Tag Archive | tamatie en uie smoor

Tamatiebredie


Tamatie Bredie-Bron onbekend

Tamatie Bredie-Bron onbekend

Tamatiebredie

Madri Cordier

Hier is Pasella s’n:
Hierdie bredie van die Albertinia Hotel is die rede hoekom mense van oraloor reis om te kom proe. Pasella het hulle oorreed om hulle geheime resep met ons kykers te deel.
(Bedien 4 – 6)

1 kg Karoo skaapskenkel/beesvleis
olyfolie

2 middelslag uie, in ringe gesny
1 selderystingel, gekap
2-3 huisies knoffel (afhangende van smaak en voorkeur)
2 lourierblare
4 kardemomsade
2 t worcestersous
200ml bees of groente-ekstrak
½ k witwyn
750 g ryp tamaties, geskil en gekap
3 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
3 groot wortels, geskil en in ringe gesny
gekapte pietersielie, na smaak
sout, gemaalde swartpeper en suiker, na smaak

Gebruik ‘n swartboompot en braai die vleis in olyfolie tot geseël en bruin. Skep uit. Braai nou die uie tot glasig waarna die seldery en knoffel bykom. Braai 2 minute en sit die vleis terug in die pot saam met die kruie, worcestersous, ekstrak en witwyn. Prut sowat een uur.

Voeg die tamaties en die groente by en geur met sout en peper, prut dan verder tot die vleis en groente sag is. Die bredie behoort natuurlik te verdik (as jy voel jy wil die sous meer verdik meng ‘n bietjie koekmeel met ‘n bietjie water en blatjang en voeg dit by). Proe – as die tamaties baie suur is – voeg ? bietjie suiker na smaak by en roer die pietersielie deur net voor opdiening. Bedien op stampmielies of stampkoring.

Tamatiebredie in prutpot

Rencia Odendaal Pretorius
6 porsies
125 ml water
2,5 ml bruinasyn
5 ml droë pietersielie
2,5 ml sout
820 gr tamatie-en uie-smoor (2 x 410gr blikke)
15 ml bisto
60 ml blatjang
15 ml bruinsuiker
6 middelslag aartappels, in kwarte gesny
1,2 kg beesvleis (stewing beef), in blokkies gesny
1 beesvleisaftrekselblokkie
swartpeper na smaak
Was vleis en plaas in prutpot. Voeg aftrekselblokkie, water, asyn, pietersielie, sout , peper en tamatiesmoor by. Plaas deksel op en kook vir 3 ure op hoog. Draai hitte af tot laag. Meng bisto, blatjang en bruinsuiker en roer by vleismengsel. Voeg aartappels by. Sit deksel op en kook vir 2 ure of tot aartappels gaar is.

Wen-tamatiebredie
(4 PORSIES)

60 ml kookwater
halwe skaapaftrekselblokkie
60 ml sultanas
2,5 ml vinkelsaad
1,25 ml matige kerriepoeier
1,25 ml garam masala
1 lourierblaar
2,5 ml seesout
1,25 ml varsgemaalde swartpeper
4 x 10 cm-selderystingels, in stukke gesny (verwyder blare en die wit gedeelte)
150 ml wortels, in ringe gesny
125 g braaispek (rashers), in 1 cmblokkies gesny
15 ml sonneblomolie
500 g kort-gesnyde lamskenkels
250 g ontbeende lamsboud in 2 cmstukke gesny
1,25 ml gedroogde rissievlokkies
2 medium-groot uie, in groterige stukke gesny
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
1 klein knoffelhuisie, geskil en fyngerasper
400 g goed-ryp tamaties, skil verwyder en in blokkies gesny
250 ml passata (tamatiepuree)
60 ml droë witwyn
10 ml suiker
1,5 cm vars gemmer, geskil en fyngerasper
15 ml vars tiemieblare
60 ml sterk blatjang
15 ml vars koljander, gekap
Voorverhit die oond tot 160 ºC. Los skaapaftrekselblokkie in kookwater op. Voeg sultanas by en hou
eenkant. Rooster vinkelsaad in ’n pan en maak fyn in vysel en stamper. Voeg kerriepoeier, garam masala, lourierblaar, sout en peper by en hou eenkant. Plaas seldery en wortels in voedselverwerker en verwerk tot grofgekap. Verhit groot pot oor medium hitte en braai spek. Roer af en toe totdat spek goudbruin is en al die vet uitgebraai is. Verwyder spekstukke en gooi spekvet in ’n maatbeker; behou sowat 30 ml in pot. Verbruin skaapskenkels oor medium hitte in twee eetlepels spekvet, sowat 3 – 4 minute per sy. Moenie pan te vol maak nie, anders stoom die vleissappe uit die vleis uit. Verwyder uit pan en hou eenkant. Braai res van vleis op dieselfde manier en voeg spekvet by as die pot te droog word. Indien spekvet nie genoeg is nie, vul aan met sonneblomolie. Braai rissievlokkies vir 30 sekondes. Voeg gekapte wortels en seldery, uie, soetrissie en knoffel by en soteer tot deursigtig, sowat 6 – 10 minute lank. Roer af en toe sodat mengsel nie vasbrand nie. Voeg tamaties, passata, wyn, suiker, gemmer, tiemie, speserymengsel en sultanas en aftreksel by. Verlaag hitte tot medium en prut vir sowat 8 minute. Plaas die vleis terug in die sous en meng. Verhit dit tot kookpunt, bedek en plaas in voorverhitte oond. Bak vir 1½ uur. Haal pot uit oond en voeg blatjang en koljander by. Roer deur en proe vir geur, voeg meer sout by indien nodig. Plaas bedekte pot terug in oond en bak 30 minute tot vleis sag is. Verwyder deksel en bak onbedek vir 30 minute.

Tamatiebredie

(Sarie.com)
4 – 6 porsies)

1 200 g ryp, vars tamaties
500 g lamsribbetjie, van die been gesny
700 g kort lamskenkels
meel om die vleis te bedek
sowat 50 ml sonneblomolie
6 klein piekel-uitjies, in kwarte gesny
2 ml fyn gemmer
3 kardemomsade
5 ml koljandersaad
6 heel peperkorrels
7 ml vinkelsaad
7 ml droë tiemie
3 knoffelhuisies
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
15 ml blatjang
150 ml witwyn
Verhit jou oond tot 160 °C. Verwyder die skil van die tamaties. Sny die tamaties in kwarte. Sny die ribbetjie in sowat 4 cm-stukke. Bedek die ribbetjie en lamskenkels met meel. Skud die oortollige meel af. Verhit die sonneblomolie in ’n groot kastrol. Braai die ribbetjie en lamskenkels tot lekker bruin. Haal die vleis uit en hou eenkant. Gooi die uikwarte in dieselfde kastrol en braai vir 5 – 10 minute tot lekker bruin. Sit die vleis terug in die kastrol. Stamp die gemmer, kardemom, koljander, peperkorrels, vinkel, tiemie en knoffel met ’n stamper en vysel tot ’n pasta. Voeg by die vleis en meng goed. Voeg die tamaties by en geur met sout en swartpeper. Maak die kastrol met ’n deksel toe en kook in die oond vir 3 tot 3 ½ ure. Kyk so elke nou en dan dat dit nie droog kook nie. (As dit droog lyk, kan jy ’n bietjie water byvoeg.) Voeg die blatjang en wyn by en laat vir nog so ’n halfuur oop in die oond bak.

Advertisement

Visvinger Geregte


Visvingers- bron onbekend

Visvingers- bron onbekend

Visvinger gereg

Visvingers, nog net so gevries
Witsous
Gerasperde kaas
Gaar rys

Strooi ‘n laag rys
Pak ‘n laag visvingers
Smeer ‘n dik laag witsous oor
Sprinkel bietjie kaas oor
Herhaal en eindig met ekstra kaas

Bak teen 180C vir 45 mins

Visvinger en rys gereg

Elna Kluyts

Smeer n bak, plaas jou oorskiet (gaar) rys daarin,
Pak nou jou bevrore visvingers bo-op die rys.
Sprinkel bietjie suurlemoensap oor die vis.
Braai nou uie in n bietjie kerriepoeier tot sag, gooi uie oor vis.
Dan maak jy n lekker witsous, gooi 125 ml kaas by.
Gooi sous oor alles, rond af met kaas.
Bak op 180 C vir 25 minute.
Vir variasie kan jy tamatie skywe ook opsit.

Geurige Visvingers op rys

12 visvingers
125ml melk
60ml mayonnaise
250ml fyn gerasperde, kaas
1ml rooipeper
25ml blatjang
12.5ml gerasperde ui
12.5ml fyn gekapte soetrissie
2.5ml sout
750ml gaar, warm rys

Berei die visvingers voor volgens die aanwysings op die pakkie.
Gooi die melk in die kastrol.
Voeg die mayonnaise, kaas en rooipeper by en verhit.
Roer 2 minute lank en aanhoudend.
Roer die blatjang, ui en soetrissie by die sous.
Verhit tot alles warm is.
Plaas die rys op ‘n opdienbord en rangskik die visvingers bo-op die rys.
Gooi die sous oor die visvingers.
Bedien warm. Lewer 4 porsies.

Visvinger gereg

Visvingergereg
Bestanddele
16 visvingers (1 pakkie)
1 pakkie uie-of sampioensop, aangemaak met 2 koppies water
Metode
Gooi sopmengsel oor visvingers en bak in oond tot gaar op 180 C.
Sit voor met kapokaartappels en slaai

Visvingers met piesandgkerrie

12 visvingers
PIESANGKERRIE:
15ml sonneblomolie
1 ui, in ringe gesny
15ml matige kerriepoeier
30ml vrugteblatjang
150ml appelkoossap
2 piesangs, in repe gesny
Verhit olie in swaarboompan en soteer ui tot sag en deurskynend.
Voeg kerriepoeier by en braai ‘n paar minute.
Voeg blatjang en appelkoossap by en prut vir ongeveer 15 minute oor lae hitte.
Verdik sous met ‘n bietjie koekmeelblom indien nodig.
Voeg piesangs by en geur sous met sout en peper na smaak.
Pak visvingers in ‘n enkellaag in ‘n oondbak wat met ‘n bietjie olie gesmeer is.
Rooster 5 minute per kant 100 mm van voorverhitte oondrooster of tot bros.
Haal uit oond en giet warm piesangkerriesous oor.
Garneer met vars lourier- of suurlemoenblare en sit voor met gebraaide rys.

Visvinger pastei

Visvinger pastei

Visvinger pastei

visvingers
vars room
sampioensoppoeier
410g tamatie en uie mengsel
gerasperde kaas
Pak visvingers in gesmeerde oondvaste bak.
Versprei blik tamatie en uie eweredig oor visvingers.
Meng room en soppoeier saam en giet oor visvingers.
Strooi kaas oor en bak vir ongeveer 15 minute teen 180 grade C

Visvinger gereg

Sandra Deyzel

Strooi fyn gemaakte simba chips onder bak.
pak visvingers op ,
meng 1 k room en pak sampioen sop poeier ,
gooi oor visvingers met bietjie speserye dan kaas oor en bak tot vis vingers gaar is,
maak groot bak vol as jy 2 pakke visvingers vat

Visvinger gereg

Mash
1 blik heelpit mielies,
1 blik sweetcorn,
visvingers en
kaas.
PAK LAE. 1) mash 2) pak i laag visvinger 3)meng heelpit en sweetcorn en bedek visvingers
4)sit in oond vi so 20min(visvingers moet net gaar word)
5)haal uit,gooi kaas bo op ek sit terug vir so 10min

Visvinger "Hotdog"

Visvinger “Hotdog”

 

VISVINGER PASTEI

Visvingers
1 houertjie vars room
1 Pakkie sampioensoppoeier
410g tamatie en uie mengsel
Gerasperde kaas
Pak visvingers in gesmeerde oondvaste bak.
Versprei blik tamatie en uie eweredig oor visvingers.
Meng room en soppoeier saam en giet oor visvingers.
Strooi kaas oor en bak vir ongeveer 15 minute teen 180 grade C