Tag Archive | soup

Lensie sop


lensie sop

LENSIE SOP
Deur: countryliving
Bestanddele
6 repies spek, gekap
2/3 koppie gekapte ui
1 koppie lensies, afgespoel
500gr bevrore gemengde groente (veggie mix) of paar aartappels en wortels in skywe en blokkies gesny
5 ½ koppies water
1/2 teelepel droë basiliekruid
1 eetlepel sjerrie
1 ½ teelepel sout
Ek voeg ook by so paar stukkies seldery
Braai spek en uie in ‘n groot pot oor medium-hoë hitte, roer af en toe, 5 tot 8 minute tot die uie sag is. Roer lensies, groente, water, en basil by. Bring tot kookpunt, verminder hitte en prut, 40min to 1uur of tot groente en lensies sag is. Roer sjerrie en sout by. Verdik indien nodig.

Jy kan as jy wil, dit laat afkoel en met menger fyn verpulp.

Advertisement

Beesstert sop (oxtail)


oxtail sop

Beesstert sop met bene in

BEESSTERT SOP

Dié sop kan vir party mense nogal ryk wees, maar dis baie lekker. Eerlikwaar ’n maaltyd op sy eie. Begin al die vorige dag daarmee
Jy benodig
•500 g beesstert
•30 ml sonneblomolie
•1 ui, gekap
•2 wortels, in die lengte gehalveer en in skywe gesny
•1 groot selderystingel, in stukkies gesny
•6 tamaties, in blokkies gesny
•750 ml water
•15 ml Worcestersous
•1 lourierblaar
•sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit jou oond tot 140 °C. Plaas beesstert in ’n kastrol. Maak toe met deksel en plaas in die oond vir minstens 4 uur. Haal uit en laat afkoel. Verwyder vleis van die bene en verwyder oortollige stukke vet. Behou die bene. Verhit olie in ’n kastrol. Braai ui, wortels en seldery saam vir sowat 10 minute. Gooi tamaties by en braai verder vir sowat 5 minute. Gooi vleis, bene
en die jellie (wat vorm as die vleis afkoel) by. Voeg water, lourierblaar en Worcestersous by. Geur met sout en swartpeper. Maak kastrol toe met ’n deksel en laat stadig prut vir minstens 4 uur. Roer elke nou en dan. As jou sop te dik kook, kan jy nog ’n klein bietjie water byvoeg, maar onthou, dit moet lekker dik wees.

EK VAT KORTPAD MET DIE BEESSTERT – GOOI IN JOU STOOMPOT EN STOOM VIR 1 EN HALWE UUR -GEBRUIK DIE WATER VAN DIE VLEIS IN JOU SOP. GEBRUIK RESEP SOOS BO.

oxtail sop3

Sop sonder bene soos resep

Grilled cheese rolls


toebroodjie rolletjies

 

Grilled cheese rolls
By: careskitchen

All you’ll have to do is… cut the crusts off your bread.

Flatten your crustless bread squares with a rolling pin and then top with one piece of sliced maxi cheese slices.

Roll your cheese squares up and then cook them in a pan with melted butter over medium heat (SEAM SIDE DOWN FIRST TO SECURE THEM) (rolling occasionally in the buttered pan to crisp all sides) until cheese is melted, about 5 minutes.

Remove from the pan and your Grilled Cheese Rolls are ready to enjoy!
Enjoy with your favourite cup of soup or sweet chilli sauce as a savoury.

Spek en Ham Penne Pasta


Spek en Ham Penne Pasta

Spek en Ham Penne Pasta

Metode:
Halwe pak penne pasta gekook.Braai 1 groot ui, paar stukkies groen, geel en rooi peppers, 6 sampioene gekap, 6 repies spek gesnipper, biejie knoffel, sout en peper.
Voeg nou by so ‘n klompie ham wat in blokkies gesny is. Ek koop altyd by ons kettingwinkel die hamkoppe – wat dit beteken is, by die deli waar die koue vleise is, is altyd die koue vleise se koppe wat nie gebruik kan word nie (dws die agter en voorkante van die rolle) Die verkoop hulle gewoonlik goedkoper aan die publiek.

Maak aan in beker met so 2 kop melk , halwe pakkie sampioensop en enige geur pasta sous van jou keuse.
Voeg by die vleismengsel en prut tot dik. Indien te dik, voeg nog melk by. Dit moet ‘n lekker loperige dik mengsel wees.
Pak pasta nou in lae in ‘n bak.
Rasper kaas oor en bak in die oond by 180 C vir net so 15 minute om die kaas te laat smelt.
Opsioneel, ek het kersie tamaties ook in die mengsel tussen die lae gepak.Jy kan gewone skyfies tamaties ook tussen die lae pak inpak.

Botterskorsie Sop


Botterskorsie sop

Botterskorsie sop

Botterskorsie sop: (opsie een)

Bestandele:

700 g botterskorsie

1 ui, gekap

3 aartappels, in blokkies

1,25 liter hoenderaftreksel

sout en peper na smaak

125 ml room of melk

Metode:

Braai die ui en voeg die aartappel, butternut en tarragon by. Braai vir ‘n klein rukkie. Voeg dan die hoenderaftreksel by en kook tot die groente sag is. Versap in voedsel verwerker en geur na smaak. Voeg die room of melk by net voor opdiening.

 

Butternut soup: (opsie twee)

Maureen Adendorff Van Os

Ingredients:

800 g butternut, diced (1 medium butternut)

1 clove garlic, thinly sliced

5 ml mild curry powder

1 cube chicken stock cube, crumbled

250 ml buttermilk

Method:

Place the butternut, garlic, curry powder, stock and 400ml water in a large saucepan. Cover with a lid and bring to theboil. Reduce the heat and simmer for 30 to 40 minutes, stirring occasionally, until the butternut is tender. Let the soup cool slightly, then purée in a food processor until smooth.. Stir in the buttermilk and heat slowly, until just hot.

Serve with whole-wheat bread, butter and cheese.

Hint: The buttermilk can be replaced by cream. Pumkin can also be used instead of butternut

Butternut Soup: (Opsie Drie)

Ingredients

750g butternut, diced

750g sweet potato, whole

Stock, if desired

2 t olive oil

Bulgarian yoghurt, milk, or water, for diluting, if desired

Method:

Put the sweet potato in foil into the oven at 200C for about an hour. It needs to be soft. Usually the caramel scent wafting in the kitchen is the signal that it’s ready.Boil the diced butternut in 1 cup water. Should you wish to make it meatier or veggie you can add stock in with the water. Once the butternut and sweet potatoes are cooked through you can add them together in a blender to make them smooth. Add water and olive oil to get to desired consistency.Once pureed put it back on the stove on a low heat and add salt. You can add your bulgarian yoghurt, milk or other liquids now, should you wish to dilute it even more.

 

Botterskorsie Sop: (opsie vier)

Bestandele:

3 – 4 russiese worsies (russians) in ringe gesny

olie

1 pakkie Pick en Pay Butternut sop mengsel (by vars groente)

15 ml fyn knoffel

750 ml hoender aftreksel

Metode:

Braai die worsies in `n bietjie olie tot gaar en bruin. Skep die ui uit en hou eenkant. Voeg die sopmengsel en knoffel in dieselfde pot en roerbraai `n rukkie. Voeg die aftrreksel by en prut totdat die groente sag is. Geur na smaak met sout en peper. Verpulp die sop en bedien warm met die wors skyfies.

 

Rencia se Groentesop


Groentesop

Groentesop

Bestandele:

3 groot shins (bees) of kookvleis/of wildsvleis bene – enige vleis wat jy wil ingooi

300gr maalvleis / of net maalvleis so 500gr

7 wortels gerasper

4 uie gekap of gerasper

5 aartappels gerasper

Paar stukkies seldery gekap

3 tamaties (geskil en gekap

Opsioneel, ek gooi sommer groenbone en pitmielies ook by – so 1 na 2 kop elk

Bietjie knoffelvlokkies

1 kop (4 in 1 sop mengsel)

Sit die shins onder in jou stoompot

Gooi al die groente en maalvleis bo-op

Heel laaste jou 4 in 1 sopmengsel.

Gooi nou water in tot dat dit net bo die vleis en groentemengsel le

Stoom vir 1 uur

Los dat die stoompot  self afstoom

Maak oop en roer deur en verwyder bene

Vat nou enige geur soppoeir , ek vat sommer die Oxtail met Kerrie of oxtail met blatjang

Maak aan met bietjie water en gooi by sopmengsel

Kook lekker deur

Proe nou of daar nog sout en peper kort. Ek doen dit gewoonlik heel laaste want dit hang af wat se sop jy gebruik. Partykeer is die sop genoeg vir smaak

OPSIONEEL:

WAT ONS DOEN OM DIE RESEP TE REK IS OM APART SPAGETTI TE KOOK – BREEK SPAGETTI IN KLEIN STUKKIES, KOOK TOT  SAG – DREINEER EN GOOI BY SOP MENGSEL  EN KOOK NET DEUR.

As jou sop nog te dun is, gooi bietjie soppoeier by

Hierdie resep vries baie lekker. Skep in jou bakkies, laat afkoel en vries.

Indien jy nie ‘n stoompot het nie, kook stadig op stoof tot alles sag en fyn is.

sop rens

Nog ‘n variasie met RENCIA SE GROENTESOP
3 groot bees shins of kookvleis/ bene, beesstert (oxtail)
7 wortels gerasper of in klein blokkies
4 uie gekap of gerasper
5 aartappels gerasper of in blokkies
Paar stukkies seldery gekap
3 tamaties (geskil en gekap)
1 kop (4 in 1 sop mengsel)
1 blikkie Pitmielies (opsioneel)

1 Kop droe bone

1/2 kop stampmielies

WENK: Ek gooi baie keer sommer ook ‘n 1kg pak gemengde veggie mix in

Sit die vleis onder in jou stoompot
Gooi al die groente by (+ die bone en stampmielies)
Heel laaste jou 4 in 1 sopmengsel.
Gooi water in tot dat dit net bo die vleis en groentemengsel le
Stoom vir 1 uur – indien jy nie ‘n stoompot het nie, kook tot groente en vleis sag is
Neem 1 pakkie soppoeier , ek gebruik bruin uiesop of enige geur na smaak is reg
Maak die sop aan met bietjie water en gooi by sop
Kook deur tot soppoeier dik is
Proe of daar nog sout en peper kort.
Bietjie blatjang en wostersous na smaak indien verkies

sop sonja