Tag Archive | lambshanks

Slow cooker Skaap/lam skenkels en nek


HIER IS 2 RESEPTE:

1. VIR SKAAPNEK IN DIE PRUTPOT
2. HEEL LAMSKENKELS IN DIE PRUTPOT
Ek gebruik dieselfde resep vir my skaapskenkels (gesny) soos by die heel lamskenkels

Ek is ook altyd lief om sommer so bietjie rooiwyn by te voeg asook bay leaves as jy nie roosmaryn het nie.

Berie Smith
PRUTPOT SKAAPNEK: (Lekker resepte vir die jongergeslag)
6-8 skaapnek-skywe
200ml koekmeel,
sout, peper en aromat
3 ryp tamaties in skywe gesny
1 groot ui in ringe gesny
100ml blatjang
50ml tamatiesous
200ml water.
Meng meel en speserye in plastieksak en skud die nekskywe daarin tot goed
bedek met meel en speserye.
Pak nou lae vleis, tamatie en uie in pot.
Meng die blatjang, tamatiesous en water en gooi bo-oor.
Sit deksel op en laat prut tot by laag (low) vir ongeveer 6/7 ure

Berie Smith
LAMSKENKELS HEEL IN DIE PRUTPOT:
3 heel lamskenkels
10 ml olyfolie
20 ml Balsamiese asyn
Vars roosmaryn
knoffel na smaak, heel of fyngemaak
3 groot uie afgeskil en in kwarte gesny
1 blik heel tamaties (of tamatie en uie smoor)
sout en peper na smaak
Ek gooi gewoonlik sommer ‘n paar wortels in skywe, en paar aartappel blokkies ook saam by. (Rens)

1. Vryf die olie en asyn oor die skenkels en maak seker daar is ‘n klein bietjie olie onder in die pot.
2. Plaas die skenkels op die bodem van die pot sodat hulle langs mekaar en plat le.
3. Gooi die roosmaryn bo-oor en plaas die knoffelhuisies oral rond in die pot, of vryf die fyn knoffel oor die skenkels na die olie en sit dan in pot.
4. Druk die kwart uie oral tussen die skenkels en pot in sodat dit teen die vleis le.
5. Gooi die tamatie en uiesmoor bo-oor die skenkels.
6. Gooi water (of aangemaakte aftreksel) oor die skenkels totdat die water amper die skenkels bedek. (Ek het aanmaak aftreksel poeier gebruik – van Ina Paarman die bruin uie en groente geur – en net bo-oor die vleis gestrooi voordat ek die water oorgegooi het. Seker so 2 eetlepels aftreksel poeier.)
7. Sit deksel op en laat prut vir 3 ure (of tot baie sag) op hoog.
8. Indien nodig kan die skenkels uitgeskep word en die sous verdik word met meel aan die einde binne die prutpot. Die hoeveelheid meel word bepaal deur die hoeveelheid sous, begin met 2 eetlepels, ek meng die meel met ‘n bietjie sous en roer dit dan terug in die pot.
9. Bedien met bykosse soos fyn aartappels. rys, koeskoes ens en ‘n slaai. Wortels en aartappels in die bredie sal dit nog lekkerder maak, skil en sny in verlangde grootte en sit saam met ander bestandele in die pot.
Erkenning aan Huisgenoot Wenresepte 7 wie se oorspronklike resep vir Heel Lamskenkels ek al jare lank gebruik in ‘n pot op die stoof.

Skenkel en Beesstert (Oxtail) in jou stoompot/slowcooker


Skenkel en Beesstert (Oxtail) in jou stoompot

Skenkel en Beesstert (Oxtail) in jou stoompot

Gebruik enige  vleis, jou keuse – in blokkies gesny

Ek gebruik die resep vir my skaapskenkels/skaapnek/wildsvleis, lambshanks en my beesstert. Ek stoom die beesstert vir 45 min en al die ander vleise 30 min

Braai die vleis en uie in pot tot geseel.

Gooi in, water, wostersous, bietjie balsamic vinegar, knoffel, rooi of witwyn, paar bay leaves, bietjie bladjang, tamatiesous, sout en peper.

Bring tot stoom en stoom vir 30 min

Stoom dadelik af onder kraan

Voeg by , aartappels, wortels, sampioene en keuse van groente. Indien jy nie die geblikte tamaties het soos verder in die resep, voeg hier by so 3 afgeskilde grof gesnyde tamaties.

Stoom vir 10 min en stoom weer dadelik af onder koue water.

Gooi 1 geblikte heel tamaties by – kook deur

Verdik met enige soppoeier of bisto

Bedien met rys of stampmielies of krummelpap

IMG_7385

LAMBSHANK POTJIE

Ek het 4 Lambshanks met so half koppie rooiwyn, sout, peper, knoffel ,grof gekapte ui en water in die stoompot gegooi vir so 15 min. Afgestoom en toe in my swartpot gegooi.
Ek het dit saam met uie gebraai tot geseel.
Toe gooi ek van die watermengsel wat in die stoompot is in die pot. Ek het blokke aartappels, lang bone en wortels bygevoeg en dit rustig op die kole gelos (deksel op) As ek sien die water raak min, dan gooi ek nog bietjie in. So na ‘n uur het ek so halwe koppie coke ingegooi. Sout en growwe peper na smaak. Kook tot jou groente sag is. Ek het so ‘n groot handvol kersie tamaties in die helfte gesny en toe die oorgegooi en gewag tot dit sag is.
Bietjie bisto aangemaak en die sous verdik.
Ek het rys saam met dit bedien.

Jy kan die gereg ook net so op die stoof maak ipv buite op die vuur.