe en neem nou “streaky bacon” en rol om die hoender

So 2 of drie stukke – steek vas met tandestokkies

Sit in bakplaat

Maak sousie van jimmy sous, suurlemoensap  en smeer bo-oor die hoender. Gooi so ‘n paar stukkies roosmaryn op as jy het.

Bak in oond by 180grade C tot gaar. Smeer elke nou en dan van die sousie oor

Dit neem so 30 minute om deurgaar te wees.

Bedien met kapokaartappels, ertjies mengelslaai of potato wedges.

** Jy kan basies jou fillet vul met enige iets – ek het al gevul met spek en spinasie en kaas en ook spruit uie en peppadews. Die keuse is joune – kyk wat jy in die yskas het.

*

SPEKVET HOENDER

4 hoenderborsies sonder vel of been

Genoeg repies spek om hoender mee te bedek

½ koppie fyngerasperde parmasaan kaas

2 knoffelhuisies

1 t botter of olie

‘n paar tandestokkies

Stel oond op 220grade.

Rol hoenderborsies in kaas.

Sny vars knoffel in dun lagies, en pak bo-op hoender.

Draai repies spek om hoenderborsies, en maak vas met ‘n tandestokkie.

Sit bietjie botter of olie in die oondbak en sit hoender in, en bak vir 15 tot 20 minute sonder deksel.

Bedien met kapokaartappels met sprietuie in, asook brokkoli

*

GEVULDE HOENDER FILLETTE

6 hoender fillette, ontvel

½ pakkie tamatiesoppoeier

½ pakkie sampioensoppoeier

½ pakkie bruin uiesoppoeier

6 skyfies ham, gekap

Fetakaas

200 g spinasie, opgekap

Sout en peper na smaak

Sny die fillette halfpad oop. Meng soppoeiers, rol die hoenderstukke daarin tot dit bedek is. Meng ham, feta en spinasie en stop dit in die hoender. Steek die hoender met ‘n tandestokkie vas. Geur met sout en peper.

Bak in ood tot gaar.

*

ELSA SE ROOI HOENDER
(Hierdie resep maak baie en vries goed)
2 hoenders – gaar en ontbeen
1 blik tamatie sop (of 1 pakkie sop aangemaak met water)
1 blikkie mushrooms
6 groot wortels – gerasper
3 uie – gekerf
3 teelepels kerriepoeier
¾ tot 1 koppie blatjang
1 pak skulpie noodles (gekook)

Metode
1. Braai die uie in ’n bietjie olie. Sodra dit begin verkleur, gooi wortels by en braai saam.
2. Gooi tamatiesop by en kook ’n rukkie saam met wortels en uie.
3. Gooi al die ander bestanddele by en roer deur (hoender en pasta ook)
4. Gooi in bak. Strooi kaas bo-oor en bak by 180C tot kaas gesmelt en ’n bietjie verbruin het.
* As jy van die dis vries, moenie kaas oorgooi nie.
*As jy voel die dis is n bietjie droog, gooi van jou hoenderekstrak oor die dis voor jy kaas oorgooi en warm maak

*

 SPAANSE HOENDER
1 Pakkie Dik Uiesop poeier
500 ml water
50 ml mayonnaise
50 ml blatjang
50 ml tamatiesous
15 ml gekapte pietersielie
Aromat en peper na smaak

Meng al die bestanddele, gooi sous oor hoender stukke, sit deksel op en bak vir 2 ure. Loer af en toe indien sous droog lyk gooi net bietjie water by. Bak by 160 grade celsius. Haal later die deksel af en bak hoender mooi bruin.

Mosterd hoender

Mosterd hoender

MOSTERD HOENDER

½ Koppie koekmeelblom

2 Mediumgrootte uie, fyn gekap

2 Teelepels Aromat

1 Blokkie hoenderekstrak, fyngekrummel

1 Teelepel sout

400 ml Kookwater

5 ml Swartpeper

50 ml Matige soet mosterdsous (soos Cerebos)

8 na 10 Hoenderborsies of dye of boudjies

50 ml blatjang of heuning

3 Eetlepels sagte bruin suiker

3 t Maizena

Metode:

Sif meel, Aromat, sout en peper saam. Rol hoenderporsies daarin tot goed bedek. Braai porsies aan weerskante tot goed bruin in warm kookolie. Skep hoender in enkele laag in oondvaste skottel met deksel. Braai uie tot goudbruin in pan waarin hoender gebraai is. Los hoenderekstrak in kookwater op. Meng die mosterdsous, blatjang, suiker en maizena goed saam en meng dit met die hoenderaftreksel (hoenderblokkie en kookwater). Voeg dit by die gebraaide uie en laat die sous opkook. Skep die sous oor die hoenderporsies. Sit die deksel op en bak 90 tot 120 minute by 160ºC.
Bedien met rys, gebakte aartappel ‘n slaai of kapokaartappels en lekker soetpampoen

*

STROOP HOENDER

1-2 eetlepels olyfolie

6 been in / vel op hoenderborsies

Sout en peper na smaak

½ koppie hoender aftreksel

½  koppie stroop

1 volle eetlepel vars tiemieblare of roosmaryn (droog is ook geskik)

4 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny (ongeveer 2 teelepels)

2 eetlepels appelasyn of gewone asyn

2 eetlepels droe mosterd

Verhit die oond tot 200 C Spuit ‘n pan met spray en cook

In ‘n groot pan, verhit olie oor medium-hoë hitte.Smeer hoender met sout en peper. Braai hoender in pan aan beide kante tot mooi bruin. Verwyder hoender uit pan. Voeg hoenderafteksel, stroop, tiemie/roosmaryn  en knoffel by. Bring tot kookpunt, roer gereeld vir ‘n paar minute. Voeg asyn en mosterd by en kook vir nog ‘n minuut of so.

Plaas hoender in bak, gooi die sous oor hoender en bak vir 30 minute of tot die hoender gaar is.

*

GEBAKTE KNOFFEL EN BRUINSUIKER HOENDER

Bestanddele:

4 ontbeende hoenderborsies

4 knoffelhuisies, fyn

4 eetlepels bruinsuiker

3 eetlepels olyfolie

Metode:

Verhit die oond tot 240 C en liggies smeer ‘n oondbak.

In klein braai pan, soteer knoffel met die olie tot sag.

Verwyder van die hitte en roer in die  bruinsuiker.

Plaas hoenderborsies in ‘n voorbereide bak en bedek met die knoffel en bruinsuiker mengsel.

Voeg sout en peper na smaak.

Bak onbedek vir 15-30 minute.

*

SWEET & SOUR CHICKEN

Adapted from: Mels Kitchen Cafe

Chicken Breading:

3-5 chicken breast
salt and pepper
1 cup cornstarch (maizina)
2 eggs, beaten
1/3 cup canola oil

Rinse chicken, trim off fat or extras and then cut into 1 inch cubes. season with salt and pepper. Dip chicken into cornstarch and coat all the way and then into eggs. Heat oil in large skillet. Cook chicken until browned. Place in baking dish. 3 chicken breasts can be in a 9×9 but 5 chicken breasts fits better in a 9×13.

Sauce:
3/4 cups white sugar
4 Tablespoons ketchup

1/2 cup white vinegar

1 Tablespoon soy sauce
1 teaspoon garlic salt

Whisk until smooth. Then pour evenly over chicken. Turn chicken so the sauce gets on both sides and then put in the oven at 350 degrees for 15 minutes. turn chicken and then cook for 15 more minutes.

*

HOENDER SOENTJIES (PASTEI)

Bestanddele

4 koppie gaar hoender  in blokkies gesny
1 houertjie cream cheese, versag
4 eetl botter, saggemaak
1 teelepel sout
1/2 teelepel peper
1/4 koppie melk
1 eetlepel gerasperde ui
Puff pastry /skilferkorsdeeg
1 houer Heinz hoender sous, of enige sous wat jy verkies

Instruksies
Meng hoender, room kaas, botter, speserye, melk en uie in bak.
Rol deeg bietjie uit. Hier kan jy nou jou eie pakkies vorm soos keuse. Sny sirkels, maak reghoekige of langwerpiges, Jy kan selfs een groot pastei vorm.  Knyp die hoeke goed vas.

Smeer met bietjie eier, of mayonase.
Bak by 180 C  vir ongeveer 20/30 minute of tot gaar en goudbruin. Bedien met warm sous!

Verhit die hoendersous, giet oor pasteie en …Geniet dit!

BRAAI HOENDER IN BIER MARINADE: Deur: RADIO NAMAKWALAND)

BRAAI HOENDER IN BIER MARINADE:
Deur: RADIO NAMAKWALAND)

BRAAI HOENDER IN BIER MARINADE:

Deur: RADIO NAMAKWALAND)
Meng saam:
1 Blikkie bier
3 E bruin suiker
1 fyn knoffelhuisie
100 ml olyf olie
Sout en peper.
MAAK DAN SO:
Pak 10-12 rou hoenderstukke, gegeur, in glasbak, gooi marinade Bo-oor, maak toe met tinfoelie en plaas in yskas, oornag, of ten minste 4 ure.
Braai oor matige kole tot goudbruin en gaar.
Eet met slaai van jou keuse en stukke roosterbrood met konfyt.

*

 HONG KONG HOENDER

Deur: Maddi Mads

1.5 kg hoenderstukke
500 ml coke
15 ml sojasous
15 ml gouestroop
5 ml sout
Plaas hoenderstukke in ‘n swaarboomkastrol.
Meng res van besstandele en giet oor hoenderstukke.
Sit die dekdel op en stowe tot sag.
Verwyder deksel en braai hoenderstukke in sous tot glansendbruin.

*

ROQUEFORT-HOENDER

12 hoenderfilette
1 koppie room
4 basiliekruidblare, gekap
125 g Roquefortkaas, gerasper
sout en growwe swartpeper na smaak
olie om in te braai
1 eetlepel brandewyn

Verhit oond tot 1800C.
Rol filette in die meel en braai tot bruin en pak in bakskottel.
Meng res van die bestanddele en giet oor hoender.
Bedek met foelie en bak vir 40-60 minute tot hoender sag en gaar is.

 *

BUURVROU SE HOENDER GEREG:

8-12 hoenderdye

2 uie gekap
sout en peper na smaak
4 eetlepels tamatiesous
2 eetlepels blatjang
2 eetlepels worcestersous
1 eetlepel mosterd
2 eetlepels kerriepoeier
½ koppie warm water
1 groenrissie, gesnipper
1 eetlepel margarien

Stel oond op 190C. Rangskik hoender en uie in ‘n oondskottel met ‘n deksel. Meng geurmiddels en skep oor hoender. Plaas klontjies margarien op vleis en bak vir 2 ure

*

EENBAK HOENDERGEREG

Rencia Odendaal Pretorius

Gebruik casserole met deksel

Gooi 1 kop rou rys onder in die casserole

Gooi so 2 kop gemengde groente – die veggie catering mix bo-oor

Pak jou hoender / skaaptjops stukke bo-op

Sny dik skywe uie bo-op

Maak pakkie sampioen  of wit uie sop aan met 500ml water en gooi oor alles

Sout en peper na smaak Ek sit parykeer halwe aartappels saam bo op by die hoender, asook skorsies of butternutskywe

Bak vir  2 ure by 150/160 grade C (met deksel op)

Sit net onder grill om velletjie lekker crispy te maak en goudbruin

*

 ITALIAANSE HOENDER

Braai eers stukke liggies albei kante, pak onder in bak en geur na smaak. Gooi dan 1 blik tamatie en uie smoor bo-oor en strooi bo-oor dit 1 pakkie italiaanse slaaisous poeier. Bak tot gaar! Heerlik sappig!

*

 HOENDER KASSEROL:

Maak 1 hoender gaar, ontbeen en sny in stukkies. VOEG BY: 2 kop gaar rys; 1 kop mayonnaise; 1 groot pak plain chips of sout en asyn chips; 1 blik hoendersop; 1 blikke sampioenstukkeis; 1 blik pynappelstukke met sous; 1 middelslag ui, gekap en soteer; half green pepper, gekap en gesoteer. Meng alles saam en skep in bak en bak by 180 grade C tot deur warm en effens bruin bo-op.  Jy kan self bietjie bevrore ertjies by sit as jy wil. Dit maak ‘n groot bak vol.

*

MACARONI HOENDER

1 kg Hoender

Sout & Peper

1 Pakkie Sampioensop

250 ml macaroni

125 g botter of margarien

2 uie in blokkies gesny

4 tamaties in blokkies gesny

125 ml ongesifte koekmeelblom

200 ml Water

250 ml Kaas

Geur hoender met sout & peper en kook tot sag.

Ontbeen en sny vleis in stukke.

Vul hoendersous met water aan tot 625 ml.

Voeg soppoeier by, roer gereeld & kook tot dik.

Kook macaronistukkies in soutwater to sag & dreineer.

Smelt botter in ‘n groot kastrol.

Voeg uie by & braai tot sag. Voeg tamaties by & kook ‘n rukkie.

Meng meel met water en roer by tamatiesous.

Voeg sop by & roer tot gemeng. Voeg hoender, kaas & macaroni by, meng en laat ‘n paar minute prut.

Sit warm voor met rys en ‘n slaai. (6 – 8 persone

*

 PASTORIEHOENDER

Bestandele vir swart oondpan.

14 hoenderstukke

2 blikkies tamatie en uie smoor

1 ½ kop rou rys

2 pakkies  sampioen of hoendersop

Gooi rou rys onder in bak. Pak hoenderstukke bo-op, geur effens met sout en peper, maar pasop vir te sout. Gooi tamatie en uie smoor bo-oor. Strooi soppoeier bo-oor. Gooi 6kp kookwater bo-oor. Maak toe met foelie en bak by 180°C vir ongeveer 2-2 ½ ure. Toets om seker te maak dit kook nie droog en brand aan nie.

Deur: *Kospotte van Pearly Beach*

*

 FEESTELIKE HOENDER (6 Porsies)

8 hoenderporsies skoongemaak

Sout en peper

125ml koekmeel

5ml kerriepoeier

2ml borrie

1 ui fyngekap

30 ml olie

125ml blatjang

125ml tamatiesous

30ml worcestersous

150ml water

OPSIONEEL: fyn naeltjies, knoffel, pietersielie 125ml sultanas

Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ‘n groot oondbak met kleefwerende middel.

Meng die volgende saam in ‘plastieksak: koekmeel, Kerrie, borrie, sout en peper en die opsionele speserye indien verkies. Plaas die hoenderporsies een, een in die sakkie en skud goed totdat die hoender goed bedek is. Braai in verhitte olie tot bruin. Rangskik in oondbak. Gooi die res van die meelmengsel in die sakkie oor die hoender.

Soteer die uie in die olie tot sag. Voeg die res van die bestandele by en meng goed. Giet oor die hoender, bedek met tinfoelie en bak vir 1 uur of tot sag en gaar. Verwyder die foelie en bak ‘n verder 10min tot lekker bruin. Bedien met rys en slaai

*

GEVULDE ROMERIGE HOENDERBORSIES

VULSEL

1 ui, fyn gekap

Sap en skil van een suurlemoen

Vars kruie soos basielieblare, pietersielie of grasuie

200 g feta kaas

Sout en varsgemaalde swartpeper

HOENDER

8 groot hoenderborsies met vel

30 ml (2 tbsp) olyfolie

SOUS

250 ml (1 k) gewone jogurt

250 ml (1 k) mayonnaise

Zest van 2 suurlemoene

80 ml vars suurlemoensap

4 knoffelhuisies, fyn gekap

30 ml (2 e) pietersielie, fyn gekap

VULSEL

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n groot oondbak.

Meng die bestanddele vir die vulsel.

HOENDER

Lig die vel op en druk van die vulsel onder die vel, steek die vel vas met ‘n tandestokkie.

Geur die hoender met sout en peper.

SOUS

Meng die bestanddele vir die sous en hou eenkant.

Verf die hoender met die olyfolie en rangskik dit in die voorbereide oondbak.

Skep die sous bo-oor, bedek met foelie en bak vir sowat 30 minute, verwyder die foelie en bak vir nog sowat 15 minute of tot gaar en goudbruin.

Skep die hoenderborsies uit en kook die sous tot verdik.

Sit voor saam met rys en slaai.

*

HOENDER EN TAMATIE RYSKASSEROL (10 porsies)

20ml olyfolie

10 ontvelde hoenderdye

1 groot ui gekap

5ml gekapte knoffel

3 selderystingels gekap

1 groot groen soetrissie, ontpit en in repiesgesny

250ml rou rys

5ml karwysaad (opsioneel)

10ml paprika

10ml sout

Swartpeper na smaak

115g blikkie tamatiepasta

750ml kookwater

50ml gekapte pietersielie

Verhit die olie en braai die hoenderdye daarin tot bruin. Verwyder die hoenderdye en voeg die ui, knoffel, seldery en soetrissie by die olie in die pan. Roerbraai tot die ui deurskynend is. Voeg die rys, geurmiddels, tamatiepasta en kookwater by die gebraaide uiemengsel en prut 5min lank. Skep die rysmengsel in ‘n oondskottel en rangskik die hoenderdye bo-op, bedek met foelie of ‘n deksel. Bak vir 30min by 180°C, verwyder die deksel/foelie, verlaag die oond temperatuur tot 160°C en bak nog ‘n uur lank. Sit warm voor met ‘n groen slaai

*

HOENDER IN SUURLEMOENSOUS 

Sout en swartpeper

4 hoenderstukke (ontvel en ontbeen)

80 g botter

5 ml sjerrie

5 ml gerasperde suurlemoenskil

20 ml suurlemoensap

150 ml room

80 g gerasperde kaas

4 repe rooi soetrissie

pietersielie

5 ml suurlemoenskil

Vryf sout en peper in hoenderborsies. Braai in 60 g botter tot

bruin. Skep vleis in vuurvaste oondskottel en hou warm. Voeg

suurlemoenskil, -sap en sjerrie by braaibotter. Verwyder van hitte en

laat afkoel. Roer room stadig by en laat geleidelik warm word – dit

mag nie kook nie. Giet sous oor hoender. Strooi kaas oor, plaas

stukkies botter op en laat onder die rooster goudbruin kleur. Garneer

met rissie, pietersielie en suurlemoenskil. Sit warm voor saam met  rys

*

OROS HOENDER

1 koppie Oros stroop (onverdun)

8 hoenderporsies

1/2 ui, fyngesny

6 eetlepels blatjang

6 eetlepels mayonnaise

Kook die hoender in hoenderaftreksel tot halfgaar. Pak in oondvaste bak. Meng res van die bestanddele goed saam en giet oor hoender. Bak 1 uur onbedek

*

COKE HOENDER

8 hoenderborsies, ontbeen en vel verwyder
2 eetlepels botter of olie
2 koppies coke (nie die light soort)
1 eetlepel gouestroop
1 eetlepel sojasous
1/2 teelepel sou1/2 teelepel witpeper

Braai borsies liggies in botter tot goudbruin. Voeg coke by en kook 20 – 30 minute tot hoender gaar en sag is
Voeg res van bestanddele by en kook sonder deksel tot die sous bruin en taai is.

*

 CHIPPIE CHICK COKE HOENDER

1 kg hoenderstukke

1 groot pak aartappelskyfies

2 liter Coke

Gooi hoenderstukke in pot en bedek met Coke.

Sit op plaat totdat die Coke begin kook.

Maal skyfies fyn en gooi in pot saam met ander liter Coke.

Los op plaat vir 15 tot 20 minute.

Dit kan ook buite in ‘n potjie gemaak word.

*

VRA NA MEER HOENDER MET VERSKIL  (SIMBA TJIPS)

550g hoender borsies of dytjies

groot pak simba tjips (roast beef, texan chillie of chutney)

Bestanddele vir witsous

Metode:

Kook die hoender in n kastrol met kookwater wat die hoenderstukke bedek.

Stel oond op 180 grade C

Gooi water af.

Ontvel en ontbeen.

Breek in fyn stukkies op.

Maak wit sous.

Maak die simba tjips fyn.

Bespuit vuurvaste bak met kossproei.

Sit laag witsous onder in bak.

Dan hoender stukke.

Dan simba tjips.

Maak meer as een laag as nodig.

Eindig altyd met witsous en simba tjips.

Bak in oond vir 1 uur/in mikrogolfoond op 100% krag vir ongeveer 10 – 15 minute.

Bedien warm voor.

hoender noedel gereg met simba skyfies

hoender noedel gereg met simba skyfies

 AARTAPPELSKYFIE HOENDER (SIMBA TJIPS)

1 hoender, in porsies gesny

sout en peper;

45 ml botter, gesmelt

2 knoffelhuisies, gekneus

1 klein pakkie kaas-en-uieskyfies

Metode:

Plaas hoenderporsies met vel na bo in

gesmeerde oondskottel. Geur. Voeg die

fyn knoffel by die gesmelte botter en

bedrup hoender daarmee. Maak die

aartappelskyfies fyn en sprinkel oor

die hoender. Bak in voorverhitte oond

teen 200° vir ‘n uur.

*

EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG (SIMBA TJIPS)

1 hoender – gaar gekook in 2 blokkies hoender ekstrak en geflok

1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)

100 ml mayonaise

1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak

50ml gekapte vars pietersielie

2 eiers geklits

Meng hoender, noedels mayonaise en helfde van die chips. Skep in oondskottel.

Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor

Gooi nou die ander helfde van die chips bo-oor

Bak 20/25 min by 190grade tot gaar en goudbruin.

*

HOENDER GEREG met kaaskrulle

1 kg Hoender

1 Pak groot kaaskrulle

2 koppies Melk

6 Eetlepels koekmeel

3 Teelepels Margarien/botter

1 Pak Macaroni

Knippie sout en vars gemaalde swartpeper vir smaak

Metode:

Verhit oond op 180°C. Oondvaste bak.

Maak die hoender gaar. Laat afkoel en ontbeen. Hou een kant.

Maak witsous van die melk, botter en koekmeel. Voeg sout en swartpeper by na smaak.Kook die Macaroni tot gaar.

Skep in lae van macaronni en dan hoender en krummel die kaaskrulle bo-oor die hoender. Laaste die witsous en gaan aan met lae. Heel laaste die witsous waar daar weer kaaskrulle op gekrummel word.

Bak in oond tot kaaskrulle half gesmelt het. Bedien op met lekker Griekse slaai.

*

HOENDERSTUKKE IN DIE OOND (Bedien warm of koud)

Rencia Odendaal Pretorius

Mayonaise hoender

Ek maak my hoenderstukke as volg: Pak hoender in platbak. Maak ‘n  sous met die volgende – mayonaise, hoenderspeserye, sout, peper, roosmaryn, bietjie knoffel, droe pietersielie, bietjie bladjang of appelkooskonfyt en mosterd en so ‘n bietjie suurlemoensap – Meng die dik pasta lekker deurmekaar en skep,smeer bo-oor hoender. moenie water bygooi nie, die hoender het genoeg water in. Sny so ‘n paar skywe uie bo-oor. Sit foil oor en bak vir so  uur en ‘n half na 2 ure by 160grade C. Kyk na rukkie of jy nie die oond moet hoer stel nie. Dit hang af van die dikte van jou hoender en die hoeveelheid.-

*

MAYONNAISE HOENDER

Bestanddele Sous
1 blik (410 g) room van Sampioensop
125 ml – 250 ml Mayonnaise
5 ml Medium Kerriepoeier
Sap van ½ Suurlemoen

Bestanddele Hoender
1 Gaar Hoender, ontbeen en in stukkies gesny
1 kg Brokkoli of 300 g Sampioene

Metode
Meng al die bestanddele vir die sous baie goed. Meng stukkies hoender en brokkoli/sampioene. (Pasop om nie te veel te meng). Voeg sous mengsel by en meng effens. Strooi vars wit broodkrummels bo-oor en dan 250 g gerasperde cheddarkaas of parmesaan kaas. Bak in oond van 180 °C vir ¾ uur.

 *

BLADJANG HOENDER

Bestanddele
1 Hoender in stukke
250 ml Olie

Bestanddele – Sous
1 Gekapte Ui
1 k Tamatiesous
2 e Worcestersous
1 ¾ k Meelblom
250 ml Blatjang
40 ml Asyn
140 ml Water.

Metode
Plaas hoender, meelblom, sout en peper in sakkie en skud goed. Verhit olie in diep pan. Braai hoender tot bruin en sag. Verwyder hoender uit pan. Gooi olie uit pan totdat daar slegs 25 ml oor is. Voeg uie by olie en braai uie tot bruin. Voeg al die ander bestanddele by. Voeg hoender by. Sit deksel op pan en prut tot sous dik is.

*

GEBAKTE MAYONNAISE HOENDER

1 Hoender

1 Pakkie Bruinuiesop-poeier
250ml Mayonnaise
250ml Water
125ml Appelkooskonfyt/chutney
Verhit oond tot 180¤C. Sny hoender in stukke en rol in uiesoppoeier. Plaas stukke in oondvaste bak. Meng mayonnaise, water en konfyt. Geur met sout & peper na smaak en skep die mengsel oor hoenderstukke. Bak ongeveer 90minute tot gaar en goubruin

*

KARRINGMELK HOENDER

Madri Cordier
500ml Karringmelk
2kg Hoenderstukke
250ml Koue melk
Half pakkie wituiesop
Half pakkie hoenderroomsop
Half pakkie sampioensop
250 Gesnyde sampioene
1 Gekapte ui
Sout en gemaalde swartpeper
10ml Country garlic & herb spice (Robertsons) of mixed herbs
Sit hoender in oondbak en gooi sout en peper na smaak. Gooi die sampioene en uie tussen die hoenderstukke. Meng karringmelk, koue melk en soppe tot romerig. Gooi oor die hoenderstukke en bak in die oond @ 180 grade C vir 40-50 minute of tot gaar. Draai 1 keer om gedurende baktyd. As die sous gedurende baktyd te dik geraak het, roer dan half koppie melk in en meng goed. Bak dan verder.

*

PYNAPPEL HOENDER
(4 porsies)

1 ui, gehalveer en in skyfies gesny
25 ml (2 e) sonneblom- of olyfolie
1 kg hoenderporsies
50 ml (4e) blatjang
250 ml (1k) rou rys
750 ml (3 k) sterk tee
1 pakkie sampioensoppoeier
1 x 440 g-blik pynappelstukke
1 elk rooi en groen soetrissie, pitte verwyder en in driehoeke gesny

Braai ui en hoenderporsies in warm olie tot verbruin. Gooi blatjang en rys by en meng deur.
Meng tee met soppoeier en gooi oor hoender.
Dreineer pynappelstukke en gooi sap by. Prut vir 30 min. Roer af en toe.
Gooi pynappelstukke en soetrissie by.
Laat prut vir 10 min. tot net sag en geur na smaak met sout en swartpeper. ‘n Vullende maaltyd in een gereg.

*

HOENDER MET PYNAPPEL

Bestanddele:

1 teelepel gedroogde roosmaryn, fyn gedruk

Sout en peper

1 heel hoender, verdeel in stukke

10 tot 12 uie, dun gesny

1 k pynappelsap

2 teelepels fyn gekapte geblikte gemmer

4 snye pynappels, gehalveer

Metode:

Meng die sout, peper en roosmaryn. Vryf die hoenderstukke goed.

Sit die hoender in ‘n oondbak en besprinkel met die uie.

Meng die pynappel sap en gemmer en gooi oor hoender.

Bak, onbedek teen 180 C vir omtrent 45 min, of tot die hoender gaar is

Smeer nou en dan met die sappe terwyl dit bak.

Omtrent so 10 tot 15 minute voordat die hoender klaar is rangskik die pynappel skrywe bo-op die hoender stukke.

*

Uit Kos is op die tafel

HOENDER MET HEUNING EN PATATS

Lewer 4 porsies – aangepas vir twee mense

1 groot uie, gehalveer en in wiggies gesny

2 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny
300 g patats met die skil, in groot blokkies gesny
1,5 kg heel hoender of 8 hoenderdye
60 ml (4 e) heuning
45 ml (3 e) suurlemoensap
30 ml (2 e)balsamiese asyn
6 dun repies suurlemoenskil
100 ml hoenderaftreksel
50 ml droë witwyn
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
6 takkies elk vars roosmaryn en tiemi

Voorverhit oond tot 180 °C. Plaas ui, knoffel en patats in ’n groot oondpan en plaas die hoender in die middel, tussen die groente

Meng res van die bestanddele, behalwe roosmaryn en tiemie. Geur hoender en skink vloeistof oor. Sit die takkies kruie oral tussen die hoender en groente en bedek die pan met foelie

Rooster hoender 30 minute en verwyder die foelie. Skep van die sous bo-oor die hoender en groente en rooster nog 30 minute (sonder die foelie) of tot die hoender goudbruin en gaar is. (Porsies hoender sal binne 40 minute gaar wees.

Sit met koeskoes of vars brood en ’n slaai voor, indien verkies. Die patats kan ook as stysel dien en dus net so voorgesit word

Ontbeen die hoender terwyl dit nog louwarm/kamertemperatuur is, want dan kom die vleis makliker van die been af. Laat heeltemal afkoel en vries vir ’n volgende ete. Maak seker dat die stukkies vleis nie te fyn is nie, want dan droog dit maklik uit. Skink enige orige sous en groente oor die hoendervleis en vries saam met die vleis. Die vleis kan dan in ’n pasta of enige ander gereg gebruik word. Ontdooi die hoender oornag in die yskas. Bv Soteer ui, knoffel en soetrissie in ’n pan, voeg gaar rys by tot deurwarm en roer gaar hoender en bevrore ertjies by tot warm. Geur na smaak en voeg vars kruie na smaak by

Kook pasta van jou keuse en voeg ’n handvol broccoli-blommetjies of groenboontjies by die pasta vir die laaste minuut of twee van die kooktyd. Dreineer alles saam en plaas terug in die warm pot. Skink ’n bietjie olyfolie oor en roer enige orige sous, groente en dan die hoendervleis daarby. Verhit oor lae hitte en roer gereeld tot deurwarm. Roer ’n handvol olywe by, indien verkies

Kook penne of macaroni soos hierbo en roer die hoender en enige sous daarby. Voeg ’n halwe blikkie suikermielies by en rasper ’n bietjie kaas bo-oor. Die suikermielies bind die pasta saam en dis ’n lekker manier om ’n vinnige macaroni-en-kaas-idee te maak, sonder dat dit melk en meel in het en jy het nie nodig om dit in die oond te bak nie.

*

HOENDER NUGGETS

Lewer 4 – 6 porsies

Maak dié groot kindergunsteling self by die huis. Dis maklik en gesonder as die wegneem-weergawe. Sit die hoender op verskillende kreatiewe maniere voor.

100 g (180 ml) koekmeel
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
15 ml cayenne-peper, paprika, cajun speserye of gedroogde kruie van jou keuse, bv. gemengde kruie, tiemie of origanum
40-60 ml olyfolie
500-750 g hoenderborsfilette, in happie-grootte blokkies gesny

Meng die meel, sout, peper en geurmiddels van jou keuse in ’n vlak mengbak of groot bord. Maak seker dat die mengsel genoeg sout en peper bevat.

Verhit 10-15 ml van die olie oor matige hitte in ’n braaipan. Plaas intussen ’n kwart van die hoenderblokkies in die meelmengsel en skud die houer of rol die blokkies tot dit heeltemal met meel bedek is. Skud oortollige meel af en plaas in die warm olie.

Braai hoender alkante tot goudbruin en net gaar, maar steeds sappig. Dit behoort nie meer as 5-10 minute te neem nie. Skep uit en hou eenkant warm.

Herhaal met orige hoender en meel in sarsies en voeg nog olie by, soos nodig. (Moenie die hoender te lank in die meel laat lê nie.) Geur hoender na smaak, indien nodig.

Sit hoender op kapokaartappels, pasta of met geroosterde aartappelwiggies en slaai voor. Sit die hoender vir kinders met ’n soetsuur-, soet brandrissie- of tamatiesous voor. Vir die grootmense kan gekaramelliseerde uie (sien bladsy xx slaai) lekker wees.

Laat die kinders hul eie kebabs met die hoenderblokkies, kersietamaties, stukkies komkommer of ander slaaibestanddele op kebab- of sosatiestokkies ryg. Selfs tandestokkies kan lekker werk.

*

 BLADJANG ROOIBOSHOENDER

Resep van Cooking from the heart
Lewer 4 – 6 porsies

6-8 hoenderporsies, bv boudjies en dytjies

1 groot ui, gehalveer en in skyfies gesny
1 k (250 ml) ongegeurde laevet-jogurt
½ k (125 ml) goeie gehalte blatjang (lees die etiket)
½ k (125 ml) Rooibostee of lemoensap
½ t (2,5 ml) sout
2 t (10 ml) mielieblom, met ‘n bietjie water tot ‘n pasta gemeng

Voorverhit oond tot 180 °C.

Trek die vel van die hoenderporsies en sny enige oortollige vet af. Omdat die sous oor die hoender geskink word, sal dit nie uitdroog nie, maar wel heelwat gesonder wees.

Plaas hoender en ui in ‘n oondbak. Meng jogurt, blatjang, tee of sap, sout en mielieblompasta en skink oor die hoender.

Bak vir 30-45 minute of tot goudbruin en gaar, maar nie droog nie.

Sit met bruinrys of kapokaartappels en groente voor.

Wenk
Varktjops, met die oortollige vet verwyder, kan op dieselfde manier gaargemaak word. Voeg blokkies botterskorsie by die vleis en bak so saam in die sous.

*

HOENDER EN TAMATIE – OONDGEBAK

Voorverhit oond tot 180 °C. Plaas die volgende bestanddele saam in ’n groot oondbak. 2 Uie, in wiggies gesny; 1 rooi soetrissie, ontpit en in repe gesny; 250 g sampioene, in kwarte gesny en 8 hoender porsies, bv. dye en boudjies.Giet 2 x 410 g-blikke gekapte tamaties, 60 ml (¼ k) droë witwyn of hoenderaftreksel, 30 ml (2 e) balsamiese asyn oor. Voeg ’n handvol gekapte vars roosmaryn en tiemieblare en 10 swart olywe, ontpit en gehalveer by. Skep van die sous oor die hoender om dit daarmee te bedek. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper en bak 45-50 minute of tot hoender gaar en goudbruin is. Sit met koeskoes of kapokaartappels voor.

*

LEMOENHOENDER

Lewer 6 – 8 porsies

Hierdie eenpotgereg is sommer ’n manier om krag te bespaar en lemoene is nog maklik beskikbaar en in seisoen.

8 hoenderdytjies en –boudjies, oortollige vet en vel verwyder
10 ml (2 t) olyf- of avokado-olie, indien nodig
1 groot ui, in dik skywe gesny
125 ml (½ k) rooibostee
125 ml (½ k) lemoensap
4 lemoene, geskil en gesegmenteer en witgedeeltes verwyder
15 ml (1 e) sagte bruinsuiker
6 takkies vars tiemie of roosmaryn
1 lourierblaar
2 middeslag patats, met die skil in blokkies gesny
30 ml (2 e) mielieblom, met water gemeng om ’n pasta te vorm
sout en peper

Verhit ’n groot braaipan en braai hoender alkante tot goudbruin, maar nie gaar nie. Skep uit en hou eenkant. Gebruik ’n bietjie olie as dit nodig is.

Braai ui in dieselfde pan vir ’n paar minute en roer orige bestanddele, behalwe die hoender, patat en mielieblom, by. Bring tot kookpunt oor matige hitte.

Verlaag hitte en voeg patats en hoender by. Geur liggies na smaak en prut met ’n deksel vir 45 minute of tot hoender gaar, maar nie droog is nie.

Roer mielieblompasta by en laat ’n paar minute prut om die sous te verdik. Geur na smaak en sit warm voor met ’n klein porsie bruinrys.

*

PROVENSAALSE HOENDER

Uit Kos is op die tafel
Lewer 4 – 6 porsies

15 ml (1 e) olyfolie
6-8 hoenderdye
125 g sampioene, in skyfies gesny
1 groot rooi soetrissie, ontpit en in repies gesny
2 x 410 g-blikke gekapte tamaties
15 ml (1 e) gedroogde tiemie
10 ml (2 t) balsamiese asyn
15 ml (1 e) sagte bruinsuiker
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
12 swart olywe, ontpit en in kwarte gesny (opsioneel)
30 ml (2 e) gekapte vars Italiaanse pietersielie

Verhit die olie oor matige hitte in ’n groot kastrol en braai die hoender met die velkant eerste, aan beide kante, tot goudbruin. Skep hoender uit en hou eenkant.

Plaas sampioene en soetrissie in die kastrol en soteer ’n paar minute. Voeg tamaties, tiemie, asyn en bruinsuiker by en roer deur. Skep die hoender terug, roer deur om dit met sous te bedek en geur na smaak.

Verlaag hitte, sit die deksel op en prut die hoender 40-45 minute of tot net gaar.

Roer olywe by en geur na smaak. Sit op koeskoes, polenta of pastarys voor en garneer met pietersielie. Of geniet dit saam met vars brood om die sous mee op te vee.

Berei dubbel die resep en vries helfte vir ’n volgende ete.

*

KERRIEBOTTER HOENDER:

8 hoenderdye, vel verwyder

sap van een suurlemoen

15ml masala

sout en vars gemaalde swartpeper

60ml olie

2 uie, in dun skywe gesny

1 soetrissie, in repies gesny

10 ml komynsaad

10ml vinkel

4 kardemomsade

2 stukke pypkaneel

4 vet knoffelhuisies, gekneus

1×2.5cm vars gemmer, fyngekap

5ml borrie

2 suurlemoen- of lourierblare

2 groen brandrissies, fyngekap

6-8 vars, ryp tamaties

45ml tamatiepasta

50ml botter

vars koljander vir garnering

Vryf suurlemoensap oor hoenderdye. Sprinkel masala oor hoenderdye en geur na smaak met sout en vars gemaalde swartpeper. Bedek en laat eenkant staan vir 30 minute. Verhit helfte van olie in ‘n kastrol en braai hoenderdye aan albei kante tot liggies verbruin. Verwyder hoender en hou eenkant. Verhit oorblywende olie in dieselfde kastrol en soteer ui en soetrissies oorl lae hitte tot baie sag. Voeg komynsaad, vinkel, kardemomsade, pypkaneel, knoffel, gemmer, borrie, suurlemoen blare en brandrissies by. Roerbraai om geure te laat ontwikkel. Sny ‘n kruisie deur die skil van die tamaties grof. Voeg by uie en soetrissies in kastrol saam met tamatiepasta. Bring tot kookpunt en prut vir 10 minute. Plaas hoender terug in kastrol en bring tot kookpunt. Prut vir sowat 35- 40 minute stadig totdat vleis sag is en amper van die bene wil afval. Roer botter by.  Proe en geur. Indien nodig kan ‘n bietjie bruinsuiker bygevoeg word. Sprinkel koljanderblare oor net voordat gereg voorgesit word.

*

KERRIE HOENDER

Uit wenresepte 2000

1 heel hoender
sout
1 ui,in ringe gesny
5 ml olie

kerriemengsel

12,5 ml – 2 ½ t matige kerriepoeier
5 ml borrie
12,5 ml vrugte blatjang
12,5 ml olie
10 ml suiker
5 ml asyn
Voorverhit oond tot 180°C.
Maak die hoender goed skoon en sny dit deur die borsbeen oop. Vryf goed met sout van buite en binne in. Plaas die hoender in `n baksakkie en vlek dit oop sodat dit plat lê.
Soteer die ui in verhitte olie tot glansig en skep in die holte van die hoender.
Meng al die bestanddele vir die kerriemengsel en giet dit in die baksakkie. Skud die baksakkie goed totdat die hoender heeltemal met die kerriemengsel bedek is. Plaas die hoender in `n vlakkerige oondskottel en bak 1 – 1 ½ uur lank of totdat dit gaar is. Daar moet nog `n bietjie sous in die sakkie oor wees. Draai die hoender die laaste kwartier om.
Sit voor met gemengde groente, Kerrie-aartappels en blatjang.
Genoeg vir 4-6 mense

*

GEURIGE KERRIEHOENDER

 1 ui gekap

Olie

10 ml kerriepoeier

2 tamaties, ontvel en in blokkies gesny

250ml rooiwyn

80ml blatjang

25ml appelkooskonfyt

1 kg fyn gaar hoender

250ml mayonnaise

50ml room

soteer ui in ‘n klein bietjie olie tot sag. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai og sowat 1 minuut. Voeg die tamatie, rooiwyn, blatjang en appelkooskonfyt by en laat sowat 10 minute prut. Meng dan die fyn hoender asook die maynnase en room by en verhit tot lekker warm. Skep in klaar bereide fillobakkies, indien verkies of dien op oor rys. Kan ook koud as slaai bedien word. Genoeg vir 4 – 6 mense

*

CHICKEN A LA KING

Gaargekookte hoender (ontbeen en gevlok) Oorskiet hoender hier werk baie lekker

1 Groenpeper (ontpit) in blokkies

1 Groot gekapte ui

6 Snytjies ham in blokkies (opsioneel)

Olie

2 Eetlepels margarien

250g sampioene gesny

1 Pakkie sampioensop

1 Pakkie hoenderroom sop

1 Pakkie wituie sop

500ml koue water

500ml koue melk

10ml mixed herbs

Sout en gemaalde swartpeper

500g spaghetti (gaargemaak)

6 Snye witbrood (sonder korsies) in blokkies

Braai uie, groenpeper en hamblokkies en sampioene in olie en margarien. Voeg speserye by. Gooi hoender by en roer vir 2 minute. Meng melk en koue water en soppe en gooi by. Bring tot kookpunt. Roer broodblokkies en spaghetti by en prut vir 5 minute. Bedien op rys.

*

KORSLOSE HOENDERPASTEI

Bestanddele
1 Hoender
2 Eiers
¼ k Mayonnaise
1 k Gekookte rys
2 Pakkies Simba chips
1 Steel Selery
1 blikke room sampioene sop
1 Pakkie sampioen sop
1 Ui
1 k Ertjies
Hoender aftreksel
Melk en water
Gerasperde Kaas

Metode
Kook hoender en sny in fyn blokkies. Kook eiers hard en sny fyn. Druk Simba chips fyn. Maak sop aan soos op aanwysings maar vervang die helfte van die vloeistof met Melk en die ander helfte met water. Kap ui fyn en braai in botter. Meng alles behalwe aftreksel saam. Plaas in oondbak. Indien te droog voeg hoenderaftreksel by. Strooi gerasperde kaas oor. Baak in oond teen 200º C vir 10 tot 15 minute.

Wenk
Hierdie gereg kan net so gevries word voordat dit gebak word. Ontdooi en bak dan soos bo beskryf. Hierdie mengsel is genoeg vir twee groterige pasteie of 3 kleinerige pasteie.

*

SUPER MAKLIKE HOENDERPASTEI A LA RENS

1 groot hoender of 2 kg hoender – afgekook en gevlok

250gr gram spek (opsioneel)

Hoenderspeserye, fyn naeltjies,garlic,  peper en sout

1 of 2 uie gekap
250 g sampioene in skyfies gesny
1 pakkie hoender roomsoppoeier

1 pakkie Chicken a la king – cook in sauce

1 koppie veggie mix

1 liter melk – meng die pakkie chicken a la king en hoendersop daarin
1 pak voorbereide blaardeeg (puff pastry)

Braai uie, spek en sampioene. Gooi die groente in en roerbraai vir so ‘n rukkie. Voeg die melk met sopmengsels in en laat net effe kook – voeg die speserye by en hoender. Kook tot dik. Voeg nog melk by indien jy sien die mengsel is te dik of bietjie meel as jy sien mengsel is te dun.

Plaas in gesmeerde bak, sit puff pastry oor en bak in vooraf verhitte oond vir 30 na 45 min by 180 grade C of tot ligbruin.

*

HOENDERPASTEI

‎(4 – 6 porsies)

1 gaar hoender
15 ml botter
3 knoffelhuisies, fyngekap
6 klein preie, in dik skywe gesny/leeks
250 ml room
4 klein Mediterreense aartappels, gaar en skil verwyder
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
1 vel blaardeeg (400 g)
1 eier, geklits
Verwyder die vleis van die hoender. Besluit self of jy die vel wil bysit – ek dink persoonlik dis die lekkerste deel van die hoender. Smelt die botter in ’n pan en braai die knoffel en preie saam tot sag. Meng die hoender, preie en aartappels in ’n groot mengbak. Gooi die room oor en meng goed. Geur met sout en swartpeper. Plaas die blaardeeg op ’n gesmeerde bakplaat. Smeer die deeg met die geklitste eier. Stapel nou die hoendermengsel in die middel van die blaardeeg op. Los so ’n 4 cm-rand oop. Vou die 4 cm-deeg om die hoender. Smeer die rand van die deeg met nog geklitste eier. Plaas in ’n warm oond teen 200 °C vir ongeveer 45 minute sodat die deeg gaar en mooi bruin word. Garneer met vars roosmaryn.

*

 HOENDERPASTEI

‎80 ml olyfolie
4 knoffelhuisies, fyngekap
2 uie, grofgekap
2 suurlemoene, gehalveer
2 heel hoenders
500 ml groenteaftreksel
45 ml botter
250 g wit sampioene
250 ml room
sout en varsgemaalde swartpeper
500 g blaardeeg
1 eier
Verhit oond tot 200 °C. Verhit olie in ‘n groot pot. Voeg knoffel en uie by en braai liggies tot goudbruin. Druk halwe suurlemoene in hoenders en braai in warm pot tot goudbruin. Gooi hoenderaftreksel by. Maak pot toe en plaas in warm oond. Bak vir 2 uur of tot die vleis van die been loskom. Vlok vleis van karkasse af en hou eenkant. Gooi alle pansappe by gevlokte hoender. Verhit botter in ‘n braaipan en braai sampioene tot goudbruin. Voeg hoender by en braai nog 5 minute. Gooi room oor en laat stadig prut tot mengsel dik en romerig is. Geur goed met sout en swartpeper. Gooi in ‘n oondvaste bak van 30 cm. Rol blaardeeg uit en sny sowat 2 cm groter as bak se rand. Plaas op hoender. Sny woorde of vorms uit orige deeg en sit bo-op. Verf met eier en bak vir 25 – 30 minute of tot goudbruin. Sit warm voor.

*

HOENDERPASTEI MET RYS

1kg hoender

250ml mayonnaise

250ml gaar rys

2 hardgekoote eiers

1 pakkie roomsampioensop

1 pakkie hoenderroomsop

1 pak tamatie chips of beacon kips of skilferkorsdeeg

Kook die hoender sag in baie water, moenie sout opgooi nie. Maak fyn en haal al die beentjies uit. Maak die soppoeier aan met die sous van die hoender en voeg water by totdat dit 850ml is. Meng alles saam en gooi in oond bak. Bak vir 30min by 180°C. Maak chips of beacon kips fyn, gooi bo-oor en bak weer vir 30min- of sit skilferkors bo-op en bak tot gaar en goudbruin.

Bedien saam met lekker vars slaai

*

HOENDER LASAGNE

Bestandele:
12 velle lasagne
1 EL olie
1 Ui in skywe gesny
100 g Sampioene, in skywe gesny
2 TL gemaalde gemmer
1 TL nutmeg
3 bay leaves
Sout en peper na smaak
3 gaar hoender porsies, (ontbeen en vel, en in stukkies gesny)
1 EL mazina
450 ml melk
150 ml Griekse Jogurt
100 g gerasperde Cheddar

1. Kook die lasagne in sout water tot sag. (‘n Bietjie olie in die water sal keer dat die velle aan mekaar vasplak).
2. Maak die olie warm in ‘n pan, en braai die uie tot sag.
3. Gooi die sampioene by, en braai vir ‘n verdere 3 minute.
4. Gooi die speserye, bay leaves, sout en peper by, en roer deur. Voeg dan die hoender by.
5. Meng die mazina en melk goed, en gooi dan by die hoender in die pan. Bly roer totdat die sous dik word.
6. Haal die lasagne uit die water, en plaas dit oop op kombuisrol om al die extra water te verwyder.
7. Plaas dan die lasagne velle en hoender mengsel in lae in ‘n oondvaste bak (ek hou daarvan om met ‘n laag lasagne te begin en eindig).
8. Meng die Jogurt en kaas, en smeer bo-oor die laaste laag.
9. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 200C vir 30 minute, of totdat die kaasmengsel bo-op mooi bruin gebraai is.

*

HOENDER FILETTE

Rencia Odendaal  Pretorius

Bedien met mayo mash en lekker mengelslaai of roast butternut

Sit jou oond aan op 180grade C

Filette – hou net so of butterfly as baie dik is

Broodkrummels of fyngedrukte provitas en kellogs flakes met jou keuse van speserye bv sout peper ,tiemie, roosmaryn ens

Eiers geklits

Druk filette in krummels – dan in eiers en dan weer in meel

Sit in yskas vir tenminste 15 min

Maak pan WARM met net genoeg olie om bodem te bedek. As jy die filette insit moet dit dadelik begin bak. Jou olie moet nie koud wees nie.

Sit filette in pan en los vir ongeveer 5 min tot self loskom van die bodem en dit bruin is

Draai filette om en los vir so 3 tot 4 minute Jou hoender behoort nou 95% gaar te wees.

Spuit nou lekker suurlemoensap oor alles – wag so 30 sekondes draai om

Haal uit en sit in bakplaat en gee rustyd van tenminste 5 min

Sny ‘n paar kersie tamaties in helftes, ui fyn gekap, vars klein pietersielie, spinasie blare, peppers fyn gekap – geel, rooi en groen, mushrooms

Gooi in warm pan met net paar druppels olyfolie, – roerbraai dit net vinnig vir so ‘n minuut of 2 met bietjie balsamic vinegar, dit moet net warm wees en geskroei wees. Moenie dit pap braai nie

Nou sit die tamatie mengsel bo-op die hoender filette

Rasper nou mozzarella kaas en sit bo –op elke filette

Sit in oond vir omtrent so 6 minute – net tot kaas oor die hoender filette gesmelt is.

Skep nou die kapokaartappels  in die middlel, en sit die filette bo-op die mash, skep die slaai in, of pampoen en bedien dadelik

Hoenderhutspot


Hoenderhutspot - Huisgenoot

Hoenderhutspot – Huisgenoot

Hoenderhutspot

(6-8 porsies)
Huisgenoot Wenresepte

1 gaar hoender
4 groot uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
15ml botter/margarien
12,5ml kerriepoeier of na smaak
4 groot tamaties
4 appels (Granny Smith is lekker, moenie afskil nie)
4 piesangs
150ml skerp blatjang
125g (200ml) pitlose rosyntjies
125g (200ml) gebleikte sultanas
15ml fyn appelkooskonfyt
sout en suiker na smaak

• Ontbeen en pluis die hoender.
• Soteer die uie en knoffel in groot kastrol in die botter
• Voeg kerriepoeier by en braai liggies
• Voeg die vleis by en braai die mengsels 5-8 minute oor
• matige hitte.
• Bedek intussen tamaties met kookwater en skil af.
• Sny tamaties in groterige stukke. • Sny appelstronke uit en sny appels in groterige blokkies
• Sny piesangs in skyfies.
• Voeg tamaties, appels en piesangs saam by vleismengsel.
• Sit deksel op en prut 45 oor matige hitte.
• Roer af en toe liggies.
• Indien te droog, gooi bietjie kookwater of hoenderaftreksel by.

Sit voor saam met rys en ’n lekker groen slaai.
Word al lekkerder hoe langer dit staan.

Slow cooker (idees en probleem oplossings) Kerrie resepte


EK WIL MET DIE PLASING – LEDE HELP WAT SUKKEL MET HULLE SLOW COOKER.

Ons bespreek ‘n paar vinnige MOETS EN MOENIES

Dit is so maklik en gerieflik. As jy dit eers een keer onder die knie het, sal jy wonder hoe jy sonder jou slow cooker oor die weg kon kom.

JOU SLOW COOKER SAL NIE ONTPLOF NIE, NIE JOU KOS BRAND NIE, DIE HUIS AAN DIE BRAND STEEK NIE,JOU KOS SAL NIE ROU WEES NIE  en as jy kos te pap is, maak sop !!!!

‘n Paar punte om te onthou as jy met jou slow cooker werk.

Moenie te veel water ingooi nie, anders is jou gereg een hoop pap gekookte gereg. Mens gebruik altyd MAKSIMUM half na 1 kop vloeistof. Dit sluit in al jou souse bv balsamic vinegar, worstersous, wyn, suiker kerrie, borrie, aftreksels ens.

Neem ‘n koffiebeker, gooi AL jou speserye ens IN  die koppie wat jy wil gebruik, dan top jy dit op met water tot bo – die gooi jy bo-oor jou vleis. Dit is genoeg vloeistof om jou kos gaar te kry.

By soppe kan jy ‘n koppie en half water gebruik.

Gebruik altyd VARS GROENTE bv aartappels, wortels, uie, kool, pampoen, patats ens – Die gevriesde pakke wat mens koop werk nie… as jy jou slow cooker die hele dag op laag gaan gebruik nie. Dit kook pap. As jy wel die pakke gebruik, gooi eers jou groente in, omtrent 1 uur voor jy wil eet. Jou groente sal dan nie pap gekook wees nie, dit sal heel bly en nog bros wees.

As jy bv vleis het en jy wil net jou vleis vir die aand gaar he om dan daarmee iets te doen, soos bv om hoender te vlok vir jou pastei  of om steak blokkies te verwerk na beef stoggonoff of  blokkies vark vir stir fry of so iets, gooi die vleis net so gevries in die slow cooker – dan so ‘n spuit wostersous of balsamic vinegar oor en so kwart na half koppie water. Sit aan op laag en los. Vanaand is jou vleis sag en jy kan begin met die verwerking daarvan. Ek gooi altyd my AFVAL  so in my slow cooker – van gevries af. Gooi net  so ‘n  bietjie water in en los die heel dag op laag. Die  middag haal ek dit uit, sny die bene uit en gooi in my swartpot ek maak binne’n uur my afval gaar met die kerrie en die aartappels en wortels en dit is super sag.

Die meeste geregte kan jy die oggend op LAAG aansit – met al jou groentes ens en dit sal reg wees so teen 6H00 die aand. Mens moet gewoonlik – maar ook nie altyd jou sous bietjie verdik. Maak net so 2 eetl bisto/soppoeiers  aan met bietjie water, gooi oor die gereg – roer deur en sit die slow cooker op na hoog vir so 30 min. Jou sous sal dan dik wees.

Indien jy jou pak groente wil ingooi, en jou vleis was die heeldag aan op LAAG, stel slow cooker na HOOG, gooi die groente in en jou sop poeiers. Ek gee dit nog so ‘n uur om die groente sag te kry en die sousie dik te kry. In daardie tyd kook jy jou rys of doen jou ander bykosse.

By OXTAIL moet jy maar bietjie woema onder die vleis gee. Ek sit my oxtail aan vir 8/10 ure op hoog, dan val dan dit  van die been af. Ek het gevind dat op Laag ek nie tevrede is met die vleis nie. Wat ek baie doen is om  as ek gaan slaap (so 22h00) my oxtail in te gooi met my rooiwyn, wostersous, bay leaves, knoffel, sout peper ens – aan te sit op laag. More oggend gooi ek my groentes by en los tot vanaand – nog steeds op Laag. Dit is dan super sag. Gooi so uur voor ete jou verdikkingsmiddel in.

Pasop vir te veel water by HOENDER – ek gooi nie eers ‘n kwart koppie vloeistof en speserye by my hoender nie – Ons weet mos die hoender is volgespuit met water, so jy gaan met ‘n hoendersop sit as jy te veel water ingooi.

GAAN DINK AAN WAT JY IN ‘N POTJIE WAT JY BUITE OP DIE KOLE SOU MAAK, SOU INGOOI, EN DOEN DIT IN JOU SLOW COOKER Wat jy basies dus doen met ‘n slow cooker, gooi jou vleis in, neem jou koppie, maak vol met jou speserye , water ens – gooi jou blokkies groente ens is, gooi alles bo-oor en sit aan.

HIER IS MY KERRIE EN RYS WAT EK GISTERMIDDAG GEMAAK HET. (Sien mens kan selfs 1h00 die middag begin met ‘n slow cooker, dit hoef nie heeldag te wees of oornag nie)

Ek het my gevriesde vleis geneem, my beker geneem, 2 tl kerrie, 2 tl borrie, 2 eetl suiker, 2 eetl asyn,  biejie bladjang, knoffel vlokkies, sout, peper, cumin, masala en water in die koppie ingegooi. Dit bo-oor die vleis gegooi en toe paar bay leaves, stukkie kaneel  en so 4 anaseed stars oorgegooi.

Dit 13h15 aangesit op HOOG

Kwart voor 6 die aand het ek die vleis van die bene los gesny, my koppie gevriesde veggie mix bygegooi, 2 aartappels geskil en in blokkies gesny en die aartappels in ‘n plastieksak in die mikrogolf gegooi vir so 4/5 minute – die aartappels moet sag wees. Die bygeboeg, 2 eetlepels bisto aangemaak met bietjie water – bygevoeg en deurgeroer – Het dit op HOOG gehou tot;

Kwart oor 7 het ons geskep en HOE LYK MY BORD KOS ?????

NJAMMIES !!!!!

KERRIE 4

*

KERRIE 2

*

KERRIE 3

*

KERRIE SLOW COOKER

 

KERRIE EN RYS (Die is basies soos die resep bo)

1kg beesvleisblokkies
1 groot ui opgekap
2 tamaties – geskil en in blokkies gesny
Neem groot koffie beker – dis so ongeveer 300ml – Gooi die volgende in die koppie
1 opgehoopte lepel kerrie
1 eetl borrie
2 opgehoopte eetl bladjang
3 eetl tamatiesous
2 opgehoopte eetl suiker
2 eetl asyn
Jou kerrie aanvullings soos kaneelstokkies, anys sterre, bay leaves
Sout en peper na smaak
Maak beker vol met water – meng goed en gooi al bogenoemde in jou pot

Stel slow cooker op Hoog
5h00 die middag het ek 2 groot aartappels geskil, in blokkies gesny en gaar gekook in die mikrogolf. (ek doen dit want ek het agtergekom as mens aartappels van rou saam met kerrie wil gaarmaak, mens se aartappels nie lekker sag word in die slow cooker)
Ek het die aartappels en 1 kop gevriese gemengde groente by die vleismengsel ingegooi en gelos tot 7h00.

Net voor opdiening maak paar aartappelblokkies fyn teen die kant. Ek het nie eers nodig gehad om verdikkingsmiddel in te gooi nie, maar indien dit nodig is, verdik met soppoeier na keuse, meel of bisto

Hier is my bord kos. Ek het dit bedien met basmatiese rys, piesang en bladjang

IMG_008055555555

Blomkool (warm en slaaie)


blomkool mac and cheese

.

BLOMKOOL MAC & CHEESE
Ek gaan ook die weergawe gee met spek in vir die wat wel hulle vleistande nie kan uittrek op ‘n Maandag nie:

1 Blomkool in blommetjies gebreek – sag gekook maar nie pap nie. Dit moet nog bros wees.
Kook jou pasta – ook tot sag maar nie pap nie.
Maak lekker dik witsous en gooi baie cheddar kaas in.
Voeg jou sout en peper by.
(vir die vleiseters) – braai 250gr spek gesnipper tot bros, en voeg by die witsous/kaas mengsel. Hou bietjie spek eenkant vir bo-op.
Pak nou laag macaroni, dan laag blomkool, dan sous oor, dan weer macaroni, blomkool en eindig af met die kaasmengsel.
Gooi nog handjie vol kaas bo-oor (en die spek) en bak in die oond tot deurwarm en goudbruin.

Mens kan by die resep so ‘n skep of 2 roomkaas by die witsous/kaasmengsel inroer – dit maak jou mac en cheese net meer romeriger – en ook baie meer vet……

blomkool

 My weergawe van Blomkool met kaassous

Kook jou blomkool met bietjie suurlemoensap (dit hou die kook mooi wit) tot sag maar nie pap nie

Maak intussen (sommer in die mikrogolf) ‘n lekker dik witsous.

Voeg so ‘n handvol cheddarkaas, sout en peper en bietjie botter by

Meng goed deur.

Gooi bo-oor die blomkool, en dan net nog so ‘n bietjie gerasperde kaas bo-oor

Sit vir paar minute in die oond om die kaas te smelt, of sommer in die mikrogolf

*

 BLOMKOOL MET SPEK EN WITSOUS

1 groot blomkool, in blommetjies gebreek

4 repe spekvleis

30 ml botter

60 ml koekmeelblom

375 ml melk

sout en peper na smaak

25 ml pietersielie, fyn gekap

Kook die blomkool in ‘n bietjie soutwater tot net sag.

Dreineer en skep uit in ‘n opdienbak. Hou warm.Braai spekvleis in pan tot bruin

en bros. Skep uit en kap fyn. Voeg die botter by die panvet en smelt. Voeg die

koekmeelblom by en roer goed tot glad. Verhit weer sowat 1 minuut lank terwyl

gedurig geroer word. Verwyder van die hitte en voeg die melk stadig by terwyl

aanhoudend geroer word. Plaas terug op die hitte en verhit totdat die sous kook

en verdik. Roer gedurig. Voeg die spekvleis by en geur na smaak met sout en

peper.Giet die sous oor die blomkool en sprinkel die pietersielie net voor

opdiening by.

*

 GEBRAAIDE BLOMKOOL

1 blomkool, skoongemaak en in stukkies gesny.

1 eier, geklits

250 ml koekmeelblom

sout en peper na smaak

olie vir diepbraai

Week die blomkool in kookwater vir 15 minute. Dreineer die

kool en sprinkel bietjie sout oor. Doop die blomkool in die geklitste eier.

Geur die meel met sout en peper en gooi in ‘n plastieksakkie. Plaas die

blomkool in die sakkie en skud dit goed tot die met meel bedek is. Verhit die

olie tot warm, en braai die stukkies blomkool in die warm olie tot goudbruin.

Dreineer op kombuispapier en sit warm voor.

*

 MAYONAISE BLOMKOOL

1 blomkool, skoongemaak en in stukke gebreek

250 ml mayonnaise

15 ml voorbereide mosterd

5 ml mosterdpoeier

150 g Cheddarkaas, gerasper

Maak die blomkool gaar en plaas in ‘n gesmeerde, oondvaste

bak. Meng die mayonnaise, mosterd en mosterdpoeier saam en gooi dit oor die

blomkool. Sprinkel die kaas bo-oor en bak in ‘n voorverhitte oond teen 180

grade tot die kaas gesmelt en goudbruin is. Bedien warm.

*

 GEBAKTE BLOMKOOL

1 groot blomkool

6 stukke rugspek

230 g rooi soetrissie, in repies gesny

200 ml crème fraîche room

175 g Cheddarkaas, gerasper

Breek die blomkool in groot stukke en kook tot net sag, maar

nog bros. Dreineer en plaas in ‘n gesmeerde oondbak. Braai die spek tot gaar en

bros en sny in groterige stukke. Hou eenkant. Braai die soetrissie in die

spekvet tot gaar. Meng die helfte van die spek met die soetrissies en meng dit

liggies met die blomkool. Meng die crème fraiche met 2/3 van die kaas. Smeer

die kaasmengsel oor die blomkool en sprinkel die orige kaas en spek oor.

Rooster onder die roosterelement van die oond tot die bokant goud verkleur het

en die sous begin borrel (ongeveer 5 minute). Bedien met knoffelbrood en groen

slaai.

 *

 BLOMKOOLSLAAI

1 blomkool (in blommetjies gebreek)

250ml Cheddarkaas (in blokkies gesny)

24 gevulde olywe (in skyfies gesny)

1 bossie grasuie (fyn gekap)

6 groot radyse (in skyfies gesny)

SLAAISOUS:

100 ml suurroom

100ml mayonnaise

17g knoffelsousmengsel (2 x 34g pakkie)

1. Plaas die blomkool, kaas, olywe, grasuie en radyse in ‘n bak.

2. Meng die slaaisous bestanddele en gooi dit oor die slaai.

3. Verkoel die slaai totdat dit bedien word.

 *

 BROKKOLI EN BLOMKOOL SLAAI

1 bossie brokkoli en 1 bossie blomkool – sny in klein blommetjies
1 pakkie spek, gesnipper en gebraai
1 koppie rosyne
1 koppie sonneblomsaad
1 bossie slaai uie fyn gesny (opsioneel)
1 blikkie pitmielies gedreineer
1 koppie kaasblokkies
Slaaisous:
½ koppie asyn
1 koppie conola olie
1 koppie suiker
1 teelepel sout
1 teelepel mostertpoeier
1 teelepel selderysaad (verkrygbaar by gesondheidswinkels) (opsioneel)
Meng al die slaaisous bestandele goed saam. Meng al die slaai bestandele, gooi die slaaisous oor en marineer in die yskas vir ‘n paar ure.

* 

BROKKOLI en BLOMKOOL SLAAI

750 g brokkoli

250 g blomkool

1 groot ui

1 rooi soetrissie

Kook saam met sout vir 1 – 2 min

Sous

250 ml suiker

250 ml asyn

250 ml olie

Klits & gooi oor brokkoli en blomkool mengsel – vir 4 ure voor gebruik.

Neute is opsioneel. Hou baie lank in yskas. Heerlik by braai!

*

WARM BLOMKOOLSLAAI

1 blomkool, in blommetjies gebreek

4 snye ham

2 hardgekookte eiers, geskei

4 snye brood

Kook die blomkool vir 90 sekondes in kokende soutwater. Sny

die ham en die eierwitte in klein blokkies. Sny die brood in blokkies en braai

goudbruin in die olie. Rangskik die ham, blomkool, eierwitte en broodblokkies

in ‘n slaaibak. Rasper die eiergele bo-oor.Bedien die slaai warm met vleis.

*

 KERRIEBLOMKOOL SLAAI

  15 ml olie

1 medium ui, gekap

5 ml komynsaad

5 ml mosterdsaad

2 aartappels, geskil en in blokkies gesny

1 medium blomkool, in blommetjies gebreek

5 ml rissiepoeier

2 ml borrie

5 ml fyn koljander

5 ml fyn komyn

10 ml masala poeier

sap van 1 suurlemoen

Verhit die olie in’n groot pan of wok. Braai die uie en sade

oor medium hitte tot ligbruin en die saadjies begin kraak. Voeg die aartappel

by en braai vir 2 tot 3 minute. Voeg die blomkool by en braai vir 5 tot 6

minute. Roer die oorblywende bestanddele in. Bedek en kook liggies vir 10 tot

15 minute, tot die groente gekook is. Voeg bietjie water by as mengsel vasbrand.

Moenie roer nie, anders gaan die groente opbreek. Bedien warm

*

BLOMKOOLKAASTERT

(Lekker resepte vir die jongergeslag)
Kors:
4 kp rou, gerasperde aartappel
1 eier – geklits
½ teel sout
¼ kp gerasperde ui.
Vulsel:
1 Knoffelhuisie fyngedruk
1 kp gerasperde ui
3 eetl botter
1 teel tiemie
1 meduim blomkool in blommetjies gebreek
½ teel Basielkruid
½ t elk sout en varsgemaalde swartpeper
1 kp gerasperde cheddar kaas
2 eiers
¼ kp melk
Paprika

Metode:
Plaas aartappel in vergittes, sprinkel met sout, laat staan 10 min, druk soveel moontlik vloeistof uit en meng die res van die kors bestanddele daarby. Sit in oondvaste tertbak, druk onder en teen kante vas. Bak vir 30 min @ 200 Grade, vryf dan liggies met olie en bak tot dit begin verbruin. Haal uit die oond en hou eenkant. Verlaag hitte tot 190 Grade. Soteer die knoffel en ui in botter, voeg blomkool en kruie by en geur. Verlaag hitte, bedek en prut vir 10 min, verwyder van hitte. Plaas helfte van kaas in die kors, skep blomkoolmengsel bo-op, en eindig met kaas bo-op.
Kits eiers en melk saam, gooi oor kool, sprinkel met paprika. Bak vir 45min tot stewig.[6Porsies]”Rina Kleinhans”

 

BLOMKOOLKAASTERT
KORS:
4 koppies rou, gerasperde aartappel
1 eier geklits
½ teelepel sout
¼ koppie gerasperde ui

VULSEL:
1 Knoffelhuisie fyngedruk
1 koppie gerasperde ui
3 eetlepels botter
1 teelepel tiemie
1 medium blomkool in blommetjies gesny (+/- 700g)
½ teelepel basil
½ teelepel sout
½ teelepel varsgemaalde swartpeper
1koppie gerasperde cheddar kaas
2 eiers
¼ koppie melk
Paprika

Plaas aartappels in vergietes, sprinkel met sout, laat staan 10 minute, druk soveel moontlik vloeistof uit en meng die res van die kors bestandele daarby. Sit in oondvaste bak, druk onder en teen kante vas.
Bak vir 30 minute teen 200°C, verf dan liggies met olie en bak tot dit begin verbruin. Haal uit die oond en hou eenkant.
Verlaag hitte tot 190°C. Soteer die knoffel en ui in botter, voeg blomkool en kruie by en geur. Verlaag hitte, bedek en prut vir 10 minute, verwyder van hitte. Plaas helfte van kaas in die kors, skep blomkoolmengsel bo-op, en eindig met kaas bo-op. Klits eiers en melk saam, gooi oor kool, sprinkel met paprika. Bak vir 45 minute tot stewig.
Bron:Jeanette Gerber, Kook en Klets kombuis
 

Kerrie lamstjops met deeg laag


Kerrie Lamstjops in deeg laag-the gammons

Kerrie Lamstjops in deeg laag-the gammons

Kerrie lamstjops met deeg laag

6-8 tjops,sout,peper ,speserye,uie,1 k asyn,3 k meel,2 t kerrie,2 t borrie,5 e suiker,2 k water maar as baie sous wil he vermeerder sous bestandele.metode.tjops moet klam wees.spesery dit. Meng meel,borrie,kerrie goed so droog deur.sit tjops in kaserolpan en strooi meelmengsel dik oor tjops alby kante.sny uie ringe en plaas bo op. Meng sous bestandele soos vlg,asyn,water,suiker en gooi versigtig teen kant van bak sodat meel nie afspoel van tjops ni,bak 2 ure met deksel op by 200 grade en dan nog n half uur sonder deksel.bedien met rys

Hoenderlewer Respete


Hoenderlewer in spek - mamma africa

Hoenderlewer in spek – mamma africa

Hoenderlewer met spekvleis

Maak die lewer skoon, strooi sout en peper oor en rol elke stuk in `n repie
spekvleis. Bind dit vas of steek dit met `n klein houtpennetjie vas.

Verhit `n braaipan en sit die rolletjies daarin. Laat dit braai tot die
spekvleis bros is;

Of

Plaas dit op `n rooster wat in `n pan staan en bak dit in `n warm oond by 250 C
(425 F) tot die spekvleis bros en gaar is. Draai die rolletjies net een keer om
terwyl hulle bak.

Hoender lewer met byt

Annetjie Cillierst

Bestanddele
500g hoenderlewertjies
90ml botter
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
1 stuk ± 1cm gemmer, fyn gekap
12,5ml kerriepoeier of garam masala
5 ml borrie
1 brandrissie, ontpit en fyngekap
410g ( 1blik) tamaties, gekap
200g bevrore of vars jong ertjies
vars koljanderblare gesnipper

Metode
Soteer skoongemaakte hoender lewers in botter in ‘n braaipan. Dit moet nog pienk binne wees, maar verseël aan die buitekant. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en skep uit. Hou eenkant. Braai ui tot sag in pan in vet oor lae hitte. Voeg knoffel, gemmer, borrie, kerriepoeier en brandrissie by. Roer en laat 1-2 minute stadig prut. Voeg tamaties by en bring tot kookpunt. Laat ongeveer 10 minute lank prut. Voeg ertjies net voor opdiening by en geur met sout en varsgemaalde swartpeper.
Indien verkies voeg ‘n bietjie suiker by. Sodra sous begin prut, voeg hoender lewers en bietjie koljanderblare by. Laat prut tot deur warm. Sit voor en garneer met die res van die koljanderblare.

Peri-Peri Hoendelewers

500 g hoenderlewers
200 g uie
1 ryp tamatie, geskil
75 ml kookolie ( 6 E )
5 ml gedroogde pietersielie ( 1 t )
Sout na smaak
Gemaalde swartpeper na smaak
Knoffel, vlokkies of vars
5 ml kerriepoeier na smaak ( 1 t )
3 ml peri-peripoeier ( 1/ 2 t )

METODE

Sny uie en tamatie fyn.
Braai uie liggies in olie.
Voeg hoenderlewers en tamatie by.
Sny hoenderlewers sodra gaar – in kwarte.
Voeg speserye by en laat prut vir ongeveer 15 minute

 

Hoender lewer in roomsous
30 ml olyfolie
30 g (30 ml) botter
2 rooi-uie, in ringe gesny
500 g hoenderlewers
250 ml soetwyn
250 ml room
50 g parmesaankaas, gerasper
hand vol pietersielie, gekap
paar grasuie (chives) gekap
sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit olyfolie en botter in ’n pan.
Braai uie tot gekaramelliseerd.
Voeg hoenderlewers by en braai lekker bruin.
Voeg soetwyn by en laat wegkook.
Voeg room, parmesaankaas, pietersielie en grasuie by.
Geur met sout en peper.
Bedien saam met rys of pasta.
Bron Sarie Kos Tydskrif April 2013.
Rens se lewertjies

Rens se lewertjies

Romerige hoenderlewertjies (Rens)
Die is genoeg vir 2 na 3 porsies5ml borrie
5ml kerriepoeier (ek het indiese masala gebruik)
5ml paprika en rooi peper gemeng
1/2 tl knoffelvlokkies
250g hoenderlewers (skoongemaak)
sout en vars gemaalde swartpeper
1 ui (in ringe gesny)
100g sampioene (in kwarte gesny)
1 groen/geel/rooi soetrissie (in blokkies)
1 tamatie, geskil en in blokkies gesny
60ml wit wyn
250ml room (hier het ek helfte room en helfte melk geneem)
4/5 repies spek (gesnipper)

Plaas hoenderlewertjies in pan. Strooi die borrie, kerrie, rooipeper, paprika, sout en peper en knoffelvlokkies oor. Roer dit deur en laat staan vir ‘n rukkie.
Sny intussen jou ander bestandele in blokkies
Gooi nou bietjie olie by die lewertjies en braai die hoenderlewertjies vir omtrent 2 na 3 minute
Dit moet nog effe pienk wees in die middel. Haal uit pan en los eenkant.
Braai die uie, sampioene, peppers en spek tot sag. Gooi dan die tamatie in en braai tot tamatie sag is.
Gooi die wyn in, en roerbraai vinnig – die wyn verdwyn omtrent onmiddelik. voeg nou die room en melk by en kook tot die room afgekook en dik is.
Voeg die lewertjies weer by – roerbraai tot alles warm is en bedien onmiddelik. Voeg nog sout en peper by na smaak.

Ek het mayomash gemaak –
Kook 4 aartappels en halwe ui gekap tot sag. Mash.
Gooi in 1 desertlepel botter, 1 eetl mayonaise, 1 tl bakpoeier, sout en peper en meng deur. (voeg melk by indien nodig)

Wenk: Jy kan bietjie tobasco bygooi of chilli sous om dit nog ‘n effense skop te gee. Voeg die by as jy die lewertjies braai
Jy kan die lewertjies aanpas na 500gr en al die ander bestandele dieselfde los. Gooi net bietjie meer melk en room by.

hoenderlewertjies en pap

PERI PERI HOENDERLEWERTJIES  en stywe pap

1 Bakkie 500gr hoenderlewerjies
1 groot ui gekap
Paar stukkies green peppers in blokkies (so 1/4 pepper)
2 tamaties geskil en in blokkies gesny
6 na 8 repies spek
100 ml bladjang
Peri peri sous (ek het omtrent 1 desert lepel ingegooi – maar hier moet jy maar self besluit hoe “HOT” jy dit wil he (ek gebruik Nando’s se hot peri peri sous)
Sout en peper na smaak

Braai die uie, spek en greenpeppers – gooi die hoenderlewerjies in en roerbraai vir n rukkie tot ligpienk in die middel
Gooi die tamaties, bladjang, peri peri, sout en peper en water in
Laat prut tot gaar en dik.
Voeg nog water by as te dik is, of verdik met bietjie bisto of meel as te waterig is

Wenk: Bedien ook met kapokaartappels, gegeurde rys, wit tastic of basmati rys

PAP: https://kreatiewekosidees.com/?s=kom+ons+maak+pap

Anita se Gou-vrou Hoenderkerrie -RSG


Gou Vrou Kerrie - RSG

Gou Vrou Kerrie – RSG

Anita se Gou-vrou Hoenderkerrie -RSG

Bestandele:

1 ui – gekap

8-10 hoenderstukke, met vel en been

½ koppie water

½ fles Mango atjaar (by meeste winkels beskikbaar)

4 groot aartappels, geskil

Braai die gekapte ui en hoenderstukke tot bruin.  Voeg die res by en laat dit prut tot gaar.  Jy hoef nie sout en peper by te voeg nie, want die atjaar bevat al die speserye en geure vir ‘n outentieke kerrie.Bedien saam met Basmati rys, vars kolijanderblare en Bulgaarse jogurt.

Gebakte kerriehoender


kerrie hoender

 

GEBAKTE KERRIEHOENDER

http://huisgenoot.com/kos/gebakte-kerriehoender/
Genoeg vir 4 mense

4-6 groot aartappels
sout en vars gemaalde swartpeper
6-8 hoenderporsies
40 ml olyfolie
30-45 ml hoenderspeserye of Masala Mix (Ina Paarman)
2 rooiuie, in kwarte gesny
2 heel knoffelhuisies

SOUS
15 ml mielieblom
20 ml water
125 ml room
125 ml jogurt
Hand vol koljanderblare (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n middelslag-oondbak.
Kook die aartappels tot net sag en sny in 2 cm-skywe.
Pak die aartappels in die bak en geur met sout en peper.
Verf die hoender met ’n bietjie van die olie en bedek dit met die hoenderspeserye.
Pak die hoender bo-op die aartappels gevolg deur die uie en knoffel.
Bak 15 minute.
Meng die mielieblom en water en roer dit saam met die room en jogurt in ’n mengbeker.
Giet die sous bo-oor die hoender.
Verlaag die hitte na 180 °C en bak nog 20-40 minute of tot gaar.
Sprinkel met koljanderblare en sit voor met rys.

Hoender Fillette


Hoender Filette

Hoender Filette

Hoender Filette

Rencia Odendaal  Pretorius

Bedien met mayo mash en lekker mengelslaai of roast butternut

Sit jou oond aan op 180grade C

Filette – hou net so of butterfly as baie dik is

Broodkrummels of fyngedrukte provitas en kellogs flakes met jou keuse van speserye bv sout peper ,tiemie, roosmaryn ens

Eiers geklits

Druk filette in krummels – dan in eiers en dan weer in meel

Sit in yskas vir tenminste 15 min

Maak pan WARM met net genoeg olie om bodem te bedek. As jy die filette insit moet dit dadelik begin bak. Jou olie moet nie koud wees nie.

Sit filette in pan en los vir ongeveer 5 min tot self loskom van die bodem en dit bruin is

Draai filette om en los vir so 3 tot 4 minute Jou hoender behoort nou 95% gaar te wees.

Spuit nou lekker suurlemoensap oor alles – wag so 30 sekondes draai om

Haal uit en sit in bakplaat en gee rustyd van tenminste 5 min

Sny ‘n paar kersie tamaties in helftes, ui fyn gekap, vars klein pietersielie, spinasie blare, peppers fyn gekap – geel, rooi en groen, mushrooms

Gooi in warm pan met net paar druppels olyfolie, – roerbraai dit net vinnig vir so ‘n minuut of 2 met bietjie balsamic vinegar, dit moet net warm wees en geskroei wees. Moenie dit pap braai nie

Nou sit die tamatie mengsel bo-op die hoender filette

Rasper nou mozzarella kaas en sit bo –op elke filette

Sit in oond vir omtrent so 6 minute – net tot kaas oor die hoender filette gesmelt is.

Skep nou die kapokaartappels

in die middlel, en sit die filette bo-op die mash, skep die slaai in, of pampoen en bedien dadelik !

CORDON BLEU 1

CHICKEN CORDON BLEU (die foto was my bederf die naweek toe ons gaan uiteet het !!)

Rencia Odendaal Pretorius
Hoender filette – kap plat met piering of vleis hammertjie
Neem vars spinasie blaar en sit bo-op filette (opsioneel)
Sit feta kaas en gerasperde of blokkies ham bo-op of selfs net gewone kaas en ham
Geur met sout en gemaalde peper
Steek vas met tandestokkies
Sit op bakplaat wat met spray en cook gespuit is
Maak sousie van suurlemoensap en appelkooskonfyt of bladjang en smeer bo-oor die hoender
Bak in oond by 180grade C tot gaar. Smeer elke nou en dan van die sousie oor
Dit neem so 30 minute om deurgaar te wees.
Maak intussen ‘n DIK KAASSOUS – dit moet letterlik ‘n dik taai sous wees. As jy jou hoender uitgehaal het, gee staantyd vir so 5 minute en as jy dit opdien, druk die hele cordon bleu in die kaassous, rasper nog bietjie kaas oor en bedien. Die kaassous klou lekker aan die cordon bleu vas as dit dik en taai genoeg is. Jy kan net gewone kaassous maak en oorgooi as jy nie die dik een wil maak nie.

Bedien met kapokaartappels, ertjies, mengelslaai, potato wedges, pampoen, soet skywe patats of gebakte butternut, room spinasie, skyfies of selfs rys

 HOENDER PAKKIES

GEVULDE HOENDER FILLETTE
6 hoender fillette, ontvel
½ pakkie tamatiesoppoeier
½ pakkie sampioensoppoeier
½ pakkie bruin uiesoppoeier
6 skyfies ham, gekap
Fetakaas
200 g spinasie, opgekap
Sout en peper na smaak
Sny die fillette halfpad oop. Meng soppoeiers, rol die hoenderstukke daarin tot dit bedek is. Meng ham, feta en spinasie en stop dit in die hoender. Steek die hoender met ‘n tandestokkie vas. Geur met sout en peper.
Bak by 180 C tot gaar. Ongeveer 25/30 minute

Bedien met kapokaartappels, potato wedges, groente van keuse, jassie (jacket potato) rys met sous, ertjies, patats in foelie of skyfies

hoender en broccoli

HOENDER GEREG MET BLOMKOOL, BROKKOLI EN PASTA
1 ½ kg hoenderborsies/filette (ontbeen en ontvel) Sny in blokkies, geur na smaak en kook tot gaar
500g brokkoli & blomkool Kook vir 5 min in soutwater
125g noedels Kook sag en spoel af in koue water
Sous:
250ml Mayonaise
1tl kerriepoeier en speserye na smaak
1 blik room sampioensop
1eetl Suurlemoensap
Meng en skep bo-oor hoendermengsel in oondbak.
Kors:
75g gesmelte margarien en die sous waarin die hoender gekook is.
1k vars krummels (wit brood)
250g gerasperde cheddar kaas
Meng en skep bo-oor die sous.
Bak ongeveer 20 min by 180C tot dit borrel en goudbruin bo-op is.
Moenie te droog bak nie.
Wenk: Jy kan hier ook bietjie gekapte gebraaide spek bysit, ertjies sal ook lekker wees, selfs blikkie pitmielies gedreineer

hoender pastei 4

ROMERIGE MACARONI MET HOENDER, SOETMIELIES EN ERTJIES
1 pakkie ( 500 g ) macaroni
1 houer ( 250 ml ) suurroom
1 groot eier, geklits
1 blik ( 410 g ) roomsoetmielies
1 koppie bevrore ertjies
4 hoender borsies – ontvel – gaar gekook en gevlok
Sprietuie, gekap of 1 ui gekap
Sout en peper
Cheddarkaas, gerasperVoorverhit oond tot 180 C. Maak pasta volgens aanwysings op pakkie gaar. Dreineer en plaas in `n groot oondvaste houer. Meng res van bestanddele, voeg enige geurmiddels by, en roer by pasta in. Bedek met kaas en bak vir 20-25 minute tot goudkleurig.

Wenk: Indien jy nie suurroom het nie, gebruik room met 1 eetl asyn in, of gebuik ‘n halwe pakkie wit uiesop of sampioensop aangemaak met so 300ml melk.

HOENDER A’LA KING1 kop gesnyde sampioene
1/4 kop gekapte groen soet rissie
1/4 kop stork margarine
3 eet meel (opgehoop)
1 kop room
1 en 1/2 kop melk
1 en 1/2 kop water
1 geklitste eiergeel
3 kop gesnyde gaar hoender
Sout, peper en geurmiddels
1 kop bevrore ertjies (ek hou daarvan maar dit is opsioneel)
Braai sampioene en soetrisie in margarine tot ligbruin. Voeg dan die meelblom by en roer goed. Daarna word die melk,water, room en geur middels bygevoeg en die mengsel dan gekook tot dik is, terwyl aanhoudend geroer word Roer daarna ‘n bietjie van die warm mengels by die eiergeel en gooi dan weer terug by die kokende mengsel . Kook 10 minute, Pasop vir brand.
Voeg dan die hoender en ertjies by en kook goed deur. Bedien met rys of pasta en ‘n lekker tamatieslaai.

hoender rol
HOENDER ROL MET CHAKALAKA EN MIELIES1 blaardeeg – dun uitgerol
3na 4 hoenderborsies, gaar gekook en gevlok (hang af hoe groot jou borsies of filette is)
1 blikkie chakalaka with sweetcorn
1 kop kaas gerasper
1 eetl mayonaise
1 tl mosterd
1 ui gekap
Vars pietersielie
Meng al die bogenoemde en smeer bo-oor die puff pastry
Rol die pastry op soos ‘n “jamroll” en seel die kante onder mooi toe anders kook jou mengsel uit. Sit op bakplaat en vou die kante mooi onder die rol in. Maak 3 vertikale kepe in die deeg bo.
Maak mooi blaartjies met ‘n stukkie blaardeeg en sit bo-op rol.
Verf eier en melk bo-oor en sprinkel bietjie droe pietersielie bo-oor. (jy kan ook net bietjie mayonaise oorsmeer ipv die eier en melk)
Bak in oond vir 45 min by 180grade tot gaar en goudbruin.
Bedien met mayo-mash, mengelslaai en of soetpampoen.

CHEDDERKAAS HOENDER
4 groot hoenderborsies
6 na 8 provitas (fyngedruk) Jy kan ook Tuc, cream crackers of salticrax koekies gebruik)
½ teelepel sout
½ teelepel peper
½ koppie melk
3 koppies cheddarkaas, gerasper
1 teelepel droë pietersielie
Sous: (opsioneel)
1 blikkie room hoender sop
2 eetlepel suurroom
2 eetlepel botter
Gooi die melk, kaas en provita krummels in 3 afsonderlike bakke Meng die sout en peper in die krummels in. Doop elke stukkie van die hoender in die melk en dan in die kaas. Druk die kaas vas met jou vingers. Druk dan die hoender in die provita krummels en druk styf vas.
Spuit ‘n pan met cook en spray en plaas die hoender in die pan. Strooi die droë pietersielie oor die hoender. Sit hoender in die yskas vir tenminste 20 minute . Bedek die pan met foelie en bak by 200 grade vir 35 minute. Verwyder die foelie, bak vir ‘n verdere 10-15 minute, of totdat die kante van die hoender goudbruin en bros is.
In ‘n medium pan meng die room hoender sop, suurroom en botter. Roer dit oor medium hitte tot die sous lekker warm is. Dien op oor die hoender

ROMERIGE HOENDER STROGANOFF

30 ml botter
15 ml olie
1 ui (gekap)
1 tl knoffel
4 hoenderborsfilette (velverwyder, ontbeen, in repe gesny)
5 ml oregano of pietersielie
50 ml koekmeelblom
300 ml hoenderaftreksel
150 ml droe wit wyn
100 g sampioene
100g oester- of bruin sampioene in (skyfies gesny)
100 g gekookte ham (gekap)
1 blik 410g rooi nierboontjies (gedreineer; opsioneel)
250 ml room
Verhit botter en olie saam en sorteer ui daarin tot sag en glansend- 2-3 minute.Voeg knoffel by en sorteer vir nog ‘n minuut. Voeg die hoenderrepies by en roerbraai tot goudbruin. Meng orego en meelblom, strooi oor hoenderrepies en roer deur vir sowat 1 minuut. Voeg warm aftreksel en wyn by en verhit tot kookpunt terwyl jy dit roer. Sous sal verdik. Verlaag hitte en laat prut vir nog 10 minute. Voeg sampieoene, ham en boontjies by en verhit tot deurwarm. Roer om te voorkon dat dit aanbrand. Verwyder van hitte en roer room by. Verhit stadig tot warm, sonder om te kook. Garneer met vars orego en dien op saam met rys

SPEKVET HOENDER

4 hoenderborsies sonder vel of been
Genoeg repies spek om hoender mee te bedek
½ koppie fyngerasperde parmasaan kaas
2 knoffelhuisies
1 t botter of olie
‘n paar tandestokkies

Stel oond op 220grade.
Rol hoenderborsies in kaas.
Sny vars knoffel in dun lagies, en pak bo-op hoender.
Draai repies spek om hoenderborsies, en maak vas met ‘n tandestokkie.
Sit bietjie botter of olie in die oondbak en sit hoender in, en bak vir 15 tot 20 minute sonder deksel.
Bedien met kapokaartappels met sprietuie in, asook brokkoli

HOENDERBORSIES MET KRUMMELLAAG

6 ontbeende hoenderborsies/filette

sout en peper

30ml olie

250ml vars broodkrummels

100g fetakaas gekrummel,

30ml pietersielie fyngekap

1eier geklits.

erhit oond tot 180. Sout en peper die borsies. Verhit olie en braai hoender tot goudbruin. Plaas op gesmeerde bakplaat. Meng res van bestanddele en skep bo-op elke porsie. Bak 20min of tot gaar en bedien met slaai.

HOENDER EN BROKKOLI BRAAI

15 ml olie

600 g hoenderborsies of dye (sonder vel of been)

45 ml sjerrie of appelsap

30 ml sojasous

30 ml tamatiesous

30 ml soet rissiesous

5 ml mielieblom

1 kop broccoli, in klein stukkies gesny

1 ui, dun gesny

1 x 100 g pakkie geroosterde, gesoute

kasjoeneute

Verhit die olie in ’n wok of diep pan en braai die hoenderrepies daarin tot goudbruin. Meng die sjerrie (of sap), sojasous, tamatiesous, soet rissiesous en mielieblom saam en hou eenkant.

Voeg die broccoli en ui by die hoender in die wok en braai vir sowat twee minute. Voeg die sous by en braai tot klewerig. Sprinkel die neute oor en sit voor op gestoomde rys of noedels. Lewer vier porsies

Kruie en spesery gebruike


speserye

 
GEBRUIKE VAN KRUIE EN SPESERYE

Geskryf deur: Anonymous

Pimento (Allspice) – Bredies
Basiliekruid (Basil) – Tamatie, eier, kaas, skaap, visgeregte en slaaie
Lourierblare (Bay leaves) – Sop, bredies, maalvleis, bobotie, piekels, vis en pastas
Kappertjiesaad (Capers) – Vis- en ander seekosse
Rissiepeper (Cayene pepper) – Kaas- en eiergeregte
Chilli – Sterk gegeurde vleis-, vis en groentegeregte
Grasuie (Chives) – Slaaie, sop, souse en doopsouse
Kaneel (Cinnamon) – Souse en vrugtegeregte, soetpatats, -pampoen, nageregte, soetgebak
Naeltjies (Cloves) – Hoender-, vark-, vis- en wildsvleisgeregte
Koljander (Coriander) – Vleis, droëwors en biltong
Vinkel (Fennel) – Groente en slaaie
Knoffel (Garlic) – Vleis, vis, groente en slaaie
Gemmer (Ginger) – Soetgebak, kerrie en soet-suur vleisgeregte
Peperwortel (Horseradish) – Gebraaide bees en skaap
Foelie (Mace) – Bredies, frikkadelle, roomsouse en hoendervulsels
Moederkruid (Marjoram) – Sop, bredies and vleisvulsels
Ment (Mint) – Groente en vis (met botter)
Mostert (Mustard) – Vleis, vis, groente, souse en sop
Neutmuskaat (Nutmeg) – Vleis, groente en soetgebak
Oreganum (Oregano) – Sop, bredies, slaaie, Italiaanse geregte o.a. pizzas en pastas (wat tamatie bevat)
Paprika – Vleisgeregte, groente en slaaie
Pietersielie (Parsley) – Sop, vleis, vis, groente, soutgebak, pastas en slaaie
Roosmaryn (Rosemary) – Vleisgeregte, hoender, sop en souse
Safraan (Saffron) – Rys, vulsels en vleis
Salie (Sage) – Vulsels vir vleis en hoender
Dragon (Tarragon) – Lamvleis, souse en piekels
Tiemie (Thyme) – Vleis (skaap en hoender), groente en sop
Borrie (Turmeric) – Kerrie, geelrys
Bronslaai (Watercress) – Slaaie

Kerrie Eiers


 

Kerrie Eiers

Kerrie Eiers

Rencia Odendaal Pretorius
Bestandele:

Een groot ui in ringe gesny
2 Tamaties – afgeskil
1 Eetl margarien/botter
1 Tl kerriepoeier of 2 tl as van warm disse hou
1 Eetl asyn.
6 Hardgekookte Eiers.
2 Bay leaves – gekneus
Ek gooi altyd so halwe tl borrie ook in. Hou van my eiers geel kerrie kleur – eie keuse.

Metode:

Braai uie in margarien tot sag en bruin.
Sny die tamaties in dun skywe en braai saam met die ui
Sodra die tamaties gaar is meng kerriepoeier en asyn.
Gooi die mengsel asook die bay leaves oor die tamaties en roer goed, Laat prut vir rukkie.
Sny eiers in die helfte en sit in bak. Gooi die tamatiemengsel oor die eiers.
Ek verkies om sommer die eiers in die kerriemengsel in die pot te gooi en net weer effe te prut – liggies – sodat die eiers lekker warm kan word.
Bedien warm. Kan saam met rys bedien word en mengelslaai

Mayonnaise hoender


Mayonaise hoender

Mayonnaise hoender

MAYONNAISE HOENDER

Pak hoenderstukke in platbak (gevries of ongevries)

Maak ‘n sous met die volgende – mayonnaise, hoenderspeserye, sout, peper, roosmaryn, bietjie knoffel, droe pietersielie, bietjie bladjang of appelkooskonfyt en mosterd en so ‘n bietjie suurlemoensap – Meng die dik pasta lekker deurmekaar en skep,smeer bo-oor hoender. Moenie water bygooi nie, die hoender het genoeg water in. Sny so ‘n paar skywe uie bo-oor. Bak vir so uur en ‘n half by 150grade C.  Ek bak onbedek.

Kyk na ‘n uur of  jy nie die oond moet hoer sit nie. Dit hang af van die dikte van jou hoender en die hoeveelheid.  Jou sous sal ook lekker dik gekook wees.

 

MAYONNAISE HOENDER
6 hoenderborsies
250 ml mayonnaise
125 ml fyn appelkooskonfyt
1 pakkie dik wit uiesoppoeier
Plaas hoenderborsies in kasserol. Meng mayonnaise, konfyt en soppoeier en gooi oor die hoenderborsies. Sit deksel op en bak ongeveer ‘n uur en ‘n half by 180ºC. Moenie water of sout byvoeg nie

 

MAYONNAISE HOENDER

Sous
1 blik (410 g) room van Sampioensop
125 ml – 250 ml Mayonnaise
5 ml Medium Kerriepoeier
Sap van ½ Suurlemoen

Hoender
1 Gaar Hoender, ontbeen en in stukkies gesny
300 g Sampioene

Metode
Meng al die bestanddele vir die sous baie goed. Meng stukkies hoender en  sampioene. (Pasop om nie te veel te meng). Voeg sous mengsel by en meng effens. Strooi vars wit broodkrummels bo-oor en dan 250 g gerasperde cheddarkaas. Bak in oond van 180 °C vir ¾ uur.

 

GEBAKTE MAYONNAISE HOENDER

1 Hoender (rou) of hoenderstukke

1 Pakkie Bruinuiesop-poeier
250ml Mayonnaise
250ml Water
125ml Appelkooskonfyt/bladjang
Verhit oond tot 180¤C. Sny hoender in stukke en rol in uiesoppoeier. Plaas stukke in oondvaste bak. Meng mayonnaise, water en konfyt. Geur met sout&peper na smaak en skep die mengsel oor hoenderstukke. Bak ongeveer 90minute tot gaar en goubruin

 

MAYONNAISE EN RYS HOENDER

1 ½  kg gaar hoender
1kop gaar rys
500g gaar broccoli
Sous:
250ml mayonnaise
blikkie sampioenroomsop (300g)
5ml kerriepoeier
Ontbeen die hoender en sny in klein stukkies Vul oondskottel met lae van rys, broccoli, hoender en sous
Bo-oor:
60ml gesmelte stork
250ml broodkrummels of corn flakes fyngedruk
250ml gerasperde kaas
Meng alles goed saam en gooi bo-oor vleisgereg Bak by 180 grade tot bruin is en sous lekker borrel

mayonnaise hoender rens

MAYONNAISE HOENDER (Rens se resep)

6/8 hoender porsies (ek gebruik dye)
Pak dit in ‘n oondbak

Maak sous van:
1 kop mayonnaise
2 eetl bbq of hoender speserye
3 eetl bladjang of appelkooskonfyt
1 tl knoffelvlokkies
1 eetl suurlemoensap
Sout en peper na smaak
(geen water nie of vloeistof nie – die hoender het genoeg vog in)

Smeer die dik mayo mengsel bo-op die hoender stukke
Sny uie fyn of in ringe en sit bo-op
Bak in die oond by 180 C – onbedek vir ongeveer 1 uur of tot hoender sag is en die sous dik is

Gevriesde geregte/geregte wat goed vries


vries

PAAR IDEES VIR GEREGTE WAT GOED VRIES

BAK ALLES TOT GAAR EN VRIES DAN

TRADISIONELE BOBOTIE: (IRENA KINGWILL)
2 Dik snye BRUIN brood
275 ml melk
2 uie fyngekap
3 huisies garlic gekap
30ml kerrie
15ml appelkooskonfyt
30ml chutney
25ml bruin asyn
5ml suurlemoensap
15ml wostersous
15ml borrie
1 kg maalvleis
100ml ontpitte rosyne
100ml amandels / of peanuts
10ml sout
3 eiers
125ml ongegeurde joghurt
8 klein suurlemoenblare opgerol soos sigarette
3/4 lourierblare
Breek brood in stukkies en week in die melk
Braai uie en knoffel tot sag voeg by kerrie en appelkooskonfyt. Voeg chutney, asyn suurlemoensap wostersous en 10ml BORRIE by en meng goed.
Druk melk uit brood en voeg by – hou melk eenkant
Voeg maalvleis, rosyne neute sout en peper by en braai tot vleis die pienk kleur verloor
Verwyder van stoof en klits slegs 1 eier by.
Gooi in platbak en steek opgerolde suurlemoenblare in mengsel
Meng die melk, joghurt orige borrie en eiers en gooi stadig bo-oor die vleismengsel.
Gooi lourierblare oor en bak vir 1 uur by 180 grade tot gaar

Vries

My vinnige LASAGNE resep !! (Rens)

Hierdie  is groot genoeg vir ‘n 30 x 20 cm pyrex glasbak en die vries baie lekker

Ek gaan seker nou baie teenkanting kry met die resep omdat ek my maalvleis en uie sommer saam kook ipv om die uie te braai, maar jy kan dit of kook of braai – die is maar net my  vinnige resep wat ek deel

750 gr maalvleis

2 uie grof gekap

Halwe pakkie sampioene (gekap)

Gooi b.g in ‘n pot met bietjie water en kook vinnig tot alles sag is. Jou maalvleis kan maar nog effe pienkerig wees.

Gooi by:

1 blikkie Chakalaka met butternut

1 Blikkie room mielies (sweetcorn)

2 tamaties gekap en in blokkies gesny

3 opgehoopte eetlepels bladjang

Sout, peper en knoffel vlokkies na smaak

Laat die prut vir ‘n rukkie tot alles deurgaar/warm is.

Maak intussen sommer in jou mikrogolf ‘n lekker DIK witsous. Jou sous moenie te loperig wees nie anders is jou lasagne pap

Pak nou jou lae met die maalvleis, lasagne velle en witsous – ek pak gewoonlik so 3 lae

Rasper tussen elke laag bietjie kaas oor

Eindig af met jou witsous en kaas.

Sit nou die lasagne eenkant neer vir ongeveer 1 uur sodat die velle sag kan raak. Die ander opsie is om jou velle in water te kook vir so 4 minute tot amper sag – jy kan dan jou lasagne dadelik oond toe vat.

LASAGNE

1 ½  kg maalvleis

2 uie gekap

125 gram spek, gesnipper

Braai bruin in 15 ml margarien of olie

Voeg by:

10 ml Origanum

10 ml knoffelvlokkies

1 vol teelepel sout

1 Blik tamatiepuree

250 ml water met 1 blokkie ekstrak opgelos.

Kook alles saam tot lekker dik en souserig. As die sous vir jou te waterig lyk meng 1 eetlepel Maizena met bietjie koue water en kook dit saam vleis. Kook intussen 1 pak skulpienoedels sag en dreineer. As jy lasagnevelle gebruik moet dit nie kook nie. Jou vleis kan dan meer souserig wees want die velle sal vog absorbeer.

Kaassous:

100 gram margarien

100 ml meel

sout na smaak

850 ml melk

Voeg 1 ½ koppie gerasperde kaas by.

Die hoeveelheid is genoeg vir n oondpan. gebruik 2 kleiner bakke vir jou gaste.

Pak nou n laag noedels, dan vleis dan kaassous oor. Herhaal nog n keer en strooi ekstra gerasperde kaas oor. Bak 30 minute by 180 C tot regdeur warm.

Vries

HOENDER LASAGNE

Hierdie is my gunsteling hoender lasagne resep – Bestandele:
12 velle lasagne
1 EL olie
1 Ui in skywe gesny
100 g Sampioene, in skywe gesny
2 TL gemaalde gemmer
1 TL nutmeg
3 bay leaves
Sout en peper na smaak
3 gaar hoender porsies, (ontbeen en vel, en in stukkies gesny)
1 EL mazina
450 ml melk
150 ml Griekse Jogurt
100 g gerasperde Cheddar

1. Kook die lasagne in sout water tot sag. (‘n Bietjie olie in die water sal keer dat die velle aan mekaar vasplak).
2. Maak die olie warm in ‘n pan, en braai die uie tot sag.
3. Gooi die sampioene by, en braai vir ‘n verdere 3 minute.
4. Gooi die speserye, bay leaves, sout en peper by, en roer deur. Voeg dan die hoender by.
5. Meng die mazina en melk goed, en gooi dan by die hoender in die pan. Bly roer totdat die sous dik word.
6. Haal die lasagne uit die water, en plaas dit oop op kombuisrol om al die extra water te verwyder.
7. Plaas dan die lasagne velle en hoender mengsel in lae in ‘n oondvaste bak (ek hou daarvan om met ‘n laag lasagne te begin en eindig).
8. Meng die Jogurt en kaas, en smeer bo-oor die laaste laag.
9. Bak in ‘n voorverhitte oond teen 200C vir 30 minute, of totdat die kaasmengsel bo-op mooi bruin gebraai is.

Vries

MAALVLEISPASTEI
1 kg maalvleis

2 kop koue water
1 kop sagte broodkrummels

25 ml asyn
10 ml sout

knippie peper
Kors:
1 eier

125 ml olie
125 ml melk

1 k meel
2 t bakpoeier

2 ml sout

Plaas bestanddele vir die vulsel in pot. Meng met vurk. Verhit tot kookpunt, roer gereeld en laat kook vir 5 minute. Voorverhit oond tot 180ºC en skep vleismengsel in skottel. Klits eier, olie en melk saam. Roer meelmengsel by en skep beslag bo op vleis. Bak vir 30 min tot goudbruin. Hierdie tert vries baie goed.

Rencia Odendaal Pretorius

MAALVLEIS BOLLETJIES

1 kg maalvleis

2 groot aartappels (gerasper)

1 groot ui (gerasper)

2 eiers

Handvol oats

1tl kerrie

2eetl asyn

Sout en peper

1/2 teel bakpoeier

Meng al bo-genoemde bestandele

Maak bolle en sit in casserol , sit deksel op

Vat enige soppoeier van jou keuse – maak aan met 500ml water

Gooi bo-oor en bak op 120/130  grade vir 1 en kwart uur/na uur en ‘n half

Vries

KERRIE SKAAPVLEIS

Bestanddele
1.5 kg Skaapvleis in blokkies
4 Uie fyngekap
250 ml Water gekook
37,5 ml Appelkooskonfyt
12.5 ml Kerriepoeier
12.5 ml Suiker
12.5 ml Meel
12.5 ml Asyn of Suurlemoensap
Sout en Peper na smaak

Metode
Soteer die ui in margarien tot ligbruin. Voeg vleis by die uie mengsel. Braai vleis tot lig bruin. Gooi water by en laat kook vir so 1½ tot 2 ure. Maak ‘n pasta van al die ander bestanddele. Kook tot vleis sag is. Vries

RENCIA SE GROENTESOP                                                                                

3 groot shins (bees) of kookvleis/of wildsvleis bene – enige vleis wat jy wil ingooi

300gr maalvleis / of net maalvleis so 500gr

7 wortels gerasper

4 uie gekap of gerasper

5 aartappels geasper

Paar stukkies seldery gekap

3 tamaties (geskil en gekap

Opsioneel, ek gooi sommer groenbone en pitmielies ook by – so 2 kop elk

Bietjie garlic

1 kop (3 in 1 sop mengsel)

Sit die shins onder in jou stoompot

Gooi al die groente en maalvleis bo-op

Heel laaste jou 3 in 1 sopmengsel.

Gooi nou water in tot dat dit net bo die vleis en groentemengsel le

Stoom vir 1 uur

Los dat die stoompot  self afstoom

Maak oop en roer deur en verwyder bene

Vat nou enige geur soppoeir , ek vat sommer die Oxtail met Kerrie of oxtail met chutney

Maak aan met bietjie water en gooi by sopmengsel

Kook lekker deur

Proe nou of daar nog sout en peper kort. Ek doen dit gewoonlik heel laaste want dit hang af wat se sop jy gebruik. Partykeer is die sop genoeg vir smaak

As jou sop nog te dun is, gooi bietjie soppoeir nog by of bietjie bisto.

Hierdie resep vries baie lekker. Skep in jou bakkies, laat afkoel en vries.

 

BOONTJIE SOP

Mariette Visser

1 sakkie (500g) suikerbone

3 liter kookwater

500 – 800g beef shin (bees skenkels) of skaapskenkels of -stowevleis (of albei)

1 groot ui, gekap

1 biefblokkie

1 blikkie (65g) tamatiepasta

25 ml Bisto

15ml Worcestersous

sout en peper

Week boontjies oornag in baie koue water.

Die volgende dag: was en dreineer boontjies en kook dan met 2 liter van die

kookwater tot sag.

Braai ui en vleis bietjie bruin en kook dan met orige 1 liter kookwater tot baie sag.

(‘n Drukkoker/stoompot is baie handig!)

Verwyder die bene en sny vleis inkleiner stukkies en voeg saam met die vleissous en

biefblokkie by die boontjies.

Meng die tamatiepasta, Bisto en Worcestersous met bietjie koue water en roer by

die sop in – geur met sout en peper.

Laat dit goed deurkook. Vries

MACARONI EN VLEIS GEREG

Bestanddele Kors
225 g Rou Maalvleis
½ k Melk
1 k Vars Broodkrummels
1 e Water
1 Fyn Gekapte Ui
‘n Knippie Sout
1 t Worcester sous
1 t Blatjang
1 t Gemengde Kruie

Bestanddele Vulsel
¼ Pak Macaroni
2 k Gerasperde Kaas
1 e Margarien
1 e Meel
3 e Melk
2 Tamaties
1 t Mosterd

Metode Kors
Meng al die bestanddele. Voer gesmeerde tertbak uit met mengsel. Bak 25 minute teen 180ºC.

Metode Vulsel
Kook Macaroni en dreineer. Smelt botter en meel oor lae hitte. Voeg mosterd en twee derdes van kaas en 1 tamatie by. Roer melk by en roer tot dik. Gooi sous oor die macaroni en meng. Skep nou die macaroni mengsel in kors. Sit die orige kaas en tamaties bo oor die gereg. Sit en oond en bak tot lig bruin. VRIES

EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG:

1 hoender – gaar gekook in 2 blokkies hoender ekstrak en geflok

1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)

100 ml mayonaise

1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak

400ml witsous

50ml gekapte vars pietersielie

2 eiers geklits

Meng hoender, noedels mayonaise en helfde van die chips. Skep in oondskottel.

Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor

Gooi nou die ander helfde van die chips bo-oor

Bak 20/25 min by 190grade tot gaar en goudbruin.

  

SUPER MAKLIKE HOEDERPASTEI

1 groot hoender of 2 kg hoender – afgekook en gevlok

250gr gram spek (opsioneel)

Hoenderspeserye, fyn naeltjies,garlic,  peper en sout

1 of 2 uie gekap
250 g sampioene in skyfies gesny
1 pakkie hoender roomsoppoeier

1 pakkie Chicken a la king – cook in sauce

1 koppie veggie mix

1 liter melk – meng die pakkie chicken a la king en hoendersop daarin
1 pak voorbereide blaardeeg (puff pastry)

Braai uie, spek en sampioene. Gooi die groente in en roerbraai vir so ‘n rukkie. Voeg die melk met sopmengsels in en laat net effe kook – voeg die speserye by en hoender. Kook tot dik. Voeg nog melk by indien jy sien die mengsel is te dik of bietjie meel as jy sien mengsel is te dun.

Plaas in gesmeerde bak, sit puff pastry oor  EN VRIES. Haal uit vrieskas en  bak in vooraf verhitte oond vir  45 min by 180 grade C of tot ligbruin.

Jy kan hier ook ipv die skilferkors deeg die SLAP PASTEI DEEG  maak. Die sit jy op, bak klaar en vries:

SLAP PASTEI DEEG:

125 ml olie

125ml melk

200 ml bruismeel (of 200ml koekmeel en 2tl bakpoeier)

1 eier (geklits in bietjie water)

Meng tot slapdeeg – gooi bo-oor pastei en bak in oond by 180 grade vir ongeveer 20min tot gaar en goudbruin

Rencia Odendaal Pretorius

KERRIE EN RYS

500 gr maalvleis

1 ui – grof gekap

Paar stukke green/yellow/red pepper – grof gekap

4 tot 5  sampioene – in 4 gesny

2 tamaties geskil en in blokkies gesny

2 wortels – grof gerasper

1 kop catering veggie mix (of 1 blikkie gemengde groente)

3 aartappels – afgeskil en in blokkies gesny (pre-cook die in mikrogolf vir so 4 min)

Kerrie, borrie, garlic, aniseed stars, cumin, masala, bay leaves  (dit wat jy gebruik in jou Kerrie)

(Ek het by Indiese spesery winkel so ‘n pakkie Mild Mixed curry gekoop – ek gebruik net so 1 eetlepel daarvan – dit het alles reeds in)

Braai jou uie en maalvleis in bietjie olie, voeg kerrie mengsel by – gooi die wortels, greenpeppers, sampioene en tamaties  by en braai . Gooi  veggie catering mix  in en roer deur

Gooi 1 koppie water by en die aartappelblokkies

Kook tot aartappelblokkies lekker sag is.

Maak paar aartappel blokkies fyn teen die kant van jou pot. Dit maak dat jou maalvleismengsel ‘n lekker dik tekstuur het.

Kook rys, skep in bakkies en vries

 

MAALVLEIS PASTEI MET RYSKORS:

1 dik sny brood, korsies verwyder

Bietjie melk

sout en peper na smaak

5ml koljander

37,5ml asyn

500g maalvleis

1 tamatie

3 repies spekvleis

KORS:

2 eiers

125ml melk

12,5ml gesmelte botter

125ml gaar rys

125ml meelblom

5ml bakpoeier

125ml gerasperde kaas

Klits die eiers goed en voeg die melk by. Voeg botter en rys by. Sif meelblom en bak poeier by en skep bo-oor vleismengel in oondskottel. Strooi kaas oor en bak vir 1 uur by 180C.

Vries

 

MAALVLEIS EN PASTAGEBAK

125 g spekvleis, gesnipper

500 g maer beesmaalvleis

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

1 groen soetrissie, gekap

‘n halwe pakkie bruin uiesop

1 blik (410 g) gekapte tamaties

500 ml beesvleisaftreksel

125 ml blatjang

Sout, peper en suiker na smaak

500 g pasta (macaroni of penne)

375 ml gerasperde kaas

375 ml vars broodkrummels

60 ml gesmelte botter

45 ml vars pietersielie, gekap

Braai die spekvleis in ‘n swaarboompot tot gaar. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Braai die uie, knoffel en soetrissie in ‘n pan tot sag. Voeg by die maalvleismengsel en sprinkel die uiesop oor. Roer deur, voeg die tamaties, aftreksel en blatjang by en laat deurkook. Geur met sout, peper en suiker en laat prut tot geurig (die vleis moet nog lekker souserig wees). Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak tot gaar, maar steeds ferm.Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die pasta liggies met die vleismengsel en skep in ‘n groot oondbak. Meng die kaas en broodkrummels met die pietersielie sprinkel bo-oor. Bak vir 30 — 40 minute tot goudbruin. Vries

Rencia Odendaal Pretorius

SPAGHETTI BOLOGNAISE

375 g spaghetti (gaar)

1 ui, fyn gekap

12,5 ml olie

500 g maalvleis

5 ml sout

3 ml gemengde speserye

3 ml tiemie

3 ml kaneel

12,5 ml appelkooskonfyt

25 ml blatjang

1 x 410 g blik tamatiepuree

Braai ui tot sag in olie. Voeg maalvleis by en braai tot los. Voeg res van bestanddele behalwe kaas by en meng goed. Ek gooi `n halwe blik water (spoel die puree blik daarmee uit) ook by. Prut sowat 20 minute lank. Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak, dreineer goed en meng met die vleissous.

MEATLOAF 

500g maalvleis

1 eier

Halwe pakkie mushroom sop

1 ui fyn gekap

30ml tamatiesous

15ml worchesterhire Sous

2.5ml mixed herbs

Meng alles saam druk d. in ‘n reghoekige bondeltjie en plaas in ‘ glas bak. Bak v. 30min op 200C gooi

Dan volgende gooi  Sous oor en draai hitte af na 180C, Bak v. ‘n verder 30min.

Sous:

60ml bruin suiker

60ml tamatiesous

10ml soysous

30ml asyn

30ml water

Meng alles saam sit mikrogolf  vir so 2minute.

Vries

Rencia Odendaal Pretorius

BULLY BEEF SOUTTERT

1 blik bully beef

1 kop melk

3 eiers

2 eetl meel

1 en half tl droee pietersielie

1 tl mosterd

sout en peper

Meng alles – gooi in platbak –

Rasper lekker baie kaas bo-oor en bak tot gaar 180grade – ongeveer 30 minute

Ek het myne bietjie aangepas, Het die volgende by die resep gevoeg.  1 gekapte ui, 1 koppie blokkies ham ,  1 tl bakpoeier en ook 1 ekstra eier.

Vries

Rencia Odendaal Pretorius

MA CHARLET SE KORSLOSE SOUTTERT

Rencia Odendaal Pretorius

250 gr spek gesnipper

250 gr weense worsies gesny

500ml gerasperde kaas

1 ui gekap

35 ml rosyne

10 ml pietersielie

40ml meel

5ml mosterd

Sout en peper

250ml melk

4 eiers

1 Groen, rooi en geel peppers (gemeng) opgekap

Meng melk en eiers

Meng al die ander  bestandele  saam en gooi die melk en eier mengsel by – Meng deurmekaar en bak

Bak vir  30/40 min by 180 grade C

Vries

 SOUTTERT

3 Snye wit brood

5 eiers

250/300gr polonie of kouevleis in blokkies gesny

1 groot ui gerasper of gekap

1tl mosterd

3 kop melk

1 groot blik vienna’s  in ringetjies gesny of gewone viennas is ook goed (die kan jy uitlos as jy meer kouevleis wil ingooi

3 kop chedderkaas gerasper

Peper

Pietersielie

Gooi 1 en half kop water by brood (week)

Meng ander melk en eier

Voeg alles bymekaar en bak by 180 grade vir ongeveer 30/40 min tot gaar en goudbruin.

Vries

 

VISKOEKIES

2 middelslag (rou) aartappels

2 middelslag uie

1 blikkie sardyne in tamatiesous

106 g gewone sardyne

2 eiers, geklits

125 ml koekmeelblom

10 ml bakpoeier

sout

rooipeper

kookolie vir vlakbraai

Skil die aartappels en uie en rasper hulle op die growwe kant van die rasper. 

Gooi die ergste sous van die sardyne af en druk die vis fyn. 

Voeg die eiers en gerasperde aartappel en uie by die vis en meng. 

Sif die koekmeelblom, bakpoeier, sout en rooi peper saam bo oor en meng goed. 

Skep dessertlepels van die mengsel in vlak, matig warm kookolie in ‘n braaipan en 

druk die hopies in ‘n netjiese fatsoen. Braai die koekies aan weerskante tot gaar. 

Plaas die gaar koekies op kombuispapies sodat alle oortollige olie kan dreineer

KERRIEHOENDER  (JAGTERSBOEK)

(Met erkenning aan Rina Fourie-Sűpra)

Rol 2kg hoender stukkies in die volgende mengsel:

150g koekmeel

20ml suiker

5ml hoender speserye

Aromat, sout en peper

20ml matige kerriepoeier

Plaas vleis in oondskottel en gooi die volgende sous oor:

500ml water

150ml tamatiesous

150ml chutney

50ml worcestersous

1 pak wit uiesoppoeier

Stel oond op 180°C. Skep vleis in oondbak met deksel en bak tot gaar. Haal deksel af en bak bruin en sous verdik

Vries

HOENDERSTUKKE IN DIE OOND (Bedien warm of koud)

Rencia Odendaal Pretorius

Mayonaise hoender

Ek maak my hoenderstukke as volg: Pak hoender in platbak. Maak ‘n  sous met die volgende – mayonaise, hoenderspeserye, sout, peper, roosmaryn, bietjie knoffel, droe pietersielie, bietjie bladjang of appelkooskonfyt en mosterd en so ‘n bietjie suurlemoensap – Meng die dik pasta lekker deurmekaar en skep,smeer bo-oor hoender. moenie water bygooi nie, die hoender het genoeg water in. Sny so ‘n paar skywe uie bo-oor. Sit foil oor en bak vir so  uur en ‘n half na 2 ure by 160grade C. Jy kan dit vir 1 uur op 180 C indruk

Vries

BLADJANG HOENDER

Bestanddele
1 Hoender in stukke
250 ml Olie

Bestanddele – Sous
1 Gekapte Ui
1 k Tamatiesous
2 e Worcestersous
1 ¾ k Meelblom
250 ml Blatjang
40 ml Asyn
140 ml Water.

Metode
Plaas hoender, meelblom, sout en peper in sakkie en skud goed. Verhit olie in diep pan. Braai hoender tot bruin en sag. Verwyder hoender uit pan. Gooi olie uit pan totdat daar slegs 25 ml oor is. Voeg uie by olie en braai uie tot bruin. Voeg al die ander bestanddele by. Voeg hoender by. Sit deksel op pan en prut tot sous dik is.

Rencia Odendaal Pretorius

PAMPOEN POFFERTJIES:

(Almarie Burger)

Sous:

2 kop suiker

2 kop melk

1 kop water

2 eetl botter

5tl maizina angemaak met bietjie van die melk

sout

Kook alles en bring tot kookpunt

Koekie:

2 kop gaar pampoen

2 kop meel

4tl bakpoeier

2 eiers

Meng alles.

Skep nou lepels vol in pan met olie en bak tot gaar.

Pak lae poffertjies, NB jou poffertjies moet warm wees –  gooi WARM sous oor en kaneel en hou so aan tot beslag klaar is.

Ek het myne in my deepfryer gemaak, teelepel gewys ingegooi en die hoeveelheid is ongeveer 50 poffertjies.

Tip: Ek kook bv ‘n hele pampoen net met water gaar, mash dit en verpak dit in sakkies – of 2 koppies – of 1 koppie (1/2 beslag)

As ek dus pampoenpoffertjies wil bak, haal net die sakkie uit, ontvries en bak.

Die resep vries baie goed.

Maalvleis geregte


Maalvleis resepte

Maalvleis resepte

KERRIE MAALVLEIS VETKOEK
Suurdeeg vetkoek (of koop sommer klaar voorafbereide brooddeeg by die winkel)

Bestanddele:
250 g (445 ml) witbroodmeel
250 g (445 ml) koekmeel
10 ml sout
1 x 10 g kitssuurdeeg
15 ml suiker
315 ml warm water
sowat 600 ml sonneblomolie
Meng witbroodmeel, koekmeel, sout en suurdeeg. Kombineer suiker en warm water en voeg by die meel. Meng goed.
Knie deeg vir minstens 10 minute op ’n meelbestrooide oppervlak tot lekker elasties. Plaas deeg in ’n bak (taamlik groter as die deeg).
Smeer ’n klein bietjie olie daaroor sodat dit nie uitdroog nie.

Maak bak toe met kleefplastiek en laat deeg op ’n louwarm plek rys tot byna dubbel die grootte. In koue weer kan jy die vetkoek laat rys in jou lou-oond, op laag.
Knie die deeg af. Rol dit in ’n lang ovaalvorm en verdeel in 6 – 8 vetkoeke.

Plaas vetkoeke op ’n bakplaat en laat weer vir sowat 30 minute rys. Verhit olie in ’n kastrol. Breek ’n klein stukkie deeg af om te toets of olie reg is: As dit dadelik begin braai, is die olie
gereed. Braai 3 vetkoeke op ’n slag. Draai hulle om wanneer die een kant begin verbruin. Verlaag die olie se temperatuur en draai die vetkoeke nou en dan om.

Hulle braai vir minstens 10 minute. Dreineer op kombuispapier.

20150324_202258-001

Kerrie maalvleis

(vulsel vir sowat 8 vetkoeke)

30 ml sonneblomolie
500 g maalvleis
2 uie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 blik gekapte tamaties
20 – 30 ml kerriepoeier
15 ml borrie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
sowat 250 ml water

Verhit olie in ’n kastrol. Voeg maalvleis by en braai vir so 6 minute. Die vleisstukkies moet net loskom van mekaar. Voeg gekapte uie en knoffel by en braai verder vir so 10 minute. Voeg tamaties, kerriepoeier en borrie by. Geur met sout en swartpeper. Voeg water by en bedek. Laat vir minstens 2 uur prut. As vleis lyk of dit wil droog kook, kan jy nog water byvoeg. Maak die vetkoeke en sny oop. Skep van die kerriemaalvleis in en sit dadelik voor met lekker blatjang daarby.

Deur: Radio Eendrag

*

VLEISPASTEI MET DEEG WIELE – Rina Shorty

(beproef)VULSEL
30 ml olyf olie
1 ui fyngekap
1 tl knoffelvlokkies
500 g maalvleis
250 g sampioene in skyies
80 ml koekmeel
300 ml vleisaftreksel
1 blik heel tamaties gekap (of so 3 tamaties geskil en gekap)
5 ml tamatiepasta
5 ml gemengde kruie
5 ml suiker
10 ml mosterdpoeier
sout en vars gemaalde peper
*
 DEEGWIELE
(KORTPAD OPSIE: GEBRUIK PAK PUFF PASTRY/BLAARDEEG IN RINGE/SKYWE GESNY )
250 ml bruismeel
sout
30 ml botter
80 ml melk
250 ml kaas gerasper
60 ml vars pietersielie
1 eier geklits in bietjie melkVerhit olie en braai ui sag, voeg fyn knoffel by en braai min. Voeg vleis by en braai bruin.
Voeg die sampioene by en braai 2 minute. Roer die meel en res van die bestandele by.
Bring tot kookpunt , plaas deksel op en prut 1/2 uur. Skep in pasteibak.WIELE
Sif die meel en sout. Vryf die botter in droe bestandel.
Voeg melk by en knie tot deeg. Rol deeg uit 20×300 cm.
Strooi kaas en pietersielie oor en rol op. Sny in 1.5 cm skywe.
Rangskik op wiele op vleis maar laat ruimte toe vir rys.
Verf met eier en bak 30 minute tot goudbruinDeur: http://kuierkookklets.weebly.com/maalvleis.html

*

KERRIEFRIKKADELLE – Vrouekeur

FRIKKADELLE
1 Kg maalvleis
1 Knoffelhuisie, gekneus of 1 tl vlokkies
½ Koppie room of melk
1 Pakkie Bruinuiesoppoeier
1 Koppie Vars broodkrummels
1 Granny Smith-appel, gerasper
1 Eier
Sout en gemaalde swartpeper
Genoeg olieSOUS
2 Uie Gekap
1 Knoffelhuisie, gekneus
Bietjie olie
1 Teel Droë pietersielie
2 Teel Kerriepoeier
3 Eetl Blatjang
2 Eetl Asyn
1 Teel Bruinsuiker of witsuiker
½ Koppie room of melk
2 Eetl Koekmeel
2 Koppies Vleisaftreksel
Sout en gemaalde swartpeper na smaakStel oond op 180C.FRIKKADELLE
Meng bestanddele vir frikkadelle, behalwe olie, en
vorm in balletjies. Braai frikkadelle in olie tot amper gaar en plaas in groot oondbak.SOUS
Soteer uie en knoffel in olie tot deurskynend en sag. Roer kerrie by en braai bietjie saam met die uie.
Meng res van die bestanddele, roer by uiemengsel in en laat vir 5
minute prut. Giet sous versigtig oor frikkadelle en bak vir 30 minute.
OF LOS JOU FRIKADELLE ROU,
maak die volgende sous en bak alles op 1 slag
….
Kerrie-uiesmoor frikadelle

Bestanddele:
5 groot uie
2 E kookolie vir braai.
1 E kerriepoeier
1 E borrie
1 E mielieblom
¾ k blatjang
½ k appelkooskonfyt
4 tot 5 piesangs (sien eers wenk onder)

Metode:
Sny die uie in groterige ringe.
Braai dit in kookolie tot dit glaserig is.
Meng die kerrie, borrie, mielieblom, blatjang en appelkooskonfyt¬ en voeg dit by die uie.
Laat dit goed deurkook, sny piesangs in – roer deur. Skep ‘n bietjie daarvan onder in ‘n oondskottel.
Pak frikkadelle daarop en gooi die res van die kerrie-uiesmoor¬ bo-oor. Bedek
Bak vir een uur teen 180 C of vir 1 en halwe to 3/4 uur by so 140/150 C

WENK, Indien jy lus voel vir kerrie piesang frikadelle, sny so 4 na 5 piesangs in skywe en voeg by jou sous.

Ek is lief om my frikadelle bietjie langer te bak teen laer hitte dan bak dit nie so vinnig droog nie. Dit het dan ook lekker sousie By 180 C is dit geneig om droog te bak – slegs my opinie (Rens)

Bedien met rys of kapokaartappels en soetpampoen/patats of lekker tamatie en uie salsa.

*

KERRIEMAALVLEIS MET SWEETCORN SLAP PASTEI DEEG
1 groot ui gekap
12.5 ml olie
10 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
25 ml blatjang
25 ml asyn
5 ml suiker
3 ml sout
500 gram maalvleis
2 wortels grof gerasper
125 ml water
2 groot aartappels in blokkies gesny
½ pakkie bruinuiesoppoeier
1 blikkie pitmielies (gedreineer)
2 tamaties geskil en in blokkies gesny (die is opsioneel maar ek glo mens sit tamatie by kerrie vir daardie ekstra spesiale smaak – Rens)Braai die ui 5 minute stadig in die kookolie.
Voeg die kerrie en borrie by en roer om te meng.
Voeg die tamatie, blatjang, asyn, suiker en sout by en laat 10 minute stadig prut.
Voeg die maalvleis en gerasperde wortels en by. Roer totdat die vleis lekker los is.
Voeg nou die water en pitmielies by en laat 20 minute prut. Roer af en toe sodat dit nie brand nie.
Kook intussen die aartappels sag in water met 3 ml borrie daarin. (Jy kan ook sommer die aartappels in die mikrogolf oond sit in jou plastiese sak vir so ongeveer 6 min)
Gooi die water af en voeg die aartappels by die vleis. Maak die sop met 75 ml water aan en voeg dit by die vleis en laat kook vir 10 minute.Bedien KERRIE resep as kerrie en rys met lekker bladjang, klapper en piesangs oor
OF
MAAK ‘N SWEETCORN SLAP PASTEI DEEG
1 koppie bruismeel (of 1 kop meel en 7.5ml bakpoeir)
5ml droe mosterd poeier
Sout en peper na smaak
10ml pietersielie
60ml botter
1x 420gr blikkie sweetcorn (roommielies)
60ml melk
1 eier
Meng die droe bestandele en pietersielie
Vryf met jou vingers die botter in die droe bestandele in
Meng die blikkie sweetcorn in, eier en melk. Meng goed
Gooi oor maalvleis en bak vir ongeveer 25 na 30 min by 180 C of tot goudbruinBedien saam met rys of kapokaartappels, soet pampoen/ patats, skorsie met suiker kaneel en botter, tamatie salsa of mengelslaai

*

BOBOTIE – (OOND EN MIKROGOLF)
.
BOBOTIE (MIKROGOLF)
1 groot ui gekerf
1 sny brood
200ml melk –
750gr maalvleis
2 eiers
15 ml appelkooskonfyt
50 ml suurlemoensap
60gr rosyne
4 teel kerrie
5ml borrie
sout en peper
30 ml Bladjang
Mikrogolf die olie en ui vir 1 min – roer – mikrogolf verder vir 3 min. Week brood in helfte van die melk – Voeg al die bestandele bymekaar BEHALWE die oorblywende melk, eier en suurlemoensap – Bedek en mikrogolf op 100 persent vir 10 minute – roer deur – maak weer gelyk en druk plat in bak. Meng nou die melk, eier en suurlemoensap gooi bo-oor en mikrogolf vir 10/12 min op medium (onbedek)
Gee staantyd van so 10 minute en bedien met geelrys en slaai.
 .
 BOBOTIE: (OOND)

1 dik sny witbrood
50ml koue melk
500g maalvleis
1 ui (fyn gekap)
5ml sout
1ml vars gemaalde swartpeper
2ml knoffelvlokkies
10ml matige kerriepoeier
1ml borrie
12,5ml blatjang
12,5ml asyn
3 eiers
1lourierblaar
12,5ml mielieblom (maizina)
12,5ml koue water
350ml kookmelk

Voorverhit die oond tot 160C. Week die brood in die melk en druk dan die oortollige melk uit. Hou die sagte brood eenkant. Meng die maalvleis, ui, sout, peper, knoffelvlokkies, die helfte van die kerriepoeier, die borrie, blatjang, asyn, 1 eier en die sagte brood. Skep die vleismengsel uit in ‘n goed gesmeerde oondskottel , steek die lourierblaar daarin en bak dit 15 minute lank op die middelste oondrak sodat die bobotie ‘n kors bo-op kan vorm. Hou dit eenkant warm. Klits die oorblywende 2 eiers saam en hou dit eenkant. Meng die mielieblom, die res van die kerriepoeier en die koue water tot ‘n gladde pasta en roer dit by die geklitse eiers. Voeg die kookmelk geleidelik by en laat dit prut totdat dit effens verdik. Roer dit voortdurend. Haal die mengsel van die plaat af en gooi dit oor die bobotie. Bak die bobotie nog 25-30 minute lank op die middelste rak van die oond totdat dit ferm en ligbruin is.
Bedien warm met blatjang.

Bedien bobotie met geelrys/witrys, soet pampoen of patats, tamatie en uie salsa

 *

TORTILLA MAALVLEIS PASTEI

Bestanddele:

2 uie,

greenpeppers gekap

5 mushrooms (gekap) (opsioneel)

1kg maalvleis

Peper

2 sakkies tamatie pasta

1 e Worcestersous

1 t peri peri speserye (opsioneel)

1 k water

1 pakkie oxtail soppoeier.

1 pak tortilla wraps (so ongeveer 6-8)

1 blikkie sweetcorn mielies

½ k chutney

½ k Mayonaise

Redelik baie gerasperde cheddar kaas

Ringkoekpan wat kan losknip of groot genoeg plat pan sodat hele “koek”uitgelig kan word

Braai uie oor matige hitte in olie tot lekker bruin

Gooi maalvleis by en braai tot bruin.

Gooi sout, peper, tamatiepasta, worcestershiresous,mielies en peri peri by en braai goed deur. Gooi water en soppoeier by tot dit ‘n lekker baie dik sous maak.

Meng Chutney en Mayonnaise. Smeer of spuit die pan goed. Sit 1 tortilla onder in. Smeer met so 1-2 eetlepels chutney mengsel. Skep so 1,5 cm laag maalvleismengsel oor. Sprinkel kaas oor. Herhaal tot jy eindig met ‘n tortilla. Smeer laaste tortilla met orige chutney mengsel en strooi kaas oor.

Bak in oond vir 45 min op 160C

Bedien 6-8 mense.

*

MAALVLEIS POFFERS

250 ml melk

2 eiers
125 ml olie
250 ml koekmeel
2 ml sout
10 ml bakpoeier
2 ml aromat / fondor
maalvleis

Klits vloeistof. Meng droe bestandele by (baie slap).
Skep deeg, dan maalvleis, dan weer deeg in kolwyntjiepannetjies.
Bak by 232ºC tot goudbruin.
(*Jy kan vienas, hoender, kase, tuna enigiets insit)
heerlik vir padkos ook

*

MAALVLEIS SONDER MOEITE

1 Ui

500 g maalvleis

100 ml blatjang

1 koppie rou rys

Knypie sout

1 blikkie Minestronesop

1 blikkie geroomde sampioene

500 ml kookwater

Braai die ui in ‘n bietjie olie en voeg maalvleis by. Braai tot bruin. Sit in ‘n oondvaste bak met ‘n deksel en voeg blatjang bo-oor.

Strooi die koppie rou rys eweredig bo-oor, asook sout.

Gooi minestronesop bo-oor en ook die sampioene. Voeg laastens die kookwater by. Sit deksel op en bak in oond vir 1 tot 1 ½ uur in ‘n voorverhitte oond teen 180°C

*

 MAALVLEIS-EN-RYSGEBAK

2KoppiesGaar rys
1KoppieKaas, gerasper

Spek
1PakkieSpek, gekap
1PakkieSampioene, in skyfies gesny
½ElkRooi en groen soetrissie, in blokkies gesny

Maalvleis
1UiGekap
1Knoffelhuisie, gekneus
Bietjie olie
600GBeesmaalvleis
½TeelGedroogde gemengde kruie
½TeelGedroogde soet basiliekruid
Sout en swartpeper na smaak

Sous
1PakkiePotato bake of witsuiesoppoeier
¾KoppieWarm melk
1KoppieDikroom
½KoppieWater

Stel oond op 180C. Spek : Soteer spek en voeg bietjie olie by indien nodig. Voeg sampioene by en soteer nog 5 minute. Voeg soetrissie vir laaste 2 minute by en verwyder van hitte. Maalvleis : Soteer ui en knoffel in olie tot ui sag is. Voeg maalvleis, kruie, basiliekruid en sout en peper by. Braai tot vleis gaar is en verwyder van hitte. Sous : Maak potato bak met warm melk aan. Roer dikroom en water by. Hou eenkant. Skap gaar rys onder in diep gesmeerde oondbak, gevolg deur spekmengsel, maalvleismengsel en sous.

 *

MAALVLEISPASTEI

1 kg maalvleis
2 k koue water
1 k sagte broodkrummels
25 ml asyn
10 ml sout
knippie peper
Kors:
1 eier
125 ml olie
125 ml melk
1 k meel
2 t bakpoeier
2 ml sout

Plaas bestanddele vir die vulsel in pot. Meng met vurk. Verhit tot kookpunt, roer gereeld en laat kook vir 5 minute. Voorverhit oond tot 180ºC en skep vleismengsel in skottel. Klits eier, olie en melk saam. Roer meelmengsel by en skep beslag bo op vleis. Bak vir 30 min tot goudbruin. Hierdie tert vries baie goed

*

HEERLIKE MAALVLEIS GEBAK

Oond 180 gr C.

Braai 1 groot gekapte ui en 500 gr maalvleis in bietjie olie tot vleis gaar is. Skep in oondvaste, diep bak, ek vat sommer my casserol. Skep paar lepels blatjang van jou keuse oor, en smeer gelyk. Gooi 1 k rou rys oor en sprinkel half t sout oor.Gooi 1 blikkie groentesop bo-oor en volg met 1 blikkie geroomde sampioene. Gooi nou 2 k kookwater bo-oor en bak vir 1-1 en half uur. Sit voor met groente of slaai

 *

MAALVLEIS IN MUFFINPANNETJIES

Hier is ietsie vinnig en lekker, maak net ‘n slaaitjie by: Maak maalvleis gaar soos jy daarvan hou(dit moenie souserig wees nie). Sny brood met sirkel koekiedrukker & smeer met botter. Plaas dit in muffinpannetjies en skep maalvleis in. Gooi kaas oor en bak tot brood bros.

*

 MAALVLEIS EN BLADJANG GEREG

Neem n koppie rys en kook net tot amper sag. Dreineer en hou eenkant. Braai uie bruin en gooi die maalvleis by. Sout en peper na smaak. Braai tot bruin. Neem n gesmeerder oondbak en gooi rys in en maak gelyk. Smeer n laag blatjan oor die rys. Gooi 1 koppie kookwater stadig oor. Moennie roer nie. Gooi nou die maalvleis oor. Neem n blik sampioensop en gooi dit boop maalvleis. Sit deksel op en bak vir 1 uur op 150 grade.

*

MAALVLEISGEREG MET CHAKALAKA EN BUTTERNUT

Braai 2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot. Gooi by : 1 blikkie Chakalaka met butternut en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)
Gooi droe spaghetti/noedels bo-oor. Gooi nou water bo-oor die mengsel sodat die water bokant die mengsel le.
Sit die deksel op en stoom tot gaar. Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.
Maak intussen ‘n lekker dik witsous en as spaghetti gaar is, gooi die witsous bo-oor.
Rasper nou 2 kase bo-oor. ‘n wit kaas bv Tussers en ‘n geel kaas bv Chedder
Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is.
Bedien met vars mengelslaai

*

CHILLI CON CARNE

Bestanddele
1 Pakkie Maalvleis
1 Ui
1 Rooi Soet Rissie
Chilies na smaak
Tabasco Sous na smaak
Sout, Peper en Origanum na smaak
1 Blikkie Tamatie Puree
1 Blikkie Tamatie en uie smoor
1 Blik Rooi “Kidney” boontjies
½ Blikkie Sweet corn

Metode
Sny ui, chilies en soet rissie fyn en braai in olie tot ligbruin. Voeg maalvleis by en braai. Voeg ander bestanddele by en braai. Stel hitte af en prut stadig vir 15 minute.

*

MAALVLEIS PASTEI MET RYSKORS

1 dik sny brood, korsies verwyder
Bietjie melk
sout en peper na smaak
5ml koljander
37,5ml asyn
500g maalvleis
1 tamatie
3 repies spekvleis
50ml gerasperde kaas
Week brood, in ‘n bietjie melk, druk uit en krummel. Voeg geurmiddels by maalvleis. Voeg brood by en meng. Skil tamatie, kap in blokkies en voeg by. Druk helfte van mengsel liggies in gesmeerde oondskottel. Rangskik spekvleis en kaas bo-op. Plaas res van vleismengsel bo-oor. Skep volgende kors oor vleismengsel.
KORS:
2 eiers 125ml melk
12,5ml gesmelte botter 125ml gaar rys
125ml meelblom 5ml bakpoeier
125ml gerasperde kaas
Klits die eiers goed en voeg die melk by. Voeg botter en rys by. Sif meelblom en bak poeier by en skep bo-oor vleismengel in oondskottel. Strooi kaas oor en bak vir 1 uur by 180C.

*

RYSVERRASSING

500 g maalvleis
olie
2 uie, gekap
3 knoffelhuisies, gekap
2 ryp tamaties, geskil en gekap
helfte van `n 65 g blikkie tamatiepasta
worcestersous na smaak
sout en peper na smaak
5 ml basiliekruid
500 – 750 ml gaar rys

Braai die ui en knoffel in die olie tot sag, voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Voeg die tamaties, tamatie pasta en geurmiddels by. Prut `n paar minute tot tamatie gaar is. Voeg die rys by, meng goed en verhit tot deurwarm. Dien op met slaai en vars broodrolletjies indien verkies.

*

KRUMMEL MAALVLEISPASTEI
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
olie
500 g maalvleis
1 blik boontjies in tamatiesous
15 ml worcestersous
sout en peper na smaak
Bolaag:
60 ml botter
200 ml koekmeel
2 ml basieliekruid
200 ml gerasperde kaas

Braai die ui en knoffel in `n bietjie olie tot sag. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar. Voeg die boontjies en worcestersous by en geur na smaak met sout en peper. Skep in `n gesmeerde oondvaste bak.
Vryf die botter met jou vingerpunte in die meel in. Voeg die basieliekruid en kaas by en meng goed. Sprinkel oor die maalvleismengsel. Bak by 180 grade C vir 20 – 30 minute tot goudbruin en gaar. Dien op met slaai of groente van jou keuse

*

MAALVLEIS-EN-HOENDERLEWERLEKKERTE
6 preie, in ringe gesny
bietjie botter of margarien
500g hoenderlewers, in stukkies gesny
250g maalvleis
250ml room
2 tamaties, in blokkies gesny
5ml droë pietersielie
5ml knoffelsout
sout en peper na smaak
3 druppels Tobasco, indien verkies
Braai die preie in ‘n swaarboomkastrol tot sag en deurskynend. Voeg die hoenderlewer en maalvleis by en roerbraai liggies tot amper gaar. Voeg die res van die bestanddele by, sit deksel op en prut ‘n halfuur.

*

EENBAK MAALVLEIS GEREG:

Kook saam tot gaar : 500gr maalvleis, 250ml water 5ml sout 2ml peper
Skep maalvleis in platbak
Smeer 100ml chutney oor
Strooi 250ml rou rys bo-oor
Gooi 1 blik (410gr) ministrone sop oor
Gooi 1 blik geroomde sampioene oor
Gooi 500ml gekookte water bo-oor
Bak vir 1 en half uur opmiddelste rak op so 140/160 grade

*

SPAGHETTI BOLOGNAISE
375 g spaghetti (gaar)
1 ui, fyn gekap
12,5 ml olie
500 g maalvleis
5 ml sout
3 ml gemengde speserye
3 ml tiemie
3 ml kaneel
12,5 ml appelkooskonfyt
25 ml blatjang
1 x 410 g blik tamatiepuree

Braai ui tot sag in olie. Voeg maalvleis by en braai tot los. Voeg res van bestanddele behalwe kaas by en meng goed. Ek gooi `n halwe blik water (spoel die puree blik daarmee uit) ook by. Prut sowat 20 minute lank. Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak, dreineer goed en meng met die vleissous.

*

MAALVLEIS BOLLE BOLOGNAISE
Spaghetti (gaar)
1 ui gekap
1 pakkiek tamatieroomsoppoeier
15ml margarine
37.5ml tamatiesous
25ml blatjang
12,5ml worcestersous
250ml koue water
3ml tiemie
1 klein blikkie ingedampte melk (ideal melk)
Garnering:
Vars gekapte pietersielie en spruituie (na smaak en ook opsioneel)
Braai die ui in die margarine tot bruin, Meng die res van die bestandele by. Roer goed deur en kook vir ongeveer 15min. stadig. Plaas maalvleisbolletjies in die mengsel en kook vir so 10 minute. Bedien op spaghetti.

*

MAALVLEIS PANNEKOEKE

PANNEKOEK

4k koekmeel

4t bakpoeier

4 eiers

4k water

1t sout

Meng alles goed tot gladde mengsel.

MAALVLEIS PANNEKOEK VULSEL

 Braai uie tot sag.   Gooi  maalvleis by en roerbraai so ‘n rukkie tot maalvleis los is . Voeg aartappelblokkies by en bietjie  water en kook tot  gaar – as aartappels sag en is, gooi orige water af en maak die aartappels fyn teen die kant van jou pot – Dit maak dat die maalvleis so ‘n lekker dik stywe beslag is. Gooi by sout, peper bladjang na smaak en roer deur.

Jy kan nou die pannekoeke net so opdien

OF

Maak lekker dik witsous, rol jou pannekoeke op met die maalvleis, sit in ‘n bak, gooi die witsous bo-oor, rasper kaas bo-oor en bak in die oond by 180 C tot lekker deurwarm en kaas gesmelt is.

*

MAALVLEIS MET SPINASIE EN FETA

Deur Huisgenoot Digitaal

Genoeg vir 4-6 mense

15 ml (1 e) olyfolie
2 uie, gekap
500 g maalvleis
sout en peper
400 g baba-spinasie
250 g feta
250 ml (1 k) room

Verhit die olie en soteer die uie tot goudbruin.
Voeg die maalvleis, sout en peper by. Roerbraai tot die maalvleis gaar en bruin is.
Verminder die hitte en voeg die spinasie, feta en room by. Laat prut 2 tot 3 minute.
Sit voor saam met pap.

*

LALALA (LAGIE) MAALVLEISGEREG
Braai mince en uie tot gaar, spice soos wil.
Pak dan lae (dis waar die naam vandaan kom) met groente.
Heel onder sommer in pot waarin jy mince gebraai het, gesnyde aartappel,
2de laag is wortels gesny,
3de laag is 1/2kop rou rys,
4de laag is blik room mielies,
5de laag is groenboontjies,of ertjies,nes jy wil,
6de laag is blik tamatie en uie smoor,
7de laag is die gebraaide mince.
Maak pakkie tamatie sop aan met 1kop water, gooi bo-oor, maak deksel toe. Sit in oond op 180 tot gaar, so 45min. Al die groentes en rys is rou!

*

ALLES IN EEN MAALVLEISPASTA

250 g macaroni
Witsous:
45 ml botter
45 ml koekmeel
sout en peper
375 ml melk
Maalvleis :
2 uie, gekap
bietjie olie
800 g beesmaalvleis
250 g sampioene in skyfies gesny
2 geelwortels, in skyfies gesny
6 murgpampoentjies, skyfies gesny
knippie gemaalde kaneel
5 ml paprika
sout en peper
15 ml vars pietersielie, gekap
1 x 410 g blik pitmielies, gedreineer
250 ml cheddarkaas, gerasper
125 ml melk
2 eiers
Stel oond op 180°C.
Kook pasta tot gaar, nie pap nie.
Maak witsous met botter, meel en melk en geur met sout en peper na smaak Hou eenkant
Braai uie
Voeg vleis by en braai tot los en bruin
Voeg groente by en roerbraai nog 10 min.
Voeg res behalwe eiers en melk by.
Meng pasta, maalvleis en witsous en skep in `n gesmeerde oondbak. Klits eiers en melk saam, giet oor gereg en bak vir 30 min tot gaar.

*

MIELIEPAP EN VLEIS GEREG

250ml mieliemeel
500ml water
Knypie peper
½ tl braai speserye
5ml sout
¼ t tamatiesous
1 ui fyngekap
250ml kaas gerasper
1 soetrissie fyn
1 tamatie
1 E olie
2 eiers
250ml gemaalde vleis
125ml melk

Meng mieliemeel, water en sout en kook vir 20 min.
Braai ui en soetrissie in olie.
Voeg vleis, peper, speserye en tamatiesous by en laat stadig stowe tot vleis gaar is.
Meng vleis en pap en gooi in gesmeerde oondskottel.
Sprinkel kaas bo-oor.
Sny tamatie in skywe en pak bo-op.
Klits eiers en melk saam en gooi bo-oor.
Bak vir sowat 30min by 200°C.

*

MAALVLEIS-EN-PASTAGEBAK
125 g spekvleis, gesnipper
500 g maer beesmaalvleis
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
1 groen soetrissie, gekap
‘n halwe pakkie bruin uiesop
1 blik (410 g) gekapte tamaties
500 ml beesvleisaftreksel
125 ml blatjang
Sout, peper en suiker na smaak
500 g pasta (macaroni of penne)
375 ml gerasperde kaas
375 ml vars broodkrummels
60 ml gesmelte botter
45 ml vars pietersielie, gekap

Braai die spekvleis in ‘n swaarboompot tot gaar. Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Braai die uie, knoffel en soetrissie in ‘n pan tot sag. Voeg by die maalvleismengsel en sprinkel die uiesop oor. Roer deur, voeg die tamaties, aftreksel en blatjang by en laat deurkook. Geur met sout, peper en suiker en laat prut tot geurig (die vleis moet nog lekker souserig wees). Kook intussen die pasta volgens die aanwysings op die pak tot gaar, maar steeds ferm.Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die pasta liggies met die vleismengsel en skep in ‘n groot oondbak. Meng die kaas en broodkrummels met die pietersielie sprinkel bo-oor. Bak vir 30 — 40 minute tot goudbruin. Sit warm voor met slaai.

*

SPEK- BOONTJIE EN MAALVLEISETE
250g maer spek stukkies (bacon bits)
300g maer maalvleis
beesaftrekselpoeier
10g blik tamatie- en uiemengsel
500g McCain Green Beans, Potato & Onion
45ml grofgekapte pietersielie
geurmiddels: brandrissiesous, fyngekapte knoffel en gemaalde swart peper
Plaas spek en maalvleis in ‘n kastrol en roer oor matige hitte tot lekker bruin. Geur liggies met aftrekselpoeier. Voeg McCain boontjiemengsel en tamatiemengsel by. Geur na smaak en prut ongeveer 15 minute, of tot gaar genoeg na jou sin. Vurk pietersielie deur en bedien met pasta en ‘n slaai.

*

FRIKKADELSLAAI
Frikadelle:
500 g maer maalvleis
1 sny brood, geweek in 100 ml melk
1 klein ui, fyn gekap
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
1 ml fyn naeltjies
30 ml asyn
50 ml gekapte pietersielie.
Krummel brood. Voeg res van bestanddele by. Meng liggies met ‘n vurk. Vorm klein frikkadelle. Plaas op ‘n bakplaat. Bak by 160 C vir 20 minute en laat afkoel.
Slaai:
1 krop botterslaai
½ Engelse komkommer, in skywe gesny
425 g-blikkie klein mielies, gedreineer
150 g swart druiwe
10 kersietamaties
30 ml gekapte pietersielie.
Pak blaarslaai op ‘n groot plat bord. Rangskik frikkadelle, komkommer, mielies, druiwe en tamatie bo-op slaai. Sprinkel met pietersielie.

8

PAAR LEDE SE HUISKOK RESEPTE

Helene Smit Neem maalvleis gooi 1pakkie bruin uiesoppoeier by en halwe kop chutney. Maak balletjies en bak in oond vir halfuur op 180C

Helen Smit Boere-bryani::::::braai 1 kop rys in biki olie tot gepof,sny uie en greenpepper in braai so 5min,voeg maalvleis by,maak los met n vurk,braai tot droog gooi nou enige groente bo-op met jou souit,peper,neutmuskaat,mespunt gemaalde naeltjies en eetlepel asyn by.Roer lekker deurmekaar.maak toe met water tot bokant van mengsel.laat prut stadig tot vloeistof weg is.moenie verdik,skep net so op.Dis HEERLIK!

Natasha Ludwig Bezuidenhout Lekker ek maak kerrie maalvleis en rys Braai gesnyde ui in pan met botter kan rajah meduim curry powder so 1 tlp by uie gooi en braai gooi maalvleis by en braai tot bruin en gaar ek gooi Dan curry mixed vegetables wat in die blikkie is by en kook nog so paar min gooi peper en sout na smaak en sit voor met gaar gemaakte reis. Dis vinning en maklik. As jy dit nie te sterk wok he nie hoef jy nie die rajah by te gooi nie. Hoop julle geniet dit

Chrissie van Zyl Pasta en maalvleis. Alfredo pasta. Ek gebruik macaroni en alfredo pasta sous in pakkie.
Maalvleis gaan ek klein frikkadellietjies. Maak en roerbraai groente braai en dan saam rangskik bo op macaroni en groenslaai saam bedien.

Magrietha Bronkhorst Ek gaan vanaand net my weergawe van macaroni en kaas maak. Ek maak my maalvleis gaar en macaroni apart dan meng ek kaas en macaroni en sit 1ste in bak, dan my maalvleis met kaas oor en dan mash bo oor en bak dan in oond.

Alida Potgieter Le Roux Hier is my maalvleis bydra. Maalvleis en blatjan kasserol. Neem n koppie rys en kook net tot amper sag. Dreineer en hou eenkant. Braai uie bruin en gooi die maalvleis by. Sout en peper na smaak. Braai tot bruin. Neem n gesmeerder oondbak en gooi rys in en maak gelyk. Smeer n laag blatjan oor die rys. Gooi 1 koppie kookwater stadig oor. Moennie roer nie. Gooi nou die maalvleis oor. Neem n blik sampioensop en gooi dit boop maalvleis. Sit deksel op en bak vir 1 uur op 150 grade. Dis heerlik!

*

MAALVLEIS BROODJIE

(Amanda Gerber)

Ek meng my maalvleis met eiers, broodkrummels, gemengde groente as jy wil en speserye. Dan gooi ek klein bietjie water in n broodpannetjie, sit die maalvleis daarin en bak ini oond tot gaar. O ja onthou om die pannetjie te spuit met spray en cook dat hy nie vassit nie.

MEATLOAF 

Renata Niemand ‎

500g maalvleis, 1 pak mushroom sop, 125ml water, 1 ui gerasper, Knoffel, 1k vars broodkrummels, 2 eiers, 15ml meel, 5ml sout, 1k mayonaise: meng saam en bak in broodpan by 180C vir 1 uur

 Michell Brundyn-Vorster

ONDERSTEBO MAALVLEISTERT

(die 1 kom uit my ma se plakboek)

600g maalvleis
1 ui, fyngekap
15ml (1e) vars origanum blaartjies
3 eiergele
sout & peper
125g spekvleis
125g sampioene, in skyfies gesny
125g bloukaas, gekrummel
400g skilferkorsdeeg, ontdooi en ligweg uitgerol

Voorverhit die oond tot 200’C. Meng die vleis, ui, origanum, eiergele, sout en peper in ‘n mengbak. Smeer ‘n 20cm koekpan, voer die boom uit met bakpapier en smeer weer.
Rangskik die spek op die bakpapier, gevolg deur die sampioene. Sprinkel die bloukaas oor. Skep die maalvleismengsel bo-op. Sny die deeg effens groter as die koekpan, bedek die vleis daarmee, druk die deeg effens langs die kante in. Bak die tert sowat 30 na 40 min of tot gaar.
Laat rus die tert ‘n paar minute en keer uit op ‘n groot opdienbord. Sny in skywe en sit voor saam met slaaie.

*

MAALVLEIS EN AARTAPPEL GEBAK

Vleissous

1 ui, gekap 2 knoffelhuisies, fyn gekap 10 ml olyfolie 10 ml koljander 5 ml komyn 500 g beesmaalvleis 60 ml tamatiepasta 1 x 410 g blik gekapte tamaties Water Sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak 45 ml gekapte, vars oreganum 6 middelslag-aartappels, gaar gekook en skille afgetrek 125 ml room 3 ml neutmuskaat 125 ml gerasperde cheddarkaas

Braai die ui en knoffel in die olie tot sag. Voeg die speserye by en braai tot geurig. Voeg die vleis by en braai bruin. Voeg die tamatiepasta en gekapte tamaties by. Maak die tamatieblik vol water en voeg by die vleis. Geur goed met sout, peper en ’n bietjie suiker en roer die oreganum deur. Laat prut vir sowat 20 minute tot geurig en effens verdik. Voorverhit oond tot 180 °C en sny aartappels in skywe. Begin met ’n dun lagie vleissous onder in ’n oondbak. Pak ’n laag aartappelskywe bo-op en skep nóg ’n lagie vleissous op. Herhaal die lae en eindig met ’n laag aartappels. Giet room oor en sprinkel neutmuskaat en kaas oor. Bak vir 30 minute. Sit voor met ’n mengelslaai. Lewer ses porsies.

Vir nog ‘n paar resepte :

https://kreatiewekosidees.com/?s=LASAGNE

https://kreatiewekosidees.com/?s=MAALVLEIS

https://kreatiewekosidees.com/?s=PASTA

https://kreatiewekosidees.com/?s=FRIKADELLE

https://kreatiewekosidees.com/?s=BOBOTIE

https://kreatiewekosidees.com/?s=KERRIE+EN+RYS

https://kreatiewekosidees.com/?s=HERDERSPASTEI

*

KERRIEMAALVLEIS – TORTILLAS/QUESADILLAS

Deur Huisgenoot Digitaal

MAALVLEIS
2 uie, gekap
2 knoffelhuisies,
fyngedruk
15 ml (1 e) olie
500 g maalvleis
30 ml (2 e) kerriepoeier
45 ml (3 e) blatjang

QUESADILLAS
4 tortillas
200 g spinasie,
gekap
200 g mozzarella, gerasper

Verhit die oond tot 200 °C.

Maalvleis Braai uie en knoffel in olie. Voeg res van bestanddele by; roerbraai tot gaar.
Quesadillas Pak ’n tortilla op ’n plaat, sit ’n derde van die vleis, spinasie en kaas bo-op, herhaal. Eindig met ’n tortilla.
Bedek met foelie, bak 15 minute, verwyder foelie, sprinkel nog kaas en rooster tot gesmelt.
Sny in skywe; sit voor.

*

MAALVLEISROL
Elizma se Swellendam Maalvleisrol ~ RSG

BESTANDDELE

1 groot ui, gekap
4 eetlepels olie
1 groot knoffelhuisie, opgekap (of 1 eetlepel fyn rou winkelknoffel)
1kg maer beesmaalvleis
2 eetlepels vars pietersielie
2 eiers, lig geklits
2 snye bruinbrood, korsies afgesny en die res in klein blokkies gesny
sout na smaak
kruie
150g Cheddarkaas, gerasper

METODE

Verhit die oond tot 180 grade Celsius.
Braai die uie tot net gaar in ‘n bietjie olie.
Gooi die knoffel by en braai verder vir 1 minuut.
Hou eenkant
Meng al die droë bestandele saam.
Meng dit met die maalvleis en die eiers.
Druk die maalvleis uit op ‘n stuk kleefplastiek tot 1cm dikte.
Smeer ‘n lagie van die uie en knoffel oor die uitgerolde maalvleis.
Sprinkel die kaas oor.
Rol die maalvleis versigtig op en verwyder die kleefplastiek.
Plaas die vleisrol in ‘n oondskottel.
Bak vir 45 minute tot die kaas begin uitloop aan die kante.
Bedien met ‘n sous van jou keuse, pasta en groente.

*

MAALVLEIS BOLLETJIES/FRIKADELLE
500 na 750 gr maalvleis
2 groot aartappels (gerasper)
1 groot ui (gerasper)
1 groot wortel ( gerasper )
2 eiers
Groot handvol oats
1tl kerrie
2eetl asyn
Sout en peper
1tl teel bakpoeier
1 eetl bruin uiesoppoeier
Meng al bo-genoemde bestandele
Maak bolle en sit in kasserol
Vat enige soppoeier van jou keuse – maak aan met 500ml water
Gooi bo-oor en bak (bedek) by 130/140 grade vir 1 ¼ na 1 ½ uur
PASOP DAT JY NIE DIE OOND TE HOOG STEL NIE, ANDERS BAK JOU MAALVLEISBOLLE KURKDROOG. Dit moet nog ‘n lekker sousie he.
KOOL FRIKADELLE:
Vat jou kool. Laat le in kookwater of sit in mikrogolf in water vir rukkie sodat die kool lekker sag en elasties raak. Vou om frikadelle. Sit in casserol, giet soppoeiermengsel bo-oor en bak met deksel op.

*

HERDERSPASTEI
4 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 eetlepel botter
1 eetlepel fyngekapte ui
¼ koppie gerasperde cheddarkaas
sout en peper na smaak
5 wortels, gekap
½ kop bevrore ertjies
1 eetlepel olie
1 ui, gekap
500gr maalvleis
2 eetlepels meel
1 eetlepel tamatiesous
¾ koppie vleis aftreksel (beesblokkie aangemaak in ¾ kop water)
Jy ka nook sommer ‘n bietjie veggie mix ook ingooi in die plek van die ertjies en wortels
¼ koppie gekerfde cheddarkaas
Verhit die oond tot 180 C. Kook die aartappels vir sowat 15 minute of tot die aartappels gaar. Dreineer en mash die aartappels. Meng die botter, 1 eetlepel fyngekapte ui, en ¼ koppie gerasperde kaas by. Voeg sout en peper by na smaak. Hou eenkant
Kook wortels vir ongeveer 15 minute of tot sag en maak fyn. In ‘n groot pan, braai uie tot sag Voeg die maalvleis by en braai tot bruin. Gooi die oortollige vet af , en voeg dan meel by en braai vir ‘n verdere minuut of so . Voeg die tamatiesous, ertjies en vleisaftreksel by Bring die mengsel tot kookpunt, verminder dan die hitte en prut vir 10 minute. Die mengsel moet ‘n lekker dikkerige mengsel wees. Indien nie, verdik ‘n bietjie.
Gooi die maalvleismengsel in ‘n plat bak. Smeer die fyn wortels bo-oor en dan die lag fyn aartappels. Strooi gerasperde kaas bo-oor en bak vir 20 minute of tot goudbruin.

*

PASTA EN MAALVLEIS
500 g maalvleis.
1 blikkie tamatie en uiesmoor.
1 pakkie soppoeier (bruin uie).
Half pak rou pasta (macaroni, skulpies, wieletjies, .
2 tot 3 koppies kookwater

Metode:
Braai die maalvleis tot gaar, gooi die soppoeier bo-oor en roer. Gooi die blikkie tamatie en uiesmoor bo-oor en roer. Gooi die pasta bo-op en dan die kookwater, eers net 2 koppies. Sit die deksel op en wag so 15 min. Die mengsel moet prut en nie te vinnig kook nie anders brand die vleis aan die onderkant. Haal deksel af en roer die pasta tussen die vleis in. Nou behoort mens te sien of nog kookwater nodig is om die pasta sag gekook te kry. Indien nodig gooi dan nog kookwater by en moenie die deksel terugsit nie. Na so 5 min behoort alles gaar te wees. As mens van baie sout in kos hou sal dit nodig wees om nog sout by te gooi, maar ek het gevind dat die soppoeier dit genoeg geur vir ons smaak. ‘n Bietjie chutney bo-oor is heerlik

*

BOLOGNAISE BASISRESEP – voeg hierby jou maalvleis bolletjies of jou maalvleis wat gebraai is
Gebruik hierdie resep en maak sommer ‘n lekker groot klomp, vries dit in porsies en maak verskillende geregte daarvan.
45ml olyfolie
250g spek grof gekap
1 ui fyn gekap
2 knoffelhuisies gekap
500g maalvleis
1 x 400g blik tamaties
250g tamatiepasta
hand vol tiemie
350ml rooiwyn
100g parmesaankaas gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:
Verhit olyfolie tot warm in middelslag pot. Voeg spek, ui en knoffel by. Roerbraai vir 5-8min of tot spek mooi bruin is. Voeg maalvleis by en braai verder vir nog 5-8min of tot die vleis bruin is. Maak seker jy roer al die klonte in die maalvleis goed sodat jy ‘n lekker los mengsel het. Voeg blik tamaties, -pasta, helfte van tiemie en al die rooiwyn by. Meng goed en sit hitte op laag. Laat stadig prut vir minstens 90min terwyl jy elke 10min roer. (Hoe langer dit kook, hoe lekkerder is die sous). Voeg parmesaankaas en res van tiemie by. Roer weer. Geur goed met sout en peper. Sit voor saam met gekookte spagetti

maalvleis en lewertjies gereg

Maalvleis en hoenderlewertjie gereg met die pap-twist

MAALVLEIS EN HOENDERLEWERTJIES MET ‘n PAP-TWIST

500gr maalvleis

500gr hoenderlewetjies

2 medim uie – gekap

5 Sampioene gekap

1 klein groen rissie gekap

2 Tamaties – geskil en gekap

1 blikkie chakalaka – hot and spicy – gebruik tamatie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie

Ongeveer ‘n ½  na ¾ kop room

Sout peper en knoffelvlokkies na smaak

1 pot slappap – maak soos slap ontbytpap

Braai die uie, sampioene en rissies tot gaar

Skep uit en hou eenkant

Braai die maalvleis, hoenderlewertjies, knoffelvlokkies , sout en peper tot gaar

Voeg die tamaties by en roerbraai vir ‘n rukkie

Voeg die chakalaka/tamatie en uiesmoor en uiemengsel  by en roerbraai tot deurwarm

Gooi ‘n lagie pap onder in gesmeerde bak

Gooi  ‘n lagie van die vleismengsel en gooi die helfte van die room oor

Weer ‘n lagie pap en die orige vleismengsel

Eindig af met die laaste bietjie room

Strooi bietjie gerasperde kaas oor en bak by 180C vir so 20 na 30 min

ilse maalvleis

Ilse se Mince Mate

ILSE SE MINCE MATE

1kg maalvleis
3 groot uie
1 k rooi wyn
2 e fyn knoffel
1 vars roosmaryn takkie, trek blaartjies af en kap fyn
1 e pietersielie
1 e mixed herbs van Robertsons
1 t Oregano
1 blik tamatie en uie smoor
2 klein blikkies tamatie pasta
2 blikkies sampioene
2/3 pak rou spaghetti
800ml kookwater

Braai die uie tot ligbruin. Gooi maalvleis by en gooi 1/2 k water by en braai tot maalvleis bruin is en water heel verdamp het. Gooi wyn, knoffel, roosmaryn, pietersielie, mixed herbs en oregano by. Hou aanhoudend roer tot wyn meestal weggekook het. Gooi sampioene en tamatie pasta en smoor by. Roer goed deur. Breek spaghetti in helfte en roer by maalvleis. Voeg kookwater by. Prut ongeveer 30 min tot pasta gaar en sag is. Roer a fen toe sodat dit nie aanbrand nie.
Bedien met ‘n warm broodrolletjie en botter

Maklike ete idees / KREATIEWE KOS UIT MY KOSKAS


 HIERDIE IS MAKLIKE GEREGTE WAT EK GEREELD MAAK IN MY HUIS (Rens)

ete idee 1

MIELIE PASTA SKOTTEL

1 blik heelpit mielies
1 blik suiker mielies (room)
Gesnipperde spek of polonie of ham
Kaas gerasper
1 pak spaghetti
3 eiers
2 gekapte uie
2 gekapte tamaties
Sout en peper

Kook pasta vir 20 minute. Braai uie goud bruin voeg bacon by braai bruin. Water heelpit mielies af. Meng dan uie en spek by pasta saam suikermielies en heelpit mielies. Meng goed. Klits eiers saam helfte van die kaas en voeg by pasta gereg. Plaas in oond teen 180 C vir 30 min. Net voor bedieninge gooi res van kaas oor gereg. Geur met sout en peper.

Jy kan ook ‘n witsous oor die pasta gooi en res van kaas oor strooi.

*

HAM/SPEK EN SPINASIE PASTEI

2 koppies pasta (gaar gekook)
2 eetlepels botter
½  koppie gekapte ui
1 teelepel knoffel
2 koppies gekapte vars spinasie ( kan bevrore ook wees)
2 eetlepels meel
1 ½  koppies melk
½  teelepel swartpeper
1 teelepel sout
½  koppie suurroom (of ½ kop room met ½ eetl asyn)
2 koppies gaar gekapte ham of spek of enige koue vleis
1 ½  koppies gerasperde kaas
Braai ui in botter (en sampioene)  voeg knoffel en baba spinasie by  en kook sowat vyf minute of tot spinasie sag is. Verwyder spinasie en uie en hou eenkant. Smelt die botter en voeg by die meel. Maak soos wat jy ’n witsous sou maak, roer in die melk , swart peper, sout en suur room . Roer tot glad. Verwyder van die hitte en roer dan al die bestandele bymekaar behalwe die koekies of broodkrummels Giet in ‘n gespuit oondbak.  Sprinkel nog kaas oor . Bak in voorverhitte oond vir 180 C vir  30 tot 35 minute tot bruin bo-op is.

Wenk: Kan gevlokte hoender ook gebruik

*

BULLY BEEF SPAGETTISKOTTEL
500 ml spagetti – gaar en gedreineer
1 blik pitmielies
1 blikkie bully beef fngemaak
1 groot tamatie geskil en fyngekap
1 uie fyngekap
25ml pietersielie
1 green pepper gekap
sout en gemaalde swartpeper
2 eiers geklits in 125ml melk
Meng alles deurmekaar
Gooi in bak en rasper so 200gr kaas bo-oor
Bak vir ongeveer 1 uur tot gaar en goudbruin

*

ALFREDO PASTA
Kook spagetti of pasta tot sag – nie pap en dreineer
1 groot ui (gekap)
250gr spek (gesnipper)
1 pakkie sampioene (gesny)
Groen geel en rooi peppers 9gekap) opsioneel
Braai bogenoemde tot sag (ek voeg bietjie knoffel by)
Voeg 1 blikkie room by en meng goed deur
Voeg pasta by
Gooi gemaalde swartpeper en sout oor en laat prut oor lae hitte tot dik en roomerig

*

EEN-SKOTTEL HOENDER-NOEDELGEREG
1 hoender (gebruik sommer stukke hoender indien jy nie heel hoender het nie – 2kg is genoeg)
1 en half kop noedels (gaar en gedreineer)
100 ml mayonaise
1 groot pak Simba skyfies (enige geur of maak) (fyngemaak
400ml witsous
50ml gekapte vars pietersielie
2 eiers geklits
Opsioneel:
Gekapte groen, rooi en geel peppers gebraai,  ½ kop erjies of veggie mix

Meng hoender, noedels mayonaise (opsionele indien verkies) en helfde van die chips. Skep in oondskottel.
Meng nou die witsous, pietersielie en eiers. Gooi bo-oor
Gooi nou die ander helfde van die chips bo-oor
Bak 20/25 min by 190grade tot gaar en goudbruin.

DROOMDIS PASTA GEREG
259g spaghetti (ek vat sommer so groot handvol en gebruik ook baie keer sommer net elbow pasta)
410g pitmielies
150ml olie
½ soetrissie
4 repe ontbytspek, gesnipper
1 pakkie sampioensoppoeier
200ml water
1 blik sampioene
250ml cheddarkaas, gerasper
sout en peper na smaak

Kook spaghetti volgens aanwysings op pakkie tot gaar. Dreineer, voeg pitmielies en olie by en meng. Braai intussen soetrissie en spek tot gaar en bros en roer deur spaghetti mengsel. Meng soppoeier en water en voeg saam met sampioene in kastrol en kook vir 15 minute. Giet oor spaghetti mengsel en meng. Plaas in vuurvaste bak en bedek met kaas. Bak by 180C totdat die kaas mooi bruin is.

RENCIA SE CHICKEN A LA KING

Kook 3 na 4 groot hoenderborsies tot gaar – vlok en hou eenknat
Braai uie, sampioene, groen, rooi en geel rissies (grof gekap) en knoffelvlokkies tot sag
Voeg hoender by en 1 pakkie Knorr Chicken a la King aangemaak met 500ml melk
Voeg by 1 kop bevrore ertjies
Laat stadig prut tot dik
Wenk: Gebruik pakkie sampioenroomsop as jy nie die Chicken a la king het nie

chicken a la king rens xx

Rencia se Chicken a la King

CHICKEN SCHNITZELS  (Rens)

Koop ‘n pakkie Knorr Chicken coating with cheese sauce
Neem hoenderborsies, sny deur en kap tussen 2 stukke gladwrap tot plat en dun
Laat le dan solank die hoender in melk
Maak die pakkie kaassous aan (ek is nie mal daaroor nie – het sweet chillie sous ingegooi maar dit het nog nie die ding vir my gedoen nie) Maak eerder jou eie kaassous
Neem die “coating” in die pakkie en gooi so 2 handevol kellogs in wat jy fyngedruk het
Druk die hoender in die mengsel en vlakbraai in omtrent 1cm warm olie tot gaar
Bedien met kapokaartappels, ertjies en baked beans

Indien jy  sampioene het kan jy dit  in die melk doop en dit ook in die “coating” druk en bruinbraai in olie – dit is heerlik as ‘n ekstra bykos, en alles is met dieselfde pakkie Chicken coating – gooi sommer 4 hande kellogs by om dit te rek en meer te maak – die smaak bly dieselfde.

chicken snitzels rens111

Chicken schnitzels (Rens)

20150414_205039

Hierdie het ek gemaak met kellogs krummels en die Chicken coating

STIRFRY

Kook jou hoenderborsies tot gaar – vlok
Braai jou pak stirfry tot al die water/vloeistof verdamp het – skep uit en hou eenkant
Braai al die ander groente wat jy wil braai bv uie, 3 kleure peppers, sampioene, gerasperde wortels
Gooi alles bymekaar en gooi bietjie bladjang, sweet chillie sous, wostersous, soyasous, sout en peper oor en roerbraai tot alles deurwarm is

stirfry rens

Stirfry

VISKOEKIES MET PILCHARDSVIS

1 blikkie Pilchards in tamatiesous (Gebruik die sous ook)
2 eiers
2 eetl asyn
1 klein aartappel (gerasper)
1 klein ui (gerasper)
1 kop koekmeel
1 tl bakpoeier
Sout en peper na smaak
Meng alles goed
Skep lepels vol in warm olie en bak tot goudbruin

Wenk: As jy sien jou beslag is nog bietjie te loperig, gooi nog klein bietjie meel by

viskoekies pilchards

Pilchards viskoekies – Bedien met Mayo mash en ertjies

MAYO MASH
Kook jou aartappels sag met 1 gekapte ui by
Maak fyn
Gooi in 2 eetl mayonnaise, bietjie botter, sout peper en bakpoeier en meng goed deur

ALLES IN EEN LIGTE MAALTYD

8 snye brood, gesmeer met margarien & marmite
2 groot tamaties (in skywe gesny)
1 groenrissie ( in dun ringe gesny)
300ml gaar gegeurde maalvleis gemeng met ½ blikkie gesnyde knopiesampioene (ek gebruik hier sommer vars sampioene)
150ml gerasperde kaas
4 eiers
600ml melk
5ml sout
1ml peper
5ml mosterdpoeier
knippie rooipeper

Stel oond op 180C.
Sny brood in blokkies en rangskik helfte daarvan op die bodem van ‘n gesmeerde oondskottel.
Plaas die helfte van die tamatie en soetrissie op die brood.
Plaas die helfte van die maalvleismengsel bo-op die soetrissie en tamatie en strooi helfte van kaas bo-oor.
Herhaal die lae.
Klits die eiers, melk, sout, peper, mosterdpoeier en rooipeper saam.
Gooi die melkmengsel bo-oor en week 20 minute lank.
Bak vir 30 minute of tot gestol

macaroni en kaas rens

Maalvleis en pasta gebak

MAALVLEIS EN PASTA GEREG

500gr  beesmaalvleis
½  koppie ui, gekap
3 Koppies witsous
½  teelepel knoffelvlokkies
½  teelepel sout
½  teelepel peper
Sampioene gekap
2 koppies macaroni, rou
2 kop cheddar kaas gerasper
Braai uie, vleis en knoffel en  sampioene  tot sag en vleis nog pienk is
Kook die macaroni eenkant tot sag en dreineer
Pak nou lae met die macaroni, maalvleis mengsel, witsous en kaas
Eindig af met die maalvleis en kaas
Bak in oond vir 20 na 30 minute by 180 C

macaroni met chakalaka

Eenbak macaroni met chakalaka en mielies

EENPOT MAALVLEISGEREG  MET  CHAKALAKA EN  BUTTERNUT /MIELIES 

Braai 2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot.

Gooi by : 1 blikkie Chakalaka met butternut en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)
Gooi droe spaghetti/noedels  bo-oor.

Gooi nou water bo-oor die mengsel sodat die water  bokant die mengsel le.
Sit die deksel op en stoom tot gaar. Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.
Maak intussen ‘n lekker dik witsous en as spaghetti gaar is, gooi die witsous bo-oor.
Rasper nou 2 kase bo-oor. ‘n wit kaas bv Tussers en ‘n geel kaas bv Chedder
Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is.

KOSHUIS/KINDERHUIS MAC & CHEESE
1 pakkie (500gr) macaroni (gaar)
Rasper 4 tamaties en voeg by:  4 eetl tamatiesous, 4 eetl chutney, ½  eetl Bbq spices, sout en peper na smaak
Meng macaroni en tamatie mengsel en voeg by – 2 kop gerasperde kaas – Gooi in platbak – Klits 6 eiers en 150ml melk. Gooi eier en melk mengsel bo-oor
Rasper  nog 2 kop gerasperde kaas bo-op en bak vir 30 min by 180 grade

Variasies: Voeg by gekapte spek wat bros gebraai is, maalvleis, gekapte uie wat gebraai is, stukkies ham, bully beef, tuna wat gedreineer is of gevlokte hoender. Jy kan ook sampioene braai en byvoeg

VARKWORSIE (PORK BANGERS) GEREG
1 kg varkworsies
1 groot ui gekap en ½ greenpepper gekap
50ml tamatiesous
50ml wostersous
50ml chutney
410gr perske skywe

Braai uie, greenpepper en varkworsies (ek sny my varkworsies so in 2 of 3 stukkies)
Voeg by die 3 souse en laaste die perskes met die stroop en laat prut vir so 10/15 min
abedien saam met mayo mash, ertjies en mengelslaai

maalvleis bolletjies rens

Maalvleisbolletjies

MAALVLEIS BOLLETJIES

500 na 750 gr maalvleis
2 groot aartappels (gerasper)
1 groot ui (gerasper)
1 groot wortel  ( gerasper )
2 eiers
Groot handvol oats
1tl kerrie
2eetl asyn
Sout en peper
1tl  bakpoeier

Meng al bo-genoemde bestandele
Maak bolle en sit in casserol , sit deksel op
Vat enige soppoeier van jou keuse – maak aan met 500ml water
Gooi bo-oor en bak op 130/140  grade vir 1 en kwart uur/na uur en ‘n half

PASOP DAT JY NIE DIE OOND TE HOOG STEL NIE, ANDERS BAK JOU MAALVLEISBOLLE KURKDROOG. Dit moet nog ‘n lekker sousie he.

HOENDER EENBAK RENS

Eenbak hoendergereg met aartappels en patats in die skilletjies

EENBAK HOENDERGEREG

Gebruik Kasserole met deksel
Gooi 1 kop rou rys onder in die casserole
Gooi so 2 kop gemengde groente – die veggie catering mix bo-oor
Pak jou hoender stukke bo-op
Sny dik skywe uie bo-op
Maak pakkie sampioen of wit uiesop aan met 500ml water en gooi oor alles
Sout en peper na smaak
Bak vir 1 en half uur by 150/160 grade C
Sit net onder grill om velletjie lekker bros te maak en goudbruin
Jy kan hier die hoenderstukke vervang met skaaptjops ook.
Pak saam in bo  met jou hoender, aartappels, patats, heel sampioene, botterskorsie ens – alles word op eenslag gaar

broodjie pappa

Hierdie broodjie was met broodmeel gebak

MY DAD SE BROODJIE

1 kg witbroodmeel of koekmeel (7 koppies)
4 koppies lou water
2 tl sout
1 pakkie gis (10gr)

Meng alles saam.
Dit is nie nodig om dit te laat rys nie. Ek het albei maniere probeer , met of sonder rys, en die broodjie het presies dieselfde gelyk
Bak vir 1 uur by 180 C

varktjops-in-bruin-uiesop-2 (1)

VARK TJOPS MET BRUIN UIESOP
6 groot vark chops – Vervang jou varktjops met vark filette, steak of skaaptjops
1 na 2 groot uie grof gekap
250ml kookwater
125ml koppie mayonnaise
125ml koppie tamatiesous
1 pakkie bruin uiesoppoeier
125ml blatjang

Braai tjops goudbruin aan beide kante. Meng al die sousbestanddele bymekaar tot gladde pasta. Pak tjops in ‘n kasserol en gooi die uie bo-oor. Gooi die sous oor die tjops, maak deksel toe en bak by 180 C vir 1 uur

mayonnaise hoender rens

MAYONNAISE EN BLADJANG HOENER

Pak enige snit hoenderstukke  in platbak. Meng die  volgende –  1 kop mayonnaise, hoenderspeserye, sout, peper, roosmaryn, bietjie knoffel, droe pietersielie, bietjie bladjang of appelkooskonfyt  ( so 2 na 3 eetl) en 1 tl mosterd, 1 hoogvol tl maizina en so ‘n bietjie suurlemoensap (Die hoeveelhede gaan afhang van hoeveel hoender jy het)

Meng die dik pasta lekker deurmekaar en skep,smeer bo-oor hoender. Moenie water bygooi nie, die hoender het genoeg water in. Sny so ‘n paar skywe uie bo-oor. Bak vir  ongeveer 1 uur by 180 C – (onbedek)  Kyk na uur of jy nog bietjie moet los of nie – dit hang af van hoe groot jou hoenderstukke was. Gewoonlik is dit @ die tyd al lekker bruin met ‘n dik sous, maar indien nie- sit gou onder die grill vir paar minute en verdik met bietjie soppoeier of maizina/koekmeel

SKAKELS NA NOG ‘N PAAR IDEES:

https://kreatiewekosidees.com/?s=6+bestandele

https://kreatiewekosidees.com/?s=spyskaart

https://kreatiewekosidees.com/?s=eenbak

https://kreatiewekosidees.com/?s=ete+idees

https://kreatiewekosidees.com/?s=maalvleis

https://kreatiewekosidees.com/?s=wors

https://kreatiewekosidees.com/?s=hoender

https://kreatiewekosidees.com/?s=Vark

https://kreatiewekosidees.com/?s=vis

https://kreatiewekosidees.com/?s=pasta

Meatless Monday / vleislose geregte


MeatlessMonday1

SPINASIETERT MET KORS

500gr spinasie (ek gebruik gewoonlik so 2 van die bossies wat jy te koop kry by die winkels)

1 ui gekap
Kook bg vir so 10 min – dreineer water af
Meng 1 pakkie wit uie sop en 1 houer suurroom – Laat staan eenkant vir so 15 min om dik te word

Meng 1 houer maaskaas (die smooth een)  3 eiers,  1tl mosterd, sout en peper
Meng  alles bymekaar en  1 kop cheddar kaas (hou ander kaas vir bo-op)
Neem 1 pak puff pastry (skilferkoersdeeg) en voer tertpan uit – Gooi mengsel in en bak vir 30/40 op 180 grade tot gaar en mooi bruin – As uit oond haal, gooi nog so ‘n lekker klomp kaas bo-oor en bedien of warm, lou of koud

WARM AARTAPPEL GEBAK
6 potatoes
1 and 1/2 cups of broccoli florets
2-3 tbsp soy sauce
1 tbsp butter
2 tsp olive oil
Sea salt and fresh cracked black pepper
2-3 tbsp fresh parsley, chopped (divided)

Preheat oven to 180 C . Boil a large pot of water and boil the potatoes for 4-5 minutes. Remove from water and let cool. Once cooled, slice in half and combine soy sauce, broccoli florets, butter, olive oil, sea salt and black pepper along with half of the parsley. Mix thoroughly and place in a baking dish that has been sprayed with olive oil cooking spray.
Place into the oven and roast for 20-25 minutes. Remove from the oven and taste, re season with sea salt, cracked pepper, butter or soy sauce if needed.

MACARONI-EN-KAAS
200 gr Macaroni, gaar gekook
5 ml Margarien
4 ryp tamaties, in skrywe gesny
Sout & peper
375 ml Cheddar kaas, gerasper
2 Eiers
500 ml Melk

Plaas gedreineerde macaroni in ʼn gesmeerde oondskottel
Voorverhit oond tot 180ºC
Rangskik skywe tamatie op gaar macaroni
Strooi sout en peper oor na smaak
Klits die eiers en melk saam en voeg ʼn bietjie sout en peper by.
Giet die eiermelk oor die macaroni in die oondskottel.
Stip dit met ‘n paar klontjies margarien
Bak 40 min ot eier gestol is.

SPAGHETTI MET SPINASIE EN FETAKAAS

300-400g spaghetti
500g vars spinasie
15ml olyfolie
1 ui, fyn gekap
4 knoffelhuisies, gekneus
125ml natuurlike jogurt óf room
200g fetakaas, in 1 cm blokkies gesny
30ml gekapte vars kruie
sout en varsgemaalde swartpeper

Kook die pasta in vinnig kokende soutwater vir sowat 8-10 minute of tot al dente. Dreineer. Spoel intussen die spinasie goed af in koue soutwater, plaas dit nat in ‘n groot pot, sit die deksel op en stoom dit oor matige hitte tot net sag sonder om enige vloeistof by te voeg. Haal dit uit, sny die harde stingeldele uit en snipper die res van die blare fyn. Verhit die olie in ‘n swaarboompan en soteer die ui en knoffel, tot sag en deurskynend. Voeg die spinasie en jogurt of room by en verhit tot deurwarm. Meng die gaar, warm pasta en spinasiemengsel liggies deur. Geur na smaak. Skep in opdienskottel, sprinkel fetakaas en kruie oor. Sit dadelik met ‘n tamatieslaai voor.

SPAGHETTI EN KAAS
1 pak spaghetti
1 blik geroomde mielies
1 blik geroomde sampioene
gerasperde kaas
Metode:
Kook spaghetti in soutwater tot sag – dreineer.
Skep helfte van spaghetti
in gesmeerde oondbak. Gooi eers die mielies, dan sampioene oor.
Skep res van spaghetti bo-oor. Gooi kaas booor. Vir versiering kan skywe tamatie bo-op gesit word.
Bak vir ongeveer ‘n halfuur in voorverhitte oond van 160
grade totdat kaas goudbruin is en jy seker is dit is warm tot op bodem.
Sit voor saam met groen slaai van jou keuse

AARTAPPELKAASROL

700g aartappels (ongeveer 5)
2 eiers
40ml botter of margarien
sout na smaak
350ml meelblom (ongeveer)
5ml bakpoeier
25ml olie
2 medium uie, in ringe gesny
500ml cheddarkaas, gerasper
5ml olie

Kook die aartappels met skil en al totdat dit gaar is. Trek die skille af. Druk die aartappels fyn. Voeg die eiers, botter of margarien en sout na smaak by die aartappel. Meng dit goed. Voeg die koekmeel en bakpoeier by om ‘n stywe deeg te vorm. Verkoel die deeg 30 minute lank. Verhit die olie en soteer die uieringe daarin totdat dit deurskynend is. Druk die aartappeldeeg in ‘n reghoek van ongeveer 5mm dik op meelbestrooide oppervlak uit. (Dit kan ook uitgerol word). Skep die uie op die deeg en versprei dit egalig. Strooi die kaas bo-oor. Hou ‘n bietjie eenkant. Rol die deeg op soos vir ’n rolkoek en druk die kante vas. Bestryk die rol met die olie. Bak dit ongeveer 30 minute lank by 160C totdat dit gaar is. Strooi die res van die kaas bo-oor en bak die rol verder totdat die kaas gesmelt is. Bedien dit warm.
Lewer 4 porsies.

AARTAPPELKOEKIES
220gram aartappels (skil, kook tot sag en maak fyn)
220gr aartappels (skil en rasper (rou)
200ml koekmeel
1tl sout
½ tl bakpoeier
1 eier
Meng al bogenoemde tot sagte deeg
Skep lepels vol in pan met vlak warm olie
Braai aan beide kante tot goudbruin

Wenk:
Gooi ½ tl droe of vars pietersielie by die beslag
Meng ‘n bietjie pitmielies in by die beslag
Meng spruituie in by die beslag
Meng bietjie gekapte spinasieblare in by die beslag

KAASGEREG
8 dik snye witbrood (smeer met botter)
3 eiers
sout, peper en mosterdpoeier
2 kop gerasperde kaas
3kop melk
(opsioneel – pakkie bacon en 1ui gebraai)
Pak 1 laag brood – gooi helfde van eier mengsel en spek en 1 kop kaas oor
pak weer laag en gooi laaste melk en laaste die kaas bo-oor
Bak in oond by 180 grade tot gaar en goudbruin.

Bedien met mengelslaai

MIELIETERT/SOUFLE MET GROENTE
60 ml meel
60ml suiker
60ml botter gesmelt
15ml bakpoeier
4 eiers
2 blikkies room mielies
sout en gemaalde swart peper
Gemengde groente (gevriesde pakke country crop) – jou keuse hoeveel jy wil ingooi
Koppie kaas
1 tamatie
Meng al die bestandele behalwe die groente, kaas en tamatie
Gooi gemengde groente (net so gevries) onder in bak (jy kan minder gebruik as jy wil, hang af hoe groot is jou bak
Gooi mieliemengsel bo-oor
Gooi gerasperde kaas bo-oor
Sny tamatie in skywe en rangskik bo-op
Gooi bietjie pietersielie en paprika oor, sny skyfies tamatie op, en bak in oond vir ongeveer 1 uur by 180 C

GEBAKTE BROKKOLI KAAS HAPPIES

Dit is regtig maklik om te maak en net 4 bestanddele

500gr bevrore gekapte broccoli, ontdooi en gedreineer van vloeistof (ek gebruik vars gestoomde broccoli)
1 ½ koppie gerasperde cheddar kaas
3 eiers
sout en peper na smaak
1 koppie gesoute Italiaanse broodkrummels (enige ander krummels na smaak sal ook werk)
Meng al die bestanddele saam in ‘n groot bak. Met jou hande, vorm klein koekies en lê op ‘n perkament gevoerde bakplaat. Bak by 180 C vir 25 minute, draai die koekies na die eerste 15 minute om. Laat afkoel en geniet!

BROKKOLI SLAAI

2 pakkies broccoli rou
250ml ui gekap
250ml sonneblompitte
250ml rosyne
125ml kaasblokkies/feta
250g spek
1 blik pitmielies
250ml murgpampoentjie rou in ringe gesny

Sous
125ml wit asyn
250ml suiker
250ml olie of minder
15ml droe mostert
klits alles goed saam en gooi oor slaai

Maak slaai vorige dag vir optimale smaak

AVO, FETA AND COUS COUS SALAD

250ml cous cous
15ml olive oil
Salt
250ml boiling water
½ cucumber, sliced
½ punnet cherry tomatoes, halved
1 avo, peeled and cubed
100g feta, cubed
250ml tinned lentils, drained
30g rocket leaves
45ml Knorr Creamy Greek Salad Dressing

Place cous cous into a bowl together with olive oil, salt and boiling water, give it a quick stir then cover with cling film and allow to steam for 8 minutes
Place cucumber, cherry tomatoes, avo, Danish feta, lentils and rocket leaves into a bowl with the Knorr Creamy Greek Salad Dressing
Toss well to coat all the ingredients
When the cous cous is ready uncover and use a fork to separate the grains then toss it with the rest of the ingredients
Transfer to a serving bowl – serve and enjoy!

OMELET (Per persoon)
2 eiers
2 teelepels water
1 ui
1 tamatie
1 of 2 sampioene
4 eetlepels botter sout en peper.

Breek die eiers in ‘n bakkie. Voeg sout, peper en 2 teelepels water by. Klits die eiers met ‘n vurk. Sny ui, tamatie en sampioene in skywe. Sny die spekvleis se harde randjie af en knip in klein stukkies. Braai die gekerfde ui, tamatie, sampioene met 2 eetlepels van die botter.
Wanneer dit gaar is, skep uit met ‘n dreineerlepel en voeg by die eiermengsel. Haal die pan van die plaat af, laat effens koud word en vee dit skoon. Sit die orige 2 eetlepels botter in die pan en verhit weer. Gooi die eiermengsel in, bak totdat dit styf word. Gooi die omelet op ‘n warm bord uit en bedien met roosterbrood

GEBRAAIDE EIERVRUG MET JOGHURT

Met 3 eiervrugte kan jy ver kom. (Besluit hoeveel snye eiervrug jy vir elk wil voorsit.) Dis ook mooi om op ’n groot bord voor te sit sodat almal hulself kan help.

3 groot eiervrugte in lang skywe gesny
Sowat 300 ml olyfolie
2 knoffelhuisies, fyngedruk
hand vol vars basiliekruid
250 ml Bulgaarse of Griekse jogurt
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Verhit sowat 100 ml olyfolie in ’n pan.
Onthou, eiervrug is soos ’n spons – olie moet die pan goed bedek.
Braai die eiervrug (nie al die skywe gelyk nie) saam met die knoffel vir sowat 5 minute aan weerskante tot mooi bruin.
Voeg nog olyfolie by as al die olie deur die eiervrug geabsorbeer is.
Geur met sout en swartpeper.
Dreineer op kombuispapier en laat in die yskas afkoel.
Rangskik die eiervrug op ’n bord, breek vars basiliekruid oor en rond af met ’n eetlepel jogurt.

GROENTELASAGNE
300 g vars spinasie, grof gekap
250 g lasagnevelle
15 ml ( 1 e ) olyfolie
500 g pampoen, in klein stukke gesny
1 middelslag-ui, grof gekap
400 g kersietamaties
15 ml ( 1 e ) gekapte, vars gemengde kruie of 5 ml ( 1 t ) dro¬×
Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

SOUS
60 g botter of margarien
60 ml ( ¨ù k ) koekmeelblom
625 ml ( 2 ¨ö k ) melk
500 ml ( 2 k ) gerasperde cheddarkaas

METODE
Was die spinasie en plaas in `n swaarboomkastrol. Kook totdat die blare sag is en kap in stukkies.
Verhit die olie in `n swaarboompan en braai die pampoen en ui tot effens sag.
Voeg die tamaties, kruie en geurmiddels by. Prut vit `n paar minute en verwyder van hitte.

SOUS:
Smelt botter in `n swaarboomkastrol. Voeg die meel by en verhit vir sowat `n minuut. Voeg die melk by en roer aanhoudend totdat dit glad is en begin verdik. Verwyder van hitte en voeg die kaas by.
Bou die lasagne. Skep `n bietjie van die groente in `n groot, oond-vaste bak.
Plaas die helfte van die pastavelle oor, skep nog groente oor en giet die helfte van die sous daaroor. Voltooi met oorblywende pastavelle, groente en sous.
Bak vir omtrent 40 minute of tot sag en goudbruin in `n voorverhitte oond teen 180 C.

GEVULDE PANNEKOEKE

PANNEKOEK
4kop koekmeel
4tl bakpoeier
4 eiers
4kop water
1tl sout
1 kop olie
60 ml asyn
Meng alles goed tot gladde pasta. Voeg nog bietjie water by as beslag te dik is

Spinasie vulsel

1 wiel feta, stukke
500 g geroomde spinasie (ontdooi as dit gevries was)
10 pannekoeke
2 kop witsous
1 kop gerasperde kaas

Voorverhit oond tot 180oC. Vou feta in spinasie. Lê elke pannekoek plat en skep 3 eetlepels van spinasiemengsel op die een kant. Rol op en pak in ‘n groterige oondbak. Herhaal met al die pannekoeke, maar moenie bo-op mekaar pak. Laat hulle styf langs mekaar lê. Gooi witsous oor en sprinkel met die kaas. Bak vir 30 min tot kaas goudbruin is en pannekoeke deurwarm

GEVULDE PANNEKOEKE met mielies
2 eiers
Blikkie Koo suikermielies
2 brandrissies
1/2 koppie gerasperde kaas
Sout en vars swart peper
Bietjie botter.

Klits eerste jou eiers in ‘n beker. Verhit dan ‘n pan en gooi ‘n stukkie botter in en smelt. Gooi jou geklitste eier in en laat bak tot die eier bo-op amper gaar is. Skep dan suikermielie in die een halfde, strooi gekapte brandrissie oor en dan 3/4 van die kaas. Vou die omlette toe en laat nog so rukkie bak. Gly die omelet uit die pan op bord en sprinkel die res van die kaas oor. Garnish met rissie en geur met sout en vars gemaalde swart peper.

Een blikkie suikermielies is genoeg om 4 omelette te maak. As jy hou van hitte kan jy bietjie chilli sous oor die omelet ook gooi.

Paar idees vir vulsels:

Roereiers met kaas

Spinasie en fetakaas of roomkaas

Veggie mix – sag gestoom, gaar rys  met ‘n wit- of kaassous

Braai gekapte tamaties, groen, geel, rooi rissies, voeg bietjie baked beans in tamtiesous by en gaar rys, rol pannekoeke op, pak in bak, gooi witsous en kaas oor en bak tot  bruin

PANNEKOEKTORING
Bestanddele
12 Pannekoeke
4 kop Witsous
1 pakkie Sampioene
1 ui – fyn gekap
60 g Botter
250 g Gerasperde kaas
140 ml Geklopte Room
500gr spinasie – sag gestoom en gedreineer
Sout en peper na smaak
Ekstra gerasperde kaas
Paprika

Metode
Voorverhit oond tot 200°C.
Bak die 12 pannekoeke met jou gunsteling beslag.
Hou die pannekoeke warm deur dit op ‘n bord te sit en dan die bord op ‘n kokkende pot water te sit.

Soteer die sampioene en ui in die botter.

Verdeel die witsous in 4 gelyke dele.
Meng die sampioene en uiemengsel in by die eerste deel witsous
Meng die 1/2 van die spinasie en die witsous.
Meng die kaas met die ander 1/2 spinasie en witsous
Klits die room styf en vou in die laaste deel witsous.
Toets elke mengsel afsonderlik vir smaak.
Voeg sout, peper, bladjang, mosterd ens by indien nodig.

Plaas een pannekoek op bord en smeer met sampioen mengsel.
Plaas jou pannekoek bo-op die ander gesmeerde pannekoek
Smeer van die kaasmengsel oor die pannekoek.
Plaas weer pannekoek op
Smeer die kaas, spinasie en witsousmengsel oor
Plaas weer pannekoek op die stapel
Herhaal tot al die pannekoeke opgebruik is.
Bedek nou laastens die toring met die room en witsousmengsel.
Sprinkel ekstra kaas en paprika oor die toring.
Plaas in die oond vir 5 tot 8 minute
Om te bedien moet die toring soos ‘n koek gesny word in skyfies en bedien word.

BABY MARROW PIE / MURGPAMPOENTJIE TERT
125 ml (½ cup) cake flour
2,5 ml (½ tsp) salt
pinch of ground nutmeg
2,5 ml (½ tsp) baking powder
4-6 baby marrows, coarsely grated
1 small onion, quartered and thinly sliced
1 x 410 g tin cream-style sweetcorn
3 eggs, beaten
lemon juice and black pepper to taste
60 ml (¼ cup) grated cheese
Preheat the oven to 180 °C and lightly grease an oven dish (approximately 1,5 litres).
Mix all the dry ingredients in a large bowl. Stir in the veggies, sweetcorn and eggs to form a batter.
Season with lemon juice and black pepper and pour into the dish. Sprinkle with cheese and bake for 45-60 minutes or until golden brown.
Serve hot or at room temperature as a side dish or a light meal.

BUTTERNUT LASAGNE

2 butternuts, peeled, seeded and diced
olive oil
8 roma tomatoes, halved
15ml rosemary, freshly chopped
30ml sage, freshly chopped
salt and freshly ground black pepper
brown sugar
500g lasagne sheets

Cheese Layer
500g ricotta cheese, crumbled
2 egg yolks, beaten
500ml mozzarella cheese, grated
200ml Parmesan cheese, grated

Heat the oven to 180˚C and grease a lasagne dish with butter.

Spread out the butternut cubes on one half of a large baking tray and sprinkle with the olive oil. Season with rosemary, sage, salt and pepper. Place the tomatoes on the other half of the baking tray with their cut sides up, sprinkle with olive oil and season with salt, pepper and brown sugar. Oven-roast until the butternut cubes start to brown at the edges and the tomatoes are soft and cooked. Remove from the oven and mash the butternut with a fork. Do the same with the tomatoes, or use a hand mixer.

Prepare the cheese sauce. Mix the ricotta, egg yolks and three-quarters of the mozzarella and parmesan.

Spoon a layer of the tomatoes into the bottom of the greased ovenproof dish and top this with a layer of lasagne sheets. Then arrange a layer of butternut on top and cover with half the cheese mixture. Add another layer of lasagne sheets and then repeat the layering of the tomatoes, butternut and cheese. End with a layer of lasagne sheets, topped with the remaining tomatoes and sprinkle with the remaining mozzarella and parmesan. Bake the lasagne until golden-brown and warmed through

BAKED CREAMY CHILLI BUTTERNUT

500g butternut, peeled and cubed
250ml milk
125ml cream
2 garlic cloves, crushed
5ml chilli paste
1 sachet KNORR Thick White Onion Soup
Chives, chopped for garnish
METHOD
Preheat oven to 180C
Place cubed butternut into an ovenproof casserole dish
In a jug mix together the remaining ingredients except for the chives and pour over the butternut
Cover with tinfoil and bake in a preheated oven at 180C for 30minutes
Remove tinfoil and bake for a further 20 – 30 minutes or until tender
Garnish with chopped chives

PAMPOEN MUFFINS

2 kop gaar pampoen (enige pampoen)
1\4 kop bruinsuiker
1 eet botter, gesmelt
2 eiers
1\2 kop koekvrugte (opsioneel)
1 kop Nutty Wheat-meel
1 teel bakpoeier
1\2 teel kaneel
1\2 teel sout
1\4 teel koeksoda
Kaneelsuiker

Meng die pampoen, suiker, botter en eiers goed saam.
Roer die gemengde koekvrugte by, indien gebruik.
Voeg die meel, bakpoeier, kaneel, sout en koeksoda by, meng goed.
Skep die beslag in muffinpanne, die in die foto is met mini muffin panne gebak. (Eetlepel vol per holte)
Bak 12- 15 minute by 180 ºC tot gaar.
As jy liggies op die muffin druk moet dit terug bons, dan is dit gaar

HERDERSPASTEI SONDER DIE VLEIS

Braai uie, groen, rooi en groen rissies tot sag
Voeg sampioene by en roerbraai nog ‘n rukkie
Voeg by 1 blikkie chakalaka met mielies of butternut by
Voeg by 1 koppie veggie mix en bietjie water en prut so rukkie tot dik
Gooi in gesmeerde bak
Maak kapokaartappels en smeer oor die mengsel
Rasper kaas oor en bak in die oond tot goudbruin

BUTTERNUT EN SPINASIE GEBAK
1 Butternut in blokke gesny (nie te klein)
500 gr spinasie (gekap)
2 uie in kwarte gesny
2 ringe feta kaas
Knorr creamy garlic veggie bake
250ml room + 1/4 kop melk

Sit butternut en spinasie in n oond bak, Pak feta en uie op dit, Maak pakkie sous aan met die room en melk. Gooi oor die butternut, spinasie, feta en uie. Bedek met foil en plaas in oond op 180 grade vir n uur of tot butternut sag is… Grill van bo af net vir n bietjie kleur.

SPINASIE EN BUTTERNUT GEREG
1 pak spinasie (rou)
1 Butternut in blokkies gesny (rou)
1 pakkie sampioene
1 ui gekap
1 Pakkie Bruin uiesoppoeier
400ml Room

Braai die uie en sampioene net liggies deur
In ‘n bak meng die sampioen/uie, butternut blokkies, dan spinasie
Meng room en soppoeier en gooi bo-oor. Gooi paar heel kersie tamaties oor.
Bak met foil oor by 180’C vir so 30 min of tot butternut gaar is (moenie te lank bak nie ander sal die butternut mash) Roer lekker deur en bak verder oop tot lekker bruin room dik is.
Laat bietjie afkoel en room sal lekker dikkerige sous maak

STUFFED BUTTERNUT

1 packet of Knorr Roasted Vegetables Veggie Bake
250 ml Rice or couscous, cooked
¼ Onion, chopped
¼ Yellow pepper, finely diced
¼ Red pepper, finely diced
2 ml Mixed Herbs
1 Butternut, halved
125 ml grated Cheddar cheese

Preheat oven to 180°C.
Mix the dry sachet contents with rice (or couscous), onion, peppers and mixed herbs.
Spoon the filling into the cavities of the butternut halves.
Sprinkle with cheese, wrap lightly in foil and bake for 30 – 40 min.

ROASTED BUTTERNUT MACARONI BAKE

500 g cubed butternut
1 onion, peeled and cut into quarters
50 ml olive oil
Salt and pepper to taste
15 ml fresh or 5 ml dried mixed herbs
250 g uncooked macaroni
750 ml white sauce
150 g crumbled feta
100 g grated Cheddar cheese
Handful chopped rocket
60 g grated Parmesan cheese or cheddar cheese
50 ml fresh bread crumbs
Salt and pepper to taste

Instructions
Preheat oven to 200°C
Place butternut and red onion in roasting pan and drizzle with olive oil. Season with salt, pepper and mixed herbs.
Roast for 30 to 35 minutes or cook on 100% microwave power for 8 – 10 minutes or until cooked through. Set aside to cool.
Cook macaroni in a large saucepan in boiling water for 8 – 10 minutes until al dente. Drain and set aside.
Reduce oven temperature to 180°C
Mix cooked macaroni, butternut, chopped rocket, feta and half the Cheddar cheese with white sauce. Transfer to a greased ovenproof dish.
Top with breadcrumbs, Parmesan/cheddar cheese
Bake: for 30 – 35 minutes until a golden crust forms.

CHEDDER MAC AND CHEESE
3 cups macaroni noodles, measured dry
2 Tbsp unsalted butter
2 Tbsp all purpose flour
1/2 cup fresh cut chives
1/4 tsp chili powder
1/2 tsp salt
1/4 tsp black pepper
1 tsp dijon mustard
1 1/2 cups whole milk (divided)
250gr white cheddar cheese, shredded
Directions
Boil macaroni noodles until al dente, drain and set aside. In a large saucepan, melt butter over medium heat and add the chives. Saute for 2 minutes, stirring constantly. Add the flour. Mix well until there are no lumps. Add 1 cup of milk, whisking constantly until smooth. Then add the rest of the milk. Add the chili powder, salt, pepper and dijon mustard. Stir constantly for 5 minutes. Remove from heat and stir in the shredded white cheddar. Fold the cooked macaroni noodles into the sauce. Serve and enjoy!

SAMPIOEN TERT
Kors
½ koppie gerasperde kaas
½ koppie meel
½ koppie Sagte botter
Meng alles liggies en druk uit in ñ 30×20 cm oondpan en hou eenkant.
Vulsel
3 Pakkies sampioene opgekerf
1 koppie room
3 eiers, geklits
250g gerasperde cheddar kaas
Verhit oond op 200*c
Braai sampioene in botter tot sag en geur met sout en peper.
Gooi oor kors.Gooi dan dik laag kaas oor.
Klits room tot styf en vou eiers in en geur met sout en peper.
Gooi oor kaas en bak in oond vir 10 min. draai dadelik oond af tot 180*c en bak verder
30 min. Bedien warm

KERRIE MACARONI SLAAI MET PERSKES EN PYNAPPEL

Sous:
250ml mayonnaise
15ml kerriepoeier
125ml blatjang
4 eetlepels kondensmelk (of bietjie meer)

Meng al die bestanddele.
Sous kan vermeerder word. Jy kan ook bietjie van die perskesap bygooi as dit te dik lyk.

Slaai:
1 pak macaroni of pasta na keuse (500g)
250ml pitlose rosyne (opsioneel)
1blik (410g) perskeskywe (gedreineer en gekap)
1 blik (410g) pynappelstukke (gedreineer en 1x deurgesny)
1 uitjie (gekap)
½ soetrissie (ontpit en gekap) (jy kan al 3 kleure gebruik as jy wil dit gee mooi kleur)
bietjie sout en peper

Kook pasta met sout en kookolie. Nie te pap nie.
Meng alle bestanddele by macaroni as dit afgekoel is.
Roer sous by.
Maak die slaai die vorige dag – dit word al lekkerder hoe langer dit staan

GROENTESOP

2 uie, in skywe gesny
3 huisies knoffel, fyngekap
30 ml botter
50 ml olyfolie
8 wortels, in blokkies gesny
4 selderystokke, gekap
2 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 blik gekapte tamaties
2 lourierblare
10 ml droë gemengde kruie
20 g tamatiepasta
2 ½ liter water
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
Verhit die botter en olie in ’n groot kastrol. Braai die uie en knoffel saam tot sag, maar nie bruin nie. Voeg die wortels, seldery en aartappels by. Braai die groente saam vir so 10 minute. Voeg die geblikte tamatie, tamatiepasta, lourierblare, gemengde kruie en water by. Geur met sout en vars gemaalde swartpeper. Bring tot kookpunt en laat stadig kook vir minstens 6 ure. Vul aan met water indien nodig.

ADELENE SE BUTTERNUTSOP

3 uie
2 knoffelhuisies
Bietjie olie (ek gebruik net olyfolie)
4 groot butternuts – hoe meer oranjekleur hoe beter
Vars roosmaryn (rosemary)
500 ml room

Kap die uie en knoffel en braai in die olie
Kap die butternuts in blokkies en gooi by. Voeg roosmaryn na smaak by en roer (ek sit sommer die hele takkie in en dan haal ek die stingel uit nadat dit gaar is en voor ek dit in die blender sit.

Vul met water totdat dit net toe is daarmee
Kook dit
Sodra gaar gekook, haal die roosmaryntakkie/s uit (ek gebruik net vars) en blend die sop (fyn)
Gooi terug in pot en wag tot moet bedien. Maak warm. Sout en peper na smaak (as nie soet genoeg, kan jy teelepeltjie suiker bygooi).
Gooi room by en roer (PASOP as jy dit weer warm maak, spat dit omtrent! Sit die deksel op)

ASPERSIESOP
1 Blikkie aspersies (in 1.5cm stukkies gesny)
150g spek
1 Medium gekapte ui
1 Pakkie cream vegetable sop
400ml koue melk
250ml vars room
Sout en gemaalde swartpeper
10ml Country garlic en herb (Robertsons) of mixed herbs
1 Koppie gerasperde kaas
2 Eetlepels margarien
Olyfolie
Braai uie en spek in olyfolie en margarien. Gooi aspersies by en braai vir so 4 minute. Meng veg sop met koue melk en speserye. Voeg by en bring tot kookpunt. Voeg room by en bring tot kookpunt. Voeg laaste gerasperde kaas by en laat insmelt. Bedien warm.

SAMPIOENSOP
60 ml botter
45 ml meel
500 ml hoenderaftreksel
250 ml melk
250 g sampioene, in dun skywe gesny
30 ml vars gekapte pietersielie
die sap van 1 suurlemoen
125 ml room
sout en varsgemaalde swartpeper

Smelt die botter en roer die meel by. Roer aanhoudend vir 3 minute oor die hitte.
Voeg die hoenderaftreksel by en meng goed. Bring dit tot kookpunt, terwyl jy aanhoudend roer.
Voeg die melk, sampioene, pietersielie en suurlemoensap by. Laat dit kook vir 5 minute.
Roer die room by en geur dit na smaak.
Dié sop kan warm of koud bedien word.

KOUE TAMATIESOP

2 koppies room
1 teelepel suurlemoensap
¼ teelepel peper
½ koppie uiegras- roomkaas
1 blik tamatiesop
bietjie gerasperde uie
1 t sout
Klits alles saam – verkoel voor bedien.
Genoeg vir 4-6 persone

TAMATIE SOP
1 groot ui, gekap
15 ml botter
15 ml kookolie
2 x 410g blikke geskilde tamaties
600 ml hoender of groente aftreksel
5 ml droë origanum
2,5 ml fyn komyn
15 ml suiker
sout en varsgemaalde swartpeper
gekapte vars grasuie
Braai die ui in die botter en kookolie. Sny die tamaties in skywe en voeg saam met hulle sap by. Voeg die res van die bestanddele by en prut 15 minute lank. Verpulp die sop in `n voedsel verwerker en verdun met nog aftreksel of water indien dit te dik is. Garneer met die gekapte grasuie en sit dadelik voor met vars brood.

ERTJIESOP

15 ml botter
2 uie fyngekap
1 liter hoenderaftreksel aangemaakmet 2 blokkies ekstrakblokkies
1 blaarslaai gesnipper
500gr bevrore ertjies
Sout en peper
250ml room
Verhit botter en braai uie tot sag,
Voeg jou ekstrak by en bring tot kookpunt
Voeg blaarslaai en ertjies by en prut vinning vir 5 minute tot sag.
Geur met sout en peper
Verpulp in voedselverwerker en voeg room by.
Bedien warm of koud.

KORSLOSE SPINASIE QUICHE
Neem 2 pakke bevrore of vars gekapte spinasie (1 bossie) en ontdooi. As rou is, kap fyn.

Klits 4 eiers
Voeg by:
2 koppies lae vet Griekse jogurt,
1 teelepel sout,
1 teelepel knoffel poeier
½ teelepel swartpeper.
Roer in 1 ½ koppies gerasperde chedder kaas, en die spinasie, Gooi mengsel in bak en gooi frimmel fetakaas oor
Vooraf verhit oond by 180 grade C en bak vir 30-35 minute tot gestol en effens opgepof. Toets met ‘n tandestokkie of gaar is.

KAASWORTELS
Saam met volkoringbrood en ʼn groot bak mengelslaai is dié wortelgebak ʼn gesonde vegetariese ete.
Bestanddele:
250 g geelwortels, in ringe gesny
250 g aartappels
25 g (30 ml) botter of margarien
2 ml sout
1 ml peper
5 ml bakpoeier
300 ml melk
100 g (250 ml) gerasperde cheddarkaas
2 eiers

Metode:
Voorverhit die oond tot 180°C (350°F). Smeer ʼn oondvaste bak van 13 x 23 x 5 cm.
Kook die wortels tot sag en dreineer. Kook die aartappels tot gaar en dreineer.
Voeg die helfte van die botter of margarien en die sout en peper by die wortels en meng.
Voeg die res by die aartappels, druk fyn en roer die bakpoeier en 50 ml van die melk by.
Skep die helfte van die aartappels in die bak, dan die helfte van die wortels en strooi die helfte van die kaas bo-oor. Herhaal die lae.
Klits die eiers en die res van die melk saam en giet bo-oor.
Bak 40 minute lank. Sit dadelik voor.

LENSIEBOBOTIE
150 g bruin lensies
400 ml kookwater
1 groente-ekstrakblokkie
10 ml olyfolie
1 ui, gekap
1 wortel, gerasper
2 selderystingels, in skyfies gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
10 ml kerriepoeier
5 ml borrie
2 ml fyn gemmer
2 snye volgraanbrood, korsies af
4 suurlemoenblare
1 Piesang en 1 eetlepel Xantham gum poeier
250 ml Klapper melk

Maak die lensies gaar volgens aanwysings op die verpakking. Sit die ekstrakblokkie halfpad deur die kookproses by. Verhit olyfolie in ´n kastrol en braai die uie tot sag en deurskynend. Voeg nou die wortel en seldery by en roerbraai. Voeg die knoffel, kerrie, borrie en gemmer by en braai vir nog ´n minuut. Voeg die lensies nou by en meng. Week die brood in Klappermelk. Druk die oortollige melk uit, maar moet dit nie weggooi nie. Krummel die brood by die lensies en meng. Geur met sout en swartpeper. Skep die mengsel in ´n kasserol. Versap die oortollige melk, Piesang en Xantham gum saam en giet oor die lensies. Druk suurlemoenblare in die mengsel en bak teen 180ºC vir 25 minute.

Bedien saam met groenslaai.

VLEISLOSE FRIKKADELLE
125 ml gerasperde kaas
500 ml oats
1 groot tamatie – gekap
2 eiers – geklits
groot aartappel – gerasper
5 ml suiker
1 groot wortel – fyn gerasper
5 ml BBQ spice
1 groot ui fyn – gekap
5 ml bakpoeier
peper
Maak balletjies en braai weerskante in warm olie.
Pak in braaipan en maak een pakkies beesstertsop aan met 500 ml koue water en gooi oor frikadelle.
Kook tot gaar.

VEGETARIAN BOBOTIE
1 medium butternut (+- 1 kg), peeled and cut into very small, 1cm x 1cm blocks
2 onions, finely chopped
4 t (20 ml) masala Spice
2 T (30 ml) canola oil
1 x 200 g Ina Paarman’s Tikka Curry Coat & Cook Sauce
1 x 400 g tin lentils, drained

Topping:
1 cup (250 ml) sour cream, buttermilk or plain yoghurt
1 t (5 ml) masala Spice
1 large egg or two smaller eggs
6 bay leaves or lemon leaves

Preheat oven to 180C.

Saute the butternut, onions and Masala Spice in the oil for 3 minutes. Add half of the Tikka Sauce, cover with a lid and simmer slowly for 15-20 minutes until butternut is soft. Add lentils and rest of the Tikka Sauce. Mix.
Spoon mixture into a 29cm x 20cm ovenproof dish and level. Beat together all topping ingredients and pour evenly over bobotie. Float a few bay or lemon leaves on top.
Bake, uncovered, for 30 minutes until the custard topping is firm and golden brown

VEGETARIES GEBAK
25 ml botter
1/ 4 kopkool gekerf
10 groenbone gekerf
1 medium patat in blokkies gesny
1 medium wortel in dun snytjies gesny
1 klein ui gekap
3 ml sout
2 ml gemmer
Peper na smaak

METODE
Braai al die groente in botter tot amper sag. Geur met geurmiddels. Plaas onder in bakskittel. Gooi blik geroomde sampioene of tamatiesop ( 285 ml ) bo-oor. Strooi nou 3 kop ( of minder indien verkies ) grof gerasperde kaas bo-op en geur met 2 ml peper. Bedek met kapokaartappels, strooi kaas en broodkrummels bo-op. Bak 20 min in oond 180 C. Garneer net voor bediening met pietersielie.

GROENTEBRIJANI

Olyfolie ( vir braai )
1 ui, fyngekap
1 pakkie ( 350 g ) brijani-rysmaaltydpak
1/ 2 pakkie ( 500 g ) bevrore blomkool
1 klein pakkie ( 80 g ) jong spinasie
1/ 4 pakkie ( 25 g ) amandelvlokke, gerooste en gereed om op te dien
Vars koljander en ongegeurde joghurt, gereed om op te dien.

Verhit `n bietjie olie in `n kastrol en braai uie tot dit begin verbruin. Voeg rys by en roerbraai vir `n paar sekindes. Meng die sakkie speserye ( uit die pak ) met 3 3/ 5 koppie
( 900 ml ) water en giet oor die rysmengsel. Verhit rys tot dit kook, verminder hitte, bedek en laat vir 35 minute prut. Voeg groente by en kook vir nog 5 – 10 minute, of totdat blomkool gaar is. Maak rys los met `n vurk, en bedien met amandelvlokke, koljander en joghurt.

GROENTEKOEKIES
200 gr stampkoring
500 ml kookwater
1 klein eiervrug
2 middelslag tamaties
1 ui
2 knoffelhuisies
1 wortel
125 ml water
5 ml sout
1 ml peper
5 ml balsemkruid
70 gr koekmeelblom
1 eier
50 ml kookolie

METODE
Meet 200 g ( 1 k ) stampkoring en 500 ml ( 2 k ) kookwater af in `n kastrol. Kook die stampkoring. Kook die stampkoring ongeveer 1 uur lank oor matige hitte totdat dit sag is.
Voeg nog water by indien dit droogkook voordat dit gaar is.
Skil en sny 1 eiervrug en 2 tamaties in blokkies en gooi dit in `n mengbak.
Skil en sny ui en knoffelhuisies fyn en voeg dit by die eiervrugmengsel.
Skil en rasper wortel en voeg dit ook by die eiervrugmengsel. Skep die mengsel in `n pan, voeg 125 ml ( 1/ 2 k ) water daarby en stowe die mengsel op die stoof tot `n sagte moes.
Voeg die moes by die stampkoring, tesame met 5 ml ( 1 t ) sout en 1 ml peper.
Voeg balsemkruid ( basiliekruid ) en koekmeelblom by die stampkoringmengsel. Klits eier baie goed en voeg dit by die mengsel.
Meng goed.
Meet 50 ml ( 4e ) kookolie af in `n pan en verhit oor matige hitte op die stoof.
Skep lepelsvol van die mengsel in die warm kookolie. Bak die groentekoekies tot gaar en bruin aan weerskante.

KERRIE/LENSIE GROENTEGEREG
125g groen of rooi lensies
15ml olie
1 middelslag ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
5ml fyngekapte, varsgekapte gemmer
15ml medium sterk kerriepoeier
500ml aftreksel
3 middelslag aartappels, geskil in blokkies gesny
3 middelslag wortel, geskil en gerasper
4 middelslag tamaties, geskil en gekap
5ml suiker
15ml vars gekapte vars tiemie of 5ml droë
sout en peper na smaak

Kook lensies tot sag. Dreineer en hou eenkant.
Verhit olie en soteer ui, knoffel, gemmer, en kerriepoeier vir paar minute tot sag.
Voeg aftreksel en aartappelblokkies by en prut vir 5min. Voeg wortels, tamaties, suiker, tiemie, geurmiddels en lensies by.
Roer aanhoudend en prut vir 10min tot aartappels begin sag word en vloeistof begin afkook. Bedien warm. ( Kan aartappels met pasta vervang). Gebruik as vulsel vir pannekoek of roti’s.

GROENTE ROERBRAAI
40 ml olie
1 groot ui, in ringe gesny
6 na 8 sampioene (net gehalveer)
1 rooi soetrissie, in repe gesny
2 wortels, in repies gesny
3 stingels seldery, in ringe gesny
300g broccoli, in blommetjies gebreek
500ml stampmielies,
gaar 7ml sout
varsgemaalde swartpeper.

Verhit die olie, voeg die groente by en roerbraai die groente moet bros wees. Voeg die stampmielies en geurmiddels by en laat deurwarm word. Lewer 4 porsies

EIERVRUG BRINJAL SOUTTERT
2 – 3 Eiervrug
1 groot ui, gekap
2 x 250 ml kartonnetjies suurroom
l pakkie sampioensop
1 rol skilferkors pasteideeg
Gerasperde cheddarkaas vir bo-op

Skil die eiervrug en sny in skywe.
Pak op skinkbord en sprinkel goed met sout
Laat staan vir ongeveer 30 minute
Was dan die skywe goed onder koue water en maak droog met papierhandoek
Sny skywe in blokkies en braai saam met die gekapte ui
Voer ‘n groot oondskottel uit met kors en
Smeer die eiervrug en uiemengsel bo-oor die kors.
Meng die suurroom met die sampioensop en gooi bo-oor die eiervrugmengsel
Maak toe met gerasperde kaas
Bak teen 180ºC vir 30 minute

GEBAKTE AARTAPPELS MET VEGETARIESE VULSELS
Gebruik groot goeie gehalte aartappels. Skrop en droog aartappels af.

Prik die skil van die aartappels liggies met ‘n vleispen.

Vryf die skil van die aartappels met sonneblom- of olyfolie.
Plaas die aartappels op die rak van ‘n oondbraaipan en bak ongeveer een uur of totdat dit sag is wanneer dit met ‘n metaalvleispen getoets word.
Maak twee diep snye oorkruis bo-op en druk die kante versigtig om die aartappel oop te breek. Skep die vulsel van u keuse bo-oor en bedien dadelik.

Kook indien verkies die aartappels net gaar in soutwater of in jou mikrogolf

Vulsels:
Sampioen, knoffel en pietersielie:
Soteer ‘n paar deurgesnyde sampioenskywe en fyngekapte knoffel in verhitte olyfolie, voeg gekapte vars pietersielie by, geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Plaas vulsel bo-op gebakte aartappel en skep ‘n teelepel suurrom (smetena) bo-oor.

Mieliesalsa:
Dreineer ‘n klein blikkie mieliepitte en voeg ‘n gekapte tamatie, fyngesnyde sprietuie, ‘n halwe brandrissie ontpit en fyngekap en gekapte vars koljander by.
Meng ‘n eetlepel (15 ml) olyfolie en ‘n bietjie suurlemoensap liggies by en skep bo-op gebakte aartappel. (Voeg ‘n knippie suiker by die salsa indien verkies

PIZZAS

1 Pizza kors

Smeer tamatie “pizza of burgersous” oor die kors
Pak op die pizza, peppadews, baba spinasieblare pynappel, sampioene, gekapte uie, rooi, geel, groen peppers, aspersies, gekapte tamaties, olywe, vars kruie bv pietersielie, spruituie, basil, gerasperde chedder of mozarella kaas

SAMPIOEN QUICHE

1 rol blaardeeg (puff pastry)
1 ui, in dun skywe gesny
250 ml cheddar-kaas, gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 pakkie sampioene (of gebruik groot bruin sampioene)
6 eiers
500 ml room
Verhit oond tot 180 °C. Druk blaardeeg in ’n gesmeerde losboom-quiche-pan. Pak uiskywe in quiche-pan en sprinkel kaas bo-oor. Geur met sout en swartpeper. Sny sampioene in dun repies en pak in ’n waaiervorm op kaas en uie. Klits eiers goed en voeg room by. Geur met sout en swartpeper. Giet oor quiche en bak vir sowat 30 minute

ASPERSIE TERT
Gebruik sommer ‘n rol skilferkorsdeeg as basis. Ek maak gewone kaassous (so 2 koppies), gebruik die sous van die blik aspersies en melk. Skei 4 eiers, klits die gele by die witsous en gooi die aspersies en gebraaide spek in. Klop die eierwit styf en vou in. Gooi oor deeg en bak tot goudbruin teen 180 grade.

SPAGHETTI en KAASGEREG
1 pak spaghetti
1 blik geroomde mielies
1 blik geroomde sampioene
Gerasperde kaas
Metode:
Kook spaghetti in soutwater tot sag – dreineer. Skep helfte van spaghetti
in gesmeerde oondbak. Gooi eers die mielies, dan sampioene oor
Skep res van spaghetti bo-oor.
Gooi kaas bo-oor. Vir versiering kan skywe tamatie bo-op gesit word.
Bak vir ongeveer ‘n halfuur in voorverhitte oond van 160 C totdat kaas goudbruin is
Sit voor saam met groen slaai van jou keuse

GEVULDE SAMPIOENE met SPINASIE EN EIERS

4 groot Portobello sampioene
Spinasieblare (vars – effe opgekook) (gevries – ontdooi)
3 eetlepels olyfolie
4 groot eiers
Mozarella kaas
Sout en peper na smaak

Draai die oond tot by grill/rooster
Maak die sampioene skoon en verwyder die stam
Smeer olie aan buite en binnekant van die sampioene en gooi bietjie sout en peper oor
Plaas onder rooster vir so 3 tot 5 minute (oopkant na bo) Haal uit en sit eenkant

Stel die oond af na 175 C

Begin om die sampioene te pak. Sit van die spinasieblare in die sampioen, dan bietjie gerasperde mozzarella kaas, of selfs dun repies gesnyde kaas sal werk. Druk dit stewig vas in die sampioen en maak ‘n bakkie vir die eier. Breek versigtig ‘n eier oop in elke sampioengaatjie

Plaas hulle nou terug in jou oond en bak vir 15 tot 17 minute. Die tyd hang af van hoe gaar jy van jou eier hou.

GEVULDE SAMPIOENE

Groot, swart sampioene
Botter ( 12,5 ml )
125 ml fyngesnyde uie, groen, rooi en geel peppers
100 g gerasperde kaas ( 250 ml )

METODE

Was sampioene goed af, sonder om dit te breek. Sny stengeltjies van sampioene af.
Smeer die botter op die sampioene. Sit bietjie knoffel op dan die uie en peppers. Sit bietjie gerasperde kaas op en bak in die oond tot sag en alles warm en gesmelt is

GEURIGE SAMPIOENBREDIE
750 g verskillende sampioene
1 bossie sprietuie
3 knoffelhuisies
2ml borrie
2ml kaneel
10ml paprika
gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
125 ml lemoensap
250ml ertjies
125ml groenteaftreksel
10 groen olywe
5–10ml mint
Soteer die sampioene. Roer die uie, knoffel, borrie, kaneel en paprika by. Voeg die suurlemoenskil, lemoensap en groenteaftreksel by en prut vir 10 minute. Voeg die ertjies, olywe en suurlemoensap by en prut nog 10 minute. Voeg die mint by net voor opdiening. Sit voor op rys en garneer met suurlemoen

SAMPIOEN-ROERBRAAI
4 uie, in blokkies gesny
2 eetlepels olyfolie
5 huisies knoffel, gekap
1-2 eetlepels vars gemmerwortel
2 murgpampoentjies, in die lengte gesny
1 geel soetrissie
1 rooi soetrissie
250g wit knopiesampioene, in kwarte
½ blokkie groente-ekstrak, verkrummel
75-100ml water
2 eetlepels vars koljander, gekap
2 teelepels mielieblom, gemeng met 2-3 eetlepels water
Roerbraai die uie met ‘n klein bietjie van die olie oor matige hitte vir ‘n kort tydjie. Voeg die helfte van die knoffel en gemmer by, dan die murgpampoentjies en rissies en braai totdat die pampoentjies krakerig, maar sag is. Haal uit die pan. Voeg die oorblywende olie by en roerbraai die sampioene met die orige knoffel en gemmer. Kook vir slegs ‘n paar oomblikke sodat die sampioene nog hard is. Sprinkel die ekstrak by en voeg weer die uie en murgpampoentjies by. oeg geleidelik die water en mielieblompasta by. Kook ‘n paar oomblikke terwyl jy roer totdat die vloeistof begin verdik. Geur die gereg met sojasous en koljander.
Bedien onmiddellik.

KAAS-EN-SAMPIOENGEBAK
12dun snye wit brood, korsies verwyder
45ml botter, gesmelt
625ml Cheddarkaas, gerasper
250g sampioene in skywe gesny
½ groensoetrissie, ontpit en fyngekap
4 groot eiers, geklits
750ml melk
2,5ml paprika
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1ml gemengde kruie
Smeer ‘n oondvaste bak. Smeer gesmelte botter liggies oor albei kante van elke sny brood. Sny elke sny in die helfte en rangskik die helfte van die brood op die bodem van die bak (in ‘n enkel laag). Sprinkel die helfte van die kaas oor die broodskywe in die bak. Plaas al die sampioenskywe eweredig bo-oor. Herhaal die lae met die oorblywende broodskywe en gerasperde kaas. Sprinkel groensoetrissie bo-oor. Klits eiers en melk saam. Geur met sout, peper en gemengde kruie en paprika. Gooi die eiermengsel oor gereg in bak. Bedek met kleefplastiek en plaas oornag in yskas. Bak in voorverhitte oond teen 180C onbedek vir 35-45

EIERGEBAK MET SAMPIOENE
1 pakkie sampioenroomsop
500g sampioene
250g uie
1 eier per persoon
125ml room
2ml borrie
5ml kerriepoeier
Voorverhit die oond tot 180C. Los die soppoeier op in 400ml water en kook tot dik. Soteer die sampioene en die ui en geur met sout en swartpeper. Breek die eiers daarin en voeg die room, borrie en kerriepoeier by die sop en meng. Bak vir 10minute, skep die res van die sampioene bo-op en bak nog 5 minute

DIEET – Ilse se dieet soos op Fb


KONTAK ASB EERS JULLE DOKTER INDIEN JULLE DIE DIEET WIL VOLG EN SEKER MAAK DAT DIT VEILIG  IS VIR JOU GESONDHEID EN LIGGAAM

Baie mense gaan my nou vra wat is die dieet. Ek het dit gekry in ‘n boekie wat ek in ‘n tweedehandse boekwinkel in Jeffreysbaai ontdek het. Die boekie is al in die 50’s gepubliseer. Kan nou nie die naam onthou nie.
Ek is doodseker dit was die begin van hierdie nuwe Tim Noakes se Kosrevolusie wat almal nou op hol het. Dis is basies presies dieselfde behalwe vir die eerste week tot hoe lank jy kan uithou.

Ek het hierdie dieet met my man se nier spesialis bespreek en hy’t gese my man kan saam met my daarop gaan maar hy moet ten minste een keer per week 1 porsie stysel inkry waar dit nie vir my nodig is nie Bv 1 gekookte aartappel, 1 mielie op die stronk, 2 snye volgraan brood, 1 k rys, 1 bakkie ontbytpap. NIE slapchips, toastbroodjies, pasta, pizza of sulke goed nie.

Bespreek asseblief ENIGE dieet wat julle wil probeer eers met julle huis dokters. Ons almal se liggame werk anders en ek wil nou nie moeilikheid hê as iemand siek voel oor my dieet nie. Ek deel net met julle wat vir my gewerk het.

ILSE SE DIEET

Die eerste 2 weke van hierdie nuwe lewenstyl is die belangrikste. Indien jy hierdie 2 weke volledig en stiptelik kan nakom, kan jy oorskuif na die volgende fase. Elke keer as jy kroek begin jou 2 weke weer heel van voor af tel. (Ek het al net ‘n week op dit gebly en dan oorgeskuif, maar hoe langer hoe beter)

Hoe lank kan ek op hierdie program bly??

Solank as wat jy wil, tot jy naby aan jou doelgewig is of as jy net moeg raak vir elke dag dieselfde kos. Onthou om te onderskei tussen moeg raak en cravings. Cravings is die teken dat jou liggaam NIE reg is om oor te gaan na die volgende fase nie.

Wat mag jy eet???

Vleis
Dit sluit in enige bees, skaap, vark, bok. Basies alle rooivleis soos dit uit die slaghuis kom. Vars en ongeprosesseer. Enige hoeveelheid wat jy op ‘n dag kan inneem. As jy nie kans sien om die vetjie af te sny nie, is dit nie die ergste nie, maar dinge gebeur net soveel vinniger as jy dit wel doen. (ek het ondervind dat dit nie eintlik ‘n verskil maak nie).

Vis
Enige seekos, skulpvis en alle visse. Oesters en mossels is baie ryk so vermy eerder vir die twee weke.

Hoender
Enige hoender, eend, kalkoen, tarentaal, gans. As jy nie kans sien om die vel af te sny nie, is dit nie die ergste nie, maar dinge gebeur net soveel vinniger as jy dit wel doen. (ek het ondervind dat dit nie eintlik ‘n verskil maak nie).

Eiers
Enige manier waaraan jy kan dink om hulle gaar te maak.

Kaas / Suiwel
Room en suurroom,VOLROOMMELK, ongegeurde jogurt (volroom as jy kan kry). Enige kaas – dit sluit in roomkaas, maaskaas, bloukaas, camembert, parmesan.

Verkieslik net vars slaghuisprodukte, maar as jy soek kan ‘n paar ander produkte dit bietjie meer interressant maak.

Tamatiesous, Worcestersous en enige speserye en kruie.
Lees die tabelle op die produkte. As jou Carbohydrates / 100g laer is as 3g kan jy dit maar eet.

REELS VIR : FASE 1

Drink minstens 3 liter water per dag. Dit is kritiek om al die vet uit jou liggaam te spoel en dan te help om jou vinniger te laat gewig verloor.

Maksimum 1 koppie gewone koffie ook sonder suiker en melk. (Ek het myne met 2 lepels suiker en volroom melk gedrink).
Sodawater
Tee

Alkohol mag geensins in hierdie fase gebruik word nie. Alkohol vertraag die vetverbrandingsproses baie. (Ek het Whiskey met soda gedrink as ek lus was om iets te drink saam met ‘n braai of so.)

Jy kan olyfolie gebruik om jou kos in gaar te maak. Botter en diervet ook maar NIE MARGARIEN NIE.

FASE 2

Nou raak dinge beter en jy begin jou liggaam leer hoe om met kos te werk.
Hoe lank kan ek op hierdie program bly?? Solank as wat jy wil.
Nuwe kosse wat jy nou mag eet:

Mustard Greens, Beetroot leaves, Watercress, Bamboo shoots, Coriander Leaves, Iceberg Lettuce, Butter Lettuce, Cos Lettuce, Chinese Cabbage, Alfalfa Sprouts, Cauliflower, Celery, Spinach, Radish, Sauerkraut, Chives, Swiss Chard, Chinese lettuce, Mushrooms, Asparagus, Rocket, Zucchini, Cabbage, Tomato, Cauliflower, Dill Cucumber Pickles, Green Pepper, Gem Squash, Parsley, Turnip, Cucumber, Starflower, Jalapeno Peppers, Radish Sprouts, Green/String Beans, Pumpkin, Oyster Mushrooms, Broccoli, Red Pepper, Kidney Bean Sprouts, Mung Bean Sprouts, Fennel bulb, Red Cabbage, Garden Cress, Brussels Sprouts, Peas (frozen), Globe Artichoke, Turnip, Spring Onions, Peas in pod, Carrot, Red Cabbage, Yellow Pepper, Tomato Paste, Eggplant, Parsnips, Leek, Carrot, Red Hot Chilli peppers, Tomato Purée, Avocado, Rhubarb, Olives, Blackberries, Starfruit, Raspberries, Strawberries, Gooseberries, Prickly Pear, Strawberries, Watermelon, Melon, Cranberries, Paw-paw, Peach, Mulberries, Honeydew Melon, Nectarine, Tangerine, Grapefruit, Apricot, Sour Red Cherries, Orange, Blueberries

Slaaisouse.

Greek, Olyfolie en balsamiese asyn, French

Reels van fase 2:

Drink minstens 3 liter water per dag. Dit is kritiek om al die vet uit jou liggaam te spoel en dan te help om jou vinniger te laat gewig verloor.

Maksimum 1 koppie gewone koffie ook sonder suiker en melk. (Ek het myne met 2 lepels suiker en volroom melk gedrink).
Sodawater
Tee

Jy kan olyfolie gebruik om jou kos in gaar te maak. Botter en diervet ook maar NIE MARGARIEN NIE.
Alkohol mag gebruik word. Maksimum van 1 glas wyn per dag. Ander 3-4 sopies brandewyn, whiskey, cane of gin met water of soda.

As jy 10kg van jou gewig af is en jy verloor nog steeds gewig,  kan jy oorgaan na die volgende en laaste fase.
As jy op ‘n stadium kom wat jy nie meer gewig verloor nie maar ook nie optel nie, dan het jy jou leeftydlimiet van carbs gekry. Dan help dit nie jy gaan oor na die volgende fase nie. Nou het jy geleer wat jou liggaam soek en wat nie. Die volgende fase sit NOG meer carbs terug in jou liggaam en dit sal dan die balans wat jy nou het weer van voor af versteur en jy sal weer begin gewig aansit.

FASE 3

Elke einde van die week vermeerder jy jou carb-inname met 1 porsie stysel. Bly op hierdie fase tot jy jou doelgewig bereik het en nie meer gewig wil verloor nie. Elke week sal jy agterkom waar jou stysellimiet is wat jou liggaam soek. As jy stilstaan is dit die hoeveelheid wat jou liggaam soek. As jy aanhou verloor, soek jou liggaam meer en as jy optel neem jy te veel in. So maklik soos dit.
As jy op ‘n stadium kom wat jy nie meer gewig verloor nie maar ook nie optel nie, dan het jy jou leeftydlimiet van stysel/carbs bereik.

Wat mag ek nou by eet??

Styselgroente porsie Carbs
Wortels   ½ k gaar 10.0
Aartappels   ¾ k gaar 10.2
Patats   ½ cup 13.9
Mielies   1 heel 24.7
Bone porsie Carbs
Chickpeas   ½ k 16.2
Suikerbone   ½ k 11.6
Lensies   ½ k 12.1

Vrugteporsie Carbs
Appel   ½ 8.7
Piesang 1 klein 21.2
Druiwe   ¼ 7.1
Koejawel   1 medium 5.8

Kiwi 1 8.7
Mango  ¼ kop 6.3

Graanporsie Carbs

Oats   ½ k gaar 10.6
Pasta (whole wheat)  ¼ k gaar 8.3
Rys (bruin)  ¼ k gaar 10.3

Jy verloor nog gewig?? Jy is al amper onder wat jy moet weeg?? Pas jou porsies per week aan soos jy goeddink.
Nou weet jy presies wat jy kan eet, wat jy nie kan eet nie, en ook die hoeveelhede so uniek soos wat jou liggaam en jy is.

Ek hoop almal verstaan dit nou mooi.

Hier is vir julle ‘n voorbeeld van my eerste week.
Voel vry om aan te pas soos julle wil.

Van Wyk’s huis se kombuis

Week 1 tot so lank as wat jy kan uithou, maar nie langer as 3 maande nie.

Enige hoeveelheid van die volgende 10 items wat jy op een dag voor lus het:
Vleis, Vis, Hoender, Eiers, Kaas, Tamatiesous, Worcestershiresous, Speserye, Vet/regte botter, TEN MINSTE 3 LTR WATER ‘N DAG!!
Moenie die vetjie of velletjie van jou vleis afhaal nie, jou liggaam het dit ook nodig.

Geen ander koeldranke nie, nie eens dieetkoeldrank nie en net 1 k koffie per dag. Ek is baie lief vir my koffie so my een koppie moet lekker wees. Ek het nog steeds my melk en suiker ingegooi. Darem ook nou nie 6 lepels suiker nie. Volroom melk en 2 suiker is voldoende vir my.

Probeer ten minste ‘n week uithou, dis is regtig nie so moeilik nie.

As jy nou so jean size of wat geval het, glo my dit gebeur vinniger as wat jy dink, kan jy die volgende bysit.

Mustard Greens, Beetroot leaves, Watercress, Bamboo shoots, Coriander Leaves, Iceberg Lettuce, Butter Lettuce, Cos Lettuce, Chinese Cabbage, Alfalfa Sprouts, Cauliflower, Celery, Spinach, Radish, Sauerkraut, Chives, Swiss Chard, Chinese lettuce, Mushrooms, Asparagus, Rocket, Zucchini, Cabbage, Tomato, Cauliflower, Dill Cucumber Pickles, Green Pepper, Gem Squash, Parsley, Turnip, Cucumber, Starflower, Jalapeno Peppers, Radish Sprouts, Green/String Beans, Pumpkin, Oyster Mushrooms, Broccoli, Red Pepper, Kidney Bean Sprouts, Mung Bean Sprouts, Fennel bulb, Red Cabbage, Garden Cress, Brussels Sprouts, Peas (frozen), Globe Artichoke, Turnip, Spring Onions, Peas in pod, Carrot, Red Cabbage, Yellow Pepper, Tomato Paste, Eggplant, Parsnips, Leek, Carrot, Red Hot Chilli peppers, Tomato Purée, Avocado, Rhubarb, Olives, Blackberries, Starfruit, Raspberries, Strawberries, Gooseberries, Prickly Pear, Strawberries, Watermelon, Melon, Cranberries, Paw-paw, Peach, Mulberries ,Honeydew Melon ,Nectarine , Tangerine , Grapefruit, Apricot, Sour Red Cherries, Orange, Blueberries,Room en suurroom,VOLROOMmelk, Ongegeurde jogurt (volroom as jy kan kry) Lancewood maak ‘n volroom een, Enige kaas dit sluit in roomkaas, maaskaas, bloukaas, camembert, parmesan, Enige diervet vir kos in gaarmaak, Olyfolie, Pekanneute, macademia, walnuts, Brazil, hazel, Amandels en pampoensade, Coconut, fyn of stukke, Coconut melk en water.
Redro vissmeer, Gebruik eerder Bovril as Marmite.

Gaar of rou nes jy wil en jy kan Knorr se slaaisouse gebruik matig, maar NIE DIE LIGHT NIE. Die olierige een.
Wees net so bietjie versigtig met die vrugte, hulle het nogal baie suiker.

Met hierdie byvoegings kan jy basies jou hele lewensstyl verander vir die res van jou lewe.

FASE 1

Maandag
O – Omelet met bacon en kaas
M – Biltong en droëwors
A – Oondgebakte hoender (resep van gister)

Dinsdag
O – 3 scrambled eiers met gerasperde kaas oor.
M – Oorskiethoender
A – Italiaanse Hoender

Woensdag
O – Eier- en hambakkie
M – 1 houertjie maaskaas
A – Skaaptjoppies op die kole

Donderdag
O – 3 scrambled eiers met gerasperde kaas oor.
M – Cooked ham opgerol met stukkies kaas in. (Kouevleis wat jy kan gebruik Pastrami, Silverside, Gammon, Hickory Ham, Cooked Ham)
A – Frikkadelle (Resep volg)

Vrydag
O – Omelet met bacon en kaas
M – Gerookte hoenderborsies met roomkaasgeur van jou keuse
A – Steak (ek hou van Rump wat nog ‘n vetjie aan het of Sirloin)

FASE 2

Van Wyk’s huis se Kombuis
Ek het ‘n volle 2kg geval van ek verlede week Maandag begin het. Ek gaan vir julle die fase 2 voorbeeld van ‘n eetplan opsit, maar ek gaan nog ‘n week probeer uithou op fase een.
Baie trots op myself. Het ‘n hele 24 liter water die week gedrink!!

Weereens pas aan soos jy wil maar dis min of meer hoe my plan lyk vir fase 2.

Maandag:
O – Omelet met kaas, bacon, mushrooms.
M – Hoenderslaai (Blaarslaai, uie, komkommer, hoenderborsies, tamaties met ‘n sprinkel French Slaaisous van Knorr. Nie die light ene nie)
A – Gegeurde maalvleis met uie, g/peppers, knoffel.
Sprinkel met kaas.
Groenboontjiestirfry met mushrooms, uie en bacon.
*2 gebakte eiers – opsioneel

Dinsdag
O – 2 eier roerbraai met bacon en gebraaide tamatie
M – Oorskietmaalvies met ‘n lekker griekse slaai met fetakaas en olywe soveel jy wil.
A – Hoender stirfry (1 kg Repies hoender, 1 pak French stirfry, lekker baie Aromat en swart peper na smaak)

Woensdag
O – 2 gebakte eiers op tuisgemaakte hamburger patties.
M – Rolletjies cooked ham en maaskaas van jou keuse
A – Braaivleis van jou keuse
Gevulde groot swart mushrooms *resep volg
Tamatie- en uieslaai (Sny tamatie en uie fyn. Maak sous van 1/2k bruinasyn en 2 e Xylitol of 3-4 versoeter pilletjies, sout en peper na smaak.)

Donderdag
O – Minute steaks met gebakte eiers en tamatiesmoor
M – Olywe, salami, Gherkins, kersietamaties.
A – Souttert *resep volg
Mengelslaai

Vrydag
O – Hardgekookte eiers en vars tamatie en uie
M – Biltong en droewors
A – Skaapribbetjie op die kole
Blomkool Tamatie en uie smoor

dieet ilse heuning

1 eetlepel heuning, 1 eetlepel kaneel, 1 eetlepel gemmer, 1 teelepel kremetart, 1 liter water. Meng hou in die yskas en drink voor elke ete n sopie vol.

 IDEES MET BLOMKOOL: 

http://www.buzzfeed.com/christinebyrne/cauliflower-not-carbs?bffb&utm_term=4ldqphi#.sm8o7eKVM

http://talkfeed.co.za/banting-diet-resources-download/

RESEPTE IDEES

https://kreatiewekosidees.com/?s=LOW+CARB

ITALIAANSE HOENDER

6 hoender quarterlegs
1 k tamatiesous
1 t gemengde kruie
1 t fyngekapte roosmaryn (verkieslik vars)
1 t oregano
1 t knoffel
1/4 k worcestersous
¼  k water

Spuit oondbak goed.
Pak hoenderstukke in oondvaste bak. Meng res van die bestanddele en giet oor. Bak op 180C vir 1uur. Skep weer van sous oor en bak tot taaierig, bruin en gaar. Ongeveer nog so 30-40min.
Bedien.

FRIKADELLE

500g maalvleis
2 eiers
½ cheddarkaas grof gerasper
1 e fyn knoffel
½ k parmesankaas
1 t vars gemaalde swartpeper

Meng als goed en rol balletjies. Vlak braai in bietjie olie tot bruin en gaar. As jy groter frikadelle verkies, pak dit in ‘n oondskottel. Meng 1 k tamatiesous, 1 e spice for mince, 1 t knoffel, 1/4 k worcestersous en ¼ water. Giet oor en bak onbedek op 200C vir 40min tot gaar.

EGG AND VEGETABLE LOAF

(Makes 1 small loaf)

6 eggs (whisked)
1/2 cup grated cheese
1/2 zuchinni grated
1/2 carrot grated
1 garlic clove grated
4 slices rindless bacon chopped
1/4 red onion chopped
1 tbs melted butter
Mix all ingredients together in bread tin and bake on 180 in oven for 25 minutes.

SOUTTERT

6 eiers
1 gekapte ui
250g gekapte hamblokkies
2 pakkies spek
3 k cheddarkaas
1/2 k room
1/2 k water

1. Sit oond op 180 grade.
2. Snipper spek en braai tot gaar in pan en laat afkoel.
3. Meng al die bestanddele saam in mengbak.
4. Smeer oondbestande bak.
5. Gooi mengsel in oondbak en bak vir ongeveer 45min tot goudbruin.

low carb hoenderpastei

Chicken pie

CHICKEN PIE

500g chicken breasts
salt and pepper
juice and rind of 1 lemon
250g mushrooms, sliced
oil
200g spinach, stems removed
3 eggs, beaten
250g tub cream cheese

Method:
1. Preheat the oven 180C. Spray an overproof dish.
2. Season the chicken with salt, pepper and the lemon juice and rind. Steam in a food steamer until done.
3. Remove the bones and cut into small pieces.
4. Fry the mushrooms in a little bit of oil till just softened.
5. Add the spinach and fry until the spinach welts. Beat the eggs and cream together.
6. Mix the chicken, spinach and cream cheese together and spoon into the prepared dish. Sprinkle cheese over.
7. Bake for 30-40 min or until the egg has set and the cheese are melted and golden.

Deur: Karin De Freitas

HOENDERSCHNITZELS
4 heel hoenderfillette
Spice for Mince (ja jy lees reg)
Worcestersous

Sit 1 fillet op ‘n slag in ‘n deurskynende sakkie.
Slaan plat met ‘n hammertjie.
Sny in 2 stukke
Sprinkel goed met die speserye.
Sprinkel met die worcestersous.
Los vir so 20 min.

Verhit bietjie olyfolie in ‘n pan.
Vlakbraai net 3 minute per kant.
Pak in ‘n oondbak.
Sprinkel kaas ook en bak net tot kaas gesmelt is.

Bedien met ‘n slaai of groente.

SPINASIE-, SAMPIOEN- EN SALAMIQUICHE

6 eiers, geklits
1/2 kop gerasperde kaas

Voeg kaas by eiers
1 houer buttonsampioene, gesny

500 gr spinasie en 1 ui, gesnipper en gebraai
6 to 8 salamiskyfies
Arrange the salami slices on the bottom of a large foil tart plate; Layer it with the mushroom, onion and spinach mix Pour the egg cheese mixture on top and bake in a pre heated oven at 180 degrees for about 15-20 min

HOENDER- EN BROKKOLIGEBAK
4-6 hoenderborsfilette, in repe gesny
sout en peper na smaak
1 groen of geel soetrissie, in klein blokkies gesny
1 ui, gekap
olie
500 g broccoli-blommetjies
45 ml (3 e) botter of margarien
50 ml (10 t) koekmeel
10 ml (2 t) Dijonmosterd
500 ml (2 k) melk
125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Geur die hoender met sout en peper en braai saam met die soetrissie en ui in ’n bietjie olie tot bruin.
Skep in ’n oondvaste bak en voeg die broccoli by.
Smelt die botter of margarine en roer die koekmeel by tot glad. Roer die mosterd by. Geur met sout en peper. Voeg die melk stadig by terwyl aanhoudend geroer word en die sous kook. Voeg die helfte van die kaas by.
Giet die sous oor die hoender, sprinkel die res van die kaas oor en bak sowat 20 min tot die kaas gesmelt en effens verbruin het.

WEENSE WORSIE ROERBRAAI
Ek het bietjie narvorsing gedoen en agtergekom dan Eskort se rooiworsie nogal heel goed gaan inpas by my eetplan. Hier is ‘n lekker vinnige middagete wat jy sommer in ‘n braaipan maak of ‘n vinnige ontbyt.

2-4 persone
2 Eskort Rooiworsies
4 eiers geklits
Sout en peper na smaak
Cheddarkaas na smaak

Sny die worsies in wieletjies en braai tot bruin in die bietjie botter. Gooi die eiers by en roer gedurig. Geur met sout en peper en sprinkel kaas oor en roer deur sodat dit kan smelt.

Wees maar versigtig met die sout. Die kaas is ook baie sout.

GEVULDE SAMPIOENE

8 groot swart sampioene

Botter by kamertemperatuur
Knoffel na smaak
Sprietuie
Mozzarella en goudakaas
Paprika

Meng die botter, knoffle, sprietuie en kase.
Smeer dit in die holte van die mushroom en sommer oor die stingeltjie ook.
Sprinkel met Paprika
Bak in oond op 180C vir 20 min.

ilse dieet

Eierkoppies en brokkoli en hamslaai

ONTBYT-IDEE – EIERKOPPIES

Genoeg vir 3-4 mense
Jy benodig ‘n muffinpan (12)
12 snytjies ham – rondes werk die maklikste
12 eiers
Spring onions
Kaas van jou keuse

Verhit jou oond tot 200C
Spuit jou muffinpannetjie goed
Druk die ham in die holtes
Breek 1 eier in elke hambakkie
Dit sal bietjie oorloop
Bak vir 12 minute tot wit ferm is en geel nog sag (as jy die geel styf wil he maak dit 20min)
Sprinkel bietjie sping onions en kaas oor
Bak net nog 5 minute tot kaas gesmelt is
Geur met sout en peper na smaak
(‘n Druppel Tabasco is ook heerlik)

BROCCOLI SALAD MET SPEK OF HAM

2 heads broccoli, chopped
1 cup mayonnaise
1 cup sour cream
2 Tbs sugar
½ tsp salt
½ cup red onion, diced (white is also fine)
250gr bacon, fried and crumbled or chopped ham
1 cup cheddar cheese, shredded
Instructions
In a bowl, mix mayonnaise, sour cream, sugar and salt to make a creamy sauce.
Add broccoli and stir until broccoli is coated evenly.
Stir in the bacon, onion and cheese.
Refrigerate until serving.

KERRIE-EIERS
Gekookte eiers
Gekapte ui
Botter
125ml room
250ml cheddarkaas
1/2 teelepel kerrie
1/4 teelepel borrie
Sout en pepper na smaak
Braai uie in botter tot lekker sag, voeg kerrie en borrie by, braai nog ñ minuut.
Voeg room by en verhit terwyl jy heeltyd roer. Sodra warm voeg kaas by roer tot gesmelt (moenie kook nie).

Sou en peper na smaak.
Sny eiers in halwes of skywe en gooi sous bo-oor

GEVULDE BUTTERNUT
2 heel butternuts
Kookwater
sout
1kg maalvleis
2 fyn gekapte uie
1 blikkie gekapte tamaties
Paar skeute Worcestersous
1 t italian herbs
1 t oregano
1 e fyn knoffel
1 t tiemie

Halveer die butternut in die lengte. Verwyder pitte en bedek met kookwater en bietjie sout. Kook tot net net gaar maar nie papsag nie. Hulle sal breek as jy hulle hanteer as hulle te pap gekook is.

Braai uie in bietjie botter. Gooi maalvleis by en braai tot bruin. Gooi res van bestanddele by en laat prut vir 25min terwyl jy die butternut voorberei.

Skraap bietjie van die butternut in die pitte holte en hol hom effe meer uit sodat hy soos ‘n bootjie lyk.
Skep vol van die maalvleismengsel. Hy kan so bietjie hoog uitstaan.
Bedek met genoeg kaas en bak in die oond op 180C tot kaas goudbruin is.
Bedien dadelik met ‘n lekker mengelslaai.

GROENTE

Koljanderhoender en mosterdgroente

8 Hoenderdye
4 e olyfolie
Bietjie growwerige sout. (nie die fyn of die heel grof nie)
Swartpeper na smaak
2 t Fyn koljander of grof gemaal na smaak
2 t Italian herbs van Robertsons

1/4 k olie
3 e dijon mosterd
2 e wit asyn
1 t soyasous (die soet dik ene)
1/2 t kaneel

Hierdie moet ‘n totaal van so 5-6 koppie groentes maak.
Peppers (rooi groen en geel), rape met blare aan, seldery, bababeet met blare aan, als in blokkies gesny.
1 Ui in stukke gekap
3 t fyn knoffel

1 suurlemoen in kwarte gesny

Verhit dit oond tot 180C

Meng 4 e van die olie met die sout, peper en koljander. Smeer goed in die hoender in. Hou eenkant

Meng die 1/4 k olie met die mosterd, asyn, soya en kaneel.
Meng al die groente saam en meng goed met die mosterdsous.

Gooi al die groente en sous in ‘n oonvaste bak.
Pak die hoenderstukke bo-op.
Bak in oond onbedek vir 1uur. Roer deurmekaar en maak seker hoender het weer ‘n lekker sousie op.
Bak vir nog 25 min tot velletjie mooi goudbruin is.

Bedien met die suurlemoen skyfies

LOW CARB RENS SLAAI

SLAAI –  Koue boudvleis (gebruik bv tuna, gevlokte hoender, koue vis, salm – tamaties, gekookte eiers, olywe, feta kaas, komkommer, pers en groen kool, gerkins, blaarslaai, groen rooi en geel peppers en bietjie uie – slaai sousie is growwe gemaalde peper, sout, olyfolie en balsamic asyn

BLOMKOOL- EN FETAKAASGEREG

300g blomkool
200g broccoli
200g vars sampioene
2 knoffelhuisies, gekneus
4 eiers, geklits
250g maaskaas
gemaalde swartpeper
5ml droë tiemie
20ml vars gekapte pietersielie
100g gekrummelde fetakaas

Breek blomkool en broccoli in klein blommetjies. Kook ‘n bietjie water in ‘n kastrol. Voeg die blomkool, broccoli, sampioene en knoffelhuisies by die kokende water. Kook die groentemengsel tot net gaar maar nie pap nie. Dreineer. Meng eiers en maaskaas. Skep groentemengsel in ‘n bakskottel. Strooi peper, tiemie, pietersielie en fetakaas oor die groentemengsel. Gooi maaskaas oor. Bak teen 180C vir 60 minute of tot gestol. Laat 10 minute afkoel voor die gereg bedien word.

CAULIFLOWER SALAD

1 head of cauliflower steamed or boiled until tender in bite size pieces
6 boiled eggs (when done peel eggs, rinse and separate yokes into a bowl. Then mash the yolk and cut the whites into small bite size pieces then blend together.)
1/3 cup (appx) miracle whip or mayonnaise (dont use LIGHT – it has more carbs)
3 tbs of mustard
3 tbs of pickle relish
1/8 cup of chopped onion (uncooked) can use more if you prefer
salt/pepper to taste
mix all together and you can garnish with egg slices and parsley
chill over night

( 1 cup of cauliflower is only 3 carbs) 

LOW CARB EIER SPEK MUSHROOMS

Braai uie, spek of enige koue oorskiet vleis, sampioene net gehalveer en 1 tamatie geskil en in blokkies gesny  tot sag – maak holte – gooi eier in, stoom tot gaar, sny skyfie kaas oor – stoom tot kaas gesmelt is – bedien met slaai

SPINACH AND ONION BREAKFAST

2 tablespoons butter
6 large eggs
1 large onion sliced thinly
2 cups fresh spinach

4 slices of bacon
4 slices cheese of your liking
1/4 teaspoon salt
Ground pepper to taste

1.) Melt butter over medium-high heat in skillet. Add onions and bacon and cook until tender.

2.) Make 6 indentations in the onion mix  and crack the eggs into each one.

3.) Add fresh spinach on top and sprinkle on salt & pepper.

4.) Once set add cheese around and on top covering most of the dish.

5. ) Once set serve or place in oven for about 10 minutes under 180 degrees C until more well-done.

MINI BAKED FRITTATA WITH BACON, TOMATO, SHARP CHEDDAR, AND GREEN ONION

INGREDIENTS:
2 eggs
2 tsp milk
Sea salt and freshly cracked pepper, to taste
1 slice of bacon, cooked & crumbled
3-4 grape tomatoes, sliced
1 small slice of sharp cheddar, diced
1 green onion, sliced

DIRECTIONS:
Preheat the oven to180 C. Coat a mini baking dish with cooking spray.

Mix the eggs with the milk until well combined then season with sea salt and freshly cracked pepper, to taste. Place a few pieces of bacon, tomato slices, sharp cheddar, and green onion into the mini baking dish.

Pour the egg mixture into the baking dish then place the remaining bacon, tomato slices, sharp cheddar, and green onion on top.

Place into the oven and bake for 25-30 minutes, or until a tester inserted into the center comes out clean. Remove from the oven and serve immediately.

MARINATED SALAD

Brocoli crown, cut
Cauliflower head, cut
Tomato, sliced
Green onion, chopped
Cucumber, sliced and cut in half
Italian dressing

Instructions
Clean and cut the vegetables.
Add Italian dressing.
Mix well.
Refrigerate at least 2 hours, best if overnight.

CHICKEN SALAD

750 gr chicken breast, cooked and shredded
2 celery stalks, chopped
2 tsp seasoned salt
½ cup mayonnaise (full cream)
Instructions
Boil chicken breasts until fully cooked, about 45 minutes.
Drain, cool and shred the chicken.
In a medium sized bowl, sprinkle season salt on the shredded chicken.
Mix in the chopped celery.
Stir in the mayonnaise.
Cover and chill for about an hour.
Serve on bread, crackers or wrap.

WENK: Hardgekookte eiers ingemeng sal ook heerlik wees met so ‘n stukkie gekapte ui

ham rolletjies

Hamrolletjis

HAMROLLETJIES 

Jy benodig:
Cooked Ham snye (selfs koue vleis soos silverside , gammon ens sal ook werk)
Maaskaas
Sprietuie, fyn gekap

Osioneel: Aspersies 

Smeer die ham met die maaskaas en sit ‘n aspersie in (as wil).
Sprinkel die sprietuie oor en rol op.

low carb bees kerrie en squeash

Beeskerrie met gem squash en gerasperde kaas – vul ook die gem met gemende groente

CAULIFLOWER MASH

At first cook the Cauli in water till soft and glassy (I know everyone will scream steam but I do it my way)

Take about 200g of butter and fry one medium onion in a pan until glassy. Then take the Cauli from the water and put it is the pan with the onion and butter. Then take a fork and mash the ingredients together..

BAKED OMELET

Ingredients
8 Eggs
½ cup cream
1 cup grated cheddar cheese
1 cup fried bacon bits or ham cubes
¼ cup green pepper (use yellow, red and green)
¼ cup finely chopped onions.
Whisk the eggs and cream in a large mixing bowl. Stir in the cheese, bacon, green pepper and onion. Spray and cook a 20cm square baking pan/bowl and pour the mixture into that. Bake at 200˚ for 20min or until golden brown. Serves 6 people.

tim souffle

Baked omelet

BASIESE OMELETTE
1. Gebruik 2 eiers vir elke persoon en 1 e vloeistof (water of melk)
2. Klits die wit van die eiers styf en sonder om die eierklitser te was, klits die geel van
die eiers tot dit liggeel van kleur is. Voeg die vloeistof en sout na smaak by die geel
van die eiers.
3. Vou die styfgeklopte wit van die eiers in die geel.
4. Verhit ʼn braaipan en smeer dit op die boom en aan die kante met botter of vet. Die
pan moet klein genoeg wees dat die eiermengsel nie te dun uitsprei nie en goed
kan rys.
5. Gooi die eiermengsel in die pan en maak dit gaar oor stadige hitte totdat dit
opgepof en ligbruin van onder is.
6. Laat die pan ʼn paar minute lank in ʼn matige oond staan tot die omelet bo-op droog
is. (As die omelet te lank bak, sal dit krimp en taai word.)
7. Maak ʼn duik in die middel van die omelet met die agterkant van ʼn mes en maak
dit los van die kante van die pan met die mes.
8. Steek ʼn slaplem-mes onder die een helfte in en vou dit toe oor die een helfte in en
vou dit toe oor die ander helfte.
9. Laat dit versigtig op ʼn warm bord afgly en dien onmiddellik op.

VARIASIES

Kaas

Srooi gerasperde kaas met ʼn skerp geur oor die omelet net voordat dit toegevou of terwyl dit gaargemaak word.

Biltong

Strooi gerasperde biltong oor net voordat dit toegevou word.

Uie

Voeg 1 e fyngekapte ui en 1 t fyngekapte pieterselie by voordat die omelet-mengsel in die pan gegooi word.

Ham of koue vleise

Maal die gaar vleis fyn en verhit dit of braai effens bruin in warm vet en strooi dit oor die middel van die omelet terwyl dit gaar word.

Vis

Maak enige gaar vis fyn, voeg sout en perer by na smaak en maak dit klam met room. Verwarm die vis en sit dit op die omelet voor-dat dit toegevou word.

Pieterselie. Braai 1 tot 3 t gekapte pieterselie in ʼn bietjie botter en voeg dit by die eiermengsel.

low carb hamburgerpattie

Maak lekker grooooot hamburgerpattie met net uie, en eiers in – bak tot gaar, bak n eier, sit eier op die pattie, kaas wat jy effe smelt – tamatie en blaarslaai

CHORIZO WORSGEREG
Genoeg vir 4 mense.

1 chorizo-wors
40 g botter
1 ui, gekap
4 takkies tiemie
350 g blomkool, geblansjeer (sien wenk)
300 g broccoli, geblansjeer
sout en peper
500 g roomkaas
80 ml (⅓ k) mozzarellakaas
‘n hand vol grasuie, gekap
125 ml (½ k) cheddarkaas

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Verwyder die vel om die chorizo. Verplaas na ’n groot pan en braai oor matige hitte terwyl jy die vleis roer en kap om dit op te breek terwyl dit gaar word. Sit eenkant.
Voeg die botter in dieselfde pan en soteer die ui tot deurskynend. 3. Voeg die tiemie, blomkool en broccoli by en soteer 3 minute. Geur met sout en peper.
Verwyder die pan van die hitte en roer die roomkaas, mozzarella, grasuie en gaar chorizo in.
Skep in ’n bakskottel en strooi die cheddarkaas bo-oor. Bak 12 minute of tot goudkleurig bo-op.

Wenk:
Om die groente te blansjeer onderdompel dit 90 sekondes in vinnig kokende water. Verwyder dit dan met ’n gaatjieslepel en doop dit dadelik in yskoue water om te keer dat dit gaarder word.

BROCCOLI, EGG AND BACON BAKE

12 large eggs
1 tub of sour cream
2 cups cheddar cheese, shredded
500gr  bacon, chopped
1 cup broccoli, chopped
½ teaspoon salt
dash pepper

Preheat oven to 180C

Put eggs and sour cream in blender with salt and pepper. Blend well.

Put half the cheese into a 9X13 baking pan, followed by the bacon, the broccoli and then the rest of the cheese. Pour the egg mixture over the whole thing.

Bake 45-55 minutes, until top is golden brown and toothpick inserted into the centre comes out clean.

Makes 8 servings

Probeer dit gerus oor hoender en selfs blomkool.

SAMPIOEN VIR JOU STEAK, HOENDER, BLOMKOOL 
Ek maak ‘n groot pot op ‘n slag en vries dit in klein plastiekbakkies.

5 x 250 g pakkies bruin mushrooms (knopie of groot plat)
4 e olyfolie
1 lt vars room
Aromat en swartpeper na smaak. (Dis nogal ‘n taamlik hoeveelheid want die mushrooms en room is baie vars)

Rasper die sampioene op die growwe kant van n rasper.
Verhit die olie en gooi die sampioene in.
Roer gereeld om tot sampioene begin braai en verminder in hoeveelheid tot ongeveer 3/4 van die begin hoeveelheid.
Gooi room by en bring net tot by kookpunt en verlaag hitte.
Prut ongeveer 1h30 terwyl jy nou en dan omroer.
Sous sal nou lekker dik wees.
Geur na smaak en prut nog 10min net om geure te laat intrek.
Gebruik soos nodig.

Dit vries lieflik vir tot 6 maande. Ek vries dit in bakkies van 250ml.

Ontdooi:
Laat by kamer temperatuur ontdooi.
Gooi 1/4 k volroom melk in ‘n pot en bring tot kookpunt. Gooi sous by en roer deur tot verhit.

Hier is vir julle ‘n lekker idee vir HOENDERBORSIES

Jy benodig:

6 hoender borsies/filette
1 pakkie baconstukkies
2 e botter
1 e knoffel
1 e pietersielie (vars of droog)
1 skeutTabasco
1 pakkie knopie mushrooms, gesny
Mozzarella en Goudakaas na smaak.

Kap die hoender fillette effe platter. Geur met jou gunsteling speserye en hou in yskas tot benodig.

Braai die bacon stukkies tot lekker bros, verwyder uit pan maar behou die vet.
Smelt die botter in die vet en gooi die knoffel, pietersielie en tabasco by. Braai vir 5 minute tot geure uitkom.
Gooi mushrooms by en braai tot sag.
Verwyder uit pan met gaatjies lepel en hou eenkant.
Braai hoender in oorblywende vet en botter 5 minute per kant tot net net gaar.
Sprinkel mushrooms mengsel oor en bedek met kaas.
Druk onder die gril tot kaas gesmelt is.

Bedien saam met die kool resep wat nou gaan volg.

Kool:

1  medium kopkool
2 k water
1 hoenderaftrekselblokkie

3-4 e botter
parmasankaas
swartpeper
Aromat na smaak

Rasper die kool op die growwe kant van n rasper of druk deur ‘n voedselverwerker.
Bring die water tot kookpunt en los die hoenderblokkie daarin op.
Gooi die kool by en kook vir 5-6 minute tot sag en glasig.
Dreineer goed met ‘n sif.
Smelt botter in ‘n groot genoeg pot of pan.
Gooi die kool by en roerbraai tot ligbruin.
Geur met die parmasan, peper en Aromat.
Bedien dadelik

*jy kan stukkies van die hoenderresep se spek hou en by die kool gooi.

MARINATED VEGETABLE SALAD

Brocoli crown, cut
Cauliflower head, cut
Tomato, sliced
Green onion, chopped
Cucumber, sliced and cut in half
Italian dressing

Instructions
Clean and cut the vegetables.
Add Italian dressing.
Mix well.
Refrigerate at least 2 hours, best if overnight.

CHICKEN SALAD

750 gr chicken breast, cooked and shredded
2 celery stalks, chopped
2 tsp season salt
½ cup mayonnaise
Instructions
Boil chicken breasts until fully cooked, about 45 minutes.
Drain, cool and shred the chicken.
In a medium sized bowl, sprinkle season salt on the shredded chicken.
Mix in the chopped celery.
Stir in the mayonnaise.
Cover and chill for about an hour.

cabbage steaks

Cabbage steaks

CABBAGE STEAKS

1 head of organic green cabbage, cut into 1″ thick slices
1.5 tablespoons olive oil
2 to 3 large garlic cloves, smashed

Salt
Freshly ground black pepper
Non-stick cooking spray

Preheat oven to 200 C  and spray a baking sheet with non-stick cooking spray. Pull outer leaf off cabbage (it’s usually dirty and nasty looking), cut cabbage from top to bottom (bottom being root) into 1″ thick slices.
Rub both sides of cabbage with smashed garlic.
Use a pastry brush to evenly spread the olive oil over both sides of the cabbage slices.
Finally, sprinkle each side with a bit of kosher salt and freshly cracked black pepper.
Roast on the middle rack for 30 minutes. Carefully flip the cabbage steaks and roast for an additional 30 minutes until edges are brown and crispy.
Serve hot and Enjoy!

COFFEE CREME CUSTARD
2 cups heavy cream
2 teaspoons instant coffee granules
4 egg yolks (see my update below)
1 cup granular Splenda or equivalent liquid Splenda
Pinch salt
2 teaspoons vanilla

Heat the cream and coffee granules just to a simmer; cool slightly. I microwaved the cream in a 2-cup measuring cup just until it was hot but not boiling. Stir occasionally to help dissolve the coffee granules. In a medium bowl, whisk the remaining ingredients together and gradually whisk in the cream. Pour into four 6-ounce custard cups and place them in an 8×8″ baking pan. Pour cold water into the baking pan until it comes about half way up the sides of the custard cups. Bake at 350º 25-40 minutes or until a knife inserted into center comes out clean. The internal temperature should be 170º. Mine took 40 minutes but you may want to start checking it sooner. The tops will get a little browned. Chill at least an hour before serving.

Makes 4 servings

Steak wheels

500gr to 750gr steak (rump, serloin or tenderised steak)

8 cloves minced garlic

½ cup chopped sweet red pepper

1 large white onion, diced

1 cup mushroom, diced

2 cups fresh spinach

Slices feta cheese

2 tablespoons olive oil

2 tablespoons butter

2 teaspoons sea salt

Pepper to taste

Butcher string

Place beef on cutting board and pound to ⅛-inch thickness, and set aside.

Mince garlic, chop red peppers and set aside.

Sauté onions and mushrooms (separately as the mushrooms contain more water).

Sprinkle meat with salt and pepper, evenly distribute garlic, peppers, onion and mushroom mixture, feta cheese and spinach.

Roll tightly tying 6-8 sections and cutting respectively (each round should have its own tie).

Add olive oil and butter (extra butter if you’d like it for taste) to your skillet and cook on each side for 4-6 minutes on medium high heat depending upon your desired tenderness and wellness

SOETIGHEIDJIE

1 pakkie Weighless jellie*
1 k koppie kookwater
1/2 k koue water
1/2 k room

Sit die jellie in ‘n bakkie en gooi die kookwater oor en roer 2 min.
Gooi die koue water en room by en roer tot goed gemeng.
Sit in die yskas vir 3-4 ure tot goed gestol.
Die lae vorm vanself.

*As jy nie Weighless jellie kry nie, kan jy 1 koevertjie ongegeurde gelatien gebruik met 2 e Sweeto geur van jou keuse en ‘n druppel of twee koekkleursel wat by die Sweeto pas om dit mooi helder te kry.

pizza zero carb

PIZZA IDEE

LAMSKENKELS

Ek maak heel lamskenkels, stadig in die oond gebak op soet pampoen met gemarineerde broccolislaai.

Jy benodig:
4 heel lamskenkels
4 uie grof gekap
Bbq speserye na smaak
1 t tiemie
Grof gemaalde koljander
1/2 t mint
1 k water

Strooi die uie onder in ‘n oondpan wat kan toemaak.
Pak skenkels bo-op.
Geur met BBq speserye en ander kruie. Giet water in pan, maar moenie dat speserye afspoel nie.
Bedek en sit in die oond op 150C vir 4 ure.
Maak oop en toets of vleis sag is.
Grill sodat vetjie lekker bruin kan raak.
Laat ten minste 10 minute staan voor opdiening.

Soet pampoen:

2 kg pampoen blokkies
1 k xylitol of ander versoeter na smaak
Bietjie botter
Room*

Smelt die botter en gooi die pampoen by. MOENIE toemaak nie. Oor medium hitte braai die pampoen tot dit sag is. Druk fyn.
Versoet na smaak met jou versoeter. As jy pilletjies gebruik kan jy dit oplos in ‘n druppel of 2 kookwater sodat dit makliker by die pampoen gevoeg kan word.
Jy kan nou bietjie room byvoeg. 

Gemarineerde Broccoli slaai

1 kop vars broccoli, in blommetjies gebreek.
1 k ham, in blokkies gesny
1 k goudakaas in blokkies gesny
1/2 ui fyn gesny
1 bottel Knorr French Original slaaisous

Meng als goed saam en los ten minste 2ure in die yskas.

WATERBLOMMETJIE-BREDIE

Klein bietjie olyfolie
2 kg skaap kookvleis
500ml bruin asyn
500 water
2 groot uie grof gekap
BBQ speserye na smaak
1 t mixed herbs
1 t tiemie
1 t roosmaryn
1/2 t mint
4 blikkies waterblommetjies

Gooi olie in swartpot net genoeg om hom te smeer.
Braai die skaapvleis lekker bruin tot die vet begin uitbraai.
Skep die vleis uit en braai die uie in die oorblywende vet tot ligbruin en gaar.
Gooi die vleis by.
Meng die asyn en water.
Giet oor die vleis en laat stadig prut tot vleis amper sag is.
Kook nou sonder deksel tot sous baie verminder het en begin dik raak.
Gooi res van kruie en speserye by. Roer deur.
Draai af en gooi water blommetjies by. Roer versigtig deur dat dit nie heeltemal uitmekaar breek nie.
Sit deksel op en verwyder van hitte.
Los 10min sodat waterblommetjies net kan warm raak.
Geniet saam met ‘n lekker vars slaai en oondgebakte groente.

MAALVLEIS-IDEE

1kg maalvleis
1 groot ui (gekap)
Gekerfde kool (groen en pers)
Wortels in repies gesny
Sojasous
Knoffel, sout, peper en speserye na smaak
Sampioene gekap
Gekapte tamaties (geskil)
Groen, rooi en geel peppers
Brokkoli

Braai die uie, peppers en sampioene + knoffel vir n rukkie – voeg die maalvleis en soya sous by (ongeveer so 100ml sojasous)
Gooi die gekapte tamaties by en roerbraai vir  n rukkie
Gooi die kool en wortels (brokkoli) in, ongeveer 100ml water, sout en peper en prut tot dik.

Bedien saam met n lekker groot mengelslaai

Ete idees / aandete / middagete / borde kos


Hierdie afdeling is slegs voorbeelde van voorbereide borde kos wat op my (Rens) en van ons lede se tafels is.   Niks fancy nie, net straight forward HUISKOS !!

Die meeste resepte sal julle op die webblad kan kry – tik net by die “search”knoppie in bv… hake filette en die resep met die foto behoort daar te wees:  kreatiewekosidees.wordpress.com

H O O P     J U L L E     E E T     L E K K E R  !!!!

IMG_0083

Tuisgebakte Vetkoek hamburger met pattie, maxi slice kaas, tamatie, blaarslaai komkommer en gebakte eier

FB5

Kerrie hoender met aartappels (stoompot) krummelpap en veggie bake in die oond

borde kos renssss

Eisbein in die slow cooker met appletiser, bisto en uie aartappels, soet butternut, rys en sout wortels

boontjie bredie (Lorinda Cloete)

Bone, beeskookvleis en aartappel stowe met rys

borde kos

Krummel varktjops, mash, brokkoli en soet pampoen

 

 

 

 

IMG_0087

Bebakte “porkbelly” met jassie aartappel en  mayonaise gerasperde kaas en mengelslaai

ontbyt idee rens

Pap met gebraaide uie, sampioene, green peppers, maalvleis. Maak bisto sous aan, gooi oor en prut tot dik

 

 

etes1

Ons woon hier in Bangkok en maak soms Suid-Afrikaanse kos… sommer net hoender, aartappel met sampioene gebak, rys en pynappel

rens kos 3x

Krummel varktjops, kapokaartappels, soet pampoen en gestoomde ui

ete idees

Souttert met kapokaartappels en tamatie, uie, komkommer en pepper salsa

ete idees31

Hoender filette met mash en  mengelslaai

HOENDER FILETTE resep !!

Bedien met kapokaartappels en mengelslaai

Oond: 180grade C

Filette – hou net so of butterfly as baie dik is
Broodkrummels of fyngedrukte provitas en kellogs flakes met jou keuse van speserye bv sout peper ,tiemie, roosmaryn ens
2 Eiers geklits

Druk filette in krummels – dan in eiers en dan weer in krummels
Sit in yskas vir tenminste 15 min

Maak pan WARM met net genoeg olie om bodem te bedek. As jy die filette insit moet dit dadelik begin bak. Jou olie moet nie koud wees nie.
Sit filette in pan en los vir ongeveer 5 min tot self loskom van die bodem en dit bruin is
Draai filette om en los vir so 3 tot 4 minute Jou hoender behoort nou 95% gaar te wees.
Spuit nou lekker suurlemoensap oor alles – wag so 30 sekondes draai om
Haal uit en sit in bakplaat en gee rustyd van tenminste 5 min

Sny ‘n paar kersie tamaties in helftes, ui fyn gekap, vars klein pietersielie, spinasie blare, peppers fyn gekap – geel, rooi en groen, sampioene.
Gooi in warm pan net paar druppels olyfolie, – roerbraai bg, net vinnig vir so ‘n minuut of 2 met bietjie balsamic vinegar,
Nou sit die tamatie mengsel bo-op die hoender filette
Rasper nou mozzarella kaas bo-oor elke filette
Sit in oond vir omtrent so 6 minute – net tot kaas oor die hoender filette gesmelt is.
Bedien dadelik !!!

rens kos 6x

Steak, soet wortels, boontjies, gebakte aartappels en skorsie

rens kos 7x

Hoender en groente pot

IMG_9770

Hake fillets met tamatie, uie, gemengde speserye en feta kaas

20141208_221648fb

CHAKALAKA EN BUTTERNUT STOWEVLEIS – Neem enige snit skaapvleis, bv skenkels – Gooi in die stoompot, Sny 2 uie grof in, so 1tl knoffel en so 50ml wostersous. Genoeg water om die vleis te bedek – stoom vir 20 minute – stoom dadelik af Gooi in wortels, aartappels en butternutskywe (Jy kan hier ingooi wat jy wil) Stoom vir 10 minute en stoom dadelik af Haal jou butternut en aartappels uit en hou eenkant Gooi die meeste oortollige water af Gooi nou 1 Blikkie chakalaka met butternut in en prut vir n rukkie. Proe vir nog sout en peper So rukkie voor opdiening, skep die aartappels en butternut terug, roer liggies deur en bedien met rys. Jy kan die chakalaka met mielies ook gebruik, of net die gewone mild of hot chakalaka.

 

IMG_9773

Hake fillets met bierdegie, mengelslaai en skyfies

IMG_9793

Krummel varktjops met kellogs, mengelslaai en oondgebraaide aartappels

hoender eenbak skottel fb

Eenbak hoender, rys groente en aartappel dis/ pastoriehoender

kerrie afval en rys

Kerrie skaapafval met rys en soetpampoen

rooi tjops

Rooi tjops of hoender met mash en slaai ROOI SOUS Sit hoender of tjops onder in kasserol Sny dik skywe uie bo-oor Maak sous van: 1/2 kop tamatiesous 1/2 kop bladjang 1/4 kop wostersous 2 kop water 3 eetl suiker Bak in oond vir 1 uur by 180 C Verdik indien nodig

ete idees4

Gebraaide kool, mash, soet pampoen en ertjies

20141207_203952fb

Melkkos

 

IMG_9924

Chicken snitzel met kapokaartappels, opgekookte groente en ‘n kaassous

fb kos

Oorskiet bolognaise maalvleis en groente met slap pasteideeg, skorsies, aartappelslaai en rysslaai (alles oorskiet kos wat ek “opgejazz ”  het

SLAP PASTEIDEEG

1 kop meel
2tl bakpoeier
½ kop melk
½ kop olie
1 eier
Bietjie sout
1 tl droe pietersielie (opsioneel maar ek gooi dit in gee mooi kleur aan die degie)
Meng tot glad
Gooi oor pastei en bak by 180C vir ongeveer 30 min of tot goudbruin

IMG_9956

Gevulde jassie aartappel met kerriemaalvleis en beet

IMG_9972

Gebraaide chicken q-leg met ‘n aartappel en eier slaai

20141207_143230fb

Ribbetjie, fillet steak met spek omgedraai, aartappelslaai en beetslaai

 

IMG_9993

Boudvleis, kool en witsous met gerasperdekaas, soetpampoen, soutboontjies en rys

PicMonkey Collage8

Hake fillette gaargemaak in meel en southern coating speserye – druk vis in meel dan eier, weer meel, sit in yskas vir 20 minute en panbraai in 1 cm olie tot gaar, mengelslaai en skyfies

bord kos v

Sweet and sour hoender, blomkool en witsous, sout boontjies, patats en gebakte aartappels

IMG_0079

Blokkies beesvleis kerrie met basmati rys, bladjang en piesang

IMG_0109

Beef strogonoff – gebraaide beesrepies met uie en peppers met bietjie spek, pakkie knorr se beef strogonoff aangemaak met koppie room en melk met rys

IMG_0115

Dagwood en Chips

20141202_213051

Russian en chips met gebakte eier (en baie peper oops)

20141130_150213

Kerrie hoender en aartappels met krummelpap en roasted veggies. Bedien ook met mash en rys

20141127_192311

Deboned varkribbetjie in die oond, chips met mosterdsous en baked beans

pannekoek rens11

GEVULDE PANNEKOEKE MET MAALVLEIS Pannekoek 4k koekmeel 4t bakpoeier 4 eiers 4k water 1t sout 1 kop olie 60 ml asyn Meng alles goed tot gladde mengsel. Indien nog te dik voeg bietjie water by Hierdie pannekoekmengsel maak so 20/22 standaard grootte pannekoeke Maalvleis mengsel 1kg maalvleis 1 na 2 uie gekap Halwe pakkie sampioene gekerf Braai tot gaar Voeg by jou speserye bv lemoenpeper, olyf en roosmaryn, knoffelvlokkies, sout en peper Rasper 1 groot aartappel (geskil) by, asook 1 tamatie geskil en in blokkies gesny Roerbraai vir n rukkie Voeg by so 2 eetl tamatiesous en bladjang en bietjie water. Laat prut rustig vir ‘n rukkie tot dik. Rol pannekoeke met die maalvleis en rasper kaas oor

 

PicMonkey Collage

Maalvleisbolletjies met kapokaartappels, skorsie met ertjies en gestoomde patats in die skil

IMG_0499

IMG_0154

Gebakte pastagereg met toast en gesmelte gouda kaas

IMG_0167

Stoompot bees en skenkel pot met groente en sampoiene

IMG_0195 - Copy

Wildspastei met slappastei deeg, roosmaryn hoender, aartappels, pampoenkoekies, spinasie en die bees en skenkelpot soos foto bo

IMG_0193

Mayonaise hoender met roosmaryn

IMG_0221

Ribbetjie oor die kole, tuisgebakte brood met gekoopte brooddeeg, rysslaai en mengelslaai

IMG_0302

Steak, skyfies, gebraaide kool en wortels

IMG_0315

Smelt in die mond steak  met kapokaartappels, skorsie en mengelslaai

IMG_0319

Het hier ‘n gegeurde baksakkie gebruik  Het hoender, baba uitjies, aartappels, wortels en sampioene ingegooi  gebraaide kool met spek en wit uiesop

IMG_0348

Groeentesop met marmite vingers

IMG_0415

Braaivleis hoender en wors met knoffel en spek aartappels, kerrie noedelslaai, koolslaai en ertjie en eier lagie slaai

IMG_0417fb

Kerrie skaapnek in die stoompot, butternut net tot gaar gestoom in die mikrogolf, rys en aartappels

IMG_0421

Stoompot beesvleis met uie,  aartappels en tamatiesmoor

IMG_0438

Tenderised steak met n deeg jassie en krummelpap. Het n bisto en uie sous saam met dit gemaak

IMG_0479

Kerrie en uie skaaptjops in die kasserol, kapokaartappels met “roasted veggies”

IMG_0483fb image

Mayonaise hoender met aartappels, room spinasie, soet pampoen en “roasted veggies”

20140622_123415

Hake fillette met bierdegie, kalamari en gestoomde groente

IMG_0514

4/6 varktjops Braai in pan gaar met baie suurlemoensap en lemoenpeper Maak sousie en gooi bo-oor: 50ml bruinsuiker 50ml tamatiesous 50ml water Laat prut tot sousie lekker taai en caramel begin raak Ek bedien dit gewoonlik met kapokaartappels

IMG_0539

Hoenderpastei, boontjies, groente met witsous, heel beetjies, rys en sous

20140718_203059

Peri peri prawns met rys en tuisgebakte brood

20140721_201741-001

Al my oorskiet braaivleis in blokkies gesny, gebraai met uie en gemengde veggie mix. ‘n Slap pasteideeg oorgesit en gebak. Het dit bedien met rys

fb3

Rump steak met sampioensous, aromat potato wedges en uieringe

20140725_201558

Chicken a la king met rys

fb

Gebakte hoender q-legs met roomkaas en spek, skorsie, ertjies en kapokaartappels

fb

Beesstert (oxtail) met stamp en bisto aartappels

20140821_204519

Herderspastei met vars broodrolletjies en mengelslaai

ete 2

Myne n mengelmoes van als wat nog in yskas was,hoenervlerkies,wors,mengelslaai n gegeurde rys met stukkies spek

ete4

Roti met krokante hoender vingers en slaai

ete7

Bunny WARM brood botter lewesmeer en slap chippies

ete8

Piekel tong, slaaie: kool, aartappel en vrugte – vrugteslaai met heuning en suurlemoensap

ete9

Skaaptjoppie, cocktail sosatie worsies met vars bun, aartappel en beet slaai

IMG_8486

Gevulde jassie aartappel met kerrie en groente vleis met mengelslaai

IMG_8523

Vetkoek met afgekookte springbok wildsvleis

IMG_8544

Wildspastei met slappastei deeg

PicMonkey Collage

Pork rashers in die oond gebak met jimmy sous oor – jassie aartappels, kool en baby marrows met witsous en gemengde slaai

PicMonkey Collage

Mayonaise hoender met uie en mengelslaai – meng mayonaise, bbq sous en chutney, sout en peper, smeer dik mengsel oor hoender, sny uie oor en bak tot gaar

IMG_8745

Rump steak, spinasietert, butternut en ui in foil gestoom tot sag, pietersielie en knoffel aartappels

IMG_9345

Hake filette gebak in room en pakkie potato bake, soet patats, mengelslaai en ertjies

IMG_9356

Gebakte tjoppie in die oond, jassie aartappel, mengelslaai met feta en eier

IMG_9365

Rooi tjops gebak in kasserol, skorsie, gemengde groente met witsous, kapokaartappels en sout wortels

IMG_9372

PASTA GEREG Kook pasta tot sag. Braai maalvleis uie, peppers, sampoene en spek tot gaar. Meng en geniet

IMG_9386

Souttert, kapokaartappels en mengelslaai

IMG_9461

Steak oor die kole, 3 bone slaai en tuisgemaakte knoffelbroodjies met hamburgerbuns, kaassmeer en knoffel

IMG_9491

Mac and cheese met mengelslaai

IMG_9515

Blinde vinkies in roomsous, rys, soet pampoen, gebraaide eiervrug en mengelslaai

cordon bleu

Chicken cordon bleu met kaassous, skyfies, pampoen en room spinasie

IMG_9553

Eenpot macaroni en maalvleis gereg

IMG_9570

Krummelpap met tamatie, bisto en uiesmoor sous

IMG_9593

Kerrie maalvleisbolle, rys, soet pampoen en mengelslaai

IMG_9617

Hake filette met bierdegie, uieringe ook met bierdegie, skyfies en mengelslaai

IMG_9626

Vetkoek hamburger met hoender filette en pynappel, tamatie blaarslaai en komkommer

IMG_9637

Steak met aatappel, spek en kersie sosaties

 

IMG_9656

gevulde jassie aartappels met beef strogonoff en mengelslaaai

IMG_9667

Gevulde “savoury” vetkoeke met maalvleis en kaas

 

IMG_9688

Peri peri hoenderlewertjies met uie, sampioene, pepers, spek met kapokaartappels

 

IMG_8447

Lasagne

IMG_8614

Jaffels met maalvleis

IMG_8645

Lams ribbetjie met mengelslaai

 

IMG_6611

Bobotie en geelrys met pepper, uie en tamatie salsa

 

IMG_6930

Lamsribbetjie, krummelpap met uie en bisto sous

 

IMG_7136

Pasta met gebraaide maalvleis, gekapte tamatie,gerasperde wortels, uie, spek en sampioene

IMG_7357

Hoenderpastei, tamatiebredie, boudvleis,  sout wortels, boontjies, lang opgekookte bone, pampoenpoffers en kool en witsous

IMG_7406

Baksakkie hoender, kapokaartappels, ertjies en mengelslaai

IMG_7429

Gevulde bees fillet met potato wedges en mengelslaai

IMG_7472

Beesstert pot met aartappels, groente en rys

ete 11

Ons het vandag barbecue hoender met knoffel aartappel en ui gehad. Het groenbone, pampoen en rys bygemaak.

ete12

Ons ete van Bangkok af… dit is my Asian-style pork meatballs. Die Thai mense eet hulle kos natuurlik net met die rys en vleis balletjies

ete 13

Ons eet vanaand vleis rol met rys, sous en ‘n groen slaai.

braaivleis

Braaivleis, braaibroodjies, pap en sheba

hoender pastei charne 2

Hoender en sampioenpastei met gebraaide tamaties en mengelslaai

ete20

Snoek, mengelslaai en 3 boneslaai

ete21

Kerrie lamribbetjies met soet pampoen, blomkool met kaassous en witrys. Die kerriesous was heerlik met blatjang, appelkooskonfyt en mayonaise gemaak.

kerrie afval

Kerrie skaapafval

afval en stamp

Kerrie skaapafval met stamp, baba aartappels en wortels

hamburger 33

Hamburger met tuisgemaakte pattie, gebraaide uie en sampioene, tamatie, blaarslaai kaas en eier

ete19

Gemarineerde hoender, gerol in spek en kaas.

 

ete22

Soet en suur hoendervlerkies saam met roerbraai

dagwood1

Dagwood, 3 snye brood getoast in toaster, hamburgerpattie, kaas, groente picalillies, tamatie blaarslaai en n eier

varktjops-in-bruin-uiesop-2

Varktjops in bruin uiesop, mash ertjies, skorsie en slaai

pastei ham en kaas

Ham en kaas pastei met skyfies en slaai

hake fillette

Gebakte Hake filette, mash en slaai HAKE FILLETS Ingredients 100 gram Stork margarine (room temp) 1 teaspoon Lemon rind 6 Fish fillets (e.g. Kingklip, Hake) skinned and deboned 1 KNORR Chicken & Mushroom Pan Dry Cook-in-Sauce Olive oil for dressing 1 teaspoon Robertsons Dried Oreganum (optional) 2 teaspoon lemon juice 3 teaspoon Robertsons Paprika 100gr mushrooms (slices) Potatoes Mix together the margarine, oreganum, lemon rind, lemon juice and half the contents of the KNORR Fresh Ideas Chicken & Mushroom sachet Rub over the fish and place on a greased baking tray Cut the potatoes into wedges Arrange on a greased baking dish Drizzle with olive oil and sprinkle with the remaining sachet contents In a preheated 180 degree’s Celsius oven bake for 30-40 minutes until cooked, adding the fish to the oven 10 minutes after the wedges

hamburger Rens

Hamburger gemaak met ciabata brood, varkfillette of tenderised steak met gebraaide mielies oor die kole

toebroodjies boudvleis

Koue boudvleis toebroodjies met toast, tamatie, kaas en mosterd

stirfey 2

Stirfry met steaks strips, blikkie chakalaka met mielies en pakkie hawaiin stirfry

AFVAL POT OP DIE KOLE

Kerrie afval pot op die kole met wortels, uie, skenkels

20150113_210106

Tenderised steak met deegjassie, skyfies en gebakte eier

boep 5

Uitgeholde hamburgerbuns met maalvleis mengsel. Rasper kaas oor en bak in die oond vir n rukkie

rys kasserol met hoender

Gaar rys, braai uie, pak gemengde groente groen geel en rooi peppers, seldery, pietersielie – gooi rys by met spice for rice en roerbraai tot sag en gaar – bedien met hoender of vis

borde kos rens 999

Boudvleis, samp, bisto aartappels, spinasie met room, soetpampoen en baba wortels gekook met uie en aartappel

pilchards viskoekies borde kos

Pilchards viskoekies, kapokaartappels, beet, soet pampoen en soutwortels

 

6 Bestandele resepte / Budget etes


6 bestandele5

Eenbak pastagereg

Kook spagetti of pasta tot sag, nie pap en dreineer
1 groot ui (gekap)
250gr spek (gesnipper)(sien variasies ook)
1 pakkie sampioene (gesny)
Braai bogenoemde tot sag
Voeg 1 houertjie room by (of half room en half melk) en kook tot dit begin dik raak

VARIASIES vir 6de bestandeel:
Kook brokkoli tot sag en voeg by, gooi so halwe koppie gemengde veggi mix (sag gestoom) by, voeg so halwe blikkie pitmielies by of halwe koppie ertjies
Voeg pasta by (en al die groente)
Gooi gemaalde swartpeper en aromat (of sout) oor en laat prut oor lae hitte tot deurwarm

Variasies:
Gebruik ook gevlokte hoender, ham blokkies of shrimps ipv spek
Ipv room, gebruik 1/2 pakkie wit uie-of sampioensop met so ongeveer ‘n koppie melk. Voeg nog melk by as te dik is.

Annalize Coetzee Mans

Maklike frikadelle
500gr Maalvleis
1 ui gekap
2 tamaties gekap
1 koppie jungle oats
2 eetlepers tamatiesous
1 eetlepel worcestersous
2 eetlepels blatjang
1 eier
Meng alles
1 pakkie bruin uiesoppoeier gemeng met 500 ml water en gooi oor
frikadelle. Sit in ’n voorverhitte oond en bak met ’n deksel op teen 180 ºC vir 1 en 1/2 uur

Annalize Coetzee Mans

Hoenderpastei
1 hoender ontbeen
Hoenderspeserye na smaak
Knippie paprika
Sout en peper
2 blikkies gemengde groente
1 blikkie hoendersop
1 blikkie sampioensop
1 pakkie sampioene gekerf
1 rolletjie blaardeeg
Kook die hoender tot gaar. Voeg die speserye na smaak by. Voeg
die gemengde groente en blikkies sop en sampioene by en laat kook.
Indien dit te souserig is verdik met ‘n bietjie mielieblom – laat lekker deurkook
Gooi in pan, rol blaardeeg uit, voeg bo-op. Verf met ‘n bietjie eier
en melk. Bak by 180°C tot bruin.

Janine du Preez

Ek maak ‘n pasta gereg van die volgende:
Kook pasta tot sag. Voeg by : dun gesnyde sampioene, klein blokkies ham, kaas en ‘n houertjie room. Verhit tot die room net warm is en die kaas gesmelt is. Voeg gewone kruie, sout en peper by.

Marina Rodger

Groente Kerrie
Gaar rys – die hoeveelheid wat jy benodig
Braai Kerrie poeier, borrie, een gekapte ui, sout in bietjie olie. (alles na smaak) .
Voeg 1 koppie gevriesde gemengde groente (die wat mielies,wotels en ertjies in het) en roerbraai tot groente amper sag is.
Skil en sny 2 groot aartappels in groterige stukke en kook in water tot amper sag
Gooi groente en aartappels by kerrie sous in en kook verder tot die sous dik genoeg is na jou smaak. Bedien op rys

Carlien Pretorius
Kooldis
1 groot koolkop in repies gesny
3 uie
Olie vir braai
1 blik boeliebeef fyngedruk
1 koppie blatjang
Bietjie ertjies
Sout en pepper na smaak

Metode
Braai uie en kool in bietjie olie tot amper gaar. Voeg boeliebeef en blatjang, sout en peper by, roer en laat vir 5min liggies prut. Gooi ertjies by vir kleur.
Bedien met rys of franse brood

Johlene Coetzee

Bloukaas hoender
6 hoender filette
2 eiers geklits
1 kop geroosterde broodkrummels
100g bloukaas of fetta
250ml room
Hoender filette, sny elkeen in drie lang repe. Marineer hoenderrepies in eier vir 30min. Rol in broodkrummels. Krummel kaas oor. Gooi room oor. Bak by voorverhitte 180’C vir 30min met deksel en 15min sonder deksel of tot bruin, maar nie droog nie.
Bedien met koring of rys en vars slaai.

Herman Vanniekerk

Tuna gereg
2blikkies tuna
250g elbow noodles
1blik mushroomsop
1eier
1kop kaas.
Kook noodles gaar Voeg al die ander bestandele by meng goed en strooi kaas bo op.
Bak 30min op 180 grade! Heerlik met slaai!!

Tuna tert

1 blikkie tuna in olie, fyngemaak
1 gekapte ui
1 koppie gerasperde cheddarkaas
1 rol skilferkors deeg

Metode:
Braai ui in die olie van die tuna.
Laat afkoel en meng dan met tuna en kaas, en sit dit in tertbak.

Rol skilferkors uit, sit bo-oor die tert en bak vir ongeveer 30 minute tot bruin en opgepof

Heerlik met ‘n groen slaai en vars broodjies!

IMG_0279

Eenbak eier, ham of spek gereg

Eenbak ham/spek en Eier gereg (Rens)

8 Eiers
½ na 3/4 koppie room of melk (of helfte helfte)
1 koppie gerasperde cheddarkaas
1 koppie fyngekapte ham blokkies of gebraaide spek
¼ koppie fyngekapte groen soetrissie- gebruik rooi geel en groen
¼ koppie fyngekapte uie
In ‘n groot bak, klits die eiers en room. Roer die kaas, ham, soetrissie en ui by. Gooi in ‘n gesmeerde 20cm vierkantige bak.
Bak by 200° C vir 25 minute of tot goudbruin

potatobake broodjie

Potatobake broodjie

Rens se Potatobake broodjie

1 winkel brooddeeg
1 koppie melk
1 pakkie potato bake (enige geur) Pasta bake werk ook
Smeer bak dik met botter
Rol bolletjies, sit in bak.
Maak potato/pasta bake aan met 1 koppie melk. Gooi bo-oor die bolletjies
Oond 180 C
Bak vir 40 tot 45 min 

Variasie op broodjie:

Soetbroodjie

3/4  kop melk en 1 kop bruinsuiker

Gooi bietjie melk en bruinsuiker op bodum van bak. Maak bolletjies, gooi orige melk en suiker oor en bak soos bo

NB – as jy die broodjie uithaal uit die oond, haal dit dadelik uit die pot, sit in bak en skep die karamel onder uit die bak en gooi dit bo-oor die broodjie. As die karamel onder hard word kry jy nie jou brood uit die pan uit nie.

Chantelle Geldenhuys
French toast  gereg
12 Snye wit brood
20ml (4t) mostert
120g Tussers kaas, gesny
6 snytjies ham, gesny om op broodjie te pas
6 eiers
250ml vars volroom melk
Sout en peper
Olie vir braai

Smeer 6 van die snytjies brood liggies met mostert net op die een kant.
Sit 1 stukkie ham en 2 stukkies kaas bo op.
Sit die stukkie droë brood bo-op.
Klits die eiers en melk saam.
Gooi sout en peper na smaak by.
Giet die eier mengsel in ‘n groot vlak bak.
Maak jou braaipan warm op medium hitte met ‘n bietjie olie in.
Doop jou broodjies aan albei kante in die mengsel. Week goed.
Braai die broodjies aan albei kante tot mooi goudbruin.
Verwyder van die pan en sit op ‘n bakplaat.
Sodra al die broodjies gebraai is, plaas die bakplaat in ‘n voorverhitte oond van 180°C en bak vir so 10 min.
Bedien warm.

Aartappel bygereg

6 potatoes
1 and 1/2 cups of broccoli florets
2-3 tbsp soy sauce
1 tbsp butter
2 tsp olive oil
Sea salt and fresh cracked black pepper
2-3 tbsp fresh parsley, chopped (divided)

Preheat oven to 180 C . Boil a large pot of water and boil the potatoes for a while. (Jou aartappels moet so driekwart gaar wees) Remove from water and let cool. Once cooled, slice in half and combine soy sauce, broccoli florets, butter, olive oil, sea salt and black pepper along with half of the parsley. Mix thoroughly and place in a baking dish that has been sprayed with olive oil cooking spray.
Place into the oven and roast for 20-25 minutes. Remove from the oven and taste, re season with sea salt, cracked pepper, butter or soy sauce if needed.

Wenk: Ek sal uie in kwarte gesny by die aartappels voeg
Ek dink om dit nou lekker “op te jazz” sprinkel vars spuit uie oor voor opdiening en ook bros gebraaide stukkies spek

Vis en kapokaartappel gereg (ok die een het 7 bestandele, maar ons se die botter tel nie !!
2 Pakkies Hake Fillets
2kg Aartapples –maak kapokaartappels hiervan
1 tl Knoffel, vis speserye sout en peper na smaak
1 groot ui gekap
3 eetl botter
1 houertjie vars Room
1 Eetlepel koekmeelblom
Brood krummels

Kook vis in water en sout. (Jy kan dit sommer in die mikrogolf ook doen) As gaar is, flok en sit eenkant
Kook aartapples en maak kapokaartappels soos normaalweg met melk, botter en bietjie bakpoeier.
Smelt botter in ‘n pan en braai ui en knoffel op lae hitte tot sag. As dit klaar is sit ook eenkant
Smelt nou die botter en voeg meelblom by meng tot dit ‘n “paste” maak. Voeg dan op lae hitte room by en roer tot dit effens dik raak. Jy kan ook hier melk (1 koppie) gebruik ipv room. Haal van stoof af.(voeg bietjie melk by as jy sien dit is te dik met die room alleen.
In ‘n oond bak sit een laag kapokaartappels , dan een laag roommengsel, dan vis en dan uie. Sprinkel tussen die lae bietjie van die vis speserye. Herhaal lae en eindig af met room mengsel. Bedek met broodkrummels en bak in oond by 180 C tot goudbruin
Paar variasies.
Jy kan ook sampioene braai saam met die uie en knoffel.
Rasper bietjie kaas bo-oor die broodkrummels voor jy dit bak.
Eenpot maalvleisgereg met chakalaka en butternut (Rens)
Braai 2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot. Gooi by : 1 blikkie Chakalaka met butternut en roer deur. (jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)
Gooi droe spaghetti/noedels bo-oor. Gooi nou water bo-oor die mengsel sodat die water bokant die mengsel le.
Sit die deksel op en stoom tot gaar. Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.
Maak intussen ‘n lekker dik witsous en as spaghetti gaar is, gooi die witsous bo-oor.
Rasper nou 2 kase bo-oor. ‘n wit kaas bv Tussers en ‘n geel kaas bv Chedder
Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is.
Porkbanner gereg
1 kg varkworsies
1 groot ui gekap en ½ greenpepper gekapm (greenpepper opsioneel)
50ml tamatiesous
50ml wostersous
50ml chutney
410gr perske skywe
Braai uie, greenpepper en varkworsies (ek sny my varkworsies so in 2 of 3 stukkies)
Voeg by die 3 souse en laaste die perskes met die stroop en laat prut vir so 10/15 min
Bedien saam met kapokaartappels

Pannekoek
4kop koekmeel
4tl bakpoeier
4 eiers
4kop water
1t sout
1 kop olie
60 ml asyn
Meng alles goed en bak pannekoeke in warm pan

Pilchards vispastei
1 blik pilchards (grate uitgehaal en fyngemaak, gebruik sous ook)
Voeg by
2 eiers
1 tl bakpoeier
½ kop brood krummels
1 eetl asyn
Meng
Maak nou kapokaartappels met jou botter, bakpoeier sout en melk.
Gooi vismengsel in bak, mash bo-oor en strooi gerasperde kaas bo-oor
Bak by 180 C tot gaar en goudbruin.
Mielie en spek gereg
250g spek 1 groot ui
410g blik roommielies
410g blik pitmielies
100g kaas
2 eiers
5ml vars tiemie
Sout en swartpeper
Voorverhit die oond tot 140C. Braai die ui en die spek liggies. Geur na smaak met sout en swartpeper. Gooi die res van die bestanddele by mekaar en voeg die ui en spekmengsel daarby. Bak vir 40 minute tot bruin en gestol. Bedien met broccoli en tamatieslaai. Lewer 4-6 porsies.

Tenderised steak met soppoeier
Braai 1 of 2 uie en paar sampioene tot sag
1 pakkie Bruin uie soppoeier
Sprinkel helfte van die soppoeier (droog) onder in ‘n kaserol
Plaas die steak bo-op
Gooi die uie en sampioene oor
Sprinkel die res van die soppoeier bo-oor
Giet/sprinkel ½ koppie water oor alles
Sit deksel op en bak in oond @ 180ºC vir
20 minute vir medium, 35 minute vir well done.
Vervang die bruin uie soppoeier met cream of mushroom soppoeier vir variasie.

Oondgebakte Omelet
Klits saam:
4 eiers
250ml melk
Braai saam:
1x uie
1/2 Green pepper
1x blikkie sampioene ( optioneel )
Paar klein kersie tamaties gehalveer ( optioneel )
Enige vleis van jou keuse soos:
Weense worsies , bacon , kaas worsies
Russians, Ham ens.
Voeg sout en peper oor na smaak
Metode:
Plaas die gebraaide bestandele in ‘n tertbak
Gooi die eier en melk mengsel oor.
Plaas in oond en bak by 180C vir 25 min
Sprinkel kaas oor sodra dit uitkom.

IMG_0320fb

‘n Bord kos met 6 bestandele

Rens se ete
Genoeg vir 2 mense
1 Pakkie/sakkie Cook in bag (ek het die Spicy een gebruik)
4 hoenderdye
6 heel sampioene
6 heel baba uitjies (jy kan medium uie gebruik in kwarte gesny)
2 aartappels (met skil aan) in halwes gesny
2 wortels (geskil) in 4 groot skywe gesny
Gooi alles in die baksakkie.
Skud dat alles bedek is met die “coating”
In ‘n oond – 180C vir ongeveer 50minute

Ek het saam met dit gebraaide kool met spek en uie bedien

Gebraaide kool
(2 na 3 porsies)
1 ui gekap
Handvol spek stukkies
Kwart koolkop in stringe gesny
Sout, peper en knoffel na smaak
Braai bogenoemde tot sag.
Gooi so 2 opgehoopte tl wit uiesop poeier oor en so 100ml melk.
Roer tot dik en bedien
Wenk: Jy kan sampioene ook saam met die spek en uie braai
Carol Elliott Claassen
Ham en aartappelskyfie gereg
500ml fyn aartappelskyfies (kaas en uie geur)
325ml gerasperde kaas
325ml fyn ham
500ml aangemaakte witsous
5ml mosterd
2 eiers

Meng die skyfies, kaas, ham en witsous en voeg mosterd by. Gooi in ‘n gesmeerde bakskottel en gooi die geklitste eiers bo-oor. Bak in ‘n matige oond 180C vir 15-20 minute. Bedien met vars broodrolletjies. Lewer 4 porsies

Izani Hood
Tuna Rol
1 rol Blaardeeg
2 blikkies Tuna
1 blikkie Sweetcorn Chakalaka
3 eetlepels Mayonaise
Sout & Peper
Eier vir bo-oor verf indien verkies
Rol deeg oop.
Braai tuna en chakalaka so paar minute
Laat paar minute afkoel en meng met mayonaise
Skep op deeg en maak ‘n rol.
Bak so 35-30 min teen 180C

Tunagereg
1 Blik Tuna (kan meer gebruik)
1 Blik Sweetcorn
2 Eiers
1 Blik Idealmelk
1 groot ui gekap
1/2 Soetrissie (Greenpeper) gekap
1 koppie Kaas
Meng alles saam en bak in die oond teen 180°C

Izani Hood
Wors gereg
500g of meer Wors
1koppie rys
1 pakkie bruin uie soppoeier
3 koppies Water
1 koppie kaas
Vat oondvaste bak en gooi rys onder in
Sny wors stukkies en pak b-op
Meng soppoeier met water en gooi bo-oor.
Bak teen 160 C vir ‘n uur en 15min
Strooi kaas bo-oor en bak nog 15 min
Eenskottel gereg, so maklik en min skottelgoed

Mari Le Roux Pienaar
Heerlike boontjie sop!
1 pakkie gemengde sopbone oornag gele in water
2x uie
2 pakke gesnipperde spek
1 oxo hoenderblokkie
2 pakkies wit uie sop
500g sopvleis witpeper.
Metode:
Braai uie en spek tot sag, gooi saam boontjies, oxo blokkie en witpeper in genoeg water, laat heeldag staan as j kan simmer, kook intussen jou sopvleis apart tot sag. So halfuur voor sop opdien gooi sopvleis en wit uie sop saam boontjie mengsel

Macaroni en kaas

250ml rou macaroni
2kop melk
3 eiers
1t sout
1k gerasperde cheddarkaas
1/2 k vars broodkrummels
1 eetl botter
Stel oond op 180 grade C. Kook macaroni in soutwater tot net gaar. Dreineer en skep in ‘n gesmeerde oondvaste bak. Klits melk, eiers en sout saam. Roer kaas by en giet oor macaroni. Sprinkel broodkrummels oor en sit ‘n klontjie botter bo-oor. Bak vir 30 min. tot gestol en goudbruin bo-op.

Madeleine Scholtz

Vinnige hoenderfillette
1-2 fillette per persoon, olie om in te braai, mayonnaise, gerasperde kaas. Geur fillette na smaak, gooi olie in oondskottel. Plaas fillette entjie uitmekaar in oondpan en bak so vir 20min by 180 grade. Meng intussen 1 kop mayonnaise en 1 koppie gerasperde cheddarkaas. Haal fillette uit die oond en smeer mayo-kaas bo-oor en plaas terug in oond vir so 10-15min

Katrien Snyman
Lekker Hoender
500g ontbeende hoender gaar gekook in soutwater en gevlok
1 x boksie Bacon Kips, fyn gedruk
1 x houertjie suurroom
1 x blikkie “Creamed Mushrooms” (ek hou van die “garlic” geur)
Gerasperde kaas
VARIASIE: Braai bacon bits en voeg by

Meng alles saam in ‘n bak, dis ‘n redelike stywe mengsel.
Strooi kaas oor en bak/grill/mikrogolf tot kaas goed gesmelt en als deurwarm is (so 10min)
Sit voor en geniet!

Izani Hood
Mayo & bladjang tjops
4 vark tjops
1/2k Mayonaise
1/4k bladjang
1/4k Tamatiesous
1/2 pakkie Bruin uiesoppoeier
1 koppie Kookwater
Braai tjoppies tot net bruin en pak in oondbak
Meng die res van die bestanddele en gooi oor
Bak vir 30min teen 200C

Louise Nel Fourie
Heerlike sop

2 x blikkies tamatiesop
1 x blikkie hoendersop
1 x blikkie sampioensop
1 x pakkie spek, gesnipper
1 x ui, fyngekap
Melk om te verdun, indien nodig

Braai bacon en ui in ‘n kastrol. Gooi al die blikkies sop by, meng goed, bring tot kookpunt. Stel hitte laer en laat simmer so 30 min. Dit klink nie great nie, maar glo my, dis watertand lekker!

Tenderised steak in ‘n jassie
Rencia Odendaal Pretorius
Steak of jy ka nook hoender fillette gebruik
Meel
Eier
Sout en peper
Druk jou vleis in die meel, dan in die eier en dan weer in die meel
Laat rus vir so half uur in die yskas sodat die eier kan set.
Panbraai dit in vlak olie vir net ‘n paar minute tot gaar, moet nog pienk in die middel wees.
Net voor jy dit die laaste keer omdraai, aan albei kante, gooi sout en peper.

Worsie en macaroni roerbraai
500ml elmboog macaroni
450ml varkworsies
1 groot ui, in dun skyfies gesny
1 rooi appel, in dun skyfies gesny
15ml vars, gekapte pietersielie
30ml ongegeurde jogurt
sout en peper na smaak
Tamatieskyfies vir garnering
Kook die macaroni in soutwater tot gaar en spoel af onder lopende koue water. Verhit kookolie in ‘n swaarboompan en braai die worsies 10-15 minute lank daarin. Draai dit dikwels om. Sny dit in skyfies wanneer dit gaar is. Meng die worsie, ui- en appelskyfies, pietersielie en jogurt en geur dit met sout en peper. Verhit dit oor lae hitte tot deurwarm terwyl dit liggies geroer word. Skep dit in ‘n verhitte opdienbak en garneer met tamatie skyfies. Bedien dit dadelik. Lewer 4 porsies

Simba tjips gereg
4 eetlepels botter
3 eetlepels koekmeel
375ml warm melk
250ml ham
2 x 375ml gekrummelde skyfies
375ml gerasperde kaas
Voorverhit die oond tot 180C. Maak ‘n witsous van die botter, meel en melk Gooi die ham, kaas en 1 pak skyfies by. Gooi die helfte van die ander pak skyfies onder in ‘n bak, skep die witsous bo-op, bedek met kaas en skyfies gemeng en bak 15–20 minute

Hoederlewertjies met pasta
500 g penne of macaroni
500 g hoenderlewers, skoongemaak
1 ui, fyn gekap
250 g knopiesampioene, in skywe gesny
1 blik (430g) hoender-roomsop
125 ml (1/2k) cheddarkaas, gerasper

METODE:
Kook die pasta in genoeg vinnig kokende water tot sag, maar ferm. Dreineer en hou eenkant.
Braai die hoenderlewers in n bietjie olie tot net gaar en goudbruin buite-om. Verwyder uit die pan en sny in kleiner stukkies, Sorteer die ui tot sag en deurskynend. Braai die sampioene tot bruin. Voeg die die hoenderlewers weer by asook die hoender-roomsop en gerasperde kaas. Meng goed en verhit tot warm. Giet die hoenderlewermengsel oor die pasta en meng deur.
Genoeg vir 5-6 mense.
Huisgenoot(randrekkers)

Maklike aandete
Kook 2 kop melk en roer 1 kop vars broodkrummels by,
1 eetl botter,
1 kop gerasperde kaas
2 geklitse eiers
Sout en peper na smaak by

Opsioneel: Kan gekapte ham, spek of tuna bysit

Metode:
Skep in ‘n gesmeerde oondskottel en bak vir 30 minute in warm oond teen 200°C

Pasta gereg in die mikrogolf
250ml Pasta
125ml Maalvleis of tuna of spek
1ui gekap
Sampioene
Aromat na jou smaak
60g Sampioensop poeier
500ml Melk

Metode:
Gebruik ‘n  lekker diep “Pyrex” bak met deksel.
Meng alles en Mikrogolf dit so vir 20-25min. op “HIGH” laat staan dit vir 5min voor jy dit bedien …n lekker slaai gaan goed af saam met dit….N.S. ek kook altyd my Pasta eers n rukkie in sout water en voeg dit dan by..maar dit is nie nodig nie net bietjie vinniger

Ziplock omelet
Breek 2 eiers in ‘n Ziploc-sak en skud goed
Sit jou gunsteling bestandele in, soos: kaas, uie, sampioene, groenrissie, tamatie, sout, peper, ens.
Seel die sakkie baie goed en skud alles weer goed
Sit sakkie in ‘n pot met vinnig kokende warm water vir so 13/15 minute
Maak die sak oop en die omelette sal maklik op die bord uitgly

Mac and cheese
1 Pak Macaroni
2kop Cheddar Kaas
1Pak spek (gesnipper0
2 Eiers
1kop Melk
Sout en Peper
Botter
2 Tamaties
Metode:
Kook Macaroni tot sag – dreineer Rasper kaas,sny tamaties in ringetjies,
Klits eiers saam met die melk,
Braai spek net gaar
Smeer Bakskottel en pak lae. Laaste laag moet kaas bo-op wees
Gooi eier en melkmengsel bo-oor stip met n paar klontjies botter en bak tot mooi Goudbruin en gestol ongeveer 25min. by 180C

Spek en kaas pasta
1 pak Spaghetti
2 x 250gr pakkies sek (gekap).
500 g Gerasperde Cheddarkaas (Hoe meer kaas hoe lekkerder).
2 Pakke gekerfde Sampioene.

Metode:
Braai die spekvleis en sampioene saam tot heerlik bruin en bros. Kook die spaghetti tot gaar en dreineer. Roer die warm spaghetti tussen die spekvleismengsel in. Roer al die kaas tussenin en laat dit smelt.

Beesvleis stew
Beesvleisblokkies
Koekmeel
2 uie, opgekap
1 na 2 eetl Bisto-souspoeier
½ koppie tamatiesous
½ koppie blatjang
Sout en peper na smaak
Metode:
Rol vleis in koekmeel en kap sag met vleishamer of ‘n piering se kant.
Braai in pan tot bruin aan beide kante.
Braai uie in olie in ‘n pan en voeg die ander bestandele by.
Plaas vleis in oondbak, gooi souspoeier oor en gooi dan genoeg water oor om die vleis te bedek
Bak oop in die oond teen 180 grade vir ongeveer 1 uur

Eenskottel hoender en rys gereg
1 koppie rou rys
Hoender stukke
1 na 2  koppies veggie mix (gevries)
2 koppies water
1 pakkie wit uiesop
Uie in skywe gesny

Gooi rou rys onder in jou casserol bak. Gooi gevriesde groente oor. Pak hoeder bo-op die rys en groente mengsel en geur met sout en peper. Sit uie bo-op. Maak pakkie sop aan met water. Gooi bo-oor. Bedek met deksel.
Oond: 150 C
Sit in oond vir ongeveer uur en ‘n half

Maalvleis en rys gereg
1Kop rou rys onder in oondbak
Braai 500gr maalvleis, 250gr sampioene en1 ui gekap (jy kan die meer of minder maak)
Skep bo oor rys
Meng ‘n pakkie hoender sop met 500ml water en gooi bo-oor.
Bak 40/50min by 180C

Lui huisvrou pastei
6 Snye brood
1 Blikkie Rooiworsies of escort viennas of enige koue vleis
2 Eiers
2 eetl Gerasperde ui
2 kop Melk
1 kop Gerasperde kaas
Sout en peper
METODE:
Oond 180C
Smeer skottel met margarien. Rangskik brood met botterkant bo. Kap rooiworsie of koue vleis fyn, meng met uie. Skep oor brood. Klits eiers met melk en geursel. Giet oor. Sprinkel kaas oor. Laat 1 uur staan. Bak in oond vir ½ uur

Aartappelkoekies
3 medium aartappels (rou)
12,5 ml koekmeelblom
1 eier, geklits
5 ml sout
40 g kaas, gerasper
Klein ui gerasper

METODE:
Skrop, skil en rasper die aartappels en meng met die ander bestanddele.
Verhit `n klein bietjie olie of vet in `n pan en braai lepelsvol van die mengsel totdat die koekies aan albei kante ligbruin is.

Patricia Neethling
Bullybeef Pasta
Kook macaroni, braai ui, tamatie, voeg fyn bullybeef by en meng. gooi sout, peper en Mild en Spicy kerriepoeier by na smaak. meng als, strooi gerasperde kaas bo op en bak tot kaas ligbruin. Heerlik

Elize En Danie Robbertse
Alles in een hoenderpot
Hoenderporsies genoeg vir gesin. Enige groente soos verkies. Ten minste 2 koppies rys. Alles in een pot. Spices. Meng 1 pakkie knor hoender roomsop met 3 koppies water. Bak by 180 vir ‘n uur. Maak pot oop en bak tot vloeistof droog is. Heerlik.

Estelle Wolfaardt Schoeman
Frikkadelle
1 Kg maalvleis, 1 houertjie room, 1 pakkie Bruin uiesop. Meng alles saam en maak gaar in pan of oond.

Seldean Smith
Pizza Brood
2 Koppies Self Raising
2 Koppies Griekse Yoghurt

Voorverhit oond tot 190 C.
Meng die twee saam en knie ‘n bietjie as dit moet om ‘n nie klewerige deeg bal te vorm. Draai uit op ‘n meel bestrooide area en rol ‘n reghoek van so 2cm dik.
Smeer tamatie puree bo op en dan versnipperde ham en kaas.Rol op soos ‘n rol koek en sny dan in wiggies. Plaas op ‘n bakplaat uitgevoer met bakpapier.
Bak sowat 30 minute of tot lig bruin. Smeer met gesmelte botter

Mercia Van Bosch
Brocoli slaai
Brocoli (gewoonlik so een of twee koppe en dit moet rou gebruik word)
Kaas (soveel soos begeer en enige soort)
Mayonaise (125 tot 500ml)
Bacon gebraai
1 ui fyn gekap en gebraai
1 pakkie mushrooms fyn gesny en gebraai.
Meng alles saam en sit in die yskas tot afgekoel en dien op saam met n lekker ete of sommer ook as n voorgereg

6 bestandele 999

Cornelia Myburgh gee die resep – bron onbekend

6 bestandele00

Cornelia Myburgh gee die resep – bron onbekend

Visvingergereg
Bestanddele
16 visvingers (1 pakkie)
1 pakkie uie-of sampioensop, aangemaak met 2 koppies water
Metode
Gooi sopmengsel oor visvingers en bak in oond tot gaar op 180 C.
Sit voor met kapokaartappels en slaai

Visvinger gereg
Maak kapokaartappels
1 blik heelpit mielies
1 blik sweetcorn,
Visvingers
Kaas.
PAK LAE.
1) Kaopkaartappels
2) pak ‘n laag visvinger
3) Meng heelpit en sweetcorn en bedek visvingers
4) Sit in oond vi so 20min (visvingers moet net gaar word)
5) Haal uit,gooi kaas bo op ek sit terug vir so 10min.
Varktjops met bruin uiesop
6 groot vark chops
1 na 2 groot uie grof gekap
250ml kookwater
125ml koppie mayonnaise
125ml koppie tamatiesous
1 pakkie bruin uiesoppoeier
125ml blatjang

Braai tjops goudbruin aan beide kante. Meng al die sousbestanddele bymekaar tot gladde pasta. Pak tjops in ‘n kasserol en gooi die uie bo-oor. Gooi die sous oor die tjops, maak deksel toe en bak by 180 C vir 1 uur

Kellogs krummel vakrktjops
Rencia Odendaal Pretorius
Die is genoeg vir 2/3 groot varktjops
Kellogs flakes – sommer so 2 hande vol en 6 provitas, tuc, salticrax, cream crackers , enige soutkoekie wat jy besikbaar het in jou kas  (fyngemaak)
2.5ml paprika
10ml gemengde speserye – Ek gebruik net Crown se Texan steak spices vir alles in my huis
Sout en gemaalde swartpeper
Meng alles
2 eiers – geklits
Sny swoerd/vet met sker kepe in of verwyder
Druk die tjop in kellogs mengsel, dan in eier en dan weer in die kellogs mengsel.
Sit in yskas vir tenminste 30 min sodat die degie lekker vas kan sit
Spuit jou bakplaat met spray en cook
Oondbraai vir 20/25 min by 220 grade, dis nie nodig om dit om te draai tydens die bakproses nie
Karringmelk hoender
4 groot hoenderborsies, effens platter gekap
sout en peper
250 ml (1 k) karringmelk
250 ml (1 k) meel
15 ml (1 e) soet paprika
15 ml (1 e) gemengde kruie
olie vir vlakbraai
Metode:
Geur die hoender met sout en peper en plaas in die karringmelk.
Meng die meel, paprika en kruie en geur met sout en peper.
Verwyder die borsies uit die karringmelk en rol in die meel.
Vlakbraai in ’n bietjie verhitte olie tot goudbruin en gaar.

Chakalaka hoender

Pak hoender in casserol. Sny dik skywe uie oor. Gooi sout peper en knoffel vlokkies oor en 1 blikkie chakalaka met butternut. Ek het skywe butternut met skil aan ook bygesit – In die oond (bedek) vir 1 uur na 1 uur 15 minute @ 180 C – Net voor opdining – onder die grill indien verkies tot velletjie lekker bruin en bros is.
WENK: Pak jou aartappels saam in met die hoender – jou hoender, pampoen en aartappels is alles op een slag gaar.

Gewone Mild chakalaka kan ook gebruik word.

Hoenderlewertjies
500g hoenderlewertjies
1 ui
1 groenrissie
1 eetl Bisto-sous
125 ml room
Peri-peri speserye en bbq speserye
Maak hoenderlewertjies, uie en groenrissie  gaar in olie.
Voeg speserye by en roerbraai vir rukkie
Wanneer dit amper gaar is, gooi room gemeng met die bistosous by en prut tot dik

Bedien met kapokaartappels
Rens se Chicken a la king
Ongeveer 2 na 3 koppies gevlokte hoender
1 Pakkie chicken a la king aangemaak met 1 en half kop melk
1 groot ui gekap
1 koppie veggie mix
Pakkie sampioene gekap
Braai die ui en sampioene tot sag
Voeg die veggiemix en hoender by en roerbraai vir rukkie
Gooi die pakkie chicken a la king by met melk en kook tot dik

Rooibos hoender
6-8 hoenderporsies, bv boudjies en dytjies
1 groot ui, gekap
1 k (250 ml) ongegeurde laevet-jogurt
½ k (125 ml) blatjang
½ k (125 ml) Rooibostee of lemoensap
½ t (2,5 ml) sout
2 t (10 ml) mielieblom, met ‘n bietjie water tot ‘n pasta gemeng
Voorverhit oond tot 180 °C.
Plaas hoender en ui in ‘n oondbak. Meng jogurt, blatjang, tee of sap, sout en mielieblompasta en skink oor die hoender.
Bak vir 30-45 minute of tot goudbruin en gaar, maar nie droog nie.
Wenk
Varktjops, met die oortollige vet verwyder, kan op dieselfde manier gaargemaak word. Voeg blokkies botterskorsie by die vleis en bak so saam in die sous.

Hong kong hoender
1.5 kg hoenderstukke
500 ml coke
15 ml sojasous
15 ml gouestroop
5 ml sout
Plaas hoenderstukke in ‘n swaarboomkastrol.
Meng res van besstandele en giet oor hoenderstukke.
Sit die dekdel op en stowe tot sag.
Verwyder deksel en braai hoenderstukke in sous tot glansendbruin.

Knoffel en bruinsuiker hoender
4 ontbeende hoenderborsies
4 knoffelhuisies, fyn
4 eetlepels bruinsuiker
3 eetlepels olyfolie

Metode:
Verhit die oond tot 240 C en liggies smeer ‘n oondbak.
In klein braai pan, soteer knoffel met die olie tot sag.
Verwyder van die hitte en roer in die bruinsuiker.
Plaas hoenderborsies in ‘n voorbereide bak en bedek met die knoffel en bruinsuiker mengsel.
Voeg sout en peper na smaak.
Bak onbedek vir 15-30 minute.

Spaanse hoender

1 Pakkie wit uiesop poeier
500 ml water
50 ml mayonnaise
50 ml blatjang
50 ml tamatiesous
15 ml gekapte pietersielie
Aromat en peper na smaak
Meng al die bestanddele, gooi sous oor hoender stukke, sit deksel op en bak vir 2 ure. Loer af en toe indien sous droog lyk gooi net bietjie water by. Bak by 160 grade celsius. Haal later die deksel af en bak hoender mooi bruin

Krummel varktjops
250 g broodkrummels
handvol vars gemengde kruie (tiemie, roosmaryn en origanum), gekap
8 varktjops
sout en varsgemaalde swartpeper
2 eiers, geklits
60 ml olyfolie
Meng broodkrummels en kruie. Geur varktjops met sout en swartpeper. Doop tjops in geklitste eier en dan in broodkrummels. Verhit olyfolie en braai varktjops sowat 5 – 8 minute per kant tot goudbruin en gaar

 SPOON ROLLS (Broodrolletjies in jou Muffin pannetjies)are so easy to make and so good. They go with anything and any meal. The dough will keep up to a week in the refrigerator and you can reheat the rolls or freeze them.

1 package active dry yeast
2 cups warm water
2 tablespoons white granulated sugar
1 egg, beaten
4 cups self-rising flour
170gr butter or 12 tablespoons or 3/4 cup, melted.
Empty package of yeast into a large mixing bowl. Add the 2 cups warm water, 2 tablespoons sugar, beaten egg, 4 cups self-rising flour and melted butter mixing after each addition. You can do this with a mixer or a spoon.
CAUTION: If your melted butter is hot, let it cool to warm before adding so as not to kill the yeast in the dough. Spray a 12 cup muffin pan with cooking spray. Fill cups 1/2 to 3/4 full. Let dough rise in pan about 20 minutes. (It won’t rise a lot). Bake in preheated 180 C oven for 30 – 35 minutes checking for doneness as ovens vary. Makes about 18 muffins rolls

herderspastie spicy 26

Herderspastei
(4 tot 5 porsies)
6 geskilde aartappels in blokkies gesny
1 ui gekap
500g beesmaalvleis
1 x 410g blikkie mekxikaanse styl tamatiesmoor
1 blikkie geroomde soetmielies
1 koppie gerasperde cheddar kaas
1/2 kop veggie mix of ertjies (opsioneel)
Sout en peper na smaak
Metode:
Voor verhit die oond tot 200°C. Kook die blokkies aartappel sag. Verhit olyfolie in ‘n kastrol en soteer die ui tot sag. Voeg die maalvleis by en roer tot die vleis verbruin. Gooi die tamaties by en verhit dit tot kookpunt. Voeg die groente en ander helfte van die mielies by. Verlaag die hitte en laat prut vir 15min. Dreineer die aartappels en maak dit fyn. Roer helfte van die soetmielies en die meeste van die kaas by, (Hou ‘n bietjie oor die die bo laag) Geur na smaak. Skep die vleis in ‘n gesmeerde oondbak, met die fyn aartappels bo-op. Sprinkel die res van die kaas oor en bak tot goud bruin.
Belinda van Dyk
Worsgereg
250g boerewors per persoon (+/- 15cm )
Sowat halwe koppie (+/-90g) rys per persoon (rou)
1 Pakkie soppoeier per 5 tot 6 persone.
Metode:
Maak die soppoeier aan met water soos op die soppoeierpakkie aanbeveel.
Sny die wors in skyfies. (Dit kan ook versknipper of in lengtes gesny word.)
Pak die wors dele bo-op die rys uit.
Gooi sop bo-oor.
Bedek met foelie of deksel
Bak in ‘n warm oond (so 180 grade) vir ongeveer 20/30 min of tot rys gaar is

Skaap afval/tripe/braun/sult/bron


IMG_9582

Rens se kerrie afval

RENS SE KERRIE AFVAL (Stoompot)

1 skaap afval, skoongemaak

500gr lieslappe in stukkies gesny, of skenkels of tjops of enige vleis wat jy verkies

2 uie grof gekap

4 aartappels in blokke gesny

4 wortels geskil en in ringe gesny

1 eetl kerrie of masala (ons gebruik 2 eetlepels maar dit is eie keuse hoe sterk jy jou kerrie wil he)

2 eetl borrie

4 anys saadjies (anaseed stars)

3 eetl suiker

1 tl knoffelvlokkies

Sout en peper na smaak

50ml wit asyn

Ekstra water indien nodig

Gooi afval en vleis  in stoompot met genoeg water in, sout en so 2 anys blommetjies en 1 ui in 4 stukke gekap (die anys sterretjies gee lekker reuk aan die afval en daai “weghol” reuk is bietjie gebreek)

Stoom vir 30/45 minute

Stoom af – Haal afval uit en behou die water eenkant

Ek verkies om al die bene van die afval af te sny, ek hou net die pootjies heel. Ek sny ook die maag in stukkies. Ons is lief vir fyner afval as die heel stukke

Braai nou jou uie en knoffel tot sag, voeg die kerrie, borrie, suiker en asyn by en roerbraai vir ‘n rukkie

Gooi die afval terug in die pot asook die water wat jy netnou afgegooi het. Voeg nog by indien nodig

Gooi blokkies aartappel en wortels by en anys saadjies

Bring tot stoom en stoom vir 10 minute

Stoom dadelik af.

Gooi enige pakkie soppoeier bv bruin uiesop, chakalaka, sout en peper  by en kook tot dik.

 

KERRIE AFVAL

1 skaap afval
2 groot uie
4 medium aartappels geskil en in blokkies gesny
1 e kerrie
1 e borrie
2 hoogvol e appelkoos konfyt
1/2 k bruinasyn
1 k water
1 Pakkie chakalaka of vegetable curry soppoeier
Braai uie in pan tot bruin. gooi kerrie, borrie, konfyt by en braai verder tot jy hom ruik. Gooi asyn by en roer deur.

Gooi nou water by.
Meng jou aartappelblokkies en afval lekker deurmekaar
Spray jou slow cooker met spray  ‘n cook.
Gooi aartappels en afval in die pot.
Gooi kerrie uie mengsel oor en vul water aand tot afval bedek is.
Meng nou die pakkie spo soppoeier deur als.
Sit op hoog vir ten minste 6-7 ure. Ek sit myne aand as ek werk toe gaan (8uur) en dan eet ons so 6uur se kant.

Bedien met rys of stampmielies

 

SKAAP AFVAL:
1kg skaapafval (kop, pens, pootjies),skoongemaak
30ml kookolie
15ml botter
3 uie, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
1 groen soetrissie, ontpit en gekap
10ml kerriepoeier
3 tamaties, geskil en gekap
30ml tamatiepasta
5ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
Kook afval in soutwater vir 3 ure lank, of tot sag. Giet vloeistof af en hou net 250ml in kastrol agter. Soteer uie, knoffel en groenrissie in verhitte olie en botter. Voeg kerrie by en braai vir nog ‘n minuut of twee. Voeg die res van die bestanddele by en prut vir 5-10 minute. Voeg die mengsel by die afval en prut vir nog 5 minute. Sit voor.
Lewer 6 porsies.

kerrie afval

Ilse se kerrie skaap afval

ILSE SE KERRIE AFVAL

2 SKOON afvalle, pens en pootjies
Water
Witasyn

500g skaap kookvleis
2 uie, grof gekap
SOUS:
2 e matige Kerrie
1 e Masala
250ml Bruin asyn
250ml Suiker
250ml Water
1 t Allspice
1 t Koljander
1/2 t fyn naeltjies
1/2 kaneel
1/2 t gemmer
4 aartappels geskil en in groot blokkies gesny

Laat die skoon afvalle oornag week in water en witasyn mengsel. 2 lt water en 500ml asyn.

Sny die pens in repies van so 2cm.
Pak pens en pootjies in groot casserole saam met die uie en skaapvleis.
Meng al die bestanddele van die sous en giet oor.
Meng deur.
Maak toe en sit in oond op 150C vir 4 ure
Sit aartappels by en bak verdere minimum van 1 en half uur voor ete. Hoe langer hoe beter. Verdik sous met Maizena net voor opdiening so dik soos jy dit wil he.

Bedien met rys

 

SKAAPKERRIE AFVAL
1 Skaap afval, ontdooi
4 Gesnyde uie
12.5 ml Olie
1 eetlepel Borrie
2 eetlepels Medium Kerrie
12.5 ml Suiker
50 ml Asyn
1 eetlepel Appelkooskonfyt
10 ml Aromat
Sout en Peper smaak
Kook die skaapafval vir ongeveer 3 ure tot gaar en sag.
Braai die ui in die olie tot sag en deurskynend.
Voeg die Borrie, Kerrie, Suiker en asyn by die uie.
Voeg die Kerrie uie mengsel by die gaar afval en kook dit stadig vir 30 minute.
Genoeg vir 4 persone.

sult

BRAUN
Ilse Mynhardt
2 skaap afvalle (pens en pootjies)
2 kg Bees Shin
Water
Sout & Peper na smaak
1/2 k Bruin asyn
3 e Borrie
2 e Kerrie
1/2 Appelkooskonfyt
1 e Gelatien opgelos in bietjie water
Kook afvalle en beesvleis, saam met sout en peper, in water tot sag.
Verwyder alle bene
Gooi weer terug in pot en roer res van bestanddele saam.
Bring tot kookpunt
Giet in vorm van keuse (bv Leë plastiek coke bottel vir ronder vorm)
Laat stol in yskas
Verwyder en sny in skywe en bedien

 

KERRIESULT

1 skoongemaakte beespoot
2.5kg beesskenkels
5 swartpeperkorrels
1 lourierblaar
3 middelslag uie
30ml sonneblomolie
30ml kerriepoeier
15ml borrie
375ml bruinasyn
30ml appelkooskonfyt
15ml sout
2ml gemaalde koljander
2ml suiker

Bedek die beespoot en skenkels met koue water, voeg die peperkorrels en lourierblaar by en prut dit tot baie sag. Skil die uie en sny dit in skywe. Verhit die olie en soteer die uie, kerriepoeier en borrie daarin. Voeg die res van die bestanddele by die kerriemengsel, verhit stadig tot kookpunt en laat afkoel. Ontbeen die vleis. Maal dit of sny dit in stukkies op. Voeg die kerriemengsel by die vleis en prut dit ‘n uur lank. Giet dit in ‘n nat bak en laat afkoel. Bedek die bak met kleefplastiek en plaas die sult in die yskas om te stol. Dit kan tot 2 weke in die yskas gebêre word.

LET WEL:

Sult moet nie te styf wees nie. As dit die geval is, smelt dit in ‘n groot kastrol oor matige hitte en vog nog kookwater by. Proe daaraan of dit ektra smaakmiddels nodig het voordat dit weer gestol word.

BRAUN
Vat 3kg vark voete en skenkeks en 1kg chuck, kook als saam in stoompot 65min, haal al die bene uit en maak fyn, sny 3uie fyn, kwart kopie asyn en bruin suiker, sout, peper en kerrie na smaak, eetlepel borrie, kook weer saam fyn vleis net tot eie gaar is met 2liter kookwater, gooi uit in bakke en sit in yskas tot geset

 

BEES SULT/BRON

Vat die pens velle moet goed skoongeskrop word, dit moet spierewit wees, en alle pens moet weggewas wees. gebruik baie wit asyn en koeksoda of dit skoon te kry.

Dan: sny die beespens in blokke (groot of klein, maak nie saak nie, kleiner ruite van so 2 x 2 cm is goed
nou:
mens kook die bees pens so:

1 t kookolie
1 ui, geskil en fyngekap
1 – 2 t kerrie poeier
1 t chutney
1 e asyn
1 t tamatiesous
1 t borrie

Verhit die olie in ‘n dikboom kastrol
Braai uie tot deurskynend
Voeg by: chutney, kerrie poeier, borrie en tamatiesous
Roer goed deur
Voeg by: al die beespens stukkies
Roer goed deur
Roer die asyn by
Vul by met kookwater tot alles bedek is.
Bedek en prut stadig
Indien drukkoker gebruik word, prut onder druk vir ten minste 25 minute
Indien in ‘n gewone kastrol op ‘n gewone stoof gekook word, prut ten minste 4 ure, en op gewone manier, bly vloeistof aanvul indien weg kook.

Na die kook proses, koel effens af

Nou behoort die prutsel fyngekook te wees, indien nie, druk met ‘n voedsel drukker (masher) tot kleiner stukkies. Moenie laat dit heeltemal afkoel nie, maar vergiet dit oor in ‘n gesmeerde oondbak, of gepaste glasbak en verkoel
sodra dit verkoel is, sny in blokke of snytjies en bedien na smaak

Die kerrie kan na smaak vermeerder word

Mikrogolf resepte/microwave


mikrogolf 400

MIKROGOLF INLIGTING
Ter wille van eenvormigheid word die mikrogolfkrag in perentasies
aangetoon, omdat die woordbeskrywing daarvan van oond tot oond
verskil.
100% = full power, high, maximum
90% = sauté, medium high
80% = reheat
70% = roast, medium high
60% = bake, medium
50% = simmer, medium low, braise
40% = braise
30% = defrost, low
20% = low
10% = low-low, low/hold, warm, low/warm

MIKROGOLFTYD:
Al wil ek hoe graag, is dit vir my onmoontlik om presies te sê hoe lank ‘n gerg
Gemikrogolf moet word, want daar is te veel faktore wat die tyd kan beinvloed.
Tye wat genome word vir resepte is by benadering.
Wanneer jy die gereg maak, sal jou goeie oordeel en die voorkoms van die gereg
vir jou met die bepaling van die presiese tyd help.
DIE GULDE REëL BY MIKROGOLFKOOKKUNS IS OM DIE KOS EERDER TE KORT AS TE LANK TE MIKROGOLF. EN NEEM ALTYD IN AG DAT DIE KOS MET DIE STAANTYD VERDER GAAR WORD.

Al die resepte is in ‘n mikrogolfoond van 650watt getoets. As jou mikrogolf ‘n 500watt verbruik het, laat nagenoeg 20 sekondes ekstra per minuut toe. As jou mikrogolf ‘n 700watt verbruik het, verminder die tyd in die resep met ongeveer 15 sekondes per minuut.

WATTER KOS BY WATTER KRAG:
100 persent
Kook water.
Mikrogof vars vrugte, groente, vis en lekkergoed.

80 – 90 persent
Verhit bevrore en ingemaakte kos.
Warm oorskietkos op.
Verhit babakos.

60 – 70 persent
Mikrogolf koeke, vleis, pluimvee, seekos, eiers- en suiwelgeregte.

50 persent
Mikrogolf kolwyntjies, muffins en vis.
Smelt sjokolade en botter produkte.
Mikrogolf mieliepap, rys en pasta. [tensy anders vermeld]

30 – 40 persent
Mikrogolf taaier vleisstukke, bredies en sop.
Maak botter en margarine sag.
Ontdooi bevrore kos.

10 – 20 persent
Laat suurdeeggebak rys.
Maak roomys sag.
Hou kos warm voor opdiening.

PAP (Mikrogolf)

Gewone “slap” ontbyt mieliemeelpap:
2 Koppies water , 1 Eeetlepel margarien en1 teel. sout
Mikrogolf 4-minute op hoog, tot kookpunt.
Roer 1 koppie mieliemeel in, gebruik draadklitser i.p.v. vurk.
8 Minute op hoog (Deksel op vir stoom).

Krummelpap:
Soos resep bo, maar meel en water verhouding is as volg:
2 Koppies water + 2 koppies mieliemeel
10 Minute op hoog, dan 10-minute medium-low (Deksel op vir stoom).
Roer met draadklitser of vurk.

Hawermoutpap (Oats):
Neem 3 opgehoopte eetlepels oats, gooi in mikrogolfbak. Gooi nou kookwater oor  die oats sodat die water net entjie bo-kant die oats le – sout na smaak. Mikrogolf vir 3 minute en los dit dan in die mikrogolf, sonder om die deur oop te maak vir 3 minute.

Haal uit, gooi nog klein bietjie kookwater oor, en klits met lepel tot romerig. Voeg botter en suiker by na smaak

Mieliepap:

3 koppies mieliemeel
1200 ml kookwater
2 teelepels bakpoeier
2 teelepels sout
4 eetlepels margarien of botter
Metode
Plaas mieliemeel in mikrogolfbak (omtrent 2,5 liter bak) en mikrogolf onbedek op hoog vir 5 minute.
Voeg bakpoeier en sout by en meng deeglik.
Roer margarien by kookwater tot gesmelt.
Voeg kookwater met gesmelte margarien by mieliemeel en roer deeglik totdat daar geen droë meel meer oorbly nie.
Mikrogolf met deksel op, op hoog vir 8 minute.
Haal uit en roer deeglik.
Plaas terug in mikrogolf met deksel op en mikrogolf vir ‘n verdere 8 minute op hoog.

MELKKOS
500 ml melk
2 e (50 ml) koekmeel
2 e margarine
bietjie sout
Klits alles goed in ‘n bak en sit dan in die mikrogolfoond – hou aan kook (op 100%) totdat dit styf is MAAR jy moet dit kort-kort roer – elke 1 minuut – anders maak dit klonte.
Sodra dit dan styf is Roer deur en skep in bakkies. Gooi dan kaneelsuiker bo-oor met n paar klontjies botter

MELKKOS

1 liter melk
180ml koekmeel
2ml sout
15ml botter
kaneelsuiker
metode:
Mikrogolf die melk teen 100% vir 10min. Meng die botter en die sout met die meel. Gebruik jou  elektriese menger. Gooi die meelmengsel in die warm melk en gebruik whisk om dit te roer. Mikrogolf vir nog 10min. Dien op en bedien met kaneel en suiker oor.

SAGOMELKKOS

100 ml (70g) sago
1L melk
30ml (25g) botter of margarien
2 eiers
75ml (40g) volkoring of gewone koekmeel
20 ml vlapoeier
2 ml sout
125 ml water
Kaneelsuiker
Metode:
Voeg die sago by 250ml van die melk in `n diep 3,5L bak.
Mikrogolf dit 2½ minute oop by 100% krag.
Roer die mengsel goed & laat dit `n rukkie staan.
Voeg die oorblywende 750ml melk & die botter of margarien by die sagomengsel.
Mikrogolf dit 15minute oop by 100% krag & roer dit na elke 5 minute
Skei die eiers & klits die eiergele, meel, vlapoeier, sout & water saam tot gemeng.
Roer dit by die sagomengsel.
Mikrogolf dit 6 minute oop by 100% krag & roer dit ná die eerste 3 minute goed.
Klits die eierwitte tot styf & vou dit liggies by die sagomengsel in.
Sit die melkkos warm met kaneelsuiker voor.

EASY MORNING MICROWAVE MUFFINS

½  cup milk
½ cup oil
2 eggs
½ cup sugar
2 cup. flour
1 tbsp. baking powder
½  tsp. salt
Combine milk, oil, eggs, and sugar; add remaining ingredients. Stir only until flour is moistened. Line 6 cup muffin pan with paper cups. Fill 2/3 full. Cook on medium 3 to 4 minutes. Let stand 5 minutes. If desired, dip tops of muffins in melted butter, then in cinnamon sugar mixture. Store, covered, until ready to serve.

SKONS

500ml meel
45ml botter
1 eier
Voeg genoeg water by om n slap deeg te maak
15ml bakpoeier
knippie sout
Metode:
Meng meel, sout, bakpoeier, en botter tot fyn krummels
Meng eier en melk saam en roer by meel in
Druk effens plat en druk jou skonsies af
Verwarm jpu verbruinings bak op HIGH vir 8min. en smeer bietjie botter op elke skonsie en plaas 8-10 skonse met botterkant na bo op warm bak
Maak gaar op ROAST [70%] vir so 2-3min. smeer weer botter op en draai die skons om en bak nog so 1min.

MIKROGOLF MUFFINS

Rina Kleinhans

HIERDIE EEN WERK GOED AS MENS NET EEN OF ‘N PAAR MUFFINS WIL MAAK, BERE DIE RES VAN DIE DEEG IN DIE YSKAS EN GEBRUIK SOOS NODIG. DIE DEEG HOU TOT 30 DAE IN DIE YSKAS.
2 eiers
300g bruinsuiker
80ml olie
300g koekmeel
2ml sout
8ml koeksoda
500ml bran
500ml melk
5ml vanilla
250g koekmengsel/neute/rosyne
Meng eiers, suiker en olie goed. Meng droe bestandele saam in aparte bak en voeg beurtelings met melk by eerste mengsel. Meng baie goed. Voeg geursel en koekmengsel by, meng baie goed deur.
Skep ‘n lepel hoog vol in klein houertjie en miskrogolf vir 4min by 70% krag. Pas tyd aan indien meer muffins op ‘n slag gemaak word. Plaas res van mengsel in plastiek houer wat dig seel en bere in die yskas. Gebruik soos benodig.

MIELIEBROODJIE

1 blik room mielies of heel mielies
2 eiers
3 ml sout
20 ml suiker
125 ml melk
250 ml meel
250 ml mieliemeel
15 ml bakpoeier
½ k kaas gerasper
Spuit n ring pan
Sprinkel paprika onder op bodem
Meng al die bestandele
Mikro op volle krag vir 9 min.

MIKROGOLF WITSOUS

4 eetlepels maizina of 4 eetl meel
1 ½ k melk
2 eetlepels botter
Sout en pepper
¼ teelepel mostert poeier
Sit ales saam in n mikrogolf bakkie en sit vir so 2 minute op 100 % krag Maak so nou en dan oop en roer dat daar nie klonte is nie….Mikrogolf dat tot dik en roomerig is. Voeg meer melk of maizina wat met water aangemaak is by indien te dun of te dik is. Rasper kaas by vir kaassous.

AARTAPPEL MET TUNA

Kook groot aartappels tot sag of mikrogolf dit in jou plastiese sak tot gaar. Onthou om jou aartappels te prik

Maak tuna slaai van: (Kan hoender ook gebruik)
Blikkie tuna, tamaties gekap, blokkies kaas, gekookte eier in blokkies, vars pietiersielie, uie gekap, groen, rooi en geel peppers, gekap, sout en peper en dan net genoeg mayonaise om dit klam te maak. So ‘n eetlepel na 1 en half is genoeg. Sit die tuna mengsel in die mikrogolf en mikrogolf net vir so 2 na 3 minute of tot alles warm is.
Sny die aartappel oop en skep die tunamengsel bo-oor die aartappel. Gooi nog bietjie gerasperde kaas oor.

SMELT IN DIE MOND BIEFSTUK

Mikrogolf wenners deur Annette Human
by Leer Kook Met Jou Mikrogolf
750g Biefstuk (enige snit) , in 5cm dik skyfies gesny
Sout, peper en rooipeper
Aangemaakte mosterd
100 ml Koekmeel
2 Uie
SOUS:
375ml Water
1 Blokkie biefekstrak
25ml Worcestersous
25ml Tamatiesous
12,5ml Sojasous
12,5 ml Bruinsouspoeier
12,5ml Mielieblom
Geur biefskyfies liggies met die sout, peper en rooipeper.
Smeer op elk ‘n bietjie mosterd en plak hulle twee-twee opmekaar soos toebroodjies.
Elke skyfie kan ook in die helfte toegevou word.
Rol die “toebroodjies” in die koekmeel.
Kap die oorblywende meel hard met die rand van ‘n piering eers aan die een kant van die “toebroodjie” en
daarna aan die anderkant in.
Plaas die “toebroodjies” in ‘n kastrol van 25 x 25cm.
Skil en sny die uie in ringe.
Versprei dit oor die vleis.
Mikrogolf die bestanddele vir die sous 5 minute oop in ‘n diep bak [1 lt] by 100% [Hoog] en roer dit goed
na die eerste 2½ minuut.
Giet die sous oor die vleis en uieringe.
Bedek en mikrogolf die gereg vir 45 minute by 50% [Medium] krag.
Verskuif elke 15 minute die middelste vleisstukke versigtig na die buitekant.

Laat gereg 10 minute staan voor opdiening.

VLEISBROODJIE (MEATLOAF)
’n Vinnige en moeitelose maaltyd wat in die mikrogolf gemaak word.Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaak: 8 minute

500 g beesmaalvleis
125 ml (½ k) broodkrummels
1 eier
60 ml (¼ k) melk
30 ml (2 e) beesstertsoppoeier
45 ml (3 e) tamatiesous
45 ml (3 e) Worcestersous

1. Meng al die bestanddele met nat hande in ’n bak.
2. Verdeel in twee ewe groot stukke. Plaas op ’n mikrogolfbestande bak en druk in twee ronde brode.
3. Bedek met kleefplastiek en kook 8 minute terwyl jy dit halfpad deur die gaarmaaktyd omdraai. Sit voor saam met gemengde blaargroente.

Wenk:
Wissel die smaak af deur jou gunsteling-geurmiddels by die vleisbroodmengsel in te voeg, soos uie en kruie.

HOENDER IN JOU MIKROGOLF
Hoenderstukke volgens keuse
60ml tamatiesous
60 ml mayonaise
60ml blatjang
30ml mostert
30ml woschestersous sous
15ml kerriepoeier
5ml sout
1 ui fyngekap
1 soetrissie fyngekap (opsioneel)
Pynappelstukke/ perskeskywe (opsioneel)
Pak die hoenderstukke in ‘n mikrogolfvaste bak met deksel, geur volgens smaak.
Meng al die ander bestandele saam.
Gooi d sous oor die hoender.
Mikrogolf op 100% sterkte vir 20minute met die deksel op.
Mikrogolf ‘n verder 15 minute op 75% krag sonder die deksel op. Indien nodig, draai die stukke hoender om

HOENDERDYE 

1kg hoenderdye
1 pakkie sampioensoppoeier
10ml hoendergeursel
1 pakkie sampioene – gesny
1 ui gekap
12,5ml droee pietiersielie
250ml melk
3 eetlepels mielieblom
Halwe koppie cheddar kaas
Sny alle sigbare vet af. Meng sop en hoendergeursel en rol dye daar in
Plaas op mikrogolf vaste bak met vel na onder.
Bedek bak met waspapier.
Mikrogolf vir 8min op 100%.
Draai dye om en gooi sampioene, ui en pietersielie oor.
Bedek weer met waspapier en sit in vir 8min op 100%.
Klits melk en milieblom tot gemeng en gooi oor.
Bedek weer met waspapier.
Mikrogolf so 6min by 100% tot sous dik raak
Strooi cheddar oor en mikroglof vir so 2min. Maak seker vleis is gaar.
Sit warm voor.

MIKROGOLF HOENDERPORSIES

1/2 pakkie Bacon Kips fyngedruk in sakkie
1/2 pakkie (20g) Parmasankaas
12 Hoenderporsies (ontbeende Borsies werk beste)
Hoenderspeserye
Sprinkel bietjie asyn oor die hoender, dan speserye en rol dit in die krummels van die bacon kips.
Laat staan ‘n paar minute.
Mikrogolf op 100% krag vir 10 – 15 min (afhangende van die krag van die mikrogolfoond – toets deur klein snytjie te maak en te loer of dit gaar is.)
Haal uit en laat staan vir nog so 5 minute

HOENDER MET BRUINSUIKER

1.5kg hoenderstukke
125ml sagte bruinsuiker
25ml kerriepoeier
Sout en peper
Sousmengsel
10ml botter
150g uie gekap

SOUS
250ml tamatiesous
37,5ml Worcestersous
Skeutjie tabascosous
375ml kookwater
70ml suurlemoensap
125ml blatjang
37,5 ml sojasous
1 blik sampioenroomsop of 1pk sampioensoppoeier
Droog die hoender met kombuispapier af. Strooi bruinsuiker, kerriepoeier en geuropwekker oor. Rol in bietjie van die sousmengsel om vogtigheid te absorbeer
Mikrogolf 5ml botter 1 min op hoog in ‘n plastiek beker. Voeg die uie by en mikrogolf 5min op hoog. Voeg sousbestandele by uie. Meng deeglik. Mikrogolf 8min op hoog – roer 2 keer – totdat sous net-net begin kook. Voeg klein bietjie van die kookwater by indien sous te dik is. Verhit bruineerbak 8min op hoog. Voeg orige botter by en mikrogolf nog 3min op hoog. Plaas hoenderstukke in bruineerbak, mikrogolf 10min op hoog. Draai hoender om en giet warm sous oor. Bedek en mikrogolf 14min op hoog.

BOBOTIE (MIKROGOLF)

1 groot ui gekerf
1 sny brood
200ml melk –
750gr maalvleis
2 eiers
15 ml appelkooskonfyt
50 ml suurlemoensap
60gr rosyne
4 teel kerrie
5ml borrie
sout en peper
30 ml chutney
Mikrogolf die olie en ui vir 1 min – roer – mikrogolf verder vir 3 min. Week brood in helfte van die melk – Voeg al die bestandele bymekaar BEHALWE die oorblywende melk, eier en suurlemoensap – Bedek en mikrogolf op 100 persent vir 10 minute – roer deur – maak weer gelyk en druk plat in bak. Meng nou die melk, eier en suurlemoensap gooi bo-oor en mikrogolf vir 10/12 min op medium (onbedek)
Gee staantyd van so 10 minute en bedien met geelrys en slaai

LEWER IN DIE MIKROGOLF (SMELT IN DIE MOND LEWER)

Lewer (skaap of Hoender) Skoongemaak en buise verwyder en in blokkies gesny.
3 Eetlepels botter
Meel (± 3 eetlepels)
Jou eie hoeveelheid:
Blatjang
Tamatiesous
Worcester sous
Mosterdsous of poeier

Mikrogolf lewer en botter vir 3 min op hoog. Roer af en toe. Meng ander bestanddele tot ‘n pasta.
Voeg mengsel by en mikrogolf vir 4 min. Roer elke min. Mikrogolf vir verder 3 min en haal uit.

BEESSTERTBREDIE VIR DIE MIKROGOLF (4-6 porsies)
1 kg beestert
Kookwater
5ml botter
250g uie gekap (2 groot uie)
1 lourierblaar
3 heel naeltjies
Swartpeper
Witpeper
10ml sout
30ml hoenderaftrekselpoeier
1kg aartappels geskil en in kwarte gesny (6 groot)
200g geelwortels geskil en in ringe gesny (3-4 middelslag)
Sousmengsel
250g bevrore ertjie (opsioneel)
Plaas beesstert in ‘n diep oondbak en bedek heeltemal met water. Bedek bak met kleefplastiek en mikrogolf vir 30min op hoog. Mikrogolf botter 1 min op hoog in ‘n plastiekbeker. Voeg uie by botter en mikrogolf vir 5min op hoog. Voeg uie, lourierblaar, naeltjies, swartpeper, witpeper, sout en aftrekselpoeier by vleis in oondbak. Bedek met kleefplastiek en mikrogolf vir 60min op laag. Voeg aartappels en geelwortels by, bedek en mikrogolf vir 30min op hoog. Verdik met sousmengsel en mikrogolf 5min op hoog. – roer af en toe. Die ertjies kan saam met die sousmengsel bygevoeg word. Dien saam met rys op

HOENDERPASTEI IN JOU MIKROGOLFOOND:

Deur:  Leer Kook Met Jou Mikrogolf
1 Pak hoenderporsies van ongeveer 1kg (4-6 stukke).[of koop gaar hoender]
5ml Sout, peper na smaak.
1 Blik Unox gekondenseerde sampioensop
½ Koppie (125ml) suurroom (opsioneel)
½ Eetlepel droë mosterd
Kook hoender tot sag, +- 18-20 minute op hoog met deksel op, verwyder bene en sny in
stukke, voeg res van bestanddele by en meng.
Kook saam vir 5-minute op hoog met deksel op.
Kors:
1 Eier geklits
1 Koppie Bruismeel
½ Koppie olie
¼ Koppie melk
½ Teelepel sout
Klits eiers, melk, olie saam, voeg by meel en sout, meng goed en skep deeg op hoender,gebruik twee lepels.
Mikrogolf 10-minute op hoog met deksel op
Jy kan ook dié kors vervang met kapokaartappels, nog vinniger en baie lekker. Strooi paprika op

LAMSBOUD IN WYN

(8-10 porsies)

Onthou om altyd alle oortollige vet aftesny van groot vleis snitte af wat jy in die mikrogolf gaarmaak, dit verhoed dat die vleis in die binnekant gaar word, want die vet absobeer die mikrogolwe.
2kg lamsboud
2 knoffelhuisies in repe gesny
5ml appelkooskonfyt
Sout na smaak
Swart en wit peper na smaak
Goeie knypie vars of droe roosmaryn
5ml botter
250ml wit wyn
25ml kappertjiesaad
125ml room
Droog vleis goed af met kombuispapier. Maak snitte in vleis met skerp mes en druk die knoffel repe in elke snit. Mikrogolf appelkooskonfyt vir 10sekondes op hoog tot sag en verf oor die vleis. Strooi sout, pepers e roosmaryn oor die vleis. Verhit die ruineerbak 8min op hoog, voeg botter by en mikrogolf vir 3min op hoog. Plaas vleis in bak en mikrogolf 2min op hoog. Draai die vleis om en mikrogolf 2 in op hoog. Stel oond op laag en mikrogolf vleis 50min – draai na 25min om. Giet wyn oor vleis en mikrogolf nog 50min op laag – draai na 25 min om. Voeg kappertjiesaad en room 15min voor einde van gaarmaaktd by. Laat vleis 30min in bruineerbak staan en sit dit dan voor

APPELKOOSHOENDER

(4-6 PORSIES)
Heel hoender ongeveer 1.5kg
5ml appekooskonfyt
Sout
Bietjie paprika
Bietjie hoenderspeserye
Sousmengsel
Swartpeper
Witpeper
5ml botter
Droog hoender af met kombuispapier. Mikrogolf appelkooskonfyt 10sekonders op hoog tot sag en smeer oor honder. Strooi sout, paprika, hoenderspeserye, sousmengsel en peper oor hoender. Verhit bruineerbak vir 8min op hoog, voeg botter by en mikrogolf vir 3min op hoog. Plaas hoender in bak en mikrogolf 2min op hoog, draai hoender op bors en mikrogolf 22min op hoog. Plaas deksel skuins op bak gedurende die gaarmaaktyd. Laat hoender 20min staan voor dit gesny en bedien word. *Stap vir stap in die mikrogolf*
Wenk: Witvleis word altyd op hoog gemikrogolf en die sousmengsel absorbeer van die vloeistof.

GROENBOONTJIES EN SAMPIOEN GEREG

250g vars of bevrore groenboontjies
30ml botter
100g uie gekap (1 Middelslag)
250g sampioene
Gerasperde parmesaan- of cheddarkaas om oor te strooi
SOUS
150ml Bulgaarse jogurt
125ml room
5ml gerasperde ui
1 hoenderaftrekselblokkie verkrummel
5ml mielieblom
2ml paprika
Swart en wit peper na smaak
Sout na smaak
Meng die sousbestandele saam en laat staan vir 1 uur.
Plaas boontjies in’n plastieksak.
Mikrogolf botter 1 min op hoog in ‘n plastiek beker.
Voeg uie by en mikrogolf vir 5min op hoog.
Voeg sampioene by en mikrogolf 1min op hoog.
Plaas uiemengsel by boontjies in sak.
Bind sak lossies toe met ‘n rek of tou en plaas op ‘n stuk karton. Mikrogolf 10min op medium.
Hou eenkant.
Mikrogolf sousbestandele op hoog tot dik – roer af en toe.
Plaas boontjie mengsel in ‘n oondbak en giet sous oor.
Strooi kaas oor en mikrogolf vir 8-10min op medium.

BROKKOLI MET KAASSOUS

25ml Botter
30ml Meelblom
2,5ml Sout
250ml Melk,warm
250ml Gerasperde kaas
2x250g Gevriesde Brokkoli
1Tamatie in skyfies gesny
METODE:
Maak witsous van botter, meel, sout, en melk
Roer kaas by
Plaas brokkoli met stingels na buitekant van bak
Bedek met kleefplastiek en kook op HIGH vir 8-10min. of tot brokkoli gaar is maar nog bros
Gooi Kaasous oor en versier met tamatie skyfies
Kook op ROAST{ bietjie meer as med.]vir so 3-4min tot deurwarm

TELEFOONPOEDING

(4-6 porsies)
125g botter
500ml koekmeel gesif
20ml bakpoeier
2ml sout
25ml suiker
100ml geroosterde fyn klapper
1 jumbo eier
125ml melk
Appekooskonfyt
SOUS
125ml sagte bruinsiker
250ml kookwater
Knyppie van elk, sout, fyn gemmer en kaneel
Vryf botter in meel wat saam met bakpoeier, sout en suiker gesif is, totdat dit soos fyn broodkrummels lyk.
Voeg klapper by.
Klits eier en melk saam, voeg by droe bestandele en meng tot sagte bal vorm.
Rol op meelbestrooide oppervlak uit en smeer appelkooskonfyt oor die deeg.
Rol deeg op soos ‘n rolkoek, sny in snye van 2cm dik en pak in ‘n gesmeerde bak.
Mikrogolf sousbestandele 1-2min op hoog, gooi sous oor deegsnye. Mikrogolf 6-8min op hoog en plaas onder ‘n voorverhitte oondrooster om liggies te verbruin

SOUSKLUITJIES

Stroop:
500ml Kookwater
5ml Kaneel
15ml Botter (1 Eetlepel)
15ml Suurlemoensap (1 Eetlepel)
5ml Karamelgeursel (Vanielja)
375ml Bruin suiker
5ml Gemmer
Plaas in mikrogolfoond +-8-minute op hoog en kook tot suiker opgelos het. (Moenie deksel op sit nie, stoom sal stroop Verdun).
Beslag:
140ml Appelkooskonfyt (½ Koppie + 1 eetlepel)
10ml Koeksoda (2 Eetlepels)
125ml Botter (½ Koppie)
375ml Koekmeel (1 ½ Koppies)
Knippie sout
Verhit konfyt en botter in glashouer vir 1-minuut op hoog, voeg koeksoda by en roer totdat mengsel skuim, dan meel en sout by.
Skep teelepelsvol beslag in kokende sous, maak deksel dig toe en plaas in mikrogolfoond
vir 5-minute op hoog. Laat 1-minuut bedek staan.

DADELPOEDING

100g dadels
5ml koeksoda
250ml kookwater
200ml suiker
250ml self-raising koekmeeL
5ml gemmer
1 eier
50ml sagte margarien
STROOP:
250ml melk, 50ml suiker, 1 eetlepel botter
Sprinkel koeksoda oor dadels. Giet kookwater oor dadels en laat afkoel. Voeg
res van bestandele en meng goed. Gooi mengsel in mikrogolf bak en mikrogolf vir 10 minute.
Laat staan vir 5 minute. Mikrogolf stroop bestandele vir 3 minute en gooi oor warm poeding.
Bedien met vla.

SJOKOLADE POEDING

sous:
300ml water
125ml suiker
25ml kakao
2 ml kaneel
Deeg:
125ml suiker
50ml olie
1 eier
25ml kakoa
2 ml vanilje
knip sout
250ml meelblom
15ml bakpoeier
125ml melk
1 plak 100gr peppermint sjokolade
Plaas sousbest. in bak 21cm in deursnee en 10cm diep
Mikrogolf 3 min op hoog
Haal uit en roer goed om te meng. Klits suiker, olie en eier goed saam.
Voeg kakao, vanilje en sout by en roer tot gemeng
Sif meel en bakpoeier saam en roer beurtelings met melk by eiermengsel
roer helfte van die sjokolade by, deeg is slap.
Skep deeg in sous
Mikrogolf 4 1/2 min op medium en 4 1/2 min op hoog
Strooi oorblywende sjokolade bo-oor en laat n rukkie staan

WARM MIKROGOLF POEDING

SOUS:
625ml Kookwater
15ml Botter
5ml karamel of rum geursel
5ml kaneel
5ml gemmer
15ml suurlemoensap
375ml suiker
Meng alles in n groot bak en kook op HIGH totdat suiker gesmelt is en dit borrel.
DEEG:
140ml Appelkooskonfyt
125ml Botter
10ml Koeksoda
375ml Meelblom
knippie sout
METODE:
Verwarm konfyt en botter in glasbak op HIGH vir 1min
Meng koeksoda in sodat mengsel skuim en voeg dan meel en sout by
Skep lepelsvol van die deeg in KOKENDE SOUS  [dit is belangrik]  maak bak dig toe
Bak op HIGH vir 5min. Haal uit oond

MALVAPOEDING

Sous:
50ml water
125ml melk
60ml botter
60ml suiker
2ml vanilla
Deeg:
1 eier
25ml appelkooskonfyt
5ml bakpoeier
5ml koeksoda
125ml koekmeel
125ml suiker
250ml melk
2ml sout
Sous:
Mikrogolf water tot kookpunt, voeg res van bestandele by, mikrogolf nog minuut, hou eenkant.
Deeg:
Meng eiers en suiker goed, voeg konfyt by en roer. Sif meel, bakpoeier en sout bo-oor, meng goed. Los koeksoda in melk op, voeg by meelmengsel en meng tot ‘n slap deeg.
Mikrogolf vir 7min op hoog of tot gaar. Gooi sous bo-oor en laat staan so bietjie. dubbel beslag vat so 12 tot 14min

JOGURT YSKASTERT

Pakkie tennisbeskuitjies
500 ml grenadella jogurt (of enige geur waarvoor jy lus voel)
1 blikkie kondensmelk
Bak tennisbeskuitjies onder in glasbak.
Meng yogurt en kondensmelk en gooi bo-oor tennisbeskuitjies in bak.
Plaas in mikrogolfoond vir 4 tot 6 minute.
Laat dit bietjie afkoel en hou in die yskas!

KORSLOSE MELKTERT

½ kop suiker
½ kop meel
2 eiers
2 kop koue melk
1 tl bakpoeier
1 hoogvol eetl botter
Sout
Room botter, suiker en eiergele. Voeg droe bestandele om die beurt met die melk by.
Klits eierwitte styf en voeg by. Gooi in gesmeerde tertbak. Plaas in mikrogolf op omgekeerde piering. Bak vir 8-10 min op hoog. Strooi kaneel oor wanneer gaar.
Hierdie Mikrogolf melktert is baie lekker, maar verdubbel die beslag vir ‘n groot tertbak, of gebruik ‘n klein tertbakkie

MELKTERT

Tennis beskuitjies gepak in groot tertbak vir krs
1 blik kondensmelk
1 blik melk
2 blikke water
12,5ml (1E) Margarien
4 eiers geskei
150ml mielieblom aangemaak met bietjie melk
7ml vanilla
Verhit die kondesmelk, melk, water en margarien in ongeveer 8 min op 100% krag
Meng die eier gele, aangemaakte mielieblom en vanilla saam en voeg by melkmengsel. Mikrogolf vir 4min by 100% krag, roer na elke minuut tot lekker dik.
Klop eierwitte styf en vou in mengsel in. Gooi in tertbak, strooi kaneel bo-oor en sit in die yskas tot afgekoel.
Resep: Watertand wenners

ROOIBOSTEE KOEK

1 rooibosteesakkie sterk aangemaak in 1k kookwater.
Voeg by 1tl vanilla, 60ml olie +2 eiers.
Voeg by 1k meel, 1k strooisuiker, 2tl bakpoeier en knippie sout en meng goed.
Sit vir 7min op high en laat 2min in die mikro afkoel. Dis heerlik saam met suurlemoen versiersuiker (gewone versiersuiker met 1tl suurlemoen geursel by).

MIKROGOLF KOEK

KOEK
2 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) suiker
15 ml (1 e) mayonnaise
500 ml (2 k) koekmeel
10 ml (2 t) bakpoeier
knippie sout
5 ml (1 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) kookwater
1 blikkie (115 g) grenadellamoes

VERSIERSEL
100 g (1 plak) wit sjokolade, in blokkies gebreek
25 ml (5 t) grenadellamoes
Voer die boom van ’n mikrogolfringpan uit met kombuispapier.

KOEK
Klits die eiers, suiker en mayonnaise goed saam. Sif die droë bestanddele saam en roer dit en die vanieljegeursel by die eiermengsel in. Voeg die kookwater en grenadellamoes by en meng goed. Giet die mengsel in die voorbereide pan en mikrogolf 6-7 minute by hoog of tot die koek net-net begin wegtrek van die kante en terugwip as jy liggies met jou vinger daarop druk. Laat die koek in die pan afkoel en keer uit op ’n koekbord.

VERSIERSEL
Smelt die sjokolade in die mikrogolfoond en roer die grenadellamoes by. Skep oor die koek.
Deur: Huisgenoot

WORTEL EN PIESANG KOEK

Sif saam:
350 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
5 ml kaneel
3 ml sout
Voeg by:
250 ml bruin suiker
250 ml gekapte okkerneute of pekanneute
125 ml piesang –fyn gedruk
250 ml gerasperde wortel
150 ml olie
25 ml water
2 groot eiers
5 ml vanieljegeursel
Meng als saam
Gooi in uitgevoerde plastiekbak/mikrogolfbak
Sit in mikrogolfoond vir 11 –14 minute op medium
Laat afkoel
Versier met roomkaas &versiersuiker:
37,5 ml margarien
250 ml versiersuiker
50 ml roomkaas
5 ml vanieljegeursel
Meng saam en versier koek

WORTELKOEK

Klits:
2 eiers
125ml gerasperde appel of pynappel
170ml kookolie
250ml gerasperde wortel
200ml bruinsuiker
Voeg by:
300ml koekmeel
250ml neuter, gekap
5ml bakpoeier
5ml vanilla
5ml kaneel
5ml koeksoda(met bietjie melk gemeng)
2ml sout
Gooi in ringkoekpan wat met Spray & Cook gespuit is. Bak 12 minute, Med High 70%)
Versiersuiker
160ml maaskaas
60ml margarien
500ml versiersuiker
5ml vanilla
Klits goed en gooi oor koek as dit afgekoel is.

VLASKYWE

1 pak cream crackers
1 liter melk (4 kp)
200g suiker (1 kp)
50g botter of margarine (4 eetl)
70g koekmeel (1 ½ kp)
50g mielieblom (7 eetl)
12,5 ml vlapoeier
2ml sout
125ml water
3 eiers
5ml vanilla
½ pak (250g) versiersuiker
25ml kookwater
10ml suurlemoensap
Pak die beskuitjies in rye van drie op die boom van ‘n tertbak. Mikrogolf die melk, suiker en botter/margarine ongeveer 13min op 75% krag en roer die mengsel af en toe. Meng die koekmeel, mielieblom, vlapoeier en sout in ‘n mengbak. Klits die water en eiers saam en maak die meelmengsel daarmee aan. Klits ‘n bietjie van die kookmelkmengsel by die meelmengsel en klits die meelmengsel dan by die res van die kookmelkmengsel. Mikrogolf die vulsel vir 7min by 70% krag en klop dit elke 1 ½ min goed met ‘n draadklopper. Roer die vanilla by. Skep die vulsel op die beskuitjies in die bak en maak gelyk. Bedek dit met ‘n laag beskuitjies wat presies soos die onderste laag gepak word. Laat dit ‘n rukie by kamertemperatuur afkoel en verkil dit verder in die koelkas. Sif die versiersuiker en maak dit met die kookwater en suurlemoensap aan. Bedek die boonste beskuitjies daarmee. Plaas dit in die koelkas om styf te word. Sny net voor opdiening die vlaskywe in blokkies so groot soos die halwe beskuitjie. *Agrilla Mikrogolf Kookboek

mikrogolf koek
SJOKOLADE RINGKOEK
Rencia Odendaal Pretorius (Mamma)
Meng saam:
1 en half kop warm water
4 eetl kakao
1 en half tl vanilje

Meng saam:
1 en half kop strooisuiker
1/3 tl sout
6 teel bakpoeier
1 en half kop meel
Klits saam:
3 groot eiers
1/3 kop olie
Voeg kakao mengsel by eiermengsel.
Voeg droe bestandele by en meng goed.
Gooi in ringvorm
Mikrogolf vir 1 min op medium (of 2 min op 60%)
Mikrogolf dan 7 min op hoog (of 8 min op 100%)
Gooi dadelik uit en laat afkoel.
Versier na smaak.
My ma smeer altyd karamelkondensmelk oor met klapper,of gesmelte dairymilk neute sjokolade.

Editha De Bruyn

VINNIGE MIKROGOLF SJOKOLADE KOEK
‎1k suiker,1k bruismeel,4 eetl olie,3 eetl kakao, 2eiers, 1k kookwater, sout

Klits als saam en bak in mikrogolf op hoog vir 7min, laat staan in mikrogolf vir 10 min! Laat bietji afkoel en gooi uit !

SJOKOLADE KOEK MET MAYONAISE

240g (500ml) Koekmeelblom
75g (180ml) Kakao
10ml Bakpoeier
15ml Koeksoda
3 Ekstra groot eiers
320g (400ml) Suiker
5ml Vanilla geursel
250ml Mayonnaise
330 Water
Voorverhit oond tot 180°C
Spuit 2x 24cm ronde koekpanne met Spray & Cook en voer uit met waspapier.
Sif koekmeelblom, kakao, bakpoeier en koeksoda saam in n bak. Sif weer en hou eenkant.
Klop eiers, suiker en vanilla geursel tot lig en donsig. Verminder spoed en voeg mayonnaise by.
Voeg meel mengsel in 4 dele alternatief met water by, begin en eindig met meel.
Gooi mengel in koekpanne en bak vir 30-35 minute (toets deur toetspen in koek te druk moet skoon uitkom). Laat vir 10-15 minute in panne afkoel voordar dit op n draadrak uitgekeer word

Annette Human

MILJOENER SE SJOKOLADEKOEK 
375 ml bruinsuiker
250 ml water
50 ml brandewyn
250 ml koekmeel
30 ml bakpoeier
knippie sout
1 x 200g donker sjokolade
250g botter of margarien
5 eiers
1 x 200g Heelneutsjokolade
50 ml melk

Bespuit n 2,5l (mikrogolf ringpan) van 23 cm deursnee met Spray & Cook.
Bedek die boom met n sirkel handdoekpapier met n gat in die middel sodat dit plat onder in die pan kan lê.
Mikrogolf 250ml vna die bruinsuiker & water vir 4 minute in n diep 1l bak vir 4 minute op hoog/100% en roer 1 of 2 keer. Laat die stroop afkoel en voeg 25ml van die brandewyn by. Hou eenkant
Sif die meel, bakpoeier & sout saam. Hou eenkant.
Breek die sjokolade in donker blokkies. Voeg orige bruinsuiker, en die botter by. Mikrogolf by 50%/med vir 4 minute in n diep bak tot gesmelt en roer dit gereeld.
Klop die eiers een-een by die sjokolade mengsel en klop goed na elke byvoeging.
Roer die orige 25 ml brandewyn by en dan die meelmengsel.
Giet die beslag in die mikrogolfpan (ringpan) (die ronde een met gat in die middel)
Plaas die pan op n omgekeerde piering in die mikrogolfoond en mikrogolf vir 15 minute by 50%/Medium.
Skep die stroop oor die warm koek.
Laat dit n rukkie afkoel in die pan en keer versigtig uit op n opdienbord.
Verwyder die papier en laat heeltemal koud word.
Breek die pak neutsjokolade in blokkies en mikrogolf dit saam met die melk vir 2 minute op 50%/ medium. Roer goed en skep dit oor die koek. Verkoel die koek in die yskas voor

MOKKAKOEK

125ml Margarine
200ml strooisuiker
3 eiers
500ml meelblom
165ml mielieblom
15ml bakpoeier
200ml melk
20ml kitskoffie
2ml fyn kaneel
2ml vanieljegeursel
knippie sout
Smeer 2 x 29cm plastiek bakpanne en voer uit met waspapier
Klop die margarine en strooisuiker tot romerig
Klits eiers een op ‘n slag by.
Sif saam: meel, mielieblom, bakpoeier, koffiepoeier, kaneel en sout en meng in by geroomde mengsel afwisselend met die melk.
Roer die vanieljegeursel in en klop/klits vir 3 min.
Vul panne en mikrogolf 4min op 70% krag en dan 2 tot 3min op hoog.
Laat staan vir 10min. en versier dan met koffieversiersel

KOFFIE KOEK 

‎250 ml koekmeel
12,5 ml bakpoeier
250 ml suiker
knippie sout
2 eiers
45 ml kakao
50 ml kookolie
5 ml vanielje
250 ml kookwater
4 eetlepels koffie

Meng meel, bakpoeier, suiker en sout
Los koffie op in kookwater en klits dan eiers, kakao, olie, vanielje en die aangemaakte koffie saam
Meng nat en droee bestanddele
Gooi in 2l roomysbak (sit net ‘n lagie waspapier onderin sodat die koek nie vassit nie)
Bak vir 7 min op hoog en laat staan vir so 5 min net so in die mikrogolf nadat dit gaar is

KARRINGMELKBESKUIT

500g margarien,
2k bruinsuiker,
500ml karringmelk,
2 eiers,
1kg bruismeel,
1ml bakpoeier,
knippie sout en
5 weetbix blokkies, fyn gebreek. …
Smelt margarien en roer die suiker by tot amper opgelos. Klits karringmelk en eiers saam. Meng al die droë bestanddele. Meng nou die margarien-, karringmelkmengsel en droë bestanddele saam. Spuit 3 x 2lt roomys bakke. Verdeel die mengsel tussen die drie bakke. Sit elke bak vir 10 min op hoog in die mikrogolfoond. NIE LANGER NIE!! Droog uit in gewone oond!

GESONDHEIDSBESKUIT (MIKROGOLF)

500gr harde margarine
5ml sout
1 ½ kop bruinsuiker
3 MIN OP HOOG
Klits saam:
500 ml karringmelk (amasi)
2 eiers
Meng saam:
1 kg bruismeel
5 kop semels of 3 kop all bran en 2 kop semels
Voeg nou die botter mengsel en eier mengsel bymekaar en voeg by 200 ml olie en 15ml bakpoeier
Voeg nou die meel en semelmengsel by
Sit in 2x 2l roomysbakke
Bak elke bak 10 min op HOOG en laat staan vir 4 tot 5 min (staantydperk)
Keer uit en sny in vingers en droog soos normaalweg in oond
Opsioneel, jy kan so bietjie rosyne en neute (handvol) van jou keuse ook by die semel mengsel ingooi.

 

MIKRO MAKLIKE MOSBESKUIT: [HUISGENOOT] 
BAK TUIS EN NEEM SAAM. [FOTO IS OUMA BEER SIN] Kos vir kampeerders met idees
Ek bak myne in my gewone oond by 180°C omdat ek nie baie daarvan hou om my mikrogolf vir gebak te gebruik nie. Ook heerlik as ‘n nat-beskuit.
BENODIG:
5 pakkies (500g elk) plus 750ml koekmeel
15ml sout
2 pakkies(10g elk) kitsgis
25ml anys
750ml suiker
5 eiers geklits
1 blik (397g) kondensmelk
5 kondensmelkblikke vol lou water
450g botter, gerasper
SO MAAK JY:
Spuit `n langwerpige tupperwarebak met kleefwerende middel of broodpanne sou jy dit in die gewone oond gaan bak.Sif die koekmeel en sout saam. Voeg die kitsgis, anys en suiker by en meng goed. Klits die eiers, kondensmelk en lou water saam. Voeg by die meel mengsel en meng goed. Knie totdat diedeeg nie meer aan jou hande vassit nie.( Voeg nog koekmeel by as die mengsel te slap is) Maak dit liggies toe met kleefplastiek en laat op `n warm plek rys vir ongeveer 2 uur lank tot die deeg se volume verdubbel het. Voeg die gerasperde botter by en knie dit in. Knie tot jou hande amper skoon kom van die deeg. Maak weer toe en laat rys weer sowat 1 uur lank totdat die deeg hoog uitgerys is. Moenie afknie nie. Knyp stukke deeg af en vorm bolletjies so groot soos tennisballe (grootte na jou keuse). Pak styf teenmekaar in die tupperwarebak of die broodpanne. Mikrogolf 1 min lank by 100% krag net om die rysproses aan die gang te sit. Laat staan dan totdat die beskuit goed uitgerys is en die bak amper vol is. In die gewone stoof metode gaan jy dit net toemaak totdat dit die verlangde hoogte gerys het. Mikrogolf dan 15 min lank onbedek by 100% krag. Laat staan 5 min lank en keer dan uit. Breek in bolletjies en verdeel elke bolletjie weer in twee terwyl dit nog warm is. Droog die beskuit in die gewone oond uit by 100 grade. Lewer omtrent 150 stukke beskuit.
MIKRO MAKLIKE MOSBESKUIT:  [HUISGENOOT] 
BAK TUIS EN NEEM SAAM.  [FOTO IS OUMA BEER SIN]
Ek bak myne in my gewone oond by 180°C omdat ek nie baie daarvan hou om my mikrogolf vir gebak te gebruik nie. Ook heerlik as 'n nat-beskuit.
BENODIG:
5 pakkies (500g elk) plus 750ml koekmeel
15ml sout
2 pakkies(10g elk) kitsgis
25ml anys
750ml suiker
5 eiers geklits
1 blik (397g) kondensmelk
5 kondensmelkblikke vol lou water
450g botter, gerasper
SO MAAK JY:
Spuit `n langwerpige tupperwarebak met kleefwerende middel of broodpanne sou jy dit in die gewone oond gaan bak.Sif die koekmeel en sout saam.  Voeg die kitsgis, anys en suiker by en meng goed.  Klits die eiers, kondensmelk en lou water saam.  Voeg by die meel mengsel en meng goed.  Knie totdat diedeeg nie meer aan jou hande vassit nie.( Voeg nog koekmeel by as die mengsel te slap is)  Maak dit liggies toe met kleefplastiek en laat op `n warm plek rys vir ongeveer 2 uur lank tot die deeg se volume verdubbel het.  Voeg die gerasperde botter by en knie dit in.  Knie tot jou hande amper skoon kom van die deeg.  Maak weer toe en laat rys weer sowat 1 uur lank totdat die deeg hoog uitgerys is.  Moenie afknie nie.  Knyp stukke deeg af en vorm bolletjies so groot soos tennisballe (grootte na jou keuse).  Pak styf teenmekaar in die tupperwarebak of die broodpanne.  Mikrogolf 1 min lank by 100% krag net om die rysproses aan die gang te sit.  Laat staan dan totdat die beskuit goed uitgerys is en die bak amper vol is.  In die gewone stoof metode gaan jy dit net toemaak totdat dit die verlangde hoogte gerys het.  Mikrogolf dan 15 min lank onbedek by 100% krag.  Laat staan 5 min lank en keer dan uit.  Breek in bolletjies en verdeel elke bolletjie weer in twee terwyl dit nog warm is.  Droog die beskuit in die gewone oond uit by 100 grade.  Lewer omtrent 150 stukke beskuit.

MIKROGOLF SJOKOLADE FUDGE-KOEKIES
500g versiersuiker (MOET gesif wees)
250ml margarien
100ml kakao
1 eier
1 pakkie tennis beskuitjies in stukkies gebreek
Sit, versiersuiker, kakao en margarien in groot mikrobak en kook vir 3 min op 100% krag. Meng goed (indien bietjie droog lyk, moenie worry) Voeg eier by en meng goed. Voeg… koekies by en roer goed deur. Sit in gesmeerde pan (25 x 25) en sny in blokkies wanneer afgekoel het.

FUDGE

500g Versiersuiker
1 Blikkie Kondensmelk
125 ml Botter
5 ml Vaniella Essens

Kook in Mikrogolf vir 14 min, alles saam, behalwe die essens. Roer elke 2-3 min. Gebruik diep boden bak. As 14 min verby is, voeg Essens by en roer vinnig. Gooi in gesmeerde glasbak en sny is blokkies voordat dit heeltemal koud word.

MIKROGOLF FUDGE

1 blik kondensmelk
2 kop strooisuiker
125gr botter
Meng bogenoemde in glasbak -sit in mikrogolf vir 2 min op hoog
Haal uit, roer goed en mikrogolf weer vir 8 min op hoog
Gooi 1 tl vanilje by en roer deur
Gooi in gesmeerde bak. Laat afkoel en sny in blokkies

FUDGE
1 blik kondensmelk
1 blik kookwater
3 eetlepels goue stroop
6 koppies suiker
1 koppie koekmeel
1 eetlepel asyn
250g wit margarien (wooden spoon)
½ (‘n halwe) teelepelvol kremetart
1 teelepel vanieljegeursel Metode
Meng alles behalwe kremetart en vanielje.
Kook alles op hoog in mikrogolf oond – kook vir 8 min. Roer goed.
Kook vir 6 minute.
Roer ½ teelepelvol kremetart in bietjie water opgelos by.
Kook vir nog 20 minute.
Roer goed en voeg vanielje by en klop flink tot dik.
Gooi in gesmeerde 30 x 45cm pan uit.
Koel af en sny in blokkies

FUDGE MIKROGOLF

125gr botter
10 ml asyn
500 ml strooisuiker
5 ml vanillageursel
1 blik kondensmelk
sout
Plaas botter vir 1 min in mikrogolfoond.Gooi suiker & kondensmelk by. MOENIE ROER.
Mikro 1 min & roer dan goed. Mikrogolf by 100% vir 10 min ,roer elke 3 min.
Pasop vir oorkook! Gooi asyn en vanilla by Roer vir 5 – 8 min goed.
Gooi uit in gesmeerde bak en sny in blokkies .Word baie gou styf.
Gebruik van Stork Bake Margarine ipv Botter.
Gebruik groot diep bak anders kook dit oor

YSKAS FUDGE KOEKIES

250 gr botter
1 pak versiersuiker
100ml kakao
2 eiers
2 pakke (200gr elk) marie beskuitjies of tennis beskuitjies (fyn)
Mikrogolf botter vir 1 ½ minuut op 100%
Sif en voeg versiersuiker en kakao by en meng goed.
Klits eier en voeg by mengsel.
Mikrogolf alles nou vir 2 minute by 100%
Voeg nou die fyn koekies by en meng goed.
Skep in bak van ongeveer 20cm x 20cm en laat afkoel.
Sny in blokkies en bewaar in yskas.

CUP CAKES

60 g butter

¼ cup caster sugar
1 tablespoon Cocoa
1 egg, beaten
½ cup self-raising flour
8 marshmallows
Method
Melt the butter in a large microwave proof bowl on High (100% power) for 30 seconds.
Add the sugar and cocoa. Mix well to dissolve any lumps.
Add the egg and flour, and stir through with a fork.
Spoon the mixture into eight triple thickness paper patty pans. Place around the edge of the microwave turntable and cook on High for 1 minute.
Place a whole marshmallow on the top of each cup cake. Cook on High for 30 seconds or until the marshmallow begins to melt. Remove from the oven immediately.
Leave to cool.

KONFYT

MIKROGOLF APPELKOOSKONFYT:
KAN OOK FYN VYE KONFYT KOOK MET DIE RESEP
KAN OOK TAMATIEKONFYT KOOK MET DIE RESEP (voeg net jou gekneusde gemmerwortel by die konfyt)
Sny appelkose oop, verwyder pitte
1 kg appelkose
1 kg suiker
30ml suurlemoensap
2tl botter
Mikrogolf appelkose (bedek) vir 5 min op hoog (100%) – sit eenkant –
Mikrogolf suiker IN GLASBAK vir 6 min op hoog (100%) roer elke 2 min
Meng nou appelkose in by suiker, gooi botter en suurlemoensap by
Mikrogolf nou vir 20/25 min op hoog (100%)
Roer af en toe liggies.
Bottel warm
NB jy sal sien jou sous is nog waterig maar moenie verder kook nie. Dit is reg en dit word dik in die bottel as jy dit gebottel het. Hierdie resep is ALTYD suksesvol. Ek kook glad nie meer konfyt op die stoof nie. Ek vries my appelkose 1 kilo gewys, en soos my konfyt klaar raak, haal ek net ‘n kilo uit en maak gou ‘n paar botteltjies. (Rens)

MIKROGOLF APPELKOOS of GEELPERSKE KONFYT
(Maak 2 x 500 ml flesse vol)
1kg appelkose
20 ml suurlemoensap
1 kg suiker
Was, halveer en ontpit. Plaas in groot glasbak, sprinkel sap oor en mikrogolf vir 8 minute op 100% krag.
Voeg suiker by en roer tot opgelos. Mikrogolf weer op 100% krag vir 20 – 30 min of tot geset (Myne – 30 min). Roer gereeld met houtlepel.
Bottel.

KYK VIR NOG RESEPTE VIR ” ONE MUG” GEREGTE IN DIE MIKROGOLF: https://kreatiewekosidees.com/?s=koppie

Ingeleg/ingelegde/canned


ingeleg

Noedelslaai
500g Noedels
1/2kg uie gekap
1 kg tamaties
2 soetrissies ( rooi, geel en groen)
100ml mayonnaise
375ml olie
250ml wit asyn
500ml suiker
20ml sout
METODE:
Kook tamaties, uie, soetrissie, asyn, suiker en olie saam tot sag.
Kook noedels sag, maar nog ferm  met sout en – spoel onmiddelik af met koue water om die kookproses te stop
Voeg eerste mengsel by noedels, kook goed deur, voeg mayonnaise by.
Bottel warm in voorbereide bottels.

 

Ingelegde spagetti

3½ kg tamaties
500 g uie
4 e appelkooskonfyt
1½ k suiker
1 k asyn
1 t fyn naeltjies
1 t peper
1 t neut
1 e sout
250 g egte botter
1 boks spaghetti
METODE:
Kook tamaties tot gaar. Haal skille af. Versap. Kook ui in water tot sag. Versap saam met tamatie Kook spagetti sag – nie pap nie. Water af. Voeg alles bymekaar. Laat kook 10 min. Bottel warm

 

Ingelegde spagetti met tamaties

25 groot Tamaties
5 groot Uie ringe gesny
½ t Rooi pepper
1 k Appelkooskonfyt
½ t fyn Naeltjies
1 t Neut
2 e Sout
1 k Suiker
180 ml Asyn
1 Pak Spaghetti
METODE:
Gooi tamaties in kookwater en trek die skille af, sny bietjie kleiner
Kook nou alles saam behalwe die asyn en spaghetti.
Kook tot uie sag is, maak alles fyn in n voedselverwerker. Kook jou Spaghetti en dreineer goed. Voeg die asyn en spaghetti by die Tamatiemengsel en kook nog so 10min. Bottel en verseel warm

(Lekker resepte vir die jongergeslag)

 

 Kerrieboontjies

2 kg gesnipperde groen boontjies

1 kg uie – gekap

1,25 liter asyn

10 ml borrie

15 ml sout

500 ml suiker

45 ml kerriepoeier

15-20 ml mielieblom

Opsioneel, ek gooi altyd ‘n blik perskes wat