Tag Archive | beesstert

Beesstert (oxtail) oond/drukkoker/slow cooker


oxtail4

BEESSTERT (OXTAIL)

Posted by: Ciska-Renein

1,25kg beesstert
4 – 6 aartappels (geskil en gehalveer)
2 uie
½ koppie gerasperde wortel
Omtrent 250ml water
15ml margarien
10ml kerriepoeier
3ml sout & peper na smaak
60ml asyn
30ml blatjang
30ml tamatiesous
30ml heuning
Om die sous te maak
Meng die sout, peper, kerriepoeier, asyn, blatjang, tamatiesous, en heuning in’ n bak e n hou eenkant tot benodig.
Gaarmaak
Braai beestert en uie in margar ine tot bruin.

Voeg water by en drukkook vir omtrent ‘n uur

Stoom af en voeg aartappels en wortels by. Stoom vir 15 minute. Stoom af en prut vir nog 20 min tot dik en bruin. Verdik indien nodig.

*

Ilse Van Wyk Mynhardt
DIRK SE OXTAIL

3 beessterte op die litte deurgesny
6 groot uie, gekap
2l water
600 ml bruinasyn

3 groot aartappels in kwarte gesny
4 wortels, geskraap en in wiele gesny

Sous:
1 pakkie tamatie pasta
½ k chutney
½ t kerrie
2 t chicken spice
1 t fyn knoffel
Goeie paar skeute Worcestershire sous
1 beesvleisaftreksel blokkie
½ k kookwater
1 pakkie oxtail soppoeier

In ‘n swaarboompot pak ‘n laag van die helfte van die uie
Pak oxtail stukke nou lekker styf teenmekaar op die uie
Meng water en asyn
Giet oor tot oxtail net net bedek is.
Strooi oorblywende uie oor
Bring tot kookpunt en maak toe
Laat nou kook vir ongeveer 2 -3 ure tot vleis sag is
Vul gereeld aan met oorblywende water asyn mengsel

As vleis so 90% gaar is gooi aartappels en wortel by en kook tot als sag is.
Sous:
Los blokkie op in kookwater en meng met res van die bestanddele vir die sous
Sodra vleis sag is, roer bietjie vir bietjie by die oxtail pot tot sous die regte dikte het soos verlang

Geur na smaak met sout en peper indien nodig

*

Lisa Marelise Petzer

BEESSTERT

Dit bly ’n wenner in die koue maande. Gebruik beesstert met min vet, omdat die gereg geneig is om olierig te wees.

(6 porsies) Jy kan natuurlik minder maak, gooi dan maar so met die oog soos ek altyd doen.
2 kg beesstert
sowat 100 ml meel
sowat 100 ml olyfolie
2 groot wortels, in blokkies gesny
2 selderystokke, in skyfies gesny
6 klein piekels (pickled onions), gehalveer
2 knoffelhuisies, fyngedruk
3 lourierblare
500 ml rooiwyn
600 ml beesvleis-consommé (helder sop) óf beesvleis-aftreksel
5 ml gemengde droë kruie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit jou oond tot 160 °C. Rol die beesstert-stukke in die meel. Skud die oortollige meel af. Verhit die olyfolie in ’n swaarboomkastrol. Braai die beesstert tot bruin – jy sal nie ál die stukke op een slag kan braai nie. Hou die vleis eenkant. Braai dan die wortels, seldery, piekels en knoffel in dieselfde kastrol vir sowat 10 minute. Jy kan nóg olyfolie bygooi indien nodig. Plaas die beesstert terug in die kastrol – bo-op die groente – en voeg die lourierblare, rooiwyn, consommé of beesvleis-aftreksel en gemengde kruie by. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Maak die kastrol toe en plaas in die warm oond. Laat die beesstert rustig kook vir minstens 3 tot 4 uur lank. Kyk nou en dan, en as daar vet bo-op dryf, skep dit af.

Wenk
As die sous te veel is, haal die deksel af en laat dit oop kook in die oond. Jy kan ook die gereg oornag in die oond plaas, maar verhit die oond net tot 120 °C.

*

BEESSTERT IN ROOIWYN EN TIEMIE

Genoeg vir: 4-6

Oondtemperatuur: 180 °C

1,5 kg beesstert

30 ml olyfolie

4 preie, opgesny

4 selderystingels, gekap

4 knoffelhuisies, fyngedruk

15 ml koekmeel

625 ml klaargemaakte beesvleisaftreksel

375 ml rooiwyn

30-45 ml tamatiepasta

3-4 vars tiemietakkies, plus ekstra blaartjies vir garnering

2 lourierblare

4 wortels, gekrap en in die lengte in kwarte gesny (of baba-worteltjies)

5 ml gerasperde suurlemoenskil fynaartappels en groen groente, om voor te sit

Verhit ‘n swaarboompot oor hoë hitte. Voeg die olie by sodra dit warm is en braai ‘n paar stukke beesstert op ‘n slag bruin. Skep die bruingebraaide stukke uit en hou eenkant.

Verlaag die hitte tot medium en voeg die preie, seldery en knoffel by. Soteer vir ‘n paar minute, en roer dan die meel by. Gooi die aftreksel bietjies-bietjies by. Voeg die rooiwyn, tamatiepasta, tiemie en lourierblare by. Roer goed, en skep dan die beesstert terug. Verhit tot kookpunt en haal van die plaat af.

Gooi alles in ‘n oondskottel, sit die deksel op en bak vir ‘n uur. Sit die wortels en suurlemoenskil by en geur met sout en baie varsgemaalde swartpeper.

Bak dit vir nog 1-1½ uur sonder die deksel tot die vleis baie sag is. Haal dit uit die oond uit en laat dit vir ‘n rukkie eenkant staan. Skep die vetlagie af. Sit voor met fynaartappels en groen groente. Garneer met vars tiemieblaartjies.

*

Amelia Röder

OXTAIL – PA S’N

Oxtail

1 Pakkie Oxtail soppoeier

1 Pakkie Bruin uie soppoeier

60ml Tamatiesous

60ml Worcestersous

125ml Room

Meng die twee soppoeiers en rol die vleis stukke daarin – pak in ‘n oondbak. Moet geen ekstra sout byvoeg nie. Bedek die vleis met water en sit deksel op. Sit in die oond teen 160grade vir 4-5 ure, of tot sag. Hou die sous dop en vul aan met bietjie water so halfpad deur gaarmaaktyd, indien nodig. Voeg nou die worcestersous en tamatiesous by en bak vir ‘n verder 30min. Net voor opdiening, roer die room deur. Bedien met ‘n stysel van jou keuse

  *

BEESSTERTBREDIE MET SJERRIE:

90ml koekmeelblom

5 ml sout

15ml paprika

2 kg beesstert, in porsies gesny

50ml braaivet

kookwater

300g sampioene, gekerf

1 rooi soetrissie, ontpit, in ringe gesny

1 knoffelhuisie, gekneus

2 groot uie, in ringe gesny

2 vleisaftreksel-blokkies

15 ml kerriepoeier

225ml sjerriewarm, gaar ertjies vir garnering.

Meng koekmeelblom, sout en paprika en bedek beesstert daarmee (hou oortollige meel mengsel eenkant). Verhit braaivet in ‘n swaarboomkastrol. Verbruin beesstert. Voeg genoeg kookwater by om beesstert net-net te bedek Sit deksel op en stowe vir 1 uur oor matige hitte. Voeg sampioene, soetrissie, knoffel, ui, aftrekselblokkie en kerriepoeier by. Roer goed deur. Plaas deksel op en stowe vir 3 tot 3½ uur tot beesstert sag is. Roer sjerrie by, plaas deksel op en stowe 15 minute. Maak gladde pasta van  die orige meelblom en ‘n bietjie water. Roer by bredie. Kook vir 5 minute. sonder deksel. Geur na smaak. Skep op en garneer met warm, gaar ertjies.

BEESSTERT

 

Ek het nou die dag vir julle vertel van my beesstert resep. Hier is dit mooi uiteen gesit. Ek het die beesstert eers in die slow cooker gegooi maar jy kan dit alles in die stoompot maak. Stoom jou beesstert vir 45 min en doen dan die 2de gedeelte van die resep. Ek gooi nie my blokkies van die begin af in nie, dit is geneig om fyn te kook saam met die beesstert tydens die 45 min en die latere 15 minute.

BEESSTERT STEW IN SLOW COOKER EN STOOMPOT
Deel 1:
Sit in jou slow cooker
1 Beesstert
1/4 kop rooiwyn (opsioneel)
1/4 kop bladjang
1 uie in kwarte gesny
1 kop water
2 tl knoffelvlokkies
So ‘n lekker spuit wostersous (so omtrent 3 eetlepels)
Sit op hoog vir tenminste 8 ure

Deel 2:
Na 8 ure – gooi in jou stoompot
500gr beesblokkies
Klomp baba aartappels of blokkies aartappels
3 na 4 wortels geskil en in stukke gesny
2 uie in kwarte gesny
1 blikkie knoppie sampioene of vars sampioene (ongesny)
Paar stukkies seldery in stukke gesny
2 tl Ina Paarman se Roosmaryn en olyf speserye
1 tl Ina Paarman se Garlic and herb speserye
Hier kan jy jou eie speserye gebruik na smaak
Sout en peper na smaak
Gooi al jou beesstertstukke en ook die vloeistof in stoompot
Gooi nog kookwater by om die vloeistof genoeg te maak vir die stoompot – dit is nog so ongeveer 2 na 3 kop water
Bring tot stoom en stoom vir 15 minute
Stoom dadelik af en verdik met 1/2 pakkie bruin uiesop of oxtail sop, so 1 na 2 eet bisto en so 1 eetl maizina

IMG_0166

Rens se beesstert

Advertisement

Beesstert sop (oxtail)


oxtail sop

Beesstert sop met bene in

BEESSTERT SOP

Dié sop kan vir party mense nogal ryk wees, maar dis baie lekker. Eerlikwaar ’n maaltyd op sy eie. Begin al die vorige dag daarmee
Jy benodig
•500 g beesstert
•30 ml sonneblomolie
•1 ui, gekap
•2 wortels, in die lengte gehalveer en in skywe gesny
•1 groot selderystingel, in stukkies gesny
•6 tamaties, in blokkies gesny
•750 ml water
•15 ml Worcestersous
•1 lourierblaar
•sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Verhit jou oond tot 140 °C. Plaas beesstert in ’n kastrol. Maak toe met deksel en plaas in die oond vir minstens 4 uur. Haal uit en laat afkoel. Verwyder vleis van die bene en verwyder oortollige stukke vet. Behou die bene. Verhit olie in ’n kastrol. Braai ui, wortels en seldery saam vir sowat 10 minute. Gooi tamaties by en braai verder vir sowat 5 minute. Gooi vleis, bene
en die jellie (wat vorm as die vleis afkoel) by. Voeg water, lourierblaar en Worcestersous by. Geur met sout en swartpeper. Maak kastrol toe met ’n deksel en laat stadig prut vir minstens 4 uur. Roer elke nou en dan. As jou sop te dik kook, kan jy nog ’n klein bietjie water byvoeg, maar onthou, dit moet lekker dik wees.

EK VAT KORTPAD MET DIE BEESSTERT – GOOI IN JOU STOOMPOT EN STOOM VIR 1 EN HALWE UUR -GEBRUIK DIE WATER VAN DIE VLEIS IN JOU SOP. GEBRUIK RESEP SOOS BO.

oxtail sop3

Sop sonder bene soos resep

Skenkel en Beesstert (Oxtail) in jou stoompot/slowcooker


Skenkel en Beesstert (Oxtail) in jou stoompot

Skenkel en Beesstert (Oxtail) in jou stoompot

Gebruik enige  vleis, jou keuse – in blokkies gesny

Ek gebruik die resep vir my skaapskenkels/skaapnek/wildsvleis, lambshanks en my beesstert. Ek stoom die beesstert vir 45 min en al die ander vleise 30 min

Braai die vleis en uie in pot tot geseel.

Gooi in, water, wostersous, bietjie balsamic vinegar, knoffel, rooi of witwyn, paar bay leaves, bietjie bladjang, tamatiesous, sout en peper.

Bring tot stoom en stoom vir 30 min

Stoom dadelik af onder kraan

Voeg by , aartappels, wortels, sampioene en keuse van groente. Indien jy nie die geblikte tamaties het soos verder in die resep, voeg hier by so 3 afgeskilde grof gesnyde tamaties.

Stoom vir 10 min en stoom weer dadelik af onder koue water.

Gooi 1 geblikte heel tamaties by – kook deur

Verdik met enige soppoeier of bisto

Bedien met rys of stampmielies of krummelpap

IMG_7385

LAMBSHANK POTJIE

Ek het 4 Lambshanks met so half koppie rooiwyn, sout, peper, knoffel ,grof gekapte ui en water in die stoompot gegooi vir so 15 min. Afgestoom en toe in my swartpot gegooi.
Ek het dit saam met uie gebraai tot geseel.
Toe gooi ek van die watermengsel wat in die stoompot is in die pot. Ek het blokke aartappels, lang bone en wortels bygevoeg en dit rustig op die kole gelos (deksel op) As ek sien die water raak min, dan gooi ek nog bietjie in. So na ‘n uur het ek so halwe koppie coke ingegooi. Sout en growwe peper na smaak. Kook tot jou groente sag is. Ek het so ‘n groot handvol kersie tamaties in die helfte gesny en toe die oorgegooi en gewag tot dit sag is.
Bietjie bisto aangemaak en die sous verdik.
Ek het rys saam met dit bedien.

Jy kan die gereg ook net so op die stoof maak ipv buite op die vuur.