Vriendskapskoek


Vriendskapskoek - Foto extraordinarymomsnetwork.wordpress.com

Vriendskapskoek – Foto extraordinarymomsnetwork.wordpress.com

Vriendskapskoek

Martie Steyn

 

Bestanddele vir Plantjie

125 ml Koekmeelblom

2 ml Suiker

125 ml Lou melk of water (of mengsel van die twee)

2 ml Aktiewe droë suurdeeg of ¼ koekie saamgeperste suurdeeg

Metode

Plantjie

Meng al die bestanddele goed saam en laat 2-3 ure staan op ‘n warm

plek tot skuimerig. Roer dit af en gooi dit in ‘n glasbottel met ‘n

skroefdeksel.

Dit kan ook ‘n in ‘n mengbak gesit word wat met waspapier of

kleefplastiek bedek is.

Dag 1

Voeg by die plantjie die volgende:

250 ml Melk

250 ml Koekmeelblom

125 ml Suiker

Roer tot gemeng,

bedek en plaas in koelkas.

Dag 2 tot 4

Roer elke dag een keer om,

bedek en plaas terug in die koelkas.

Dag 5

Voeg die volgende by:

250 ml melk

250 ml Koekmeelblom

125 ml Suiker

Roer tot gemeng,

bedek en plaas in koelkas.

Dag 6 tot 9

Roer elke dag een keer om,

bedek en plaas terug in die koelkas.

Dag 10

Gee 250 ml van die mengsel

aan ‘n vriendin. Bêre 250 ml van die mengsel vir jouself. Wanneer jy die

volgende mengsel aanmaak begin dan by dag 1. Gebruik die oorblywende mengsel om

jou vriendskaps koek mee te bak. Bak teen 180° C vir 30 minute. Toets en indien

nodig bak verder tot gaar.

Comment here!

Please log in using one of these methods to post your comment:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s