Tag Archive | bladjang

HOENDER (Rooi hoender)


 

hoenderrooi

Sit hoender onder in ‘n kasserol
Sny dik skywe uie bo-oor
Maak sous van:
1/2 kop tamatiesous
1/2 kop bladjang
1/4 kop wostersous
1 opgehoopte eetl bruin uiesop
3 eetl suiker
Smeer die dik mengsel oor die hoender
Bedek
Bak in oond vir 1 uur by 180 C
JY KAN SKAAP TJOPS ook vir die resep gebruik. Gooi net hier so ‘n kwart koppie water by
Hier is ‘n foto van die Rooi tjops
borde-kos

Varktjops met bruin uiesop


VARK TJOPS MET BRUIN UIESOP

6 groot vark chops (ek het net 4 gebruik)
1 tl knoffel
1 na 2 groot uie grof gekap
250ml kookwater
125ml koppie mayonnaise (100ml gebruik)
125ml koppie tamatiesous (100ml gebruik)
1 pakkie bruin uiesoppoeier
125ml blatjang (100ml gebruik)

Braai tjops goudbruin aan beide kante. Meng al die sousbestanddele bymekaar tot gladde pasta. Pak tjops in ‘n kasserol en gooi die uie bo-oor. Gooi die sous oor die tjops, maak deksel toe en bak by 180 C vir 1 uur varktjops in bruin uiesop 2

Hoenderstukke met spek (oond)


PicMonkey Collage

Neem jou hoenderstukke – sit in mikrogolf vir so ongeveer 12/15 minute om net so om en by 60/70 % gaar te raak – (die tyd hang af van hoeveel hoender jy gaarmaak en ook die grootte van die porsies) ek gooi gewoonlik my speserye ook oor bv sout en peper, my all time favourite Texan spice mix van Crown, bietjie knoffel. Let wel… geen water nie . Ek gooi dit sommer in groot plastiek bak.

Neem dan vir elke stukkie hoender, 1 repie spek , draai om die hoender en steek vas met tandestokkies. (as jy nie spek het nie, kan jy die los) Gooi dan nog bietjie sout en peper oor. Smeer bietjie soet mosterd sous oor (jy kan enige gebruik) of sommer net mayonaise) Sit dan so ‘n klontjie appelkooskonfyt op of bladjang.

Gooi nou so klein bietjie van die water wat gevorm het in die mikrogolfbak (al jou speserye en sappe le nou daar)  – net so 2 eetlepels oor die hoender –  sit in die oond by 180 C vir so om en by 20/25 minute. Dit hang af van hoe gaar jou hoender was wat jy in die mikrogolf gaargemaak het – gooi tydens die bakproses die oortollige water af want hoender vorm maar baie vog.

Indien jou hoender nog nie ‘n lekker bruin krakerige velletjie het nie – onder die rooster vir ‘n minuut of 2.

Mayonnaise hoender


Mayonaise hoender

Mayonnaise hoender

MAYONNAISE HOENDER

Pak hoenderstukke in platbak (gevries of ongevries)

Maak ‘n sous met die volgende – mayonnaise, hoenderspeserye, sout, peper, roosmaryn, bietjie knoffel, droe pietersielie, bietjie bladjang of appelkooskonfyt en mosterd en so ‘n bietjie suurlemoensap – Meng die dik pasta lekker deurmekaar en skep,smeer bo-oor hoender. Moenie water bygooi nie, die hoender het genoeg water in. Sny so ‘n paar skywe uie bo-oor. Bak vir so uur en ‘n half by 150grade C.  Ek bak onbedek.

Kyk na ‘n uur of  jy nie die oond moet hoer sit nie. Dit hang af van die dikte van jou hoender en die hoeveelheid.  Jou sous sal ook lekker dik gekook wees.

 

MAYONNAISE HOENDER
6 hoenderborsies
250 ml mayonnaise
125 ml fyn appelkooskonfyt
1 pakkie dik wit uiesoppoeier
Plaas hoenderborsies in kasserol. Meng mayonnaise, konfyt en soppoeier en gooi oor die hoenderborsies. Sit deksel op en bak ongeveer ‘n uur en ‘n half by 180ºC. Moenie water of sout byvoeg nie

 

MAYONNAISE HOENDER

Sous
1 blik (410 g) room van Sampioensop
125 ml – 250 ml Mayonnaise
5 ml Medium Kerriepoeier
Sap van ½ Suurlemoen

Hoender
1 Gaar Hoender, ontbeen en in stukkies gesny
300 g Sampioene

Metode
Meng al die bestanddele vir die sous baie goed. Meng stukkies hoender en  sampioene. (Pasop om nie te veel te meng). Voeg sous mengsel by en meng effens. Strooi vars wit broodkrummels bo-oor en dan 250 g gerasperde cheddarkaas. Bak in oond van 180 °C vir ¾ uur.

 

GEBAKTE MAYONNAISE HOENDER

1 Hoender (rou) of hoenderstukke

1 Pakkie Bruinuiesop-poeier
250ml Mayonnaise
250ml Water
125ml Appelkooskonfyt/bladjang
Verhit oond tot 180¤C. Sny hoender in stukke en rol in uiesoppoeier. Plaas stukke in oondvaste bak. Meng mayonnaise, water en konfyt. Geur met sout&peper na smaak en skep die mengsel oor hoenderstukke. Bak ongeveer 90minute tot gaar en goubruin

 

MAYONNAISE EN RYS HOENDER

1 ½  kg gaar hoender
1kop gaar rys
500g gaar broccoli
Sous:
250ml mayonnaise
blikkie sampioenroomsop (300g)
5ml kerriepoeier
Ontbeen die hoender en sny in klein stukkies Vul oondskottel met lae van rys, broccoli, hoender en sous
Bo-oor:
60ml gesmelte stork
250ml broodkrummels of corn flakes fyngedruk
250ml gerasperde kaas
Meng alles goed saam en gooi bo-oor vleisgereg Bak by 180 grade tot bruin is en sous lekker borrel

mayonnaise hoender rens

MAYONNAISE HOENDER (Rens se resep)

6/8 hoender porsies (ek gebruik dye)
Pak dit in ‘n oondbak

Maak sous van:
1 kop mayonnaise
2 eetl bbq of hoender speserye
3 eetl bladjang of appelkooskonfyt
1 tl knoffelvlokkies
1 eetl suurlemoensap
Sout en peper na smaak
(geen water nie of vloeistof nie – die hoender het genoeg vog in)

Smeer die dik mayo mengsel bo-op die hoender stukke
Sny uie fyn of in ringe en sit bo-op
Bak in die oond by 180 C – onbedek vir ongeveer 1 uur of tot hoender sag is en die sous dik is