
Sankie Ferreira
Lams/skaap rib in die oond
Kook skaaprib met beesvleis ekstrak. blokkie in stoompot tot murgsag, so 20 minute. Meng 50ml appelkooskonfyt 25ml tamatiesous en 12.5ml elk van asyn, Worcestersous, sojasous. 5ml elk aromat, braaivleisspesery en knoffelsout, tot gladde pasta. Verf oor rib en braai onder oondrooster. Draai om verf nog sous oor en braai onderkant tot bros. Het die reseppie donkie jare terug in tydskrif gekry en na al die jare,die lekkerste wat ek nog geproe het. As dit ‘n groot rib is maak sous dubbeld aan. Probeer dit, is vinger afeet lekker, promise !
Ons het vir 60 mense kos gegee met 2 lammers wat elk so 21kg geweeg het. Daar was meer as genoeg vleis gewees. Inteendeel, daar het baie oorgebly.
Maak altyd eers die blaaie toe met foil vir die eerste 2/3 ure – die rede hiervoor is – die is dun vleis en raak gou gou gaar dan is die ander vleis nog nie gaar nie en dit raak kurk droog.
Spuit Coke oor die spit so nou en dan
Die lammers was so 5 ure op die kole gewees.
Maak kole in oopgesnyde dromme sodat jy die heeltyd kole het om onder die skape in te skep
Die lekkerste van die skaap wat nog so op die kole is – Die velletjie wat soooo lekker gebraai is. Jy skeur dit sommer so af en eet dat jou mond blink…
Die skaap se vleis word afgesny
Spuit jou skaap die oggend voor jy begin met die spit.
Gebruik ‘n gewone bees spuit met ‘n bic pen se buitekant oor die piepie gedruk. Dit het ‘n lekker dikpunt waardeer die sous kan kom met al die verskillende speserye in. Gooi die sous in ‘n bottel en maak gaatjies in en spuit die sous ook so nou en dan oor die spit.
Mens gebruik die spuite so min. Mens spitbraai mos nie so baie nie , so as jy ‘n spesery spuit moet koop kos dit jou by die R200 – die spuit kos R18.00
SPITBRAAI SOUS
Rencia Odendaal Pretorius
Hierdie is genoeg sous vir ‘n 20/22 kg skaap/of lam
1 bottel olie
1bottel wit asyn
1bottel bruin asyn
200ml sout (ons gooi 1 klein pakkie sout in – dit proe partykeer of dit te min sout is)
1 refill pakkie swart peper
1 refill pakkie “pickling spices” of 1 houertjie Robertson BBQ speserye of jou eie keuse bbq speserye
1 bottel worstersous
2 eetlepels garlic
500gr bruin suiker
3 tot 4 groot uie )gerasper
Laat staan oornag vir gebruik die volgende dag
Gooi bietjie sous deur ‘n lappie sodat jy die stukkies kan uitkry voor jy die spuit gebruik om die skaap mee in te spuit – of gebruik net so met die stukkies – dit is baie lekker – ek verkies die stukkies op die skaap.
Bedruip skaap die heeltyd met die sous
Ek spuit ook so nou en dan Coke oor die skaap terwyl dit braai
HIER IS 2 RESEPTE:
1. VIR SKAAPNEK IN DIE PRUTPOT
2. HEEL LAMSKENKELS IN DIE PRUTPOT
Ek gebruik dieselfde resep vir my skaapskenkels (gesny) soos by die heel lamskenkels
Ek is ook altyd lief om sommer so bietjie rooiwyn by te voeg asook bay leaves as jy nie roosmaryn het nie.
Berie Smith
PRUTPOT SKAAPNEK: (Lekker resepte vir die jongergeslag)
6-8 skaapnek-skywe
200ml koekmeel,
sout, peper en aromat
3 ryp tamaties in skywe gesny
1 groot ui in ringe gesny
100ml blatjang
50ml tamatiesous
200ml water.
Meng meel en speserye in plastieksak en skud die nekskywe daarin tot goed
bedek met meel en speserye.
Pak nou lae vleis, tamatie en uie in pot.
Meng die blatjang, tamatiesous en water en gooi bo-oor.
Sit deksel op en laat prut tot by laag (low) vir ongeveer 6/7 ure
Berie Smith
LAMSKENKELS HEEL IN DIE PRUTPOT:
3 heel lamskenkels
10 ml olyfolie
20 ml Balsamiese asyn
Vars roosmaryn
knoffel na smaak, heel of fyngemaak
3 groot uie afgeskil en in kwarte gesny
1 blik heel tamaties (of tamatie en uie smoor)
sout en peper na smaak
Ek gooi gewoonlik sommer ‘n paar wortels in skywe, en paar aartappel blokkies ook saam by. (Rens)
1. Vryf die olie en asyn oor die skenkels en maak seker daar is ‘n klein bietjie olie onder in die pot.
2. Plaas die skenkels op die bodem van die pot sodat hulle langs mekaar en plat le.
3. Gooi die roosmaryn bo-oor en plaas die knoffelhuisies oral rond in die pot, of vryf die fyn knoffel oor die skenkels na die olie en sit dan in pot.
4. Druk die kwart uie oral tussen die skenkels en pot in sodat dit teen die vleis le.
5. Gooi die tamatie en uiesmoor bo-oor die skenkels.
6. Gooi water (of aangemaakte aftreksel) oor die skenkels totdat die water amper die skenkels bedek. (Ek het aanmaak aftreksel poeier gebruik – van Ina Paarman die bruin uie en groente geur – en net bo-oor die vleis gestrooi voordat ek die water oorgegooi het. Seker so 2 eetlepels aftreksel poeier.)
7. Sit deksel op en laat prut vir 3 ure (of tot baie sag) op hoog.
8. Indien nodig kan die skenkels uitgeskep word en die sous verdik word met meel aan die einde binne die prutpot. Die hoeveelheid meel word bepaal deur die hoeveelheid sous, begin met 2 eetlepels, ek meng die meel met ‘n bietjie sous en roer dit dan terug in die pot.
9. Bedien met bykosse soos fyn aartappels. rys, koeskoes ens en ‘n slaai. Wortels en aartappels in die bredie sal dit nog lekkerder maak, skil en sny in verlangde grootte en sit saam met ander bestandele in die pot.
Erkenning aan Huisgenoot Wenresepte 7 wie se oorspronklike resep vir Heel Lamskenkels ek al jare lank gebruik in ‘n pot op die stoof.
Rencia Odendaal Pretorius
MARINADE VIR SPITBRAAI
Hierdie is genoeg sous vir ‘n 20kg skaap/of lam
1 bottel olie
1bottel wit asyn’
1bottel bruin asyn
200ml sout
1 refill pakkie swart peper
1 refill pakkie “pickling spices”
1 bottel worstersous
2 eetlepels garlic
200ml bruin suiker
3 tot 4 groot uie )gerasper
Laat staan oornag vir gebruik die volgende oggend
Gooi bietjie sous deur ‘n lappie sodat jy die stukkies kan uitkry voor jy die spuit gebruik om die skaap mee in te spuit –
Bedruip skaap die heeltyd met die sous
Ek smeer ook so nou en dan Coke oor die skaap terwyl dit braai
*
BYGEREGTE BY SPITBRAAI
Lekker tuisgebakte brode met kaas, en tuisgemaakte konfyt soos aarbei/maketaan/vye/appelkoos
Pre-cook baba aartappels en baba uie. Sit in bak onder die spit sodat die sous van die skaap lekker daarop druk. As opdien, gooi gebraaide spek en vars pietersielie bietjie garlicbotter oor en roer net deur.
Baba knoffel, botter en pietersielie aartappels
Geroosterde butternutskywe
Noedelslaai
Koolslaai
Groenbone slaai
Kroek wortelslaai (butternut slaai)
Koperpennie wortelslaai
Aartappelslaai met kondensmelk en pynappel
Warm koringslaai met room
Picalilly’s slaai
Paptert
Mielietert met groente
Kerrieperskes
You must be logged in to post a comment.