Bakkersvla – vulsel vir vla koekies


Vla tertjie vulsel - Foto Baking Bites

Vla tertjie vulsel – Foto Baking Bites

Bakkersvla – vulsel vir vla koekies

Rika En Heinrich Fuchs
500 ml (2 k) melk
1 vanieljepeul, oopgesny
6 eiergele
120 ml strooisuiker
60 ml (¼ k) meel

Giet die melk saam met die vanieljepeul se saadjies in ’n kastrol en bring die melk tot kookpunt.

Hou eenkant.

Meng die eiergele, suiker en meel in ’n mengbak tot glad.

Giet die warm melk by die eiergeelmengsel en klits die hele tyd.

Giet die melk-en-eiermengsel deur ’n sif en giet dit terug in die kastrol waarin die melk was.

Bring die mengsel tot kookpunt en roer aanhoudend tot dit verdik.

Giet die verdikte bakkersvla in ’n glasbak sodat dit heeltemal kan afkoel

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s