Piesangbrood/koek en Piesang Muffins


Piesangbrood

Piesangbrood

RENCIA SE PIESANGBROOD:

2 kop meel

125 gr botter

1 kop suiker

3 eiers

4 eetl warm melk

¼ tl koeksoda

2 tl bakpoeier

4/5 groot ryp piesangs

Sout

Klop botter en suiker – voeg eiers by

Voeg fyngemaakte piesangs by

Meng  meel, bakpoeier en sout en voeg by b.g.

Los koedsoda op in melk en voeg by b.g.

Bak in broodpanne ongeveer 1 en ¼ uur by 180 grade

Ek gooi partykeer gekapte neuter – so handjie vol ook by die brood – baie lekker

Piesang en wortel brood

Piesang en wortel koek

PIESANG EN WORTELKOEK (ook geskik vir muffin pannetjies en cupcakes)

Rencia Odendaal Pretorius

250 ml suiker

250 ml olie

3 eiers

375 ml meel

10ml bakpoeier

20ml kaneel

8ml koeksoda aangemaak met bietjie melk

250 ml piesang mouse

250ml grof gerasperde wortels

125 gr gekapte neute

Versiersel:

Verroom

110 ml ml botter en 375 ml versiersuiker

Roer by 100ml room maaskaas en 8 ml vanilje

Verroom suiker, olie en eiers

Voeg by meel, bakpoeier, kaneel en koeksoda

Meng piesangs, wortels en neute by

Bak vir 25/30 min by 180 grade

Laat heeltemal afkoel en smeer versiersuiker bo-oor.

HIERDIE KOEK VRIES BAIE LEKKER – EK MAAK MYNE GEWOONLIK IN BROODPANNETJIES

Piesang Muffins

Piesang Muffins

PIESANG MUFFINS

SARIE KOS

Omtrent 24 muffins

240 g (430 ml) meel

15 ml bakpoeier

3 ml sout

25 ml suiker

1 eier, geklits

225 ml melk

50 ml kookolie

2 ryp piesangs, fyngedruk met ’n vurk

papierbakkies, om die muffins in te bak

versiersuiker, om oor te sif

Laat Mamma of Pappa die oond tot 220 °C verhit.

Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak.

Gooi die suiker by.

Klits die eier, melk en olie saam in ’n ander bak.

Gooi die geklitste eiermengsel en fyngedrukte piesangs by die droë bestanddele en meng goed met ’n houtlepel.

Sit die papierbakkies in jou muffinpannetjie en smeer of spuit hulle.

Skep die mengsel in die bakkies en bak vir 15 – 20 minute teen 220 °C.

Haal baie versigtig uit en laat afkoel op ’n afkoelrak. (Onthou altyd: as jy iets uit die oond moet haal, vra liewer vir Mamma of Pappa om te help.)

Sif ’n klein bietjie versiersuiker oor vir die mooi.

Piesang brood-muffins

Mari Shaw

500ml meel
5ml koeksoda
5ml fyn kaneel
10ml bakpoeier
1ml sout
200ml donkerbruin suiker
2 jumbo eiers
125g gesmelte botter
60ml melk
3 groot lekker ryp piesangs
Metode
Sif meel, bak poeier, kaneel koeksoda sout saam.
Klits eiers, suiker, gesmelte botter en melk in ander bak, voeg piesang by en roer met groot lepel tot gemeng voeg by meel en roer tot gemeng beslag moet klonterig wees.
Skep in pan of muffin pan bak 25 min tot gaar in 200c voorverhitte oond! Kan ook fyn neute by beslag gooi of bo oor voor bak!:)

MAKLIKE PIESANGBROODJIE MET 3 BESTANDELE

6 Ryp piesangs fyngedruk

500ml Bruismeel

1 Blikkie kondensmelk

Meng goed saam en laat 20minute rys in pannetjie. Bak @ 180 grade C (as hitte van bo en onder in oond kom) vir 20-25 minute. As jou oond nie van bo en onder hitte gee nie, bak @ 160 grade C vir 40 minute.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s