Ons het vir 60 mense kos gegee met 2 lammers wat elk so 21kg geweeg het. Daar was meer as genoeg vleis gewees. Inteendeel, daar het baie oorgebly.
Maak altyd eers die blaaie toe met foil vir die eerste 2/3 ure – die rede hiervoor is – die is dun vleis en raak gou gou gaar dan is die ander vleis nog nie gaar nie en dit raak kurk droog.
Spuit Coke oor die spit so nou en dan
Die lammers was so 5 ure op die kole gewees.
Maak kole in oopgesnyde dromme sodat jy die heeltyd kole het om onder die skape in te skep
Die lekkerste van die skaap wat nog so op die kole is – Die velletjie wat soooo lekker gebraai is. Jy skeur dit sommer so af en eet dat jou mond blink…
Die skaap se vleis word afgesny
Spuit jou skaap die oggend voor jy begin met die spit.
Gebruik ‘n gewone bees spuit met ‘n bic pen se buitekant oor die piepie gedruk. Dit het ‘n lekker dikpunt waardeer die sous kan kom met al die verskillende speserye in. Gooi die sous in ‘n bottel en maak gaatjies in en spuit die sous ook so nou en dan oor die spit.
Mens gebruik die spuite so min. Mens spitbraai mos nie so baie nie , so as jy ‘n spesery spuit moet koop kos dit jou by die R200 – die spuit kos R18.00
SPITBRAAI SOUS
Rencia Odendaal Pretorius
Hierdie is genoeg sous vir ‘n 20/22 kg skaap/of lam
1 bottel olie
1bottel wit asyn
1bottel bruin asyn
200ml sout (ons gooi 1 klein pakkie sout in – dit proe partykeer of dit te min sout is)
1 refill pakkie swart peper
1 refill pakkie “pickling spices” of 1 houertjie Robertson BBQ speserye of jou eie keuse bbq speserye
1 bottel worstersous
2 eetlepels garlic
500gr bruin suiker
3 tot 4 groot uie )gerasper
Laat staan oornag vir gebruik die volgende dag
Gooi bietjie sous deur ‘n lappie sodat jy die stukkies kan uitkry voor jy die spuit gebruik om die skaap mee in te spuit – of gebruik net so met die stukkies – dit is baie lekker – ek verkies die stukkies op die skaap.
Bedruip skaap die heeltyd met die sous
Ek spuit ook so nou en dan Coke oor die skaap terwyl dit braai
Baie dankie. Ons spit hier in Perth Sondag en kon nerens ‘n spitsousie kry nie. Waardeer dit! M Peach uit Mindarie, Perth, Aus.